You are on page 1of 1

Gedig vir die Christusfees

Die lig daar ver van die blink Bethlehemster


Bring uit die Ooste wyse manne van ver
Na Bethlehem – Hy is dáár gebore
Vir ‘n mensdom in sonde verlore

In die veld het herders by ‘n engel gehoor:


“Moenie bang wees nie, julle moet die boodskap hoor
want ek bring nou goeie nuus vir julle
wat vreugde hierin gaan vind
die Redder is gebore vir hulle
wat redding vind in die Kind
In Bethlehem is Hy gebore
Die Redder van hulle verlore

Plotseling, ‘n engeleskaar wat sê


Oor die kindjie wat daar in ‘n krip lê:
“Glorie aan God in die hoogste
Hemel en vrede op aarde
vir die mense wat Hom behaag”
verhoog die koms van die Grootste
Bethlehem se koningswaarde
Wat sondeheerskappy vervaag.

Lank reeds is voorspel van hierdie voorloper


Die geboorte van Johannes die Doper
Wat die pad toe moes kom voorberei
‘n stem roepend uit die woesteny
Hy het kom getuig oor die wonderbaar Lig
Maar hierdie Lig self, dit was hy beslis nie
Net om ander na die Vredevors te rig
Omdat die wêreld nie sy Skepper ken nie

So getuig Johannes oor Emmanuel God


“God met ons – uit Sy oop hand geskenk
op geskenk – veel meer as Moses se gebod
die waarheid en Lig om te gedenk”

You might also like