You are on page 1of 1

(LEWER SOWAT 1 KG DEEG)

1 x 10 g-sakkie kitsgis
10 ml suiker
10 ml sout

400 ml louwarm water


500 g broodmeel

Meng die gis, suiker en sout met die water in n medium-groot mengbak. Voeg broodmeel by en
meng met n houtlepel tot n stywe, kniebare deeg. Strooi meel op jou tafel en gooi die deeg uit op
die meel. Gebruik jou hande en knie die deeg vir 8 10 minute, of tot dit elasties is. Smeer
mengbak met olie en plaas deeg terug in bak. Draai toe met plastiek en laat rys op n warm plek
tot verdubbel sowat 30 minute.

You might also like