You are on page 1of 7

AFK1501/101- Werksopdrag 2:

(Keuses vir die Opdrag- Deel 3 en Deel 4)


DEEL 3:
Vraag 1
1.1) Vir die ontleding van die Huisvrou het ek die volgende Kodes van belang geidentifiseer:

1.2)

Taal kode: Die die huisvrou is met n tipiese Kaapse Afrikaans geskryf. Dit is n vermening van
Afrikaans met n paar Engelse woorde. Die taalkode skep vir jou n prentjie van die mense en kultuur in
die gedig wat eie is aan daardie gemeenskap.

Genre Kode: die huisvrou is n gedig. Die visuele uitleg van teks is kort reels met wit spasies tussin. Die
woorde wat gebruik word is beskrywend en in n ritme geskryf. Die korrekte identifisering dat dit gedig
genre is help om teks te ontleed want n mens benader n gedig byvoorbeeld anders as n kortverhaal.

Sosia Kode: die huisvrou blyk of dit afspeel in n Tygerbergse woongebied in die Kaap. Daar word in
die gedig direk verwys na Tygerberg in 9de reel van die gedig. Dit skep vir die leser en ontleder die
omgewing waarin die gedig afspeel.

Kode van die Skrywer: Dit kom vir my voor of die kode van die skrywer van die huisvrou n meer
erenstige benadering het. Die uniekheid vand Ronelda Kamfer as skrywer is dat haar gedig mense wil
bewus maak van die sosiale druk op n huisvrou. Sy gebruik dus haar gedig om die lesers n les te leer en
dus is dit nie tipe gedig wat bloot geksryf is om iets beskryf nie.

Wederkoms en genderidentiteit
Daar is n verskil tussen die term geslag en gender. Geslag is biologies hoe jy gebore is met manlike of
vroulike geslagsorgane. Gender is n meer omvattende komplekse begrip van hoe jy as mens deur veskeie
faktore gevorm word.
In die gedig word daar verwys na die tipiese dinge van n vrou byvoorbeeld juwele, parfuum, gitrok en n
vanity case wat ons met eerste oogopslag laat dink dat die digter n vrou is. Die woord verwyfde wat
later in gedig gebruik word gee ons die gevoel dat die genderidentiteit moontlik n gay persoon kan wees.
Die digter doen dinge van vrou maar is nie noodwendig n vrou nie.
In my opinie is geloof meestal groepe mense wat selfde reels en voorgestelde raamwerk het oor lewe dus
soort soek soort. Geloof is van groepe mense wat die mees veroodelendste is teenoor gay mense. Die digter
beskryf verskillende groepe mense en verwys na geloof maar hy sluit homself uit.
Daar kom word geskryf oor steriotipe denke in Wederkoms byvoorbeeld die myself mooimaak neem
mens an net vrouens maak hulle mooi, skande en swael baie mense hanteer gay persone asof hulle siekte
het en stink. Christene glo dat God die aarde met vuur gaan verwoes en dus se digter sy catsuit is
fireproof.
Wederkoms se digter is n komplekse person wat nie bloot net man of vrou is nie maar n mense wat deur
omstandighede en gebeure n ander gender is.

Vraag 1 vervolg

1.3)

Agter die groen deur


Die kortverhaal van Agter die groen deur is geskryf as n raamvertelling met verskillende vertellings
aspekte en baie tydsgrepe en tydsponge om die verhaal te vertel.
Helena Gunter gebruik n raamvertelling om die storie te skryf dit kan beskryf word as volg: Betta is die
verteller wat n storie vertel oor haar lewe asook klimmeidjie se lewe dus is dit n storie in n storie. Die
algehele struktuur van die storie is Betta se omramende vertelling wat nou in hede plaasvind waar sy nou 30
jaar later terug keer na die plaas waar sy groot geword het die skep geloofwaardigheid vir Betta as verteller
want sy was daar toe alles gebeur het. Dan is daar n tysprong na n ander tydsgreep van toe sy jonk was wat
dien as die eerste binnevertelling en laastens vertel sy van Klimmeidjie se lewe voor sy na Betta hulle se
plaas toe gekom het dus tweede binnevertelling van gebeurtenisse selfs voor Betta se geboorte in n ander
tydsgreep dus nog n tydsprong word gebruik.
Die gebruik van verskillende teoretiese aspekte in skryf van die kortverhaal skep n gevoel by leser dat hulle
saam Betta alles ervaar, soos haar gevoelens nou 30 jaar later en haar herinneringe van haar kinderdae.

Vraag 2
2.1) Die gebeurtenisse word as volg gevier:

Op n feesterrein:
Uit die teks- Vaalbos feesterrein
Bywoners het spesifieke klere aangetrek:
Uit die teks- pak klere, voortrekker rokke

2.2.) Gronteks is die oorsponklike teks bewaar in sy oudste vollgedige vorm.

Die Gelofte en Vlaglied is voorbeelde van gronteks uit 16 Desember.

Vraag 4 (Keuse vraag)

4.1)

Roepman

Roepman is n storie oor Timus hy is jong seun is beide die verteller en n karakter in die storie. Die Roepman was die
person in n spoorweg gemeenskap wat almal moes wakker maak vir werk.
Die verhaal speel af in die apartheids era en in n spoorweg gemeenskap. Timus was deel van n tipeise laer inkomste
spoorweg gesin waar ouma, kinders en ouers in n klein huis woon. Timus het n ryk vriend gehad Kenneth en het
begeer om baie speelgoed soos hy te he dus kom sosiale skeiding na vore. Daar was onverdraagsaamheid tussen
verskillede kerke in die gemeenskap.
Timus was fisies daar toe alles gebeur het dit dra dus by tot sy geloofwaardigheid as verteller van die verhaal. Verder
was hy n kind tydens die gebeure van die storie en soos die gesegde gaan uit die mond van n suigeling kom die
waardheid dra dit by tot sy geloofwaardigheid as verteller. Hy was n nuuskierige kind en dus almal afgeloer en
geluister en dus kan hy met geloofwardigheid as verteller almal se storie vertel.
Timus was n onskuldige kind hy nie geweet wat n kondoom was nie , hy het nie geweet wat pornografie is nie en
ook nie wat skuim piepie was nie. Hy het altyd stories vertel soos wat kinders doen. Sy ma het altyd gese hy woelige
kind. Soos die verhaal verloop verloor hy stuk- stuk sy onskuld, een van die gebeurtenise was toe hy Gladis die
huishulp afgekyk het terwyl sy gewas het en sy naak was en hy gedink het dis mooi. Nog n gebeurtenis was toe
Ruben vir hom eerste keer pornografie gewys het en hom gemolesteer het. Joon se dood en dat Ruben hom probeer
blameer het sy onskuld finaal geknou. Hy was nou bewus van die gebrokenheid en wreedheid van die lewe en nie
net wonder soos deur oe van onskuldige kind nie.
Timus was geloofwaardige verteller en as karakter kon ons sy onwikkeling gevolg as karakter van kind to
volwassene.

4.2)

Joon as roepman: hy het almal in spoorweg wakker gemaak om te gaan werk, dit was sy formele werk.
Joon as redder/helper: hy het vir Timus uit die verleendheid gered toe hy n nat broek in straat gehad het na
Ruben se vriende hom beet gehad het, hy het ook Tannie Marie gehelp toe Oom Gous haar verneuk het.
Joon as slagoffer: sy dood tussen die trokke in die kruisposisie soos Christus wat onskuldig gesterf het en
ander se belange gedra het.

Deel 4:
(Keuse- Suurlemoen deur Jaco Jacobs)

Vraag 1
Suurlemoen is n storie wat handel oor 4 tieners wat n band begin. N insedent met lipstick en Mozart lei tot die 4
hoof karakters, Tiaan, Zane, Bongani (Bongi) en Liezl se band Suurlemoen! Tiaan is die average ou met die mal
vriend, Zane, wat al die aandag kry. Zane soos Tiaan hom beskryf is n moeilikheidmagneet en die ou wat vining
verlief raak en nie omgee om al die aandag te ontvang nie. Bongani is die sarkastiese 15 jarige meisie wat niemand
se nonsense wat nie, veral nie Frik Van Tonder die eerste span heel agter nie. Liezl ook 16 is die mooi en slim meisie
met die goue stem wat Tiaan en Zane se voete onder hulle uitslaan.
Hierdie storie is so geskryf dat tieners kan identifiseer met elke een van die karakters se omstandighede en gebeure.
Tiaan is die ek verteller en die skryfer maak gebruik van fotos en post it stickers om Tiaan se gedagtes bekend te
maak. Die skool ruimte en politiek is nog n manier waarmee tieners hulle met hierdie boek kan identifiseer met
karakters soos Frik Van Tonder en sy maats, Mnr Marx en Mnr Van Schalkwyk die Skoolhoof en dan ook die karakters
in die skool orkes.Hierdie boek is propvol tiener drama,humor, n liefdes driehoek en n tuinkabouter.
Suurlemoen is n boek vir tieners of volwassenses wat wil wee twat aan gaan in die tiener wereld of die person wat
sommer net n boek wil lees om te ontspan.

Vraag 2
2.1) Bongi:

Bongi is baie uitgespoke. Bongi is nie bang om te se wat sy wil of vir wie sy wil nie.
Frik rym met tik.Frik, eendag gaan iemand jou nog dik tikbl 23
Bongi is n leier, want sy is nie bang om die voor tou te neem en besluite te maak nie
En een, twee, drie Op Bongi se telling val ons weg bl 35

2.2) Liezl:

Liezl is onseker of sy regtig in die band wil wees.


luister julle, ekis nogsteeds nie seker of ek in die band kan wees nie bl28
Liezl is slim, Tiaan laat weet ons sy is slimste girl in die klas
Het ek onthou om te se sy is die slimste girl in die klas? bl5

2.3) Zane:

Zane het baie self-vertoue want want hy is nie bang om iets te doen of te se nie
Zane lyk baie impressed met homself toe hy Bl 11
Zane het deursettings vermoe want hy gee nie maklik op as hy iets wil he nie.
Hyt haar weer vanmiddag gevra terwyl ek en Bongi besig was bl55

2.4) Tiaan:

Tiaan is n perfeksionis want hy rangskik sy cds in alfabetiese volg orde.


Dit hoort net na mozart in jou versamling, as jou Cds in alfabeties gerangskik is soos myne bl19
Tiaan is skaam,hy probeer onnodige aandag vermy.
na vanmiddag is ek te embarrassed om vir die res van die jaar my kop by die deur uit te steek bl13

Vraag 3

Vraag 4
4.1) n ek-verteller
4.2)Ek het vir Zane gese dis n simpel idee om vir Mozart lipstick op te sit
4.3) Tiaan
4.4) Tiener fase van hulle lewe.
4.5) Tiaan is n tiener en daarom is sy taal tipiese hedendaagse tiener taal waar hulle Engels en Afrikaans meng.
4.6) ek en Zane jam: Zane lyk baie impressed.

Vraag 5
5.1) Vir kinder en jeugliteratuur is daar baie menings en gesprekke wat handel oor die ondwerp, n tipe debat oor die
onderwerp dis wat diskoers vir my beteken in die konteks.
5.2) Dit beteken vir my status van kinder en jeugliteratuur word beperk, onderdruk of as te ware uitgesluit uit die
literatuur gemeenskap soos sosiale uitsluiting van daardie tipe skryfwerk.
5.3) Hy is van mening dat ons in n tyd leef van grensoorskrydings en daarom is daar n oplewing in kinderliteratuur,
5.4) Snyman is van mening dat die Afrikaanse ouers self minder boeke koop of lees, dat daar minder plekke is om
Afkrikaanse boeke tekry om te lees en dat daar minder kwaliteit Afrikaanse boeke beskikbaar is vir kinders om te
lees en daarom is het hulle negatiewe houding teenoor lees.

Bibliografie:

Unisa Studiegids vir AFK1501


Internet: http://www.storiewerf.co.za/resenseer/suurlemoen.htm
http://www.nb.co.za/assets/downloads/teachers_guides/ROEPMAN%20BINNE.pdf
Roepman deur Jan van Tonder
Suurlemaoen deur Jaco Jacobs

PLAGIAATVERKLARING EN KONTROLELYS
Voltooi die volgende plagiaatverklaring, asook die kontrolelys wat daarop volg.
PLAGIAATVERKLARING
Naam: Christiaan Niemandt
Studentenommer:57506760
Modulekode: AFK1501
Werkopdragnommer: 527672
Ek verklaar dat hierdie werkopdrag my eie, oorspronklike werk is. Waar ek bronmateriaal gebruik het, is dit
volledig en volgens die departementele voorskrifte erken. Ek begryp wat plagiaat beteken en is bewus van
die departementele beleid daaromtrent.
Handtekening: Christiaan Niemandt
Datum: 07 april 15
KONTROLELYS
Merk telkens die toepaslike blok met n regmerk ().
JA
1

Ek het alle bronmateriaal wat ek gebruik het (studiegids, studiebrief, internet,


ander bronne) erken.
I acknowledged all source material (study guide, tutorial letter, internet, other
sources) used in my assignment.
My werkopdrag bevat my eie bewoording ongeag of ek in n groep saam met ander
studente gewerk het of nie.
Irrespective of whether I participated in a study group or not, the wording of the
assignment is my own.
Ek het die bronne wat ek in my werkopdrag gebruik het, aangedui deur die teks in
aanhalingstekens te plaas en/of deur verwysings volgens die
Harvardverwysingstegniek.
I indicated all sources used in my assignment by placing the quote in inverted commas
and/or by providing the reference according to the Harvard method.
Ek het n bibliografie van alle bronne wat ek gebruik het aan die einde van my
werkopdrag ingevoeg.
At the end of my assignment, there is a bibliography reflecting all the consulted
sources.

NEE

You might also like