You are on page 1of 2

Mediavrystelling

WOORDFEES-FYNPROEWERFEES
Fynproewers word genooi om tydens die Woordfees nader te staan vir n kos-en-wyn ervaring sonder
weerga.
Glanssjef Bertus Basson van Overture en Spice Route restaurant faam sal n intieme gehoor trakteer
op proesessies met bele Fairview kase en Merino lamsboud uit vier verskillende streke.
Die bekende Kaapse Wynmeester en Veritas vise-voorsitter, Bennie Howard, sal die perfekte Veritasbekroonde wit en rooi wyne as pasmaats by hierdie geleenthede skink.
Altesaam vier sessies word

in samewerking met Agri-Expo aangebied. Die kaas-en-witwyn

proesessies vind plaas op Sondag 6 Maart en Saterdag 12 Maart. Die lamsboud-en-rooiwyn proe
word op Vrydag 4 en Sondag 13 Maart gehou. Al vier die geleenthede begin om 13:00 by Die Khaya
in Ryneveldstraat Stellenbosch.
n Beperkte getal kaartjies is teen R160 per persoon by Computicket beskibaar.
Besoek die Veritas webtuiste by www.veritas.co.za of volg ons op Facebook, Twitter en Google+ om
op hoogte van sake te bly.

EINDE
Uitgereik deur

Marlene Truter Communications


Kontak: Marlene Truter
Sel:

083 294 6060

marlene@marlenetruter.co.za

Namens

Veritas Toekennings
Kontak: Bennie Howard
Sel: 082 551 5545

You might also like