You are on page 1of 33

AFK1501/201/2/2012

Studiebrief 201/2/2012
Afrikaans Aktueel


Semester 2

Departement Afrikaans en
Algemene Literatuurwetenskap

TERUGVOER:
WERKOPDRAG 01 EN 02
EKSAMENWENKE












Bar code
AFK1501
AFK1501/201



2


Beste Student/Dear Student
Hierdie studiebrief bevat die volgende inligting:
Terugvoer oor werkopdrag 01 (meerkeuse) asook werkopdrag 02.
Eksamenriglyne vir elke deel (November 2012)

This tutorial letter contains:
Feedback on Assignments 01(multiple choice) as well as 02
Guidelines for the exams for each section (November 2012)

Belangrike inligting: Julle moet slegs twee dele (50 punte elk) in die eksamen beantwoord. Moenie al
vyf dele beantwoord nie julle mors tyd en dit is tot jul eie nadeel, aangesien slegs die eerste twee dele
nagesien sal word.
Deel 4 (Jeugletterkunde) is verpligtend vir alle onderwysstudente. Slegs Deel 4 mag in Afrikaans OF in
Engels beantwoord word. Lees die instruksies by elke deel deeglik.
You should answer only two sections (of 50 marks each) in the examination. Do not attempt to
answer all five sections this will be a waste of time and it will put you at a disadvantage, as only the first
two sections will be marked.
Section 4 (Jeugletterkunde) is compulsory for all B.Ed students and this particular section (Section 4) may
be answered in Afrikaans OR English. Please read the instructions provided for each section.
Lees asseblief die aankondigings (Announcements) op myUnisa. Studente wat gereeld deelneem
aan die Discussion Forum kry vinnig terugvoer op hul vrae, en hulp van medestudente.
Please read the Announcements on myUnisa. Students who take part in the Discussion Forum have
the added benefit of receiving prompt feedback on queries, and even help from fellow students.
Die AFK1501-span beantwoord graag vrae oor enige probleme wat jy met die werk mag ondervind.
Hiermee wens ons jou ook n suksesvolle semestereksamen toe.
The AFK1501 Team will answer any queries regarding your study material in this module. Do not
hesitate to contact us. We wish you a successful semester examination.
Ons verstrek nie in hierdie studiebrief modelantwoorde op die vrae in werkopdrag 01 OF werkopdrag
02 nie.
Me L Jacobs
Kursusleier / Course Coordinator (AFK1501)
AFK1501/201



3

TERUGVOER OOR WERKOPDRAG 02 EN EKSAMENWENKE [FEEDBACK ON ASSIGNMENT 02 AS
WELL AS EXAMINATION PREPARATION]
Hieronder volg elke dosent se terugvoer oor sy/haar werkopdrag, wat toeligting by die eksamen van
November 2012 insluit.

WERKOPDRAG 02
DEEL 1
Teks en leser: Inleiding in die literre kommunikasieproses
Dosent
Me. Linde Beer
Kontakbesonderhede
Telefoon: (012) 429 6925
E-pos: beerl@unisa.ac.za
Faks: (012) 429 8094 (Vir aandag: Linde Beer)

Beste Student
Hierdie terugvoer oor werkopdrag 02 deel 1, asook eksamentoeligting vir die November 2012-eksamen, het
ten doel om jou te help om voor te berei vir die November-eksamen. Ek verskaf nie n memorandum nie,
maar slegs riglyne om jou te help. Kontak my gerus as jy verdere hulp oor spesifieke vrae nodig het.
Vraag 1 (verpligtend slegs as jy Deel 1 as n opsie-eenheid gekies het)
Dink jy Hot Gates is n literre teks, of bloot n populre luisterliedjie? Bestudeer studie-eenheid
1 pp.6-20 en skryf dan n kort opstel van hoogstens 1 bladsy om die vraag te beantwoord. (Jy sou
aktiwiteit 1.3 op p.10 vir jouself kon beantwoord en gebruik in jou antwoord. Paragraaf 1.1 tot 1.4
in studie-eenheid 1 pp.6-14 in die studiegids sal jou ook baie help.) (20)

Hier moet jy eerstens aantoon dat jy weet wat n literre teks is. Die literre teks neem (selekteer)
elemente uit die werklikheid, groepeer dit in nuwe kombinasies (plaas dit in n nuwe verband), en di
nuwe ordening vorm n patroon wat betekenis dra dit dra n oorspronklike waarheid of siening van
die menslike kondisie oor.

Tweedens moet jy wys dat jy verstaan watter soort seleksie in Hot Gates gemaak is: dis n seleksie
van plekname. Wat het hierdie plekke waarna verwys word, gemeen? Volgens die studiegids en
materiaal in die leesbundel is die gemene deler dat daar in elkeen n traumatiese gebeurtenis (oorlog,
massa-selfmoord, politieke onrus) plaasgevind het - dwarsdeur die geskiedenis.

Wat dan gebeur, is dat hierdie plekname in Hot Gates op n oorspronklike manier saamgestel word
om n nuwe eenheid te vorm Is die gebeurtenisse wat deur die plekname verteenwoordig word, in n
chronologiese volgorde? Raadpleeg gerus Dineke Volschenk se Notas by Hot Gates in die
AFK1501/201



4

leesbundel om agter te kom in watter volgorde die plekname in die gedig/liriekteks verskyn. Jy sal
dalk sien dat chronologie nie die bepalende faktor in die opeenvolging van plekname is nie, maar dat
daar heen-en-weer gespring word in die tyd om n unieke patroon te vorm - n prentjie van trauma
deur die eeue. Trauma (soos ervaar in konflik en oorlog) is dus nie iets wat beperk is tot n tydvak of
era nie, maar nog altyd deel was van die lewe ook in Suid-Afrika. (Hoe weet ons dit? Watter Suid-
Afrikaanse plekname verskyn in Hot Gates?)

Let verder op die verwysing na Die Bybel die vier ruiters van die apokalips in die Bybelboek
Openbaring. Watter funksie vervul hierdie verwysing? S dit iets oor die spreker se visie vir die
mensdom : dat oorlog, konflik en misbruik eendag, in die eindtye, sal ophou en dat daar dan vreugde
en feesvieringe sal wees?

Vraag 2 (keuse)
Lees die prosateks Thandiwe van Khayalethu Camp (in studiegids deel 1 studie-eenheid 3 p.
37, asook in die leesbundel afgedruk) en bespreek dit in n opstel van hoogstens 2 bladsye.
Die titel van jou opstel is:
Dit sal mos nie altyd nag wees nie
Gee aandag aan die volgende aspekte in jou opstel:
Boustene van die verhaalwreld:
Gebeure (4)
Tyd (3)
Ruimte (4)
Leimotief (4)
Karakters (3)
Verteller (3)
Tema (3)
Sosio-politiese konteks waarbinne die verhaal ontstaan het (3)
Intertekste (ander verhale/gedigte/rolprente/fotos) wat met Thandiwe van Khayalethu Camp
saamgelees kan word (3)
(30)
Gebeure:
Julle moet hier n kort opsomming van die gebeure gee, byvoorbeeld hoe die verhaal begin (wie
hardloop weg vir wie, en wat dink sy terwyl sy so hardloop?). Na wie toe hardloop sy en hoekom?
Wat doen sy as die gevaar dreig? wat is die uiteinde van die gevaarlike situasie waarin sy en haar
familielede hulle bevind? Jy moet wys hoe die gebeure aaneenskakel, hoe die een ding na die
volgende ding lei.
Tyd
Verloop die verhaal chronologies, of is daar dele waar daar teruggedink word aan die verlede? In
watter politieke era speel die verhaal af?
Ruimte:
Die plek waar die verhaal afspeel, is nie die gewone middelklas woonbuurt nie. Watter tipe behuising
tref ons aan in die kamp? Is daar teerstrate? Beskryf die omgewing in soveel detail as wat jy kan.
Is daar bome en bosse? Gee ook jou indrukke van hoe die mense wat in Khayalethu Camp woon, is:
is dit mense onder wie jy liefde en medemenslikheid sien? Kyk ook na die beskrywing van die
AFK1501/201



5

tuisland waar die familie eers gewoon het as Thandiwe dit vergelyk met hul huidige woonplek. Is dit n
opsie vir Thandiwe-hulle om na hierdie tuisland terug te keer?
Die blom (plant) is ook deel van die ruimte en verteenwoordig n wending in die konfliksituasie.
Beskryf die blom en wat Thandiwe daarmee doen, noukeurig. Hoekom is dit n opoffering vir haar om
die blom vir die Brekers aan te bied? Verduidelik die verband tussen die blom en die sterre. S die
blom dalk iets oor hoop?
Karakter:
Gee n gedetailleerde beskrywing van Thandiwe. Is sy die hoofkarakter? Hoekom dink jy so (of nie)?
Is dit iets kinderliks wat sy doen in die verhaal, of pas haar optrede meer by di van n volwassene?
Julle moet oordeel of daar regtig sprake van groot ontwikkeling in Thandiwe se karakter is, en of sy
eintlik van die begin af sterk is. Een siening is dat daar binne die bestek van n kort teks soos hierdie
een min ruimte is om n grootskaalse ommekeer of groei in n karakter te teken. n Ander siening is
dat daar wel tekens van groei is in Thandiwe se besluit om die Brekers te konfronteer. Motiveer die
siening waarvoor jy kies.
Leimotief:
Wie is klein en wie/wat is groot in die verhaal? Wat s hierdie woordherhaling vir die leser? S dit
dalk iets oor Thandiwe, wat maar n klein dogtertjie is, maar die grootmenswreld konfronteer (en
wen)?

Tema:

Hierdie verhaal s iets oor n kind se groei (en n vuurdoop). Brei uit hierop en formuleer jou eie
boodskap of tema.
Sosio-politieke konteks:
Apartheidsjare, tuislandbeleid wat swart volkere verarm het, verstedeliking en plakkerskampe,
gereelde sloping van informele nedersettings deur owerhede.

Intertekste (ander verhale/gedigte/rolprente/fotos) wat met Thandiwe van Khayalethu Camp
saamgelees kan word
Julle kan kies uit verskeie moontlike intertekste, byvoorbeeld Charles Banda se koerantartikel oor
Harare se sypaadjiegenerasie; Tertia Geldenhuys se Fleeing for our lives, die uittreksel uit Black
Fire ;Sloping was die beste oplossing vir Distrik Ses en I wish for a miracle too merciless to
mention in die leesbundel. Wys op ooreenkomste en verskille tussen hierdie tekste en Weideman se
teks.
Vraag 3 (keuse)
Werk studie-eenheid 4 (posie) in die studiegids deur (pp. 48-61) en beantwoord dan die
onderstaande vrae oor Ingrid Jonker se teks Die kind [wat doodgeskiet is deur soldate by
Nyanga] (afgedruk in die studiegids op pp. 52-53):

Vrae:
Binne watter sosio-politiese konteks het die gedig ontstaan? (3)
Hoekom, dink jy, lig die kind sy vuiste teen sy vader (strofe 2)? (3)
Verklaar hoe die kind nie dood nie kan wees, terwyl hy l met n koel deur sy kop (strofe 3)? (3)
Gee minstens twee voorbeelde elk van (a) woordherhaling en (b) sintaktiese herhaling in die gedig;
AFK1501/201



6

dui die funksie van hierdie herhalings aan. (8)
Verskaf en bespreek een voorbeeld elk van metafoor, simbool of ironie (sien studiegids:57 vir
definisies) (6)
Wie is die spreker in hierdie teks? (4)
Noem ten minste een belangrike interteks ten opsigte van hierdie gedigteks van Jonker (sien
studiegids:58-60) (1)
Formuleer n tema (boodskap) wat die gedig volgens jou oordra. (2)
(30)
Sosio-politiese konteks:

Uit watter politieke era en sisteem dateer die gedig? Dis geskryf na aanleiding van die onluste
(swart opstand teen apartheidswette) in Suid-Afrikaanse townships in daardie tyd. In die gedig word
daar verwys na van hierdie townships (Nyanga, ...), die paswet, geweld. Gee jou eie voorbeelde van
hierdie aspekte van apartheid. Die vooruitskouing is dat hierdie soort gebeure sou weerklink in die
res van Afrika. Die politieke werklikhede van die 1960's vorm dus die konteks waarbinne die gedig
geskryf is.

Hoekom lig die kind sy vuiste teen sy vader (strofe 2)?
Kan dit wees uit woede of frustrasie omdat die vader (ouer generasie) niks daadwerkliks (kan) doen
om die politieke situasie te beredder nie? Vergelyk ook Abraham de Vries se opmerkings in By (29
Maart 2008, p.10):
Tree die kind in die gedig nie vreemd op nie? Hoekom lig hy sy vuiste teen teen sy moeder en sy
vader? Albei is is selfs sonder die agtergrond van die ontstaan van die gedig herkenbaar as Suid-
Afrikaanse vryheidstryders. Waarom of waarteen is hy dan in opstand?
Die antwoord l waarskynlik in die plekke waar die moeder en vader hulle bevind. Lokasies en
strate is plekke, maar lokasies van die omsingelde hart en strate van sy gewapende trots is
toestande. Die kind lig sy vuiste ook teen hierdie toestande, anderkant die lokale stryd in die
lokasies en strate.
Julle mag ook verwys na die kind wat uitgroei tot n simbool: dat die kind alle onderdruktes
verteenwoordig in Suid-Afrika, Afrika en die wreld wat n stryd voer teen onreg.
Verklaar hoe die kind nie dood nie kan wees, terwyl hy l met n koel deur sy kop (strofe
3)?
Die kind wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga, en hierdie gedig genspireer het, is n
anonieme maar historiese figuur wat wel fisies dood is. Hy word egter deur die spreker in hierdie
gedig voorgehou as simbool van die swart vryheidstryd teen blanke oorheersing, soos tydens
apartheid, en leef in hierdie sin voort.
Herhaling: sluit in woordherhaling (enkelwoorde) en sintaktiese herhaling (woordgroepe soos
frases en sinne). Voorbeelde: die kind (woordherhaling). Watter tipe herhaling kry ons in die kind
lig sy vuiste teen sy; wat Afrika skreeu skreeu die geur; die kind watgeword het; Die kind
is nie dood nie; ng byng by? Dalk sintaktiese herhaling herhaling van n sintaktiese
patroon?
Metafoor:
Julle mag n definisie van metafoor gee en dan voorbeelde bespreek. Die vraag is: is die metafore
effektief of hulle iets oordra wat nuut, oorspronklik en ter sake is vir die ontwikkeling van die
boodskap van die gedigteks.
AFK1501/201



7

TWEE VOORBEELDE:
die geur van vryheid en heide in die lokasies van die omsingelde hart betrek die rol van die
moeder / vrou - die een wat tradisioneel die domein van die hart en huis bewaak. Die hart is
omsingel (ingeperk, selfs bedreig). Die geur van vryheid is bloot n geur, soos di van blomme
(heide) - nie iets substansieels nie - en daar is dus nie werklik vryheid nie. n Lokasie was ook n
ingeperkte woonarea, afgesonder van die woonbuurte van blankes.
die geur van geregtigheid en van bloed in die strate van sy gewapende trots is weer tradisioneel
die domein van die vader / man - buite die huis, in die publieke arena. Is daar werklike vryheid in
hierdie geval? Die vader het net sy trots as wapen (Eng. armed pride). Hoe effektief is dit?

Ironie:
Gee n definisie en soek dan n voorbeeld. Dink jy die kind wat sy vuiste lig teen sy moeder en vader
(maar eintlik teen die apartheidsisteem) kan as ironies vertolk word? Wat van die geur/van vryheid
en van heide? Motiveer jou antwoorde.
Simbool:
n Interessantheid is dat in die dokumentre film Korreltjie Niks daar wel n identiteit en naam aan
die kind gegee word: volgens Sandile Dikeni was dit waarskynlik Wilberforce Musuli Manjati. Die
anonimiteit van die kind dra by tot die algemeen-toepaslikheid en simboolwaarde wat hy in hierdie
gedig kry.
Spreker:
Die spreker is nie die digter nie, maar n fiktiewe instansie wat as woordvoerder optree. Die spreker
in Die kind wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga is dus nie Ingrid Jonker nie. Ingrid Jonker
is wel die rele outeur van die teks. Die spreker is n polities-bewuste stem, iemand wat in die
1960s (konteks) praat oor die konflik in die swart woongebiede, tussen wit heersers en swart
onderdruktes, en wat in die toekoms inkyk en sien hoe daar vryheid kom.
Interteks:
Die kind 2 (Swanepoel), Die kind is nie dood nie (Olivier), n Nuwe liedjie op n ou deuntjie
(Leipoldt), n Nuwe liedjie op n ou deuntjie (Joan Hambidge), en dies meer. Kies twee intertekste
en bespreek dan ooreenkomste en verskille tussen Jonker se teks en die intertekste wat jy gekies
het.
Tema:
Vir Suid-Afrika in die 1960s sou die gedig die boodskap kon oordra dat, ten spyte van
onderdrukking, politieke vryheid wel moontlik is. Die meer universele boodskap of eindinsig wat die
gedig oordra, is dalk dat die mens selfs in sy breekbaarheid en dood, n belangrike nalatenskap kan
h.
Vraag 4 (keuse)
Bestudeer studie-eenheid 5 (drama) op pp.62-71, veral paragraaf 5.7 op p.66 en verder) en
beantwoord dan die volgende vrae:
(a) Bespreek Naelstring (Pieter J. Fourie) as n eietydse en aktuele teks. (Sien paragraaf 5.7.1 op
p.66.) (15)
(b) Wat gebeur as daar afstand gedoen word van die naelstring in die teks? Sou jy s albei
karakters ervaar nuwe vryheid? Illustreer Baba se nuwe vaardighede uit die teks. (15)
[30]

AFK1501/201



8

(a) Kontemporre verwysings:
Kyk na verwysings na black empowerment en ander terme wat ons vandag daagliks in koerante
raaklees.
Julle mag ook verwys na die simboliese implikasies van die naelstring-leimotief.
Hoe dui die naelstring simbolies op n verstrengeling van die oue en nuwe bedelings? Vrou se
gewilligheid om uiteindelik van die naelstring afstand te doen, moet bespreek word. Onthou dat
Vrou nie n verteenwoordiger van die Ou Bedeling is nie: sy was immers n vryheidsvegter wat
sabotasie gepleeg het en oor die kleurskeidslyn n (seksuele) verhouding en n kind gehad het. Wat
verteenwoordig Vrou dan eerder? Dalk die destyds liberale element onder blanke (Suid-)Afrikaners
wat die apartheidsregering teengestaan en ondermyn het? Is hulle in die transformasie-era (post-
1994) deur die heersende swart rolspelers gemarginaliseer omdat hulle nie in die
swartbemagtigingsdiskoers inpas nie? Wat verteenwoordig Baba? Dalk post-apartheid vryheid?
Post-apartheid vryheid (of identiteit, soos een student opgemerk het) kan egter nie onbevange
funksioneer nie, omdat dit (enersyds) beperk word deur die bagasie (bitterheid, teleurgestelde
verwagtinge) van die wit liberale; en andersyds verwerp en verraai word deur die magshonger swart
bevoordeeldes in die nuwe bedeling (Mamoleki). Eers wanneer Mamoleki sterf, voel Vrou vry van
die verlede en kan die naelstring losgemaak word. Mens sou Mamoleki se afsterwe kon lees as n
tipe afstanddoening van eensydige mag onder die nuwe elite; waarna die nuwe bedeling eers
werklik tot sy reg kan kom.
(b) Afstanddoening van die naelstring:
Die vraag vra eintlik dat studente die naelstringmotief in Naelstring bespreek as n merker van
transformasie. Die naelstring is onder andere n leimotief in hierdie dramateks. Sien studiegids bladsy
45, 48, 101 vir definisies of verwysings na hierdie begrip. Studente kan hul bespreking van hierdie
aspek begin met n kort definisie van wat leimotief is.
Vir n bespreking van die ontwikkeling van die naelstringmotief moet studente die dramateks Naelstring
deurwerk met die volgende vrae in gedagte:

o Wie word deur die naelstring verbind?
o Is albei partye tevrede met die feit dat daar n naelstring tussen hulle is?
o Is dit n normale situasie in die werklike lewe?
o Watter simboliese implikasies het die naelstring?
o Voel die karakters teen die einde albei nog dieselfde oor die naelstring? In watter stadium
tree daar n verandering in houding by hulle in?

n Konklusie kan dan geformuleer word: wat s Naelstring oor politieke transformasie in Suid-Afrika? Is
dit simplisties positief daaroor? Is dit negatief daaroor? Volg dit n middeweg? Studente moet hul
interpretasie bewys deur na die ontwikkeling van die naelstringmotief in die teks te verwys.
Subtotaal: [50]





AFK1501/201



9

Riglyne: AFK1501: November 2012 eksamenvraestel
Die instruksies by deel 1 van die vraestel sal soos volg lyk:

Ek stel hieronder VIER vrae waarvan jy TWEE moet doen. Vraag 1 is
VERPLIGTEND vir studente wat deel 1 doen. Kies dan EEN verdere vraag uit
vraag 2, 3 en 4. Jy moet in totaal twee vrae ter waarde van 50 punte beantwoord.
Beantwoord die vrae in AFRIKAANS.
Answer Question 1 (compulsory question for students doing Section 1) PLUS
ONE further question. You should answer TWO questions of 25 marks each (50
marks in total). Answer in Afrikaans.

Vraag 1 (verpligtend vir die studente wat Deel 1 as opsie-eenheid gekies het)
Die vraag sal baie dieselfde lyk as die werkopdrag se vraag 1, naamlik: Dink jy Hot Gates is n
literre teks, of bloot n populre luisterliedjie? Skryf n kort opstel van hoogstens 1 bladsy om die
vraag te beantwoord. (20)
Vraag 2 (keuse)
Hierdie vraag stem grootliks ooreen met vraag 2 van die werkopdrag en vereis n bespreking van
die prosateks Thandiwe van Khayalethu Camp in n opstel van hoogstens 2 bladsye. Die titel
van die opstel sal steeds wees:
Dit sal mos nie altyd nag wees nie
Gee aandag aan die volgende boustene van die verhaalwreld in jou opstel:
Gebeure (4)
Tyd (3)
Ruimte (4)
Leimotief (4)
Karakters (3)
Verteller (3)
Tema (3)
Sosio-politiese konteks waarbinne die verhaal ontstaan het (3)
Intertekste (ander verhale/gedigte/rolprente/fotos) wat met Thandiwe van Khayalethu Camp
saamgelees kan word (3)
(30)
Vraag 3 (keuse)
Hierdie vraag vra ook, soos in die werkopdrag, sekere spesifieke vrae oor Ingrid Jonker se teks
Die kind [wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga]. Die beantwoording van hierdie vrae kom
neer op n analise en interpretasie van die gedig.
Vrae:
Binne watter sosio-politiese konteks het die gedig ontstaan? (3)
Hoekom, dink jy, lig die kind sy vuiste teen sy vader (strofe 2)? (3)
Verklaar hoe die kind nie dood nie kan wees, terwyl hy l met n koel deur sy kop (strofe 3)? (3)
AFK1501/201



10

Gee minstens twee voorbeelde elk van (a) woordherhaling en (b) sintaktiese herhaling in die gedig;
dui die funksie van hierdie herhalings aan. (8)
Verskaf en bespreek een voorbeeld elk van metafoor, simbool of ironie (sien studiegids:57 vir
definisies) (6)
Wie is die spreker in hierdie teks? (4)
Noem ten minste een belangrike interteks ten opsigte van hierdie gedigteks van Jonker (sien
studiegids:58-60) (1)
Formuleer n tema (boodskap) wat die gedig volgens jou oordra. (2)
[30]
Vraag 4 (keuse)
Vraag 4 stem in ho mate ooreen met vraag 4 van die werkopdrag. Jy moet in die eksamen ook
twee vrae oor Naelstring (Pieter J. Fourie) beantwoord:
(a) Bespreek Naelstring (Pieter J. Fourie) as n eietydse en aktuele teks. (10)
(b) Bespreek Baba se vele pogings om van die naelstring ontslae te raak. (10)
(c) Sou jy s albei karakters ervaar nuwe vryheid? Illustreer Baba se nuwe vaardighede uit die
teks. (10)
[30]

Subtotaal: [50]

















AFK1501/201



11


DEEL 2
Eietydse tekste 1: Saam in Afrika
Dosent
Mnr. Neil Cochrane vir navrae in die tweede semester
Kontakbesonderhede
Telefoon: (012) 429 6308/6628
E-pos: cochrn1@unisa.ac.za Faks: (012) 429 8094


NB: Die dosent wat in die 101-studiebrief aangetoon word as verantwoordelike dosent vir Deel 2, Erika
Lemmer, is tot einde September 2012 met navorsingsverlof.
Mnr. Neil Cochrane sal egter in haar afwesigheid alle navrae rakende Deel 2 hanteer (sien
kontakbesonderhede hierbo). Hieronder volg die kommentaar op Werkopdrag 02 ten opsigte van Deel
2 (Saam in Afrika).
Die eksamentoeligting vir die Oktober/November-eksamen (2012) word ook hieronder verskaf. Die
inhoud van hierdie studiebrief sal tydens die besprekingsklasse en videokonferensies die basis van die
gesprek vorm.
WERKOPDRAG 02
VOORGESKREWE MATERIAAL
Die kortverhale wat in die gids bespreek word, verskyn almal in die leesbundel wat jy as deel van jou
studiepakket ontvang het.
Jy hoef SLEGS EEN van Kroniek uit die doofpot (Miles) OF Die eerste lewe van Adamastor (Brink) te
bestudeer vir werkopdrag- en eksamendoeleindes. Lg. Is ook verkrygbaar vanaf Unisa Uitgewers.
Indien jy enigsins probleme ondervind met die bestelling hiervan, stel ek voor dat jy Me. Leatitia Theart
direk skakel by (012) 429-3448/9. Kroniek uit die doofpot (John Miles) is verkrygbaar vanaf Protea
Boekhuis of enige geakkrediteerde boekhandelaar. Let egter daarop dat die bladsynommers in die gids
nog verwys na die eerste, oorspronklike uitgawe en ni na die nuwe uitgawe in die Klassieke Reeks
nie.

ASSESSERING: DEEL 2 VAN WERKOPDRAG 02
Dit is vir my belangrik dat julle die diskoers van postkolonialisme verstaan en dat daardie kennis
sigbaar uit jou antwoorde blyk. Alhoewel dit natuurlik belangrik is om korrek te formuleer, het n
beoordeling van die antwoord eerder gesentreer rondom jou kennis van die onderwerp as rondom die
grammatikale korrektheid van jou antwoorde. Dit is nooit voldoende om slegs die inhoud van n teks
weer te gee nie jou antwoorde moet daarvan getuig dat jy die teoretiese kennis oor postkolonialisme
toegepas het op jou voorgeskrewe tekste deur relevante voorbeelde aan te haal en te beredeneer.
WERKOPDRAGKOMMENTAAR: WERKOPDRAG 02 (DEEL 2)
Ek wil weer beklemtoon dat die kommentaar hieronder van n algemene aard is en dat die
probleme wat gedentifiseer word, dalk nie spesifiek op jou betrekking het nie. Gebruik hierdie riglyne
AFK1501/201



12

egter om die gehalte van jou antwoorde te verhoog. Maak verder seker dat jy jou antwoorde ook
aansuiwer soos wat daar in die remedirende kommentaar op elke individuele werkopdrag voorgestel
word.

Jy moes slegs VRAAG 1 (50 punte) OF VRAAG 2 (50 punte) beantwoord. Indien jy albei
vrae beantwoord het, sal slegs die eerste vraag nagesien en bepunt word.

VRAAG 1

1.1(a) Sien p. 79 van die gids waar postkolonialisme omskryf word as n teorie waarin die verhouding
tussen voormalige kolonies (meestal van Europa) en die res van die internasionale gemeenskap
ondersoek word. Sien verder p. 81: Jy moet kan verduidelik dat die voorvoegsel post in
postkoloniaal nie bloot net verwys na die periode wat na kolonialisasie plaasgevind het nie, maar
dat dit verwys na alle tekste wat blyke daarvan gee dat dit deur die proses van kolonialisasie
benvloed is; wat dus as gevolg van kolonialisme (of enige ander vorm van politieke
onderdrukking) ontstaan het. Die postkoloniale studieveld het dus te make met n bestudering van
die gevolge van kolonialisme (en byvoorbeeld apartheid) asook pogings om van daardie juk bevry
te word (10 punte).
1.1(b) Hier moes jy, vir 10 punte, vyf kenmerke van postkoloniale literatuur genoem het, maar ook
telkens die betrokke kenmerk verduidelik het. Kyk na die kernbeginsels van postkoloniale
literatuur soos wat dit in studie-eenheid 1 van die studiegids uiteengesit is (pp.81, 83) asook die
lysie met kenmerke reg aan die begin van studie-eenheid 4 (p.105). LEES ASB. DIE
KENMERKE OP P83 (AFR) , P.85 (ENG) EN P.105 (WEER IN AFRIKAANS). DIS DIE KRUKS
VAN DIE KURSUS EN ALLES VLOEI VERDER HIERUIT VOORT. Dit was egter nie voldoende
om slegs die kenmerk op te noem nie - daarvoor het jy slegs 5 punte ontvang. Jy moes die
betrokke kenmerk ook terselfdertyd verduidelik en bespreek het.
1.2 Jy moet by enige vraag ten minste n konteks verskaf en vele studente het hier net losgetrek met
n opsomming van die verhaalgebeure. Die omruiling van rolle nadat Jakadas Pool by
Paradysvlei aanland is na alle waarskynlikheid net tydelik van aard - n faktor wat deur die
meeste van julle uit die oog verloor is. Julle moet ook kan wys op die veelseggende plaasnaam
(Paradysvlei is by implikasie soos n paradys) en in staat wees om die leimotief van die dol hond
te verduidelik (sien studiegids p. 76): die metafoor van die dol hond in die Van Heerden-verhaal
dui op iets (armoede, apartheid, onderdrukking?) uit Jakadas se verlede wat hom voortdurend
agtervolg. Die oomblik wat hy egter op Paradysvlei (m.a.w. soos n paradys) aanland, verdwyn
die hond soos mis voor die son. Die vraag moet nou by jou ontstaan of daar ooit werklik n regte
hond op sy spoor was en of dit slegs n leimotief (m.a.w. n betekenisvolle herhalende element) is
wat dui op hierdie verlede wat hy so sukkel om afgeskud te kry. Verwys ook in jou antwoord na
die terme Ek (die baas) en Ander (die arbeiders). Aspekte van Self/Ander word bespreek op
p.81 & 82 van die gids (10 punte).
1.3 By die kortverhaal Dom koei (Riana Scheepers), moes jy aantoon dat daar twee verskillende
waardestelsels en regte is wat teenoor mekaar opgeweeg word: aan die een kant staan die
verontregte vrou wat n individuele mensereg het om nie liggaamlik geskend te word nie, teenoor
di van n kultuurgroep wat sekere kultuurtradisies het (soos die eeue-oue praktyk van
besnyding). Die fokus in die verhaal val egter sodanig op die skending van die meisie se regte en
die implikasie is dat haar reg op liggaamlike integriteit veel swaarder weeg as haar stam se reg
om hierdie tradisie te beoefen. Die tradisie van besnyding word ongetwyfeld uitgebeeld as een
wat vroue onderdruk en onteer. Die implikasie wat uit die verhaal blyk, is dat eersgenoemde
(naamlik individuele regte) tog as die sterkste reg beskou word hier. Jy moes ook in die proses
wys op die belangrikheid van die slotrel (Jou simpel fokken dom koei, skel sy op die dier en
pluk die laaste drade los). Hierdie slotrel met die kragwoord illustreer eintlik die onmag van die
AFK1501/201



13

jong (blanke) student en verwoord terselfdertyd ook haar ontsteltenis en skok oor die geval van
vroulike besnyding wat sy by die kliniek moes aanskou. Lesers kan nou verbande trek tussen die
koei en die jong swart meisie - beide verkeer in n vasgekeerde staat en beide het wonde aan
hulle geslagsdele en uier onderskeidelik. Die meisie is dus, soos die koei wat verstrik raak in die
draad, vasgevang in haar stamtradisie. Die generiese term koei word ook soms gebruik om op
negatiewe en afbrekende wyse na n vrou/vroue te verwys (10 punte).

Studente moes slegs Vraag 1.4 OF Vraag 1.5 beantwoord het vir 15 punte. In gevalle waar
studente ni hierdie instruksie gevolg het nie, is slegs die eerste vraag wat beantwoord is,
gemerk.


1.4 Baie van julle het hier nie ingesien dat Tkama en Khois eintlik die verafrikaniseerde
weergawes van die mitiese Adamastor en Thetis is nie. Hulle word terselfdertyd
onderskeidelik ook die verteenwoordigers van Afrika (Tkama/Adamastor/ Ander) en Europa
(Khois/Thetis/ Self) en die struikelblokke wat hulle ervaar (ook op seksuele vlak); word
metafories van die bloedige koloniale ontmoeting tussen Afrikane en Europers. [LW: n
Verduideliking van die terme Self /Ander verskyn op p.81 - 83 en word verder uitgebrei in studie-
eenheid 3 van die gids (pp.96)]. Gee nou voorbeelde uit die teks van die kulturele verskille (en
resulterende misverstande) tussen die twee groepe (sien Aktiwiteit 4.4 in jou studiegids, p.109):
byvoorbeeld die doodmaak van n haas, die dopery, bruidsprys, kleredrag, ens.). Die geboorte
van n kind uit hierdie verhouding tussen Tkama en Khois impliseer uiteindelik verder dat n
vreedsame naasbestaan tussen Afrikane en Europers tog wl moontlik is. Studente kla soms
dat die inligting in Hoofstuk 1 van die novelle hulle oorweldig - dit is juis in hierdie hoofstuk (wat
die verhaal van TKama en Khois omraam of omarm) waar daar ondersoek ingestel word na al
die vorige tekste waarin daar verwysings na die Adamastor-mite voorkom (bv. di van Camoens).
Die verteller besluit dan om sy eie, verafrikaniseerde weergawe van die mite te skryf (wat alreeds
in Hoofstuk 2 begin as die binneverhaal van Tkama en Khois wat chronologies vertel word tot
aan die einde) (15 punte).
OF
1.5 Soos dikwels die geval wanneer studente gevra word om teorie toe te pas op n spesifieke teks,
het dit my gehinder dat julle nie in die bespreking van Kroniek uit die doofpot (Miles) die taal
(jargon) van postkolonialisme (wat jy in studie-eenheid 1 leer praat het) uitstal nie. Die meeste
van julle gee bloot n inhoudelike weergawe van die roman sonder dat julle die kernbeginsels van
postkolonialisme (studie-eenheid 1) toepas met behulp van relevante voorbeelde uit die teks en
ek moes julle dus penaliseer in my puntetoekenning. Die antwoorde het ook selde, indien
enigsins, blyke gegee daarvan dat julle die resensies oor die roman in die leesbundel gelees het
en ek verwag dat jy hierdie aspek aanvul met die oog op die eksamen. Herlees weer die
bespreking van die roman in studie-eenheid 5 (15 punte).

VRAAG 2
2.1(a) By die bespreking van ubuntu (5 punte) het n deeglike verantwoording van die term in die
meeste antwoorde ontbreek. Werk die artikel oor ubuntu deur Kobus Smit (in die leesbundel)
saam met die veelseggende opmerking van Mokgoro op p.97 (in studiegids) by met die oog
op die eksamen:
In ones own experience, ubuntu is one of those things which you recognize when you see it. It
has generally been described as a worldview of African societies and a determining factor in the
formation of perceptions which influence social conduct. It has also been described as a
AFK1501/201



14

philosophy of life, which in its most fundamental sense represents personhood, humanity,
humaneness and morality.
2.1(b) Vele van julle het ook maar baie oorsigtelik verwys na die verhaal Benedicta (Bakkes) sonder
om te fokus op die gemeenskaplikhede tussen die twee vroue in die verhaal en spesifiek die feit
dat albei moeders van seuns is asook die element van caring and sharing. Aucamp noem dit
dan ook nie sonder rede n gebedsverhaal nie - die naam Benedicta beteken juis senwens.
Herlees Aktiwiteit 3.9 in jou studiegids (p.103) en lees die gidsbespreking oor Nag van twee
vroue. Albei di kortverhale moes in jou antwoord aangespreek word vir 10 punte.
2.2 Bitter min van julle het (ten spyte van my uitdruklike instruksie om die Lys van kernbegrippe te
raadpleeg) in julle antwoorde die term leimotief verreken (deur n beskrywing of definisie van die
term te gee). Sien beskrywing op p.45 van gids: Herhaling van woord/e, beelde of verwysings
in verhale wat opvallend en betekenisvol is. Baie studente het ook woordeliks my vertolking
van die twee leimotiewe uit die gids afgeskryf sonder om dit in hulle eie woorde weer te gee.
Sien in hierdie verband weer my kommentaar oor Dom koei(Scheepers) in Vraag 1.3 hierbo. By
Dom koei moes jy uiteraard die verbande kon l tussen die beseerde meisie en die koei (beide
het wonde aan hulle geslagsdele). In die Van Heerden-verhaal dui die metafoor van die dol
hond op die armoede, apartheid en onderdrukking uit Jakadas se verlede wat gedurig op sy
spoor bly (soos n dol hond). Die oomblik wat hy egter op die plaas Paradysvlei (wat al die
implikasies van n paradys inhou) aanland, verdwyn die hond soos mis voor die son. Die vraag
moet nou by jou ontstaan of daar ooit werklik n regte hond op sy spoor was en of dit slegs n
leimotief (m.a.w. n betekenisvolle herhalende element) is wat dui op sy verlede wat hom
agtervolg..Die twee verhale word in studie-eenheid 3 van die studiegids bespreek (pp. 96 103).
Die vraag het 10 punte getel.
2.3 Jy moet asseblief weer die hele studie-eenheid 2 deurwerk wat handel oor die rol van taal
in postkoloniale gemeenskappe. Hierdie vraag het ook 10 punte getel. In Die skrywer
(Scheepers) het ons te make met die onmag van n ongeletterde vrou wat n man moet aanstel
om n brief namens haar te skryf, maar vanwe haar ongeletterdheid dan nie die inhoud van die
brief kan kontroleer nie. Dit blyk dat die man haar boodskap verdraai en presies die
teenoorgestelde skryf van dit wat sy aan hom dikteer. In Taalles (Gilfillan) is die hoofkarakter
weer n intelligente student wat bloot sukkel om effektief in Afrikaans te kommunikeer: die
resultaat hiervan is enersyds dat hy hulpeloos voel, maar ook dat die onderwyseres verkeerde
afleidings oor sy intelligensie maak. Sien in hierdie verband weer die bespreking van Taalles
op pp. 66 - 69 van die gids.
Let daarop dat daar in albei hierdie gemelde verhale twee weergawes van n saak bestaan:
Enersyds die weergawe in die gedagtes van die karakter (die ongeletterde vrou asook Alfred
Ngwenya) teenoor die uiteindelike verdraaide weergawe op skrif (juis vanwe die twee
karakters se onvermo om effektief te kommunikeer).
By n Kat in die sak (Goosen) moet jy daarop wys dat die twee Kaapse kleurling-
fabriekswerksters n variteit van Afrikaans praat wat nie ooreenstem met die standaardnorm nie.
Noem verder ook dat daar n groot hoeveelheid bruin sprekers is wie se moedertaal Afrikaans is
en dat hierdie variteit van Afrikaans nie minderwaardig geag behoort te word net omdat dit deur
die sogenaamde Ander gebesig word nie. Vergelyk ook die soort Afrikaans wat Ngwenya in
Taalles praat as die tipiese variteit wat onder swart sprekers van Afrikaans aangetref word.
Hierdie Kaapse variteit van Afrikaans kom ook op ironiese wyse aan die beurt in Die beach
(Lyndsay King). Lees weer hierdie skitterende kortverhaal asook my bespreking van die
verskeidenheid van taalkwessies wat hierin aan die bod kom (studiegids, pp.94 - 94).


AFK1501/201



15


Studente moes slegs Vraag 2.4 OF Vraag 2.5 beantwoord het vir 15 punte.

2.4. Vergewis jouself weer van die bespreking van intertekste en intertekstualiteit op pp.15 - 17;
58; 107; 212; 218; 247 van die studiegids. Alle studente (ook di wat nie hierdie teks gekies
het nie) behoort weer te kyk na die skildery op die voorblad omdat dit skerp kommentaar op die
verskynsel van kolonialisering lewer. In die leesbundel (Lessing-berig en Wits-brosjure) en
studiegids (pp. 106 - 108) verskyn daar nuttige toeligting wat jou verder sal help om di skildery
binne konteks te sien.

2.5 Ten opsigte van die postkoloniale aard van Kroniek uit die doofpot, moet jy asseblief die
kommentaar by Vraag 1.5 raadpleeg, wat ook direk op Vraag 2.5 betrekking het.
EKSAMENTOELIGTING (OKTOBER/NOVEMBER 2012)
Die eksamenvraestel vir Deel 2 (Saam in Afrika) word soos volg ingedeel:

VRAAG 1 is n verpligte vraag van 20 punte.
VRAAG 2 is ook n verpligte vraag van 15 punte.
Beantwoord dan verder slegs VRAAG 3 OF VRAAG 4 (15 punte).

Jy beantwoord dus uiteindelik drie vrae met n totale waarde van 50 punte: Vraag 1 (20 punte),
VRAAG 2 (15 punte) en dan VRAAG 3 OF VRAAG 4 (15 punte).
Let deeglik op die instruksies by elke vraag.
By VRAAG 1 (verpligtend vir 20 punte) moet jy in staat wees om onder meer die volgende vrae te
beantwoord:
Wat word bedoel met die begrippe Ek en Ander? (10 punte)
Noem vyf kenmerke van postkoloniale literatuur en verduidelik telkens wat die kenmerk behels. (10
punte)

By VRAAG 2 (verpligte vraag oor voorgeskrewe kortverhale: 15 punte) is daar keusevrae, waarvan
jy slegs een vraag van 15 punte moet beantwoord:
VRAAG 2.1: Bespreek die term ubuntu deur te verwys na relevante kortverhale soos Benedicta (Margaret
Bakkes) en Nag van twee vroue (P. J. Bosman) (15 punte)
OF
VRAAG 2.2: Gebruik die onderstaande kortverhale om n kort opstel te skryf oor die rol van taal as
magsinstrument:
Die skrywer (Riana Scheepers)
n Kat in die sak (Jeanne Goosen)
Taalles (J.M. Gilfillan)
Die beach (Lindsay King) (15 punte)

OF
AFK1501/201



16

VRAAG 2.3: Verduidelik die term Ek en Ander met behulp van die kortverhaal Dol hond (Etienne van
Heerden). (15 punte)
OF
VRAAG 2.4: Skryf n kort opstel oor die gemarginaliseerde posisie van vroue met verwysing na die Riana
Scheepers-kortverhaal, Dom koei. (15 punte)

Studente hoef slegs een van die twee langer tekste te bestudeer vir die eksamen. Jy kies
dus OF Die eerste lewe van Adamastor (Brink) OF Kroniek uit die doofpot (John Miles).
Dit beteken dus dat jy slegs VRAAG 3 OF VRAAG 4 hoef te beantwoord.


VRAAG 3 is keusevraag vir 15 punte wat oor Die eerste lewe van Adamastor (Brink) handel en
hier moet jy slegs VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2 beantwoord.
VRAAG 3.1: By hierdie vraag moet jy die begrip intertekstualiteit aan die hand van die (aangehegte)
Coetzee-skildery en Die eerste lewe van Adamastor (Andr P. Brink) beantwoord. (15 punte)
OF
VRAAG 3.2: Jy moet hier Die eerste lewe van Adamastor (Andr P. Brink) as die storie van Afrika en
Europa bespreek deur krities te verwys na die kulturele verskille tussen die twee groepe (soos
onderskeidelik verteenwoordig deur TKama en Khois). Jy moet ook bespreking van die verafrikanisering
van die Adamastor-mite wat in hierdie novelle ter sprake is, betrek. (15 punte)
OF
VRAAG 4 is keusevraag oor Kroniek uit die doofpot (John Miles) vir 15 punte.
By hierdie vraag sal jy die stelling dat Kroniek uit die doofpot (John Miles) as postkoloniale teks getipeer
word, moet kan motiveer vir 15 punte. Moet asseblief nie slegs die verhaalinhoud neerpen nie, maar maak
seker dat jy die kennis wat jy oor postkoloniale teorie verwerf het deur die loop van die module, uitstal en
met gepaste teksvoorbeelde staaf. (15 punte)
SUBTOTAAL (DEEL 2): [50]



AFK1501/201



17



WERKOPDRAG 02
DEEL 3
Eietydse tekste 2: Mans kom van Mars, vroue van Venus
Dosent
Me. Lisetta Jacobs
Kontakbesonderhede
Telefoon: (012) 429 6474/6308
E-pos: jacobem@unisa.ac.za
Faks: (012) 429 8094 (Vir aandag: Lisetta Jacobs)

DEEL 3: EKSAMENVOORLIGTING / BESPREKINGSKLASSE / VIDEOKONFERENSIES
EKSAMENVOORLIGTING
Berei vir die eksamen die volgende twee kortverhale wat in die leesbundel opgeneem is, voor. Sorg dat
jy die inhoud van die kortverhale goed ken: dit word nie as n bylaag in die eksamen vir jou gegee
nie.
Aan die einde van die renboog (Jeanne Goosen) (Leesbundel, Band 2, bl.457 - 460)
Vir vier stemme (Hennie Aucamp) (Leesbundel, Band 2, bl.461 - 477)

WENK AAN ENGELSSPREKENDE STUDENTE / TIP TO ENGLISH-SPEAKING STUDENTS:
Lees die voorgeskrewe tekste Aan die einde van die renboog, Vir vier stemme en Karolina Ferreira
OF Pampas gefokus en terwyl julle lees, vra julle julself (EN SKRYF DIT NEER): wie is die karakters, waar
speel die verhaal af (plek of ruimte), wat gebeur met die karakters of wat laat hulle gebeur, wanneer (tyd)
speel hierdie gebeurtenisse af, waarom of hoe speel die gebeurtenisse af (plot)? / Read the prescribed
text and while you are reading, ask yourself the following questions (and write the answers down):
who are the main characters, where do things happen e.g. in Aan die einde van die renboog
(things happen in a bar); what is happening (events) in the story e.g. in Aan die einde van die
renboog the (female) narrator is having a drink in the bar when some guys start making unsavoury
comments about her gender this leads to a bar fight etc.; when is it happening (time) and why or
how is it happening?
In die November 2012-eksamen kry julle, soos in die werkopdrag, DRIE vrae.
Vraag 1 is n verpligte vraag wat uit 5 onderafdelings bestaan. By vraag 1.1 - 1.4 moet julle byvoorbeeld
genderstereotipering, stereotipering, seksisme, chauvinisme en ideologie kan definieer en verduidelik en
sommige van die begrippe op Aan die einde van die renboog (Jeanne Goosten) kan toepas. By vraag
1.5 moet julle die verband tussen byvoorbeeld seksisme, chauvinisme of genderstereotipering of
patriargie en ideologie kortliks kan aantoon.
` Totaal van vraag 1 (15)
AFK1501/201



18

Vraag 2 is n verpligte vraag, soortgelyk as die vraag wat julle in werkopdrag 02 gekry het. Sorg dat julle
weet wat met omgekeerde genderstereotipering bedoel word en pas dit, soos by die werkopdrag, op
die hoofkarakters in Vir vier stemme (Hennie Aucamp) toe. Julle moet ook voorbeelde van tradisionele
genderstereotipering kan aantoon, bv. die vroulike karakter, Let, wat vir die mans drinkgoed aandra (dus
die tradisionele rol van versorger vervul). Sorg ook dat julle weet hoe die verhaal verloop, met ander
woorde hoe die verhaal begin, tot watter klimaks die verhaal kom en wat die afloop van die verhaal is.
Totaal van vraag 2 (15)

By vraag 3 kies julle tussen Karolina Ferreira (Lettie Viljoen) OF Twee vroue (Elsa Joubert).
Julle beantwoord dus in die eksamen, soos by werkopdrag 02, vraag 3.1 OF vraag 3.2.
Vraag 3.1 sowel as vraag 3.2 tel elk 20 punte. Julle kan soortgelyke vrae as wat in die werkopdrag aan
julle gestel is, verwag. (20)
Subtotaal: 50 punte
Aantekeninge: besprekingsklasse / videokonferensies
(1) Gender: Lees na in die studiegids, bladsy 131 (Wat beteken genderstereotipering? Soek in Aan
die einde van die renboog (Jeanne Goosen) (leesbundel Band 2, bladsy 457-460), na voorbeelde
van hoe mans en vrouens gewoonlik optree bv. die mans in die kroeg wat vloek en drink. Hoe
sien die mans in die kroeg die vroulike ekverteller? Is vroue (vir die mans in die kroeg) bloot
voorwerpe waaraan daar gevat moet word? Is vroue voorwerpe wat op chauvinistiese en
seksistiese wyse beledig moet word? Is daar in die verhaal ook sprake van n omkering (reversal)
van tipiese geslagsrolle (mans wat soos sissies optree en nie soos mans nie? n Vrou wat haar soos
n man gedra vloek, vuis slaan?) Die ek-verteller beskou die mans in die kroeg as varke. Watter
ander negatiewe woorde gebruik sy om hierdie mans te beskryf? (Onthou om altyd konkrete
voorbeelde uit die teks wat bespreek word, te verstrek: jy hoef egter nie lang aanhalings te memoriseer
nie.) Is daar voorbeelde van chauvinisme en seksisme in die verhaal? In watter opsig tree die vroulike
ek-verteller nie op soos mens van n vrou verwag nie (omgekeerde genderstereotipering)? In watter
opsigte tree die mans nie op soos wat n mens van n man sou verwag nie?
(2) Chauvinisme: Bestudeer die definisie van chauvinisme in die studiegids, bladsy 132
(3) Stereotipes: Maak seker dat jy weet wat stereotipe beteken bestudeer die studiegids1.4.2, bladsy
133. Jy moet vir die eksamen ook weet wat genderstereotipering is. Kyk dan of daar van
tradisionele, maar ook omgekeerde genderstereotipering sprake is in die twee verhale Aan die
einde van die renboog, Vir vier stemme. Hoe verwag ons gewoonlik moet mans optree en hoe
tree mans gewoonlik op? Hoe tree mans in hierdie verhale op? Is mans gewoonlik sterk en dapper?
Sit hulle gewoonlik in kroe en drink? Beledig hulle gewoonlik vroue? Hoe tree die vroue in hierdie
twee verhale op: is hulle versorgend? Is hulle aggressief?
(4) Seksisme: Leer die definisie in die studiegids, bladsy 134. Watter rol speel seksisme in Aan die
einde van die renboog (Jeanne Goosen)?. Gee voorbeelde van die ek-verteller (wat nie Jeanne
Goosen is nie sy is die skrywer) se seksistiese opmerkings oor die mans in die kroeg. Watter
lelike name noem sy hulle? Gee ook voorbeelde van die mans se seksistiese opmerkings teenoor die
ek-verteller. Watter beledigende name gee hulle vir haar?
(5) Ideologie: Julle moet die definisie van ideologie (studiegids, bladsy 134) ken. Die verband tussen
stereotipe en ideologie is dat dit die vaste idees is van 'n groot sosiale groep; dis simplisties; dit lei tot
starre en onversetlike denke en optrede; dit lei tot begrensing, ensovoorts.
(6) Patriargie: Bestudeer die definisie van patriargie in die studiegids, bladsy 139 Patriargie is die
sosiale onderdrukking van vroue ten gunste van mans. Is daar voorbeelde van patriargie in die twee
verhale Vir vier stemme en Aan die einde van die renboog? Gee voorbeelde hiervan as jy dit in
die verhale vind.




AFK1501/201



19

TERUGVOER OP DEEL 3: WERKOPDRAG 02
OPMERKING: Julle het punte verloor as julle antwoorde direk uit die studiegids of leesbundel
oorskryf.
VRAAG 1
1.1 By vraag 1.1 moes julle aangedui het uit watter genderstereotipiese perspektief die vroulike ek-
verteller die mans in die kroeg bekyk. Sy kyk uit n seksistiese perspektief, met ander woorde, sy
stereotipeer die mans as varke en klote asof alle mans varke is en soos varke teenoor vroue
optree. Julle moes ten minste twee voorbeelde uit die verhaal aangedui het. (3 punte)
1.2 By vraag 1.2 moes julle raakgesien het dat die mans vanuit n chauvinistiese genderperspektief
na die (vroulike) ek-verteller kyk. Hulle behandel haar asof sy n minderwaardige wese is omdat sy
n vrou is; hulle noem haar byvoorbeeld n DIT en wil haar verneder deur haar te bevoel. Julle
moes by hierdie vraag minstens twee voorbeelde uit die verhaal gebruik het om aan te dui dat die
mans die vroulike ek-verteller deur hul optrede en woorde verneder. (3 punte)
1.3 Vraag 1.3 handel in wese oor voorbeelde van omgekeerde genderstereotipering: die (vroulike)
ek-verteller tree nie op soos wat n mens verwag n vrou sou optree nie. In die kroeg slaan sy die
mans wat met haar moeilikheid soek. Die mans tree ook nie (soos helde) op soos mens van mans
sou verwag nie: hulle word bang toe sy een man platslaan, en wil skielik nie aan haar vat (slaan)
nie. Hierdeur openbaar hulle lafhartigheid hulle tree nie juis op soos n mens van sterk en
dapper mans sou verwag nie. (4 punte)
1.4 By vraag 1.4 (in studiebrief 101 verkeerdelik as vraag 1.2 genommer) moes julle ideologie en
patriargie gedefinieer het. Die definisie van ideologie sal jy in die studiegids op bladsy 134 en die
definisie van patriargie op bladsy 139 van die studiegids kry. (Definisies verdien 5 punte.)
[15]
VRAAG 2: Vir vier stemme (Hennie Aucamp)
2.1 By Vraag 2.1 moes julle die titels van elk van die vier dele asook die vertellers by elke deel
weergegee het. In al vier die dele is daar n derdepersoonsverteller maar in elk van die vier dele is
daar n persoonsgebonde fokalisator.
(1) n Grap is n grap (1) (Oom Toon Lourens gee sy weergawe, n ek-verteller wat ook na oom Frik
verwys)
(2)... (kyk op watter karakter die hooffokus is is dit Beimen? Freddy? Let? (8 punte)
2.2 By Vraag 2.2 moes julle die drie karakters genoem het wat by die liefdesdriehoek betrokke was:
Freddy McTavish, Beimen Botes en Let van Onselen. (3 punte)
2.3 Vraag 2.3 het vereis dat jy Let in terme van (tradisionele) genderstereotipering moes beskryf: soms
(gee voorbeelde uit die verhaal) tree Let op soos ons verwag n vrou sal doen: sy dra drinkgoed vir
die mans aan, sy versorg Beimen se klere. Uit beskrywings in die verhaal, lyk Let egter nie soos n
tipiese vrou nie (gee gepaste voorbeelde uit die verhaal) en tree sy ook nie op soos n mens van n
vrou sou verwag nie (gaan soek gepaste voorbeelde hiervan in die verhaal). (2 punte)
2.4 In terme van genderstereotipering sou Freddy McTavish ook nie as die ruwe manlike soort (soos
Beimen byvoorbeeld) beskryf kan word nie. Freddy lyk en tree nie op soos wat n mens
normaalweg van n man sou verwag nie (soek gepaste voorbeelde hiervan uit die verhaal). (2 punte)
[15]

AFK1501/201



20

VRAAG 3:

3.1 Die ooreenkomste en verskille tussen Karolina Ferreira en n populre liefdesverhaal

(a) Ooreenkomste
Terwyl Karolina op pad is na Voorspoed, besoek sy n toekomsvoorspeller. Hierdie toekomsvoorspeller
voorspel n man in Karolina se toekoms en sy beweer hierdie man sal haar altyd liefh. (Soek gepaste
aanhalings uit die boek om hierdie bewerings te staaf.)

In die roman word die begin en die verloop van Karolina se verhouding met Jess Jankowitz uitgebeeld.
Karolina ontmoet Jess die eerste keer in n kafee met die naam Rendezvous (die Franse woord vir
[romantiese] ontmoeting). Dit voorspel as t ware romanse vir Karolina en Jess. (Staaf met aanhalings
uit die verhaal.)

In die slot van die roman verklaar Jess aan Karolina dat hy haar liefhet. Hoewel die slot van die verhaal
oop is, word daar tog n blywende toekomstige verbintenis tussen Karolina en Jess gesuggereer. (Gee
gepaste voorbeelde uit die verhaal.)

(b) Verskille
In die populre liefdesroman (julle verdien ekstra punte as julle die naam van n roman wat julle gelees het,
gee) word op n liefdesverhouding gefokus, maar in hierdie roman val die fokus nie op die
liefdesverhouding tussen Jess en Karolina nie. Die hooffokus van die roman is eerder Karolina se
navorsing oor motte, haar vriendskappe met Pol en Willie en haar gereelde dansery met Kolyn. (Gee
gepaste voorbeelde uit die verhaal.) Gee n volledige beskrywing van haar verbintenisse met Willie, Pol,
Kolyn, Gert Els en wat elk van hierdie kwaliks vir haar beteken.

In n tradisionele liefdesverhaal wek die liefde by die personasies n gevoel van gelukkigheid, maar by
Karolina gebeur die teenoorgestelde. In plaas daarvan dat haar liefde vir Jess haar n gevoel van geluk
gee, maak dit haar roekeloos, ongeduldig, radeloos en beangs.
In die tradisionele liefdesverhaal is dit gewoonlik die vroulike karakter wat van die man se liefde afhanklik
is, maar in hierdie verhaal is dit Jess wat van Karolina se liefde afhanklik is en Karolina smeek om sy
geliefde te bly. (Gee gepaste voorbeelde uit die verhaal.) (20)

OF

3.2 Pampas as n ongewone liefdesverhaal

Hierdie verhaal is nie n tradisionele liefdesverhaal wat gelukkig begin en gelukkig eindig nie.
Julle het punte verdien as julle aangetoon het dat:
Elvira en Ben se besluit om met mekaar te trou niks met liefde of verliefdheid te doen gehad het nie
(Waarom het hulle besluit om met mekaar te trou?)
hul skeepsreis na Argentini nie n ware wittebroodsreis was nie
Elvira teleurgesteld was toe sy Ben se onherbergsame plaas in Patagoni sien
Ben en Elvira armoedig in Patagoni lewe (n sukkelbestaan voer)
Elvira die lewe aan drie dogters skenk
Ben en Elvira se vierde kind, n seun, kort n geboorte sterf en hulle al minder met mekaar kan
kommunikeer
die onherbergsaamheid van die landskap (koue, ys, wind, uitgestrekte vlaktes) n hul seun se
afsterwe vir Elvira te veel word (gee hier inligting oor die afgestorwe seuntjie)
AFK1501/201



21

Elvira Ben en Patagoni verlaat en terugkeer na Suid-Afrika waar sy uiteindelik in eensaamheid
sterf. Die sirkelgang van haar reis vanaf Suid-Afrika na Argentini en haar terugkeer na Suid-Afrika
hou verband met haar gebrek aan werklike verandering. Sy bly n afsydige mens - een wat min
verandering toon. Die liefdesverhaal eindig dus ook nie gelukkig nie. (20)

Subtotaal: [50 punte]
Me. L. Jacobs














































AFK1501/201



22


WERKOPDRAG 2

DEEL 4: JEUGLETTERKUNDE

Dosent: Me. Ihette Jacobs

012-429-6988

jacobi1@unisa.ac.za



INLEIDING


Hierdie afdeling van die studiebrief sluit die volgende inligting in:

'n Raamwerk van die memorandum van DEEL 4 van Werkopdrag 02 (verpligtend vir
onderwysstudente)
Eksamentoeligting oor die AFK1501-vraestel (DEEL 4) van November 2012
Omdat ek tydens die besprekings- (in Pretoria) en videoklasse (na Durban en Kaapstad) na
dieselfde inligting verwys, bevat hierdie gedeelte van die studiebrief nie afsonderlike inligting oor die
besprekings- en ander klasse nie. Hierdie studiebrief kan dus gesien word as 'n opsomming van die
inhoud van die besprekings- en videoklasse.

Let asseblief daarop dat die terugvoer en inligting wat in hierdie studiebrief verskaf word nie
modelantwoorde op die werkopdrag f vir die eksamen bevat nie. In plaas daarvan bevat dit raamwerke of
aanduidings van die inhoud waaruit jou antwoorde sou kon bestaan. Dit is dus jou eie verantwoordelikheid
om tydens jou voorbereiding vir die eksamenvraestel bykomende inligting, voorbeelde uit die tekste,
verduidelikings, motiverings en interpretasies te ontwikkel en by te werk, met die inligting in hierdie
studiebrief as 'n vertrekpunt.


WERKOPDRAG 02

DEEL 4

VRAAG 1 (keusevraag)


Vraag 1.1

Maak seker dat jy die konsepte genderkwessies en ekologiese kwessies kan definieer in jou eie woorde
en voorbeelde daarvan uit die teks kan identifiseer.

(a) Genderkwessies:
Moontlike definisie: Die problematiek rondom die verskille tussen manlike en vroulike karakters
(mense). Oorsprong is dat die identiteit van die man/vrou bepaal word deur die kultuur, samelewing en
geskiedenis wat hulle gevorm het.

Enkele moontlike voorbeelde: Dat Tandjies nie glo dat 'n wyfiehaas (bl. 34 van 'n Haas moet doen
wat 'n haas moet doen) hulle sal kan help nie en dat Jacqueline net die heeltyd vir haar weerkaatsing
AFK1501/201



23

wil kyk, dus obsessief is oor haar voorkoms en om aandag te trek. Dit is tipies van 'n stereotipiese
chauvinistiese manlike en stereotipiese ydele vroulike karakter. Dink nou self aan nog voorbeelde.

(b) Ekologiese kwessie:
Moontlike definisie: Probleemkwessies wat sentreer rondom die natuur of groen-kwessies.
Probleemkwessies rondom die mens se interaksie met die natuur.

Enkele moontlike voorbeelde: Verwys na bladsy 208 in die studiegids.

Let wel: Daar is by hierdie vraag punte verloor omdat studente nie die ekologiese probleem benoem,
sowel as 'n voorbeeld van die kwessie/probleem soos dit in die teks voorkom nie. Bv.
Probleemkwessie: Die gebruik van diere in wetenskaplike eksperimente en Voorbeeld uit die teks:
Pieter wil Gerda (as haas) vir sy biologieprojek opkook (bl. 15 van Haas moet doen wat haas moet
doen).


EKSAMENWENK 1: Fokus spesifiek op hoe genderkwessies as aktualiteit
voorgestel word in Koning-Koning Kriek se koninkryk.

Jy moet met ander woorde genderkwessies kan definieer en ook voldoende en
relevante voorbeelde uit die teks kan noem wat hierdie kwessies illustreer. Let
wel: Die vraag behels nie dat jy beskrywing van Koning-Koning Kriek se
koninkryk moet gee nie, maar die fokus van die antwoord moet op die
genderkwessies wees.


Vraag 1.2

Dit is belangrik om in die eerste plek die vereiste wat Steenberg stel vir die slot van die teks (in terme
van kinderliteratuur) te definieer. Gaan lees weer die artikel Kinderboeke is dit literatuur? in jou
leesbundel. Wat kan jy uit die artikel aflei in terme van die slot van 'n kinderboek?

Moontlike afleidings oor die slot van die kinderverhaal:
Die hoofkarakter moet groei tot positiewe insig, of 'n boosheid of swakheid oorwin.
Die boosheid/swakheid kan innerlik, met ander woorde deel van die karakter se karakter wees,
of dit kan uiterlik wees, met ander woorde deel van die omgewing of werklikheid waarin die
karakter hom/haar bevind.
Dit kom daarop neer dat die verhaal 'n gelukkige einde moet h en ook nie 'n einde waarin
onopgelosde kwessies bly hang nie.


EKSAMENWENK 2: Eerstens is dit belangrik om 'n deeglike en deurdagte
uiteensetting/definisie van Steenberg se vereistes vir die slot van 'n kinderverhaal te
kan gee. Tweedens moet die komponente van hierdie uiteensetting/definisie toegelig
word met relevante voorbeelde uit die slot van 'n Haas moet doen wat 'n haas moet
doen. Soek self voorbeelde in hierdie verband en laat die puntetoekenning van die
vraag vir jou 'n aanduiding wees van hoeveel voorbeelde om te noem. Wanneer die
vraag byvoorbeeld 10 punte tel, sal 2 punte toegeken word vir die definisie van die
vereistes vir die slot en 8 punte vir die voorbeelde uit die teks. Dit impliseer dat jy in so
'n geval 8 voorbeelde uit die teks kortliks moet noem om jou 8 punte te kan verdien.
Wees ook spesifiek in die voorbeelde wat jy noem en s watter deel van jou definisie
deur watter voorbeeld gellustreer word.
Enkele moontlike voorbeelde:
Die verhaal het 'n gelukkige einde, want die probleme tussen die diere en die
AFK1501/201



24

mense word opgelos.
Gerda het aan die begin van die verhaal baie vaal (en bang) gevoel, maar
hierdie swakheid word oorwin wanneer sy gekies word om die diere te help en
dan ook dit in dapperheid doen.
Soek nou self nog soortgelyke voorbeelde, met ander woorde, vra jouself af:
Wat maak van hierdie slot 'n gelukkige slot waarin die goeie bo die slegte
triomfeer en alle kwessies opgelos word?

Vraag 1.3.

Maak seker dat jy aan al drie die komponente wat gevra word, aandag gee in jou antwoord. Dit is
belangrik om in die eerste plek 'n duidelike definisie te kan gee vir die konsepte van primre
werklikheid en sekondre werklikheid. Gaan lees in hierdie verband weer die verduideliking op bladsy
206 in jou studiegids. Formuleer dan jou eie verduideliking van die twee konsepte. Tweedens moet
daar in die bespreking van Gerda as fantasiekarakter en Moya en ook ander karakters as
fantasiekarakters deurgaans gebruik gemaak word van die terme primre werklikheid en sekondre
werklikheid. Dit wat met Gerda gebeur en hoe sy met ander diere en mense interaksie het, kan verdeel
word in haar mens-werklikheid (= primre werklikheid) en haar haas-werklikheid (= sekondre
werklikheid). Dit is binne die sekondre werklikheid wat ons fantasie-elemente aantref.
Soek nou self voorbeelde van fantasie-elemente in die verhaal, in terme van Gerda se karakter,
haar avonture, Moya se karakter, ander fantasiekarakters. Wenk: Laat weereens die
puntetoekenning van die vraag vir jou 'n aanduiding wees van hoeveel voorbeelde jy moet noem.


EKSAMENWENK 3: Wanneer enige fantasiekarakter/fantasiekarakters, wat in 'n Haas
moet doen wat 'n haas moet doen voorkom, bespreek moet word:
Maak die rol wat die primre werklikheid en sekondre werklikheid speel in die
uitbeelding van die fantasiekarakter deel van jou bespreking.
Een voorbeeld hiervan is:
Gerda se karakter: Sy beweeg van die primre werklikheid (as Gerda-mens) na
die sekondre werklikheid (as Gerda-haas, die fantasiekarakter) en weer
terug na die primre werklikheid in die slot.

Die sekondre werklikheid is die fantasieruimte, gaan dink nou self na oor wat in die
verhaal fantasie is en wat nie. Watter karakters is fantasiekarakters? Hoekom s jy so?
Dit wat nie fantasie is nie, behoort tot die alledaagse gewone (primre) werklikheid, 'n
realistiese lewe soos di van Gerda as mens. Dit wat wel fantasie is, behoort tot die
sekondre werklikheid en staan buite die realiteit. Hierin is die onmoontlike moontlik,
kan diere praat, het hulle menslike eienskappe, kan hulle planne beraam, het hulle elk
hulle eie persoonlikheid, kan hulle in 'n taal met mekaar kommunikeer, kan aasvols 'n
haas help om haar pad te vind, ensovoorts.


Vraag 2 (keusevraag)

Let wel: Die nommering van Vraag 2 in die Studiebrief101 by Werkopdrag 02 DEEL 4 is foutief, daar
word deurgaans na Vraag 2 se vrae verwys as 3.1, 3.1.1, 3.1.2, 3.2, 3.2.1, 3.2.2, 3.2.3, en 3.2.4. Om
verwarring te vermy sal ek ook in hierdie memorandum-raamwerk by dieselfde nommering bly as wat
in die studiebrief gebruik word.

Vraag 3.1

3.1.1 Die vraag moet beantwoord word deur vyf redes te gee wat na jou mening kan verduidelik
hoekom Hanna aan die einde van die verhaal nie meer dieselfde is as aan die begin van die verhaal
AFK1501/201



25

nie. Met ander woorde, daar het karakterontwikkeling plaasgevind, daar was progressie in die
verloop van die verhaal, want Hanna het 'n gesonde/goeie selfbeeld aan die einde van die verhaal: Jy
moet hierdie standpunt kan motiveer deur na vyf bewyse daarvan in die teks te soek. Onthou om in
gedagte te hou dat die vraag handel oor Hanna se karakterontwikkeling en dus hoe haar selfbeeld
groei verduidelik dus deurgaans hoekom die voorbeelde wat jy noem relevant is.
Twee moontlike voorbeelde van motiverings waarom daar karakterontwikkeling plaasgevind het:

1. Die karakters in Hanna se verbeeldingswreld kry na die einde van die verhaal al hoe minder
prominensie. Dit is 'n aanduiding daarvan dat Hanna se selfbeeld verbeter en dat sy haar eie
verhaal as waardevol/noemenswaardig begin sien en meer daaroor wil skryf.
2. Hanna kom tot insigte oor haarself en oor die lede van haar uitgebreide familie. Met ander woorde
sy begin met minder vooroordeel, 'n oper gemoed, meer deernis en 'n meer volwasse perspektief
na die wreld om haar kyk. Dit getuig van 'n beter selfbeeld en karakterontwikkeling.
3. Soek nou self na verdere voorbeelde!


EKSAMENWENK 4: Maak seker dat jy vyf redes kan aanbied as motivering vir Hanna
se karakterontwikkeling. Let egter op na die puntetoekenning: Die vraag tel 10 punte
en dus sal twee punte per rede toegeken word. Dit behels dat jy nie net 'n rede moet
noem nie (verdien slegs een punt), maar ook vir die tweede punt die rede baie kortliks
moet motiveer deur na die teks te verwys.


3.1.2 In die beantwoording van hierdie vraag is dit van uiterse belang dat jy jou laat lei deur die
puntetoekenning. Jy moet in hierdie vraag vier van jou redes bespreek deur na die teks te verwys. Dit
impliseer dat die bespreking van elke rede ongeveer 10 punte sal tel (die vraag tel in totaal 40 punte).
Om 10 punte te verdien, moet jy ten minste 10 kernidees/stellings/voorbeelde/aanhalings uit die teks
noem. Daar moet dus breedvoerig na Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom verwys word en jy
moet insig in en kennis van die teks illustreer.


EKSAMENWENK 5: Indien 'n soortgelyke vraag in die eksamen sou voorkom, maak
weereens gebruik van die puntetoekenning as aanduiding van hoeveel inligting jy in jou
antwoord moet insluit. Maak ook seker dat jy die vraag baie deeglik lees en seker is
van die hoeveelheid redes wat jy moet bespreek.


Vraag 3.2

Die eerste drie afdelings van Vraag 3.2 (3.2.1, 3.2.2 en 3.2.3) sentreer rondom die probleme wat
Hanna as tienermeisie, wat deel is van 'n buitengewone gesin, ondervind. Gaan lees weer bladsy
216-218 in jou studiegids. Die vraag behels dus dat jy bespreek:

3.2.1 Watter probleme Hanna ondervind
3.2.2 Hoe sy op hierdie probleme reageer
3.2.3 Hoekom sy so reageer op haar probleme

*Let wel: Vraag 3.2.3 vereis jou eie interpretasie van, insig in en mening van die verhaal(gebeure) om
sodoende te verduidelik hoekom Hanna reageer soos wat sy doen. Met ander woorde, wat die
motivering agter haar reaksie op haar probleme is. Jy moet egter jou antwoord kan staaf met
genoegsame en relevante voorbeelde uit die teks.



AFK1501/201



26


EKSAMENWENK 6: Vraag 3.2.1 behels dat jy 'n aantal probleme moet lys wat
Hanna in haar lewe ondervind. Dit is belangrik dat jy, met die eksamen in gedagte,
verder gaan nadink oor die relevansie van hierdie probleme. Met ander woorde, vra
jouself die volgende vrae af:

Sal ander tienerlesers kan identifiseer met die probleme wat Hanna ondervind?
Dink aan die dinge waaroor sy wonder en waaraan sy dink, die manier hoe
sy haarself sien, haar taalgebruik, haar lewensuitkyk, haar omstandighede,
haar innerlike en uiterlike ervaringe en so meer. Is al hierdie dinge uniek aan
Hanna, of beleef ander tieners soortgelyke probleme, ervaringe en sienings?
Maak seker dat jy jou bespreking hiervan kan staaf met genoegsame
voorbeelde uit Hanna Hoekom, laat die puntetoekenning jou weer lei in hierdie
verband.


3.2.4 Gaan lees weer bladsy 218-219 in jou studiegids. Sprokies, oor die algemeen en as intertekste
(wanneer daar spesifiek verwys word na sprokies en ander verhale in Die ongelooflike avonture van
Hanna Hoekom) kan gesien word as verrykend vir die betekenis van die verhaal. Jou antwoord op
hierdie vraag moet insig in die teks illustreer en dit is belangrik om tot die besef te kom dat die rol wat
sprokies en ander verhale speel verband hou met:

1. Waardes/waardesisteme Sprokies leer die leser van en beklemtoon die verskil tussen goed en
kwaad, die aanvaarbare en onaanvaarbare, goeie en bose karakters en so meer. Kan jy voorbeelde
hiervan uit die teks noem?
2. Hanna se karakterontwikkeling Hanna ontwikkel tot 'n persoon wat vooroordeel kan afl, veral
in haar siening van Margot. Sy beskryf aan die begin van die verhaal byvoorbeeld vir Margot in
sprokiesterme: sy noem haar spottend 'n heks, asook 'n koningin wat nie bereid is om te help met
die huishoudelike takies nie (bl. 72). Teen die einde van die verhaal beskou sy egter vir Margot as 'n
fassinerende moederfiguur of ook iemand tussen 'n bose heks en 'n fee (bl. 167) en binne die
konteks is dit 'n gunstige verwysing. Dit getuig dus daarvan dat Hanna groei as karakter en ook van
'n sterker selfbeeld wat verby die voorgee kan kyk en meer objektief kan wees.
3. Familie-dinamiek Stiefmoeders en susters word dikwels in sprokies aangetref, maar in Die
ongelooflike avonture van Hanna Hoekom ontwikkel Hanna tot begrip en aanvaarding vir en van
haar stieffamilie en uitgebreide familie.

EKSAMENTOELIGTING


DEEL 4 VAN DIE VRAESTEL MAG IN AFRIKAANS OF ENGELS BEANWOORD
WORD.
PART 4 OF THE EXAM PAPER MAY BE ANSWERED IN AFRIKAANS OR
ENGLISH.
Beantwoord Vraag 1 OF Vraag 2
Answer Question 1 OR Question 2


VRAAG 1

1.1 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen Martie Preller

(a) Hierdie vraag tel 10 punte en is soortgelyk aan Vraag 1.1 (a) van Werkopdrag 02 Deel 4. Neem
kennis van Eksamenwenk 1 (hierbo).
AFK1501/201



27

(b) Hierdie vraag tel 4 punte en handel oor die vergelyking van Koning-koning Kriek se fantasie-
koninkryk met politieke bestel in die primre werklikheid.
Om vraag 1.1 (b) te kan beantwoord, gaan dink na oor die volgende: Koning-Koning Kriek se
koninkryk bestaan binne die sekondre werklikheid. Kan dit egter ges word dat sekere
elemente en eienskappe van sy koninkryk herinner aan koninkryk/regering wat ons in die
primre werklikheid kry? Gaan lees op bladsy 208 van die studiegids oor die vergelyking van
die fantasie-koninkryk in die boek met die politiek in die primre werklikheid. Maak seker dat
jy jou antwoord kan staaf met voorbeelde uit die teks.

1.2 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen Martie Preller
(a) Hierdie vraag tel 10 punte en is soortgelyk aan Vraag 1.2 van Werkopdrag 02 Deel 4. Neem ook
hier kennis van Eksamenwenk 2 (hierbo).
(b) Hierdie vraag tel 6 punte en handel oor fantasie-elemente in 'n Haas moet doen wat 'n haas moet
doen.
Deel 1 van die vraag tel 2 punte:
Gaan dink na oor watter mens-karakters in die boek dieretaal kan verstaan. Karakters soos die
president, Moya, Helena en Matolo. Watter eienskappe het hierdie karakters wat hulle in staat stel
om dieretaal te kan praat?
Wenk: Gaan lees in jou studiegids op bladsy 205.

Deel 2 van die vraag tel 2 punte:
Gaan lees weer die laaste 10 bladsye van 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen. Gaan dink
oor die volgende: Kan Gerda steeds begryp wat diere soos Koning-koning Kriek en Kerneels aan
haar wil kommunikeer nadat sy weer 'n mens-karakter geword het? Hoe is dit moontlik? Is dit dalk
die geval dat sy kan begryp wat die diere wil s, al kan sy nie meer hulle taal verstaan nie, omdat sy
uit haar ervaringe (as haas) geleer het en haar insig haar nou in staat stel om te weet wat die
behoeftes van diere is?

Deel 3 van die vraag tel 2 punte:
Wanneer Gerda aan die begin van die verhaal in haas verander, herken en verstaan haar ouers
haar nie wanneer sy met hulle probeer kommunikeer nie. Aan die einde van die verhaal, verstaan
hulle haar egter terwyl sy nog haas is en dieretaal praat. Watter redes kan jy aanvoer vir hierdie
verandering wat plaasgevind het? Dui dit dalk iets aan van die ontwikkeling wat daar ook by Gerda
se ouers plaasgevind het? Het hulle ook tot sekere insigte gekom of geleer om te glo in dit wat
onwaarskynlik mag lyk? Wat dink jy?

1.3 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen

a) Hierdie vraag tel 6 punte en is soortgelyk aan een van die onderafdelings van Vraag 1.3 van
Werkopdrag 02 Deel 4. Maak seker dat jy 'n deeglike definisie/uiteensetting kan gee van die terme
primre werklikheid (3 punte) en sekondre werklikheid (3 punte).
b) Hierdie vraag tel 10 punte en behels dat jy drie karakters uit 'n Haas moet doen wat 'n haas moet
doen moet kan bespreek as fantasiekarakters. Verwys terug na Eksamenwenk 3 (hierbo). Fokus
veral in jou voorbereiding op karakters soos Andries en Yvonne (5 punte) en Tandjies (5 punte).
Lees die vraag in die eksamen met aandag en maak seker dat jy die karakters bespreek wat gevra
word.
c) Hierdie vraag tel 4 punte en handel oor die karakter, Moya. Gaan dink na oor die volgende: Kan
Moya gesien word as karakter wat bestaan binne die primre werklikheid of die sekondre
werklikheid? Hoekom s jy so? Wat maak van haar fantasiekarakter? Is sy ook deel van die
primre werklikheid? Noem voorbeelde uit die teks om jou bewerings te staaf.




AFK1501/201



28

VRAAG 2

3.1 Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom Marita van der Vyver
Hierdie vraag tel 10 punte en is soortgelyk aan Vraag 3.1.1 van Werkopdrag 02 Deel 4. Verwys ook
terug na Eksamenwenk 4 (hierbo).

3.2 Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom Marita van der Vyver
Hierdie vraag tel 30 punte en is soortgelyk aan Vraag 3.1.2 van Werkopdrag 02 Deel 4. Daar sal
egter van jou verwag word om slegs twee van die redes, genoem by die voorafgaande vraag, te
bespreek. Verwys ook terug na Eksamenwenk 5 (hierbo).

3.3 Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom Marita van der Vyver
Hierdie vraag tel 10 punte. Ter voorbereiding van hierdie vraag, kan jy gaan nadink oor die wenke
wat gegee is in Eksamenwenk 6 (hierbo).








































AFK1501/201



29


WERKOPDRAG 02
DEEL 5
Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika
Dosent
Mnr. N. Cochrane
Kontakbesonderhede
Telefoon: (012) 429 6628
E-pos: cochrn1@unisa.ac.za
Faks: (012) 429 8094 (Vir aandag: Mnr. Neil
Cochrane)


Beste studente
Baie dankie vir julle harde werk die afgelope semester. Di van julle wat onderskeidings behaal vir
afdeling 5 kom in aanmerking vir aantreklike beurse van die Nederlandse Taalunie vir
tweedejaarstudie aan Unisa. Kontak gerus so gou moontlik vir mnr. Terrence Carney
(carnetr@unisa.ac.za of 012 429 6683) in di verband.

EKSAMENWENKE
In die eksamen sal daar geen verrassings wees nie. Die eksamenvrae oor die Nederlandse afdeling
stem min of meer ooreen met die vrae wat in die werkopdrag verskyn. Neem asseblief die volgende
in ag:
weens die moeilike verkrygbaarheid van die roman Oeroeg sal eksamenvrae oor hierdie teks weer
as n keusevraag aangebied word;
al die relevante gedigtekste sal op die vraestel verskyn. Dieselfde gedigte wat in die opdrag betrek
is, sal weer in die eksamen betrek word. Geen onvoorbereide gedigte sal gevra word nie;
studente word deurgaans ryklik beloon vir selfstandige insigte, veral waar hierdie insigte met behulp
van voorbeelde gestaaf word;
studente wat klakkeloos gedeeltes uit die studiegids memoriseer, ontvang nie n slaagsyfer nie;
kriptiese antwoorde wat nie in volledige sinne weergegee word nie, word ook nie ten volle beloon
nie.

STRUKTURERING VAN EKSAMENVRAE
Vraag 1: Doen vraag 1.1 (Stenen die lopen) of 1.2 (De hond) vir 10 punte
Vraag 2: 10 punte (Alinea 9)
Vraag 3: Doen vraag 3.1 (Oeroeg) of 3.2 (De landmeter) vir 15 punte sorg dat jy kortvrae (fokus
op analise en interpretasie) oor die gedig kan beantwoord.
Vraag 4: 15 punte (Het aardrijk) gee aandag aan die titel asook verskillende ruimtes en kulture
wat in die gedig voorkom. Totaal: 50 punte
AFK1501/201



30

As voorbereiding vir die eksamen moet jy asseblief die kommentaar op jou gekorrigeerde werkstuk
nagaan en jy kan ook my volgende kommentaar op die werkopdrag hieronder bestudeer om te
verseker dat jy in die eksamen goed presteer.
KOMMENTAAR OP WERKOPDRAG 06
VRAAG 1 (5 punte)
Die beste manier om hierdie vraag aan te pak, is om eerstens die verskillende verwysings na die
klippe in die verhaal te identifiseer en te bespreek, en om tweedens te besluit of die klippe n
besondere betekenisvolheid in die verhaal verkry.
Voorbeelde van vermeldings van die klippe in die verhaal is die volgende:
Tydens die treinreis na Vosburg merk die verteller op: En stenen en stenen. Zoveel stenen. Veel
meer stenen dan de ontelbare grindsteentjes op het paadje tussen de deur en het konijnehok achter
in de tuin. De tuin van het huis waar wij niet meer woonden. Een van die eerste indrukke wat die
verteller van haar nuwe tuiste in Suid-Afrika het, is die groot aantal klippe in die nuwe omgewing. In
Nederland was die verteller se ervaring van klippe klaarblyklik beperk tot die gruisklippies in hulle
tuin. Die klippe word dus redelik gou tekenend van die jong verteller se vervreemding binne haar
nuwe omgewing.
Die verteller en haar broer merk op dat daar twee begraafplase in hulle nuwe dorp is. Die grafte in
die een begraafplaas bestaan uit hopies grond en op die grafte van die ander begraafplaas pryk
daar gladde blink grafstene. Die twee kinders besluit dat die mense wat in die armoediger
begraafplaas begrawe is, in die hel is en dat die mense wat in die netjieser begraafplaas met die
grafstene in die hemel is. Hierdie gevolgtrekking spreek van hulle onkunde oor die rasseverdelings
in Suid-Afrika. Hulle besef nie dat die bevoorregte wit mense se grafte met blink grafstene versier
word nie en dat die arm bruin mense nie genoeg geld vir sulke netjiese grafstene het nie. Die
grafstene is dus tekenend van die rassediskriminasie wat wit mense bo bruin mense bevoordeel
het.
In hulle nuwe omgewing verwar die twee Nederlandse kinders ook die skilpaaie van Suid-Afrika met
stenen die lopen (lopende klippe). Hulle versamel n paar van hierdie lopende klippe en perk
hulle in hulle agtertuin in sodat hulle nie kan ontsnap nie. Aangesien die kinders nie besef dat die
lopende klippe in werklikheid diere is nie, kom dit nie by hulle op dat hierdie klippe kos en water
moet kry nie. Ten slotte noem die nuwe buurman hulle dom Kaaskoppe omdat hulle nie tussen
klippe en skilpaaie kan onderskei nie.
Op verskillende maniere word die klippe (ook die lopende klippe) simbolies van die vervreemding
wat die Nederlandse immigrante in Suid-Afrika ervaar. Hulle is nie vertroud met die nuwe klipperige
omgewing en die vreemde diereryk nie. Verder is hulle onkundig oor die sosiale omstandighede (die
rasseproblematiek) wat in Suid-Afrika heers.

VRAAG 2 (10 punte)
Emma Huismans se verhaal De hond maak talle spronge in die tyd. Vraag 2 vereis n
kronologiese ordening van die belangrikste gebeure in die verhaal. De hond is n lang verhaal en
dit is nodig om slegs die belangrikste tien gebeurtenisse te identifiseer en dan kronologies weer te
gee; uiteraard is dit goed moontlik dat verskillende lesers verskillende gebeurtenisse as belangrik
sal eien. n Wye aantal antwoorde is dus moontlik, maar wat vir my veral van belang is, is of julle
die kronologiese verloop van die verhaal kan rekonstrueer.
Die verhaal verloop kronologies soos volg:
Die gebeurtenis wat die verste terug in die kronologie geplaas word, is die feit dat die verteller se
familie sowat 40 jaar gelede uit Nederland na Suid-Afrika verhuis het. Die verteller het later as
volwassene by die anti-apartheidstryd betrokke geraak en in n poging om van hierdie stryd te
ontvlug, het sy n navorsingspos by n universiteit aanvaar om bestaande strukture in die
AFK1501/201



31

plattelandse omgewing digby die Kruger-Wildtuin op te teken. Tydens haar navorsing ontmoet sy
die swart vrou, Nondwe, saam met wie sy n tuinbouprojek aanpak nadat haar navorsingsverslag
afgehandel is. Kort na die begin van die tuinbouprojek ontferm die verteller haar oor n
rondloperhond wat sy as haar eie aanneem. Die politiek dreig toenemend om die tuinbouprojek te
ontwrig die korrupte hoofman eis n deel van die opbrengs en investering wat die verteller en
Nondwe in die nuwe groentetuine maak en die plaaslike swart jeugdiges kom in opstand teen die
korrupsie van die plaaslike owerhede. Eendag tydens n besoek van die polisie aan die dorp met
sy tuinbouprojek dwaal n olifant die gebied binne. Die verteller se hond probeer om die olifant te
verdryf, maar die olifant maak die hond dood sodat dit uiteindelik die wit polisieman is wat die
groot dier met sy haelgeweer verdryf. Die verteller verhuis hierna na Nederland en in haar nuwe
tuisstad kom sy eendag sirkusolifantjies te wat haar aan haar Suid-Afrikaanse verlede herinner.
Dan kom Nondwe op n besoek aan Nederland om geld in te samel vir haar gemeenskapsprojekte
in Suid-Afrika. Die verteller ontmoet haar by die stasie en hulle begin dan weer oor die
tuinbouprojek te gesels.
VRAAG 3 (10 punte)
By hierdie vraag moes jy aandag gegee het aan onder meer die volgende wat ook gedeeltelik op
pp. 247 249 van die studiegids bespreek word:
Dawoed probeer om elemente van die Durbanse omgewing te vergelyk met elemente uit
Iran/Persi, sy land van herkoms. Sy land van herkoms is steeds sy verkose verwysingsraamwerk
van waaruit hy die nuwe Suid-Afrikaanse omgewing waarneem en nie sy aangenome tuisland, dit
wil s Nederland, nie. Alinea 9 begin met n aanhaling uit n ou Persiese verhaal. Die monster
(Gorosh) wat in hierdie aanhaling vanuit die Nyl opduik om n kameel op te vreet kan geskakel word
met die haaie wat aan die Natalse kuslyn hou. Boonop is die haaie in die Natalse kuswaters ook uit
sy verlede aan hom bekend, aangesien hy herinneringe het aan die kinders wat in die Persiese Golf
deur haaie gevang is. Die verteller (Dawoed) is verder daarvan bewus dat die Persiese Golf deel is
van die Indiese Oseaan as hy dit sou kon volhou, sou hy onbelemmerd vanaf die Durbanse strand
kon deurswem na die Persiese Golf en by implikasie tot by sy land van herkoms, Iran. Verder vind
hy aanklank by die Indirs in Durban aangesien talle Indiese fabels ook deel van die Persiese
kultuur is.
In Durban is Dawoed verlig dat die Suid-Afrikaners, byvoorbeeld die nuwe begeleier, ook sukkel met
die Nederlandse taal en hulleself voortdurend korrigeer. Hy is tydelik bevrijd van een zware last
aangesien hy in Durban nie meer so nougeset op sy Nederlandse grammatika hoef te let nie. Die
Suid-Afrikaners het de Nederlandse taal op de kop gezet sodat Dawoed se angstigheid oor
korrekte Nederlands vir eers kan verval.
Desmond, die Ugandese immigrant in Suid-Afrika, pas Dawoed se klere op terwyl hy langs die
strand draf. Met Dawoed se terugkeer, gee hy die klere weer veilig terug aan Dawoed. Met sy
optrede verbreek hy die stereotipiese en xenofobiese veronderstelling dat migrante geneig is tot
diefstal. Desmond bewys dat hy juis besonder bedagsaam is en Dawoed se eiendom opgepas het.
Desmond se armoedige woonomstandighede is enigsins vertroud vir Dawoed aangesien hy tydens
sy vlug uit Iran ook in soortgelyke omstandighede moes woon: Ik kende zijn spullen. De oude
krant, het botte mes en de geur van de thee. Alles was vertrouwd voor mij.
Uit die bogenoemde blyk dit dat Dawoed graag identifikasiepunte soek tussen sy land van herkoms
en die Durbanse omgewing. So identifiseer hy sterk met Desmond wat net soos hy ook n migrant in
n vreemde land is. Nederland as Dawoed se aangenome tuiste lyk in vergelyking met Suid-Afrika
baie minder bekend en herbergsaam weens die feit dat Dawoed soveel kontakpunte/ooreenkomste
tussen Iran en Suid-Afrika kan identifiseer.

VRAAG 4 (5 punte)
4.1 Die passasie is n aanhaling uit die werk van die Persiese skrywer Naser Gosro (sien p. 247 van die
studiegids).
AFK1501/201



32

4.2 Daar is n hele paar ooreenkomste tussen die passasie uit Naser Gosro se teks en die vertelling van
Dawoed se besoek aan Durban.
Net soos die ik in die aangehaalde passasie wat sy hande in die Nyl gewas het, het Dawoed in
Durban besluit om in die see te gaan swem. Sowel in die Nyl as in die Indiese Oseaan aan die
KwaZulu-Natalse kus kom gevaarlike gediertes voor. In die Nyl is daar n dier (heel moontlik n
krokodil) wat in n japtrap n kameel verslind en daar is boonop n monster, Gorosh, wat weer di dier
in die Nyl verslind. In die see by Durban is daar weliswaar nie n monster soos Gorosh nie, maar daar
is wel gevaarlike haaie. Die haaie word deur haainette van die strand weggekeer net soos daar in die
Nyl pilare met heilige tekste geplaas is wat die gevaarlike diere moet verjaag. Net soos die verteller in
die passasie op reis is (met n skip wat kamele vervoer), is ook Dawoed n reisiger wat n besoek aan
Durban bring. Dit is verder moontlik om n verband te trek tussen Naser Gosro se fabel oor n monster
en die volkslegendes wat waarskynlik aan die Indiese kinders van Durban vertel word.
VRAAG 5
By vraag 5 moes jy n keuse uitgeoefen het tussen 5.1. of 5.2.
5.1 By hierdie vraag is dit moontlik om standpunt in te neem dat Oeroeg n tipiese koloniale teks is,
maar terselfdertyd kan n mens ook oortuigend argumenteer dat dit juis postkoloniaal van aard is.
Die beste antwoord (maar beslis nie die enigste nie) is dat Oeroeg n oorgangsteks tussen die
koloniale en postkoloniale literatuur is. Dit bevat dus elemente van sowel n koloniale teks as n
postkoloniale teks.
Aangesien die verhaal steeds vanuit die perspektief van n Nederlander vertel word (weliswaar n
Nederlander wat hom ten volle met sy nuwe tuiste in Nederlands-Indi vereenselwig het), kan n
mens aanvoer dat die roman steeds n koloniale teks is. Die verteller l ook klem op die weelderige
tropiese landskap; n perspektief wat tipies is van iemand wat tog nie geheel en al veranker is in die
tropiese landskap wat beskryf word nie. Ook die grootste deel van die gebeure in die verhaal het
gedurende die koloniale tydperk plaasgevind wat verder die argument ondersteun dat die teks
hoofsaaklik koloniaal van aard is.
Wat Oeroeg egter n postkoloniale inslag gee, is die feit dat die verteller soveel meelewing en
vereenselwiging met die plaaslike inwoners, spesifiek sy vriend Oeroeg, het. Die verteller gee dan
ook n beeld van die vryheidstryd wat uiteindelik tot die onafhanklikheid van Indonesi gelei het. Hy
geniet egter die tipiese voordele wat die Nederlandse koloniste in Nederlands-Indi se eksklusiewe
voorreg was terwyl die plaaslike bevolking veral werkers is. So staan Oeroeg se vader byvoorbeeld
in diens van die verteller se vader en verloor sy lewe juis toe hy probeer om tot die redding te kom
van sy Nederlandse meesters wanneer hulle in n staat van dronkenskap die vlot op die meer laat
kantel. Vanuit die perspektief van die grootste deel van die plaaslike bevolking was die verteller
waarskynlik nooit werklik n legitieme inwoner van hulle land nie. Wanneer hy na die onafhanklike
staat, nou bekend as Indonesi, terugkeer, voel hy dan ook soos n vreemdeling.
Jy kon by hierdie vraag dus verskil van f saamgestem het met die bewering in die aanhaling, maar
dit is belangrik dat jy die grootste deel van jou antwoord aan n oortuigende motivering met die
gebruik van voorbeelde wy.

5.2 Moontlike antwoorde op die kort vragies oor De landmeter deur Rutger Kopland is die
volgende:
5.2.1 Dit is die beheerder van geld iemand wat rekenskap oor geldsake moet gee. Net so is die
landmeter ook in beheer van die landskap, omdat hy dit meet en in kaart bring. (2)
5.2.2 Nee, die landmeter is nie uitsluitlik onverskillig nie (Het is niet alleen onverschilligheid.), maar
hy is wel obsessief oor sy taak. Dit veroorsaak dat hy die natuur slegs op n abstrakte wyse ervaar.
(1)
AFK1501/201



33

5.2.3 Die landmeter voel op sy gelukkigste as hy die landskap in kaart bring (hom besig hou met sy
dagtaak), hy het nie soveel belang by die werklike natuur nie. (2)
5.2.4 Hij wil wel weten waar hij is. Die landmeter wil homself posisioneer ten opsigte van die
landskap. Hiervoor gebruik hy sy eie formule. (1)
5.2.5 Die landmeter bepaal die grense van die landskap wat bloot n abstraksie is. Op die manier
gaan die konkrete landskap verlore (vervagen het gras en de bomen...) (2)
5.2.6 Die voorwaarde is om alles waar te neem. (1)
5.2.7 Die mens. Die landmeter bepaal hoe die landskap lyk, die grense van die landskap word deur
die mens gemeet. (1)
Let op: In die opdrag is die gedig as n aaneenlopende teks afgedruk. Dit is foutief. Nuwe
strofes begin by versrel 4, 7 en 10. Die gedig bestaan dus uit vier strofes van drie rels elk en
n slotrel.
VRAAG 6 (10 punte)
Die vertroude omgewing van die spreker in Het aardrijk lyk baie sterk op n tipies Noord-Europese
omgewing met n grys en bewolkte lug (vergelyk ochtendgrauw) en renweer (regen). Ook die
lyster (merel) wat op die gras rondpik, is n tipiese Noord-Europese vol. Die vogtige gras wat lyk
asof dit plek-plek deur motte gevreet is, herinner verder aan n grasperk wat weens te veel water en
te min son in die winter nie meer welig groei nie.
Die Europese ruimte wat in die eerste twee strofes van die gedig beskryf word, kontrasteer met die
ruimte in die dorre Gobi-woestyn wat gedeeltelik in China en gedeeltelik in Mongoli gele is. Noord-
Europa waar Nederland en Vlaandere gele is, is bekend vir die baie ren (regen rel 3) wat daar
val n gegewe wat uiteraard ingrypend van die dro woestynomgewing verskil.
Die Europese omgewing wat in die gedig beskryf word, dui op n ingeperkte en gekultiveerde ruimte
vergelyk die verwysing na die agtertuin in strofe 2, terwyl die nomades juis nie n ingeperkte bestaan
voer nie, maar rondtrek en nrens in n vaste woonplek tot ruste kom nie. Die lyster in strofe 2
(Europa) is vergelykbaar met die verwysing na hoenders in strofe 3 (Gobi). Teenoor die lysters wat
gate in die gras pik, is daar geen vols of hoenders wat met die nomades geassosieer word nie. Daar
is dus geen vols wat die aarde van die nomades kan verontheilig deur gate daarin te pik nie.
Die tente van die nomades is verder ook nie aan die grond vasgekap nie hulle assosiasie met die
aarde is dus heelwat losser as di van die Europers omdat hulle die aarde as heilig beskou en
daarom weier om enige gate daarin te kap; hulle laat klaarblyklik ook nie enige van hulle diere (niets
of niemand) toe om gate in die grond te kap nie en dit sodoende te versteur nie.
Die insig wat die spreker uiteindelik na aanleiding van die kultuur van die nomades in die woestyn
formuleer, is dat hulle lewens deur n heilige ontsag vir die aarde bepaal word. Alhoewel die woord
Fluweelzacht aan die begin van die gedig suggereer dat die spreker ook die skoonheid van die nag
en die natuur op prys stel, is dit nietemin duidelik dat hy n sekere ontsag het vir die nomades se
lewenswyse en die respek waarmee hulle die aarde bejen.
Mnr. Neil Cochrane

You might also like