You are on page 1of 6

Gesprek op 'n Hotelterras

in Arabies
‘n Huldeblyk aan die pioniers van Arabiese Afrikaans: ‘n Arabiese vertaling van die Ingrid Jonker gedig
Gesprek op 'n Hotelterras wat op bladsye 82—83 van JOURNAL FOR ISLAMIC STUDIES ~ TYDSKRIF VIR
ISLAMKUNDE. Nr 3 van 1983 verskyn. (Uitgegee deur The Centre for Islamic Studies, Universiteit van
Johannesburg). Vertaler: Pieter Uys.

INLEIDING

َ َ
Arabiese Afrikaans ‫ابيس افريكانس‬
‫ ار ي‬verwys na die vroegste Afrikaanse tekste wat in die
Arabiese alfabet verskyn het. Dié tekste het rondom die 1830s ontstaan, en in die jare 1868
/ 1869 en weer van 1906 tot 1929 gedy.

Volgens Achmat Davids was Arabiese Afrikaans die Kaapse Moslem-variëteit van Kaapse
Afrikaans (’n gekreoliseerde vorm van Nederlands) wat in Arabiese skrif gepubliseer is.
Afrikaans het Maleisies in 1815 as die onderrigtaal in Moslemskole (madrassas) vervang.
Daar word algemeen aanvaar dat Arabiese Afrikaans teen die 1840s reeds deeglik gevestig
was as onderrigmedium in dié skole.

In 1877 is Sjeig Abubaker Effendi se religieuse teks Bayan ad-Din (’n Uiteensetting van die
Geloof) in Istanbul uitgegee; dit word as die vroegste bestaande publikasie in Arabiese
Afrikaans beskou. Die Afrikaanse teks is ‘n opsomming, nie ‘n volledige vertaling nie, van die
Arabiese werk oor Islamitiese reg en gebruike.

In Hans Kähler se Studien über die Kultur, die Sprache und die Arabisch-Afrikaansche
Literatur der Kap-Malaien (1971) word 51 titels aangegee en ‘n moontlike verdere 13
bespreek.

Weens die Arabiese alfabet se gebrek aan letters om sekere Afrikaanse klanke te
verteenwoordig, is daar benewens die twee Maleisiese en vier Persies-Turkse aanpassings
nog twee spesifieke letter-aanpassings vir Afrikaans toegevoeg, vir ‘n totaal van 29 letters.

Die korpus van Arabiese Afrikaans sluit in werke met Arabiese titels, lesgidse vir leerders,
briewe, manuskripte en Afrikaanse titels soos Die Boek van Tougied deur Imam ‘Abd Allah
ibn ‘Abdurauf.
Hierdie Arabiese vertaling van Ingrid Jonker se gedig Gesprek op ‘n Hotelterras is ‘n
huldeblyk aan die pioniers van Arabiese Afrikaans.

Die Arabiese titel is “ħadīth fī shurfati Funduq” waar ħ ‘n stemlose faringeale frikatief
verteenwoordig, die “th” in die eerste woord die enkelklank van Engels “thin” is en die q
van Funduq as stemlose uvulêre sluitklank dien (‘n k wat dieper in die keel gevorm word).

Funduq is die Arabiese woord vir hotel en dis waar Afrikaans “pondok’ vandaan kom.
GESPREK OP ʼN HOTELTERRAS
Ingrid Jonker

My dood klop agter my oogappels soos die maan


Ek hoor hom roer agter die galme van die branders
Ek meet sy gang in die sleepsel van ʼn slak
Die dae val soos mossies in die aarde
En elke woord het die aanskyn van die Niet

Ons, op die oop terras, tel die jubeling van die sterre
As jy lag, breek die ritmiese pad van die werkers oop in my are

Meet ek die daad van jou oë op die einders


Hoor ek die dag verbysluip soos 'n kind vol geheime
En sou jy my vra waaraan ek altyd dink, sou ek antwoord:

Kind, 'n rankrosie, of ‘n glas water


BRONNE
Davids, Achmat. The Afrikaans of the Cape Muslims. (reds: Hein Willemse & Suleman E
Dangor). Protea Boekhuis, Pretoria ISBN 978-1-86919-236-5

Van Heerden, Menán. Die Bo-Kaap: Arabiese Afrikaans en die Kaapse Moslemgemeenskap.
Van Eeden, Johanna. Kaapse Afrikaans (Bo-Kaaps)
Van Selms, Adrianus. Arabies-Afrikaanse Studies

http://www.taalmuseum.co.za/taalgeskiedenis-29-junie/

You might also like