You are on page 1of 1

Ons staan weer, in tydlose oomblike van onoorwone gevegte tussen onsself,

"Bloeding op die brein,"


As ons maar net so gelukkig was om die stryd te oorleef,
Maar jy maak dit onmoontlik, om asem te haal het 'n elende geword,
Vyf minute terug was als nog perfek, perfekte afdrukke van 'n lewe van volmaaktheid,
Selde sal ek self erken dat ek nie weet waaroor ek skryf nie,
In die geval moet ek maar, want die idees het opgedroog,
Letterlik en figuurlik sit ek in teenstryd met die pen en papier,
Woorde wil nie opdaag met die spoed wat dit altyd gedoen het nie,
Die lewe voel langer as normaal, sonder jou by my sy.
Tydlose oomblike vlieg verby soos ons staar in die blou hemele voor ons,
Waarna kyk ons,
As ons maar net geweet het waaroor die lewe gegaan het,
Was ek nie nou in die kots pot van omgekeerde woorde nie,
Woordeboeke le oop oor my kamer vloer,
Maar die een woord bly uitstaan op die wit bladsy gemors met woorde.
"Misverstand,"
Oomblike gaan verby waar ons woorde teen mekaar bots,
Ek voel soms asof jy met opgewondenheid die mes in my rug steek,
Die koue bloed loop oor my rug waar jy my gesteek het vir die honderste keer,
Ek het elke keer getel, en jy het net aanhou lag.
Die gedig wil nie 'n eiende kry nie, opgekotse woorde verstop in my keel, ek is spraakloos,
Gewond met 'n mes van haat...

You might also like