Professional Documents
Culture Documents
Studiebrief 201/1/2014
Genre en tema
AFK2601
Semester 1
Departement Afrikaans en
Algemene Literatuurwetenskap
Hierdie studiebrief bevat
terugvoer oor werkopdragte 01, 02, 03 en 04
en eksamentoeligting
Bar code
Open Rubric
Terugvoer oor werkopdragte 01 (meerkeusevrae) asook werkopdragte 02 (deel 1 van die studiegids),
03 (deel 2) en 04 (deel 3).
Eksamenriglyne vir elke deel (Mei 2014)
Neem asseblief daarvan kennis dat julle slegs twee dele (50 punte elk) in die eksamen moet beantwoord.
Sommige studente het in die verlede al drie dele beantwoord met die hoop dat dosente die beste uit drie
sal kies. Dit mors nie net die student se tyd nie, maar ook dosente sn. In die vervolg sal dosente slegs die
eerste twee dele in n antwoordboek nasien.
Deel 3 (Jeugletterkunde) is ook in die eksamen verpligtend vir onderwysstudente.
Lees die instruksies by elke deel deeglik.
Ons wil julle aanmoedig om van myUnisa gebruik te maak. Dikwels kan ons dringende aankondigings slegs
deur myUnisa se Announcements-funksie doen. Studente wat deelneem aan die Discussion Forum het
ook die voordeel dat hulle vinnig terugvoer op hul vrae kry, en selfs hulp van medestudente.
Die AFK2601-span beantwoord graag vrae oor enige probleme wat jy met die werk mag ondervind.
Hiermee wens ons jou ook n suksesvolle semestereksamen toe.
(Prof) Johan Coetser
Kursusleier
Namens Dosente AFK2601
AFK2601/201/1
TERUGVOER OOR WERKOPDRAG 01
n Nuttige wenk in verband met die voltooiing van werkopdrag 01 is: trefwoorde verskyn in die Lys van
kernbegrippe agterin die studiegids (bladsye 222226). Dit help baie as jy n vraag soos vraag 8 (oor die
begrip fin-de-sicle) benader deur gebruik te maak van bladsynommers 36 en 53 wat in die lys teenoor
hierdie begrip verskyn.
Ons verskaf nie die antwoorde op die vrae in werkopdrag 01 nie, aangesien werkopdrag 01 van semester 2
presies dieselfde vrae bevat, en ons nie studente wat toegang tot hierdie studiebrief mag verkry,
onregmatig wil bevoordeel nie.
OOR DIE EKSAMENVRAESTEL
Die opskrif boaan die vraestel lui soos volg:
Toeboekeksamen
Hierdie eksamenvraestel bly die eiendom van die Universiteit van Suid-Afrika en mag nie uit die
eksamenlokaal verwyder word nie.
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye (bylae ingesluit).
Die vraestel bestaan uit DRIE dele. Nie-onderwysstudente beantwoord
ENIGE TWEE van die drie dele.
DEEL 3 IS EGTER VIR ONDERWYSSTUDENTE VERPLIGTEND.
Onderwysstudente beantwoord dus deel 3 plus f deel 1 f deel 2.
Lees die aanwysings boaan elke deel noukeurige deur. Let daarop dat jy by
sommige dele n keuse moet uitoefen. Elke deel tel 50 punte.
Jy het ongeveer een uur vir elkeen van die twee dele wat jy moet
beantwoord.
WERKOPDRAG 02
DEEL 1
PROSA: REISE EN RAAISELS
Dosent:
Dr E Lemmer
Kontakbesonderhede
Telefoon: (012) 429 6371
E-pos: lemmee@unisa.ac.za
Faks: (012) 429 8164 (Vir aandag: Erika Lemmer)
Die doelstelling van hierdie afdeling is om jou bewus te maak van verskillende prosagenres (soos
byvoorbeeld die speur- en reisverhaal asook die kategorie van wetenskapsfiksie) wat nie altyd as deel van
die literre kanon beskou is nie. Hieronder volg dus nou oorsigtelike terugvoer oor die vrae wat by
werkopdrag 02 ter sake was, met n aanduiding van die wyse waarop daardie werk in die Mei 2014eksamen gaan figureer. Let telkens op die Eksamenwenk in die tabel.
Daar is geen modelantwoorde vir hierdie deel nie. Jou eie kennis van en insig in die voorgeskrewe teks en
studiemateriaal, jou vermo om krities daarmee om te gaan en jou toeligting van kernargumente met
behulp van toepaslike teksvoorbeelde was die belangrikste faktore waarna ons gekyk het tydens die
beoordeling van die werkopdragantwoorde. In die meeste gevalle is daar dan ook indrukspunte toegeken
en daar is nie noodwendig n ooreenstemming tussen die aantal regmerkies en die aantal punte wat jy vir
die vraag behaal het nie.
Vraag 1
Die eerste studie-eenheid (sien studiegids, bladsy 413) l die grondslag vir die afdeling. Hier word jy
ingelig omtrent die tradisionele prosasoorte (bladsy 9). Jy kry hier ook die eerste aanduiding dat ons
vanjaar gaan kyk na daardie prosasoorte wat volgens tradisie aanvanklik buite die kanon gestaan het, en
veral na daardie verhale wat konvensionele genregrense oorskry.
By hierdie vraag is daar van jou verwag om die definisie in kolom B by die term in kolom A te pas:
1.1)
1.2)
1.3)
1.4)
1.5)
1.6)
1.7)
1.8)
1.9)
1.10)
AFK2601/201/1
Eksamenwenk
Sorg dat jy al die bostaande terme kan definieer. In die eksamen sal jy ten opsigte van vyf terme getoets
word, waarvan die definisie telkens een punt tel (totaal: 5 punte).
Vraag 2 (en studie-eenheid 2 in jou gids) handel oor een van die voorheen gemarginaliseerde genres,
naamlik die reisverhaal.
Jy moes by vraag 2.1 vier kenmerke noem wat Grov (in sy inleiding tot Trekvols: n keur uit Afrikaanse
reisverhale) aan die reisverhaal toeken. Di Grov-inleiding verskyn in die leesbundel op bladsye 8 21.
Tersaaklike aspekte van die reisverhaal word ook volledig in die studiegids gedek sien bladsye 14,16-17,
18-20. Enkele sulke kenmerke is byvoorbeeld: die beskrywing van bestaande werklikhede (lande, mense,
gebruike, geboue, ervarings en avonture); die reisskrywer se subjektiewe belewing van dinge,
eenheidskeppende faktore soos die tydruimtelike gebondenheid ten opsigte van struktuur asook die
persoonlikheid van die verteller; die taalgevoeligheid van die reisskrywer.
By vraag 2.2 moes jy vier kenmerke (sien vraag 2.1) op die reisessay van Audrey Blignault (Een
vreemdeling op de aarde) toepas met behulp van gepaste teksvoorbeelde en/of aanhalings. Studente wat
in hulle antwoorde deeglik rekenskap gegee het daarvan dat hulle di teks noukeurig gelees en bestudeer
het, is dienooreenkomstig beloon. By vraag 2.3 moes jy die titel van een van Uys Krige se reisromans
noem: vergelyk byvoorbeeld Sol y sombra, Ver in die wreld, Na die Malutis.
Eksamenwenk
Die vraag oor reistekste tel 15 punte in die eksamen.
Onthou: Geen tekste gaan by die eksamenvraestel aangeheg word nie en daarom is dit belangrik dat jy
baie goed vertroud is met jou voorgeskrewe tekste. Herlees Een vreemdeling op de aarde deur Audrey
Blignault met die oog op die eksamen.
Die derde studie-eenheid handel oor Afrikaanse wetenskapsfiksie. By vraag 3 het jy n keuse gehad
tussen die P.C. Haarhoff-verhale (vraag 3.1) OF die Langenhoven-teks Loeloeraai (vraag 3.2).
Vraag 3.1
Fofelooi is Sjorsjor en Die Miljardplaatjies (beide kortverhale deur P.C. Haarhoff) is afgedruk in die
leesbundel (bladsy 58 69) en word bespreek op bladsy 25-27 van die studiegids.
By vraag 3.1.1 kan jy daarop wys dat die begaafde Fanie (wat tipiese kinderervarings soos visvang
uitermate geniet) in opstand is teen die verpligte rekenaarklasse oor naweke en die verhoogde
verantwoordelikheid wat sy eie intelligensie meebring. Daarteenoor staan die volwasse, berese en belese
verteller in Die Miljardplaatjies in totale verwondering voor al die magiese toekomstige moontlikhede van
ontdekking en tegnologiese vooruitgang; laasgenoemde keer uiteindelik ook sy ondersoek na binne; na die
ruimte van die menslike gees.
Vraag 3.1.2: In Fofelooi is Sjorsjor word die volgende realistiese ruimtes beskryf: die skool, die
naweekrekenaarklasse by die universiteit, die kuberruimte en die visvangkuil op die plaas. In Die
miljardplaatjies is daar, benewens die winkel in Berlyn en die verteller se huis naby Hartbeespoortdam ook
sprake van sonnestelsels, van die Melkweg, maar veral ook van die onsigbare en die onverklaarbare.
Vraag 3.1.3: Beide verhale betrek tegnologiese sfere soos die wreld van rekenaars, die kuberruim waar
gebeure soos sabotasie (hacking) kan plaasvind asook die sogenaamde miljardplaatjies waarmee
objekte beduidend vergroot of verklein kan word wanneer daardeur gekyk word.
Vraag 3.1.4: Vandag se gesofistikeerde sagtewareprogramme met virusbeskerming en afweerprogramme
maak die verhaalgebeure in Fofelooi is sjorsjor relatief onwaarskynlik.
OF
Vraag 3.2
n Volledige bespreking van C.J. Langenhoven se Loeloeraai verskyn in die studiegids vanaf bladsy 27-32
(studie-eenheid 3). Gaan lees hierdie hele studie-eenheid met aandag deur. Onthou: die ruimte is so n
belangrike element van wetenskapsfiksie omdat sodanige tekste onder meer vertel van ruimtes buite ons
bestaan of begrip.
Vir die werkopdragvraag moes jy die onderstaande struktuuraspekte van Loeloeraai bestudeer:
Die teks as wetenskapsfiksie: die genretipering van wetenskapsfiksie word deur die verhaalgebeure
ondersteun, naamlik die besoek van n ruimtewese - Loeloeraai van Venus - aan Oudtshoorn (en
sommige inwoners se daaropvolgende ruimtereis). Loeloeraai is byvoorbeeld aan geen menslike
beperkings onderhewig nie en leer die Afrikaans en Engels van die aardbewoners binne twee dae aan.
Sien ook die verwysings na Jules Verne en H.G. Wells (wat beide eksponente van hierdie genre is) in
die Aanhangsel wat aan die einde van die teks verskyn.
die kleindorpse milieu (omgewing en tydsgees) as ruimte: die maatskaplike opset gedurende die
1920s waar vroue (en anderskleuriges) byvoorbeeld nog geen stemreg het nie, die plattelandse dorp
Oudtshoorn, die agterplaas en straat voor n gewone middelklaswoning; en dan die verplasing na die
agterkant van die maan en reis deur maankraters (sien Hoofstuk XII en XIII).
pejoratiewe verwysings: vergelyk die paternaliserende behandeling van die kleurlingwerker, Kiewiet en
die waarskuwings teen sy variant van Afrikaans; neerhalende verwysing na die vermeende invloed van
kindermeide op kinders se taalverwerwing (bladsy 35); die patriargale kultuur soos wat dit
manifesteer in die houding jeens vroue asook die tradisionele rolverdelings van mans en vroue in die
teks. Herlees die artikel van Jackson op bladsy 71 72 van die leesbundel.
die tema (boodskap) van die verhaal: aanvaar andersdenkendes en nuwe idees as duidelike
teregwysing aan die kleindorpse burgers (met hulle geskinder, suspisies, bewustheid vir klasse- en
rasseverskille); vergelyk byvoorbeeld hulle reaksie op die aankoms van die vreemde, maar wyse
Loeloeraai (sien ook bladsy 31 in die studiegids). Lees Loeloeraai se beskrywing van die harmonie wat
daar op sy planeet heers (bladsy 57) en hoe dit vergelyk met die situasie op aarde. Verwys ten slotte
na die gedeelte Loeloeraai se boodskap in die aanhangsel tot die teks (bladsy 109 111) en veral
die laaste punt wat verwys na die twee verowerings: om die hoogste geluk te bereik, moet ons nie net
die natuur oorwin nie, maar ons moet ook ons eie diere-aard / onsself oorwin.
Jy was veronderstel om by elkeen van die bogenoemde struktuuraspekte met eie insigte vorendag te kom
en moes jou antwoord staaf met toepaslike aanhalings uit die teks.
Eksamenwenk
Die vraag oor wetenskapsfiksie tel 15 punte in die eksamen. Jy sal in die Mei 2014-eksamen weer n
keuse h tussen die Haarhoff-kortverhale en Loeloeraai. Dit is belangrik dat jy relevante teksverwysings of
teksvoorbeelde kan verskaf om jou antwoord te staaf.
6
AFK2601/201/1
Vraag 4
Vraag 4.1 en vraag 4.2 (sien ook die vierde studie-eenheid in die studiegids) handel oor die speurverhaal
met spesifieke verwysing na Eugne Marais se Diep rivier (vraag 4.1) en Etienne van Heerden se roman,
Toorberg (vraag 4.2). Vraag 4.3 handel oor die Nederlandse tekste wat in studie-eenheid 6 bespreek word.
Vraag 4.1
Die konvensies van die speurverhaal word in studie-eenheid 4 van die gids bespreek en opgesom.
Vergelyk veral die struktuurvereistes in die kollys op bladsy 35 soos deur Du Randt uiteengesit: n
samehangende verhaallyn met gebeure wat mekaar kousaal opvolg; onverwagte wendings in die
verhaallyn wat spanning skep; leidrade wat deur die leser opgevolg word; atmosfeerryke ruimtebeelding/
milieuskildering wat afwagting en spanning skep; illusies van geloofwaardigheid; innerlike en uiterlike
konflik by en tussen karakters. Sien verderaan op bladsy 35 ook Van Gorp se definisie van di genre asook
die bespreking van internasionale tendense en gevestigde patrone op bladsy 35 en 36 (byvoorbeeld die
verskynsel van n speurspan of tweemanskap in navolging van die bekende Sherlock Holmes en sy
assistent, Watson wat resoneer in die karakters van De Ville en De Roubaix).
Sien die bespreking van die kortverhaal op bladsy 33 37 van die studiegids. Jy moes enige VYF van
hierdie bovermelde konvensies / struktuurelemente van die speurverhaal (onder afdeling 4.3 in die gids)
aan die hand van die kortverhaal bespreek het en ook met teksvoorbeelde toegelig het. Sien ook die
individuele kommentaar op die werkopdrag.
OF
Vraag 4.2
By vraag 4.2 moes jy vir 7 punte die tipering van Toorberg as speurroman bespreek het. Aspekte van die
speurroman skemer deur in die feit dat die raaisel van Druppeltjie se dood (en wie uiteindelik daarvoor
verantwoordelik gehou moet / kan word) opgelos moet word. Die magistraat lei sodanige ondersoek.
Sien in hierdie verband die Wiehahn-artikel in die leesbundel (bladsy 115 131) en veral die gedeelte
Toorberg as speurroman (bladsy 118 119). Gebruik hierdie bespreking as vertrekpunt en lig toe met
gepaste teksvoorbeelde. Feite wat deur die loop van hierdie ondersoek aan die lig kom, funksioneer soos
leidrade wat aan die leser in n speurverhaal verskaf word. Die ondersoek na die kind se dood en die
toedeling van skuld word egter op groter verhaalvlak ook n ondersoek na die landsgeskiedenis. Die roman
wyk af van die tradisionele patroon van die speurverhaal in die sin dat daar uiteindelik geen enkele skuldige
of moordenaar aangewys word nie (die hoofverdagte word nooit ondervra nie), maar dat almal in n sekere
sin as aandadig aan die moord beskou word. Onthou dat die roman ook olgens Wiehahn as familiesage of
plaasroman beskryf kan word, maar dan telkens ook met insiggewende afwykings op daardie betrokke
konvensies.
Vir 8 punte moes jy die magies-realistiese aard van die roman aangetoon het. Baie simplisties gestel,
behels magies-realisme in literre tekste die beskrywing van buitengewone gebeurtenisse, oerbeelde en
argetipes, die opheffing van chronologiese tyd en n invleg van die wonderbaarlike in die alledaagse.
(Roos 1996:197). Die mens se bande met n bosinlike bestaan word gewoonlik ook in sulke tekste
beklemtoon en die titel dui alreeds aan dat daar iets toweragtigs en magies in die vooruitsig gestel word.
Vergelyk byvoorbeeld die beskrywing van voorbodes, voorspellings en die voortdurende teenwoordigheid
van dooies (byvoorbeeld al die gestorwe Moolmans) wat op die plaaswerf ronddwaal; van hede en verlede
wat op ononderskeibare wyse ineenvloei en tydsgrense ophef (vergelyk die openingsparagrawe van die
roman). Sien die bespreking deur Wiehahn (bladsy 122 124 in die leesbundel). Jou antwoord en
spesifiek die voorbeelde wat jy gekies het - moes getuig het daarvan dat jy die roman noukeurig bestudeer
het.
OF
Vraag 4.3
In studie-eenheid 6 word drie Nederlandse tekste bespreek De aanslag, De plaag en Hommes hoest (in
die leesbundel opgeneem). Min studente het vraag 4.3 beantwoord, maar al hierdie tekste word
breedvoerig in die studiegids bespreek; gaan bestudeer daardie besprekings nadat jy die verhaal van jou
keuse met aandag gelees het. Terloops, indien jy sou belangstel om vir die beskikbare Nederlandse
studiebeurse aansoek te doen MOET jy studie-eenheid 6 kies. Kontak vir Terrence Carney by 012 429
6683 of carnetr@unisa.ac.za in verband met die moontlikheid van sodanige beursaansoeke.
Jy moes die teks van jou keuse bespreek het aan die hand van die tema, die grensoorskrydings wat daarin
voorkom asook twee intertekstuele verwysings. De plaag (waar die verteller op die spore van Marais loop
om plagiaatbewerings te ondersoek), word beurtelings beskou as reisverhaal, speurverhaal, outobiografie
ensovoorts (sien bladsy 52 van die gids). Die implikasie hiervan is dat daar telkens sekere aspekte van
hierdie onderskeie genres in die teks figureer, maar ook dat daar grensoorskryding plaasvind omdat die
konvensies van n betrokke genre en sekere genreverwagtings deurentyd verbeeldingryk ondermyn word.
Ten opsigte van intertekstuele verwysings in hierdie teks duik die romans van Nabokov en Kafka as
intertekstuele verwysings op. Julle kon as voorbeeld telkens na hierdie vermelde intertekste verwys het met
die beelde van insekte of die termietnes ter verduideliking. Die bekende roman van Kafka, Die
Verwandlung (Die Metamorfose) handel juis oor die karakter Gregor Samsa wat een oggend ontwaak en
uitvind dat hy in n insek verander het. Die tema van De plaag word versterk deur die idee van die
kollektiewe siel van die miershoop wat hier ook van toepassing gemaak word op die Suid-Afrikaanse
gemeenskap (sien bladsye 55 en 56 van die gids).
Die novelle deur W.F. Hermans, Hommes hoest (afgedruk in die leesbundel op bladsy 140 en verder)
speel natuurlik weer veral met die konvensies van die reisverhaal, waar die reisverhaal met akkurate
ruimtebeelding hier ast ware n gelykenis van die mens se lewenspad word; getransformeer word tot
ontluisterende gelykenis van die mens se lewenspad (studiegids, bladsy 57). Sien die samevatting op
bladsy 60 van die gids. Intertekste wat in hierdie novelle ontgin word is di van Antieke tekste uit die
Griekse en Romeise eras (soos by die houtperd van Troje, ensovoorts).
Vir n bespreking van hierdie verskillende aspekte in De aanslag (Mulisch) (waar daar onder meer met die
konvensies van die speurverhaal gegol word), lees bladsye 60 63 uit die gids. Op bladsy 63 word
sommige van die intertekstuele verwysing na die Antieke geskiedenis en mitologie in nadere besonderhede
bespreek. Ook by hierdie vraag moes jou voorbeelde getuig het van n vermo om die genreaspekte van
die teks te belig aan die hand van eksemplariese teksvoorbeelde.
AFK2601/201/1
Eksamenwenk
Sorg dat jy die konvensies van die speurverhaal kan omskryf en kan toepas op Diep rivier OF
Toorberg.
Studente wat vraag 4.3 beantwoord het, kan enige van die Nederlandse tekste voorberei (naamlik De
plaag, Hommes hoest of De aanslag) en by benadering dieselfde vraag in die eksamen as in die
werkopdrag verwag (sien studie-eenheid 6 vir n bespreking van hierdie Nederlandse tekste).
WERKOPDRAG 03
DEEL 2
DIE AFRIKAANSE POSIE IN NUWE GEDAANTES
Dosent:
Me N Botes
Kontakbesonderhede
Telefoon: (012) 429 6988
E-pos: botesn@unisa.ac.za
Faks: (012) 429 8164 (Vir aandag: Nina Botes)
Beste Student
Vir werkopdrag 2 het ons vier vrae van 25 punte elk gevra, waarvan jy enige twee moes beantwoord vir
n totaal van 50 punte. Indien jy meer as twee beantwoord het, sien ons slegs die eerste twee na.
Algemene terugvoer op assessering
Hier is n paar riglyne wat julle asseblief altyd in gedagte moet hou:
Leestekens: die titels van gedigte word tussen aanhalingstekens geskryf. Die titels van dramas en
romans word onderstreep in n geskrewe opdrag en in skuinsdruk geplaas in n getikte opdrag.
Sinskonstruksie: maak seker dat elke sin n volledige sin is, met n onderwerp, voorwerp en werkwoord.
Spelling: indien daar tyd oor is, lees altyd weer deur jou werk. Dit gee jou die geleentheid om skryffoute
reg te stel en seker te maak dat jy elke vraag volledig beantwoord het.
Algemene terugvoer op werkopdrag 2
Vraag 1 (keusevraag)
1.1.1
Hier moes jy die studiegids raadpleeg om aan te toon wat die moontlike funksies of potensiaal van
posie is vir n totaal van 6 punte. Jy moes TWEE beelde of aanhalings noem, byvoorbeeld:
1.1.2
Hier moes jy kortliks opsom wat Louis Esterhuizen in sy essay n Pleidooi vir die posie (in die
leesbundel, p. 172) s oor posie en herinnering, enersyds, en posie en emosie, andersyds vir n
totaal van 6 punte. Jy sou byvoorbeeld die volgende kon noem:
10
Posie roep herinnerings by n mens op, selfs al is die inhoudelike aspekte van n gedig nie
dieselfde herinnerings wat n mens het nie. Dit is omdat posie met vrye assosiasies eerder as
n storie werk.
Dit is die emosie van n gedig wat dit vir die leser waar maak deur vrye assosiasie, met ander
woorde deur die leser sy/haar persoonlike herinnerings te laat oproep.
AFK2601/201/1
1.1.3
Posie is altyd relevant, juis omdat dit met emosie werk. Met elke herlees van n gedig roep dit
ander assosiasies en herinnerings en emosies by die leser op. Dit is dus nooit klaar vertel nie.
Posie is by uitstek die kunsvorm wat met emosies en herinnerings werk. Omdat ons emosies
nie staties is nie, is elke herlees van n gedig dus ook anders as die vorige keer.
n Gedig hoef nie altyd iets te beteken nie. Ons hoef dit nie altyd te verstaan nie, want soms is
dit belangriker dat n gedig gevoel moet word en emosies by ons moet oproep.
Sonder posie verskraal ons emosionele binnewreld. Posie is dus broodnodig vir n
vervulde emosionele lewe.
Hier moes jy die wesenskenmerk(e) van die posie opnoem aan die hand van die uiteensetting in
die studiegids (bladsy 73-74) vir n totaal van 3 punte. Die primre kenmerk van die posie wat dit
onderskei van alledaagse taalgebruik is taalintensiteit, wat die volgende omvat:
1.2
Hier moes jy eers twee tekste in die leesbundel lees: Voice of the people (bladsy 173) en Sister
literature wat in die leesbundel as I fight for women (bladsy 174-175) aangedui is. Op grond van
hierdie twee tekste moes jy twee vrae beantwoord:
1.2.1
Jy moes s of jy dink dit is werklik posie wat hier ter sprake is (vir n totaal van 2 punte). Daar is
nie n regte antwoord nie, solank jy jou antwoord kon motiveer.
1.2.2
Hier moes jy beskryf hoe die aard, doelstellings, beoefenaars en teikengroep van hierdie tipe
posie verskil van die tradisionele posie vir n totaal van 8 punte. Op bladsy 77 van die studiegids
word hierdie aspekte duidelik gestel:
Hip-hop (musiek) sluit aan by die sogenaamde spoken word/slam.
Spoken word/ slams is n populre opkomende posiebeweging wat deel van die hoofstroom
geword het.
Sulke slams word deesdae in horskole, kolleges, koffiekroe, (jazz-)klubs, gehou.
Dis nie vir die ivoortoring bedoel nie, maar vir populre verbruik. Poetry is the voice of the
people.
Beoefenaars sluit in: Eminem, Russell Simons, Jay-Z, LL Cool J, Ice Cube.
Feelah Sista se musiek gaan oor maatskaplike stryd van vroue: vroueregte en seksualiteit.
Vraag 2
Vir hierdie vraag moes jy n opstel van ongeveer twee bladsy skryf vir n totaal van 25 punte waarin jy
moes standpunt inneem oor Joernaal van Jorik as n historiese gedig wat soos n joernaal ingeklee is of n
epos. Jy sou jou opstel as volg kon struktureer:
Inleiding: opsomming van die verhaalgegewe
Jy moes op een of ander wyse bewys lewer dat jy self met die teks in gesprek getree het en die
verhaalgegewe duidelik in jou eie woorde kon interpreteer. As jy bloot die verhaalgegewe uit die studiegids
en ander materiaal (soos Cloete en Grov se tekste) oorgeneem het en daar geen bewys in jou opstel was
dat jy indringend met die teks gewerk het nie, is jy swaar gepenaliseer.
11
Hier moes jy aanvoer waarom Small en ander bruin digters in Kaaps dig. Dit is omdat Kaaps die
taal van die werkersklas is, die mense vir wie Small dig. Small is immers n peoples poet of
volksdigter. Jy sou met hierdie antwoord 3 punte kon behaal.
3.2
In Naskrif tot Kitaar my kruis (in die leesbundel, bladsy 183-185) noem Small dat Kaaps vir hom n
volwaardige taal is en dat dit as sodanig erken moet word. Jy sou dit verder kon motiveer deur een
of twee aanhalings of stellings uit Naskrif vir n totaal van 3 punte.
3.3
Om hierdie vraag te kon beantwoord, moes jy eers K, lat ons sing (in die leesbundel, bladsy 186)
en Waar is Moses (in die leesbundel, bladsy 190-191) lees. Vir verdere toeligting kyk na bl. 108109 in die studiegids. Die vraag het 3 punte getel.
3.4
(a) Jy moes n lysie maak van Suid-Afrikaanse en buitelandse persone/gebeure in Highlights of the
year 1960. Voorbeelde van Suid-Afrikaanse gebeure is die Shapeville-skietery en wetgewing
(hierdie land se wette), terwyl n buitelandse gebeurtenis byvoorbeeld die huwelik van prinses
Margaret is. Daar is talryke voorbeelde in die gedig. (2 punte)
(b) Dit beklemtoon op n ironiese wyse dit wat mense as nuuswaardig beskou en dit wys hoe sleg
Suid-Afrika afsteek by die buiteland. (2 punte)
(c) Ja. In die slotstrofe word die binnelandse en buitelandse omstandighede met mekaar verenig
deur die rymwoorde bus en Rus. Sien verdere toeligting op bl. 109 (par. 3) in die studiegids. (2
punte)
(d) Satiries. Small beweer self in die Naskrif dat baie van die gedigte in Kitaar my kruis satiries van
aard is en dat sommige gedigte ook grens aan die satire (as n genre). Satire is volgens Small
tydloos en het steeds n belangrike rol om in die een en twintigste eeu te speel. (2 punte)
12
AFK2601/201/1
e) Die gedig verwys na die wederkoms van Jesus. Die satire is nie noodwendig sterker nie, maar
die wanpraktyk wat ontmasker word verskil. In Second coming gaan dit om godsdienstige
skynheiligheid. (2 punte)
f) Die gedig is net so krities as die ander en alle godsdiensleiers word betrek. Beide Islam (eerste
strofe) en Protestantisme (tweede strofe) val binne die spreker se satiriese visier. In die slotstrofe is
dit duidelik dat beide godsdiensgroepe in die gemeenskap onder dieselfde onderdrukkende
politieke sisteem gebuk gaan en dat onreg in die naam van Allah en God gepleeg word. (4
punte)
Vraag 4
By hierdie vraag moes jy aktiwiteit 5.2 in die studiegids doen (bladsy 144-145). Jy kon dit per vraag
beantwoord of kies om dit in opstelvorm te bespreek. Ek verskaf slegs enkele voorbeelde van antwoorde.
4.1
Dit dui daarop dat sekere mense perfekte pasmaats is m.a.w. dat hul mekaar soos legkaartstukke
aanvul. Twee afsonderlike stukke lei tot n eenheid. (2 punte)
4.2
Ja. Liefdespyn is baie intiem en n mens ervaar dit aan eie lyf. Die verlies van n geliefde is soos n
ledemaat wat geamputeer is, omdat die pyn steeds bly nadat die geliefde reeds weg is. (2 punte)
4.3
Ja, omdat daar sprake is van spook-ledemate in die tweede beeld. (2 punte)
4.4
4.5
Moedeloosheid. (2 punte)
4.6
Ja. Dit sluit aan by die beeld van voete was wat op dienslewering dui. (2 punte)
4.7
4.8
Ja. Dit dui op die uitdrukking om vlerk te sleep m.a.w. om toenadering tot n geliefde te soek. (2
punte)
4.9
Dit is nie suksesvol nie. Dit is moeisaam (nie maklik nie) en geen plesier nie. Die toenadering lei nie
tot kontak met die geliefde nie. Die liefde (en die skryf daaroor) is n moeilike taak. (3 punte)
4.10
Die speelse suggestie in skommelperd word dadelik gerelativeer deur die sprake van n
moeisame rit teen die stormwind in wat die spreker dunwaai. As die wind bedaar kom daar nie
verligting nie want die spreker dra swaar en donker aan vleuels en vlerk. (4 punte)
EKSAMENTOELIGTING
Alhoewel daar ooreenkomste tussen die werkopdragvrae en eksamenvrae bestaan, is daar ook
beduidende verskille. Jy kan ter voorbereiding weer kyk na die werkopdragvrae, maar volg asb. die
onderstaande riglyne as jy vir die eksamen voorberei.
Struktuur en puntetoekenning
In die eksamen word VIER vrae (elk 25 punte) gestel, waarvan jy enige TWEE moet doen.
13
14
AFK2601/201/1
WERKOPDRAG 04
DEEL 3
KINDER- EN JEUGLITERATUUR
Dosent:
Prof JL Coetser
Kontakbesonderhede
Telefoon: (012) 429 6308
E-pos: coetsjl@unisa.ac.za
Faks: (012) 429 8164 (Vir aandag: Johan Coetser)
INLEIDING
Hierdie afdeling van die studiebrief sluit die volgende inligting in:
'n Raamwerk vir die memorandum van DEEL 3 van Werkopdrag 04 (verpligtend vir
onderwysstudente)
15
As voorbeelde: Moby Dick (Herman Melville) en Alice in Wonderland (Lewis Carroll) het aanvanklik die
jeugleser in gedagte gehad, maar word beslis ook deur volwassenes gelees. Dit gaan hier dus oor die
oorskryding van die grense tussen volwassene- en jeugletterkunde.
Soos in Bloemhof se Slinger-slinger (studiegids, bladsy 176) spreek oorskryding dikwels GEMEENSKAPPE
se opvattings aan oor watter leesstof vir kinders en jeugdiges geskik sou wees. Omdat
gemeenskapsopvattings gedurig verander, verskuif di grens voortdurend.
Ten opsigte van die verband tussen grensoorskryding en tekste gelees deur kinders of jeugdiges, lees
laasgenoemdes heel dikwels tekste wat buite verwagting/patroon val. Faktore wat hier rol speel, is
onder andere leesouderdom (wat van kronologiese ouderdom verskil), sosiale en ekonomiese
oorwegings, en kulturele geletterdheid.
(15)
OF
Vraag 1.2
Min studente pak hierdie vraag aan en antwoorde word op n indiwiduele basis nagesien. Die eenvoudigste
manier om die begrip probleemboek te omskryf, is om te s dat dit die verhaal van n tiener is wat die een
of ander probleem ondervind en gewoonlik te bowe kom. Hierdie probleemaard is tewens n manier om
tussen kinder- en jeugletterkunde te onderskei, omdat fantasie heel dikwels in kinderletterkunde oorheers.
Voorbeelde van probleme is onder andere HIV, verhoudings met ouers, homoseksualiteit, seksuele
teistering, die skoolboelie, volwassewording, vriendskappe, voorkoms, ensovoorts. Dink maar aan jou
voorgeskrewe boeke. Soms l, soos ek hierbo verduidelik het, grensoorskreiding aan die basis van die
probleem, soos wanneer die hoofkarakter gemeenskaps-, ouerlike of ander grense toets.
Neem verder hiervan kennis:
Lees oor probleemboeke op bladsy 174-179 van die studiegids.
Kyk na die uitsprake van Ttemeyer op bladsy 174 van die studiegids en dink na oor of jy met hom
saamstem en motiveer jou mening.
Volgens Fairer-Wessels en Van der Walt in die leesbundel het die groot aantal probleemboeke in
Afrikaans gedurende die 1990s, die beeld van Afrikaanse jeugliteratuur skade berokken. Die jeug
het ook nie veel van `n keuse gehad nie, omdat veral probleemboeke op skoolvlak voorgeskryf is.
Dink na oor of jy met Fairer-Wessels & Van der Walt saamstem en motiveer jou mening.
Let wel: jy moet in staat wees om jou antwoorde met genoegsame teksvoorbeelde te kan staaf.
(15)
[15]
16
AFK2601/201/1
Ek stel voor dat jy vir jou aan die hand van hierdie toeligting n vraag formuleer, en dan jou antwoord
op jou eie vraag vir die eksamen voorberei. Nader jou e-tutor as jy daarmee vasbrand.
VRAAG 2 (Jeugteater en kabaret)
Vraag 2.1 (Ernest A. Loth - Eendag is daar ( Sprokie vir grootmense) (1991)
Hierdie vraag steun op Steenberg se verduideliking van kleursimboliek in sprokies in haar Fantasie en die
kinderboek (in die leesbundel weergegee). Jy moes in jou antwoord gevolglik van die raamwerk
gebruikmaak wat die bespreking bied. Hier volg n opsomming van die belangrikste inligting:
1. Die kleur ROOI dui tradisioneel op gevaar, d.w.s. bedreiging. In die teks verwys dit na die Rooi
gevaar (Kommunisme, Atesme) wat vir die vorige Apartheidsregering n primre gevaar ingehou
het. Koppel jou bespreking aan die optrede (wat doen sy?) en woorde (wat s sy?) van Rooikappie.
n Interessante, maar in Suid-Afrika minder bekende, interpretasie is die koppeling van hierdie
sprokie en die sprokie van Sneeuwitjie aan die volwassewording van n jong meisie (nie vereis nie).
(5)
2. Die kleur WIT het binne die literatuur die betekenis van dit wat goed, rein en skoon is. In ons teks
kom dit neer op eksklusiwiteit (en alles wat daarmee saamhang) wat in die teks deur die wit
bevolking verteenwoordig word. Koppel jou bespreking aan die optrede (wat doen sy?) en woorde
(wat s sy?) van Sneeuwitjie.
(5)
OF
Vraag 2.2 (Kobus Strydom Hoes dit, my ou?) (1988)
Alle bladsyverwysings is na bladsynommers in die leesbundel, wat boaan bladsye verskyn. Die tabel bevat
slegs voorbeelde. Ander voorbeelde uit die teks mag ook reg wees.
Bybelteks
Sprokie
Volksliedjie
17
Verwerking van n
popliedjie
Afrikaanse gedig
18
AFK2601/201/1
VRAAG 3 (Kinderverse en die biblioterapeutiese proses met betrekking tot kinder- en jeugverhale)
Vraag 3.1.1 (DJ Opperman Nuwe kleuterverseboek/Kleuterverseboek)
KOLOM A
KOLOM B
3.1.1.1 Metafoor
Definisie:
3.1.1.1 Metafoor
3.1.1.2 Alliterasie
Definisie:
3.1.1.2 Vergelyking
3.1.1.3 Personifikasie
Definisie:
3.1.1.3 Metafoor/alliterasie
3.1.1.4 Klanknabootsing
Definisie:
3.1.1.4 Personifikasie
(e) Pas op, netnou stamp jy jou kop
teen 'n ster!
Dui aan watter stylfiguur, voorbeeld van
rym of beeldspraak by hierdie voorbeeld
pas:
3.1.1.5 Hiperbool
19
3.1.1.6 Vergelyking
Definisie:
3.1.1.6 Klanknabootsing
(5+5=10)
Vraag 3.1.2
(a) Enkele kenmerke van stereotipering (van die student word verwag om dit self op te som en te verwerk
tot drie omvattende kenmerke in sy/haar eie woorde geformuleer):
dit is n eenvoudige siening van die wreld wat gedeel word deur n sosiale groep
20
AFK2601/201/1
werkopdrag nie.
Die vyf vorme vir 3.1 is: hiperbool/oordrywing, alliterasie, metafoor, personifikasie en paarrym. Elke
antwoord tel 5 punte, vir n totaal van 15.
Ek stel voor dat jy in jou voorbereiding vir 3.1 seker maak dat jy weet wat die kenmerke van elke
vorm is en dan oefen om elke vorm in vreemde gedigte in jou voorgeskrewe bundel verse uit te
wys en redes vir jou uitwysing te vind. Nader jou e-tutor as jy daarmee vasbrand.
Jy moet in 3.2 in staat te wees om uit enige een van vier gedigte drie voorbeelde van stereotipering
aan te haal. Jou aanhalings van stereotiperings hoef, met ander woorde, nie net uit een gedig te
kom nie. Die gedigte is in die bylaag aan die einde van die vraestel opgeneem, maar hulle was nie
deel van die werkopdrag nie.
Verder moet jy in 3.2 in staat wees om aan te dui van watter vorme van stereotipering jou
aanhalings voorbeelde is, byvoorbeeld rassestereotipering, ensovoorts. Jy moet ook redes
(verklarings) vir jou antwoorde gee. Verwys in jou verklarings na die kenmerke van stereotipering.
Elke aanhaling en verklaring in 3.2 tel 5 punte, vir n totaal van 15.
Ek stel voor dat jy in jou voorbereiding vir 3.2 seker maak dat jy weet wat die belangrikste kenmerke
van stereotipering is en dat jy weer kennis neem van die vorme van stereotipering waarmee jy
hierdie semester kennis gemaak het. Nader jou e-tutor as jy daarmee vasbrand.
Gaan vir toeligting oor eksamenvraag 4 na die einde van die bespreking onder opskrif 3.3.
OF
21
Karakters waarmee die lesers kan identifiseer. Die hoofkarakter moet groei tot positiewe insig of n
boosheid of swakheid oorwin. So groei die leser saam tot insig in homself of die omringende wreld of
ander se probleemsituasies. Die verwerwing van insig bring mee dat n jeugboek op n positiewe slot
eindig.
Let wel: Die student moet verder op bogenoemde idees uitbrei en ook sy/haar eie voorbeelde uit
Droomwa insluit.
(15)
[25]
OF
Die terapeutiese proses bestaan gewoonlik uit die volgende drie fases:
Identifikasie
Lei die leerling om met die boekkarakter en verloop
van die handeling te identifiseer. Identifiseer
beteken dat die persoon ooreenkomste tussen
sy/haar situasie en die fiktiewe wreld van die boek
herken. Die boekkarakter moet verkieslik van
dieselfde ouderdom wees.
Assosiasie
Die leerling assosieer in sy/haar gedagtes met die
boekkarakter en met die handelingsverloop in die
boek, met ander woorde projekteer sy/haar situasie
op die wreld wat in die boek geskep word en op n
karakter wat in daardie wreld optree. Dit sal
gewoonlik n hoofkarakter wees.
Insig
Die leerling kom na aanleiding van die
handelingsverloop en slot van die boek tot die insig
dat sy/haar probleem ook opgelos kan word, en die
insig lei tot heling (katarsis).
22
AFK2601/201/1
te stel, te teken of selfs deur van rolspel (drama)
gebruik te maak. Hou in gedagte dat Dis ek, Anna
nog sterker outobiografies van aard is as Hough se
Droomwa of selfs sy Vlerkdans. Dit beteken
inderdaad dat Anna die skryfster in die teks
verteenwoordig.
23