You are on page 1of 1

Onafhanklike studentekoerant van die Tygerbergkampus

matie

WIE EN WAT IS matie ?


matie , Tygerbergkampus se onafhanklike studentekoerant, dien die studente van Tygerberg deur feitelike beriggewing aangaande sake wat hulle raak. matie het voorgeneem om voort-

aan nuuswaardige gebeure feitelik, sensitief en onsensasioneel, dog indringend te ondersoek. Tygerbergstudente het die reg om van hierdie sake te hore te kom ten einde hulself ingelig te hou. Knowledge is power, soos die Engelse gesegde lui. Nuusmedia is n onmiskenbare en integrale deel van enige gemeenskap. Nuusmedia is daar om leiers op hul tone te hou, om die massas ingelig te hou en te laat praat. Dit is presies wat matie doen en sy doen dit onbeskaamd. matie werk baie intiem saam met DieMatie en haar redaksiespan en is in voortdurende kontak met hierdie koerant om sodoende n koerant van uitmuntende standaarde en joernalistieke integriteit te verseker.
matie voel sterk daaroor om studenteleiers op hul tone te hou, om studentedialoog aan te

moedig en om die Tygerberggemeenskap te dien. n Gemeenskapskoerant behoort aan die gemeenskap. Dit is daarom vir matie ontsaglik belangrik om die gemeenskap te betrek deur r hulle te skryf. matie vind studentedialoog, naas akademie, die belangrikste aspek van studentelewe. matie sal voortgaan om hierdie dialoog aan te wakker, al sou dit dan beteken dat daar soms op tone getrap moet word.
matie en haar redaksiespan het hulself reeds as beywer om soms op tone te trap ten einde

agter die kap van enige byl te kom. Hoewel hierdie benadering sommiges uiteraard dwars in die krop steek, kan niemand die belang hiervan misken nie. Soos met alle nuusgebeure is deursigtigheid van ongelooike belang. Dit is wat matie nastreef.

You might also like