Professional Documents
Culture Documents
Hierdie bundel is ‘n versameling van For the sake of English readers, the
artikels oor Christen-demokrasie en articles in English have been coloured
verwante sake wat oor tyd saamgestel blue.
is. This document is a collection of articles
‘n Geruime deel van die verloop is on Christian Democracy and related
gewerk aan ‘n konferensie oor eenheid topics written over time.
tussen Suid-Afrika se Christen- A considerable period within this time
demokratiese partye, wat op die frame was spent on arranging a
nippertjie afgestel is. Die versugting na conference to try and assure the
eenheid blyk egter uit verskeie van die unification of South Africa’s variety of
artikels. Christian Democratic parties, but was
Sommiges dateer uit my dae in die cancelled at the last moment. The
ACDP waarmee ek bande verbreek feeling of a need to unity is felt in many
het. of the articles.
In die verslagtydperk het Calvyn se Some articles are even from my days
500ste geboorteherdenking en die in the ACDP, a party with which I had a
aksie van Skepties SA gerig teen fall out.
godsdiensonderrig ook aan die beurt The period also saw the 500th Calvin
gekom, en ‘n neerslag in van die anniversary, but in this period Sceptic
artikels gevind. SA also made its move on religious
‘n Ander onderwerp is die optrede, vir practises in schools.
my baie ontstellend, van die jong aarde Another topic also frequently featuring
kreasioniste, en dit kom verskeie kere is the activities of the young earth
aan die bod. creationists.
Ter wille van duidelikheid – ek het geen For the sake of clarity – I have no
probleem met mense wat die Skepping problem with people believing, on the
as ‘n kort wonderwerk-skepping deur grounds of faith, that God through
God aanvaar nie. My probleem kom by miracles created the earth in six days.
die groep wat in plaas van glo, dit deur My problem is with those who utilise
kwasi-wetenskap en bewese bedrog quasi science and fraud to and “prove”
probeer “bewys” en aggressief hierdie this and also aggressively attempt to
gedagtes op gewone gelowiges wil force these ideas on others.
afdwing. The year 2009 has also been declared
2009 is ook in kringe as die jaar van as year of political hygiene. Readers
geestelike higiëne verklaar. U kan are urged to form opinions as to how
gerus ‘n eie mening vorm of dit hier te successful this had been, considering
lande gestalte gekry het. the information and deductions in the
Ter wille van lesers wat slegs Engels articles.
magtig is, word die artikels in Engels in
blou gemerk vir die maklike vind
daarvan.
Inhoudsopgawe / Contents
Op hierdie blog is al heelwat geskryf Much had already been written on this
oor ‘n skynbare internasionale strewe blog on the apparent international felt
na moraliteit wat as behoefte stel dat need for broader morality, such as in
dit na die mens se hele the fields of politics and journalism.
lewensomgewing, ook die politiek en “The year of spiritual hygiene” this is
joernalistiek, moet deurdring. called by the Dutch professor, Gabriel
Die jaar van geestelike Higiëne noem van den Brink.
‘n Nederlandse hoogleraar, Gabriël van He points out that man’s trust in the
den Brink dit. media and politics is already not on a
Hy wys daarop dat die mense se high level, but man has now also been
vertroue in die media en die politiek shocked in the economy as well.
reeds nie baie hoog was nie, maar nou Everybody now needs to give some
is dit boonop in die ekonomie geskok thought on work ethics.
ook. The comprehensive article, as it
Almal moet nou besin oor die etiek van appeared in Trouw, is placed
hul werk. hereunder.
Volledige artikel hieronder, soos http://fotostaatsentrum.posterous.co
geneem uit Trouw. m/
http://fotostaatsentrum.posterous.co
m/
Jaar van ’geestelijke hygiëne’
Filosoof verwacht in 2009 door kredietcrisis herwaardering van ’het kleine,
alledaagse 2009 wordt het jaar van het kleine geluk, verwacht filosoof en
hoogleraar Gabriël van den Brink. En misschien van een Nederlandse Obama.
De kredietcrisis laat ons berooid achter: 2009 wordt het jaar van de opgelapte
schoen en de tweedehands auto. Maar ook van de ’geestelijke hygiëne’, denkt
filosoof Gabriël van den Brink: „Dit jaar biedt een morele kans.”
In 2008 hebben we geleerd dat the sky niet the limit is en dat ’gebakken lucht’
echt niets voorstelt, aldus de hoogleraar maatschappelijke bestuurskunde aan de
Universiteit van Tilburg. „Ons vertrouwen in de politiek en de media was al niet
groot, nu werd ook ons vertrouwen in de financiële wereld geschokt.”
Toch wordt 2009 geen cynisch jaar, zegt Van den Brink, die veel onderzoek deed
naar leefbaarheid en sociale samenhang.
Bankmedewerkers, politici en journalisten gaan zich bezinnen op de ethiek van
hun werk. Daarbij zullen zij de ’waarden van gewone mensen’ moeten
herontdekken: de waarheid spreken, betrouwbaar zijn, beloftes nakomen.
„We zijn geen volk van egoïsten”, meent Van den Brink. „En banken zijn geen
amorele machines.” Hij hoopt én verwacht dat bankdirecties ’dagen van
bezinning’ instellen, waarop medewerkers hun morele dilemma’s kunnen
bespreken. „Bijvoorbeeld: is het wel verantwoord om deze meneer zo’n hoge
hypotheek te verstrekken?”
Door het economische noodweer gaan we vermoedelijk ook ’het kleine,
alledaagse geluk’ herwaarderen, zegt Van den Brink: „De kinderen zijn gezond,
ik heb een redelijke relatie en nog steeds een baan.”
De kredietcrisis heeft volgens hem nog een ander positief effect: „Als mensen het
moeilijker krijgen, worden ze minder bang. Echte tegenslag kan helderheid en
houvast bieden. En wellicht neemt óók de gemeenschapszin toe.”
Maar daarvoor is wel leiderschap vereist: „We kunnen dit jaar geestelijk en
moreel gezonder worden. De vraag is alleen wie de richting aangeeft. Wie
belichaamt die hoop?” Het wachten is dan ook op een ’Nederlandse Obama’,
aldus Van den Brink: „Het kan best dat die nieuwe stem in 2009 gaat klinken.”
Komt die Obama niet, dan loert er een gevaar: „Er kan een giftig mengsel van
haat en behoudzucht ontstaan, waarbij de xenofobe stem versterkt wordt. Dat is
na de Grote Crisis in 1929 gebeurd.”
Hard werken, streng zijn voor onszelf en elkaar het goede voorbeeld geven; dat
is volgens de hoogleraar dé opdracht van 2009: „De tijd van spelen is voorbij.”
Daarbij zullen velen steun zoeken bij een geloof, een oosterse, oude of nieuwe
religie: „Want we hebben nu eenmaal behoefte aan een vertrouwen dat op bijna
niets
Evolusie: Opmerkings
Onlangs berig Neels Jackson oor die 150ste bestaansjaar van die
Gereformeerde Kerke van SA. In die berig meld hy dat die GKSA nie in evolusie
glo nie.
Hoewel die sinode anders besluit het, was Jackson waarskynlik ook nie verkeerd
nie. Tien teen een het sy Dopperbron hom ook so meegedeel. So ver ek gesien
het is hy ook nie reggehelp nie.
Trouens, binne die GKSA sou ‘n mens na aanleiding van die verbaliteit van veral
die jong aarde kreasioniste die indruk kry dat enige standpunt naastenby
ooreenstemmend met dié van die NG Kerk se amptelike standpunt nie net
verkeerd is nie, maar uit die bose.
Al het die sinode ook wat gesê...
Te midde van die woeste debat in Die Kerkblad, hou die jongklomp ‘n kamp naby
Potchefstroom, en die spreker is dr. Henk Stoker, en die tema evolusie.
Dus word ‘n persoon gekry wat ‘n standpunt uit lyn koester met die kerk se
amptelike standpunt.
Die slegsê wat ek moes beleef – ook in Die Kerkblad – selfs oor standpunte wat
ek NIE ingeneem het nie, het eerstens gemaak dat ek my inskrywing op Die
Kerkblad laat vaar het en aangedui het dit word eers weer hervat na die “debat”
verby is.
Dit was stellig ook een van die belangrikste faktore waarom ek en my gesin
Hervormde Kerk toe is. Oor hierdie aspek, eintlik blind, want ek het nie geweet of
omgegee wat die NHK se standpunt hieroor is nie. Wat belangrik was, was die
versekering dat die NHK nie onderlinge slegsêery duld nie.
En wonderlik geseënd was die bonus. Sommer die eerste Sondag as gesin (ek
het al tevore vir dienste na die NHK “weggeloop”) is die tema in Die Hervormer
wat by die kerk uitgedeel is: Evolusie.
Dit moes seker, want dit is immers Darwin se 200ste herdenking.
Maar watter wondersoete musiek was dit nie..’n kerk wat openlik en onverskoond
‘n standpunt stel wat 100 persent met jou eie ooreenkom.
Natuurlik, soos ook in die NG Kerk, gaan daar mense – ook predikante wees –
wat sterk anders voel. Juis in die uitgawe van die Hervormer is ‘n brief van ‘n
ouderling wat sy naam wat die wetenskap betref bietjie met ‘n plank slaan – ook
‘n ongelukkige slagoffer van die jong aarde kreasioniste.
Mag dit sag gaan met die oom.
Nuuskommentaar: Lentedag maar steeds winter vir onderwys met lesse vir
Jonathan Jansen
‘n Enkele blommetjie aan ‘n wilde vygie in die tuin en bloeisels aan die
vrugtebome gee kleur aan lentedag wat tradisioneel vandag in die suidelike
halfrond gevier word. Plek-plek begin groenigheid deurslaan aan takke en lote
wat uit die winterslaap begin ontwaak.
Vanoggend berig Volksblad dat honderde plaaskinders, wat vandag af
onmenslike afstande skool toe en terug sou moes stap, of hul skoolloopbane en
drome op hul mae moes skryf, grasie gekry het. Die Vrystaatse
Onderwysdepartement het sy onbekookte besluit herroep en alle rolspelers gaan
nou betrek word om rede te laat seëvier.
Die uitvoerende hoof van Fedsas, mnr. Paul Colditz, vra tereg die vraag hoekom
rede eers moet seëvier met die swaard oor die kop dat die betrokkenes voor die
hof gesleep gaan word.
Die Vrystaatse onderwysdepartement het geen gelukkige geskiedenis oor sy
ontmoetings met die reg nie. Meer as ‘n dekade gelede het ‘n regter die destydse
LUR vir onderwys, Papi Kganare, gewaarsku dat die hof dit sal oorweeg om die
LUR in sy persoon aanspreeklik te hou vir regskosytes wat uit sy onbekookte
optredes spruit.
Kort hierna het Kganare onder die beskerming van die Wetgewer ‘n striemende
aanval op die regters gedoen, en hulle onder meer daarvan beskuldig dat hul
beslissings deur hul lidmaatskap van die, soos hy dit gestel het, Broederbond,
beïnvloed word.
Sedertdien het opeenvolgende LUR’e nie veel beter gevaar nie. Me Ouma Tsopo
se onbekooktheid om skoolhoofde en leerkragte te herontplooi en her op te lei
het ook na dreigende hofsake in die stof gebyt. Onder die gefnuikte pogings was
om die goed-opgeleide skoolhoof van ‘n skool vir gestremde leerders na ‘n
gewone skool te verplaas, en te vervang met ‘n vriendin wat geen opleiding vir
spesiale onderrig het nie. Die opgeleide skoolhoof, ‘n gesinsvrou, se nuwe
standplaas sou te ver van haar huis wees om haar onderwysloopbaan voort te
sit.
Tussenin het verskeie tendersake oor hul weg deur die howe geloop en nie eens
nuusdekking geniet nie.
Trouens, die Vrystaatse Onderwysdepartement se besoeke aan die howe sou
genoeg materiaal vir ‘n verhandeling bied, of liewer, ‘n lywige riller.
In ander provinsies en op nasionale vlak lyk sake nie noodwendig veel beter nie,
soos pas weer herinner is in die Hlope-sage, wat met die bekende Mikro-skool se
saak in die Wes-Kaap verband hou. Die Mikro-saak het op ‘n bloedneus vir die
destydse Wes-Kaapse ANC-minister vir Onderwys in die appèlhof uitgeloop. ‘n
Skool se reg op ‘n taalmedium was die vonk. Sedertdien het die Ermelo-saak oor
‘n nou-verwante aangeleentheid gevolg.
Skole se taak is om kwaliteit-onderrig aan die land se jeug en dus toekoms te
bied. Skole moet die leerlinge opvoed om burgers van uitnemendheid te word.
Onderwysdepartemenete wat soos paloekas van hof na hof strompel en
bloedneuse opdoen, stel allermins die rolmodelvoorbeeld vir die jeug. Dit is
boonop verwarrend as die land se grondwet so aangeprys word as een van die
bestes en selfs die beste in die wêreld, maar ‘n onderwysdepartement probeer
verbete om dit te ondermyn, soos om kinders hul reg op moedertaalonderrig te
ondermyn. Afgesien daarvan dat die einste grondwet ‘n totaal van tien tale wat
afgeskeep word amptelike status gee, spreek die wetenskaplike gegewens ook
hard en duidelik dat moedertaalonderrig die beste resultate bied. Of word ook
geredeneer dat die wetenskaplikes wat hierdie bevindings maak die produkte
van dom universiteite is.
Teen hierdie agtergrond kan prof. Jonathan Jansen, nuwe Kovsie-rektor, ook ‘n
bietjie besin oor hoe ideologie opweeg teen grondwetlike regte. Om die reg op
moedertaalonderrig te beperk of in te kort ter wille van integrasie mag die beste
bedoelings in die wêreld hê, maar as dit grondwetlike regte skend stel dit nie die
regte voorbeeld van ‘n opvoedkundige instelling nie. Antwoorde in ‘n komplekse
situasie is selde so maklik en voor die hand liggend.
Die lente kan egter aanbreek as al die rolspelers koppe bymekaar sit en hulself
van vooroordele stroop. Dis ‘n gewigtige taak, en word nog meer kompleks as
daar voortydige uitsprake van bevooroordeeld is. Die herrie oor die sogenaamde
Reitz-plakkaat wys duidelik hoe gevaarlik optredes kan wees wat op vooroordele,
eerder as feite, gebaseer is. Dis die terugkeer na ‘n winter, of dalk ‘n
aardverwarmde skroeiende droë somer waar die lente ongesiens verdamp het.
"Dit is 'n skande. In Spanje word diere beter deur wetgewing beskerm as
mense." Aan die woord was een van honderde duisende betogers in Madrid, die
Spaanse hoofstad, oor owerheidsplanne om aborsiewetgewing te verslap om dit
vir sestienjariges moontlik te maak om sonder hul ouers se instemming aborsies
te ondergaan. Anti-aborsieorganisasies het ongeveer 600 busse en verskeie
vliegtuie ingespan om mense na Madrid te neem vir die optog.
Ingevolge die nuwe wetgewing sal vroue, soos elders in verskeie Europese
lande, tot die 14de week van swangerskap aborsies mag ondergaan, en as die
swangerskap vir die ma 'n gesondheidsrisiko inhou, tot die 22ste week. Foto:
EPA
Statutêre staatsgreep
Die begrip, “Coup by stealth” is nie ‘n presiese vertaling vir ‘n statutêre
staatsgreep nie. Die eerste handel oor ‘n geleidelike, bykans onopmerklike
inkatrol van demokratiese vryhede, en die tweede handel oor ‘n meer drastiese,
maar steeds bloedlose gryp van mag. Die wyse waarop die bewind van PW
Botha na FW de Klerk oorgegaan het is moontlik ‘n goeie voorbeeld van ‘n
statutêre staatsgreep. Dis nie noodwendig onwettig of ongrondwetlik nie.
Talle elemente van ‘n “Coup by Stealth” was al lank in Suid-Afrika aanwesig. Die
openlike kader-ontpooiingsbeleid het byvoorbeeld die streng onderskeid tussen
Wetgewende en uitvoerende funksies van die staat gerysmier, maar ook die
onderskeid tussen die ampte wat politici beklee, en die poste wat die tegnokrate
opneem.
Die gevolg is ‘n verwatering van die belangrike onderskeid tussen staat en
politieke party. Dit op sy beurt bemoeilik die konsep van: Regeer in almal se
belang,” dws die teenpool vir die term: “Diktatuur van die meerderheid.”
Selfs die grondwet, wat as waarborg teen regereingserodering van demokrasie
moet dien, is onder druk. Pansat het ‘n aantal jare gelede bevind die staat self is
die grootste oortreder van die taalbepalings van die grondwet.
Ook ander gevalle laat die gevaarligte flikker. In die Modderklip-saak het die
staat alles in sy vermoë gedoen om sy grondwetlike verantwoordelikhede te
ontduik.
Die staat word hierin gesterk deur die grondwethofuitspraak van Walker v City
Council of Pretoria. Hierdie saak het oor die kwessie van onbillike diskriminasie
gehandel deurdat sommige inwoners gemeterde tariewe, en ander vaste tariewe
moes betaal. Inwoners wat met gemeterde tariewe aangeslaan is, het ook begin
om die vaste tarief te betaal. Hoewel die hof bevind het die munisipaliteit se
optrede was ongrondwetlik (met ‘n minderheidsuitspraak hierteen deur Abie
Sachs) het die hof ook bevind die ongrondwetlike optrede deur die staat is nie
gronde vir die reg in eie hande neem nie. Die staat moet deur regsaksie gestuit
word.
Juis hierin is die situasie erg ongelyk al waarborg die grondwet gelykheid voor
die reg. Die eienaars van Modderklip sou finansieel uitgeroei gewees het lank
voor die finale uitspraak, soos die staat van hof tot hof geappelleer het. Die saak
van Qwaqwa Printers is ‘n goeie voorbeeld van waar dit wel gebeur het en
geregtigheid weens die ongelykheid nie kon geskied nie). Gelukkig het Agri SA in
die Modderklipsaak as vriend tot die hof toegetree.
Die vraag is egter nou: Het ons steeds met ‘n “coup by stealth” te make, of dra dit
al kenmerke van iets meer onrusbarend? Die aanvalle op die regbank veral in die
konteks van die Zuma-saak is werklik onrusbarend. Uitsprake oor geweld in
hierdie konteks gee nie veel gemoedsrus nie. Die onderfinansiering van
grondwetlike meganismes soos die Menseregtekommissie en Pansat, asook die
versuim om hierdie instansies afdoende tande deur wetgewing te verleen, is ook
nie gerusstellend nie.
Die wyse waarop die ANC optree soos met die deurvoer van Polokwane-besluite
waar die parlement eerder ‘n struikelblok as hulpmiddel en demokratiese sif is,
toon talle kenmerke van ‘n de facto eenpartybedeling.
Minstens is grondwetkenners en politieke analiste se oë nou wawyd oop nadat
baie van hulle stadig uit die blokke was met die ontwikkeling van gesonde
skeptisisme.
Etiek in die politiek – vreemde bedmaats?
Met al hoe meer stemme wat in Suid-Afrika opgaan dat die land se
misdaadsituasie alleen aangespreek kan word deur ‘n morele herlewing, en dat
die regering hierin ‘n leidende rol moet speel, is dit moontlik interessant om te
sien hoe dit in die VSA gesteld is. Gail Russel Chaddock van die Christian
Science Monitor het die saak ondersoek.
Aan die bod is ‘n onderneming van Demokratiese kongreslede in die 2006-
verkiesingsveldtog om die Kongres meer eties te maak.
In ‘n land waar kongreslede nie deur koukusbesluite gebind word oor hoe hulle
stem nie, is lobbies of “think tank’s” se rol om stemme te swaai baie belangrik.
Dat die praktyk dikwels effe mank gaan aan etiek is dus te wagte, en die
sogenaamde Jack Abramhoff-lobbiesksandaal toe hy ‘n aantal invloedryke
kongreslede op ‘n geborgde gholftoer na Skotland geneem het, word steeds
ondersoek.
Verskeie kongreslede word ook vir ongerymdhede ondersoek – beide van die
Demokratiese en die Republikeinse Partye.
Die denkgroepe meen dat die strenger etiek steeds gevoel word, maar dat baie
kongreslede reeds skuiwergate ontdek het en begin benut het. Nuwe maatreëls
word dus benodig, maar bestaan die politieke wil daartoe?
En dis hier waar die slaggate wyd lê. Die fokus, ook onder die kieserpubliek, val
veel eerder op kwessies wat hulle regstreeks raak.
Kongreshervormings is skaars, en as dit voorkom, vervaag die aksent gou.
Mense is gewoon meer begaan oor die ekonomie en nasionale sekuriteit. Op die
oomblik is die gewone Amerikaner veel meer oor sy huisverband bekommerd as
oor hoeveel gunste kongreslede by lobbieiste ontvang.
In Suid-Afrika sal dus geargumenteer word dat die gewone burger meer begaan
sal wees oor hoe hy ‘n volgende maaltyd vir sy gesin op die tafel sal kan plaas,
en om nie te vermoor te word nie, as oor of regerings- en ander leiers hulself
onregmatig verryk. Of gaan dit wel punte by ‘n volgende verkiesing tel.
Intussen word die stemme wat vra vir ‘n morele herlewing al hoe harder word. Dit
kan dalk stukrag kry uit ‘n deel van die presidensiële verslag wat nie net lui dat
korrupsie in Suid-Afrika aan die toeneem is nie, maar dat die senusgegewens dat
sowat 80 persent van alle Suid-Afrikaners hulself as Christene tipeer, getemper
word daardeur dat minder as die helfte van die Suid-Afrikaners by kerke of
kerorganisasies inskakel.
http://fotostaatsentrum.posterous.com/
Lawmaker ethics. An oxymoron?
Democrats promised to make Congress more ethical. Did they succeed? A
little ... maybe.
By Gail Russell Chaddock | Staff writer of The Christian Science Monitor
Gilding the lily is nothing new to politics. From the 1840s when William Henry
Harrison claimed to have been born in a log cabin (it was actually a Virginia
plantation) to Ronald Reagan’s reminiscing about flying over Germany in World
War II (he did, but only in a movie), politicians have taken perfectly good stories
and embellished them.
This campaign is no exception. During the primaries, Hillary Rodham Clinton had
to back away from claims she “ducked sniper fire” in Bosnia in 1996. Mitt
Romney found himself having to explain how he “saw my father march with
Martin Luther King,” when it turned out his father never marched with the Rev.
Mr. King.
The latest embellishments come from the McCain camp. Cindy McCain has
repeatedly referred to herself as an “only child.” This week came news that she
actually has two half sisters, although apparently she had very little contact with
them.
The McCain campaign had also put out the story that Mother Teresa “convinced”
Cindy to bring home two orphans from Bangladesh in 1991.
Mrs. McCain, it turns out, never met Mother Teresa on that trip. (Once contacted
by the Monitor, the campaign revised the story on its website.)
Such exaggerations may simply be the product of a faulty memory or a desire to
be “better” than one is in a political culture that requires larger-than-life idols. But
with the advent of the fact-checking obsessed blogosphere – and a media racing
to keep up – such self-aggrandizement doesn’t last as long as it once did.
“It’s all about myth-making,” says Darrell West, the director of governance
studies at the Brookings Institution in Washington. “Politicians love to turn their
stories into great epics, and sometimes they have to embellish to smooth out the
story line.”
“But now there are too many professional and amateur fact-checkers,” he says.
“And there are hundreds if not thousands of bloggers who have detailed
knowledge on specialized information, so you really can’t get away with
stretching the truth anymore.”
The story about Mother Teresa “convincing” Mrs. McCain to bring home two
children from an orphanage in Bangladesh has been retold many times. Initially,
the “About Cindy McCain” page on the McCain campaign website read: “Mother
Teresa convinced Cindy to take two babies in need of medical attention to the
United States. One of those babies is now their adopted daughter, 16-year-old
Bridget McCain.”
The media picked up the theme. A story earlier this year on ABC’s “Good
Morning America” stated, “With Mother Teresa’s encouragement she brought her
fourth child, Bridget, home.” An April 2008 Wall Street Journal profile states that
Mother Teresa “implored” Cindy to bring the girls to the United States. Other
articles say Cindy did it “at the behest” of Mother Teresa.
But a source who was with McCain on that 1991 trip, and who asked that his
name not be used because of prior legal dealings with the McCain family, says
that Mother Teresa was not at the orphanage when Cindy decided to bring the
two girls home.
A 1991 article in the Arizona Star at the time of the adoption only mentions that
the children were from an orphanage that was started by Mother Teresa. It does
not mention a meeting with Mother Teresa or her asking McCain to bring the girls
to the US.
According to biographies of Mother Teresa, in 1991 she was in Mexico where
she developed medical problems. From there, she went to a hospital in La Jolla,
Calif.
A McCain source acknowledged that Cindy McCain did not meet Mother Teresa
during the 1991 trip to Bangladesh but said McCain did meet her later on,
although the source could not say when or where. The campaign has since
reworded the reference to the adoption on its website.
In another instance, McCain told the Chicago Tribune earlier this year that on
one of her medical missions to Vietnam she was in “the very hospital – and in the
very room – where her husband was brought after being shot down and then
beaten by a mob during the war.”
A 1992 Washington Times story recounts a different version: “Mrs. McCain asked
to see the operating room and her husband’s cell, but was turned down. She took
the rejection philosophically. ‘It’s 27 years later. Let’s go on,’ Mrs. McCain said.”
The McCain campaign again declined to comment on the discrepancy.
On background, a source close to Mrs. McCain confirmed that she was denied
entry. But, the source added: “At some point thereafter, she toured the hospital
and did coincidentally end up in the senator’s room.”
“Everybody tells white lies, but in the political world it’s a little different because it
raises the question that if people lie about little things, are they also going to lie
about big stuff that really matters?” says Mr. West.
Misremembering and stretching the truth is without doubt a bipartisan
phenomenon. Twenty years ago, Sen. Joe Biden (D) of Delaware’s presidential
campaign faltered when it was learned that he had lifted passages from a speech
by then-British Labor Party leader Neil Kinnock and that he’d also said he’d done
better in law school than he actually had.
Earlier this year, Barack Obama’s campaign admitted that he overstated his
father’s connection to the Kennedy family.
In speeches, Obama had said the Kennedy family provided funding for the 1959
airlift that brought his father from Kenya to the United States for an education.
But according to research done by The Washington Post, the Kennedy clan
didn’t contribute to the airlift efforts until 1960, a year after his father was already
studying in Hawaii. When The Washington Post brought the discrepancy to the
attention of the Obama campaign it readily acknowledged there was a mistake.
“You always have to look for a pattern,” says political analyst Larry Sabato, at the
University of Virginia. “If it happens once, you can say it’s a memory problem, but
if there’s a pattern there, there’s a problem.”
[Editor’s note: the original version did not specify when Mrs. McCain had not met
Mother Teresa]
Moraliteitspolitiek
Die gesegde lui dat ‘n week ‘n lang tyd in die politiek is.
Die afgelope tyd was ‘n uur ‘n bitter lang tyd, beide vir die politieke loopbane van
mense maar ook die tye wat joernaliste moes wag vir nuuskonferensies wat
inderhaas gereël, maar laat begin het.
Vir ‘n nuusskrywer was dit moeilik om die oggend te skryf die Vrystaatse premier
is onder druk om haar pos te ontruim, want teen die tyd dat die berig gepubliseer
of uitgesaai word, kon sy reeds die oud-premier wees, of het die storie soos mis
voor die son verdamp.
Nabetragting bring ook lig. Dit wil voorkom asof die ywer waarmee die
suiweringsproses in die ANC gedryf was, momentum verloor het namate dit
geblyk het dat die mense wie se name met die stigting van ‘n nuwe party
gekoppel word, groter steun het as wat verwag is.
Die rem-aandraaiery het by die samestelling van die Kabinet begin. Selfs na mnr.
Trevor Manuel na sy heraanstelling weer erge kritiek teen die nuwe
bewindhebbers uitgespreek het, was daar nie ‘n sweempie van ‘n frons daaroor
nie.
Intussen word die lys langer van mense wat moontlik aan die te stigte party
gekoppel word – Smuts Ngonyama, Desmond Tutu, Allan Boesak ...’n
Swygsame Madiba.
Agter die skerms is duidelike pogings om te beredder, en daar word heftig ontken
oor ‘n nuwe party. Die grootste waarde om te beding lê in suggesties van ‘n
nuwe party, eerder as die stigting daarvan self. Hoe lank hierdie subtiele
afpersing volgehou kan word, en of genoegsaam beding sal kan word, is nie
duidelik nie.
Aan die opposisiekant word die vreemde situasie nou geskep dat kritiek op oud-
pres. Thabo Mbeki nou skraps word. Hy dien immers as die vernaamste
bindingsfaktor om ‘n nuwe party met statuur te weeg te bring, ironies skynbaar
sonder hom. Terselfdertyd kry die nuwe regering blaaskans deurdat die
opposisie en media spaarsamig met kritiek is, behalwe in hul verwysings na
Jacob Zuma. Dis duidelik in landsbelang dat Zuma as faktor uitgerangeer word.
Die internasionale kredietkrisis maak dit ook vir opposisiepartye moeilik om ‘n te
groot geraas te maak oor die een verdoemende OG-verslag na die ander wat
nou uitgereik word, aangesien die geringste swak refleksie die aandelepryse
verder laat tuimel en ‘n aansienlike aantal Suid-Afrikaners siende oë armer
maak.
Tradisionele opposisiepolitiek word nou deur verskeie faktore gyselaar gehou.
Terselfdertyd is daar ‘n poging om die statuur van die DA en die DA-leier, Helen
Zille te bou. Vaagweg weet almal dat ‘n klomp aksies kan saamvloei om die ANC
se houvas en invloed op alles aspekte van die samelewing te knou.
In die proses word die groter fokus op waardekeuses wat in meningspeilings aan
die lig gekom het, ter wille van pragmatisme afgeskeep. Op die duur kan hierdie
pragmatisme die land erg knou – die land kan juis nie nou bekostig dat die impak
van waardes afgeskeep word nie.
Hoewel daar binne die Christelike partye ‘n onrusbarende versplintering is, is
daar ook nou ‘n ernstige poging om binne die CDA saam te werk. Nie alle partye
is (nog) hierby ingebind nie. Dis ‘n delikate balanseertoertjie. Dit word soms
beweer dat Europa ‘n “post-Christelike fase” betree het omdat die charismatiese
bewegings en kerke nie werklik vatplek gekry het nie. Die gevolg was onder
meer voorspellings dat daar binnekort meer Moslems as Protestante in
Nederland sou wees. Intussen het die vraag wel begin posvat: Wanneer ‘n
jongeling geloofsbelydenis aflê, is dit nie ‘n sinvoller vraag om hom te vra of hy
die Here ken as hoeveel kategismus hy ken nie?
Op die oomblik is daar ook ‘n geskarrel oor ‘n charismatiese kerk in Nederland
wat glo selfs Vigs genees.
Hierdie is geen pleidooi vir charisma nie, bloot dat die ruimte daar is vir mense
wat daarin tuis voel. In charisma is ‘n skynbare teenstrydigheid – waar sommiges
erg fundamentalisties raak (en bv die jong aarde kreasionisme aanhang) is ander
op die ander punt, waar skynbaar moeiteloos ruimte vir voorvaderaanbiding,
tradisionele slagting en ander animistiese gebruike voorsiening gemaak word.
Die sterk onderskeid tussen kerk en staat (en ander lewensfere) word dikwels
slegs vaag verstaan, tot voordeel van sekulêre partye wat hul liberale waardes
kan huisves “omdat die party nie die kerk is nie.”
Dis uiteraard ‘n drogredenasie – dieselfde lidmaat van ‘n kerk is die lid van ‘n
party, en van hom word ‘n gewetenskisofrenie verwag.
By sommige Christene is daar waarskynlik ‘n aanvoeling dat dit ‘n
onhoudbaarheid is, maar in die konteks van Mao se lang mars (al in genl. Sun
Tsu se werk voorsien) dat ‘n mens nou moet skietgee om later te wen, dit dalk
regverdig. Nou eers die ANC verslaan, dan begin beding vir aanvaarbare
waardes. Nie ‘n koue of warm pragmatisme nie, maar ‘n lou pragmatisme wat
sekere realiteite miskyk – hoe meer die indruk geskep word dat die ANC
aangeval word ter wille van die ANC aanval, hoe meer kleef die gepolariseerde
gemeenskap instinktief waar hulle meen hul “groep” word geminag.
In beginsel is dit altyd doeltreffender om entoesiasties VIR iets as om bloot TEEN
iets te wees. Dit kan net sowel mens se eie waardes wees, en as dit terselfdertyd
die waardes is wat nodig is om die land te red, soveel te beter.
Ondervinding leer egter dat die kanse skraal is dat die verskillende Christen- en
Christen-demokratiese partye lank genoeg voor die verkiesing sinvol sal kan
saamspan. Afgesien van uiteenlopendheid is die kwessie van charismatiese
leierskap ‘n probleem. Dit neig dikwels om ‘n diktatoriale karakter aan te neem,
iets wat internasionaal gebeur. Die Suid-Afrikaanse politieke landskap is gesaai
van Christen-demokratiese partye wie se leiers of senior ampsdraers in die een
of ander stadium by ‘n “moederparty” betrokke was. Deure wat in mense se
gesigte toegeklap is (letterlik), karaktermoord voor kongresse, hardkoppige anti-
demokratiese besluite, nepotisme en ander faktore maak dat
persoonlikheidsbotsings dalk net so ‘n groot rol, of dalk groter rol, speel as
beginselverskille.
Dit is ‘n vreemde manifestasie van partye wat as grondslag die Woord neem
waarvan liefde vir God en liefde vir medemens (en selfs die vyand) sentraal
staan.
Skeefgetrekte charismatiese leierskap is dikwels geanker in ‘n blok “beter
Christene” wat so beoordeel word weens hul uitgesprokenheid. Onder die
dekmantel van fundamentalisme word ander links en regs geoordeel en
veroordeel, lynreg in stryd met die Bybel. Die ironie is dat hierdie euwel nie
uitgewys kan word sonder om mens ook hieraan skuldig te maak nie, en die
ontmaskering van hierdie heethoofde bly dikwels uit.
Terwyl die magsbasis op ‘n duidelike ongebalanseerdheid gebou word
(gemanifesteer is beskrywings van uitverkorenheid, gesalfdheid en selfs
lewenslange leierskap en effektief onbeperkte mag) lê daar in die spoor die lyke
van talentvolle leiers wat sake durf probeer regruk het.
Nog ‘n gewetensvraag is die houdbaarheid van iets wat eintlik as die front van
iets anders optree? Dit was die uwe beskore om die tienjarige geskiedenis van
die ACDP op te teken (dit word nie amptelik aanvaar nie omdat dit in Afrikaans
gedoen is, wat op sy beurt effektief genoodsaak is deurdat die Afrikaanse media
(wie se taal so in die tande geskop word) veel meer oor die wel en weë van die
ACDP berig het as die Engelse media.
Tog is daar sekere gapings in die geskiedenis. Presies wat was die rol van die
African Christian Action by die stigting? Was dit beperk tot die versameling van
basiese beleid soos gesinswaardes, anti-aborsie ens wat universeel tussen veral
Nuwe Wêreldse CDP’s is sodat die ACDP met sy “skielike” stigting ‘n klinklaar
karakter kon hê, maar meer as ‘n dekade later nog sukkel om ‘n omvattende
beleid uit die lidmaatskap van Halleluja-roepers te wurg?
In hoe ‘n mate trek die African Christian Action steeds agter die skerms die
toutjies? Verklaar dit dalk hoekom iemand se leierskap so ten alle koste
onaantasbaar moet wees? Verklaar dit hoekom daar nie ruimte vir ideologiese
nugterheid is nie? Verklaar dit hoekom iemand wat sy Godgegewe talente wil
gebruik homself bykans dadelik op die ashoop laat beland? En verklaar dit
hoekom Afrikaans so afgeskeep word? Dit manifesteer onder meer in die een
parlementêre mediabeampte na die ander wat glad nie Afrikaans verstaan nie
aangestel word. Om hierin te slaag in ‘n provinsie waar meer as vyftig persent
van die inwoners se huistaal Afrikaans is, moet ‘n mens uitsonderlik talentvol
wees.
Dit bring ‘n mens by die eintlike vraag. Sal die African Christian Action toelaat dat
sy politieke vleuel in iets anders opgaan?
Indien nie, plaas die ACDP ‘n duidelik groeibeperking oor sy kop. Die African
Christian Action voer onder meer ‘n veldtog met “kreasionisme-evangeliste.” So
word die NG Kerk outomaties uitgesluit, en die Doppers grootliks. Trouens, is
daar enige ander Evangelie as die Evangelie self?
Die CDA kan oornag die nodige prominensie kry wat nodig is om die effektiewe
“vakature” in die waardespolitiek in te neem MITS dit “gesigte” kan kry om toe te
tree. Dis nie ‘n eenvoudige proses nie. Sou die CDA mnr. FW de Klerk prominent
kon intrek, sou dit die nodige profiel verskaf, MAAR hy het ook genoeg “vyande”
in die vorm van mense wat hom vir die “uitverkoop” verkwalik. So ‘n persepsie
sal bestuur moet word.
Nog iemand wat prominensie sal verleen is Kent Durr.
Maar wat van swart kiesers? Biskop Desmond Tutu het uitsprake gemaak wat op
moontlike beskikbaarheid dui, maar ook hier is hy dalk eerder besig met ‘n
“chicken run”-aksie as om die ANC weer “op koers” te kry. (Dis ook skynheilig –
die ANC het nie met die vertrek van Mbeki skielik defek geraak nie – die
Tshwane-metroraad het al agt gekwalifiseerdeOG-verslae in ‘n ry gekry maar is
nog nooit onder administrasie geplaas nie).
Om dr. Allan Boesak in te trek is ook problematies weens sy onboetvaardigheid
oor die Dan Church Aid-fondse waaroor hy in die gevangenis was.
Die mees ideale swart persoon is waarskynlik adv Tshitshonga – die voormalige
ADG van Justisie wat die val van Minister Maduna bewerkstellig het. Hy is nou in
die ACDP, maar word nie by benadering die prominensie verleen wat hy verdien
nie.
In die finale instansie: Daar is mense wat nou hard werk aan die CDA. Is dit
regverdig dat hulle dan maar suutjies eenkant toe moet staan as die prominente
figure toetree? Die aanduidings dat hierteen gewaak word.
Jong aarde kreasionisme en ou boeke
Toe Pa-Jan dertig jaar gelede oorlede is en Herrie die volgende jaar doer in die
vreemde, Pretoria, begin werk het, het die gesin se boeke ook in diaspora begin
gaan.
‘n Klompie jare later, Met Herrie self getroud en ‘n gesin snoesig in ‘n huis, was
die impak van die boeke-diaspora duidelik. In Herrie se boekrakke was onder
meer talle van Ma-Johanna se kunsgeskiedenisboeke.
Pas het ‘n paar sakke boeke via ‘n ompad hul weg terug na Herrie gevind.
Dis toe Herrie daardeur gaan dat hy opnuut onder die indruk kom van hoe hard
die Afrikaner – of goed dan om Koos Kombuis te sus – Afrikaanses gewerk het
om feitlik oornag vir die Afrikaanssprekendes literatuur in Afrikaans oor haas elke
onderwerp te kry.
Maar onder die boeke is toe ‘n Engelse ensiklopedie (dankie tog Herrie hoef dit
nie op die nugtermaag in Engels te probeer spel nie) wat onder meer ‘n insetsel
oor geologie en die aarde se geologiese tydperke in het, en letterlik duisende
miljoene jaar terug strek. Die boek is vroeg in die vyftigs van die vorige eeu
gedruk.
En nee, dis nie ‘n heidense boek nie, dit bevat ook artikels oor die Bybel en selfs
sketse uit die Bybel.
Vanoggend gaan diep ek ‘n nog ouer boek – in Afrikaans, uit die “huisbiblioteek”
op. Miljoene jare gelede in die Karoo. Dit dateer uit 1948, maar Herrie se naam is
met die hand by ‘n datum in 1955 ingeskryf toe Herrie net een jaar oud was. Dis
deur twee Afrikaanse geoloë met DSc-grade geskryf.
Dan borrel die krapperigheid weer in Herrie op: Vir dekades was daar rustigheid
– Vir God is een dag soos ‘n duisend jaar, en ‘n duisend jaar soos een dag.
Konserwatiewe Bybelkundedosente soos prof. Calvyn Lombard het met groot
rustigheid hiermee saamgeleef. Die debat – dikwels erg onverkwiklik en erg
veroordelend, was of die skepping deur evolusie of deur kreasionisme
plaasgevind het.
Skielik, soos masels, is daar nog ‘n dimensie – die jong aarde kreasioniste. Die
aarde is volgens hulle sesduisend jaar oud. Skielik bevind die tradisionele
kreasioniste hulle, in die oë van die jong aarde kreasioniste – in dieselfde bootjie
as die evolusie-aanhangers, en almal behalwe die jong aarde kreasioniste word
tot die “nie-Christen-geledere” veroordeel.
Die opkoms van die Moonies was ‘n duidelike bewys dat binne ‘n geskikte
omgewing, mense hulle tot taamlike vergesogte idees kan laat ompraat, selfs al
blyk dit dat die mens of mense daaragter eintlik net geld daaruit gemaak het.
Ten spyte van die luukse huise en lewenstyle, sal Herrie nou nie so ver gaan om
te sê alle leiers in die jong aarde kreasionisme is swendelaars wat groot geld uit
DVD’s en boeke maak nie.
Sommiges is bona fide slagoffers.
Dis ontstellend, en Herrie is al verskeie kere deur Christen-wetenskaplikes
aangeraai om, soos hulle, debattering met die jong aarde kreasioniste te vermei,
want dis sinneloos.
En dit is.
‘n Tipiese kenmerk van iemand wat goed gebreinspoel of geïndoktrineer is, is dat
so iemand net nie vatbaar vir feite buite sy verwysingsraamwerk is nie. Daar
word absoluut by die aangeleerde verwysingsraamwerk vasgesteek, en ‘n
kenmerk hieroor is dat dié mense ‘n baie verouderde weergawe oor die
evolusieleer geleer word. Trouens, dis bykans identies met Darwin, wie se na-
skoolse opleiding teologie en nie wetenskap was nie, se teorie. Darwin is meer
as ‘n honderd jaar gelede oorlede, wat in wetenskaplike terme in die antieke
verlede was.
Die gevolg is dat evolusie aangeval word op grond van “feite” en argumente wat
niemand meer aanhang nie.
Moderne wetenskaplike feite is gewoon bo die vuurmaakplek van iemand wat nie
in daardie veld gespesialiseer het nie. Evolusie, anders as wat die jong aarde
kreasioniste dit graag wil hê, is geen wetenskap nie en ook geen geloof of
teologie nie. Dis ‘n wydlopende meganisme in talle wetenskaplike velde. Die een
wetenskaplike sal hom ook nie oor die ander se veld uitlaat nie, want selfs
goedbedoeld gaan hy sy naam pôpô maak.
Tog verhinder dit nie die jong aarde kreasioniste om hulle sommer as kenners op
AL die velde – van genetika tot mikrobiologie tot fisika, tot biochemie, geologie,
geomorfologie, plantkunde, dierkunde, paleontologie, embriologie tot argeologie
en vele ander “kundig” genoeg te wees ongeag of hulle enige wetenskaplike
opleiding het of nie.
In werklikheid is hulle “master of none” en in so ‘n oortreffende mate dat hulle
dikwels nie eens agterkom hoe wetenskaplik sot hulle argumenteer nie. Boonop
beskou hulle hulself as teoloë in so ‘n mate dat hulle hul gedagtes
“evangeliseer.”
Herrie se verstaan van evangeliseer is is om die Evangelie te versprei. Nie iets
wat in verskeie opsigte lynreg daarmee staan nie.
Nou wil Herrie net sê: Kyk mooi. Nêrens het Herrie gesê evolusie HET
plaasgevind nie. Want Herrie is nie ‘n bioloog nie. Wat Herrie wel sal sê, uit
hoofde van sy geolmorfologie-opleiding (deur ‘n jong aarde kreasionis as ‘n
kwasi-wetenskap beskryf) dat daar kontinentale en ander evolusie plaasgevind
het. Soos berge wat gekom en gegaan het, oseane wat steeds, deesdae
meetbaar, verder en verder uitmekaar dryf.
En nee, Herrie glo nie die ark was groter as die Titanic om plek vir al die
dinosourus-spesies plek te hê nie. As in ag geneem word dat vermoedelik nog
net tussen 0,03 en 3 persent van alle dinosourus-spesies en variante ontdek is,
dan sou die Titanic ook heeltemal te klein gewees het.
En nee, Herrie glo nie God of die Duiwel het versteende bene in rotse geplaas
net om mense te verwar en hul geloof te toets nie.
Die verstommendste egter, vir Herrie is die verbetenheid wat die jong aarde
kreasioniste glo die mense MOET hul weergawe glo, asof die mens se saligheid
daarvan afhang. In die proses word eerder bykomende struikelblokke in die weg
van gelowiges geplaas, en Herrie herinner hom van Matt 18 en die groot klip om
die nek.
Dit, terwyl die belangrikste skepping die herskepping is – die wederkoms. As ‘n
mens hierop fokus, soos ‘n mens moet, klink dit darem bietjie onnodig om so oor
die skouer te loer en te staan en verknies oor presies hoe iets lank, lank gelede
gebeur het.
Wie is ons om voorwaardes te gaan voeg by God se mededeling: “My genade is
vir jou genoeg.” ?
Moraliteit in politiek
Dat ‘n groter mate van moraliteit in politiek, en van daar na die samelewing,
nodig is is waarskynlik ‘n gemene saak.
Hoe om daar te kom, is komplekser, en duidelik gedemonstreer in die gesprek op
RSG Sondagaand waaraan dr. Allan Boesak en ds. Cassie Aucamp deelgeneem
het. Met ds. Aucamp se uitleg kannie fout gevind word, maar dr. Boesak se
benadering verg ‘n bietjie ontleding.
Aan die bod is die strewe om ‘n mens se politieke keuse te regverdig terwyl die
objektiewe feite lynreg daarteen indruis. Moraliteitsakrobasie is dan aan die orde
van die dag.
Pas het die Christian Coalition of America aan die hand van bronne sy kommer
uitgespreek omdat Barak Obama se keuse as Amerikaanse president die stryd
teen aborsies dekades teruggesit het. Tog, hier te lande, is Obama se verkiesing
bykans deur die bank verwelkom. In die VSA was onkunde oor Obama se
aborsiestandpunte waarskynlik die hoofrede oor hoekom selfs mense wat vuriglik
teen aborsies gekant is, hul stemkeuses vir hom uitgebring het.
Dit is ‘n oorvereenvoudigde verduideliking.
In Suid-Afrika dui in die orde van tagtig persent van die kiesers aan dat hulle
Christene is. ‘n Verre oorgrote meerderheid dui aan dat hulle gekant is teen
aborsies. En tog is die grootste party, die ANC, ten gunste daarvan, en bied die
tweede grootste (COPE se steun is nog nie bepaal nie), die DA ‘n keusevryheid
aan sy lede.
Dit bly egter nie daarby nie. Die ANC het ook die lotto gewettig, en dit word ook
deur die DA gesteun. Die kerke (wat darem as sodanig kwalifiseer) is gekant
teen gay huwelike, maar die ANC is ten gunste daarvan, en die DA bied ‘n
keusevryheid.
Dit is so dat die staat en die kerk elk ‘n domein het (bekend as soewereiniteit in
eie kring) maar dit regverdig nie ‘n moraliteitskisofrenie nie. Vir ‘n Christenkieser
om sy skouers op te trek oor sy nie-Christelike politieke keuse deur te verweer
“ons kies die president, nie die pous nie,” gaan nie op nie. Daar is immers ook
die begrip, universaliteit in eie kring. Die kerk meng nie sommer in die
owerheidsfunksies in nie, maar sy invloed geld via sy lidmate wat terselfdertyd
kiesers is, en omdat ‘n Christen 24 uur per dag, sewe dae per week ‘n Christen
bly, behoort sy politieke keuse versoenbaar met sy kerklike keuse te wees. Nie
klakkeloos nie, maar darem herkenbaar verwant.
Dieselfde geld die Christen se rol in die huwelik, op die skoolbeheerligaam en
ander lewensfere.
Dit is presies die teenoorgestelde wat in die praktyk gebeur.
Dr. Boesak het die lig gewerp. Hy het die Christenkeuse op die oog af beperk tot
‘n maatskaplike keuse vir ‘n orde van regverdigheid. Die armes moet versorg
word, die mense moet mekaar nie doodmaak nie.
Hierdie benadering neem twee variasies aan: Die een die relativisering van
norme wat sterk aan die nuwe hervormers herinner. Die Bybel dien as ‘n
handleiding vir breë riglyne wat norme in die agterkop stel, en wat ‘n mens
leiding gee om keuses in spesifieke situasies te maak. In die praktyk het dit
Boesak by sy eie kerk in die warm water laat beland, deurdat die Belharbelydenis
‘n stel etiese kodes kon voortbring wat gay huwelike regverdig, al spreek die
Bybel hom baie pertinent oor gay praktyke uit. Hieruit volg dit natuurlik dat ook ‘n
politieke party aangehang kan word wat selfs lynreg in stryd met die Bybel staan.
Die tweede manifestasie is deur die skeiding tussen kerk en staat so in beton te
giet dat die lidmaat / kieser sonder gewetenswroeging politieke keuses lynreg
teen sy kerk se houding kan inneem, en skouers kan optrek met “ons kies die
president, nie die pous nie.”
Kerkleiers en predikante wat hieroor swyg versuim hul predikingsmissie. Punt.
Dit is egter oorvereenvoudig gestel. Binne die Christelike raamwerk moet in
gedagte gehou word dat liefde en vergifnis voorop staan. Deur ontydig harde
uitsprake oor aborsies te maak, kan die trauma van ‘n jong meisie wat ‘n aborsie
ondergaan het en reeds by die Here vergifnis gekry het, se trauma verdiep. Dit is
ook nie die Christelike weg nie.
Dit raak egter problematies as dieselfde leraar hierdie rasionaal gebruik om nie
van tyd tot die kerk se standpunt teen dobbelary en die lotto te stel nie. Is dit dan
verrassend as die predikant op ‘n Saterdagaand by die supermark moet gaan
brood koop, en hom deur die tou lidmate wat kom lottokaartjies koop moet wurm,
terwyl hy heel vriendelik gegroet word?
Van die Christenpartye soos die ChristenUnie in Nederland lê klem op hul
maatskaplike missie, maar versuim nie om hul standpunte oor sake soos
aborsies te stel nie. Die Bybel is immers duidelik dat die armes en weduwees
versorg moet word.
Die kerk wat die maatskaplike missie oorbeklemtoon en die Christelik-spesifieke
waardes versuim om tog nie hierdie of daardie lidmaat aanstoot te gee nie, of uit
vrees dat die kerk as kantkieser in die politiek beskou sal word, herinner aan die
gemeente wat nie koud of warm was nie. Die louheid word verdoesel in
akademiese beeldspraak en retoriek. Die toets bly egter doodgewoon:
“Is ons gehoorsaam aan die Wil van God?”
Ons kan die Here nie maar net aan- en afskakel nie.
Jesus en Zuma
Die vonke spat behoorlik soos opposisiepartye en die publiek kapsie maak oor
die Vrystaatse leier van die ANC, Ace Magashule, se vergelyking tussen die
Zuma-vervolging weens bedrog, en die verraad en lyding van Jesus op aarde.
Mgashule, wat onlangs nog deelgeneem het aan ‘n tradisionele bierdrink-
seremonie ter ere van die voorvadergeeste by grotte in die Noord-Vrystaat, het
sy optrede geregverdig deur daarop te wys dat hy self ‘n Christen is. ‘n
Woordvoerder van die ANC wys daarop dat Magashule bloot ‘n vergelyking
getref het, en nie geïmpliseer het dat Zuma die Christus is nie.
Die opposisiepartye het almal hul afkeer uitgespreek om die sondelose Jesus se
vervolging te vergelyk met die bedrogverhoor van Zuma.
God en menseregte
Die universele verklaring van menseregte bestaan vandag sestig jaar.
Tóg dra dié handves ‘n tekortkoming saam wat veral na die destydse druk van
kommuniste herlei kan word – die handves erken nie God se oppergesag nie, en
ook nie God as inspirasiebron vir menseregte nie. Dit is ook hoe dit nou met die
Suid-Afrikaanse grondwet en handves van menseregte gesteld is.
Maar dit was amper anders. Sestig jaar gelede het ‘n Nederlander, Leo Beaufort,
‘n geleerde priester, hom beywer daarvoor dat erkenning aan Gog in die aanhef
van die internasionale dokument ingebou moet word.
Die kommuniste, aangevul deur ateïste, het egter vasgeskop en hul sin gekry.
Vandag, by nabetragting aan hoe kommunisme met menseregte omgegaan het,
spreek dit meer as net ‘n tikkie ironie.
Net meer as 50 jaar gelede, op 7 Februarie 1954, het ‘n Amerikaanse geestelike,
George M. Docherty, ‘n preek gelewer wat deur onder meer president Dwight D.
Eisenhower bygewoon is. As uitvloeisel is die woorde “Under God” vier maande
later met ‘n oorweldigende meerderheid in die Amerikaanse “pledge” teenoor die
vlag ingevoeg. Ook hier het ateïste ‘n verbete geveg op tou gesit.
Docherty is onlangs, op Dankseggingsdag, oorlede. Onlangs het die VSA ook die
vyftigste herdenking van die gebruik van die woorde: “In God we trust” op onder
meer geldnote, gevier.
Herman Toerien