You are on page 1of 2

Die Godsdienstige lewe van Palastina in die tyd van Jesus

In die tyd van Jesus was daar 4 groepe mense die Fariseers, die Sodduseers, die Selote en die Herodione. " In die tyd het die Sodduseers omgesien na die staatkundige sowel as die godsdienstige belange van die volk, hoewel hulle simpatiek gestaan het teenoor die stroom van vergrieksing wat al sterker op die grense van die Joodse volkslewe begin oorspoel het." ( Handboek van Bybelse Geskiedenis: Die Nuwe Testament, Prof. DR. E. P. Groenewald: bl 38 ) " In die tyd van Jesus het die Sodduseers nie baie invloed op die volkslewe uitgeoefen nie. Hulle het ontwikkel tot 'n party van priesteradel, met die hoepriester as leier, en hulle verhef bo ander partye en bo die volk. " ( Handboek van Bybelse Geskiedenis: Die Nuwe Testament, Prof. DR. E. P. Groenewald: bl 38 ) Tenspyte van die feit dat daar verskillende partye was in die Joodse volklewe was daar 'n eenheid diep, gewortel in godsdiens van die vaders. Die Jode het hulle onderskei as die volk wie op alle lewensterreine volgens die Heilige Geskrifte geleef het. " Vir die diaspora- Jode is dit in Grieks vertaal en bekend as die Septuaginta. Die Arameessprekende Jode in Palestina kon wel die Hebreeus nie meer so goed lees en verstaan nie, en daarom bestaan die gebruik in die sinagoge om by die voorlees van die skrif 'n vrye vertaling of parafrase in Aramees aan te bied. Op die wyse ontstaan die sogenaamde Targums. " ( Handboek van Bybelse Geskiedenis: Die Nuwe Testament, Prof. DR. E. P. Groenewald: bl 42 ) Onderrig van die Heilige Geskrifte het dus by die huis begin. Die kinders is deur hulle vaders onderrig. Jesus groei in so 'n ouerhuis op.

Deut. 6:7 " Jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op die pad is en as jy gaan le en as jy opstaan. " ( Handboek van Bybelse Geskiedenis: Die Nuwe Testament, Prof. DR. E. P. Groenewald: bl 43 ) In Jesus se tyd was daar al reeds sinagoges ( die ontstaan van die sinagoges is onbekend ). Hierdie is die plek waar Jode bymekaar kom vir godsdienstige handelinge. In hierdie tyd was daar so byeenkoms plek in elke klein dorpie in Palestina. " Die tempel vorm eintlik die middelpunt van die Joodse godsdienstige lewe. In bree trekke is dit gebou volgens die model van die tabernakel wat as tent - heiligdom die swerwnde Israel in die woestyn gedien het. Destyds het die hele volk in die een tabernakel aanbid. Op dieselfde wyse is die tempel beskou as die woonplek van God waar die hele volk, ook diegene wat in die verstrooiing geleef het, moes aanbid. " ( Handboek van Bybelse Geskiedenis: Die Nuwe Testament, Prof. DR. E. P. Groenewald: bl 43 ) Ons verstaan dus uit die geskrifte dat in die tyd van Jesus die godsdienstige handelinge baie sterk was. Bronne - ( Handboek van Bybelse Geskiedenis: Die Nuwe Testament, Prof. DR. E. P. Groenewald.) - ( Bybel, Deut 6:7 )

You might also like