You are on page 1of 6

Ingrid Jonker

in Arabies

Gesprek op ‘n Hotelterras
Die Arabiese vertaling van dié gedig verskyn in JOURNAL FOR ISLAMIC
STUDIES ~ TYDSKRIF VIR ISLAMKUNDE nr. 3 van 1983 (bl.82-83).
Uitgewer: Centre for Islamic Studies, UJ. Vertaler: Pieter Uys.
GESPREK OP ʼN HOTELTERRAS
My dood klop agter my oogappels soos die maan
Ek hoor hom roer agter die galme van die branders
Ek meet sy gang in die sleepsel van ʼn slak
Die dae val soos mossies in die aarde
En elke woord het die aanskyn van die Niet

Ons, op die oop terras, tel die jubeling van die sterre
As jy lag, breek die ritmiese pad van die werkers oop in my are

Meet ek die daad van jou oë op die einders


Hoor ek die dag verbysluip soos 'n kind vol geheime
En sou jy my vra waaraan ek altyd dink, sou ek antwoord:

Kind, 'n rankrosie, of 'n glas water


Die Arabiese titel is “ħadīth fī shurfati Funduq” waar ħ ‘n
stemlose faringeale frikatief verteenwoordig, die th in die
eerste woord die enkelklank van Engels “thin” is en die q van
Funduq as stemlose uvulêre sluitklank dien (‘n k wat dieper in
die keel gevorm word).

Funduq is die Arabiese woord vir hotel – waar Afrikaans se


pondok vandaan kom.

KORPUS
Arabiese Afrikaans ‫ اَرابيسي اَفريكانس‬verwys na die vroegste Afrikaanse tekste
wat in die Arabiese alfabet verskyn het. Dié tekste het rondom die 1830s
ontstaan, en in die jare 1868-1869 en weer van 1906-1929 gedy.

Volgens Achmat Davids was Arabiese Afrikaans die Kaapse Moslem-


variëteit van Kaapse Afrikaans (’n gekreoliseerde vorm van Nederlands)
wat in Arabiese skrif gepubliseer is. Afrikaans het Maleisies in 1815 as die
onderrigtaal in Moslemskole (madrassas) vervang. Daar word algemeen
aanvaar dat Arabiese Afrikaans teen die 1840s reeds deeglik gevestig was
as onderrigmedium in dié skole.

In 1877 is Sjeig Abubaker Effendi se religieuse teks Bayan ad-Din (’n Uit-
eensetting van die Geloof) in Istanbul uitgegee; dit word as die vroegste
bestaande publikasie in Arabiese Afrikaans beskou. Die Afrikaanse teks,
nie ‘n volledige vertaling nie, is ‘n opsomming van die Arabiese werk oor
Islamitiese reg en gebruike.

In Hans Kähler se Studien über die Kultur, die Sprache und die Arabisch-
Afrikaansche Literatur der Kap-Malaien (1971) word 51 titels aangegee en
‘n moontlike verdere 13 bespreek.
Weens die Arabiese alfabet se gebrek aan letters om sekere Afrikaanse
klanke te verteenwoordig, is daar benewens die twee Maleisiese en vier
Persies-Turkse aanpassings nog twee spesifieke letter-aanpassings vir
Afrikaans toegevoeg, vir ‘n totaal van 29 letters.

Die korpus van Arabiese Afrikaans sluit in werke met Arabiese titels,
lesgidse vir leerders, briewe, manuskripte en Afrikaanse titels soos
Die Boek van Tougied deur Imam ‘Abd Allah ibn ‘Abdurauf.

Die Arabiese vertaling van Ingrid Jonker se Gesprek op ‘n Hotelterras


is ‘n huldeblyk aan die pioniers van Arabiese Afrikaans.

http://www.taalmuseum.co.za/taalgeskiedenis-29-junie/
BRONNE
Davids, Achmat. The Afrikaans of the Cape Muslims. (reds: Hein Willemse & Suleman
E Dangor). Protea Boekhuis, Pretoria ISBN 978-1-86919-236-5

Van Heerden, Menán. Die Bo-Kaap: Arabiese Afrikaans en die Kaapse


Moslemgemeenskap.

Van Eeden, Johanna. Kaapse Afrikaans (Bo-Kaaps)

Van Selms, Adrianus. Arabies-Afrikaanse Studies

You might also like