You are on page 1of 229

Voorwoord

Die meeste van die stories wat in die eerste storie vervat word,
Namakwaland, storiespens, is in hul volledige vorm in die boek, Die reine
waarheid en ander liegstories, http://www.scribd.com/doc/17033338/Die-
Reine-Waarheid-en-Ander-Liegstories opgeneem.
Die ander stories hierin is stories wat later gevolg het, en sal ook bygewerk
word soos dit die lig sien. Die titel van hierdie boek het dus hoofsaaklik
betrekking op die eerste storie, en die res het nie noodwendig iets met die
Namakwaland te make nie.
Veral die rubriek, Herrie se kerrie, se stories sal bygewerk word soos hulle
beskikbaar word.
Van die stories is ook deur my seun, Nic, en sal as sodanig aangedui word.
Die storie is oor ‘n paar jaar versamel, en baie hiervan is in verskillende
vorme as Herrie se kerrie gegiet. As die leser dus hier en daar ‘n gevoel van
deja vu kry, is hy heel waarskynlik reg – in verskillende publikasies is soms
dieselfde verhaal (dikwels ‘n ware verhaal) as agtergrond gebruik. Dis
gewoonlik kort stories, en slaan gerus maar oor as u meen u tyd word deur
herhalings gemors. Geen vaste patroon in terme van tyd of tema is gevolg
nie, juis om bietjie afwisseling op Herrie en nogmaals Herrie te probeer
bewerkstellig. Oor die jare het die Herries ook verander – waar die uwe eers
Groot Herrie was het beide spruite verbygegroei, en dis nou net Herrie, met
die eertydse Klein Herrie nou Groot Herrie, en Pikanienherrie nou Klein
Herrie.
Dit is veronderstel om blote ligte vermaak en ontspanne humor te wees.

Herman Toerien
Namakwaland - Storiespens
Namakwaland is nie net vir sy blommeprag bekend nie. Eintlik kan mens ook
nie net van Namakwaland praat as mens na Suid-Afrika se storiespens gaan
soek nie. Om te weet wanneer mens in die deel van die land kom waar
storievertel ‘n eiesoortige kuns geword het, is seker die maklikste om te sê as
mens van Kaapstad of Johannesburg na Springbok toe ry, weet ‘n mens jy is
daar as dit duidelik begin groot word.
Dis nie ‘n haastig wees wêreld nie. Van ‘n mens maar weet vertel die mense
al stories, so lekker ingekleur met eiesoortige uitdrukkings, en soms lekker
trekkerig, maar boeiend sodat die aanhoorder aan die verteller se lippe hang.
Droë humor.
Dis nie net die storievertellery wat hierdie stuk aarde wat oor drie provinsies
en twee landsgrense sny uniek maak nie. Heel waarskynlik het die
oermensies wat twee miljoen jaar gelede van hul werktuie in die
Wonderwerkgrot naby Kuruman loop vergeet het, nog nie kon praat soos ons
dit vandag ken nie. Later sal seker nog legkaarte oor die vroeë mensdom
inmekaar begin pas, maar genoeg om te sê die ontdekkings in die
Wonderwerkgrot is meer as ‘n miljoen jaar ouer as die vorige oudste
ontdekking van werktuie wat in Spanje gevind is. En net om sake deurmekaar
te krap is die werktuie klein, terwyl die boekgeleerdes nog gesê het hoe ouer
duie werktuie, hoe groter word dit.
Die land se meer moderne geskiedenis is ook in genoeg misterie gehul.
Omtrent elke jaar sal ‘n ekspedisie afsit om te gaan soek na die Kalahari se
verlore stad. Die groot Farini sou waarskynlik as waagarties in die
vergetelheid verdwyn het as hy nie ‘n dekade of so na die bestaan van die
Zimbabwe-ruïnes met die aanspraak gekom het dat hy ‘n verlore stad naby
Mier ontdek het nie. Hy het nogal sketse gemaak ook. En hoewel kundiges
later die sketse met natuurlike rotsformasies in die omgewing vergelyk het en
tot die gevolgtrekking gekom het Farini het ‘n groot vergissing gehad, sal daar
nog steeds gesoek word. Tegnies is dit heel moontlik, maar onwaarskynlik,
dat ‘n uitloper van die ou Zimbabweryk tot in die deel van die wêreld gevind
kan word, want verbandhoudende ruïnes is tot so ver as Limpopo, Botswana,
Namibië en Angola ontdek. Net om die misterie bietjie in te vryf, is daar
verskeie onverklaarbaarhede in die “omgewing” soos die antieke skeepsanker
wat in Keetmanshoop gevind is, die beeldjie van die bobbejaankop wat soos
die Zimbabwiese voëlfiguur Egiptiese kenmerke toon, kliphutte en selfs ‘n ou
fort wat eens oor kanonne moes beskik het, maar waarvan niemand nog
enige rekord kon vind nie.
Meer waarskynlik, as daar murasies is, is dit die oorblyfsels van ‘n Tswana-
stat. Verskeie Tswana-stamme het klipmure gebou, soos die sogenaamde
“Legoya-hutte” in die Vrystaat getuig, en hul krale was soms allemintig groot.
Een so ‘n stat, in die huidige Noordwes, was groter as Kaapstad in die
ooreenstemmende tydperke van die geskiedenis, maar is taamlik skielik
ontruim.
Daar is natuurlik baie redes daarvoor dat ‘n antieke ryk in die Noord-Kaap
gesoek is. Die vernaamste het seker sy oorsprong in die Middeleeuse verhaal
van Priester Jan wat oor ‘n fabelagtige Christenryk iewers in Afrika sou heers.
Die oorvloed goud word sommer deur die molle na die oppervlak gebring.
In Jan van Riebeeck se tyd het die fabels reeds min of meer volledig
oorgeplaas geraak na die ryk van Monomotapa. Ekspedisie na ekspedisie is
uit die Kaap Noordwaarts gestuur om met Monomotapa te probeer in
verbinding kom. Selfs Simon van der Stell se goed opgetekende reis na die
koperberge was grootliks ‘n missie om Monomotapa te bereik.
Teen daardie tyd het Monomotapa ook reeds oor twee deftige Latynse name
beskik, en een ekspedisie het selfs ‘n tolk wat verskeie Latynse tale kon praat
ingesluit vir ingeval Monomotapa bereik sou word.
Nog ‘n manier om te weet ‘n mens het in die storiewêreld aangeland is as
mens begin agterkom die begrip gasvryheid het werklik inhoud. Moenie
sommer daar anderkant Brei by ‘n plaas inry om te gaan pad vra nie. ‘n Mens
kom dalk eers ‘n paar dae later daar weg.
Pa-Jan het op Nieuwoudtville grootgeword, waar sy pa ‘n bankbestuurder
was. Dié Toeriens is weer van Piketberg en Porterville se Toeriens, wat
beteken die uwe se voorsate is sommer vroeg reeds ingesout in nog ‘n
kenmerk van dié wêreld – dit kan vrek warm word. Kuiers by die familie op
Porterville, onderweg na Nieuwoudtville, het afgesien van die hitte nog steeds
die herinnering van sonbesies. Nie sonbesies wat sing nie – nee hulle het
oorverdowend geskree. Aanmekaar.
Pa se suster, tannie SC, vertel dat Porterville destyds ook swaar deur die
groot griep getref is. ‘n Man is naderhand aangestel om daagliks met die
donkiewa by die huise om te gaan waar daar sterftes was om die lyke te gaan
oplaai.
Hy was eendag met sy treurige vrag op pad begraafplaas toe, toe een van die
“lyke” agterop wakker word. Die “oorledene” besef gou waar hy hom bevind,
en hou net niks daarvan nie. Dus woel hy hom onder sy ritgenote uit, spring
van die wa af en lê die rieme neer.
Die wadrywer sien een van sy “klante” ontsnap, en sit die “lyk” agterna. Maar
net ‘n paar treë toe besef hy, hy gaan die voortvlugtige so nooit as te nimmer
ingehardloop kry nie.
“Ja, nou moet jy maar self sien hoe jy begraaf raak!” roep hy die vlugtende
toe.
Maar die gasvryheid het by Pa-Jan, lank reeds saliger, bly steek. Onder die
geloof dat dit ‘n voorreg vir mense is om gasvryheid aan ander te betoon, sou
hy ook vir ‘n kongres in Pretoria of elders in sy 1957-Volla met die skewe dak
klim en reguit na familie ry waar hy vir die duur van die kongres gaan inklok.
Ma het gereeld baklei, want hoewel hy self familie daar gehad het, het hy
eerder by ma se familie gaan bly. “Laat weet tog net vir die mense jy kom,”
sou ma pleit, maar pa wou niks weet nie.
Ma se mense kom nie van daai wêreld nie.
Storievertel is ook nie net die wit mense se kultuurskat nie. Die Korannas was
byvoorbeeld meesterstorievertellers. Hierdie eens uitgebreide volk wat van
Ficksburg tot die laer Oranjerivier gewoon het, kon vreeslik oorlog maak. Een
so ‘n leier, Jan Bloem, het redelik wydsbeen oor die gereg beweeg, en
vandag word redelik eenparig aanvaar dat Bloemfontein na hom, en nie die
blommetjies by die fontein nie, vernoem is.
Sulke gedugte krygers was die Korannas dat die Boererepublieke gereeld ‘n
Xhosakommando teen hulle moes inspan. In die latere geskiedenis het
hierdie kommando se bestaan politiek inkorrek geword, en min of meer uit die
geskiedenisboeke verdwyn, maar hulle het ‘n ontsaglike rol gespeel om die
Boererepubliek teen Mosjesj en die Korannas te bestendig. Vir die Korannas
was die Xhosakommando duidelik veel lugtiger as vir Mosjesj se manskappe.
Dit is glo ook waar Kanoneiland sy naam vandaan kry. In ‘n skermutseling
met blankes het die Korannas hulle op die eiland ingegrawe, maar is blykbaar
redelik onder die kanonkoeëls gesteek. Dis toe dat die Korannakaptein besluit
dis tyd dat die aanvallers in eie munt terugbetaal word. ‘n Hol kokerboom
word vol skietgoed gelaai, en die skoot afgevuur. Dis net stof en bloed.
Toe almal weer tot verhaal kom sê die kaptein: “As dit hier só lyk, dink net hoe
lyk dit daar anderkant.”
Maar later het die nasie so vreedsaam geword. Die storie word vertel twee
Korannastamme het met mekaar haaks geraak en van twee koppies af op
mekaar losgebrand. Naderhand val ‘n koeël tussen die lot op die een koppie.
“Hys die wit vlag. Iemand kan dalk seerkry,” kom die opdrag terstond.
Die mense is ook nie aanstellerig nie.
Ek was nog nat agter die ore toe Pa-Jan nie meer daar was nie. Maar ek
onthou wel dat ek eendag so met ‘n halwe oor gehoor het hoe hy vir iemand
vertel dat daar in die ou dae verwag is dat ‘n dominee met ‘n pak klere gesien
moes word. ‘n Dorp het ‘n jong predikant beroep, en die dag toe hy na sy
nuwe gemeente ry, is dit vreeslik warm. Hy trek toe ‘n kortbroek en kortmou
hemp aan, met die gedagte om ‘n hele ent buite die dorp sy kispak aan te trek
vir die afvaardiging wat hy geweet het iewers buite die dorp vir hom sou wag.
Hulle wag toe vir hom verder buite die dorp as wat hy gereken het, en word
sou in sy slenterdrag betrap.
Pa sê die arme dominee is maar net geduld tot hy sy eerste beroep weg
gekry en vort is. Nooit aanvaar nie.
Maar tog het predikante nie die status verwerf van so verhewe bo die mense
wees dat y onaantasbaar sou wees nie. Baie staaltjies word ten koste van
predikante vertel, waaronder ds. Steenkamp, wat na hy ‘n paar jaar in
Amerika was teruggekom het en gesê het hy is nou ‘n dokter – ‘n
geneesheersoort van dokter – en later politikus geword het.
En ja, ‘n mens weet nou ook nie of al die stories was aan ds. Steenkamp
toegedig is, werklik op sy brood gesmeer kan word nie.
So het die ou oom en ou tante by geleentheid stry gekry. Of die twee mekaar
getroud was, weet ek nou nie.
Ewewel, die dorp is later in twee geskeur. Die tante-mense, en die oom-
mense. Dié verdeeldheid het deur die kerkraad ook gesny, en die kerkraad
sê, nee, so kan dit nie aangaan nie, die domineesgoed moet met die mense
loop praat.
Heel slim gaan sien hy eers die ou oom. Na ‘n lang gesprek, stem die oom in
om die strydbyl te begrawe. Toe kom die tante aan die beurt. Na ‘n lang
mooipratery stem die ou tante ook tot vrede in, en net daar gaan oorspeel die
dominee sy hand: “Die tante moet vir die oom bid ook.”
“Wat!” raas die tante. “Wat sal die Here van my dink as ek met so ‘n %$#
gebed by Hom aangesit kom?”
Om die volgende domineestorie te verstaan moet ek nou eers die storie by ‘n
ander gaan haal, en vir nog een aangee.
Hulle praat mos nou kwaai van die breindrein wat die land beleef. Vir heelwat
meer as ‘n eeu lewer Namakwaland deurlopend top-breinkrag aan die res van
die land. Hier ‘n proffie in ingenieurswese, daar ‘n top-argitek, of ‘n mediese
spesialis van Kaapstad. Hierdie “bannelinge” hou ook met mekaar bande. En
ook met die familie of familievriende “tuis.”
Gelukkig, so lyk dit, veroorsaak die “breindrein” nie dat die stroom briljantes
opraak nie.
Daar is baie redes waarom daar ‘n voortdurende uitvloei van hoogs kundige
mense uit dié wêrelddeel is. Talle beroepe vereis dit, maar dis ook ‘n harde
wêreld waarvoor mens die “samestelling” moet hê. Seker die briljantste
skrywer uit dié wêreld wat ek nog raakgeloop het, JP Nel, het op ‘n plaas by
Loeriesfontein grootgeword. ‘n Baie fynbesnaarde mens, en die
“peertjiemakery” was een van die dinge wat net nie vir hom was nie. En vir die
oningeligtes – hierdie “peertjies” kom nie van bome af nie.
So loop ek by geleentheid ‘n man op Parys raak, wat daar ‘n senior pos by die
destydse misipaal beklee het. Koffietyd noem ek van die dominee se
koffiestorie, en toe blyk dit hy het self daar grootgeword.
Eendag, vertel hy, besluit hy om sy vrou sy ou wêreld te gaan wys, en
sommer blomme te loop kyk. Hulle sal by ‘n neef en dié se vrou gaan oorbly.
Skaars gesit, word verneem na koffie en die tante is kombuis toe. Maar toe
die koffie kom, is daar nie melk in sig nie. Die huismense drink swart koffie.
Dis mos skaapwêreld, nie beeswêreld nie.
Maar die man van Parys se vrou kom uit die Vrystaat en ken nie swart koffie
nie. En drink nie swart koffie nie. Ongemerk vang die man sy neef se oog, en
beduie van die verleentheid. Hy snap dadelik. “
Mêtjie, lô tjsarra da biekie bies vir die kjend se gaat.”
Maar toe wil sy éérs nie die koffie drink nie.
Ewewel, in die skaars dae is koffie van ‘n witgatwortel gemaak, vandaar die
naam gat, en dis sterk. Baie sterk.
In dae van minder skaarste wanneer daar dan regte koffie was, is die koffie
steeds sterk aangemaak. So sterk, word soms gespot, as ‘n mens ‘n teelepel
regop daarin gemaak staan kry, kantel hy vreeslik stadig na ‘n kant toe.
Nou kan mens mos dink waar ‘n dominees se bek al tuit moet staan as hy
gaan huisbesoek doen, en by elke huis vereis die gasvryheid dat hy ‘n lekker
koppie gaat moet drink, veral as dit nog warm ook is.
By die soveelste huis is die dominee skaars deur die voordeur, of die
wedutante sit af kombuis toe om ‘n heerlike koppie gaat te loop haal, want al
die prekery maak domineesgoed seker vreeslik dors.
Die beker is toe ‘n baster klein dammetjie, en die tante onthou sy het sulke
lekker varsgebakte beskuide, en sy gaan vir die dominee. Die dominee sien
sy kans, gryp die venster se onderste raam en skuif ook, en skiet die sterk
inhoud die tuin in. Daar sal seker vir ‘n paar jaar daar nie blomme groei nie,
maar dis ‘n noodgeval. En daar staan die dominee net met die kommetjie se
oor in die hand.
Nood leer lieg, en toe die tante terugkom met die “beskuide” verduidelik die
verleë dominee die tante was nog nét by daai deur uit, en hy beduie na die
deur, toe kom hier net so ‘n groot brommer, - en hy beduie met sy duim en
wysvinger baie ver van mekaar af, en voor hy kon keer val die brommer
kaplaks in die koffie – en hy bedui voor sy ander hand met die oortjie waar die
beker nou so sleg makeer.
“Ai tog,” sê die tante, “domineesgoed het nou seker vreeslik geskrik. “Ek gaan
skink vir dominee ‘n kommetjie sterk gaat vir die skrik.”
So lekker word ‘n storie in dié geweste vertel, dat stories van elders soms
oorgeplant raak en later vir die waarheid as inheems aan die Namakwaland of
Weskus vertel word.
So het Pa-Jan en sy mense gereeld die storie vertel van Aggenbach wat so
met die haelgeweer oor die skouer geloop het om voëls vir die pot te skiet.
Maar daar was ook ‘n kommetjie aangemaakte deeg aan ‘n band om sy
skouer sodat hy iewers in die veld ‘n stokbrood kan gaarmaak.
Maar so met die lopery skyn die son warm in Aggenbach se blaaie, en die
degie begin swel, en skiet naderhand die deksel af. Aggenbach, menende dis
die haelgeweer wat afgegaan het, sloeg neer en verwag die einde.
Maar die einde kom nie. Naderhand voel-voel hy aan sy kop, kry iets
klammerigs, en trek sy hand terug.
Pure harsings!
Maar dood het hy toe nie gedood nie.
Ook Jan Spies het die storie vertel, natuurlik in meer detail, en nog ‘n stertjie
aan die einde by gehad.
Maar wat ek ook onthou het, is dat Aggenbach tot die dood toe ontken het dat
die verhaal aan hom toegedig kan word.
‘n Paar jaar gelede kry ek ‘n boek in die hande wat ‘n navorser by die
Oorlogsmuseum oor staaltjies uit die Anglo-Boere-oorlog saamgestel het.
Dieselfde verhaal kom toe daarin voor, behalwe dat dit in die Oos-Vrystaat
afspeel en handel oor ‘n jong kommandolid wat pas gekry het om vir ‘n nooi
op ‘n plaas te gaan kuier. Dis met sy terugkeer na die kommando dat die
ongeneentheid hom oorgekom het.
Met dié inligting gewapen, het ek Aggenbach se naam probeer skoon kry.
Immers is die Oos-Vrystaatse weergawe heelwat ouer as die Aggenbach-
weergawe, maar verniet. Die Namakwalanders staan by hul storie, en sal
haarfyn beduie presies wat waar gebeur het. Die ironie, net Aggenbach self
sou die detail kon verskaf, en hy het dit heftig ontken.
Van der Stell en ander het in die Noord-Kaap na goud gaan soek, en koper
gekry. Later, verder noord, is ander minerale gekry, en loop die Shisen-
Saldana-spoorlyn kruis oor die landskap. Maar baie myne se vrag word met
vragmotors weggevoer, en vragmotors met sulke vragte trap paaie skoon
weg. Dus is klagtes oor paaie ‘n min of meer staande item om die
vergaderings van die provinsiale boere-unies.
“Meer gat as pad,” is die klagte gereeld.
Die paaie in die Molopo se toestand is nou wel nie die mynlorries se skuld nie.
“Wat het Suid-Afrika gehad voor grondpaaie,” vra ‘n moedelose boer uit die
Molopo by Noordwes se landboukongres.
“Teerpaaie,” antwoord hy self. Die hoof van die provinsiale paaiedepartement
sit ook aan die hooftafel, en moet hierdie stukkie klokhelder verduideliking
aanhoor.
Beeldspraak versag nie altyd die ding nie. ‘n Voor in die koor knaap van
Loeriesfontein spreek in die skool by Calvinia gevraag en ongevraag sy
menings en sienings oor alles uit, en dié menings is nog nie juis deur die
ervaring van die lewe afgeskuur en afgerond nie.
“As ‘n donkie sy bek oopmaak, val daar kaf uit,” sê die onderwyser toe die
jongeling weer een van sy uitwaanse stellings maak.
Dis nie dat kinders gesien en nie gehoor word nie. As iemand ‘n storieverteller
is, maak die ouderdom nie saak nie. Kleinkoos Louw was nog pure skoolkind
toe hy al die mense aan tafel met ‘n rits stories sou vergas. Die dag toe ek
een van sy aanhoorders was, het dit veral oor Genl. Manie Maritz se inval in
die gehandel. Natuurlik moes Koos dit tweede of derdehands gehoor het,
maar daarom soveel te beter. Die stories is dan ten daardie tyd al goed
ingekleur.
Maar van reguit praat gepraat.
‘n Omie het by familie in die Transvaal gaan kuier, en toe sommer saam met
‘n blommegroep terug huis toe gekom. Toe die bus by Vanrhynsdorp sy staan
kry is daar iemand by wat geld kollekteer.
“Waarvoor samel jy geld in,” wil die oom weet.
“Vir die kreupeles,” seg hy.
“Nee man, al kreupele wat ek ken is kruppel Willem Louw, en hy is stinkryk.
By my kry jy niks.”
Dis nou weer verkiesingstyd. Ook hierdie wêreld ken sy sarsie politiek en ‘n
hele aantal bekende politici. Soos oud-minister Eli Louw, kom van dié
geweste af.
Ook ds. / dr. Steenkamp het hom in die politiek begeef, en vir die Sappe
gestaan. Een van sy verkiesingsbeloftes was dat hy sal toesien dat ‘n groot
dam gebou word, wat nou nog nie gerealiseer het nie. Toe hy weg parlement
toe is, was dit ook die laaste sien van die blikkantien tot dit weer
verkiesingstyd geword het.
Sommer by die eerste vergadering se eerste vraag is oor die dam.
Johan van Wyk, jare lank rubriekskrywer van Volksblad, het die petalje in een
van sy Stop van Myne’s beskryf.
“Nee,” seg dr. Steenkamp. “Daardie dan was so te sê klaar aan die bou, toe
breek die oorlog met die Duitsers uit. Ek sit toe dadelik af na die minister toe
en gaan pleit dat die dam tog nie nou gebou moet word nie, want hoe gaan dit
nou lyk as daai dam vol water is en die Duitsers kom blaas dit op,”
En hy gee ‘n beskrywing van hoe al die goeie mense tot by see sou versuip.
Soos ek onthou, is hy met ‘n vergrote meerderheid herkies.
Maar dit was anderster dae. Tot die kinders by die skool was in “smelters” en
“gesuiwerdes” verdeel, en pouses het die twee groepe teen mekaar sokker
gespeel.
In, argumentshalwe Calvinia, vind twee vergaderings dieselfde aand plaas.
Die Sappe in die stadsaal, en die Natte in die skoolsaal. Die Natte se spreker
is ‘n droë, oninspirerende spreker, en dis ook nie lank nie of iemand in die
gehoor vlieg op:
“Ek sê,” skree hy, “ons los hierdie vergadering en gaan donder die Sappe.”
Die droë spreker verduidelik dis nie hoe die demokrasie werk nie en saag
voort op sy eentonige wysie.
“Ek sê,” skree ‘n ander naderhand, “ons los hierdie vergadering en gaan
donder die Sappe.”
Weer ‘n sedepreek, maar toe kos dit al moeite om nie die amendement te
aanvaar nie.
‘n Ruk later is dit weer so: “Ek sê ons los die vergadering en gaan donder die
Sappe!”
Die spreker is nou heeltemal onlekker oor die ding, en skree terug: “Dink jy
nou vir een oomblik jy gaan ‘n Sap reggedonder kry?!”
“Wat!, Ek was ‘n Sap, en hoe het ek reggekom?! Ek is reggedonder – ek sê,
kom ons los die vergadering en gaan donder die Sappe!”
Met die referendum vir of teen die republiek was dit ook weer so.
Die pro-republiekspreker het almal in die gehoor blykbaar oortuig gekry,
behalwe ‘n klein mannetjie wat aanmekaar opspring en uitroep: “Ja, maar wie
gaan ons beskerm?”
Geen antwoord van die spreker kry enige ander reaksie uit die mannetjie nie.
Maar erg agter hom het ‘n yslike tante gesit, en sy het begin sat raak vir die
mannetjie se moedswilligheid. Toe hy weer opspring en uitroep: “Ja, maar wie
gaan ons beskerm?” druk die tante met haar hande op sy skouers, en druk
hom plat.
“Sit st&^%t, ek sal jou beskerm.”
Francois van Wyk, boer van Calvinia en LPW in die Noord-Kaapse wetgewer
sê soos hy die storie gehoor het, het die tante die mannetjie heeltemal
platgedruk, plat op die grond ook, die stoel heeltemal in sy moer in.
Pa-Jan was self ‘n bobaas storieverteller. Hoewel ek nog baie jonk was toe hy
oorlede is, kan ek nog gereeld onthou hoe ‘n groepie mense saamkoek en
heerlik lag. In die middel staan Pa-Jan, met ‘n we sedige gesig die stories en
opdis. Dit was my voorreg om van hierdie stories met ‘n wisselende mate van
sukses opgeteken te kry.
Een van sy stories wat ek nog nêrens elders raakgeloop het nie, is van die
drie Ikeystudente wat op die Knersvlakte probeer “jag” het. Dis ‘n lang storie
hoe dit gekom het dat hulle met hul oop Jeep in versengende hitte kruis en
dwars oor dié vlakte gery en na alles wat beweeg het geskiet het tot dit
wegloop.
Miskien het die feit dat hulle hul Jeep taamlik vol drank gelaai het toe hulle “up
North” vertrek het op soek na die “hunting grounds” iets daarmee te make
gehad dat hulle so misgeskiet het.
Naderhand kry hulle ‘n trens wat min of meer van nêrens na nêrens onderweg
was, en laai hom op. Die trens lê toe ook maar aan die dalende en toe reeds
vuurwarm vuurwater weg, en kort voor lank slaap die “gids.”
Die son begin al water trek toe hulle ‘n volstruis op die horison sien, en besluit
vir oulaas gaan hulle op dié ding losbrand.
Dit klink naderhand soos ‘n jong oorloggie, met die volstruis wat net elke nou
en dan wanneer ‘n koeël blykbaar te naby kom, sy kop in ‘n gat druk.
Dan kyk hy weer vraend met sy kop wat soos ‘n periskoop bespied om te
probeer uitmaak wat aangaan.
Dis toe dat die trens onverwags vra of hy ook ‘n skoot kan kry. Gewapen met
die geweer klim hy op die Jeep se neus, en korrel in die rigting van die
volstruis. Die loop maak sulke sirkelbewegings soos die trens onvas op sy
voete probeer korrel vat.
En toe klap die skoot. Die geweer ruk die trens heeltemal van die Jeep af en
slinger hom tussen die bossies en klippe in.
Die studente wil hulle doodlag vir die petalje, maar die trens steier op, en
terwyl hy hom afstof, sê hy: “Ko’s gaan haal hom.”
Hulle ruk amper hul nekke af soos hulle omkyk, en sowaar, daar lê die
volstruis onderstebo.
Dis sommer ‘n hele ent se ry en toe hulle naby stilhou, en een vooruit na die
gevalle voël draf. Skielik roep hy verstom uit: “He’s shot the thing through the
head.”
“Die oorlog” het ook sy merk gelaat, want onderdele was bykans
onverkrygbaar. By geleentheid ry die dokter met sy kar na ‘n sieke op ‘n
plaas, en toe hy oor ‘n bultjie ry, ry hy reg van voor in ‘n donkiekar was. Die
twee donkies morsdood, en die waentjie se disselboom het die kar se
verkoeler se twee pypies mooi afgebreek.
Die dokter krap kop, en kry ‘n plan. Met die skalpel skil hy die donkie se twee
hakskeenvelle netjies af sodat hy twee “pypies” het, wat hy oor die twee
afgebreekte plekke trek. Maak dit vas, en die kar is weer ryvaardig.
So gou hy kan, gaan hy by die werkwinkel aan. Ja-nee, met die oorlog is
hierdie onderdele ook onverkrygbaar, maar aangesien dit nou ‘n dokter is, sal
hy ‘n spesiale bestelling plaas. Dalk kry hy so iets.
‘n Paar maande later bel die werkwinkel. Die dokter kan maar sy kar bring, die
onderdele het gekom.
Toe die twee donkievelle afgehaal word, is dit twee klipharde pypies, en eintlik
heel onnodig om vervang te word. Maar die nuwe pypies het gekom, en word
aangesit. Omtrent net toe kom ‘n man by die werkswinkel ingestap.
“Ek ry nog so oor die bult, toe is daar skielik ‘n donkiekar voor my...”
Nuwe onderdele vir die man had die werkswinkel nie, maar die donkievelle
het uitkomste gebring.
Om die volgende storie te verstaan moet ‘n mens hom weer ‘n bietjie wyd
gaan haal. Jan Spies het eendag vertel van die man wat alleen iewers heen
gery het, maar later erg sat was vir die baie hekke wat hy moet oop- en
toemaak. Naderhand ry hy by ‘n voetganger verby wat in die bloedige son
stap, en bied hom ‘n geleentheid aan. “Wat?,” raas die voetganger, “Jy kan
jou eie bleddie hekke oopmaak!”
Ja nee, toe die boere eers begin draad span toe doen hulle dit ordentlik. So ‘n
rondritsery oor die Knersvlakte soos daai studente gemaak het is al lankal nie
meer moontlik nie. Maar in die begin was hekke nog skaars, en is die berugte
smoelslaners ingespan.
‘n Smoelslaner is basies net ‘n los stuk grensdraad wat oor die pad gespan is.
Om dit te kan oop- en toemaak is daar ‘n lussie aan die een kant se hoekpaal
naby die grond waardeur die smoelslaner se een “poot” gedruk word. Om die
bokant net so styf gespan te kry, is egter minder maklik.
Maar ‘n boer maak ‘n plan. Hy maak aan die bokant ook ‘n langerige stok vas,
wat ‘n mens dan om die bokant van die hoekpaal trek, en aanhou trek terwyl
die hek styf span tot die stok in ‘n lussie aan die hek vasgehaak kan word. Dis
die teorie.
So ‘n hoop doringdraad neig om ten spyte van voorsorg aan mekaar vas te
haak, en die trekkery kan nogal ‘n hengse ding word, maar als eindig goed as
‘n mens net eers die stok om die hoekpaal se bokant begin styf trek.
Die probleem kom in as ‘n man met die vervat-slag nie mooi vat nie. Dan hoor
‘n mens net “woerrr” soos daai stok terug om die hoekpaal gat skoonmaak, en
dan net “doef” soos dit ‘n mens teen die kop slaan. Die naam “smoelslaner”
en enige ander variasie soos “slaan-in-die-bek-hek” is heel gepas.
Nou sal ‘n mens mooi die eintlike storie verstaan.
Destyds het oupa-hulle Desembervakansies afgesit na ouma se tuiswêreld,
Mosselbaai en Vleesbaai-omgewing. See toe.
Maar tussen Nieuwoudtville en die grootpad is baie smoelslaners – sommer
baie.
Oupa se kar had ook nie ‘n kattebak nie. Of dit ‘n Model T was weet ek nou
nie, want ek weet net mense daar het sulke karre gehad want hulle moes van
Vanrhynsdorp af agteruit die berg uit ry omdat die petrol met swaartekrag
enjin toe geloop het.
Maar met oupa se kar moes die bagasie nietemin op ‘n “carrier” op die
agterste bak vasgemaak word.
Dit was ook hoedetyd. En ouma was wat hoede betref, nie uit die mode nie.
Vir elke dag word ‘n eie hoed saamgeneem, en nog ‘n paar spaarhoede vir
die wis en onwis. Hoedetasse was rond, en hiervan was ‘n hele lot agterop
die “carrier” vasgemaak.
Nog ‘n handigheid van die kar was dat dit langs elke deur ‘n wye spatbord
gehad het, want ‘n hekoopmaker kon dan sommer daarop staan n saamry tot
by die grootpad, en dan weer saam terugry en so op die retoer ‘n geldjie
verdien.
Met klem op verdien, want ‘n smoelslaner laat jou hou geld verdien.
Nou kan ek nie onthou hoe ver hulle al was nie, toe iemand ontdek een van
die hoedetasse het oopgegaan, en die kar was besig om hoede et verloor nie.
Oupa hou stil, en betrag die skade. Hy sien daar is nog meer as ‘n hoed per
dag oor, maar ouma was beslis. Terug sal daar getrug word, want sonder al
haar hoede gaan sy nie kamp nie.
Die hekoopmaker staak. Hy sien nie kans kom terug te ry, en weer te kom, en
dan weer ‘n geleentheid terug te ry nie. ‘n Man het sy perke.
Dus moes pa en sy broer Rons, nog twee jong kannetjies, nie net
smoelslaners oop- en toemaak nie, maar nog kort-kort die veld inhol om te
gaan hoede optel wanneer hulle een gewaar. Vir myle ver so teruggery en
hoede opgetel.
Pa vertel ook toe dit nou so kom dat rybewyse verpligtend raak, is daar op
elke dorp iemand aangewys om die mense te toets en die liksense uit te reik.
‘n Boer stuur sy voorman met die bakkie in dorp toe om vir hom ‘n liksens te
loop haal. By die man wat die toetse doen se huis gaan dit egter dié dag
bietjie dol met dié dat die man aan sy kar werk, en sê vir die voorman het
moet om die blok ry. Selfs gaan hy met sy gewerskaf aan.
Na ‘n hele ruk kom die voorman, stuurwiel in die hand, daar aangestap.
“Waar is die bakkie,” wil die “toetsbeampte” weet.
“Man, net hier anderkant om die draai loop neek ek die ding om.”
“Ai man, nou het ek klaar die liksens uitgeskryf. Jy moet hom nou maar vat.”
Verder noord is daar net so baie verhale, maar laat ‘n mens nou eers die een
en ander perspektief stel. Keimoes was die eerste dorp in die land wat ten
volle van hidro-elektrisiteit gebruik gemaak het. ‘n Yslike waterwiel het gesorg
dat hierdie dorp ook een van die oudste dorpe in die land was wat oor
elektrisiteit beskik het.
Maar die grootste wonder, as dit waar is, is die besproeiingskanale wat van
die Boegoebergdam af loop. Na bewering het die voorman dinge so met die
oog geskat, en selfs hier en daar die water laat opdraande loop deur dit ver
genoeg teen afdraandes te laat loop om momentum te kry. Na bewering het
ingenieurs later bevind teoreties kan water nie daarlangs loop nie.
Maar dit loop.
Dis egter nie al waar van water verwag word om opdraande te loop nie.
Baie, baie lank gelede het die Oranjerivier glo by Prieska suid gevloei tot
ongeveer waar Calvinia vandag is, en van daar weer noord met wat vandag
die Sakrivier se loop is. Vandag is daar glo ‘n ysterklipkoppie in die loop van
die antieke rivier, en is daar in ‘n stadium beweer dat as daar nou ‘n tonnel
deur die koppie gemaak word, kan reusagtige stukke land onder besproeiing
gesit word.
Een van die moeilikhede is egter dat die Sakrivier nie sak nie. Omdat die
Oranje nie meer daarlangs geloop het nie, was die vloei te min om ‘n diep
rivierloop in die aarde in te kerf toe daar aardkors-opheffing plaasgevind het.
As die Sakrivier nou water kry, beland groot lappe aarde onder die water.
Onder die bekendste periodieke watermassas is Verneukpan en Brandvlei.
By Brandvlei, vertel ‘n omie wat ‘n stalletjie oorkant my by die boeremark het,
is ‘n kerk. Een van die gemeentelede skenk toe twee bokooie en ‘n bokram
aan die kerk, en die kerk laat hulle toe maar los op die kerkerf loop. Dis groot.
Eendag, terwyl hy preek, sien die dominee hier kom moeilikheid. Die koster,
wat eenkant op sy eie stoel sit sodat hy die klok halfpad deur die diens kan
gaan lui, het die neiging om onder die prekery aan die slaap te raak. Dan knik
sy kop, wat hom gewoonlik laat wakker skrik, tot die kop weer knik.
Maar vandag sien die dominee, gaan die koster boet vir die aan die slaap
rakery. Die bokram staan in die kerk se deur, en kyk stip na die koster. Die
rede is gou duidelik. Knik die koster se kop, dan maak bokram se kind ook so.
Dan knik die koster, en die bok maak ook so.
Toe storm die bok, die koster heel van sy stoel af.
Die wêreld het ook nie ‘n skaarste aan spookstories nie. Pa-Jan-hulle het
twee oom Andries-hulle geken, oom Andries Louw en oom Andries van Zyl,
en beide was bobaas storievertellers. Omdat ek nou nie weet watter storie by
watter oom Andries hoort nie, verwys ek maar net na oom Andries.
Op die plaas was daar die dag ‘n moord, en die lyk het ‘n hele ruk daar by die
hek gelê voor die polisie gekom en hul ondersoek gedoen het.
Oom Andries, toe ‘n jong knaap, sien die werkers loop ‘n wye draai om die
plek waar die lyk gelê het, en gereeld bly die hek ook ooplê soos daar
gatskoongemaak word as ‘n man nou eers deur is.
Veral na donker is die mense maar baie lugtig vir die spulletjie.
Oom Andries weet dat die melker die aand laterig terug huis toe sal geen, en
gaan kruip met ‘n laken oor hom net anderkant die hek tussen bosse weg.
Naderhand kom die werker, en oom Andries hoor hom sommer van ver af
homself moed inpraat.
Die man is naderhand deur die hek en het die hek weer vasgewoel – oom
Andries se pa het immers blou moord afgegaan oor die hek wat oop laat lê is
– en wil net haastig raak huis toe, toe die gedaante voor hom opdoem.
Nou is daar moeilikheid. Die toe hek is agter hom, en die spook is tussen hom
en sy huis.
So vasgekeer laat nood leer bid, en die man trek skielik uit volle bors weg
met: “Prys die Heer...”
Oom Andries speel saam. Sing die man hard, retireer die spook, maar net
sodar hy begin slap trek, kom die spook weer nader. Dit werk. Die man sing
naderhand oorverdowend tot hy die spook terug agter sy bosse in het. Toe lê
hy die rieme neer.
Die volgende dag ry oom Andries saam met die werkers agter op die bakkie.
Die vorige aand se slagoffer vertel van sy vreeslike ervaring, en hoe hy die
“spoek” terug in sy gat ingesing het.
“Wa’ het jy gesing?” vra een.
“Prys die Here...”
“Ma’ moes jy nie eintlik, O rus my siel, gesing het nie?”
“Nee, ek wietie, maar dit het darem gehelp.”
Of dit nou dieselfde oom Andries was, weet ek nie. Maar oom Andries besluit
op ‘n dag hy gaan bietjie sports hê.
Soos gebruiklik kom die werksmense in die aande opstal toe om saam met
die huisgesin Boeke te vat.
En so kom hulle gesels-gesels van hul huise na die opstal aangestap, toe
hulle skielik agterkom hulle “stap” nie alleen nie. Hier dryf ‘n “spoek” tussen
hulle rond. Dit gee ‘n wilde resies opstal toe af. Oom Andries, met die laken
oor sy kop agterna.
Maar, so sê oom Andries, so is dit al vir hom of daar sulke ysvingers in sy nek
begin vat-vat. Hy kom los voor die werkmense by die huis aan.
Met Pa-Jan se roudiens het een van sy vriende na ouma toe gekom en vir
haar gesê: “Sa Jan self hier kon wees sou hy wel ‘n grappie te make gehad
het.”
Die wetenskap onthou Pa-Jan as wetenskaplike wat, hoewel hy dood is voor
DNA bekend geword en elektronmikroskope bestaan het, steeds in die
akademiese literatuur van verskeie wetenskappe soos paleontologie,
embriologie (hy het doktorsgrade in beide verwerf) en anatomie aangehaal.
Vir my is dit egter veral ‘n voorreg om hom as die mens-mens te onthou wat
stories kon vertel, en is dit ook vir my ‘n voorreg dat ek daarvan in druk kon
verewig.

Stoepkoffie innie Namakwaland in


Swart en sterk het die treksel koffie gekom
“Ga-a-t” so roep ons hom hier gesellig tesam
So sterk die lepeltjie kantel staarig om
- skop soos die stamp van die orige hansram
Ma’ ky’ nou net Koosgoed se stadsvroumens
trek ha’ fyntjie neusie skoon skeuns deuskant toe op
Koosgoed sien en ek sien Koosgoed raak kjëns
- duisend dywels sit in sy ooghe op galop
Beduie onderlangs vir Neef Koos Boberg
Neef Koos is ‘n wakker klong - vang die begryp vas
ôk hy het hom virrie vroumens geërg 10
Hy sil ôk sy deeltjie by die bose plan las
“Mêtjie!” roep hy binne na die kôbys
“Lô tsjarra da biekie bies virrie kjênd se gaat.” 12
Soos mambapik snel is sy yrrie huis
G’n niks soek sy bies by die lekker gaat.
Die hek
Nic Toerien
Van klein tyd af was dit vir Johan baie lekker om na oupagrootjie Karel se
staaltjies uit die jare toet te luister.
Oupa Karel het ‘n storie heerlik van sy tong laat vloei, en waar hy tussenin
iets braafs vermag het, sommer so vertel asof dit iets alledaags was, sonder
om windmakerig daaroor te wees.
“Daai springhaas-jagtery van julle gisteraand,” vertel oupa Karel,“ laat my aan
die slag dink toe ek en my hônne gaan kyk het of ons nie ‘n rooikat wat ônner
die skaap gevang het, se lêplek kon kry nie.”
Johan luister, want hier kom bepaald iets interessants.
“Daai dag was dit egter nie ‘n rooikat wat ons opjaag nie, maar ‘n tier.”
Oupa-hulle het nog van luiperds as tiers gepraat, en Johan weet goed genoeg
om hom te probeer reghelp, is hy my storie kwyt.
“Die honde jaag toe die tier teen die krans vas, en daar spring die gedierte op
‘n lysie, met die klomp keffers wat onder niks kan doen behalwe raas nie.
“Dis toe lat oupa sien – oupa is mos lank – as hy spring kan hy dalk daai tier
se stert wat so effe oor die lysie hang, beetkry.
“Oupa spring, en die tier kap. Oupa spring weer, en daar kry oupa waragtag
die stert se punt beet. So met die afkomslag pluk oupa ook nog, en pluk die
tier tussen die hônne in.
“Dis ‘n vreeslike gedoente, maar toe sien oupa die honde kry slae. As oupa
nog ‘n hond wou hê, moes oupa plan maak. Dis toe lat oupa met al wat hy vir
‘n bakleiding het, daar inspring. Dis oupa se knipmes.
Gelukkig so met die honde se hulp kry oupa toe ‘n paar dodelike kappe teen
die nek in, en ‘n slagaar af. Maar nie voordat oupa self ‘n peer lelike krappe
weg had nie.”
So ewe trek hy sy een broekspyp op, en daar oor sy kuit sit die hale.
“Heng oupa,” kry Johan dit uit. “Dis mos ‘n heldedaad!”
“Watwou, ‘n tiertjie. Laat ek jou die slag van die ystervark vertel.
“Ouma had las van ystervarke wat haar groentetuin verniel, en een aand kry
sy hond se gedagtes en stuur vir oupa om te gaan kyk.
“So met die knopkierie saam is oupa groentetuin toe, en die aartappelranke is
hoog. Maar oupa kry die ystervark en die ding begin weghol. Oupa is met die
knopkierie agterna.
“Maar skielik loop steek daai ding vas, en oupa hom met al twee bene in die
ding se penne in. Oupa se bene lyk toe kepleet nes twee omgedopte
ysterswyne, die vuilgoed!”
Die nagtelike teenspoed laat Johan aan sy eie ervaring van so ‘n maand of
wat tevore dink....
Dis Vrydag en die son sit al laag. Maar die klein seur is vandag orig op die
werf, en kry nie klaar dat hy wat Jim is, kan tjaila nie. Nee, net soos hy begin
oppak, kry die klein seur nog iets wat kamma dringend gedoen moet word.
Vrydae kry Jim en die ander loon na uitval, en dis wanneer Jim op die
donkiekarretjie spring wat hy die oggend al saambring, en die arme donkies
maar heeldag so ingespan moet wei.
Want as die loon is die hand is, is dit ‘n saak van lewe en dood om die
drankwinkel op die plotte te haal voor sluitingstyd sesuur. Daarna is dit
roofpryse by die sjebien betaal.
Maar daar is ‘n ander rede hoekom Jim vandag haastig is. Dié week is Hans
daar by die hek wat hy na sy besoek aan die plotte moet deur, gelem. Hans
se lyk het lank daar in die pad gelê voor die polieste klaar genoeg met die
ondersoek was voor Hans toegezip en weggeneem is. Sedertdien, so loop die
storie, spook dit na donker by daai hek. Die begrafnis is juis môre en Hans se
lyk het vroeër vandag vir die nagwaak aangekom.
Om sake te vererger, staan daar nog ‘n paal uit die slawetyd geplant. Teen
hierdie paal is menige slaaf volgens oorlewering gegésel en ‘n ongemerkte
graf daarby dui dat minstens een slaaf dié marteling nie oorleef het nie.
En nou draai die klein seur.
‘n Anderster moeilikheid is dat as ‘n man bietjie vasdraai op die plotte, ‘n man
bepaald die moruti te voet gaan kry op pad na sy blyplek op die buurplaas. ‘n
Man kan ook nie sommer net verbyry nie. Maar laai nou die moruti op, dan
neem die terugtog ‘n ewigheid want dan kan die *&^$% donkies hom nie meer
verstaan nie. Dan is hulle pure steekse esels.
Dus is Jim heel verstaanbaar haastig.
Maar soos die noodlot dit wil hê, kry hy inderdaad die moruti op pad terug
huis toe. Dit beteken Jim kan ook nie veel doen in die lyn van ietsie neem vir
die bangeit nie. Skaars het hy die moruti egter afgelaai, of hy maak op vir
hierdie oponthoud. Met die donkies én die bottel. Die twee goed werk nou half
teen mekaar. Hoe vinniger die donkies laat wiel, hoe minder tyd is daar vir die
skop om te trek voor hy by die hek kom. Maar hy probeer darem.
Die donkies handhaaf toe ook al ‘n mooi pas toe hulle op die hek afpeil. Jim
besluit hy gaan net bietjie spoed verminder, en dan self verbyhol sodat hy die
hek sommer so in die hardloop kan oopmaak, en na die donkies deur is, weer
toemaak en die wa weer van agter inhaal.
Hy oorweeg om die hek sommer oop te laat, maar gedagtig aan die
moeilikheid wat soos taks volg as die hek oop laat lê is, besluit hy wyslik
daarteen.
Die ou smoelslanerhek is juis vervang met ‘n gewone hek sodat dit nie so
moeilik is om die ding toe te kry nie.
‘n Smoelslanerhek is ‘n anderster ding. Kry ‘n man nie die stok wat styf om die
ankerpaal gedraai moet word om die hek styf te trek mooi in die draadlus in
nie, dan glip hy los en sê net “woer” voor die ding jou met ‘n sweepslag teen
die kop moker. Daai ding slaan ‘n barshou, want die stok is ‘n stewige, dik
ding om te keer dat dit onder die spanning breek. Gewoonlik skuif ‘n man
sommer ‘n hele ent op jou jis deur die duwweltjies as daai ding losglip.
So ‘n hek het dan ook soos klokslag oop bly lê, veral as kleintjies wat nog nie
genoeg murg in die pype het nie, deur is.
En los nou daai hek oop, dan beland die beeste soos klokslag in Johan se ma
se blomtuin. En Johan se ma is nie ‘n maklike mens as dit gebeur nie. En
Johan se pa wat met die tante moet huishou as sy so is, is dan ook moeilik,
en dan ontgeld omtrent almal op die plaas dit.
Dus is die gedagte om die hek oop te laat nie ‘n gawe gedagte nie.
Hy hoef egter nie die donkies stadiger te laat hardloop. Die een donkie,
Servet, gee skielik ‘n onrustige snuif, en die twee ore draai saam na ‘n kol net
anderkant die draad. Die ander donkie, Violet, kry nou ook die reuk, en snuif
met die ore wat dieselfde kant toe draai.
Daar is nog net genoeg sonsondergang oor om Jim hierdie ore-draaiery te
kan laat sien.
En hulle sê juis ‘n spook ruik so. Veral een wat so lank in die son gelê het.
Selfs knak-knieë knak-knieë hinder nie dat Jim te voet die hek betyds bereik
om vir die snuiwende en proesende donkies oop te maak nie. Trouens, hy
moet taamlik gesels om hulle deur die hek te kry.
Weer oorweeg hy die hek-toemakery, maar die donkies staan nou asof
versteen en is darem geselskap vir ‘n man wie se vuurwater nou stadigaan
betrek.
Maar toe laat spaander die donker al balkende, want agter ‘n bos kom ‘n lang
wit gedaante uit. Jim skrik Bacchus heel uit sy lyf uit.
“Nee magtag, Hans, gaan rus!” skree Jim sy longe uit, en wil-wil agter die
donkies aan die rieme neerlê.
Maar Hans sien die beweging betyds, en beweeg al swewend voor Jim in.
“Nee man Hans, dis mos Kambie wat jou gelem het,” gil Jim. “Nie ek nie!”
Dis toe dat Jim besluit hy hét mos die moruti opgelaai en is darem seker
geregtig om “Prys die Heer” uit volle bors aan te hef.
Dit werk! Op slag gaan hang Hans stil in die lug so ‘n ent van Jim af. Maar toe
Jim begin slap trek met die singery omdat hy nie seker is oor die woorde nie,
kom Hans weer nader.
So tussen skielik woorde onthou en woorde opmaak, hef Jim die singery nou
behoorlik aan. Hans begin nou glads retireer, en is naderhand terug agter die
bosse in.
Jim se knank-knieë kry lewe en hy lê die rieme neer. Hy kom ‘n hele ruk voor
Servet en Violet by die huis aan.
Die Maandag ry Johan, die klein seur, saam met Jim-hulle agter op die
bakkie. Jim vertel seker vir die honderdste keer die storie, want hy is nou die
held nadat hy Hans se spook so kon teruggesing kry dat hy kon gaan rus voor
die begrafnis.
Johan sit en luister, want die hele spookinsident was sy idee, en juis daarom
het hy Jim so opgehou. Die spul was so dig soos ‘n kleios se keel oor wie vir
Hans gelem het. En deur te spook, so het Johan gemeen, kry hy dalk die
antwoord uit Jim uit. Saterdag, nog voor die begrafnis het die polisie toe ook
vir Kambie kom haal.
“Moes djy nie eigentlik ‘O rus my siel’ gasing het nie?” vra een vir Jim.
“Sekerlik, maar dit het darem gehelp,” sê Jim.
Maar Johan lag niks. Trouens, hy is die ene rillings.
Want daai aand was hy self nog lank voor Jim by die huis. Hy het skaars die
laken van hom afgestroop en begin aanstryk huis toe, toe hy die onaardigste
geroggel hoor. Dit het van die slawepaal gekom.
Daar, in die amper donkerte, is ‘n man met ‘n kaal bolyf vasgemaak, en uit die
blote lug kom die een katsslag na die ander op sy oopgekerfde rug neer.
Die vasgemaakte man het een kyk in Johan se rigting gegee en toe kreunend
inmekaar gesak.

Durban, hier kom ons – Vrystaters geen sopkoppies


Al ooit gewonder hoekom die Natallers die Transvalers die sopkoppies noem,
en nie die Vrystaters nie?
Dis nou na aanleiding van die binnelanders wat in Durban met hul kleintjies
op die nek geabba loop, en oral vir die kleintjie sê: “Soppie koppie.”
Wel miskien het ek die antwoord, maar ek moet nou eers op ‘n heel ander
punt begin.
Ons bure se huis spook glo, aldus die pa van een van die vorige inwoners.
Hieroor kan ek my nie met gesag uitlaat nie, maar behalwe vir die huidige
inwoners, het die voriges gou getrek. Goeie bure, maar bure wat ons
onderskeidelik by die welsyn, die DBV en die polisie gerapporteer het.
Een is vroeg graf toe. Sy lewer het opgepak, en ‘n mens het nie drie raaie
nodig oor hoekom dit gebeur het nie.
Kassie was nou waragtag sosiaal. Heel die teenoorgestelde van die uwes,
wat selfs al had ons die belusting vir soveel gejol, dit gewoon nie kan bekostig
nie.
Een van Kassie se gereelde sosiale uitstappies was saam met familie en
vriende uit die Kalahari na enige rugbywedstryd in Durban waarvoor min of
meer ‘n saak uitgemaak kan word. Of dit nou ‘n toets, of ‘n Cheetah-Haai-
wedstryd, of ‘n WP-Haai-wedstryd was, dan is gepak en gery. Kassie het in
die WP grootgeword – die dat die WP vir die ryslag gekwalifiseer het.
Die ryding was ‘n yslike plaaslorrie. Dié het van Olifantshoek se wêreld van ‘n
familielid se plaas gekom, en onderweg Durban toe vir Kassie opgelaai.
Vir so ‘n aftog word ‘n braaier en tuinmeubels agterop die lorrie vasgeswys.
Vorige ondervindings het bewys dis beter om die goed vas te swys.
En so in die ry word gebraai.
Reg agter die kap word ‘n klomp dubbelbedmatrasse en ander dik kooigoed
gegooi, want om van Olifantsfontein Durban toe te ry, moet ‘n mens deur die
Vrystaat ry, en in die rugbyseisoen is dit gewoonlik koud agterop ‘n oop lorrie.
Veral soms.
Aan die agterkant is ‘n longdrop vasgeswys.
Toe kry die uwe onsmaaklikheid by die werk, en is baie moerig en ongelukkig,
en Kassie sien dit en nooi my saam, wel wetend dis nie my styl nie. Maar
Mevrou hoor die uitnodiging, en sy besluit so ‘n wegbreek saam met die
manne sal net die ding wees.
So met die opklim, wil ek weet van wat ek vir die kaartjie skuld, en die blyplek.
Die “Moenie wharrie” nie, kom ek naderhand agter beteken daar is nog g’n
kaartjie gekoop nie, en geen blyplek bespreek nie. Op my vraag hieroor kry ek
net weer ‘n “moenie wharrie” nie.
By Kassie se huis is die vuur in die braaier solank aangesteek. Ek wonder
hieroor, en met goeie rede. Die ander manne wat ry is Wollie, Willie, die stil
broers Hennie en Salie, en Bokkie. Marius se vrou het ‘n stokkie voor sy
saamkommery gesteek, en Gerrie was nie meer in staat om op die lorrie te
klim nie.
Skaars op die verbypad, trek die luggie so koud agterop die bak dat almal
onder die kooigoed in verdwyn. Omtrent net die neuse en oë steek uit. Die
voggies word so onder die komberse gedrink. Die “vuur” in die braaier is die
ene vonke.
Na ‘n ruk besluit Wollie die kole is reg, en ‘n stuk wors word opgediep. Wollie
duik net betyds om nie te verkluim nie onder die komberse in. Net elke af en
toe is iemand koes-koes longdrop toe. Ek self het gedink om te knyp tot ek
ons iewers stilhou, maar stilhou is min, en ek is naderhand ook longdrop toe.
In plaas van ‘n half vol emmer wat ek verwag is daar niks van die aard nie,
net ‘n gat in die bak wat met ‘n sweisvlam gebrand is. Teen die longdrop se
agterste muur is ‘n sitplek, ook met ‘n gat in, opgeslaan.
Terug onder die kooigoed, so deur die skrefies lyk dit my daai wors word met
‘n sweisvlam gebraai, so trek die vonke. Dit is toe ook so – toe iemand kans
sien om die wors te gaan “haal” kan hy nie die vurk daarin kry nie. Die stuk
geofferde wors word sonder seremonie oor die kant, die veld in geslinger.
“Moenie wharrie nie,” sê Bokkie.
‘n Klomp slope gesnyde biltong en droëwors word opgediep. Dit gaan lekker.
Ek raak naderhand besorg oor Willie, die drywer, en loer agterdeur die kap.
Willie is egter heel OK, bierblik in die hand, met ‘n oop sloop biltong en
droëwors by hom. Nou ja, Willie is OK, maar ek nie heeltemal nie.
“Is Willie veronderstel om so baie bier te drink?” wil ek weet.
“Moenie wharrie nie, Willie kan dit die beste vat. Dis hoekom hy met die
afgaanslag die drywer is.
Die gesels is naderhand op, maar van insluimer onder die kooigoed is min
sprake toe Willie tussen Kestell en Harrismith die eerste keer die gruis langs
die pad slaan. Hierna gebeur dit gereeld, en die Van Reenenspas lê nog voor.
Gelukkig, so lyk dit, het Willie dit in hom om stadig teen Van Reenen af te ry.
Onder, so ‘n entjie weg, is dit warmer en die manne ontdooi uit die komberse
uit. ‘n Poging word weer aangewend om die vuur aan die gang te kry. Dis
egter moeilik om bo by te kom as mens hande viervoet is. Die hande
viervoetery is nou weer weens die kombinasie van die Bacchus in die lyf en
Willie wat baie sukkel om die lorrie op die pad te hou, want die pad slinger
nou al erg.
Is Willie nou waragtag ‘n kameel? So wonder ek. Een wat vog kan inhou. Hy
hou nooit stil nie, en het ook nie ‘n longdrop nie. Ek besluit ek wil nie weet hoe
hy die probleem oorkom nie.
By Estcourt word egter by ‘n vulstasie stilgehou.
Willie sukkel-sukkel na die geriewe toe, en die manne staan en ontdooi en
verdere strategie en bespreek. Uit hierdie gesprek word ek wys dat daar nog
nie tevore tydens die trippie daarin geslaag is om Durban te haal nie. Die
bywoning van wedstryde bestaan net in die feëverhale wat agterna aan die
vroue opgedis word.
“Is dit hoekom julle nie kaartjies bespreek het nie?”
“Ja, dis geldmors, verduidelik Kassie.
“Ons sit dit om in likiede bates,” sê Wollie.
“En die verblyf? Waar het julle dit gereël?”
Ook dit blyk problematies te wees. En keer het hulle selfs so ver as
Pietermaritzburg gevorder, en is toe die geld vir die verblyf in Durban kwyt.
Ander ritte het nog vreemder verloop. Om die tolhekke te ontduik, is ‘n slag
Oliviershoekpas af, maar op ‘n manier het die rit in Ixopo geëindig.
‘n Ander keer is wel Van Reenens af, maar om die tolhekke te systap, is hulle
naby Ladysmith van die hoofpad af, en het op Vryheid beland.
Een keer, meen Wollie, was hulle dalk by Underberg, maar die ander is ook
nie so seker hiervan nie.
Dus is dit heel onlogies om geld op blyplek te mors.
“Maar ons het elke keer ‘n moerse tyd,” sê Wollie, en die ander knik
entoesiasties kop. Die entoesiasme verdwyn egter dadelik, want dis nogal
seer om in hierdie toestand so kop te knik.
“Waar slaap ons vanaand?” vra ek, menende in watter dorp.
“Agter op die trok,” sê Willie.
Ek los maar die pleknaam.
“En as dit reën?”
“Ons het ‘n moerse lekker seil.”
Ek gooi die handdoek in.
Met ‘n seil, longdrop, matrasse, komberse, bier en biltong is ‘n man seker ‘n
paar dae lank goed geholpe. Dis luuks teen sommige dae op die Grens.
Trouens, die biltong uit die Kalahari is heerlik. Die droëwors staan glad nie
terug nie.
“Hoe ver gaan ons nog manne?” wil Willie weet. “Ek voel nie juis baie sterk
meer nie.”
Almal kyk skielik gelyk vir my. “Kan jy lorrie bestuur?”
“Ja, ek kan, maar ek mag nie want ek het nie ‘n liksens daarvoor nie.”
“Tegniese detail,” meen Willie. “Ek het ook net ‘n trekkerliksens.”
“Ek ry net tot ek ‘n goeie uitspanplek kry,” sê ek. Ek mag dalk nie ‘n liksens hê
nie, maar ek meen ek is met ligjare die nugterste.
Nou weet ek ook hoekom die Vrystaters nie ook Sopkoppies is nie. Hulle haal
nie Durban nie.
“Vuil plek, in elk geval,” meen Kassie die aand.
“Simpel plek,” meen Wollie, “niemand verstaan Afrikaans nie.”
Self dink ek aan die slag toe ek betrokke was by die reël van ‘n nasionale
kongres in Bloemfontein. Vir elke provinsie se afgevaardigdes is ‘n kaart
opgestel en gestuur oor hoe om van die N1 by die kongresplek te kom. Maar
die Durbaniete laat weet hulle verstaan nie die kaart nie.
Ek bel vererg, en moet nog Engels probeer pleeg.
Daar is niks fout met die kaart nie. Hulle weet net nie hoe om van Durban by
Bloemfontein te kom nie.
Dan liewer ‘n sopkoppie as so ‘n stiksienige Soutie wat nie eens weet hoe om
uit Natal uit te ry nie.

‘Klaskamer’ is kattehemel
Herman Toerien (Herrie se kerrie)
KLEINHERRIE tel ook nou onder die groter wordende groep kinders wat
tuisonderrig kry.
Eintlik het die Herries nie ’n keuse gehad nie. Kleinherrie het nie meer in die
spesiale skool gepas waar hy was nie, en in Suid-Afrika is daar nie ’n
nommerpasskool vir sy gestremdheid nie.
En al kry Kleinherrie nou by Ma klas, is hy, soos enige seunskind, nie te
entoesiasties oor die leerwerk nie. Soggens is dit gewoonlik maar ’n gespook
om die klein mannetjie in sy “klaskamer” te kry.
Maar dit blyk dat daar wél iemand is wat baie getrou en entoesiasties gaan
aanmeld.
Dis Die Vyand, die Herries se half-Siamese kat. Hy het die naam Die Vyand
gekry oor die verterende haat waarmee Snoetie, mev. Herrie se skipper, hom
haat.
Kleinherrie se klaskamer is die Herries se spaarkamer, met ’n lekker bed in.
En dis op hierdie bed waar Die Vyand hom behaaglik gaan tuismaak.
Vroeg soggens as dit nog koelerig is, word in ’n bondel opgerol en die stert
oor die oor getrek, en heerlik gedut. Later, as die sonnetjie deur die venster
begin inskyn, word reguit gelê, en namate hy warmer bak, rek hy hom al hoe
langer uit, totdat die kat ongelooflik lank geword het.
Maar, sê mev. Herrie, die sielsaligste is as die kat op sy rug gaan lê, pootjies
geknak in die lug, met so ’n amperse glimlag op die bakkies. Dan is Die
Vyand in kattehemel, daar waar geen Snoetjie hom versondig nie, Pumba
hom nie aanmekaar in ’n boom injaag nie, en maaltye uit biltong bestaan.
G’n wonder Die Vyand bly ook lê tot lank nadat die klas verdaag het nie.
Spoel juffrou se mond met seep uit!
“Sien die humor raak.”
Dit is die raad wat ouers van outistiese kinders kry. Die rede is
doodeenvoudig – as die ouers nie die humor kan raaksien waarvoor ook hul
kinders, soos ander kinders, sorg nie, sal die ouers dit self nie maak nie.
Natuurlik, geniet die humor met deernis.
Klein Herrie lewer ook sy kwota humor op.
Gisteraand sit Herrie saam met ‘n paar ander ouers van outistiese kinders om
‘n tafel en sit koppe bymekaar oor hoe om Vrystaat Outisme se webwerf
verdere inhoud te gee. Een van die hofies ter sprake, is sosiale stories. Die
kwessie van humor kom ter sprake, so saam met die probleem om iets
abstrak soos godsdiens aan ‘n outistiese kind, wat dikwels boonop beperkte
taalvaardigheid het, te leer.
‘n Egpaar teenwoordig se seuntjie ly aan Asbergers. ‘n Bekende lyer hiervan
is Daantjie Dinamiet, die man wat eers Noot-vir-Noot oorrompel het, en
daarna ook as die land se beste flinkdinker gekroon is. By Asbergers is die
taalvaardigheidsprobleem gewoonlik grootliks afwesig.
Die kind se ma vertel by die kleuterskool lees die juffrou uit Knikkie, wat die
knapie ontstel, want Knikkie se naam is eintlik Noddy, en Noddy is Engels.
Dus, so ver soos juffrou lees, so vertaal hy dit in Engels. Tot juffrou daar kom
waar mnr. Vonk aan Knikkie se kar moet werk: “Juffrou, dis ‘n baie baie lelike
woord daardie,” betig hy ontsteld.
Dié kind, so blyk dit duidelik, word baie mooi grootgemaak.

Grootherrie het iets van oupa Jan se droë humor in hom


Herman Toerien
HERRIE se oudste, Grootherrie, het sy oupa Jan nooit geken nie.
Oupa Jan het in die Namakwaland in grootgeraak, en was ’n
bobaasstorieverteller. ’n Groep mense het alewig aan sy lippe gehang, en
kort-kort geskaterlag.
Pa Jan het skaars ’n bek getrek so droog het hy dié slimmighede kwytgeraak.
Nou wil dit lyk of Grootherrie iets van sy oupa Jan geërf het.
Nou die dag wys mev. Herrie vir Grootherrie ’n foto in ’n advertensie vir ’n
nuwe soort bra. Dié bra lyk soos twee manshande wat van agteraf om die

dame se lyf kom, en die . . . nou ja, die titels in toom hou.

“Wat dink jy daarvan?” wil mev. Herrie nuuskierig weet.


“Bra handig,” merk Grootherrie ewe droog op.
Soms, lyk dit of Grootherrie ook baie begrip vir sy pa se gemoed het.
Herrie en sy buurman, Goorgat, is nie juis dik vriende nie, met herkoms
Goorgat se gewoonte om Sondagmiddae net ná middagete met sy
kraggereedskap reg onder die Herries se woonkant van die huis los te trek,
tot soms ná middernag.
Die feit dat die polisie en die munisipaliteit ’n besoek by hom kom aflê het, het
seker ook daarmee te make dat hy nie baie ooghare vir die Herries het nie.
Op ’n dag gaan Grootherrie stap om pizzas te gaan koop, en hy moet by
Goorgat se hek verbystap waar dié aan’t rase was.
“Waai tog vriendelik vir Goorgat,” vra Herrie.
“Ja,” seg Grootherrie, “maar ek gaan nie noodwendig met al my vingers waai
nie.”
Herrie het net ’n spesmaas Grootherrie het nie in gedagte gehad om met sy
duim omhoog te waai nie .

Lekker ryding
Herman Toerien
HERRIE lees van mnr. Jan Jooste en Seuns van Kestell wat nou pas so goed
gedoen het met die wolpryse.
Wolpryse oor die algemeen het maar geneuk die laaste paar jaar.
Maar dit laat Herrie dink aan ’n hele klompie jare gelede toe die wolpryse so
hoog was dat omtrent al wat Karooboer was vir hom ’n paleis begin bou het.
Tot die jakkalse moes met silwereetgerei aansit om van daai duur skape se
vleisies te kon vreet. Van dié paleise was nog net die suile klaar toe die
wolprys geval het. Kwaai geval het.
Maar toe dit nog hoog was, kom ’n boer by sy ouditeur in Port Elizabeth om sy
geldsakies na te gaan.
Met die somme klaar, wil die boer weet of daar geldjies vir ’n ou rydingetjie is.
“Hene oom, oom kan die beste ryding aanskaf,” sê die ouditeur.
Die beste blyk ’n Rolls Royce te wees en die oom sê die ouditeur moet maar
vir hom enetjie uit Ingeland laat kom.
Met ’n volgende besoek wil die ouditeur weet hoe dit met die oom en sy
rydingetjie gaan. “Man, nefie, uitstekend. Daai glas so tussen die voorste en
agterste sitplek – jy het nie ’n idee hoe lekker dit is om te ry en die ramme kan
nie so in ’n man se nek blaas wanneer ’n mens hulle veiling toe vat nie.”
En nee, die Joostes, sover Herrie weet, ry nie met ’n Rolls Royce nie.

Kerriebeker nie so soet


Herman Toerien
TEEN dié tyd is dit wel ou nuus dat die Cheetahs die Curriebeker gewen het.
Maar vir ingeval iemand vandag maar blou voel, die goeie nuus is dat die
Vrystaat die Curriebeker gewen het. Dis nou die rugbybond, Vrystaat, nie die
koerant nie. Die Vrystaat-koerant se redakteur wen baie ander trofeë en
dinge, maar darem nie die Curriebeker nie.
Omdat die Cheetahs die Curriebeker gewen het, is dit seker aangewese dat
Herrie ’n bietjie hieroor uitwei.
Die Curriebeker wat die Cheetahs gewen het, moet nie verwar word met
Herrie se Kerriebeker nie. Daar is wel sekere ooreenkomste, soos dat albei
bekers is, en dit omtrent ewe moeilik is om daaruit te drink.
Om iets uit die Curriebeker te drink - dis nou die een wat die Cheetahs gewen
het vir ingeval Herrie dit nog nie vermeld het nie - moet ’n mens kan rugby
speel. Eintlik goed kan rugby speel, want om daarvoor te baklei help nie
eintlik nie.
Vra maar vir die WP se Ross Skeate. Om uit die Kerriebeker te kan drink,
verg ander vaardighede.
’n Mens moet byvoorbeeld baie ver baie vinnig kan hol, want dis ongelooflik
hoe kwaad sommige mense kan word oor dinge wat Herrie soms kwyt raak.
Of ’n mens moet baie pyn kan vat, soos Boela du Plooy moes vat. Boela was
die slot van die Vrystaat, wat soos die meeste mense seker nou al weet, die
Curriebeker gewen het.
Nog ’n vaardigheid om uit die Kerriebeker te kan drink, is om byna altyd by die
waarheid te hou.
Herrie se enigste boek (dis op die internet) heet nie verniet Die reine waarheid
en ander liegstories nie .
As die liewe leser dink jy maak iemand kwaad deur oor hom te lieg, dan het jy
nog nie gesien hoe kwaad raak iemand as Herrie die waarheid oor hom skryf
nie. Vra maar vir enige hofverslaggewer.
Dis juis wanneer die slagoffer van die kerriekos-verkopery vir Herrie sien,
voordat Herrie die slagoffer sien, wat die Kerriebeker ’n baie bitter beker maak
om uit te drink.
Dis baie, baie lekkerder om uit die Curriebeker te drink. Dis nou die een wat
die Cheetahs gewen het.

Teorie toe nie juis wenresep


SOMS neem Herrie dinge uit stories wat lank, lank gelede gelees is – hopelik
darem met die nodige erkenning.
Wat nou maar weer bo alle twyfel bewys: Herrie kan lees.
P.H. Nortjé skryf by geleentheid hoe opgewonde sy kinders is as oupa
Grootbul van die plaas af kom kuier.
So was Herrie se twee spruite toe oupa Nic en ouma Engela van der Merwe
van Bethlehem nou onlangs weer kom kuier het.
Die geleende storie het tydens die naweek opgeduik.
Vandat Herrie mev. Herrie leer ken het, het Oupa Nic ’n nimmereindigende
stryd teen jakkalse, afgewissel met rooikatte en annerlike ongediertes. Oupa
het naamlik onder meer ’n jakkalsfluit in die stad kom koop.
Dis toe dat Herrie dink aan die storie van lank, lank gelede toe ’n boer en sy
kinders raad gekry het met ’n meerkatplaag.
Watter soort meerkat nou die moeilikheid gemaak het, kan Herrie nie onthou
nie.
Trouens, Herrie weet nie of die gediertetjie ooit gespesifiseer was nie.
Deur Herrie se sedertdiense verworwing van meerdere kennis sou Herrie raai
dit moes ’n kolonie waaiersterte wees, want dié vreet plantaardige materiaal,
en Herrie het al self gesien hoe ’n pas geplante mielieland naby so ’n kolonie
van mieliepitte gestroop word.
“Vang een meerkat, maak ’n brandende dinamietkers aan sy stert vas, en los
hom dat hy daarmee die gate in,” was die raad.
Die HAT verklaar nie verniet ’n teorie as iets wat nie in die praktyk werk nie,
en so was dit ook in hierdie geval.
Al meerkat wat gevang kon word, was een wat te klein was om die
dinamietkers te sleep.
Dus word die klein waaierstert eers huis toe geneem om groot genoeg
gemaak te word vir hierdie werkie.
Op ’n dag beoordeel die vader des huises dis nou sulke tyd, en daad moet by
die woord gevoeg word.
Maklik is dit egter nie, want die meerkat het mak geword, en is so goed soos
een van die kinders in die huis.
Dis dus ’n baie hartseer afskeid.
Die dinamietkers word aan die brand gesteek, en die meerkat naby ’n gat
gelos. Maar skaars grondgevat, of hy keer sy ou tuiste die rug toe, en
hardloop agter die “bomplanter” aan.
Pa hardloop naderhand sy longe uit. Maar die meerkat kom!
Gelukkig is die dinamietkers naderhand afgeskud, en dié ontplof toe
skadeloos weg van al wat familie van wie ook al betrokke was.
Nodeloos om te sê, hierdie plan is laat vaar.

Hier maak die vere nie die voël


HERRIE dink al wat reunhond is moet bly wees die verkiesing is verby. Dis
nou die honde wat kans kry om saam met hul base te gaan stap.
Want al wat paal is, was van bo tot onder toegeplak onder die plakkate.
’n Reun moes dus maar knyp tot weer tuis gekom en die baas se motorwiel
opgesoek kon word.
Gelukkig is Pumba nie ’n reun nie, maar dis tog ’n aardigheid hoe sy “briefies
lees” wat ander honde teen die pale “geskryf” het.
Maar terug na die plakkate.
Herrie kon nie help om baie te lag toe een gesig op ’n plakkaat skielik ’n
donkerraambril en seerowerbaard bykry nie. Die “kunstenaar” het seker
gereken hy voeg waarde by. Herrie het geweet die betrokke kandidaat is baie
fyngevoelig – iets wat seker nie regtig in die politiek tuishoort nie – en die
plakkaat is ook verwyder nog voor mev. Herrie kon gaan kyk.
Terselfdertyd het die ander plakkate met dieselfde gesig op, ’n hele paar treë
hoër op teen die pale uitgeklouter.
Herrie het ook ’n intensiewe studie probeer maak van of kiesers hulle darem
laat lei deur die voorkoms van kandidate. Met ander woorde: Prentjie, prentjie
aan die paal, gaan die mooiste die paal haal?
Maar helaas, die kiesers laat hulle glad nie deur die voorkoms lei nie. Die
opvatting bestaan blykbaar dat hoe leliker ’n politikus is, hoe beter is hy.
Herrie kan dit met groot vrymoedigheid sê, want Herrie was self “op die paal”
en het derde laaste in sy wyk gekom. En soos almal weet is Herrie afgesien
van hoogs intelligent, wys, skerpsinnig en hardwerkend, nog besonder
aantreklik ook. Om nie van Herrie se vernaamste eienskap, sy besonderse
beskeidenheid, te praat nie.

Inbrekers moet pasop


HERRIE wonder op sy beste oor die regering se misdaadstatistieke.
So twee jaar gelede het die minister vertel Suid-Afrika het minder huisbrake
as Australië.
Hieroor het Herrie sy eie mening. Maar ’n gebore Suid-Afrikaner wat nou met
sy Nieu-Seelands-gebore vrou in Australië woon, kom by Herrie se
selfverdedigingstalletjie op die boeremark aan en dié kwessie kom ter sprake.
“Ja,” sê hy. “Ek het dit ook gehoor en gelag en gelag en gelag. My huis in
Australië is nou die tweede keer gesluit terwyl ek hier is. Die ander keer was
toe ons ’n paar weke vir my vrou se mense in Nieu-Seeland gaan kuier het.”
Maar Herrie wonder.
Dis weer verkiesingstyd, en die konsep voetsoolvlak, kry nou vir Herrie nuwe
betekenis. ’n Mens loop jou voetsole gedaan en vol blase.
Waarop Herrie eintlik afstuur, is die ritse duiwelsvurkheinings na mekaar,
sodat ’n mens nie eintlik ’n keuse het as om die pamflette in die posbus te
druk nie.
Dis ook nie so eenvoudig nie, want aan die ander kant van die heining wil
Jaws vreeslik graag wei aan enige hand wat na die posbus uitgesteek word.
Op die heining is waarskuwingsborde, soos dat die alarm met ’n gewapende
reaksiemag verbind is. Die huis het diefwering wat Pollsmoor se vensters na
’n vakansiehuis se uitsigvensters na die see laat lyk. Binne is die eienaar

gewapen, mevrou het ’n rissiesproei en die gr. 5-dogtertjie ’n swart gordel in


karate.
Miskien is die loopbaanvooruitsig vir ’n inbreker in Australië tog beter as hier.

Groot herrie oor busryery


Hy ry so lekker, want hy sit so lekker.
Daar was fases in Herrie se lewe dat hy gereeld gevlieg het – met bykans
enigiets van ’n helikopter tot ’n Jumbo tot ’n motorfiets (laasgenoemde nie aan
te bevele nie, want die landing kan lol).
Die vlugte van Sodom en Gomorra na Bloemfontein met daai vlieënde
sardienblikkies was half ’n lollery. Van moederkant het Herrie breë skouers
geërf en as Herrie net ’n ietsie probeer nuttig beweeg, beland die passasier
langsaan op sy agterent in die paadjie
Daarom het Herrie simpatie met sy oudste, Grootherrie, se marteling met die
busryery. Van sy pa die breë skouers en vrot knieë geërf. Ná ’n duisend
kilometer se busry met die knieë wat in die sitplek voor vassteek, is dit
naderhand ’n martelrit.
Herrie weet, want Herrie het weer met ’n oud-minister se lugredery
Luxemburg toe gevlieg. Die afgetrede SAL-vliegtuie is met nog sitplekke
toegerus sodat ’n man goedkoper, maar met pynlike knieë gevlieg het.
Daarom het Mev. Herrie nie tweemaal gedink toe die busdiens waarmee
Grootherrie altyd ry (die waardinne vra voor elke rit dat die Hemelse Vader ’n
veilige aankoms verseker) ’n bykomende diens met ruimer sitplekke en
beenspasie instel nie.
Alles was nie maanskyn en rose nie. Met die wegtrek is die busse vreeslik
laat en ’n mens moet die CIA, FBI en KGB inspan om te probeer uitvind wat
aangaan en in waffer bus Grootherrie moet ry.
Nie dat dit baie gehelp het nie – langs die pad moes Grootherrie in ’n ander
bus (die een met die min beenspasie) oorklim.
Natuurlik het Herrie stem dik gemaak, veral toe Herrie verneem hoeveel
ander mense kla oor dieselfde ding. Dit het klaarblyklik gewerk, want met die
terugkomslag was alles seepglad en betyds.
En ja, dis nie dieselfde busredery as die ene wie se busse nou so ongelukke
gemaak het nie. Die Hemelse Vader het geluister.
Soek die man nou tsotso of grap hy?
GEDAGTIG aan die dreigemente van geen toleransie dié Kerstyd, ry die
Herries heel besadig na Oupa Nic en Ouma Engela op Erfenis daar tussen
Bethlehem en Kestell.
Alles gaan goed, tot ’n jafel in ’n rooi bakkie net voor Bethlehem amper voor
Herrie inry.
Omdat Ouma Engela gevra het die Herries moet onderweg by die Portugees
aangaan, was Herrie besig om op te let waar om te ry om in die middelste
baan te wees.
So oplettend is hy dat Herrie amper te laat sien dat iemand voor die kar
instap.
Herrie wil nog uitdraai, toe besef hy die man is in uniform, en bedoel Herrie
moet stilhou.
Dis Oukersdag, en Herrie dink onwillekeurig aan dié slag toe Hagar die
Verskriklike se laaitie verneem het of dit waar is dat dit saliger is om te gee as
om te ontvang. Hagar het verduidelik dat dit afhang of ’n mens van ’n hou oor
die kop of ’n geskenk praat.
In hierdie geval, ’n boete of ’n geskenk.
Heel vriendelik verduidelik die man dat Herrie 72 gery het. Herrie dink dis nie
sleg vir so vlak binne die beboude gebied teen ’n afdraande nie.
“Hoe klink R300, mnr. Herrie?” verneem hy steeds beleefd.
Is hy ernstig? Vis hy vir tsotso? Maak hy ’n grap?
Elke opsie vereis ’n geheel ander optrede. Is hy ernstig, is dit hofdinge. Vis hy
vir tsotso moet Herrie uitklim en hom goed opdons. Maak hy ’n grap moet
Herrie bek hou. Herrie trek die skouers op.
“Geseënde Kersfees, en veilig ry, mnr. Herrie” sê hy. Heel duidelik lees hy
Vrystaat.
Sommer vroeg op Oukersdag.

Lewer ook helde op


’n MENS se hart bloei vir die Oos-Vrystaat oor die rugby.
Jare gelede het die Boland twee vreeslike stutte, Dawid van der Merwe en
James O’Kennedy, gehad. Dié twee het die besoekende All Blacks tot met
rustyd in toom gehou, maar toe kon die twee manne darem nie meer al die
werk self doen nie.
Herrie wil nou nie voorgee dat hy alles van die Oos-Vrystaatse rugbyspelers
weet wat elders in die land speel nie, maar Herrie weet dit eindig nie by twee
stutte, Jannie du Plessis en Faan Rautenbach, nie. Jannie maak nou vir
homself naam en het sy kant gebring om die Vrystaat in die eindstryd in te
kry.
Nog Oos-Vrystaters wat die ding doen, is Gerrie Britz, nou slot van die WP,
en Hendro Scholtz, die man met soveel krag in sy arms. As hy vir die bôl in ’n
losskrum sê kom, dan kom daai bôl. Dok Craven het self sy rugbytoks in die
Oos-Vrystaat leer vasmaak.
Platteland beteken nie daar is nie rugby-ysters nie. Wie sal sommer gou
vergeet van manne soos Kakie Goosen, Saag Jonker, Herklaas Engelbrecht,
Bokkie Gerber, Bert Young en vele meer. Van die prima donna-spanne van
oorsee wat so lekkerbek op die sagte velde speel, kan ook hul sterre dank
hulle het die ervaring misgeloop om agter die bôlle aan te hardloop wat Eric
Herbert so lekker op harde velde, soos Bethlehem se Goblepark, kon laat rol
en rol en rol.
Afstande maak dit moeilik om oral by te kom, soos by Griekwas, waar die
verste suidelike punt en die verste noordelike punt omtrent duisend kilometer
van mekaar geleë is.
So gebeur dit by geleentheid dat net twee spelers van ’n span vir ’n wedstryd
teen ’n besoekende span opdaag. Dié twee reken hulle is mans genoeg, en
dit blyk ook die geval te wees. Sommer gou is die twee 53-0 voor, toe die een
vir sy maat sê hy het iets verkeerds geëet, hy moet gou afgaan.
Dis reg, sê sy maat, hy sal die fort hou.Maar toe die man met die
maagmoeilikheid terug op die veld kom, sien hy die telling is 53-3.“Wat het
gebeur?” wil hy vies weet.
“Weet nie,” sê die maat. “Ek moes ook gou afgaan.”

Herrie se kerrie
Kyk, by dié huis het katte maar 'n hondelewe
deur Herman Toerien
BY die Herries se huis, so klink dit, het katte maar 'n hondelewe.
Hoe dan anders as die kat sommer die kat is, of nog erger, die naam Die
Vyand gekry het.
Dis nou omdat die wit skippertje, mev. Herrie se iesegrimmige Snoetie die
arme kat nie kan verdra nie, en dan skraap Pumba die boerboel ook nog die
arme ding.
Die Vyand se voorganger se naam was op dieselfde trant: Vloeksteen.
Vloeksteen was 'n halwe wildekat, en dit het veral geblyk as 'n mens haar
veearts toe moes neem, en sy wou nie. Vir so 'n ekskursie het 'n mens jou
oudste trui aangetrek, want na afloop van die ekskursie was die hond se
kooigoed die enigste moontlike nut.
Nou begin Die Vyand tender om na "Spottie" herdoop te word. Sommer
kleintyd al het Die Vyand sy eerste groot skermutseling gehad, en gehawend
by die veearts beland. Die veearts het kopgehou en die kat verkeerd gemaak.
Konsultant wees is minder riskant as om pure ramkat te wees, het die veearts
gereken. Maar dis nie asof Die Vyand heeltemal besef hy is nie meer
veronderstel om so in gevegte betrokke te wees nie. Nou weer is dit die ene
rowe oor die andersins gladde bakkies, en dit lyk soos kolletjies.
Herrie het lankal gelees as 'n mens in een opsig nie so sterk is nie, vergoed
iets andersdaarvoor. 'n Blinde sal dus gewoonlik sy gehoor baie goed
ontwikkel.
Maar wat maak dat Die Vyand steeds soos 'n ramkat in al wat kattegeveg in
die buurt betrokke raak? Dit bly Die Vyand se ge heim. Daar is darem tye wat
Die Vyand nié 'n hondelewe ly nie. Die Herries staan immers verstom om te
sien hoe lank die kat kan word as hy in die sonnetjie lê en bak. Kompleet soos
iets wat van die hitte uitsit.

Herrie se kerrie
Herrie weet van benoudheid in 'n vliegtuig
deur Herman Toerien
ONLANGS het Herrie geskryf oor die boere wat so lekker vlieg.
Self het Herrie die voorreg gehad om al met bykans enige ding wat kan vlieg
te vlieg.
Soms redelik luuks, maar net een keer besigheidsklas toe die gewone
sitplekke vol was en Herrie 'n BBP begelei het, tot taamlik primitief. Selfs een
keer met die motorfiets, maar dit sal Herrie nie aanbeveel nie, want die
landing was nie so lekker seepglad nie.
Maar selfs daardie keer in die besigheidsklas was Herrie nie so bevoorreg dat
die vliegmasjien by 'n wegneem-eteplek gaan stilhou het nie, soos die
helikopter wat by Herriesmit toe loop neerslaan het nie. Nee, Herrie moes
maar altoos so luglangs die kossies inkry.
By geleentheid was Herrie onderweg Kaapstad toe, maar van Bloemfontein af
is die vliegtuig eers Kimberley toe.
Dit voel kompleet die vlieënier ry aspris deur die knikke.
Toe sê Herrie vir die lugwaardin Herrie hoop dis teerpad van Kimberley af
Kaapstad toe -- in die dae natuurlik voordat die teerpaaie so baie slaggate
gehad het.
Met die opstyg in Kimberley sê die vlieënier ewe opgewek hy meen die
sinkplaatpad is nou iets van die verlede.
Die lugwaardin het hom sowaar loop sê wat Herrie gesê het. Herrie weet nou
nie of dit daai slag was nie, maar by geleentheid gaan sit die vliegtuig in
Kimberley so hard dat al Herrie se tande amper verstandtande word -- so
hard het Herrie se kake opmekaar geslaan.
Die passasiers is nog wit geskrik, toe laat hoor iemand luidkeels van agter af:
"Moenie wharrie nie, hy het Dunlops op!" Een keer in Durban het die Airbus
waarin Herrie en sy destydse baas was 'n noodlanding loop maak, met die
ambulanse, brandweerlorries en ander noodvoertuie wat met 'n gejuig
agternakom. Daai aand het Herrie se baas meer whiskey as gewoonlik
baasgeraak. Dit was ook nie baie gerusstellend nie, toe Herrie die volgende
dag met daai einste Airbus weer vort is.
Op 'n keer sit Herrie in die medevlieënier se sitplek in 'n 20-
passasiersvliegtuig wat mense deur die Grand Canyon vlieg. Met die
terugkoms lol dit -- die vlieënier druk die een hefboom vorentoe, en dan skuif
'n metertjie geleidelik in die rooi. Dan trek hy daai hefboom terug, en stoot 'n
ander een na vore. Dan gaan 'n ander metertjie stadig in die rooi. So is die
heel pad met die hefbome gekarring.
'n Week later vergelyk Herrie die foto's wat hy geneem het met die foto's van
een van daai vliegtuigies wat toe loop val het. Herrie was nie verbaas dis toe
dieselfde nommer op die vlerk nie.
Die boer wat seker die beste kon vlieg, is Mannetjies Roux. 'n Ander keer was
'n rugbywedstryd op Victoria-Wes se veld aan die gang, toe Mannetjies
aangevlieg kom, en die vliegtuig ewe op sy sy draai sodat hy tussen die
regoppale kon deurskuur.

Herrie se kerrie
Hof het ligter oomblikke
Herman Toerien
TOE Herrie nou die lees van Vrystaat en sy redakteur wat in die hof was,
gaan Herrie se gedagtes ver terug na die dae van hofverslaggewing. Destyds
was dit menige beginnerjoernalis se lot om sy loopbaan in die hof te begin.
Dis nou om te leer om 'n man se feite 100% reg te kry, want 'n woordjie uit
plek en 'n man kan sommer kniediep in die moeilikheid beland.
Meestal was dit maar bitter sleg, want die mense se lot trek 'n mens aan.
Herrie het self 'n paar regsvakke geneem en met die wysheid van
beskuldigdes wat "skool" toe gaan -dis nou tronk toe gaan waar hulle by die
meer ervare manne raad kry oor hoe om hul sake te verdedig -- het Herrie
ook al 'n paar dinge wys geword.
Maar daar was talle ligter oomblikke. Herrie het al vertel hoe wyle oom Harry
van Noordwyk se broer, landdros Fred van Noordwyk, die saak van die
Rhodesiese bokser verhoor het wat glo crimen injuria teenoor 'n
verkeersdame sou gebesig het. Ja nee, het hy getuig, hy het vir haar "buck
up" gesê. G'n niks daai lelike goeters waarvan sy hom beskuldig nie.
'n Deftige klaer in 'n saak raak moeilik met Volksblad se destydse redakteur,
Hennie van Deventer. Fout.
Die volgende dag lui die inleidende sin: " 'n Bekende Bloemfonteinse
sakeman het komieklike bewegings op die sypaadjie gemaak toe hy onder die
invloed van drank die beskuldigde 'n opstopper of wat wou gee, is in die
Bloemfonteinse landdroshof getuig."
Herrie het in daai stadium sy opvolger opgelei en was gelukkig genoeg om nie
self vir die gevleuelde woorde verantwoordelik te gewees het nie. Nogtans is
Herrie maarsleepvoet hof toe om te gaan verneem wat die nagevolge van die
berig was, aangesien Volksblad toe nog 'n middagkoerant was en die bom die
vorige dag sou gebars het.
"Die man was willebooslik kwaad hier," vertel die beheeraanklaer.
"Toe ek sê hy moet dit los, toe is hy prokureur-generaal toe. Toe hulle sê hy
moet dit los, wil hy minister toe. Dis toe dat hulle hom inlig die minister se
dogter het die berig geskryf."

Herrie se kerrie
Dominee weet hoe om die lagspiere te prikkel
deur Herman Toerien
DIE spreekwoord lui: "Met die hoed in die hand, word 'n man se gesig
verskriklik verbrand."
Of so iets. Maar met die hoed op die kop, kan 'n man ook maar kleitrap.
In Bethlehem-Oos se NG kerk het die hoofdiaken deurgeloop. In ds. Steyn se
dae was dit gebruik dat die diakens ná kollekte in die portaal bymekaarkom
en almal hul kollektebordjies aan die hoofdiaken oorhandig.
Met dié stapel bordjies, beide hande vol, loop hy dan in die gangetjie af in die
rigting van die preekstoel. Die ander diakens volg.
Dié dag "kollekteer" die een diaken 'n omie se hoed wat in die portaal hang en
hy val agter die hoofdiaken in.
So 'n ent in die kerk in, druk hy die hoed oor die hoofdiaken se oë. Oorbluf
gee die hoofdiaken nog 'n paar treë vorentoe en sit toe die hele trein in trurat,
terug portaal toe.
Maar ds. Steyn was self 'n man wat die lagspiere kon prikkel.
Self het hy die vermoë gehad om te midde van die gelag wat hy veroorsaak
het, die sedigste bakkies te behou.
Dit het gereeld gebeur dat 'n gelag voor die kerkdiens in die konsistorie
uitbars. Sedige gesig kom die dominee dan ingestap en bestyg die
preekstoel, maar g'n niemand van die kerkraad volg nie. Dié is besig om eers
die lagbui af te skud.
Net so 'n sedige gesig was hy dié dag, toe hy saam met die bedroefde
begrafnisgangers van die graf af, waar hy pas iemand ter ruste gelê het,
motor toe stap en die meisiekinders se kleredrag hom opval: "Vandag se
meisies se kleredrag bestaan ook net uit twee flennielappies en . . . "
En daar stap hy, terwyl die bedroefde begrafnisgangers onbedaarlik tussen
die grafte proes.
Herrie se kerrie
Bokke kry truie van 'n ander kleur
deur Herman Toerien
"OUMA, oupa kuier."
'n Man van min woorde is Kleinherrie gewis, maar hy gebruik deesdae hierdie
drie woorde gereeld.
Hy het snuf in die neus gekry dat hy en Grootherrie eersdaags by oupa Nic en
ouma Engela op Erfenis buite Bethlehem gaan kuier.
Kleinherrie se talente lê op die oomblik op 'n ander terrein as die verbale.
Hy gee 'n ding net een kyk en maak 'n presiese replika uit enige
weggooimateriaal.
Hy gebruik egter elke rolletjie "plak" om sy meesterwerke mee te vervaardig,
ongeag of dit kleeflint, pleisters of Herrie se isoleerband is.
In die aanloop tot nou die dag se toets tussen die Springbokke en die
uitgedunde Hane, teken Herriedie meegaande prent om aan te dui presies
hoé diep die Franse weens die gekroktes moes gaan delf.
Maar omdat Asterix, Obelix en Tintin van Herrie se helde is (naas Spiderman)
gee Herrie die prentjie vir Kleinherrie om in te kleur.
Kleinherrie is nog nie so in met rugby nie en kleur die Springbokke se truie
feitlik profeties in rooi in.
Dis toe dat mev. Herrie op die kreatiwiteit afkom, en hom reghelp, sodat die
Franse darem in hul regte blou truie kon speel.
Maar die Springbokke se truie het ten spyte van alle pogings om die groen
dominant te kry, oorwegend rooi gebly.
Kleinherrie meen die uitslag van die volgende toets sal ongetwyfeld reg wees.

Herrie se kerrie
Woer-wap almal wat plaashekke laat ooplê
deur Herman Toerien
DIE berig in Vrystaat oor die ongeluk op die pad na Kestell wat daartoe gelei
het dat duisende gevriese hoenders rondgelê en deur omstanders opgeraap
is, laat Herrie sommer aan 'n paar dinge dink.
Die Herries was een keer op pad na Bethlehem toe by 'n ongelukstoneel
verbygery is waar 'n bakkie van die pad geloop en allerlei ware gesaai gelê
het. Die Herries en ander motoriste kon egter nie veel na die ongeluk oplet
nie. 'n Volgelaaide taxi het stilgehou en die volgende oomblik stroom die
plunderaars blindelings oor die pad. Dis bloot genade dat 'n motor nie
minstens een omgery het nie.
Tweedens dink Herrie aan daai *&^%sems wat plaashekke ooplos, en
veroorsaak dat beeste in die pad beland. Herrie het 'n paar jaar gelede baie
deur die Natalse landelike dele gery en was verstom oor hoe padgeleerd die
bokke is. Maar so geleerd soos hulle was, het Herrie tog een naby Ixopo
gesien wat nie slim genoeg was nie en omgery is.
Maar die meeste Vrystaatse beeste weet nie van uit aankomende voertuie se
pad bly nie. Dis hoekom Herrie voorstel hulle moet die smoelslanerhek se
naam verander. 'n Smoeslaner moet nou die mens wees wat naby die hek
wag hou en die een wat die hek ooplaat op sy smoel slaan.
Daarom stel Herrie voor die hekke moet liefs as die woer-wappe bekend
staan.
'n Vriend van Herrie, Vriendherrie, het in sy losloopdae by 'n meisie op 'n
plaas in die Noordweste in loop kuier. Ry toe saam met kleinsus Snip agter
op die bakkie met Meisie voor by haar pa in die kajuit. Vriendherrie maak
hekke oop.
Toe hy weer by 'n hek afspring, hoor hy Snip agterna roep: "Dis 'n woer-wap-
hek."
Hy kom by die hek, en sien 'n stewige stok is om die hekpaal gespan en met
'n draadlussie weer teen die hek vas. Terwyl hy die lussie afskuif, wonder hy
hoekom dit 'n woer-wap-hek is. Met die lussie af, trek daardie stok met 'n
vaart weg en hy hoor: "Woerrr!". Te laat besef hy wat na die "woer" kom en
wap! tref die stok hom teen die smoel.
Maar hy kon eers die geheelbeeld vorm nadat hy bygekom het.
As dit van die Kolonel se gebraaide hoenders was wat in die pad beland het,
sou Herrie darem self oorweeg het om te help optel. Om aan die eienaar
terug te besorg, natuurlik Nou was dit bevrore hoenders.
Amper soos die slag toe oom Kaspaas haastig die tante se hoendereiers op
die dorp moes gaan besôre, Met die ry hy te vinnig deur 'n knik en toe hy
omkyk, is al die eiers af. Hy rem tot stilstand en kom kyk, maar sien nie eens
een eier nie. Hy staan nog so, toe begin die eiers val, maar breek nie. Skoon
kliphard geys, so hoog is hulle die lug ingeskiet.

Die scooter en die hond en nartjies


“No name, no pack drill.”
Op ons grootraakword dorp is dit ongeveer die mees korrekte Engelse
uitdrukking wat ons destyds gehoor het, al trek die Engelse “grammar
checker” deesdae ‘n groen strepie onder “pack drill.”
Miesies Wênderbaail, het die grootmense ta’ Malie genoem oor haar al ewige
gefoeter om Engels te gebruik. Krom en skeef was dié Engels, het ons
verneem danksy Juffrou Maree, die jong onderwyseres wat haar
onderwysbeurs op ons dorp kom afwerk het na sy met Daan Maree, ‘n ryk
boer van die distrik getrou het. “Juffrou” Maree het Engels gegee en sy het
begin uitpraat oor ta’ Malie se swak Engels en uitspraak.
Om te dink, al die jare het sy haar Afrikaans so half krommerig gebruik en laat
klink om te wys presies hoe ‘n sterk Engelse agtergrond sy kamma het.
Die bynaam “Miesies Wênderbaai” het sy gekry oor ‘n tante van flus
anderkant die berg oor wie Langenhoven so geskryf het. En het oom Neelsie
en Herrie met die trem se trekslag ‘n entjie verder tot by die Poort uit en ‘n ent
die Karoo ingehou, sou hulle op ons dorp aangeland het.
En omdat van die karakters wat aan die beurt kom, se nasate, en hier en dalk
een self nog, straks leef, span ek Ta’ Malie se spreekwoord in. Ja-nee, Herrie
(die uwe) het al genoeg familietwiste ontketen deur te goeder trou van familie
te skryf, net om agterna te hoor hoe ongelukkig hulle oor die “leuens” is. Wat
my kop nogal laat duisel, want Herrie se stories is darem goed nagevors met
onafhanklike bronne. En ek gee karakters ook net regte name as ek seker
van die feite is, en as die storie nie iets leliks oor die genoemde familie of
ander karakters te sê het nie.
Dus sal Herrie byvoorbeeld nooit sommer sê die burgemeester-skoolhoof wat
so broekloos van ‘n munisipale huis skool toe gehol het, met ‘n woedende
munisipale amptenaar agterna, se van was Van Niekerk nie. Of so iets.
Daarom noem ek die dorp maar Drie Kastele. En die karakters kry ander
name.
Herrie het nie weer lus vir pack drill nie.
Nou wat my by dié storie laat kom, is die alewige gefoeter om die petrolprys
op te sit.
“Nee, magtag, soos dit nou aangaan betaal mens een van die dae ‘n hele
rand per gelling!” kla oom Servaas. Oom Jan Hamer brom ook iets van die
Sappe wat darem nog gesorg het. Oom Servaas is te klein om oom Jan te
herinner aan rantsoenering tydens die oorlog, en hy verkas dus maar huis
toe. Daar kondig hy teenoor ta’ Wysie aan: “Ek gaan vir my ‘n scooter koop.”
“Oor my dooie liggaam!”
Dis ook maar oukei, dink oom Servaas, maar hy sê dit nie.
“Of dan ‘n Harley met ‘n syspan. Dink net hoe kan ons spoggerig met jou so in
die syspan by die kerk aankom.”
“Servaas, siejy met jou stuitigheid!”
“Moe’ jy nie liewerster ‘n mousterbaaik kry nie?” wil oom Jan weet toe oom
Servaas weer by die skrootwinkel omkom en kom vorderingsverslag lewer.
“Nou wat’s fout met ‘n scooter?” wil oom Servaas weet.
“Dink maar net daai wielietjies van ‘n scooter is darem klein as ‘n hond of
baksteen in die pad beland. Of mens in ‘n slaggat in ry.”
Drie Kastele het destyds al genoeg teerstraat gehad om ‘n kwota slaggate te
hê. Al is dit nie ‘n patch (verskoon maar asseblief die sinspeling, dis nie
politiek-korrek bedoel nie) teen vandag nie.
“Ma’ ek kyk mos waar ek ry.”
Hieroor had oom Jan sy eie mening. Almal het geweet oom Servaas is een
van die gereelde besoekers aan die Grand Hotel se oog.
Nou moet ek net eers sê. Kyk, daai oog het niks met die gebruiklike oognaam
vir ‘n kroeg te make nie. Die presiese storie het die dorpsmense nooit bereik
nie, maar dat dit iets met oom Oog se glasoog te make het, dit weet ons
darem. Die makste weergawe lui dat oom Oog se glasoog onverklaarbaar in
sy bierglas geval het. Die mins waarskynlike lui oom Oog en oom Maartens
het hul meningsverskil in die ouderlingevergadering hier ‘n dag of twee later
kom verder voer, en dis met oom Maartens se regterhaak se hulp dat die oog
in die bier beland het. Nog ‘n weergawe is dat ‘n veerpyltjie tydens ‘n
veerpyltjiewedstryd in oom Oog se glasoog bly vassteek het.
Hoe ook al, die Oog se deur het in ‘n stegie uitgekom tussen die Grand Hotel
en die kruidenierswinkel, en die manne het saans maar liefs deur die stegie
se agterkant ingekom, want ds. Stoffberg het die nare gewoonte gehad om
saans met sy hond, Vegter, voor die hotel verby te stap. En daai hond kan
kerkraadslede uitsnuffel, het ‘n hele aantal mense al gesweer, want waag nou
om die stegie se vooringang te wil gebruik, en jy is kapabel om ‘n hele uur of
so voor die hotel ‘n gesprek met die dominee te voer terwyl die hond aan jou
broek bly-bly snuffel. “Memoriseer,” het die manne dit genoem.
“’n Regte snuffelhond,” het oom Servaas gebrom.
Saterdagmiddae het die manne op die skouterrein se stellasie, wat die
pawiljoen genoem is, bymekaar gekom. Hier was altoos iets aan die gang –
die dorpspan het teen Oudtshoorn se dorpspan rugby gespeel, perde is
geskou, die kermis het plaasgevind. Dié kuiers het opgedroog toe TV gekom
het, maar daar word geskinder dat die feit dat die dominee en sy hond hulle
naderhand ook Saterdagmiddae daar kom tuismaak het, ook ‘n bydrae
gelewer het.
Ek bedoel: Hoe geniet ‘n mens nou die nartjie waarin die versterkings gespuit
is as Vegter, ‘n hond met onsekere stamboom maar duidelik wolfhond en
Deense Hond in sy voorsate, hier met sy snoet teen jou oor aan die nartjie bly
snuffel asof hy vir die dominee wil sê: “Baas, kom ruik net hier!”?
Maar dit was nog voor die stelalsie-kuiers opgedroog het dat oom Servaas
een Saterdagmiddag met sy scooter daar aangesit gekom het.
“Well I never!” Oom Jan Hamer is so verbaas dat hy heel onnadenkend nog
een van miesies Wênderbaail se Engelse sêgoed kwytraak. Sy het na een
Desembervakansie by De Bakke met dié sêding hier aangesit gekom na sy
op Mosselbaai met ‘n Engelse tannie bevriend geraak het.
Oom Servaas is nog nie baie handig met dié scooter nie, en van waar ek teen
‘n snydende Julie-windjie onder pa se arm koester, lyk dit amper of oom
Servaas eers by die oog ‘n draai gaan maak het, so kom die scooter slinger-
slinger aangery.
Dis egter nie net ek wat spesmaas van ‘n besoek aan die oog kry nie. Vegter
het alle belangstelling in oom Jan se nartjie verloor, en sit kiertsregop, met sy
twee wolwe-ore gespits, die naderende tweewielgedroggie en bekyk.
“Woef!” laat hoor hy luid toe hy meen sy vermoedens is bevestig, en soos ‘n
vetgesmeerde blits is hy die stellasie af, en skraap oom Servaas en sy
wankelrige scooter.
“Sie jy!” gil oom Servaas nog. Met Vegter in die omgewing is dominees seker
op die stellasie, besef hy, en daarom sy woordeskat wat nie veel indruk op
Vegter maak nie.
Toe Vegter met sy tweede “sortie” op die scooter afpyl, en met die verbyskuur
tande uitpak dat mens dit heel bo teen die stellasie kan hoor klap, toe gesels
oom Servaas in tale wat nie eens miesies Wênderbaail ken nie, en wat hom
selfs ongewild in die oog sou maak.
Met dié swaai die scooter slinger-slinger die arena in, en tref toe een van die
sandhopies waarvandaan ‘n dorpspanspeler kort tevore ‘n mislukte skop pale
toe gemik het. Met die valslag skeur die kardoessak met nartjies en die
nartjies rol in alle rigtings.
Met dié het Vegter al sy draai gaan kry, en skraap weer vir oom Servaas. Of
so dink ons eers. Maar dis die rollende nartjies wat nou sy aandag het, en toe
hy die eerste in sy bek oppik en kou, toe hou hy blykbaar van wat hy proe.
Soos blits het hy hom aan die nartjie versluk, en skraap die volgende, en die
volgende. En soos oom Servaas sien sy nartjies word minder, word sy gille
benouder en minder diskreet.
Met nie ‘n nartjie oor nie, begin Vegter terugdraf stellasie toe. Op soek na nog
van daai nartjies. Maar hoe nader hy aan die stellasie kom, hoe meer slinger-
slinger hy, en slaan kort voor die onderste trap neer.
“Nou verstaan ek hoekom die hond so lus was vir my nartjies,” sê oom Jan en
hy kyk reguit vir die dominee. Ds. Stoffberg kyk weg.
“En hoekom die hond mens so voor die hotel besnuffel,” voeg Pa by, en ek
kan gelukkig my kop in Pa se jas verberg, so skaam kry ek.
Rooi in die gesig het dominee sy hond gaan optel en met hom kar toe gestap.
En net daar op die stellasie stel die kerkraadslede vas hulle is genoeg vir ‘n
kworum, en word die dominee se probleem bespreek.
Terwyl die dominee by Aurora was, het Vegter elke aand in die oog kom
kuier.
“Ons moet hom maar geleidelik droog kry. Dit was nie sy skuld nie,” het die
kerkraad besluit.
In hierdie kerk was daar al baie pret
deur Herman Toerien
HERRIE lees van Kestell se NG kerk wat vanjaar 'n eeu oud is.
Herrie het al twee keer gemeentes se halfeeufeeste beleef. Met die eerste
een is Herrie versoek om vir die halfeeubundel die humoristiese verhaaltjies
op te teken (Herrie wonder waarom juis so suurpruim met so iets opgesaal is)
en by die volgende gemeente moes Herrie sommer die hele bundel skryf.
Herrie het dit op een voorwaarde gedoen -- dit gaan nié uit die argiewe
saamgestel word nie, behalwe om die belangrike datums vas te stel. Dit is
saamgestel uit die herinneringe van gemeentelede. En glo maar vir Herrie, uit
'n gemeente se 50 jaar, laat staan nog 100 jaar, is daar oorgenoeg materiaal
om 'n bundel saam te stel.
Al is Herrie 'n Dopper, weet Herrie dat die NG kerk deur sy geskiedenis die
afgelope eeu baiedeurleef het.
Onthou van die ouer lidmate nog dat die mans en vroue desdoeriejare nie
bymekaar mag gesit het nie? Herrie se oorlede oupa was toe diaken by
Ventersburg se NG kerk. Ouma vertel hy het altyd ná Nagmaal gekla dat dit
darem 'n skande is hoe vinnig die beker aan die mans se kant leeg raak.
Later het die baklei oor die togas gekom, en toe oor hoede vir vroue. Die
hoede-ding lewer self sy kwota staaltjies op, soos die seun op die galery wat
slegs ten aanskoue van sy maats en die dominee die tante reg onder se hoed
met 'n lyntjie en gebuigde speld haak, en oor haar oë skuif.
Ook onder die galerystaaltjies tel die ware verhaal van die latere proffie in
wiskunde wat gewonder het hoe dit sou lyk as hy 'n rou eier op die omie reg
onder hom se pankop laat val. Later kry die versoeking die oorhand, en hy is
met 'n eier gewapen kerk toe. Maar voordat hy die daad by die bose gedagtes
kon voeg, breek die eier in sy broeksak, en was streepsuiker die gevolg.

Herrie se Kerrie
Hoe vlieg die boere sit-sit so . . .
deur Herman Toerien
BY geleentheid staan 'n paar boere by 'n kongres en gesels.
"Hoe het jy hier gekom?" wil die een by 'n makker weet.
"Ek het Christiana oorgery," antwoord hy, maar trap toe in die slaggat: "Hoe
het jy hier gekom?"
Die boer wat eerste gevra het, het gewag vir hierdie vraag.
"Nee, ek het sommer met die Boeing deurgekom."
So asof dit een van die gewoonste maniere was om by kongresse uit te kom.
In die beginjare van die Sampioesdae was dit nog op die plaas van oom Moos
Haddad naby Bloemfontein aangebied. Die landingstrook was op 'n buurplaas
-- 'n plaas van Herrie se oom Nico. Oom Nico het nooit self 'n vliegmasjien
besit nie, maar hy het danksy sy landingstrook gereeld vliegkans gehad. Een
keer amper bokveld toe toe die drywer gedink het hy is snaaks en reguit af
grond toe geduik het, en toe in 'n afwaartse lugstroom be land het.
Of die keer toe 'n jong boer sy vliegtuig ingee om te laat versien. Hy leen toe
'n ander vliegtuig. Sy eie vliegtuig se vlerke sit bo die ka juit, en die geleende
een s'n onderkant. Toe hy die vliegtuig terugbring, so verneem Herrie, sit die
mieliekoppe gebuig oor die voorkant van die vlerke.
Hoekom Herrie nou aan die vliegery en boere dink, is dat oupa Nick en ouma
Engela ook pas 'n vliegekskursie Kaapstad toe gehad het. Eers padlangs
Gauteng toe, en vandaar Kaap toe.
"Net daar onderkant die Vaaldam, toe vang daai drywer darem 'n vreeslike
slaggat," vertel oupa Nick.
Oupa Nick vertel van 'n kleintjie wat vreeslik van die oorpyn gehuil het.
"As ek vyf jaar jonger, was het ek ook gehuil," sê hy.
Nou ja, Herrie het lanklaas gevlieg en Herrie wonder self oor die oorpyn. Op
Herrie se ouderdom verskuif die rol van die ore juis van om hoofsaaklik as
gehoororgane te dien tot om as vashouplek vir die leesbril te dien.

Herrie se Kerrie
Herrie oor katte, beginsels en Harry
deur Herman Toerien
HERRIE sien nou die dag daar was 'n taamlike herrie oor Herrie, ekskuus,
Harry Potter. Een dame vergelyk die toordery in Harry Potter met die
konkoksies wat Asterix se Druï de aanmekaar geslaan het.
Toe Herrie nog 'n knaap in sy ouerhuis was, beland daar op 'n dag 'n
kleinerige gemmerkatjie by die huis, en word "aangeneem".
Die wyses sê gemmerkatte is altyd mannetjies, en omdat die kat klein was,
kry dit die rooikop-Obelix se maat, Asterix, se naam.
Om 'n rede wat Herrie nie meer kan onthou nie, moes Asterix na familie se
plaas toe verhuis, waar hy hom baie gou tussen die werfkatte, almal half wild,
tuisgemaak het .
Dis toe dat die "kenners" verkeerd bewys word oor gemmerkatte wat altyd
mannetjies is. Asterix het die een werpsel na die ander. En anders as die
klein Asterix, is die afstammelinge regte ramkatte. Bielies. Hierdie
afstammelinge, soos die ander werfkatte, was meer wild as iets anders, maar
as neef Francois met die windbuks begin rondloop, val hulle by hom in. As die
skoot klap, is die katte op 'n streep op die gevalle spreeu, vink of rot.
Naderhand is hulle so bederf, hulle kom kerm by Francois se kamervenster
dat dit weer windbukstyd is. Ouboet Nic word nie so verpes nie, want dié skiet
windskeef met die windbuks. Nic het darem met die destydse grenstoeganery
met die R4 reggekom, en al wat skietbalkie is verower.
Maar terug by Harry Potter. Herrie haal sy hoed af vir die kind wat so sterk oor
sy beginsels voel dat hy eerder punte gee as om iets teen sy oortuigings te
doen. Of mens nou met sy oordeel oor Harry Potter saamstem of nie. Die
Afrikaners het destyds al met Liewe Heksie dié geveg agter die blad.
Herrie het self geweier om 'n boek te lees -- Hettie Smit se Sy kom met die
Sekelmaan . Toe was Herrie 'n selfvoldane eerstejaar, en het gedink hy is so
'n yster met die meisies dat hy regtig nie kan baat vind by 'n gesmart oor
vergane liefde nie. Toe het Herrie nie geweet die boek handel oor verbode
vrugte nie -- 'n bekende digter wat as getroude man met Hettie 'n fling gehad
het.
Nou is Herrie bly hy het 'n ent weg met die boek vasgebrand.

Herrie se kerrie
Misdaadrekord vir dwelms niks om oor te lag nie
HERRIE lees onlangs met groot kommer van die dwelmklopjagte wat op skole
in Bethlehem uitgevoer is. Eintlik meer oor die omvang van die probleem as
oor die klopjag self, want Herrie het van die klopjag geweet, en ook van die
bankmeneer se telg wat net betyds sy zol by die klaskamer se venster
uitgeskiet het.
Nog nie eens droog agter die ore nie, en speel met dinge waarvoor in
sommige lande die doodstraf opgelêword.
By geleentheid in die Kaap is 'n bendebaas vasgetrek vir daggabesit. Sy
maters kom ondersteun hom in die hof en verwag soos gewoonlik 'n ligte
vonnis.
Maar dié dag het die landdros, oftewel die magistraat in daai geweste, met die
verkeerde voet uit die bed geklim.
Daar kom gans te veel sake van hierdie aard voor in die hof en hy gaan nou 'n
voorbeeld van die beskuldigde maak. Vyf jaar hardepad.
'n Rukkie is daar 'n geskokte stilte in die hof, toe laat hoor een van die maters:
"Appeal man, appeal."
Die beskuldigde misverstaan sy maat, en dog hy praat Afrikaans, en kyk
verontwaardig om: " 'n P*&) se m0)% man, hy is 'n f(*&) d*&)!"
Net daar word die beskuldigde nog vir minagting van die hof gevonnis ook.
Die magistraat reken naamlik nie hy is daai dêng nie.
Maar luister mooi, kinders wat met dwelms speel. Dis nie 'n grap nie.
Lewenslank is baie lank vir 'n jong kind wat 'n misdaadrekord kry. En moenie
dink jy is nie gewharrie nie, want jy gaan in elk geval emigreer. Emigreer
waarheen? Want g'n land wat jy oorweeg om na toe te verkas, vat mense met
misdaadrekords vir dwelms nie.

Rubriek Herrie se Kerrie


Wie nog ore het, laat hom hoor
deur Herman Toerien
VANJAAR word nogal as een van die besonderse jare beskou wat
persvryheid betref. Dit is nou presies 270 jaar gelede dat Johan Piet Zenger in
wat nou Amerika is, aangekeer is weens klagtes oor wat hy geskryf het.
Wat Zenger geskryf het en die verhoor het baie tot die Amerikaanse
Vryheidsoorlog bygedra.
Sy storie was egter 'n vulletjie.
Sowat 400 jaar gelede is Payne en twee van sy medeuitgewers se ore
afgesny en hulle elk met £5 000 beboet omdat hulle dinge geskryf het wat die
Engelse koning nie aangestaan het nie.
Die £5 000 was 'n bietjie kwaai, en hulle is oorloos in die tronk gestop . Herrie
verneem die oor-afsnyery was 'n aardige spulletjie. Die laksman was
skynbaar 'n bietjie lomp met die fyner werk soos oor-afsnyery, en 'n stuk van
Payne se linkerwang is saam met die oor af. Met die regteroor verbrou die
laksman so effe. Hy was al van die stellasie af, toe iemand hom terugroep om
sy brouwerk te kom klaarmaak. Die oor het nog so 'n draadjie gehang.
Gelukkig vir Payne-hulle het Cromwell kort daarna aan bewind gekom en is
die drie oorloses as helde vrygelaat.
Tot dusver het Herrie se skrywerasies darem nog nie in die hof gaan draai
nie. Soos een van Herrie se gewese kollegas, wyle Steve, wat voor 'n klomp
manne ingery het. Toe hulle vir Steve wys hulle wil hom regsien, toe wys hy
dis reg, en trek van die pad af. Groot fout. Steve wou sy neus weer laat reguit
maak, maar Herrie het hom oortuig g'n niemand wat rugby gespeel het, se
neus is presies reguit nie. Herrie s'n is dan ook al redelik gerangskik .
Maar nou is Herrie meer oor ore begaan. Nie dat Herrie eintlik daai laksman
bang nie. As hy so sukkel met 'n Engelsman se ore, gaan hy maar erg kleitrap
met Herrie se "blikore".
Om Vrystaters Blikore te noem is Herrie oortuig dit het met die baie
windpompe in die provinsie te make. Hulle het mos groot blik ore. Maar die
woordeboek sê dis 'n spottery met die dom Vrystaters.
Herrie prosedeer nou teen daardie woordeboekmanne.
Rubriek Herrie se Kerrie
Diamante en sterre gee hul byname
deur Herman Toerien
IN die Overberg het 'n familiebynaam 'n paar geslagte aangekom, en in die
proses het die herkoms 'n ruk verlore gegaan.
Saam met die van het die bynaam "Stronttemmer" gekom. 'n Student gaan
vors dit toe na en ontdek dat 'n oor-groot-oupagrootjie in die hoëre dinge
belang gestel het. Van al die sterrekykery het die bure hom Piet Astronomer
genoem. Destyds was daar nie baie Engelse in die Overberg in nie, en het die
Engels verafrikaans .
Herrie stel meer in die klipgoed belang. Hy het seker duskant 'n ton se
klipgoeters uit die Oos-Vrystaat by die Nasionale Museum aangedra in die
hoop dat iets besonders is, soos dat Herrie byvoorbeeld 'n dinosourus sou
ontdek het.
Een keer was Herrie seker hy hetiets besonders gekry, naamlik 'n barnsteen
met 'n soort akkedis binne-in. Maar dié "barnsteen" (soos uit Jôrrêssiekpark)
is toe net 'n rooi agaat.
Maar die Oos-Vrystaat het met die ysterklip-intrusies deur die sandsteen tóg
'n klippeskat, waaronder hier en daar diamante.
En waar diamante is, is daar diamantsmokkelaars, soos Floors Poteflous. Dié
bynaam het hy verdien. Floors se skelmstreke om die polisie te uitoorlê is
amper legendaries, maar die een wat in Herrie se kop vassteek, is die slag
toe hy geweet het hy loop in 'n lokval in.
Die afspraak met die lokvink was in die nag in die veld. Hier word die
vuurhoutjieboksie met diamante aan Floors oorhandig, en voordat hy kan
betaal, laat val hy die diamante. Die polisie slaan toe en wil weet waar die
diamante is.
"Watter diamante?" Eers later ontdek hulle Floors het 'n medepligtige gehad
wat 'n ent weg met sy visstok gewag het. Floors is met die hoek aan die punt
van die lyn na sy afspraak toe. Dáár het hy die hoek deur die boksie en
deksel gewerk, en die mater het dit inkatrol.
Hoe Floors uiteindelik gevang is, is 'n ander verhaal.
Pumba se vuurwerke
Die nuwe jaar is ook nie meer so nuut nie, maar in een opsig bly die Herries
goed bewus daarvan dat dit nuwe jaar geword het, en dat daar klappers
geskiet is. Pumba.
Pumba is nog nie weer dieselfde nie. Vir enigiets wat naastenby soos ‘n
klapper klink, blaf sy steeds en draf vervaard deur die huis.
Maar met die aanbreek van die nuwe jaar was dit iets ysliks. Eers het sy die
Herries net met die rustelose geblaf geïrriteer, maar toe spring sy op Herrie
en mev. Herrie se bed.
Aanvanklik probeer sy haar so klein as moontlik tussen Herrie en mev. Herrie
se koppe op die kussings oprol, wat vir ‘n boerboel nie die maklikste is nie.
Maar dan vlieg sy weer op, draf blaf - blaf deur die juis, en bestyg weer die
bed.
Toe sy nog by die voetenent opspring, is dit een ding, maar toe neem sy uit
die gang kortpad – oor Herrie se kop. En elke keer oor die bedkassie – op en
af, op en af. Dis toe dat Herrie begin voet neersit, maar maklik gaan dit nie. In
die proses om haar van die bedkassie af te stamp, gaan die radio saam.
‘n Dag of wat later ontdek Herrie sy identiteitsboekie is weg. Dié weet Herrie,
was saam see toe met vakansie, en saam terug. Maar hierna wou die grysstof
nie meer so lekker beelde oproep nie.
Pumba se bedkassie-manewales hou egter aan met spook, en toe Herrie
oplaas ‘n vierde keer onder die bedkassie en bed inloer, kry Herrie hom. So
geval dat Herrie hom die vorige keer elke keer dwarsgedraai, en regop, agter
‘n poot gemis het.
Volgende nuwe jaar kry Pumba kalmeerpille, besluit Mev. Herrie. Ja, Snoetie
is al op hartpille, dus kan Pumba seker maar op senuweepille kom ook. Die
mense se beste vriend. Gelukkig is dit makliker om vir Pumba en selfs
Snoetie pille in te jaag as vir die kat. Dis g’n niks lekker om elke keer wanneer
die kat ‘n pil moes kry, so van die ontsmettingsmiddel rooi gesmeer te word
nie.
Maar terug by die klappers. Dit was Pumba se vierde nuwe jaar, en dus het
Herrie die kwaai reaksie nie verwag nie. Die vorige kere was sy baie makker
met die knalle. Ouma SC se jarelange vierbenige metgesel, wyle Tekkies,
was iets anders. By geleentheid is die Herries met ‘n vuurwerkvertoning by
die see. Tekkies het letterlik elke klappende en vlammende ding geskraap.
Agter die ding aan, en as dit klap, pylreguit terug na ouma SC toe. Mens het
heel tyd hart in die hande gou vir wanneer sy vinnig genoeg sou wees om so
‘n ding gevang te kry voor dit ontplof of vuurstrale uitspoeg of wat dit ook al
doen. Herrie meen juis as Tekkies een van daai vuurpyle sou vang voor dit
wegtrek, het sy sonder papiere Australië toe geëmigreer.

Overbergse oorsprong
In die Overberge het ‘n familiebynaam so ‘n paar geslagte aangekom, en in
die proses het die herkoms ‘n ruk verlore gegaan. Saam met die van het die
bynaam “Str&^%temmer” gekom.
‘n Student gaan vors dit toe na en ontdek dat ‘n oor-groot-oupagrootjie in die
hoëre dinge belanggestel het, en by geleentheid ‘n teleskoop uit Engeland
laat kom het. Van al die sterrekykery het die bure hom toe naderhand Piet
Astronomer genoem. Destyds was daar nie baie Engelse in die Overberge in
nie, en het die suiwer Engels so bietjie verafrikaans geraak.
Herrie, weer, stel meer in die klipgoed belang, en het seker al kort duskant ‘n
ton se klipgoeters uit die Oos-Vrystaat by die Nasionale Museum aangedra in
die hoop iets is besonders, soos dat Herrie byvoorbeeld ‘n dinosourus sou
ontdek het. Hier en daar is daar al by die museum kopgekrap, soos klippe wat
nie in die Oos-Vrystaat hoort nie, maar oor die algemeen bly Herrie bekaf.
Een keer was Herrie regtig seker hy het iets besonders gekry, naamlik ‘n
barnsteen met ‘n soort akkedis binne-in. Maar die “barnsteen (soos uit
Jôrrêssiekpark) is toe net ‘n rooi agaat.
Maar die Oos-Vrystaat het met die ysterklip-intrusies deur die sandsteen tóg
‘n klippeskat, waaronder hier en daar diamante. En waar diamante is, is daar
diamantsmokkelaars, soos Floors Poteflous. Dié bynaam het hy verdien.
Floors se skelmstreke om die polisie te uitoorlê is amper legendaries, maar
die een wat in Herrie se kop vassteek is die slag toe hy geweet het hy loop in
‘n lokval in.
Die afspraak met die lokvink was in die nag in die veld. Hier word die
vuurhoutjieboksie met diamante aan Floors oorhandig, en voor hy kan betaal,
laat val hy die diamante. Die polisie slaan toe en wil weet waar die diamante
is.
“Watter diamante?”
Eers later ontdek hulle Floors het ‘n medepligtige gehad, wat ‘n ent weg met
sy visstok gewag het. Floors is met die hoek aan die punt van die lyn na sy
afspraak toe. Dáár het hy die hoek deur die boksie en deksel gewerk, en die
mater het dit inkatrol.
Hoe Floors uiteindelik gevang is, is ‘n ander verhaal.

Avbob-stories
Onder die dinge wat Herrie al om den brode gedoen het was om ‘n
leerlingbegrafnisondernemer te wees.
En al was Pa Jan ‘n proffie in Anatomie het Herrie maar altoos gehoop sy
lewe kon so verloop dat hy nooit ‘n lyk in lewende wywe hoef te sien nie, by
wyse van spreke.
Maar dit was Herrie nie beskore nie. Boonop was daar ‘n vlaag grusame
gebeurtenisse, en die gevolge het oor Herrie se “tafel” beweeg.
Maa dis nie waaroor Herrie dit hier het nie. ‘n Ooreenkoms tot geheimhouding
verhinder Herrie om met die volle kis vorendag te kom.
Maar darem so iets hier en daar.
Op ‘n dag is die ontvangs vol jonge dames, die een se rokkie korter as die
ander.
En almal begaan oor spesifiek een lyk.
Herrioe gaan kyk hoe die skynbare stoetbul van Bloemfontein lyk. Hy het
weens ‘n meswond in die stof gebyt. Maar dis toe die naam wat Herrie
amuseer. Ter wille van die nageslag verander Herrie dit bietjie: Jackie Chang
Conradie.
“Jackie Chang Conradie” se moordsaak is toe kort daarna in die hof, en
Herrie kom meer van dié persoon te wete.
Sy man, blyk dit, was ‘n bordeeleienaar, en Jackie Chang is hierin opgesluit
om homvan die dwelms skoon te probeer maak. En ai, so tussenin doen hy
toe slegte geselskap op.
Op ‘n dag is die polisie daar, en hulle soek vir Herrie. Herrie pleit
bewusteloos, tot hy onthou van die heel eerste lyk wat hy ingesit het – ‘n
kontarkbegrafnis van armlastiges, met die naam “Jonas” met filtpen op die kis
geskryf. Jonas en ‘n vrag Vigsbabas is so met hul yskoue kissies opmekaar
gepak in ongemerkte grafte weggelê.
Maar nou het Jonas ‘n naam, en familie en ‘n prokureur en die polisie. En
hulle soek Herrie oor daai onwettige begrafnis.
Maar Herrie het lank in die staat gewerk en van kortpaaie met korrupsie kon
Herrie min geleer word. Trouens, Herrie onthou nog hoe sy hoofdirekteur, in
die tenwoordigheid van die regsadviseur, by Herrie gepleit het om so nou en
dan sy diskresie te gebruik en anderpad te kyk, Herrie se felheid teen
korrupsie skep vir die nuwe regering (met Lektota as premier) probleme. En
hy sal dit voor die Here ontken as Herrie dit herhaal.
Dus het Herrie die storie geken nog voor hulle begin het.
As iemand in Pelenomi-hospitaal dood gaan, word ‘n telegram na die afsterwe
na die familie wat opgegee is gestuur. As daar dan nie binne twee weke
reaksie van die familie is nie, word die persoon armlastig begrawe.
Wanneer die familie seker is die afgestorwene is reeds so onwaardig begraaf,
daag hulle skielik met ‘n prokureur gewapen by die hospitaal en
begrafnisondernemer op, en sê hulle het daai telegram nooit gekry nie, en eis
en kry ‘n ordentlike begrafnis op staatskoste.
Op ‘n dag is daar weer ‘n rumoer in die portaal. Dis ‘n dokter by ‘n privaat
hospitaal wat ‘n pasiënt wat in die hospitaal dood is wil laat begraaf, maar die
oorledene maak heftig beswaar. Die moeilikheid, blyk dit, is dat die oorledene
nie net ‘n ander se naam geleen het vir sy hospitaalverblyf nie, hy het sommer
op sy mediese fonds ook vertoef. Alles sou ook mooi uitgewerk het as die
pasiënt nie loop lol het om dood te gaan nie.
Die dokter raas oor bedrog, en die “oorledene” wil doodseker maak hy word
nie weens die “misverstand” ingespit nie. Presies hoe ‘n groot misverstand hy
nou gereken het dit kan wees weet nugter, want dit was hy sigselwers wat sy
mater kom inboek het (by die hospitaal). Ook ‘n ou laai, verneem Herrie toe.
Op ‘n dag wil ‘n antie die begrafnisondernemer en misipaal net hof toe sleep.
Sy en ander susters het as draers van iemand by die graf opgetree, maar
tussen haar eie gewig en die een in die kis se gewig het die graf-rand
ingegee. Sy is toe nog voor die kis die graf in, tussen die aflaat en die kant in,
met die gevolg dat sy goed deurgeglip, maar haar rok heel onsedelik bo gebly
het.
En mens raak nie onsedelik by ‘n graf nie. Die kollega wat die begrafnis
behartig het, trek net skouers op en sê hy het hulle gewaarsku om nie so na-
aan die ramd te kom nie.
“Sê jy miskien ek is vet?!” En woerts, weg is hy.
Die bestuurder, voorheen konsul genoem, vertel hy het ‘n begrafnis op die
Kaapse Vlakte behartig. Die grond is erg sanderig, en die priester hou aan te
na aan die kant karring, en dan sien hy hoe begin die bodem wegsak, en druk
hy die priester terug na veiliger grond.
Maar die priester wil nou voor wees, en daar gaat hy, ook met kis en al die
graf in.
‘n Paar jaar later staan kollega Abrie op troue. Abrie het naamlik een van die
trou-koôrdineerders aangestel sodat hy nie so baie self hoef voor te berei vir
die troue nie en meer kon vry. Die gevolg, hy was tien keer besiger in die
aanloop tot sy troue as wat Herrie met syne was.
‘n Mens sien Abrie skaars. Is hy op kantoor, is hy op die telefoon, en voor
mens nog more kan sê is hy weer vort om dit waarmee die
huwelikskoördinerder hom so mooi help self te gaan doen.
So tussenin onthou Herrie van ‘n vroulike kollega van jare toet wat ook so aan
die telefoon vasgegroei het toe sy troureëlings getref het. Is sy ‘n rukkie uit, lê
daar ‘n vraggie boodskappe van mense wat sy moet bel.
So ‘n hopie lê by Abrie se lessenaar. En Herrie sit een tussenin: “Bel asb vir
mnr. Luyk in verband met reëlings.”
Abrie kry die boodskap en bel. Dis Herrie se oud-kolega, mev. Steenbok by
Avbob, wat antwoord. Sy is in die tradisie van die bestuurder – mens spot nie
met die dood nie.
“Kan ek asseblief met mnr. Luyk praat?”
“Watter een, ons het baie?” vra mev. Steenbok.

Hans se tande
Met Agri SA en Vrystaat Landbou se eeufeeste vanjaar, laat dit Herrie aan ‘n
voorval dink omtrent halfpad na hierdie groot geleenthede toe.
Destyds was dit gewoonte dat, sou SALU se jaarkongres die jaar na Durban
se kant toe plaasvind, die Botha-broers van Reitz, oom Freek Coetzee van
Villiers en oom Jan van Rooyen van Harrismith deel van die VLU-span wees.
Maar voor hierdie besondere kongres is oom Jan afgesterf, en word die jong
Hans van Reenen verkies om waar te neem.
Soos gebruiklik ry oom Freek, en onderweg laai hy die Botha-broers op, en
hulle kry koers Harrismith toe, om Hans op te laai voor hulle berg af is
Pietermaritzburg toe, waar die kongres dié jaar plaasvind.
“Onthou, g’n niks poetse nie,” herinner oom Ben Botha nog voor hulle berg af
is.
Dié aand deel oom Freek en Hans ‘n kamer in Miessus Gray se losieshuis
langs die perderesiesbaan. Die broers deel soos altyd ‘n kamer.
Destyds het ‘n man nog net half teenspoed met sy tande gehad, dan het die
tandarts plan gemaak, en het maklik met ‘n volledige stel kunsgebit gesit. Die
jong Hans ook, danksy ‘n misverstand in ‘n losgemaal en ‘n tandabses of
twee.
Oom Freek, vanselfsprekend, had ook die glas met die laggende tande in op
sy bedkassie.
Die nag kan Hans die versoeking nie weerstaan nie, diep oom Freek se tande
op uit die glas, en laat sy eie in die water afsak. Oom Freek se tande word in
‘n sakdoek toegedraai en in sy tas versteek. Vroeg die volgende oggend is
Hans vroeg uit die vere, en gaan draf met ‘n paar spilternuwe tekkies deur die
bo-dorp.
Terug in die kamer pak die eerste onrustigheid hom beet. Oom Freek én die
tande is skoonveld.
Oom Freek en die ander kry hy in die eetkamer waar hulle lustig ontbyt nuttig,
en hoewel oom Freek tandeloos is, pla dit niks. Sy tandvleise is al so taai, hy
eet selfs roosterbrood met groot gemak. Hans groet so egter sy hand, en
probeer so ongemerk die sagte kossies bestel en eet.
“Nou waar’s jou tande, Freek?”
“My tande wou vanoggend nie lekker sit nie, en terwyl ek so sukkel om dit te
laat pas, breek dit middeldeur. Moes al lankal nuwes kry, toe spoel ek dit
maar in die lewwie af.”
Freek kan nie meer hou nie, en voor hy uitgevang word gaan haal hy oom
Freek se tande uit sy tas.
Net voor die manne wegtrek na hulle Hans op sy plaas afgelaai het, steek
oom Freek sy hand met ‘n vuil doekie uit.
“Hier’s jou tande. Ons het mos gesê geen poetse,” en vort is hulle.
Eers vier jaar later, toe die kongres weer Natal se koers toe was, sou Hans
hoor hoekom die verbod op poetse geplaas is. Die een poets was meer
vindingryk as die ander. Soos toe hulle vir Miesus Gray ‘n nuwe laken moes
koop nadat oom
Jan die kongresgangers se skoene in die gang waar hulle skoongemaak
moes word, omgeruil het. Hy was nog besig toe die skoenpoetser omkom, en
hy gaan spring in die bed. Al probleem was dat oom Freek ondertussen sy
onderlaken se onderkant saam met die bo-laken by die kopenent omgevou
het. Oom Jan se skurwe voete is sonder moeite deur die geskifde laken, maar
Miesus Gray wou ‘n nuwe laken hê.

Die Kanarieknal
So elke wan en dan gebeur dit dat dit nie die dominee is wat tydens ‘n
erediens die kollig steel nie.
Soos die knapie wat tydens sy suster se jongste aankomeling se doop deur ‘n
by bo-op sy poenskop geklits is:
“Eina! Hoe byt so ‘n f*&^%n mot my!”
Toe die weermag se bekende Kanaries in die Oos-Vrystaat kom besoek aflê,
was dit heel te verstane dat hulle met hul optredes in kerke die kollig sou
steel.
Maar in een dorpie was dit nie die Kanaries wat daardie dag die dominee se
donder gesteel het nie.
Hierdie Kanaries was ‘n groep singende soldate, nie ‘n nuwe vliegmasjien van
die Lugmag nie.
Soos gebruiklik was die middelblok van die kerk se voorste paar rye vir die
skoolkoshuis gereserveer. Dis nou al die kinders wie se ouers te ver bly om
elke naweek huis toe te kan gaan. Heel in die voorste ry sit die Graad een
seuntjies, en reg agter hulle die graad een miesiekinders.
Die Kanaries het pas hul ding gedoen, en soos dit nou maar in ‘n stigtelike
kerk gaan, geen applous gekry nie. Maar daar was wél ‘n knalharde geluid,
toe een van die seuntjies heel voor met die wegsterf van die laaste noot ‘n
glips kry.
Die seuntjie langs hom vlieg verontwaardig op en betig hom kliphard:
“Sies man, hoe dúrf jy in die Heer se allerheilgste p(*&?!”
Vir ‘n kwartier lank het die dominee, kop tussen die knieë, die lag-rukkings uit
homself probeer wurg voor hy die handdoek ingegooi, en die diens maar
onseremonieël afgelas is.

Kategesespinnekop
Hoe gemaak as ‘n stoere Dopper die kleinspan oor die bose en ander dinge
wat met die kategese verband hou, touwys moet probeer maak?
In Herrie se gedagtes kan hy die ouerige teoloog sien sit en kopkrap. Streng
enkelgereformeerd.
Hy moet vir die kleinspan ‘n kategeseboek opstel, en die komplekse dinge
verstaanbaar weergee.
Dan kry hy die briljante gedagte!
Hy teken ‘n spinnekopweb, met die liederlike spinnekop in die middel. Die
spinnekop het die web gespan om die onskuldige te vang en te verorber.
Dis die teorie.
Kleinherrie gee daai spinnekopweb net een vinnige kyk, en roep opgewonde
uit: “Spiderman!”
Geen kinderheld, Superman inkluis, kom vir Kleinherrie naby Spiderman nie,
met die gevolg dat die kategese-omie nie heeltemal in sy doel slaag nie.
Mev. Herrie weet ook nou nie hoe om hierdie moeilikheid te oorkom nie. Sy
het self, na ‘n groot geneul van Kleinherrie, vir die klein mannetjie ‘n
Spiderman-pak gekoop. Dié is lankal te klein, maar waar die nate nie wou hou
nie, het “Spiderman” met die kramdrukker ingespring.
Oral teen die mure in die huis is Spiderman-prentjies, en op Kleinherrie se
deur staan ‘n kennisgewing dat dit Spiderman se woonplek is. ‘n Spinnekop
se web is egter nie naastenby so deurmekaar soos Kleinherrie se blyplek
dikwels is nie.

Petaljes met die edeles


Die edeles se blouligbendes wat so rof met die publiek tekere gaan, roep by
Herrie sy eie herinneringe oor wedervarings met edeles op.
Herrie is self lief vir voet in die hoek sit, maar weens die alewige moontlikheid
dat dit Herrie gouer bankrot kan maak as normaalweg, is dit maar’n grootliks
onuitgeleefde lekkerte.
By geleentheid moet Herrie vir Piet Badenhorst van Bloemfontein na Wepener
vergesel. Hy het pas minister geword, na Herrie al heelwat met hom as
adjunk-minister te make gehad het.
Hy kom sonder sy privaat sekretaris in die Rosestad aan, en Herrie verander
op slag in chauffeur, privaat sekretaris en lyfwag. So langs die pad begin die
minister vir Herrie aanpor om maar bietjie die voet swaarder in die hoek te
laat rus.
Herie, synde onkundig oor regte en mags en nie mags nie is dit by die edeles
kom, is heel verlig en laat hom nie twee keer nooi nie. Die perdjie loop staan
amper op sy agterpote soos Herrie vet gee, en dit suiker te lekker af Wepener
toe.
Skielik beduie die minister van statiger ry. Op die volgende hoogte sien hy iets
wat hy meen dalk ‘n spietkop kan wees. Toe besef Herrie, nie eens ‘n edele
het die reg om landswette te oortree nie.
Blykbaar nie meer nie, want nou word sommer op ander motoriste geskiet as
hulle die voortsnellende konvooie se spoed durf breek. Uniformdraende lede
van veiligheidsmagte mag blykbaar ook op parkeerplekke vir gestremdes
parkeer vir privaat inkopies, selfs al word ‘n ampsmotor onwettig vir die doel
ingespan. Herrie wonder net hoekom hulle dan so histeries raak as foto’s van
hul wettige optredes geneem word.
Maar dié dag het Minister Piet vir Herrie om ‘n ander rede amper ‘n hartaanval
laat kry. Die besoek was die kersie op die koek van reëlings wat lank tevore
begin het, en het deel uitgemaak van ‘n strategie rondom ‘n verkiesing. Die
toespraak het by die uwe begin,k en is in die afwesigheid destyds van sulke
luukshede soos fakse, om nie van e-pos te praat nie – heen en weer
Wepener toe gery en oral uitgeklaar waar dit uitgeklaar moes word.
Dit was destyds verbode dat ‘n amptenaar ‘n rekenaar by die werk mag gehad
het uit vrees hy durf dalk net sy eie tikwerk doen. Nee, tikwerk moes by die
tikpoel gedoen word, en dit moes met die bodes tikpoel toe en terug gaan.
Die “werkstudie”-mense het dit so bevind, en hulself nogal
“bestursadviesdienste” genoem.
Dit was al erg genoeg as ‘n mens die tikwerkie sonder tikfoute terugkry, maar
dit was ongelukkig die uitsondering. Dit moes dan weer die rondte van Vader
Cloete loop, en word oorgetik (rekenaars was maar traag om ingevoer te
word) en die foute is reg, maar goed wat reg was, is nou verkeerd. So met die
derde probeerslag tik hulle dit dan maar op ‘n woordverwerker en kry mens
die stuk na ‘n maand of twee darem reg. Al drie paragrawe.
‘n Toespraak bietjie langer.
Dan moet die toespraak in Pretoria by die Minister se departement se
toespraakkomitee kom. Wanneer dit klaar is, moet dit terug by die uwe kom,
en as dit terug is, moet Herrie mediaverklarings maak, dit getik, en by die
media besorg kry.
Kortom, dis ‘n hengse langdradige en omslagtige proses.
En so in die afsuikery Wepener toe, vra Herrie vir die minister of hy darem
tevrede is met sy toespraak.
Seg hy ewe: Nee, hy hou nie van geskrewe toesprake nie, hy lees maar die
geleentheid en geniet dit om uit sy kop te praat.
Dit het mooipraat gekos om te keer dat Herrie ‘n beroerte en hartaanval gelyk
kry. Minister Piet sê toe hy meen darem die toespraak is in sy soetkysie en hy
sal daarna kyk.
In Wepener praat hy toe uit sy vuis uit, en na hy klaar is maak hy die
soetkysie oop, graaf ‘n paar velle papier uit en rammel gou die toespraak af
wat reeds op die media se rollers was.
Ander kere was Herrie minder gelukkig. Soos met die sensus toe die Premier
van hara toespraak afwyk, en dinge kwytraak soos sy hoop die polisie skiet
sommer plaasaanvallrs dood voor hulle hul nog toesluit het. In die koerante
wat nie by die geleentheid was nie, en wat die inligting behoorlik met embargo
gekry het, is toe geplaas wat die premier moes sê. Alles oor die sensus en
hoekom dit so belangrik is.
Maar die res wat daar was? Binne ‘n ommesientjie is die doodskietwensery
internasionale nuus. Al wat oor die sensus deurkom wat veronderstel was om
bekend gestel te word, was “by geleentheid van die bekendstelling van die
sensus.”
En toe gaan ontken die premier nog sy het gesê wat sy gesê het.
Hierdie premiet het meer keer dinge gesê voor sy gedink het. Toe oud-
president Mbeki uit die bloute die sluiting van die kommando’s aankondig,
moes die premiers met slim praatjies die brouwerk probeer regverdig. Hierdie
ene laat wiel toe met kommando’s wat “struikrowersneste” sou wees.
Kort hierna moet die uwe ‘n landbouvergadering in Herriesmith, ekskuus,
Harrysmith, gaan toespreek, en dié word by die kommandokantore gehou.
Maar Herrie weet nie waar dit is nie, en ry op die bordjies af met die “i”’s op.
By die misiplaa swe inligtingskantoor is twee jonge dames wat nie Afrikaans
verstaan nie, en ook nog nooit van ‘n ding soos die kommandokantoor gehoor
het nie. Herrie het nog so gewonder of my moes vra na die “bandits’ nest,”
maar vra toe maar buite, en die eerste een vir wie Herrie vra beduie die pad
kommandokantore toe haarfyn.
Mens wat nie vooraf hul toesprake lees nie kan ook probleme veroorsaak.
Soos die een LUK wat op Kroonstad moes praat. Hy was in Pretoria, en ek
ontmoet hom toe op pad terug in Kroonstad, en gee die toespraak.
Hy het die toespraak geniet, maar ook sekere aannames gemaak oor wat
kom, en dan gesê wat hy meen moet kom, en dan kort daarna lees hy die
teenoorgestelde. Die feit dat hy ‘n paar happe ingehad het en by geleentheid
amper agter die kateder uitgeval het, het dalk iets daarmee te make gehad.
By geleentheid bied Herrie ‘n konferensie in die Norman Doubelsaal in
Hidedal aan. Herrie bespreek lank genoeg voor die tyd ‘n bakkie by die
statasgarage om stoele en pante aan te ry, en gaan die middag voor die tyd
staatsgarage toe.
Chaos. Die bakkie is bespreek, maar daar is nie so iets beskikbaar nie. Die
grootbaas sit in die Pinksterbiduur, en goete soos selfone het nog nie bestaan
nie.
Met ‘n groot gesukkel is die baas daar. Herrie is naderhand nukkerig, want as
hulle nie ‘n bakkie het nie, moet hulle dringend een deur die nag van
Johannesburg laat kom, want die volgende dag praat die minister, en dan
moet die saal klaar wees.
Oplaas kry Herrie ‘n lorrie waarvoor hy natuurlik nie ‘n rybewys het nie, maar
nood is nood.
Die minister was al besig om die toespraak wat Herrie geskryf het te les toe is
Herrie nog agter die gordyne besig om uit sy oorpak te wikkel en in sy pak
klere in. Tussenin het iemand darem gehelp om ou ds. Gordon, wat ingestem
het om die opening met Skriflesing en gebed te doen, uit sy tuin te gaan haal
waar hy besig was om nat te lei. Skoon van die geleentheid vergeet.
Gelukkig was al die toesprake wat Herrie deur die jaar vir ministers, adjunk-
ministers, administrateurs, DG’s en LUK’s geskryf het so vol drama nie.
En nee, Herrie was nog nooit ‘n amptelike toespraakskrywer nie.

Die bokser en die boetebessie


Die leserspubliek spot dikwels en sê die joernaliste se slagspreuk is:
"Moet nooit die waarheid in die pad van 'n goeie storie laat staan nie."
Tog is joernalisme een van daardie beroepe wat moet doodseker maak dat
hul feite 100% reg is. Die grappie lui immers dat 'n dokter se foute begrawe
word, 'n advokaat se foute word opgehang, maar 'n joernalis se foute word
gepubliseer. En wat op skrif staan, kan 'n mens baie maklik in die sop laat
beland. Bowendien het die drikkersdywil die vermoë om 'n joernalis te laat
bloos.
Daarom was dit lank praktyk om 'n groentjie-joernalis sy spore in die
landdroshof te laat verdien. 'n Effense verkeerdskrywery, en 'n man kan met
'n kriminele rekord opgesaal sit. In 'n stadium is gesê min redakteurs het nie
kriminele rekords nie - minagting van die hof omdat hulle die identiteit van die
blapsmaker beskerm. Dit is veral waar die opskrifskrywer, wat nie die
berigskrywer is nie, 'n blaps gemaak het.
Hofverslaggewing kan dodelik wees, veral in 'n groot hofgebou waar die
opposisie voorgetrek word. Destyds was dit so in die Bloemfonteinse
landdroshof waar oom Tallies van die Friend maar altoos die staatsaanklaers
en landdroste se gunsteling was. Die Volksblad se joernalis het een van drie
opsies gehad - of oom Tallies met valkoog dophou sodat hy nie ongemerk 'n
saak kan opdoen nie; of eenvoudig voetpatrollie loop van hof na hof, stelle
trappe op en af, tot 'n mens se tong doer hang, oor vier verdiepings en lang
gange, en by elke hof koekeloer tot 'n mens 'n stewige saak raakloop; of 'n
alternatiewe inligtingsbron opbou. Maak dus vriende met die ordonnanse,
tolke en proefbeamptes.
Die proefbeamptes het egter ook hul pond vleis ge-eis - as 'n mens 'n saak
raakloop waar die joernalis net die vaagste suspisie het dat 'n proefbeampte
moet ingryp, moet die proefbeampte laat weet word. Dit het die joernalis weer
in onguns by die staatsaanklaer gebring, wie se spoed gebreek word in die
vinnige afhandeling van sake. Die ordonnanse en tolke was makliker. Soos
die een wat eendag grootoog vertel van hoe hy die mooiste meisie se
vingerafdrukke geneem het. Dit blyk toe sy en haar kêrel, 'n mediese dokter,
is die vorige middag die hof behoorlik ingesmokkel nadat die dokter met
kokaïen betrap is. Die meisie het dagga by haar gehad, vandaar dat haar
vingerafdrukke geneem is.
Die beste was, trek 'n stywe rek, 'n gordel en kruisbande aan. Veral as oom
Tallies skielik lus kry om nie die middag te kom nie, omdat daar “niks” die
moeite werd die middag is nie. Ruik lont, en gaan soek hom, want hy is weer
'n gunsie bewys. En so is die snaaksste hofsaak van my loopbaan opgespoor.
Die beskuldigde is die bekende Reid-Daly, aanvoerder van die destydse
Selous Scouts in oorle' Rhodesië, se broer. Al is dit net die broer, is hy self
kleurryk - het Rhodesiese kleure in boks en bofbal gekry. Hy word van
aanranding met die opset om ernstig te beseer aangekla, en van crimen
injuria.
Die hofverskyning spruit voort uit 'n insident voor 'n hotel in Bloemfontein,
waarby die groot man en 'n verbete boetebessie betrokke was. Nee, hy het
haar nie 'n boksles gegee nie. Haar omgery, na sy glo nie geluister het toe hy
vir haar gesê het sy moet *&^of voor sy kar nie. Wat die tweede klag
verduidelik.
Hy verduidelik hy het in die hotel in Maitlandstraat (wat nie meer bestaan nie)
tuisgegaan. Toe hy die volgende oggend sy bagasie wou oplaai, is daar nie
parkeerplek voor die hotel nie. Net op 'n geel streep. En as hy daar wil stilhou,
beduie die verkeersdame (hy het 'n benaming gebruik wat meer akkuraat met
metermerrie vertaal sou kon word) dat hy sy ry moet kry. Dan ry hy om die
blok, en kry dieselfde situasie. Na die hoeveelste keer om die blok, hou hy ten
spyte van die dame se objeksies op die geel streep stil en laai sy bagasie in.
Toe hy weer wil ry, staan sy reg voor die kar en skryf vir hom 'n kaartjie.
En hy het toe g'n niks vir haar sulke lelike dinge gesê nie. Hy het vir haar gesê
"buck up," glo 'n ou sêding in die Rhodesiese weermag. Die landdros, Fred
van Noordwyk en broer van Bethlehem se bekende boer, wyle Harry van
Noordwyk, wou weet of hy seker is hy het "buck up" en nie "%^$of" gesê nie.
Nee, hy is doodseker.
Dus word die staatsgetuies laat kom. Eers die verkeersdame self. Ja nee, sy
het gehoor wat sy gehoor het. Toe haar vroulike kollega. Nee, sy het dit nou
nie gehoor nie. Al wat sy weet, is dat haar kollega na sy omgery is, wou weet
hoe mens "*&^of" spel. Toe 'n winkelier wat die petalje dopgehou het. Nee, hy
het nie gehoor hoe die beskuldigde *&^of sê nie, net hoe die klaer dit aan die
beskuldigde toegesnou het! En net daar sink die staat se saak oor die crimen
injuria. As twee mekaar vloek, kanselleer dit mekaar se klagtes uit. Met
aanranding is dit egter 'n perd (of is dit hier 'n merrie?) van 'n ander kleur -
twee ouens kan mekaar dik tik, en altwee skuldig bevind word.
Omdat dit al die hoeveelste keer was wat die Reid-Daly vir die hofsaak moes
Bloemfontein toe kom, word hy net gewaarsku en ontslaan. Ook heelwat
provokasie gewees, meen die landdros - as 'n man darem nou elke keer as hy
om die blok ry om parkeerplek te soek net om bagasie op te laai, te moet hoor
hy moet &^%of.
Reid-Daly verneem na hoekom sy vingerafdrukke geneem word. Na die
verduideliking: "Oh, so next time I do not *&^of they'l nail me?"

Swynerige dieremaniere
Min gesinne waar daar kinders is, kan nie rits vreemde dieremaniere oproep
nie. Die Herries is geen uitsondering nie. Onder die minder vreemdes by die
minder vreemdes by die Herries was konyne. Poging nommer een was ‘n
reuse vleiskonyn wat Herrie by ‘n konynboerdery in Botshabelo jammer gekry
het. Geskik om te eet mag hy gewees het, maar vir troeteldier was hy te wild
en het op slag weggeloop.
Die hartseer is met ‘n pikswart klein konyntjie probeer, maar ook hy het
omtrent dadelik weggeloop. Nommer drie het Groot Herrie op die boeremark
raakgeloop en was hondmak. So mak dat Klein Herrie die hasie in sy
opblaasswembadjie laat swem het. Die hasie is toe dieselfde dag begrawe.
Groot Herrie het stamoorlog teen Klein Herrie verklaar.
Maar die vreemdste was tussen al die diere deur die optrede van Chien, die
Herries se destydse kruising tussen ‘n Rottweiler en Duitse herdershond. Die
Herries kon haar basies leer om enigiets nié te vang nie, konyne inkluis. Toe
sy aanhou in die konynhok inbreek, blyk dit sy is agter die konynkos aan. Ook
toe die Herries twee makoue gehad het. Eers twee, toe skielik baie, en
daarna baie makoueiers, het Chien die makoue laat begaan. Sy kon net die
een makouwyfie nie verdra nie.
Nog ‘n minder gelukkige samesyn was die troetelvarkies en die perd op
Rietfontein, oupa Nic se ander plaas. Die mense wat in die opstal gebly het,
het naamlik twee van die klein troetelvarkies aangehou, en ‘n perd.
Tipies ot was die vretery nie altyd so vreedsaam nie. Die otjies het hulle
verbeel hulle kon saam met alles op die plaas vreet, tot van die bulle se hooi
met ureum. Maar die bulle het ‘n klomp pense en dus is daar goed wat ‘n bul
kan vreet wat ‘n swyn na die hiernamaals kan help. Hulle het dit egter oorleef.
So gaan vreet die een klein otjie tussen die voorpote van die perd – daai perd
wat g’n tyd had vir swyne. En die otjie raak aan die perd!
Die perd gryp die varkie aan sy kraag, tel die varkie op wat soos ‘n maar vark
aan’t skree gaan, en skud hom verwoed.
Die otjie trek soos ‘n skreeuende missiel deur die lug, en beland met sy bas
op gras, nie ver van daai voorpote nie. ‘n Oi, oi later is hy egter weer
ongesteurd aan’t weie.

Lawwe Lulu
Jare gelede het ‘n omgekrapte motoris van die platteland hom in ‘n moeilike
Bloemfonteinse boetebessie vasgeloop. Die man moes sy vrou iewers oplaai,
en omdat daar nie parkering was nie, is afgespreek hy kry haar presies drie-
uur op ‘n plek, hy sal dubbelparkeer, en sy moet opspring.
Op die kop drie-uur dubbelparkeer die man. Sy vrou was egter nie daar nie –
‘n boetebessie wel, en sy beduie hy moet ry. Hy probeer nog beduie op sy
horlosie en met sy mond iets vorm van “my vrou.”
Maar die boetebessie vat-vat na haar boekie, en die man ry maar om die blok.
Om die blok te ry synde ook nie meer in Bloemfontein te wees wat dit was nie
met die eenrigtingstrate en so aan. Dus is hy eers heelwat later terug op die
toneel, maar sy vrou steeds nie. Die boetebessie wag hom in, en weer is dit ‘n
gebeduie, en toe is dit weer die rondte van Vader Cloete.
En weer is vroulief obsent, en weer beduie die boetebessie. Die man van die
platteland voel egter genoeg is genoeg, en hy dubbelparkeer. ‘n Verwoede
boetebessie storm nader, notaboekie in die hand. Die man probeer beduie,
maar sy skryf. Hy beduie, en sy skryf.
Omtrent klaargeskryf kom vroulief aan, pakkies tot teen die destydse
telefoondrade. In plaas van blaam vat, swyg sy en pak self die pakkies agterin
die bakkie se kappie, wat die boetebessie kans gee om klaar te skryf, en die
kaartjie met ‘n vinnige handbeweging in die woedende plattelander se hand te
druk. Sy draai op haar hak om en stap weg.
Dis toe dat die man van die platteland oorkook en agter haar aanskree: “Haai
jy, wat vra jy om in ‘n drieslaapkamerhuis te spook?!”
Nou weet Herrie met vroueregte en so aan moet pres. Mbeki baie vroue in sy
kabinet aanstel. Tot Mbeki se eer moet Herrie ook byvoeg ‘n dwalende oog
speel in die keuse van wie in die kabinet moet dien geen rol nie. Die meeste
van die ministers, vroue inkluis, het agter in die tou gestaan toe “looks”
uitgedeel is. Van die vroue sal met gemak vrou-alleen ‘n goeie spookjoppie in
selfs die Buckinghampaleis kan verrig.
Daar is ‘n heel paar vroulike ministers wat Herrie bitter graag nié snags in sy
huis sal wil raakloop nie.
Vir Lawwe Lulu sal Herrie juis wil vra: Wat sal jy vra om in ‘n huis te boeboe?
Synde ‘n Bloemfonteiner is Herrie nie verbaas oor die lawwighede wat haar
adjunk, Dirk du Toit soms kwytraak nie. Herrie was ook nie verbaas oor die
toestand waarin hy die aand met die kosmakery op Maak ‘n Las was nie.
Maar Dirkie het gedros (weliswaar van die Progge af) lank voor Kortbroek op
sy baaisiekel ANC toe gery het en blanke, Afrikaanse mans wat destyds by
die ANC was, was skaars. Dat ‘n keuse wat net soms geblink het – soos op
TV, adjunkminister gemaak is was seker onvermydelik.
Maar onder die swart vroue het Herrie gedink sou daar darem seker ‘n groter
keuse gewes het as om soveel wie se bekwaamheid by hul voorkoms pas,
aan te moet stel. Al is destyds gesê die vroue in die parlement (vermoedelik
darem net van die ANC) se gemiddelde kwalifikasie was Graad vier.
Van die ministers skryf “doktor” voor hul name, en na Herrie gedink het dis
van die “Idi Amin”-tipe “doktors,” moes Herrie geleidelik agterkom, nee, party
is wel dokters. Let wel, dokter, nie doktor nie. Hieronder tel dr. Knoffel, hoewel
die ou storie dat sy volgens haar Russiese sertifikaat nie in Rusland self mag
praktiseer nie, ook tot Herrie se ore gekom het.
Nou ook nie in Botswana nie.
Nog een van die Kabinetskoonhede is dr. Dlamini-Zuma, en Herrie is nogal
geneig om met Pollux saam te stem dat sy “clueless” is. Minstens oor
Zimbabwe.
En dan is daar Lawwe Lulu. Statistieke SA kan gerus by haar gaan leer van
syfers bekook. Vroeër vanjaar was die aantal plaaswerkers wat “onwettig” van
plase afgesit is sedert 1995, minder as drie miljoen. Skielik is dit agt miljoen.
Of die jaarlikse swartsmeerdery van die boere seisoenaal is, het Herrie nie op
die argiewe probeer vasstel nie. Met die lentereëns wat wegbly, het die boere
nie nog ‘n minister nodig wat hulle so beswadder nie. Sy moet ook oppas,
dinge wat sy by vakbondkongresse kwytraak, het nie die status van
parlementêre privilegie nie. Sy is juis met haar vorige jaarlikse boeboe by die
Menseregtekommissie verkla. Ek glo die Kommissie gaan moeg raak vir
iemand wat so kort-kort oor dieselfde ding verkla word nog voor die vorige
ondersoek klaar onder die mat geveeg is.

Trein na nêrens
Kort op Paul Roux se Sandsteenfees volg Reitz se Bieliemielie-fees.
Ja, waar Herrie dit met Paul Roux gehad het oor die kroning van
feeskoninginne, sien Herrie by Reitz word ‘n Mnr. Mieliebaard aangewys.
Wat is fout met ‘n Mnr. Bieliemielie?
Dís nou ‘n titel om baie op trots te wees!
Maar eintlik het Herrie dit vandag oor iets gans anders. Die dae toe vroue nog
hoede gedra het.
Desdoeroejare gelede gaan kuier oom Hans Skuinskyk se vrou by haar suster
op Platboomfontein. As oom Hans kon huishou sou hy nie omgegee het dat
die tante lank wegbly nie, want die tante kon maar moeilik wees. Maar kort
voor lank is daar nie meer skoon klere, breekware of heel kouse in die huis
nie. Oom Hans het ook vreeslik maer beginne word, sodat selfs die dominee
begin vra het wat skort.
Dus, die dag toe die tante op Bethlehem se stasie moet aankom is oom Hans
al vroeg weg met die treppie dorp toe. Die trein stoom die stasie in, en nog
voordat dit tot stilstand is, het oom Hans al langs die trein af gedraf tot hy die
tante se kompartement gekry het, gereed om die bagasie by die venster aan
te vat.
Met die trein mooi tot stilstand, beginne die tante haar hoed opsit. Dis nie
sommer vir opsit nie, want sy het haar hare laat doen voor sy by sus vort is.
Dit is gemeet en pas voor die spieël en vasstekery met haarnaalde.
Toe word die tasse van die rak afgehaal. Net die ronde hoedetasse was al ‘n
stuk of vier. Net toe sy die eerste deur die venster wil aangee, begin die trein
wegtrek.
By Afrikaskop is die tante toe af, en met die volgende trein terug Bethlehem
toe. In Bethlehem word die hoed-opsittery herhaal, met die gevolg die tante is
vort Meets toe. Hier haal sy in die kondukteurswa die goederetrein Bethlehem
toe.
Oom Hans sleep dié keer die tante self by die trein uit, en die kondukteur help
tasse uitpak.
Toe die trein wegtrek, draf ‘n woedende oom Hans ‘n ent saam en beduie vuis
in die lug: “Engelsman, ek sal jou nog kry!”

Dankie aan die Pro


Uiteraard loop Herrie se Kerriebeker oor.
Maar daar was gister ‘n tyd dat Herrie
gewonder het of hy sou belangstel om vandag
Rapport te gaan koop. Verlede jaar, toe die
Vrystaat die beker met die Blou Bulle gedeel
het, het die Vrystaat ‘n weergawe van Rapport
gekry wat heel duidelik vir verspreiding in
Pretoria bedoel was. Daar is skaars genoem teen wie die Blou Bulle gespeel
het.
En wie moet die Cheetahs bedank dat hulle die knoop kon deurhaak? ‘n
Ander Transvaler, die skeidsregter van die verloorwedstryd teen die WP waar
hy nie soos ‘n “Pro” geblaas het nie. Dit het die Cheetahs se ogies laat
oopgaan.
Nogtans, Herrie was voor die wedstryd baie benoud, en deur die loop van die
wedstryd nog benouder.
Dus sal Herrie nie brêgh nie.
Die Leeus was waardige teenstanders. Dit demonstreer, so ver soos Herrei
weet. ‘n ou waarheid – speel met jou eie talent, en jy het al klaar ‘n hele paar
punte op die telbord. Dis wel ‘n nuwe ding in die Transvaal (nou Goue Leeus)
se geweste met veral dr. Luyt wat ‘n wenspan probeer koop het.
So ver Herrie weet, het die Leeus gister met meer eie soldate gespeel as die
Vrystaat.
En as Rassie woord hou, sal die WP en Stormers volgende jaar ook meer met
eie talent speel. Maar Herrie sien Rassie het klaar met aankopies begin.
Sportjoernaliste uit daai geweste moet dus maar solank weer die Eno’s begin
aanskaf. Om met se berigte oor die WP wat al voor die seisoen al wat beker
gewen het na die seisoen moet opeet (met Tobasco soos die een gister) of
daarsonder, sulke papierwerk gee sooibrand.

Dieremaniere
Klein Herie begin-begin nou by Herrie verbygroei.
Maar sy belangstelling in die kind-dinge is nog lank nie oor nie. Sy held bly
Spiderman, met Batman ‘n kortkop agter.
Onder sy trotse besittings tel ‘n Spiderman-kombers, maar hy is duidelik nie al
een wat ‘n liefde vir dié kombers het nie. Die kat ook. Vanoggend lê kat se
kind weer op Klein Herrie se bed, sielsalig opgekrul op daardie kombers.
Ja, die Herries het soos die meeste gesinne in Suid-Afrika nie ‘n tekort aan te
vertelle oor dieremaniere nie, en dis waarop Herrie nou afstuur.
Toe mev. Herrie haar skippertjie, Snoetie, by ouma Engela gekry het, was die
kinders nog te klein om werklik ‘n band met honde te smee. Nie dat Snoetie
dit sou toelaat nie. Sy ken net een mens vir wie sy nie sommer tande uitpak
nie, en dis mev. Herrie. Selfs Herrie moet gewoonlik maar wyd loop.
By geleentheid kuier familie by die Herries, en Snoetie leef swaar, want al die
kinders wil met haar speel. Met die familie se vertrek besluit die jongste
Snoetie moet ook gegroet word, en soek haar. Kry haar onder ‘n dubbelbed,
en kom die benoude stem onder die bed uit: “Tannie ousus, die hond brul vir
my!”
Enigeen wat ‘n koerant wat oor Bethlehem verslag doen lees, sal weet dat
dinge by die misipaal nie altyd so klopdisselboom loop nie. En soos die
spreekwoord sê: “’n Goeie foto sê meer as ‘n duisend woorde.” En so ‘n goeie
foto wat baie sê was die een van die motorwiel wat in die deksellose mangat
beland het.
‘n LUR van Plaaslike regering het nie baie lank gelede nie nog gesê
Dihlabeng het die swakste munisipaliteit in die Vrystaat. Sake het wel
blykbaar baie verbeter, maar dis duidelik dat ‘n “gebrul” vir die misplaal nie
skrik maak nie.
Nou is daar manne wat ‘n dispuut gaan verklaar, en hul belasting in ‘n
trustrekening stort.
Maar, tragies soos dit is, Bethlehem is nie al wat noustrop trek nie.
Bloemfonteiners is jaloers op Bethlehem se gesinchroniseerde verkeersligte
wat regtig werk. Bloemfonteiners wat in strate woon

Aan ma, van Herman – ‘n storie oor Onrus


“Aan Herman van Mamma.”
So staan voorin ‘n boek geskryf. Dis nie sommer ‘n boek nie. Dis ‘n Boek vir
Onrus, en dis die titel van die boek deur Jan Rabie.
Maar dis nie sommer ‘n boek van Jan Rabie nie. Voorin die boek het beide
Jan Rabie en sy vrou wat die sketse gedoen het, Marjorie Wallace, self
geteken.
Hoe eers my ma, en toe ek, in besit van ‘n boek gekom het met hierdie twee
kunstenaars, nou beide saliger, se handtekeninge in, is ‘n storie op sig self.
Dit begin seker by die feit dat wyle pa Jan ‘n kleinneef was van die Afrikaanse
digter, Barend. J. Toerien.
En eie aan die aard van die Namakwalanders waar pa Jan grootgeraak het,
was kleinneef nog heeltemal familie genoeg om familie te wees. Soos ook sy
kleinneef Heine Toerien.
Met dié dat pa Jan gereeld in die buiteland, en ook Amerika vir navorsing
was, was Barend wat in die omgewing van New York gewoon het ‘n
belangrike kennis.
Dit het van kleintyd af ook ‘n invloed op my lewe gehad – my opstelle op skool
het pa Jan aangespreek (nie juis puntegewys die onnies nie), en pa Jan het
geglo iets van die Toeriens se skryfvermoë het in ou Herrie kom neerslag
vind.
(Die Toeriens glo die weergawe dat Jepete Toerien ook die eerste verse van
My Sarie Marais se woorde geskryf het).
Veral na die eerste gediggie uit my pen die skoolkoerant haal was Pa Jan
baie opgetrek. Barend is laat weet, maar het nie geregeer nie, of het nie
positief gereageer nie. Pa Jan was bietjie afgehaal.
En toe is Pa Jan jonk-jonk oorlede. Ironies het Barend juis op die J.F.
Kennedy-lughawe vir Pa Jan gestaan en wag, maar later onverrigter sake na
sy plasie so honderd myl noord van New York teruggekeer. Daar sou hy die
nuus hoor van Pa Jan wat dit toe nie gemaak het nie. Barend moes sy
kleinneef gaan uitken ...die papierwerk doen.
‘n Paar jaar later is Ma en Barend getroud. Doer in Kerhonkson, en op die
plasie gebly waar Barend so gedig het oor die raccoon wat hy so gesukkel het
om uit sy hoenders uit te hou.
Saam-saam koop ma en Barend toe Eldorado, die Engelse skrywer Jack
Cope, se plasie buite Onrus. In Boek vir Onrus beskryf Jan Rabie juis die
groot vuur wat gekom het terwyl hy by Jack op Eldorado was.
En so het my paaie toe ook met Jan Rabie gekruis. Een aand daar saam met
ma van Jan se seewierjellie geëet ook wat destyds so in die nuus was. Ma
was nogal opgeruk oor Jan dié aand gesê het Barend probeer ook bietjie
skryf. In Boek vir Onrus word darem met heelwat meer respekte na Barend as
skrywer verwys.
Toe is ma en Barend geskei, maar Barend het goed vir ma gebly.
Uiteindelik het ma self op Eldorado gaan woon.
En gewoon, en gewerk. Foto’s van voor, en later, laat ‘n mens verstom staan
oor wat ma so met ‘n handgrafie en skottel vermag het.
Van Bloemfontein af is Onrus ver, en die kuierslae min en ver uitmekaar. Dis
propvol – want Jandré die jongste is dol oor die see, en die werk op Eldorado
te veel om ooit deur mensehande gedoen te word. Veral as mens min kom en
met die weer kom sien die boskasie wat mens so met ‘n gesukkel
weggemaak het, staan nie net so nie, maar weliger. Dit het ‘n vraag gebly hoe
ma enduit onthou het presies waar haar pomphuisie gestaan het al was dit by
lang tye heeltemal deur die takke en boskasies verberg.
Oudste, Nic, het later ‘n slag of wat ingestaan, maar ook agtergekom dit sit
nie in enige man sy pype om die natuur – al is dit meestal indringernatuur –
getem te hou nie.
Meestal met ompaaie, maar soms sommer reguit, kom familielede ‘n mens
spreek en sê dis alles goed en wel, maar dis gevaarlik en ma moet ouetehuis
toe gaan.
Ouetehuis, daarvoor het sy lank, lank gelede voorsiening gemaak deur ‘n
eenheid in Fynbos te koop, en dié het sy verhuur. Op Eldorado was die
skrikke wel soms groot, soos dat dit al hoe meer gebeur het dat ma teen die
walle wat sy self gemaak het, afgerol het. En dis hoë walle, en die rolslae het
maar te gereeld in die plaaslike hospitaal se noodgevalle ‘n spoor gelaat.
Maar Eldorado en die werk, ongelukke ten spyt, het ma lank fisies aan die
gang gehou.
Gelukkig dat boet Nico en sy vrou Julie ook op Eldorado kom woon het, en
dat daar twee huise was. Hul kinders daar kon kom grootmaak.
So tussenin het Herrie se eie skryfwerk ook draaie gemaak – ‘n humorrubriek
hier, ‘n artikel daar, gedig hier maar gewoonlik daar (in Nederland). Dsileskei
maak lank skryf ‘n kopseer, maar uiteindelik dit ook. En toe ons uiteindelik ‘n
kopie van die boek uit Amerika kry en vir Ma gaan wys, toe is dit te laat.
Soos ‘n stil sluiper het dit gekom, en spore begin laat, en toe skielik hard
toegeslaan. Demensie. In plaas van opgewonde oor Herrie se boek (wat ook
ten dele oor Onrus handel), is sy bekommerd oor die boek wat so “onwettig”
die land ingebring is. En wat die ANC met Herrie sal maak? Want Herrie soek
nie die ANC nie.
Die vernaamste humorrubriek is “Herrie se kerrie” en heel gepas in Vrystaat,
want Herrie is so blikoor soos kan kom – het selfs haker gespeel waar ‘n
blikoor en van jongs af harde baard ‘n ander haker se nagmerrie was. Maar
Vrystaat is ‘n Oos-Vrystaatse streekkoerant van Volksblad, en Herrie moet sy
eie suksesvolle plasings gewoonlik maar deur Media 24 se argief lees.
Maar tog, voluit is Herrie se naam “Hermanus” en Hermanus is naby Onrus.
Maar dis nie al nie. Aan die ander kant was eers Herrie se Baai. Toe loop
vernoem hulle dit heel voor die Groot Naamsveranderings en sonder
konsultasie Hawston na ‘n Engelse magistraat in Caledon. Herrie wil nog
prosedeer.
Nou is Ma daar maar nie meer daar nie. Kleurryk gewis, maar het seker maar
in die lig van vroeë tekens al lankal al wat Toerien wat die pen kon opneem,
verbied om oor haar te skryf. Eers onlangs die verbod opgehef, maar hier en
daar is oor ma geskryf – sy weet net nie daarvan nie.
Barend skryf oor sy vrou wat dood is. Dis Maria, sy eerste vrou doer in
Amerika. Weens breinkanker het sy hom ook al lank nie herken nie, maar
skryf hy, hy meen kort voor sy weg is het sy hom tog herken. Ma het hom
verbied om oor haar te skryf.
Of ma Barend nog sal herken, is ook ‘n ander vraag. Nou woon Barend in die
Strand, nie te ver van Onrus nie, maar ‘n planeet se afstand weg as iemand
demensie het. Of moet ‘n mens maar praat van ‘n naaste ster se afstand?
Immers was ma ook ‘n slag of wat met nog ‘n Onrusser, Uys Krige,
deurmekaar.
Een verhaaltjie, wat sy vertel het na die “skryfverbod” opgehef is, moet darem
vertel word.
Na haar terugkeer uit die VSA het ma ‘n ruk in ‘n woonstel in Stellenbosch
gewoon. Hier het sy kennis gemaak met ‘n musiekdosent, Lukas, wat weens
sy oriëntasie baie vereensaam was, en af en toe aangedui het hy gaan nou
maar ‘n einde aan alles maak.
Wat ma weer op haar geneem het om nie te laat gebeur nie.
Een aand is dit weer so. Ma bel ‘n gewese buurman van die dae toe Pa Jan
nog dosent in Stellenbosch was, Pieter van der Westhuizen, Lukas se baas.
Intussen is sy self trappe op na Lukas se woonstel, waar Lukas weer
skynbaar op die predikant wag wat hy laat kom het.
Maar alles is nie mooi gekommunikeer nie. Toe daar ‘n klop aan die deur is,
druk Lukas ma terstond in die kas in, onder die indruk dis die dominee. Dis
egter Pieter. En dis net hier waar Herrie se geheue hom in die steek laat...
Herrie het nog uitgestel en uitgestel om weer feite met ma te kontroleer om
eendag dié storie as ‘n regtige meesterstuk op te dis.
Intussen het Herrie darem weer agter die regte kap van die byl gekom. Eintlik
het prof. Pieter eers by ma se woonstel aangegaan, en terwyl hulle nog koppe
bymekaar sit oor hoe om Lukas te hanteer, is daar ‘n klop aan die deur. Ma,
bang dis dalk Lukas en hy sien sy prof by haar en sit twee en twee bymekaar
dat hy die onderwerp van bespreking was, prop vir prof. Pieter in die kas. Dis
toe die dominee, en ma weet nie hoe om ‘n man in haar kas te verduidelik nie.
Dis egter toe die prof self wat naderhand wil weet of hy maar kan uitkom.
En dis Herrie se storie van Onrus...vir eers.

“Oom, oom!” en toe weet ek die nuwe SA is uniek.


Dat die nuwe Suid-Afrika onherroeplik sekere nuwighede bring, besef ek
Saterdag op die boermark hier in Langenhovenpark weer.
Dié keer ontlok dit egter ‘n glimlag – iets wat dit maar te dikwels nie doen nie.
Ons, die uitstallers, is al lankal gewoond om skouer te skuur met Nigeriërs en
ander vreemdelinge.
In die proses het Engels in hierdie deel van die aarde ‘n nessie as
gebruikstaal kom nesskop waar nie lank terug nie gesê is Engels is nie die
derde taal nie, maar ‘n vreemde taal.
Kyk mens na die sensussyfers dan is Engels in die Vrystaat nog die sesde
grootste taal – Sesotho, Afrikaans, Tswana, Xhosa en Zoeloe is almal groter.
As al die Nigeriërs en Ethiopiërs dieselfde huistale gepraat het, was Engels
dalk al laer af op die graderingslys.
Trouens, as mens al die tale as afsonderlike herkomnste sou tel, sou
Amsterdam se status as stad met die meeste nasionaliteite – 177 – maklik
hier te lande in die gedrang gekom het.
In Kapstad word skynbaar jag gemaak op Somaliërs. Hier in die Vrystaat is dit
knaend Pakistani’s en Bangladeshi’s wie se winkels tydens onluste in die
swart gebiede geplunder en afgebarnd word.
By my stalletjie het verskeie vreemdsoortiges al kom navraag doen en selfs al
pepersproei kom aanskaf vir selfverdediging. Die ordentlikstes onder hulle is
die klein Ahmaras uit Ethiopië. Een het selfs die letsels gewys van wat hy ten
tyde van ‘n rooftog deur die plaaslike bevolking op die lyf geloop het.
En al is hulle net so swart as die plaaslike bevolking – en baie, baie ligter as
die Nigeriërs, staan hulle soos seer duime uit tussen die plaaslike bevolking.
Dit alles het ek al gewoond begin raak.
Maar Saterdag. Iemand vergeet sy kleingeld by ‘n Nigeriër se stalletjie. Of hy
betaal te min. Ek kon nie agterkom wat die probleem was nie.
Maar die oom was al ‘n hele ent van die stalletjie af, en toe naby myne, toe
die Niogeriër die probleem agterkom. Soos die wind sit hy die oom agterna.
“Oom, oom,” roep hy agter die man aan. En toe weet ek – Babel is besig om
weer te konsolideer. En die oom trek nie ‘n skewe bek nie.
By die werk is ek al lankal oom Herrie, kom nie daarop aan of dit man, vriou,
wit of swart of Koranna is nie. Ouderdom het ook min hiermee te make. Net
soos tante Koba, of Aunt Grace. Of soms antie Grace.
Saterdag het die egpaar ook verbygeloop wat ge-“recently English” het. Dis
grind, soos ‘n ou tante van my ma jare gelede met die kinners gebaklei het
wat so ge-Afrikaans het, tot die tante se ergernis. Al was haar eie Engels min
of meer beperk tot “yes” en “not yes.”
Die egpaar se Ingels laat ook sommer baie, baie te wense oor. Dis eintlik
vroulief wat so op Ingels aangesaag raak, tot duidelike verleentheid van die
man, wie se familie saamstap en lekker pront en geselserig die Kaapse
Afrikaans aanwend. Te lekkerrrr....
Maar die dame is nou soos hierdie modelletjies en êktrisses wat ‘n paar weke
oorsee was, en terugkom met “I have been abroad so long, I stuggle in
following Afrikaans.”
Ingels skynbaar ook. Die dame “struggle” voort, en na dit wat ek hoor is daar
nog aansienlike “Struggle” voor voor die rooi taal behoorlik ingeskop raak.
Nou die aand kry ons munisipale wykskomitee besoek van ‘n munisipale
amptenaar om oor ‘n saak groter duidelikheid te kom gee. Almal om die tafel
is Afrikaans. Die besoeker ook, en woon onder ons in dieselfde Afrikaanse
woonbuurt.
Hy val weg met ons moet asseblief verskoon dat hy so gaan Ingels, want hy
werk die heel dag in Ingels en so is sy Afrikaans nou al erg verroes. Veral die
tegniese terme.
“Boel” dink ek by myself. Hy werk al in daardie afdeling met sy tegniese terme
van lank voor 1994 af, en dis in elk geval nog een van die mins
getrasfomeerde afdelings.
En in die hele gesprek was daar nie ‘n Engelse woord nie.
Ja, van ek in die werksituasie moes begin Engls ter wille van die nuwe
bedeling, het die kwaliteit van my gespreksgenote se Engels my eie Engels
erg verongeluk. Engels was die een taal waarmee die uwe nie veel lastigheid
gehad het nie. ‘n Jaar, kleintyd in die VSA (en nie net ‘n paar weke nie), ‘n
beste speelmaatjie wie se huistaal Engels was en ‘n dubbelmedium skool tot
die einde van standard agt, het gemaak dat die Engels darem nie te vreemd
op die oor sou wees nie. Nie dat die Engels wat ek onthou en die Engels wat
ek veral op TV hoor, noodwendig dieselfde is nie: “We are having....”
Ai.

Mensdom vanjaar ‘n eeu gelede byna van Jules Verne se beste werk
beroof
Kan dit weer gebeur?
Vanjaar, presies ‘n 100 jaar gelede, het ‘n boek onder die naam van Jules
Verne verskyn.
Die boek, Les naufragés du Jonathan, (Die oorlewendes van die Jonathan)
het vier jaar na die dood van Verne verskyn, en was ‘n somber, swartgallige
beskouing van die samelewing van sy tyd. Die manuskrip is reeds in 1897
neergepen, en die somberheid is toegeskryf aan Verne se goemoedstoestand
nader aan sy dood in 1905.
Hierdie boek het gou in die vergetelheid geraak, en dit het in 1977 eers
duidelik geword hoekom. Dit was skynbaar reeds bekend dat Verne se seun,
Michel, die oorspronklike manuskrip verwerk het, maar in 1977 het Piero
Gondolo della Riva van Venesië die oorspronklike manuskrip, opgespoor, en
die boek het onder sy oorspronklike titel, Magellania, verskyn. ‘n Engelse
vertaling het eers in 2002 die lig gesien. Toe eers het dit duidelik geword in
welke mate Michel die boek herskryf, en eintlik verongeluk het.
Wat Michel beoog het is nie duidelik nie. Meestal word aanvaar dat
Magellania so dramaties van Verne se ander werke verskil het, dat die
uitgewer gemeen het Verne se aanhangers sou hierdie andersheid nie
aanvaar nie.
Met die verskyning van die oorspronklike Magellania is egter ‘n nuwe gehalte-
dinamika aan Verne se oeuvre toegevoeg, iets waarvan sy seun sy latenskap
byna beroof het.
Selfs vandag nog beperk inligtingstukke oor Verne hom dikwels tot die vader
van wetenskapsfiksie. Verne was egter geen fiksieskrywer in die egte sin van
die woord nie. Talle van die tuie en instrumente wat hy in sy boeke beskryf
het, het later werklikheid geword, en van die uitvinders het ook erkenning aan
Verne vir hul inspirasie gegee. Onder Verne se “voortydige” beskrywings tel
duikbote, helikopters, lugreëlings en rolprente.
Magellania speel hom egter op ‘n heel ander vlak af – ‘n kliniese ontleding
van gemeenskapslewe, filosofie, godsdiens en die mens se posisie in die
natuur. As basis gebruik hy die lot van ‘n groep skipbreukelinge wie se skip in
die Straat van Magellaan vergaan het. Die oorlewendes besluit om ‘n kolonie
te stig. Hul wel en weë kruis met dié van ‘n persoon van onbekende herkoms,
Kaw-djer, wat voorheen net ingestel was op sy eie en die inboorlinge se
behoeftes. Sy eie herkoms is in misterie gehul, en sy lewensuitkyk, “Geen
God en geen meester nie” verklap die filosofiese diepte waarin die boek delf.
Kaw-djer, met sy uitgebreide kennis, help die koloniste om te vestig, maar toe
die gemeenskap uitmekaar begin val, is hy teensinnig om as leier oor te
neem.
Kaw-djer, wie se innerlike gemoed en gedagtegang eerder as die omgewing
en gebeure die verhaal oorheers, is ‘n passiewe anargis en hy glo vas in die
vryheid van die menslike gees.
Hier, aan die suidpunt van Amerika, waar Chili en Argentinië met mekaar
oorhoeks is oor waar die grens tussen hulle loop, vind Kaw-djer die
niemandsland waar hy sy lewensuitkyk ongesteurd kan uitleef. Met die
stranding van die Jonathan, wie se skipbreukelinge eintlik na Afrika onderweg
was, word sy opvattings deur praktiese realiteite uitgedaag.
Magellania was egter nie die enigste werk van Verne wat geykte opvattings
van die skrywer uitgedaag het nie. Op grond van sy werk, Mathias Sandorf,
wat oor ‘n Hongaarse vryheidsvegter handel, is hy soms ook as rewolusionêr
beskou. Sandorf, wat as verdediger van die verdrukte volksmassa intree, is
reeds ‘n voorloper van Kaw-Djer wat dieper na die lewe kyk as die geykte
opvattings van sy tyd.
Dit is egter moeilik om te bepaal of Verne Kaw-Djer se lewensbeskouing
futuristies op vandag se samelewing sou wou projekteer, soos hy met sy
tegnologiese “uitvindings” gedoen het. Hy het immers vir Kaw-Djer ‘n afgeleë
deel van die wêreld gekies wat slegs deur beperkte buite-insette aangetas is.
‘n Meer sinvolle vraag sou moontlik wees hoeveel armer die wêreld is omdat
nuwe insigte nie in die gemeenskap opgeneem word nie. Skrywers, by
uitstek, is aan die beoordeling van uitgewers uitgelewer of hul pennevrug die
gemeenskap sal haal. Vandag bied die internet wel “aflaaiplek” en potensieel
‘n wêreldgehoor, maar dit is steeds die gedrukte media wat die denkraamwerk
bepaal. By die onlangse SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se
eeufeesvieringe is byvoorbeeld (so ver bekend) geen kategorie geskep vir
bydraes tot Afrikaans of die wetenskap wat op die internet geplaas is nie.
Daar is dus geen aanmoediging of inspirasie vir internetskrywers om by
standaard-taalgebruik en spelling te bly nie, en die spelling is gewoonlik ook
beroerd.
Die werklike vraag is egter: Bepaal dit wat die gemeenskap verwag – dit wat
binne sy gemaksone val, nie dit waaraan die denkende gemeenskap
blootgestel word nie? As ‘n skrywer soos Verne amper-amper van sy
diepgang en veelsydigheid en diepgang beroof kon word, hoeveel ander
gevalle is daar nie?
Die nuwe hervormers word eenvoudig in ‘n koor afgeskiet sonder om na hul
standpunte te kyk. Selfs die gevestigde wêreld van die evolusioniste,
insluitend die teïstiese evolusioniste, geomorfoloë en sterrekundiges word
deurlopend deur jong aarde kreasioniste bygedam.
Is dit werklik in die Akademie se belang dat gemeenskappe moet ervaar dat
die sepie-kultuur ‘n groter erkenning verdien as diepgang buite die gedrukte
en uitgesaaide wêreld bloot omdat dit deur vooropgesette idees na die
internet “verban” is?
Gaan daar oor bykans ‘n eeu ‘n Piero Gondolo della Riva wees wat daarin
gaan slaag om kosbaarhede van skrywers op die internet gaan opspoor en
deel van die hoofstroom-raamwerk neem? Gaan daar van gevestigde en selfs
bekroonde skrywers so werke na vore kom wat die letterkunde gaan verryk,
maar internet toe verban is omdat dit anders as hul geykte patroon was?

Klein Brolloksie en swak minsiters


Pa sê die ding van swak ministers is niks nuuts nie. Voor 1994 het ook
heelwat swak ministers diens gedoen en teen alle ods in die tuig gebly.
Ma sê twee ministers wat by die onderwys betrokke was, een glo van ‘n eie
huis of iets, besluit met die brandstofkrisis om petrol te bespaar, en soggens
saam op ‘n perd Uniegebou toe te ry.
Op ‘n dag is die perd gesteel, en die polisie was net so clueless soos
vandag...sê pa.
Ewewel, die polisie vra toe of die perd dalk besondere kenmerke het. Ja, sê
die een minister, die perd het twee po*&h*lle. Nou hoe weet die agbare
minister dit?
Nee, seg hy, as hulle soggens so Uniegebou toe ry, hoor hulle die mense sê:
“Daar gaan die perd met die twee po*&h*lle!”
Ma sê ‘n ander was vreeslik bekend vir sy promises, maar pa sê daai minister
kan kom lesse vat by die huidige lotjie. Al promis wat hy nou glo is dat Jan
Taks ons verder gaan opd*nder.
Pa sê die SABC moet bietjie weerwraak op die politici wat hulle so geghriaand
het neem, en ‘n rolprent maak met die titel: “Clueless in Pitoli.” Pa sê die fliek
sal ‘n knock out wees en die Esybiesie se geldelike verknorsing op slag oplos,
maar ma sê dan verander die regering die naam na Tshwane, en dan weet
niemand waar die klomp clueless mense is nie.
Pa sê ‘n naam gaan niks verander nie. Die mense sal dan net kyk waarheen
loop die soustrein na Pretoria.
Tata tannie, Klein Brolloksie, Trollenburg

Blikoorblik op die Vrystaat


Deur Blik Oor
Gewoonlik skryf hekel-rubriekskrywers onder skuilname, maar die uwe
verkies om onder sy eie naam te skryf.
Die Vrystaat lewer natuurlik die een briljante haker na die ander op, soos
destyds met Johan Wagenaar, wat opponente so met die blikore gekarnuffel
het dat vaskoppe en loskoppe maar om’t ewe was.
My eie hakerloopbaan het ook begin toe ek eers met die groeislag te ver agter
geraak om eers nog slot, en later losvoorspeler te speel. In Matriek blaas daai
eindfluitjie, en draf die uwe op Sentraal se destydse C-veld as haker op die
veld. Almal wat daai klipharde veld in Naval Hill se ysige winterskaduwee
geken het, het geweet dis nie ‘n man se maat nie.
Vandat ek vroeër die week op die kennisgewingbord gesien het ek gaan my
debuut op haker maak, nogal teen ‘n span van Grey (darem nie die eerste
span nie) het ek opgehou skeer. Van graad nege af al doringdraad in plaas
van baard gehad.
Die eerste drie balle haak Grey se haker. Daarna, as die fluitjie blaas, begin
hy klaar huil, en ek haak die res. Vaskoppe, loskoppe. Toe gloei die mannetjie
se blosige wange al vreeslik.
Volgens dr. Anton Prinsloo word Vrystaters blikore genoem as ‘n aanduiding
van domheid. Hy moet oppas, hy gaan geprosedeer word. Die baie
windpompe met hul tollende blikore gee ‘n baie minder kwetsende maar
minder geldige verduideliking. Maar as jy aan ‘n windpomp werk en die wind
ruk die die vlerk gee jou ‘n sn*tklap, is ‘n paar blikore onontbeerlik.
Ewewel, blikore is handig as daar klappe uitgedeel word, veral as die ander
party die klappe uitdeel. Klap jy ‘n Kypie, klink dit net “woep-whê!” Klap ‘n
Pretorianer, dan klink dit “Wap-moe!” Klap ‘n blikoor en dit kink “klang!” Dis
handig ook. Om mens se ore skoon te kry werk mens net ‘n sakdoek deur die
een oor in en uit by die ander, en neem ‘n punt in elke hand en werk die
sakdoek heen en weer.
Nou sien ek Eisj het soveel beloftes in sy provinsiale rede gemaak, hy gaan
sy blikore baie nodig kry soos almal wat nou die geringste foutjie kry hom met
die plathand gaan bydam. Maar Eisj meen hy gaan die lakens uitdeel. Die
premierskantoor gaan soos ‘n klinkerwerkswinkel klink soos die klappe
uitgedeel gaan word – klang, klang...
Maar eerlik, almal moet duim vashou die beloftes maak nie skuld nie, en dat
hy gaan Cope. Die provinsiale gesondheid moet dringend gered word, en
daar is ook ander hoekies en gaatjies waar lanklaas skoongevee is. Die
herontplooiingsbeleid moet net nie nou laat vaar word nie, daar is net te veel
korruptes en luies en onbekwames wat eers na die ashope toe herontplooi
moet word. Ja, Eisj sal sy blikore aan die regte praatjies moet uitleen.
Dit lyk ook asof Eisj vasbeslote is om die soustrein in te ruil vir ‘n behoorlike
trein tussen Bloemfontein en Maseru. Solank dié trein nie onwettige
immigrante, dagga, plaasaanvallers en gesteelde skape vervoer nie, maar
troepe om die grens te gaan bewaak.

Fifa-oorpluisies
Deur Blik Oor
‘n Aantal jare gelede het adj. Nasionale Kommissaris André Pruis ‘n
akademiese lesing by Kovsies gelewer. Pruis was voorheen ‘n dosent aan die
UV.
Wat dié dag vasgesteek het was onder meer die stelling dat die 2010-
Wêreldbekertoenooi sewentig keer groter is as die wêreldrugbybeker – en
Wêreldkrieketbekerkompetisies saam wat Suid-Afrika reeds aangebied het.
‘n Tweede aspek is dat by sommige misdaaditems ‘n statistiese toename op
die polisiestatistiek op beter wetstoepassing, eerder as ‘n toename in misdaad
dui.
Hoe meer moorde gepleeg word, hoe hoër sal die misdaadstatistiek wees,
maar hoe meer dronkbebestuurders gevang word, hoe beter is die
wetstoepassing.
(Hy het ‘n ander, myns insiens ongelukkige voorbeeld gebruik waaroor die
SAPD dan ook pas ‘n bloedneus in die hof opgedoen het).
In Saterdag se Volksblad was ‘n brief van ‘n leser wat bitter ontstoke was oor
hy tydens een van die Konfederasiebekertoernooi se wedstryde in einste
Bloemfontein, deur daggarokers op die pawiljoene “uitgerook” is, en nie die
sekuriteit of die SAPD ‘n vinger wou lig nie.
Dieselfde dag verneem ek van ‘n klant hoe hy en vriende na die Cheetah-
Leeu-wedstryd gaan kyk het. Een van die maters wou ‘n dampie maak, maar
skaars het die kankerbalkie se rokie getrek, of ‘n sekuriteitsbeampte beduie
die sigaret moet doodgedruk word, rook is verbode.
Op dieselfde, einste stadion as die een waar mense na hartelus zolle getrek
het by ‘n amptelike Fifa-wedstryd.
En die einste sekuriteit en die SAPD nie wou optree nie.
Uit die artikels twee items ondertoe is dit baie duidelik: Fifa verwag dat die
dwelmmiddels nie eens die stadion ingebring mag word nie, laat staan nog
gerook word tot ergernis en erger van ander toeskouers.
Ek hét Fifa se webwerf gaan soek, maar tot my verbasing geen spoor gekry
van die grondwet en manifeste wat byvoorbeeld rassisme en politieke
inmenging in sport verbied nie. Dis nou die politieke inmenging wat gemaak
het dat Fifa voorheen al vir Kenia, Griekeland en Iran uitgeskop het, en lande
soos Nigerië en Brasilië op hul sitvlakhare na ook gepos is.
Voorheen kon ek mildelik uit die dokumente navorsing doen, en op die gevare
wys dat Suid-Afrika homself as gasheerland kan diskwalifiseer.
Is hier nou ‘n soort “affirmative action?” ‘n Heel ander stel reëls vir ‘n
Afrikaland om dit vir hom nie net makliker te maak nie, maar dalk selfs
enigsins haalbaar te maak om 2010 te kan aanbied? Daar is juis ook ‘n
kopkrappery oor hoekom Sep Blatter so gemoedelik is oor die f*k%^zellas
waaroor verskeie lande se spelers en ondersteuners so bitterlik kla.
Is sulke dubbele maatstawwe nie maar eintlik blatante rassisme nie?
Dis egter as dit by misdaad kom wat ernstige morele en pragmatiese vrae
gevra moet word. Vanoggend berig Rapport Kaapstad gaan deur sy
Metropolisie New York se voorbeeld van zero-tolleransie navolg. Dit het New
York van ‘n stad op die glybaan na verval gered. In wese kom dit daarop neer
dat selfs die geringste oortreding gestraf moet word, omdat ‘n “verskoon” van
een soort misdaad die deur net ‘n bietjie wyer oop forseer vir erger misdaad.
En Suid-Afrika, as moord- en verkragtinghoofsetel van die wêreld, kan werklik
nie bekostig dat misdaad as ‘n soort aanvaarbare norm beskou word nie.
In New York is verkeersoortreders, rommelstrooiers en mense wat in die
openbaar piepie vasgevat. ‘n Zero-tolleransie met misdaad.
Oor piepie in die openbaar is dit uit die Google nog net duidelik dat Durban
hierdie probleem se kop wil afkap. Maar darem wettige rooiliggebiede beplan
sodat die dames van die nag darem nie die manne in hul EIE hotelkamers
besteel en Vigs gee nie.
En juis hierom is dit ontstellend dat Suid-Afrika nog nie ‘n sigbare poging het
om rommelstrooi, hetsy deur opvoeding of wetstoepassing in die bek te ruk
nie. Dit het in my geheue vasgebrand hoe iemand voor ‘n verkeerspolisieman,
en langs ‘n vullisdrom, sy rommel op die sypaadjie gegooi het en die
verkeersbeampte bloot verbygestap het.
So ‘n jaar gelede het die Gautengse LUR vir Omgewingsake gromgeluide
gemaak en ‘n landswye advertensieveldtog geloods, maar dit was ook al.
Nou is ons ‘n jaar van die wêreldbekertoernooi, en verskeie middestede en
selfs ander dele van die stede lyk soos vullishope.
Die koerante se briewekolomme is vol klagtes van mense wat reg voor
sekuriteitsbeamptes beroof is, en waar die “sekuriteit” nie ‘n vinger gelig het
nie. Dis nie ‘n heeltemal nuwe probleem nie. ‘n Paar jaar gelede is ‘n man in
Central Park (Bloemfontein) beroof en met ‘n mes in die arm gesteek. Toe hy
die rower agternasit, is hy (die slagoffer) deur die sekuriteitswag van agter
vasgegryp en vasgehou tot die rower weggekom het. En die man kon geen
samewerking kry om die “sekuriteits”-beampte vasgevat te kry nie. Nou, so lyk
dit, het dit ‘n norm geword.
Dit sal nou interessant wees om te sien hoe Fifa op die openlike
dwelmgebruik op die Vrystaatstadion gaan reageer, en ook op die feit dat die
SAPD geweier het om op te tree.
En nee, daggagebruik is nie ‘n nietigheid soos die Oos-Kaapse
onderwysowerhede onlangs te kenne gegee het nie. Dagga is erg
problematies, soos onder meer Australiese studies bewys, soos dat dit
kankerontwikkeling kwaai aanhelp.
Omdat dagga so ‘n kenmerkende geur het, is dit ook betreklik maklik om
polisiehonde op te lei om by die stadiontoegange diens te doen en dagga uit
te ruik. Dit is eenvoudig makliker om ‘n daggadraer by die hek voor te keer,
die dagga te konfiskeer en die besitter te arresteer, as om ‘n zoltrekker tussen
sy ewe gerookte maters uit ‘n stampvol stadion te gaan haal.
En by wetstoepassing: Het iemand al daaraan gedink om ‘n f*k%^nzella voor
‘n desibelmeter te gaan blaas om vas te stel of die geraasmakers binne die
wetlike perk van geraasbesoedeling (dit hou ‘n gesondheidsgevaar in) val?
Of is Fifa nou weer versiende? Hulle wag net dat ‘n entrepreneur registreer
om tantieme te betaal op oorpluise met die Fifa-logo. Dit gaan nog veel beter
verkoop as die f*k&%zellas.

Klein Brolloksie oor His Master’s Voice


Pa sê hy verstaan baie van die SABC se dilemma. Hy self is ‘n ekspert van
His Missus’s Voice. Pa sê dit hou hom en ma fiks om sulke uitsprake te maak,
want hy is ook al vernuftig om voor die besem te bly.
Ma sê sy sien ‘n tannie Cathy en ‘n oom Leon het hulle monde so op Rapport
se blog oor my uitgespoel. Pa sê die twee moet darem eers hul taalkunde en
feite regkry. ‘n Blog is g’n koerant nie, en ‘n mens sê nie iets is nie EENS
snaaks nie, nie EERS nie.
Pa sê hul gesanik klink vir hom nogal soos die mense wat voor die TV sit en
TV kyk en steen en been kla oor daar “niks” op TV is nie. Selfs die SABC sorg
dat daar iets op is, al is dit s%$nt, maar daar is g’n wet wat mense verplig om
na die s%$nt te kyk nie.
Hulle kan in die tuin gaan werk of radio luister. Die bier smaak net so lekker.
Maar omdat my bydraes sulke gastronomiese pyne veroorsaak, sal Klein
Brolloksie voortaan tuis bly waar my bydraes deur honderde lesers waardeer
word. Ma sê dis ‘n nuk van mense – hulle hoef regtig nie iets te lees nie, maar
lees dit om te kan kla.
Pa sê dis nou nie dat hy meen my bydraes is nou in daai liga nie, maar dit laat
hom nogal dink aan die digter wie se erkenning jare terug gesit is omdat ‘n
ander digter sy oorspronklike werke afgeskiet het. Nou kry albei medaljes by
die SA Akademie. Die uwe het darem al twee verskillende toekennings onder
Sanlam se eerste tien bestes in verskillende kategorieë gekry.
Groete uit Trollenburg
Klein Brolloksie

Draai die geraaskrane oop!


Herrie sien die groot baklei oor die f**ke*zellas by die sokker is op pad om oor
te kook.
Waar kulture skouer skuur, sal dinge lol.
Vir een klomp is dit ondenkbaar dat die raastoestelle by sokker verbied kan
word, en ander wil dit net in die blasers se onderste anatomie gaan opdruk.
Herrie het self ‘n slag ‘n kongres gaan bywoon waar iemand tydig en ontydig
op ‘n koedoehoring, wat hy ‘n ramshoring noem, geblaas het. Nie eens
iemand van ‘n ander kultuur as Herrie nie.
Maar daai geblasery het die een deel van die gehoor so ontstem dat toe
Herrie dreig om die opdrukwerk te gaan doen, daardie deel van die gehoor
Herrie toegejuig het. Die ander het gedink dis darem alte disrepekvol teenoor
die oorlede koedoe om dit daar te gaan opdruk.
En ‘n kongres of twee later – toe gaan verkoop die organiseerders van die
kongres f**ken*zellas aan die kongresgangers! Dit was die laaste kongres.
Maar soos die kulture skouer skuur, gaan nog meer vratte en knoetse
afgeskuur raak. So het heelwat mense al by die DBV gaan kla, nie net oor
bure by tradisionele geleenthede beeste in hul stedelike agterplase slag nie,
maar die wrede wyse waarop dit geskied. Daar is immers wette op die
wetboek wat dit verbied, maar sommiges se kultuur word met meer respek
behandel as ander s’n.
Laat iemand nou net ‘n ou republiekvlag by die rugby swaai, en kyk na die
polemiek. En om te dink, vyftien jaar gelede wou daai einste vlagswaaier heel
waarskynlik niks met daai vlag uit te waaie hê nie weens die teenwoordigheid
van die Union Jack daarop.
Herrie het ‘n idee die f**ke*zellas is nie sommer vir verbied by die sokker nie.
Seker al so drie jaar gelede het Herrie iewers iemand raakgeloop wat die reg
verkry het of iets om ‘n f**ke*zellafabriek op te rig. Sy oog was openlik op
2010 gerig. Of die man al in bedryf is, weet Herrie nou nie, maar minstens
een persoon is wel deeglik, en hy sal ook sy oog op die 2010-bal hou.
Miskien moet die Skotte volgende jaar hul doedelsakke saambring. Die
Spanjaarde wat nou so kla, kan self van hul raserigste beuels saambring. Die
Boeremusiekgulde kan hul konsternasies bring, Kameroen hul tromme, die
Switsers daai Alpebeuels en die kappiekommando die ou republiekvlag.
Herrie het so ‘n spesmaas die skeidsregter sal sy fluitjie moet verruil vir ‘n
kruising tussen ‘n f**ke*zelle en ‘n Alpebeuel, anders weet Herrie nie hoe die
spelers hom gaan hoor bo daai geraas nie.

Goue reklamefoefies
In die anale van die geskiedenis gaan die Noorman, Erik die Rooie, as die
reklameman van alle eeue op. Erik het naamlik die ys-eiland, Groenland, dié
naam gegee om koloniste te lok.
Deesdae wonder baie mense of dit heeltemal so ‘n foefie was, want dit blyk
dat Groenland se klimaat destyds heelwat warmer was as nou. Trouens, dit
het intussen danksy aardverwarming intussen weer begin so warm word as
destyds, met die gevolg dat die Groenlanders in ‘n referendum vir groter
outonomie van Denemarke gestem en gekry het. Vanjaar, so meen hulle, kan
hulle aartappels plant.
Miskien moet die titel van reklamefoefie van alle eeue eerder Erik se seun.
Leif, te beurt val. Van die vroeë ontdekkers het ‘n duisend jaar gelede
Amerika (min of meer die kus van Labrador), Vinland gaan noem. Vinland
beteken Wynland.
Dié naam het dié landstreek gekry omdat dit, soos die anale en sagas lui,
plate en plate wilde druiwe gehad het. Vandag is bewys dat die Nordiese
kolonies aan die kus van Vinland feit en nie fiksie is nie, maar dié kolonies het
in die slag gebly toe Groenland minder groen en meer ys geword het.
Daar sal dus nooit met sekerheid vasgestel kan word of Leif ooit werklik die
Vinland Droog op die mark geplaas het, wat later na Canada Dry afgewater is
nie.
Maar al is die oorblyfsels van minstens een so ‘n kolonie gevind, krap
geleerdes steeds kop – daar is net mooi geen teken dat daar ooit wilde druiwe
in daardie geweste gegroei het nie, laat staan nog plate daarvan.
Maar Herrie kan dink – loop noem nou ‘n nuwe ontdekking “wynland” en ‘n
taamlike groot deel van die wêreldbevolking sal geïnteresseerd wees om
soontoe te verhuis...sommiges selfs desperaat wees om te versit na so ‘n
land wat vloei van wyn en heining.
In die praktyk, so lyk dit vir Herrie, is dit eintlik goud wat mense laat verhuis –
met goudstromlope na Barberton, die Rand, Australië en Kalifornië.
Gesels oupagrootjie De Necker en ‘n buurman een aand so oor die
grensdraad. Die maan het opgekom.
“Wonder of daar goud op die maan is?” mymer oupagrootjie.
“Ek glo nie,” sê buurman, “want anders was die Engelse al lankal daar.”
Miskien sit Lunar Gold PTD Ltd se reklamemanne net en slaap.

Die spoor byster, of doodgewoon rigtingbedôn*rd te wees


‘n Paar voorvalle het die uwe tot die gevolgtrekking laat kom: Hoe minder
mense ‘n sin vir rigting het, hoe eiewyser raak hulle.
Nou is dit ook so dat Herrie al by ‘n paar plekke die rare ervaring gehad het
van rigting wat omkeer.
Jare der jare gelede, nog ‘n jongerige verslaggewer by Volksblad, word
verneem van blyplek vir die vakansie vir ‘n student, ‘n beurshouer. Hy kom
van Pa-Jan se buurdorp in die Noordweste af.
Herrie bied aan, en uiteindelik word dit aanvaar.
En toe, ‘n dag of twee voor die groot arrivasie bel die knaap se pa uit die
Namakwaland uit, om nou na die roete te verneem.
Dis maklik. Op die verbypad, draai by (destyds) die Kimberley-afrit af, ry is
stad se kant toe, en draai by die eerste straat links, die tweede regs en
tweede links. en siedaar.
Maar ek kon netsowel gesê het: Soos ‘n mens Amerika inkom, draai eerste
straat links.
“Hoekom nei die tweede straat links nie?”
Die pa is nog by die eerste straat se afdraai.
“Want daai straat maak’n boog en kom by Timboektoe uit.
Dus moet die uwe weer voor begin.
Maar skaars is by die eerste straat gelinks, of die pa wil weer weet hoekom
nie by die tweede straat links nie.
Nou begin die geïrriteerdheid inkruip.
Weer beduie daai straat gaan heel elders heen, ek sig selwers weet nie eens
mooi nie.
Moet weer voor begin. Die keer vorder ons by die tweede keer se afdrai, maar
toe neek die Namakwalander weer terug na die eerste. Hoekom nie die
tweede nie?
Toe verêrre ek my en beduie die strate en ignoreer die terugkrabbel en
bevraagtekening. Wie is dan nou besig om die pad te beduie?
Uiteindelik is die beduie klaar, en ‘n heel eenvoudige werkie het ‘n halfuur se
geswoeg afgegee.
Maar dit was nie die einde nie. Destyds was selfone nog nie op die horisonne
nie, en ‘n tiekieboks by ‘n keraats iewers op die verbypad word gebruik.
Wil net gou weer vir oulaas hoor hoekom nie die tweede straat links nie.
“Want die pad kom nie by my uit nie.”
Hoekom dan nie?”
“Want dit maak ‘n boog en loop neek heel in ‘n ander koers in.”
En toe word gewag en gewag en gewag. Ure.
Uiteindelik is die gesin, met ouboet van Pretoria agter die stuur, daar.
Daar word afgepak.
“Ons het verdwaal,” sê die pa erhg verwytend.
Ek skrik. Hoe so?
Ons doen gou hersiening. Hoe het hulle gery. Nee, by die tweede straat links
loop draai.
“Maar ek het dan gesê die EERSTE straat links.”
“Ja, maar ouboet het gereken dit sal makliker wees by die tweede....
Ek het my rug op die storie gedra. As ‘n donkie sy kop so oor en oor wil stamp
wil ek geen deel hê nie.
Maar dit was net die begin. Namate ek Jongboet leer ken het, het ek
agtergekom daai gesin het g’n sin vir rigting nie. Trouens, hulle is almal
heeltemal rigtingbedô***rd.
As Jongboet iewers heen vir ‘n storie moet gaan, moet daar ‘n kaart in detail
geteken word. En soos die kaart geteken word, so sal hy wil weet hoekom
kan hy nie maar hier al links draai nie (eenrigtingstraat, of die straat waar hy
wil in neek loop dood of maak ‘n winkelhaak in ‘n ander rigting in) sodat elke
sending ‘n helse lang missie word, net in die kaart teken en beduiefase.
En waragtag soos taks verdwaal hy. Want hy glo blykbaar net nie die straat
gaan doodloop, of ‘n winkelhaak maak nie, Hy MOET in waar hy aangesê is
om nie te in nie.
Te gaan aflaai werk ook nie heeltemal nie. Laai hom voor die gebou af, kyk hy
die hele gebou mis en gaan soek dit aan die oorkant. Tussen die kantoor en
aflaai is sy rigting al heeltemal omgedraai.
Toe is tannie SC in ‘n ongeluk in Bloemfontein, en mense van Parys (die een
in die Transvaal, nie die een in Engeland nie) moet haar kom haal. (Bygesê,
tannie SC het die vorige aand self verdwaal).
Die pad word haarfyn beduie vir die aankomelinge.
En net daar het ek ‘n knou met die Lotto weg.
Want in plaas van op die verbypad hou, neek hulle by die eerste afrit in, en sit
Groot Herrie vergeefs by die verbypad en wag.
En toe begin die selfoonoproepe, want die aankomelinge weet nie hoe om
weer terug uit te kom van waar hulle in loop in bliksem het nie, en Groot
Herrie ken daardie deel van die stad glad nie.
Uiteindelik is hulle so oor die selfoon tot by mekaar genavigeer, en tot by die
huis.
En hier kan daar nie gerug of geduurte gekry word nie, want daar moet nou
gelotto-kaartjies gekoop word.
Dis maklik. Straat op tot waar die straat doodloop. Regs, en die
winkelsentrum is aan die linkerkant. Herrie loop gewoonlik soontoe, so naby is
dit.
Maar die aankomelinge bly seker twee uur weg. Groot Herrie, wat ‘n meisie
uitgeneem het en vir haar gaan sjokolade koop het, kry hulle by ‘n ander
winkelsentrum. Soontoe en terug in hulle se maai in geverdwaal.
Nou hoekom, as mens nie rigting het nie, dan nie by die naby een waar ‘n
mens heen gebeduie is gaan lotto-kaartjie koop nie.
Omdat hulle is daardie 150 meter en een keer se regsdraai by ‘n T-
aansluiting, daarin geslaag het om te verdwaal.
Maar dit was nie die einde nie. Die terugrit Parys toe neem ses in plaas van
drie ure, want die spannetjie (al vier) in die kar het in Langehovenpark (waar
die uwe woon) verdwaal. Ure gesukkel om uit die woonbuurt uit te kom.
Ook weer nie by die pad wat beduie is, gehou nie. Maar dit was ook die
eerste keer dat tannie SC in Langenhovenpark verdwaal het, seker van die
skrik van die vorige dag se ongeluk.
Herrie moet net byvoeg: In Bloemfontein help dit nie om straatname te gee
nie. So het Herrie al self sleg geverdwaal, want in Bloemfontein word
straatnaamborde gesteel so vinnig gesteel soos dit opgesit word.
‘n Paar weke gelede bel ‘n ou Bloemfontein-ingesetene, wat darem al ‘n hele
ruk see toe verhuis het, en vra pad namens ander mense wat iets moet kom
oplaai.
Mev. Herrie beduie, en die uwe hoor en raak later geïrriteerd. Weer die oor en
oor verduidelik hoe by die eerste, en nie by die tweede nie,en so aan. (Herrie
bly lank nie meer in die woongebied waar hy in sy Volksblad-dae gewoon het
nie).
Die volgende dag word weer gebel, want daar is ‘n paar stukkies wat nie
verstaan word nie (wat is te verstaan aan eerste straat links, tweede straat
regs?”
Die mense vir wie uitgevind is, het nog nie hul opwagting gemaak nie.
Toe tref ‘n heel nuwe ons.
Die ou tannie kan glad nie bestuur nie, en haar seun wat by haar woon kan
weer glad nie lees nie.
Nou het die seun ‘n afspraak in Toerienstraat.
Toerienstraat is wel die kortste straat in die stad, en half weggesteek, maar
net ‘n katspoegie van die pad af wat die tannie en haar seun elke Sondag
kerk toe ry.
Mev. Herrie beduie pad.
Oor en oor. Oor en oor.
‘n Para uur later word weer gebel. Daar is ‘n paar plekke wat nie verstaan
word nie.
Weer oor en oor beduie. Oor en oor.
Die volgende oggend bel sy weer en Herrie antwoord. Maar Herrie het nou al
beide die vorige belstories aangehoor.
Dit het in kort behels:
“Daar waar tannie-hulle Sondae op pad kerk toe anderkant die brug regs
draai, hou net reguit aan. Draai dan die eerste straat regs. Dit maak ‘n T-
aansluiting teen nog ‘n straat, en draai weer regs. Die eerste straat links is
Toerienstraat.
Niks te verstane nie, dis die pad. Fienies en klaar.
Herrie beduie, maar is Herrie by stap twee, is die tannie terug by stap een, en
kan haar eie handskrif nie uitmaak nie.
Herrie besluit dit kan nie so aangaan nie. Daar is mos die keraats daar langs
die pad kerk toe. Laat Pietie by die keraats pad beduie. Daarvandaan is dit
maklik.
Die middag, middagete, dieng dong die klokkie. Dis Pietie. Hy verstaan nou
niks van die padverduidelikery nie.
“Ry na die keraats en vra daar die pad.”
“Reg oom, ek verstaan.”
Of Pietie Toerienstrata gekry het?
Weet nog nie.
Die tannie het nog nie laat weet om dankie te sê nie.

O donder, nou is ek in my moer in!


Pa sê Premier Mokonyane se onverwagse besoek aan 'n polisiestasie waar
sy die Dienders met 'n Coke en 'n ietsie betrapo het, laat hom dink ana die
dae toe staatspresident Blackie Swart by 'n polisiestasie aangegaan het om 'n
kleinigheid te rapporteer. Die polisieman sit voete op die lessenaar en neem
die besonderhede af. By "Naam" lui nog nie 'n klokkie nie, maar toe "beroep?"
met "staatspresident" opgevolg word, vloog die man op en salueer te midde
van tale wat nou nie hier hoort nie. Gelukkig het man nie 'n glas Coke
vasgehou nie.
Ma sê pa is 'n lekker een om te praat. Toe pa se baas hom daai tyd onder die
kar aan die slaap gekry het, het hy nie eers 'n glas met iets nodig gehad om
so natgemors te kom nie. Pa sê hy was katswink toe hy sy kop gestamp het,
en dan het 'n man nie so baie beheer as hy skrik nie.
Maar pa sê 'n vorige premier van die Vrystaat wat eers 'n nurse was,het ook
gespog sy weet waar al die skelm slaapplekke en kierangplekke is en kyk hoe
het die gesondheidsdienste in haar provinsie op haar "beat" in duie gestort.
Ma sê wens Mokonyane sterkte toe, maar sy het al te veel gesien wie trek
aan die korste ent as 'n baas iemand wat nog hoër as hy of sy in die ANC is
uitgevang en gepos moet word. Tata tannie, Klein Brolloksie, Trollenburg

Die snottel tot die geskiedenis


Herman Toerien
Herrie het nou onlangs weer oor die Voortrekkers se aanloop, en die een en
ander van die Groot Trek self opgelees. Hoe ouer die bronne, hoe
interessanter, want dit reflekteer feite soos dit was voor die politici en ander
eiertjies kom lê het.
So met die jare het die aantal nie-wit mense in die laer van Bloedrivier al
minder en minder geword, nadat dit aanvanklik omtrent gelykop was. Swart
konsentrasiekampe het in ‘n stadium opgehou bestaan.
Waarop Herrie eintlik afstuur, na die Groot Trek het die Engelse sendelinge
en in ‘n mate die Britse regering voorgehou dat die Trekkers hul goed gevat
en geloop het omdat hulle kwaad was oor die vrylating van slawe.
Lees ‘n mens egter Retief se Manifes wat in die Grahamstown Journal
verskyn het, kry ‘n mens ‘n goue draad wat deur Retief se uitsprake met sy
verkiesing tot Voortrekkergoewerneur en die Gelofte loop. Dit lyk heeltemal
anders as dit wat soms in die geskiedenisboeke pryk. Respek vir almal,
voornemens om vreedsaam grond te bekom, die Christelike geloof die
kontinent in te dra...
Verhale van boeregesinne wat saans huisgodsdiens gehou het met al die
plaaswerkers en hul gesinslede saam in die vertrek gepak, is volop.
Die Voortrekkers se grondwet het die unieke inskrywing gehad dat hulle niks
met die Engelse sendelinge uit te waai wil hê nie.
Natuurlik was daar die vrot appels.
En natuurlik was daar die latere politieke gedokter. So het die werklike
verhaal oor hoe Bloemfontein sy naam gekry het, in die volksmond verlore
geraak. So is vergeet dat die beroemde geskiedkundige Theal-McCall lank
voor mev. Brits se “Bloemmetjies” by die fontein al geskryf het Bloemfontein
het sy naam te danke aan Jan Bloem, ‘n Korannahoofman.
Noudat gelol word om die naam te verander, is dit baie nuttig om te bewys
Jan Bloem is die eintlike herkoms.
Maar na al die jare van naby en naas mekaar leef, is daar steeds interessante
verskille.
Herrie se oom, oom Nico, het op die plaas Merino geboer. Hy kon sy hele
bestaan op die plaas voor hy in die stad gaan aftree het, nooit die
werksmense kry om van Merino te praat nie. Dit het Merina gebly.
Oupa Nic en Ouma Engela het darem hul plaasmense so ver om van ‘n
“sleutel” te praat, maar die trekkers sal tot in lengte van dae “snottels” hê.
Die evangelis by Floradale sal seker ook altyd die “Evangelie” wees.
En hierin, so dink Herrie, is die snottel van die toekoms in opgesluit.

Die lewe op ‘n vlooimark


Humeure en hartseer agter die skerms van die vrolike boeremark
Herman Toerien
Herrie is nie iemand wat maklik kwaad word nie, maar as iets of iemand lank
genoeg karring, dan word Herrie goed kwaad.
Saterdagoggende is Herrie by voorbaat klaar kwaad.
Dis ‘n langerige aanloop. Die Herries het ‘n stalletjie by die Langenhovenpark
Boeremark en verkoop onder meer pepersproei daar.
Half agt moet die stalletjiehouers in wees, anders word die stalletjies aan
ander toegeken.
En so het die Herries deur die prosedures nader en nader na die sentrum
probeer beweeg, met ‘n stalletjie wat suid kyk. Toe die Herries na ‘n paar jaar
al amper op die regte plek is, maar ‘n stalletjie het wat noord kyk, toe byt die
Herries vas vir soort van oor die “straat” beweeg vir ‘n geskikte stalletjie wat
suid kyk. Maar Herrie let op – mense wat lank, jare na Herrie daar gekom het,
skuif sommer gou oor en kyk suid.
En Herrie praat, en Herrie praat bietjie harder, en toe praat Herrie baie hard,
en kry ‘n stalletjie wat suid kyk. Herrie was blykbaar nooit, soos versoek en
versoek op ‘n waglys nie.
Skynbaar was dit ‘n soort van waglys in iemand se kop en die kop werk net
met lek en geleentheid. Nou is daar ‘n behoorlike waglys.
Nou wil Herrie ook sê: Daar is die klein jakkalsies. Soos die man wat ‘n ander
Saterdagoggend kom help het om sy stalletjie op te slaan, en intussen op
Herrie se stalletjie se plek stilhou. Nie eens al slaan Herrie sy hele stalletjie
oor die man se kar op, en pak sy uitstalbord op, kon die man ooit beweeg om
net op die stalletjie langsaan, wat onbeset was, te trek nie. Tot sy kar op ‘n
gas geskraap geraak het.
Of die tante wat haar lorrietjie na die verrigtinge met haar kwekery-goed pak,
die lorrie daar in ‘n bottelnek los, en dan self gaan inkopies doen. Net oorkant
die “straat” is ‘n oop ruimte waar die lorrie niemand sal pla nie.
Maar tussenin het sake ‘n kinkel of twee beleef. Een oggend stap Herrie voor
half agt met sy sleepwaentjie na sy stalletjie, en beland agter ‘n man wat met
sy kar en sleepwaentjie in die “straat” afry, maar ook nie sy ry kan kry nie. Hy
hou reg voor Herrie se stalletjie stil, met sy sleepwaentjie voor die stalletjie
langsaan. Geen manier hoe Herrie kan inkom nie.
Toe die versukkelde bestuurder uiteindelik inklim, vra Herrie hom dat hy net ‘n
paar treë vorentoe ry dat Herrie by sy stalletjie kan kom, en uit almal se pad
is. Dit het intussen half agt geword, en Herrie wil nie in ‘n “situasie” beland
nie.
Toe vra die man op krom Engels waarom Herrie daar wil inkom. Herrie raak
amper-amper in ‘n ander bloedgroep in, en verduidelik ergerlik Herrie wil in
Herrie se stalletjie kom. Hy probeer kalm verduidelik van deel en so aan,
maar Herrie is nou haastig, want ‘n man voel half soos ‘n urk om so vier treë
van sy stalletjie af met sy sleepwaentjie in die hand gestrand te staan. En
mens betaal vir die stalletjie om sake te doen, nie om in die “straat” met die
waentjie te staan nie.
Intuseen het van die insittendes die man se waentjie afgehaak en by die
stalletjie langsaan ingesleep, wat ‘n groot genoeg gaatjie laat dat Herrie sy
waentjie in sy eie ruimte kan insleep. Herrie sien dit veroorsaak ‘n
konsternasie, maar Herrie vee nou sy dinges daaraan af, en begin opslaan,
en wen die man wil sy kar nou voor Herrie se stalletjie wegtrek sodat Herrie
kan begin besigheid doen.
Onder die konsternasie langsaan sien Herrie hoe ‘n span afsit na die huisie
wat die kantoor is, en ‘n ruk later begin hulle hul op die stalletjie langsaan
tuismaak.
So eenvoudig is dit ook nie. Hulle het te veel goete, en hulle het blykbaar
twee stalletjies bespreek, en nou net een gekry, en nou peul dit oor. Herrie
sleep sy sleepwaentjie op die absolute grens tussen sy eie en daardie
stalletjie, dus kan die “oorloop nie in Herrie se kant toe nie. Dit is toe
naderhand in tannie Daleen se stalletjie in wat reg agter hulle is, en daar kry
hulle ook teenspoed. Na die ander kant kan dit nie, want daar is ‘n
permanente struktuur.
En toe kom die omie van die kantoor verby en spreek Herrie aan oor sy
“laatkommery” wat die probleem veroorsaak het.
Dis die amperste wat die oom seker nog geneek geraak het. Herrie het nie
kwaadgeword nie, Herrie is toe woedend die gillende bliksem in, en Herrie
sou seker ontplof het as oudste nie daar aangekom, en Herrie gou is toe kom
gaan en ‘n brief op die rekenaar sit, en sommer die opgekropte frustrasies
kon uitblaker, en vir die voorsitter van die bestuur gaan gee het nie.
Want sien, omdat Herrie die betrokke oggend bietjie op die nipper was, het hy
op al wat beskikbare horlosie in die Herrie se huishouding seker gemaak die
horlosie in die bakkie is reg. En dit was ‘n minuut of wat voor half agt toe
Herrie agter die man met sy waentjie beland het.
En om daar te kon gewees het, moes hy al by die kantoor die stalletjie gekry
het, terug na sy kar gegaan het, en met sy kruispoed na Herrie se stalletjie
gery het om VOOR half agt daar stil te gehou het.
En toe word Herrie aangespreek. Die een wat tog “nooit” kwaad word nie.
Nie so nie. En mens wat weet, weet. Soos die slag, ‘n jaar of wat tevore, toe
Herrie ook die waentjie vroeg op sy plek gaan trek het, en die bakkie tuis
gaan bêre het wat net ‘n hanetreetjie weg is. Op pad terug stalletjie toe spring
‘n jong lat met ‘n bossie wortels wat hy by ‘n dame wat dit verkoop, gevat het
voor Herrie. Herrie pas koers aan om om hom te loop, want Herrie is haastig.
Hy sorg egter dat hy reg voor Herrie inkom, en druk die bossie onder Herrie
se neus in. “Cheap-cheap,” roep hy uit. Duidelik erg gekoring so vroeg die
oggend. ‘n Besoekende krieketspan van ‘n ander provinsie, pluis Herrie later
uit.
Herrie veeg hom eenkant toe en begin stalletjie opslaan, deeglik bewus die
man sit ander besoekers en stalletjiehouers en treiter met sy “cheap-cheap.”
‘n Rukkie is die markmeester (nie die een wat Herrie kom aanspreek het nie),
oom Bêrrie besig met die man, ‘n sekuriteitsbeampte byderhand, om die
dronke en sy spanmaats verwyder te kry.
Die dronke is arrogant, en praat tale met die oom wat ‘n jongeling nie teenoor
‘n waardige oom besig nie.
Dis toe dat Herrie naderstaan en aanbied om die verwyderingswerk te doen.
Oom Bêrrie sien dit gaan nou moeilikheid afgee, en vra Herrie om tog maar
liefs die ding in die hande van sekuriteit te laat. Amper-amper word die
dronkie so onder oom Bêrrie se toesig getug toe hy ‘n neerhalende opmerking
oor die sekuriteitsbeampte se velkleur maak.
Maar toe sien hy wat kom, en deur sy beneweldheid raak hy mak en word
sonder ‘n insident uit die mark begelei.
By geleentheid, by ‘n markvergadering, vra Herrie of daar nie op die agterste
grense van die stalletjies draad gespan kan word om die deurkruipery deur
stalletjies stop te sit nie. Dara is baie redes voor. Die deurkruipers is
gewoonlik lomp, en stamp gedurige die uitstallers se voorraad om. Van die
voorraad kry skade, en die deurkruipers weier om te betaal daarvoor.
Trouens, sê nie eens jammer nie of bied aan om te help optel nie.
Behalwe pepersproei verkoop die Herries soms ander
selfverdedigingstoerusting, soos daai ding wat ‘n mens so aan die handvatsel
beetkry, en met die swaaislag skiet daar nog segmente uit en maak ‘n lekker
metaalsambok wat, as dit ‘n mens moet tref, bene sal breek en tande te
lekker sal uitslaan.
Daarom span die Herries agter tou om te wys hier kan nie gedeur word nie,
en sit ‘n kennisgewing op: Geen deurgang, gevaarlike toerusting.
En ‘n hele paar keer, as iets gedemonstreer word, staan daar ‘n brieskende
persoon agter ‘n mens wat stilletjies deurgekruip het, en op ‘n nerf na met die
demonstrasie raakgeslaan is. If looks (dis nou Herrie s’n) could kill. Want ‘n
ou moenie onder so ‘n kennisgewing gaan deurkruip, en dan vir Herrie kom
humeurtjies trek nie. Nie eens al is hy baie groter as Herrie nie, want Herrie
het die “tools” om enige geveg in herrie se guns te beklink. Net daar.
Daar is ander redes. Die deurkruipers is geneig om mens se geldkassies te
zooi, hulle kyk nie waar hulle trap nie en het byvoorbeeld sommer ‘n deurloop
gemaak oor hekelwerk wat ‘n vrou kom uitstal het. Dan is daar die Nig wat
“crumbed musrooms” maak, met kookolie. En daai kookolie is al verskeie kere
van die tafel en stofie af geloop.
Soos Herrie sê, die deurkruipers is lomp.
Maar wat gebeur by die vergadering? Nee, elke ou wat nie wil hê iemand
moet deurkruip nie, moet self plan maak. Want hierdie tannie is alleen by haar
stalletjie, en as sy wil gaan piepie, wil sy kortpad vat om so gou as moontlik
daar te kom.
Die kantoor se personeel weet blykbaar nie daar is verbindingspaadjies nie,
hulle neek self deur die stalletjies.
En toe, met ‘n aandmark, maak Herrie so. Die aand het Herrie ‘n gazebo met
‘n paneel teen die agterkant. Maar tussen Herrie se stalletjie en die stalletjies
langsaan is ‘n opening, en hier word deurgeneek en eers deur, sommer reg
deur die middel van Herrie se stalletjie koers gekry. Herrie probeer als, as
“meublement” so te stel dat deurloop onmoontlik raak, maar waar ‘n man nie
kan loop nie, daar sal hy deurkruip. En nie net mans nie, dik tantes wat als
omstamp, kinders wat aan als vat, selfs mens met honde aan kettings wat ...
Toe neem Herrie die “self keer” ernstig op en gaan span, enkelhoogte,
staaldraad oor die twee “openinge”. Met bo-aan kennisgewings van geen
deurgang, gevaarlike toerusting.
Die heel aand hoor Herrie doef-doef. Herrie het ‘n paar kyke ook gekry.
Maar soos Herrie gesê het, hy is reeds kwaad Saterdagoggende. Die
hoofrede is dat daar twee stalletjies van Herrie af iemand is wie se werker
agteruit met ‘n graat waentjie en ‘n kombi inry. Die waentjie kom halflyf
oorkant die mense se eie stalletjie tot stilstand, en die kombi maak die
toegang tot Herrie se stalletjie mooi toe.
Anders as wat die reëls bepaal, word daar ook nie net gou afgepak en gery
nie, die stalletjie word opgemaak solank as wat uitgepak word, dus is dit ‘n
lang prosessie. Die waentjie word ook nie afgehaak en die voertuig uitgery en
weer teruggebring nie. En hulle SIEN Herrie staan daar verwese gestrand.
Dan los Herrie sy waentjie voor die kombi, en gaan bêre die bakkie, en as
Herrie terugkom, is Herrie se waentjie nie in Herrie se stalletjie ingetrek nie,
maar elders ingeprop.
Nou moet Herrie net sê: Herrie se tipe klante kom eers later, en dus is dit
onnodig om die waentjie vir enige ander rede voor half ag op die stalletjie te
kry as om te keer dat die stalletjie vir die Saterdag heruitgedeel word.
Maar die kombi-mense is nie salf aan te smeer nie. Of Herrie ontplof, of
Herrie moet maar sy Saterdagoggend-program omkeer en die waentjie nog
vroeër vat.
Wat Herrie toe doen. En so met die inry – daar staan ‘n gazebo klaar p Herrie
se plek opgeslaan.
Herrie klim uit die bakkie en verduidelik gewoon aan die vrou wat regstaan vir
besigheid: Dis Herrie se stalletjie. Punt.
Want sien, die Herries het provinsiaal wyd geadverteer, en Herrie se eie
stalletjie se adres opgegee. Daar is nie ‘n manier dat Herrie “ter wille van die
vrede” ‘n ander stalletjie kan betrek nie. Die vrou wil nog argumenteer, maar
Herrie luister nie eens nie. Skuif. En dis omtrent ‘n uur voor half agt.
Sy was verkeerd, sy moes bloot langsaan wees. Eers later besef Herrie toe
die fout geblyk het, kon Herrie bloot langsaan ingetrek het. Dit sou darem
seker nie die mense wat op advertensies reageer deurmekaar maak nie.
Dis die vrou van die “crumbed” musrooms. Dis kookolie als. Sy het als
moontlik probeer doen om haar stalletjie deurkruipbaarproef te maak, maar as
mense nie daar deur kan kom nie, karring hulle deur Herrie se stalletjie, en
skuif Herrie se goed, loop in Herrie vas, en so aan. Herrie se stalletjie is 15
treë van die dwarsstraat af waar die mense veronderstel is om van
uitstalstraat na uitstalstraat te beweeg.
Kort-kort hoor Herrie raas die vrou langsaan as die deurkruipers so deurwurm
(aan Herrie se kant) dat hulle teen die tafel met kookolie skuur. Hoofsaaklik
kinders. Maar soms heel gesinne. En die dik tantes.
En toe word buurvrou se geldkassie gesteel. Die hele kassie.
Wat is mense se mentaliteit? Dis eenvoudig ‘n geval van mense sien die hot
dog-stalletjie doer, en dan het hulle net oë daarvoor. Onderweg soosntoe loop
hulle oor en deur alles, herken nie eens hul vriende in die stalletjies onderweg
soontoe nie.
Herrie onthou byvoorbeeld hoe ‘n man reg op Herrie en oudste afgestap het,
wat langs mekaar voor in die stalletjie gestaan het. Hy is eenvoudig tussen
ons deur, en agter uit. Mense wat Herrie goed ken is al amper deur, en Herrie
groet hulle op die naam – dan raak hulle eers bewus van Herrie se bestaan.
Of soos die een wat reg op Herrie afstap, sy kop reg voor Herrie verpletterend
hard teen die gazebo se raam stamp, en toe kaplaks in Herrie vasloop. Herrie
is miskien nie die grootste mens wat daar is nie, maar weeg darem in die orde
van so 90 kilogram (spiere is nogal swaar, al is van die spiere al bietjie
gesak). Hy bons van Herrie af, maar sy gefikseerde rigtingroer werk steeds en
hy skuur by Herrie verby, bo-oor ‘n stoel, in ‘n gespande tou vas, met sy een
voet in ‘n leë (gelukkig vir hom) boks, en so steierend is hy anderkant uit, en
neek toe deur die buurman agter se stalletjie wat ook goed deurkruipproef
gemaak is.
By geleentheid wou iemand by Herrie weet, terwyl hy so deurskuur onder die
kennisgewing van gevaarlike toerusting deur, hoekom Herrie so toepak. Hy
het duidelik nie die relaas hierbo verwag nie, en Herrie het dit ook nie gegee
nie. Bloot gesê: “Want die mense steel my goed.”
Sy kop het tot waar geruk soos hy hom vererg.
Maar hoekom moet mens ordentlike maniere aan mense verduidelik?
Niemand klim oor die duiwelsvurk voor ‘n mens se huis, loop deur jou huis,
oor die muur agter, en deur die bure daar se huis, oor die duiwelsvurkheining
voor hul huis, en oor die straat om by die mense daar te gaan kuier nie.
Wat maak dat dieselfde mense wat dit nie tuis, of by winkelsentrums doen
nie, by ‘n mark met ‘n dik lywe en nouspannende rokke deur en oor al wat
versperring gaan klim of deurklouter, duisende rande se skade aanrig en bloot
aanbeweeg asof daar niks gebeur het nie?
Die mark word nou et ‘n duiwelsvurk-omheining omhein onder meer om die
diefstal te probeer bekamp. Herrie stem saam want in die week word die
boompies afgebreek vir vuurmaakhout, die krane afgebreek, die permanente
stalletjies gesteel vir skrootyster en so aan.
Maar die geldkassie langsaan sou steeds weg gewees het al was die
duiwelsvurk klaar. Want iemand wil ‘n paar sekondes wen om te gaan piepie.
Herrie weet genoeg van langer afstande hardloop om te weet dit neem effe
langer om ‘n hinderniswedsren af te lê.
Maar as besigheid begin, moet die humeur maar gesluk word, en vir die
klante geglimlag word.
Die staleltjiehouers verdien meer respek as wat ‘n mens besef. Baie van hulle
is om den brode daar, en baie werk die hele week bitter hard aan die
produkte, gekook of met die naald gemaak, of houtwerk of wat ookal.
Vrydagaand werk mense laat om Saterdagoggend vroeg vars wortels op ‘n
bakkie in die mark te hê – en ‘n dronk “sportheld” sal dit voor die magtelose
boervrou se oë kom uitruk en markgangers se siele vertoorn.
Daar sal stalletjiehouers Saterdagoggend, van voor sonop, winter en somer,
wind en weer, koue of hitte sit, en soms niks verkoop nie. Later leer ken hulle
ook die ongevoeligheid van die publiek. “Ek kom netnou weer en dan koop ek
dit,” net om te veroorsaak die arme tantetjie sit tot na toemaaktyd en wag op
die beloofde verkoop.
Of “Ons het nie nou geld nie, maar julle is mos volgende Saterdag hier?”
Volgende Saterdag sou die inkomste opgeoffer gewees het om een van die
kinders na ‘n fietsrybyeenkoms te neem sodat hy so ontwikkeling vir sy
gestremdheid sou kry. Maar die geldjie is belangriker vir kos op die tafel of
terapie, en daar word in ‘n huis aan ‘n teleurgestelde gestremde verduidelik
dit kan nie anders nie. Die geldjie kom. Maar dit kom nie. Ook dit moet aan ‘n
gestremde verduidelik word.

Klein Brolloksie oor Zuma se masjiengeweer


Pa sê dis ook maar so goed Zuma se toespraak was so droog. Want noudat
hy prez is, en hy sing weer iemand moet sy masjiengeweer bring, dan maak
iemand dalk so. Dan is dit dalk in die parlement soos laas met die kerk op
Brakfotein toe die diaken die dominee se haelgeweer wat hy reggemaak het,
reg voor die diens vir dominee-goed loop gee het. Dominee smokkel die ding
onder die toga op die kansel, en kry die gemeente 'n psalm aan't sing, en
betrag die ding gehurk daar agter die kansel. Nooit gedink die diaken laai die
ding nie. Toe skiet dominee-goed daai kandelaarlig in sy...O gaats, hier kom
ma nou kan ek die sin nie klaarmaak nie.
Toe die dominee verdwaas die ding oopmaak, is die gemeente juis besig om
gelyk by die deur uit te kom. Neef Shreck sien die dominee maak oop en gil:
"Stoot pa, die donder laai al weer!"
Ma sê by die parlement gaan dit erger as in die kerk lol want daar is meer
dikkes van al die sit en vreet by komitees.
Pa sê ma sê Zuma moet maar soos pa maak en iemand anders e woorde
gebruik. Want ma sê Zuma staan vir Zero Understanding of Macro-economic
Appliance. Wat se ding is 'n appliance, tannie? Is dit baie soos 'n
masjiengeweer of meer soos my kettie? Tata tannie. Klein
Brolloksie,Trollenburg

OM met ander man se kalwers te ploeg...


Saterdae het Herrie ’n stalletjie op die Langehovenpark-boeremark. Omdat
Herrie nie hier mag adverteer nie, sal Herrie ook nie sê dis p*persproei wat
Herrie bemark, en dat dit Li*uid Bulle* is nie.
En as iets vir Herrie geld, mag Herrie seker ook nie sê wat Johan Groente by
die stalletjie reg oorkant Herrie verkoop nie.
Saterdag kom Johan in ’n stadium na Herrie en vra of hy gesien het wat “die
fossiel” gedoen het. Nee, Herrie het nie. Op so ’n sonskyndag is daar baie
mooier ê...dinge om na te kyk as fossiele, hoewel, bygesê, Herrie ’n
lewendige belangstelling in paleontologie het.
Verduidelik Johan hy sê vir die fossiel alles in sy stalletjie kos R10 en daar
begin sy alles in te pak. Misverstand, dink Herrie. Selfs Herrie wat maar stadig
van begrip is, sou weet Johan het bedoel “per item.”
Wat Herrie laat dink aan baie jare gelede voor die boere koöperasies begin
het. Toe was dit gewoonlik Jodewinkels op die platteland wat alles vir die
boere en omgewing moes aanhou.
Toe die boeke een maand opgemaak word, besef die oom hulle het ’n ploeg
op rekening aan ’n boer verkoop, maar die papierwerk het geverloor, en nou
weet hulle nie vir wie om die rekening te stuur nie. “Biesnis is biesnis, en ’n
ploeg is ’n ploeg, en ’n man mag nie met ’n ander man se ploeg ploeg nie.
Ons stuur maar die riekening vir almal wat dalk die ploeg kon gekoep het.” Dit
blyk toe so sewe boere te wees – die wat die ploeg nié “gekoep” het nie, sal
mos kom kla.
Toe betaal vyf boere vir die ploeg.
Ja, na al die jare wat Herrie die stalletjie het, sê mense die afgelope so twee
maande vir die eerste keer reguit hulle het nie geld nie. Voorheen het hulle
nog iets gesê soos ek gaan net gou trek. Of hulle kom netnou weer. Soos die
twee wat weer gekom het – die aand nadat hulle op Naval Hill aangeval is en
albei op anti-retrovirale was.
Nou sê mense onbeskaamd hulle het nie geld nie. Dit het mooi met die
herinstelling van die lotto en die rentekoersverhogings saamgeval.

Outistiese kind se kersvreugde


Die delf in die argiewe lewer ook hierdie oor 'n kersfees van twee jaar gelede.
In die rubriek meld ek dat die Kersfees by Ouma Toerien by Onrus gevier sou
word. So was dit, maar dit was in baie opsigte hartseer. Ouma Toerien is kort
na die Kersfees, wat sy baie swaar gevat het, met demensie gediagnoseer en
is kort daarna in 'n sentrum in Hermanus opgeneem (waar haar toestand
merkwaardig verbeter het).
Dit bly egter steeds 'n baie simboliese Kersfees - soos die een se gedagtes
gesluit het, begin Klein Herrie (Jandré) se gedagtes oopgaan.

Kersfees en vreugde van om soos ‘n kind te kan glo


Die Bybel skryf iemand wat soos ‘n kind kan glo is gelukkig.
Vanoggend het Herrie dit weer in aksie beleef toe Klein Herrie die kersboom
opslaan en versier.
Natuurlik moes Herrie en Mev. Herrie handjie bysit al was dit net om deel van
sy ervaring te wees. Groot Herrie is nog by oupa en ouma op die plaas.
Eintlik is Klein Herrie al ‘n paar jaar te oud vir dié kersboom-storie. Maar Klein
Herrie is ‘n spesiale kind wat nog net ‘n baie beperkte woordeskat het op die
ouderdom wanneer ander kinders al flink in die hoërskool is.
En hy glo nog soos ‘n kind.
Vanjaar se kersboom is ekstra spesiaal. As daar nou een talent is wat Klein
Herrie het, is dit sy keramiekwerk. Daar maak hy enigiets – van mense se
honde van foto’s af, tot Kangaroo Jack tot ‘n nagapie op ‘n tak. En vanjaar het
hy kersversiersels gemaak. Dis ‘n Kersvader wat met sy rooi klere en lang wit
baard onmiskenbaar is. Die ander karakters is minder bekend – vermoedelik
‘n Kersmoeder en ‘n klompie van Shreck se gemmermannetjies. Dan is daar
sterretjies en klein toegedraaide geskenkies.
Dat Klein Herrie nou al op die spoor van ware Kersfees is, blyk daaruit dat sy
ander helde, Spiderman en Shreck self, nie ook plek op die boom gekry het
nie.
Dit alles het plek teen die kersboompie gekry, saam met die bestaande blink
versiersels. Met beurtkrag het die liggies in die slag gebly.
Kersfees, as alles volgens plan verloop, is die Herries egter by die see, by
ouma Toerien. Daar sal Klein Herrie kinder-kersvreugde met sy laatlam-
niggie, Amber, kan deel. Met ouboet en ousus reeds klaar met skool, is
Amber nou juis op die ouderdom waar sy vir die eerste keer kinderkersfees
sal ervaar.
Ja, Herrie doen die Herries se Doppergemeente se nuusbrief. So drie jaar
gelede het Herrie in die laaste nuusbrief van die jaar ‘n kersboom ingewerk,
en later verneem van die stoere Doppers was diep beswaard. Verlede jaar
was daar geen kersboom op nie, maar by die aankondiging van die
kerssangdiens ‘n stukkie kersversiering. Vanjaar het die ou dominee liefs die
laaste nuusbrief vir die jaar la-ank voor Herrie nog kersgedagtes kon kry, laat
maak.
En Herrie wonder – is dit dan regtig verkeerd om ‘n vreugdepersepsie van
jongs af by kinders met Kersfees te laat vestig? Natuurlik met die Regte
Boodskap ook, wat later heeltemal oorneem.
Om kindervreugde te beleef oor Liewe Jesus wat gebore is, laat mense
verstaan oor hoekom Jesus self ook met soveel deernis van die kindertjies
wat na Hom toe moet kom gepraat het.

Tsotsi’s v Skinheads
Hierdie artikel het die lig gesien toe Jackie Selebi nog stewig in die saal was.

Met die Wêreldbeker-sokkertoernooi wat al hoe nader kom, het Herrie al


dikwels gewonder wie gaan die beste daarvan afkom as Suid-Afrika se
tsotsi’s en die Engelse Skinheads aanmekaar spring.
Waar die Skinheads die voordeel van meer internasionale mededinging het,
wen die tsotsi’s weer met die tuisvoordeel.
Nou lyk dit asof die vraag wel beantwoord gaan word, met onse nasionale
polisiekommissaris se wenslysie by die parlement – naamlik om prostitusie en
drink in die openbaar vir die duur van die toernooi te wettig.
Ja, Herrie neem kennis dat Komm. Jackie Selebi se woordvoerder gesê het
dis nie wat hy gesê het nie, of nie wat hy bedoel het nie.
Hoe dit ookal sy, as misdaad op hierdie manier verminder gaan word (deur dit
te wettig) wil Herrie sommer ‘n paar ander gedagtes in die hoed gooi.
Onlangs, tydens ‘n Vrystaatse besoek, het adj. Nasionale Kommissaris André
Pruis gemeld dat die klimaat vir misdaad dikwels in sosio-ekonomiese
toestande te vind is. Dus, armoede gewoonlik, hoewel prof. Dap Louw nogal
sterk melding van die voggies se invloed ook gemaak het.
Nietemin, kom ons los sommer die armoedeprobleem op. Die regering moet
dan ook, vir die duur van die toernooi minstens, straatsmouse toelaat om
skerpgemaakte speke, flick knives, slaankettings, vuisysters en al die
fassinerende bakleigoeters van tsotsi’s en Skinheads te verkoop. As sylyn
kan hulle dan as “pimps” vir die prostitute optree.
Eintlik, so sê tante Koba in ‘n brief aan Volksblad (vir die wat nie weet nie
Vrystaat se moederkoerant) is daar nou al soveel mense siek en sat vir
misdaad dat die polisie nie ‘n tekort aan vrywilligers sal hê om die
“onhanteerbare hoeveelheid” oortreders op te pas terwyl hulle gedwing word
om na wedstryde stadions skoon te maak. Vrywilligers gewapen met
sambokke – met sulke sadistiese uitdrukkings in hul gesig. Sielkundiges sê
juis dis goed as mens so nou en dan frustrasies ontlaai. Nou wat is dan beter
terapie as om slagoffers toe te laat om hul frustrasies bietjie op misdadigers
uit te haal? Tante Koba se idees klink vir Herrie baie beter as om die
misdaadprobleem op te los deur dit te wettig.

Konstabel en die swart koffie


Herrie gaan bietjie vaag wees oor dele, maar die liewe leser, soos
Langenhoven sou sê, sal na afloop van die lese hiervan verstaan hoekom.
‘n Klompie jare gelede begin ‘n nuwe konstabel by ‘n polisiestasie op een van
die klein plekkies naby Bethlehem, bedoelende nou plekkies in die orde van
Slabberts. Kaallaagte en so aan.
Die sersant neem die jong konstabel in die distrik om, sodat hy die
plaasmense kan ontmoet, en hulle ook van hom weet, soos die gebruik
toentertyd was.
Dit is in een van die opstalle, waar die twee in die voorkamer wag dat die vrou
des huises die koffie berei, dat die jongman ‘n blik tot in die spens kry, wat die
sersant nie het nie.
En van hier sien die konstabel hoe die tante met die vlieë en die brommers en
die melk en so aan omgaan.
Toe die koffie kom, bedank die konstabel melk en suiker vir sy koffie, en drink
dit so swart en bitter.
Hy drink dit altyd so, verduidelik hy.
So met die wegry vra die sersant hom hoe dan nou? By al die ander plase het
hy wit koffie met suiker gedrink.
So beduie die konstabel wat hy gesien het.
“Stop, stop!” skree die sersant, en die konstabel het die vangwa ook net
betyds tot stilstand gerem, of die sersant val hande viervoet by die trok uit en
raak van die koffie ontslae.
Wat Herrie aan Pa Jan se grootmenswêreld in die Namakwaland in laat dink
waar domineegoed loop huisbesoek doen het, en by elke opstal ‘n heerlik
kommetjie (amper so groot soos die plaas se sinkdam) gaat gekry het. Sterk
die lepeltjie kantel so staarig om.
By die siffelste huis kan hy nie meer nie, en die toe tante loop beskuide haal,
trek hy die skuifvenster op, en slinger die gaat op die Namakwalandse
blommetjies buite. En daar sta’ hy net merrie die oortjie innie hand.
Toe die tante merrie beskuide ingewaggel kom beduie hy net hoe die tante by
daai deur - een hy beduie na die middeldeur - uit is, toe loop val hier net so ‘n
groot brommer - en hy beduie met die duim en wysvinger met ‘n verdag groot
spasie tussenin – in die gaat. En dis toe hy dié spjeuletjie by die venster
uitneu...uitgooi, lat hy nou die skade kry.
Vir die skrik maak die tante toe vir hom ‘n kommetjie ekstra sterk gaat.
Zuma se trieng-trieng
Pa sê as hulle nie laas so vir oom Eisj by die Salga-kongres gelag het toe hy
gesê het lui en onbekwame burgenarre en teebestuurders gaan afgedank
word nie, dan het 'n trol hoop gehad dat die luies, korruptes en onbekwames
na die ashoop herontplooi gaan word.
Ma sê pa moenie so van burgenarre praat nie, maar pa vra wat moet 'n trol
dan iemand noem wat 'n stad op 'n naam noem wat nie as pleknaam bestaan
nie?
Of met sirenebegeleiding na 'n kompleks jaag om die water te gaan afsny
terwyl daar 'n dispuut is, en haar eie rekening agterstallig was?
Ma sê sien is glo, maar dr. Knoffel is al weer weens haar "prestasies" as
welwillendheidsambassadeur aangestel.
Pa sê Zuma hoef nie te worrie hy gaan te veel oproepe kry nie, want die
telefoonlyne van die platteland af word te veel gesteel.
Pa sê ook die trolle sukkel al klaar so om na ons huis toe deur te kom al het
hy net een vrou, hoe gaan dit nie in die Zuma-huishouding gaan nie.
Pa sê ook hy laat hom nie van ma rondorder nie. As sy skree: "Kom uit onder
die bed jou slapgat," dan luister hy nie eens nie. Hy bly net daar.
Tatta tannie, Klein Brolloksie, Trollenburg

Die mure van Jericho


Herman Toerien
Terwyl die amper-mense (die jonges) meen die “ou mense weet niks” is dit ‘n
gevoel wat erg wedersyds is.
Ouer mense het al amper ‘n handleiding nodig om koerant te lees, om te weet
die “sitplekke” in die parlement verwys eintlik na setels, en as mens radio
luister, te weet Nêsa is eintlik Nasa.
Baie keer is dit Engels se skuld. Daar waar Ma Johanna toe sy met die
skrywer-digter Barend Toerien (‘n neef van wyle pa-Jan) getroud was, so ‘n
honderd myl noord van New York gewoon het, is die tekens van die eertydse
kolonie Nieu-Amsterdam nog duidelik. By Kerhonkson is lank volgehou om
kerk in Nederlands te hou, maar so ‘n geslag terug is die handdoek ingegooi
toe ‘n dogtertjie by haar ma wou weet wie die Het Evangelie nou eintlik is
waarvan sy Sondae so baie hoor.
Maar presies hoe erg die onkunde al loop wat niks met die Rooi Taal te make
het nie, hoor Herrie onlangs.
‘n Vakadviseur (‘n skole-inspekteur vir die oningewyde manne met die silwer
slape) besoek ‘n skool. Hy sit ‘n ruk in die klas en is teleurgesteld met die
oppervlakkigheid waarin die klas aangebied word. Hy besluit hy toets bietjie
algemene kennis, en begin sommer by die Bybel.
“En toe, knapie,” en hy wys ‘n seun in die middel van die klas uit, “wie het die
mure van Jericho omgegooi?”
Die mannetjie steier regop, doodsbleek.
“Toe, toe man, wie sê jy het die mure van Jericho omgestamp?” por die
inspekteur.
Skielik bars die knaap in trane uit. Die verslae inspekteur draai na die
onderwyser, en dié verweer gou: “Meneer, dis ‘n ordentlike seun en as hy sê
dis nie hy nie, dan is dit nie hy nie.”
Dis te veel vir die inspekteur, en hy stoom skoolhoof toe, onderwyser
vervaard agterna.
“Meneer,” sê die inspekteur, “ek vra ‘n mannetjie wie die mure van Jericho
omgestamp het en hy begin huil...”
“Dit was Kosie meneer,” kry die onnie ‘n woord in.
Die skoolhoof krap kop. “Meneer, sê hy op laas. Kosie se ouers is sulke
vooraanstaande inwoners van die dorp, dit is veel beter om die ding dig te
hou. Ek sal met Openbare Werke reël om die skade te kom regmaak.”

Sien altyd adel in mense


DIE liederlike aanval op mnr. Barnie van der Merwe, Bethlehem se vriendelike
karwag, tref Herrie opnuut ... ’n mens se menswees word nie aan aardse
skatte gemeet nie.
Of hoe hoog ’n mens se IK die metertjie laat slaan nie.
Vir elkeen is die lewe binne sy eie milieu dodelike erns. Jare gelede het Herrie
gereeld met die destydse beskermde wit arbeid te make gehad – mense wat
onder beskermde omstandighede die eenvoudigste werk gedoen het.
Gewoonlik met passie.
Soos die man wat die vloer in die landdroshof skoongemaak het. Nadat hy
verwoed blinkgevryf het, het hy aan die end van die gang gaan staan en sy
kop laat sak totdat die sonlig wat ingeskyn het, verklap het waar ’n kolletjie
was wat minder blink as die res was. Dan is daardie kolletjie verwoed gevryf
totdat dit blink-blink.
Ook onder die mense word sommiges uitgelig as hoofmanne oor twee, drie of
meer, soms met katastrofiese gevolge. Soos die een wat Herrie se kantoor
skoongemaak het.
Sy toesighouer, wat duidelik in die weermag was, kom doen inspeksie en die
knaap wat skoongemaak het, staan die pure afwagting. Maar die toesighouer
kyk skaars. Gee net so ’n vinnige blik en met die uitstap vryf hy op die kosyn
bokant die deur.
Die arme skoonmaker het nooit gedink om daar skoon te maak nie, en ook
seker nie die 20 skoonmakers voor hom nie, nooit nie. ’n Vuil vinger word die
lug vol geswaai en die arme skoonmaker sleggesê. Die volgende dag word
verseker dat dit blink bokant die deur, en die res van die kantoor word net so
hier en daar ’n veeg gegee. Die dag daarna maak hy net bokant die deur
skoon en groet. Sy toesighouer kant en klaar uitgekyk.
Maar dis ernstige kompetisie. Soos die slag wat daar ’n gebrom is oor die
nuwe een wat sommer ’n so en so is. Skaars twee weke op die job en hy is al
klaar op die hoses.
Herrie ry gereeld bus, en die wagtery by die bushalte bring ook heelwat oor
die selfaangestelde karwagte aan die lig. Die een brom oor iemand hom so ’n
klein tip gegee het, en Herrie meen dis omdat hy so lelik is.
Op ’n slag kry Herrie by hom en sy makkers ’n les uit die Bybel. Oor hoe ’n
mens nie ’n mens se naaste moet oordeel nie. Toe span hulle saam om die
Tien Gebooie bymekaar te kry. Later seker so 23 gebooie, en sommiges klink
nie of dit regtig ’n Bybelse herkoms het nie, maar hulle blom van die trots dat
hulle so ver gekom het.
Ja-nee, waardeer die diepgang in alle mense, moenie hom op sy baadjie, of
gebrek aan ’n baadjie, takseer nie.
Soos ’n baas van Herrie altoos gesê en in die proses iemand aangehaal het
as hy ’n boemelaar sien: “There, but for the grace of God, go I.”
Ja, hy is kort daarna weens sy gedrinkery weens “gesondheidsredes” op
vervroegde pensioen geplaas en het oor die “gesondheidsredes” ’n klomp
diensjare as geskenk gekry.
Maar die lewe is nie regverdig nie. Wees dus dankbaar dat u die geleentheid
gekry het om te kan leer lees, en moenie hulle takseer wat nie die geleentheid
of talente gekry het nie.

Herrie – die waarde van die “geringe”


Jare gelede het Herrie se ma die grappie vertel van die leeu wat uit die
Krugerwildtuin weggeloop, en op Meintjieskop agter die Uniegebou gaan
woon het. Hier het hy ‘n luilekker lewe gevoer, en elke dag vir hom ‘n lekker
vet amptenaar gevang.
Op ‘n dag kom hy erg verrinneweer en pootseer terug in die Krugerwildtuin
aan. Sy ou maters wil dadelik weet hoekom hy terug is.
“Terwyl ek elke dag net ‘n amptenaar gevang het, het alles goed verloop. Die
spul in die Uniegebou het niks agtergekom nie. Maar toe maak ek die fout en
vang die komiteeklerk.”
“Komiteeklerk? Wat is dit?” wil die leeus weet dat hulle nou nie self in daardie
slaggat trap as hulle ekskursies onderneem nie.
“Man, dis die man wat as die teen tienuur opdaag, in die gang afroep: “Hier
kom ‘t tee mense!”
Ja, sy afwesigheid is op slag ontdek.
Herrie het nie gedink hy sou in sy dag des lewens iets soortgelyks beleef nie.
By Herrie se werk – nou nie heeltemal die staatsdiens nie, maar ‘n plek waar
die mense deeglik moet weet wat aangaan, is die daaglikse koerante absoluut
noodsaaklik.
En vanoggend het die koerante nie opgedaag nie. Die man wat taamlik
onlangs die pos gekry het, is in ‘n motorongeluk dood.
Ja, vir hom het ‘n vriendelike glimlag niks gekos nie en daarom het ons
soggens ‘n vriendelike goeie dag saam met die koerante gekry.
Ja, so is daar waarheid daarin dat iemand se pos of rang nie sy verlies by
heengaan bepaal nie. As Herrie skielik sou wegval, sal Herrie se heengaan
waarskynlik nie so oornag mense raak soos die een in ‘n “mindere” pos wat
elke dag sonskyn vir mense bring nie.
Wat Herrie eintlik wil sê: Ons kan ons almal, ongeag ons nietigheid, nuttig in
ander mense se lewens maak deur vir hulle glimlagte en sonskyn te neem. Dit
kos niks. Trouens, dit laat nie eens ‘n suurpruim of groen kersie se gesig
kraak as hy of sy glimlag nie.

Herrie hoenders
Die berig oor die ongeluk op die pad na Kestell wat daartoe gelei het dat
duisende gevriesde hoenders rondgelê en deur omstanders opgeraap is, laat
Herrie sommer aan ‘n paar dinge dink.
Die Herries was een keer op pad Bethlehem toe, toe by ‘n ongelukstoneel
verbygery is waar ‘n bakkie van die pad geloop, en allerlei ware gesaai gelê
het. Die Herries en ander motoriste kon egter nie veel na die ongeluk oplet
nie. ‘n Vol taxi het stilgehou, en die volgende toe stroom die plunderaars
blindelings oor die pad. Dis bloot genade dat ‘n motor nie minstens een
omgery het nie.
Tweedens dink Herrie aan daai *&^%sems wat plaashekke ooplos, en
veroorsaak dat beeste in die pad beland. Herrie het ‘n paar jaar gelede baie
deur die Natalse landelike dele gery, en was verstom oor hoe padgeleerd die
bokke is. Maar so geleerd soos hulle was, het Herrie tog een naby Ixopo
gesien wat nié slim genoeg was nie, en omgery is.
Maar die meeste Vrystaatse beeste weet nie van uit aankomende voertuie se
pad bly nie. Dis hoekom Herrie voorstel hulle moet die smoelslanerhek se
naam verander. ‘n Smoelslaner moet nou die persoon wees wat naby die hek
wag hou, en die een wat die hek ooplaat op sy smoel ...e ... slaan.
Daarom stel Herrie voor die hekke moet liefs as die woer-wappe bekend
staan.
‘n Vriend van Herrie, Vriendherrie, het in sy losloopdae by ‘n meisie op ‘n
plaas in die Noordweste in loop kuier. Ry toe saam met kleinsus, Snip, agter
op die bakkie, met Meisie voor by haar pa in die kajuit. Vriendherrie maak
hekke oop.
Toe hy weer by ‘n hek afspring, hoor hy Snip agterna roep: “Dis ‘n woer-wap-
hek.”
Hy kom by die hek, en sien ‘n stewige stok is om die hekpaal gepspan, en
met ‘n draadlussie weer teen die hek vas. Terwyl hy die lussie afskuif, wonder
hy hoekom dit ‘n woer-wap-hek is. Met die lussie af, trek daai stok met ‘n
vaart weg, en hy hoor “Woer!” Te laat besef hy wat na die “woer” kom, en
“wap” tref die stok hom teen die smoel.
Maar hy kon eers die geheelbeeld vorm nadat hy bygekom het.
Maar as dit van die Kolonel se gebraaide hoenders was wat in die pad beland
het, sou Herrie darem self oorweeg het te help optel. Om aan die eienaar
terug te besorg, natuurlik.
Nou was dit bevrore hoenders.
Amper soos die slag toe oom Kaspaas haastig die tante se hoendereiers op
die dorp moes gaan besôre. Met dié ry hy te vinnig deur ‘n knik, en toe hy
omkyk, is al die eiers af. Hy ren tot stilstand en kom kyk, maar sien nie eens
een eier nie. Hy staan nog so, toe begin die eiers val, maar breek nie. Skoon
kliphard ge-ys, so hoog is hulle die lug ingeskiet.

Klein Brolloksie oor die minister se luukse ryding


'n Klompie jare gelede het 'n Vrystaatse premier gesê hulle moet in sulke
goeie rygoed ry, want kyk net hoe lyk die paaie waarop hulle oor die weg
moet kom.
Pa sê toe 'n nuwe naam vir die Oranje-Vrystaat gesoek is, het iemand
Potholes voorgestel. Ma sê sy dink dit moes die weninskrywing gewees het.
Saans kyk die spietkops watter kar se ligte reguit aankom, want dis net 'n
gesuipte bestuurder wat so reguit deur die slaggate ry.
Pa sê as mens op die paaie oor die weg wil kom, moet hulle eintlik weer
perdry, maar ma sê shame, perde wat bene breek word geskiet. En van die
tantes wat parlement toe gaan na hulle daar "sitplekke" gekry het (soos die
media dit nou soms noem), sit naderhand hul plekke mooi vol. Dit sal 'n perd
se rug lag-lag breek.
Pa sê Zuma moet iemand kry om vir hom te lees wat die wêreldbank van
tsôtsjô sê: "Dis die diefstal van 'n land se toekoms."
Pa sê ma sê sy weet nie hoekom mense nog van soustreine praat nie. Treine,
sê sy is goed waarvan mens in boeke kan lees na tannie Maria omtrent alles
geverkoop het. Sy sê dis sous-Mercs en sousvliegtuie. En soms sousheli's.
Tata tannie. Klein Brolloksie, Trollenburg
Herrie se kerrie: Van slawerny, die bul en die arbeidsinspekteur
Oos-Vrystaters sal goed onthou hoe ‘n Johannesburgse joernalis ‘n klompie
jare gelede op ‘n groot aspersieplaas opgedaag het, goed ontvang is en alles
van die oes- en verwerkingsproses gewys is.
En toe met ‘n artikel vorendag gekom het wat die asems laat snak het. Nie net
oor die baie moeilike omstandighede wat tydens die oesproses van veral die
wit aspersie geld nie, maar sommer die lesers ‘n klomp velle oor die oë
probeer trek met ‘n klomp fiksie soos die seisoenarbeiders uit Lesotho wat
verkrag word en vele erger.
Hieraan dink Herrie toe hy in De Telegraaf lees van ‘n Brabantse boerin (ja,
die Nederlanders het nog vroulike vorme vir vroue wat beroepe beoefen) wat
veral Roemeense seisoenarbeiders op haar aspersieplaas as slawe
aangehou het. Dié mense is aan die haglikste woonomstandighede denkbaar
onderwerp en selfs gewelddadig hanteer. Boonop het hulle minder as die
helfte van die loon ontvang as waarop in Roemenië ooreengekom is.
Uiteindelik het die owerhede snuf in die neus gekry, en na die vrou se
hofaansoek om ‘n ondersoek te stuit misluk het, op die erbarmlike groep
afgekom. Terug na die plaas wou hulle nie, en geld vir teruggaan Roemenië
toe had hulle ook nie. Die plaaslike gemeenskap wat deur hul lot aangegryp
is, het tente en toe ‘n bus beskikbaar gestel.
Heel moontlik is daar later ook berigte wat ander perspektiewe oor die saak
stel. Kyk maar hoe gaan dit met die Noupoortse Rehabilitasiesentrum –
sommige oud-pasiënte het net lof en ander is steeds na jare getraumatiseer.
Onlangs is ‘n projek aangekondig om die beeld van Nederlandse boere by die
publiek te verbeter. In ‘n onlangse artikel oor ‘n staproete deur die veld wat
met die hulp van verskeie boere van stapel gestuur is, meld die skrywer ook
dat die stapper waarskynlik op daardie roete eerder op vriendelik wuiwende
as “bose” boere sal afkom.
In Suid-Afrika, met die plaasaanvalle en onteieningspraatjies, is dit natuurlik
so dat boere minder vriendelik oor betreders is wat gou ‘n “ietsie vir die pot”
kom skiet, of sonder toestemming kom visvang.
So lees Herrie onlangs van die wintie arbeidsinspekteur wat sonder nakoming
van die Protokol vir Plaastoegang by ‘n plaas opdaag, en op sterkte van sy
aanstellingskaartjie toegang tot die plaas opeis. “With this card I can go where
I please and no one dares interfere with me,” beduie hy.
Die boer laat hom begaan.
Nie lank nie, hoor die boer ‘n vreeslike gil, en sien die kwaai Friesbul haal
vinnig op die wegsnollende inspekteurt in. Die boer gooi alles neer en
hardloop nader: “Joe kaart, joe kaart, sou de boel jor *&^% kaart!” gil sy.

Klein Brolloksie vra: Wie praat namens Trolle?


Ma sê pa sê hy verstaan nogal die hele Kabaal oor hoe iemand namens
ander kan praat.
Want sién, sê pa, die kabinet was skaars aangekondig toe spog ene Hassan
al oor die ses Indiërs in die Kabinet. En twee hou die beursie, 'n lekker
teelaarde vir komplotteorieë.
Maar eintlik sê pa moet mens na die trolle se geskiedenis gaan kyk as mens
wil sien hoe treurig dit gaan as iemand anders namens 'n ander praat. Kyk
maar net hoe het ene Neelsie Langenhoven met die trolle, Brolloks en
Bittergal, se edele name deur die modder geploeg.
Van geploeg gepraat, minstens is Pieter Mulder in die regte joppie, want as
daar geploeg moet word kan hy dit nou doen, en met Bosbou kan niemand
hom iets van Vuuren doodslaan leer nie.
Pa sê Mulder moet sommer reël dat die bulle haaikos word, want hy het mos
visserye ook nou.
Pa sê hy weet nou nog nie hoekom Zimbabwe 'n minister vir Hawens en
Seevisserye het nie, maar ma sê ons het dan een vir Veiligheid en Sekuriteit.
Tata tannie, Klein Brolloksie, Trollenburg

Zuma: Kabaal in die Kabinet


Print Clean Clean false false false MicrosoftInternetExplorer4
Onlangs nog is daar vanuit die Zuma-dampkring vingers in Mbeki se oog
gesteek oor die “Kabaal” wat via Mbeki die land sou regeer het. Die “Kabaal”
synde ‘n soort broederbond van mense van Indiese herkoms.
Die ironie was dat Zuma self deur sy eie “Kabaal” taamlik diep in die sop was,
en een van sy vurigste ondersteuners, Ace Magashule, se eerste probeerslag
as LUR in vlamme opgegaan het nadat hy die eertydse Vrystaatse
Departement van Ekonomiese Sake rondom ‘n “Kabaal” onder die leiding van
Ossie Osman probeer bou het.
‘n Mens het nog gesoek na die name van die nuwe kabinet, toe is daar al ‘n
berig deur Google se “spiders” opgetel, geskryf deur Fakir Hassan waarin hy
spog oor die ses Indiërs in die Kabinet. By lese is dit darem net twee, en vier
wat as adjunkministers aangestel is. Die vol ministers is Pravin Gordhan
(Finansies) en Ebrahim Patel (Ekonomiese Sake).
Sien, sal die aanhangers van samesweringsteorieë sê, pure Kabaal wat nou
die land se geldsakies gaan bestuur.
Die adjunk-ministers is Ebrahim Ismail Ebrahim, internationale betrekkings en
samewerking; Roy Padayachee, Openbare Dienste en Administrasie; Enver
Surtee, basiese opvoeding; en Yunus Carrim, samewerkende regering en
tradisionele sake. Carrim het, wel, bekendheid verwerf met sy hantering van
die toemaak van die Skerpioene. ‘n Uitblinker-rubberstempel. Enver Surteee
was ‘n vol minister van Justisie, waar hy en Johnny de Lange gepos is.
In die geheel gesien is die Kabinet een waar selfs iemand wat taamlik in die
politiek betrokke was, maar moes gaan opkyk. Weens eie betrokkenheid by
iemand met gestremdhede is die aanwysing van ‘n Minister wat na
vrouesake, jong mense en mense met gestremdhede moet omsien iets om op
te fokus. Die naam Noluthando Mayende-Sibiya moes egter ge-Google word,
wat nog minder trefslae as die uwe s’n oplewer. Dit blyk dat sy hoof van
Nehawu was. Maar geen lewensskets of iets waarop die hand gou gelê kon
word om ‘n aanduiding te kry nie. Dus: Mense met gestremdhede, hul
versorgers, voogde, ouers, donateurs en instansies wat ‘n opdraande stryd vir
spesiale onderrig voer, sal moet wag om te sien wat gebeur.
Dirk du Toit is, dankie tog, uit.
Pandora is uit haar onderwysboksie (dankie tog) maar of veranderings hier ‘n
verbetering teweeg gaan bring, is nog te siene.
Makhenkesi Stofile en Get Oosthuizen is nog daar om saam met Komphela
wat weer parlement toe is, te sorg dat sport, en veral rugby, steeds met een
voet in die wildernis sal wees, en Suid-Afrika tot die plaasvind van die 2010-
Fifa-toernooi nie sal weet of die land self sal kan deelneem nie, omdat hierdie
here aandring om in sport in te meng – iets wat Fifa saam met rassisme
verbied en bitter streng oor is.
Marthinus van Schalkwyk is steeds daar, nou net by toerisme, om seker te
maak hy “sal ons (baie stil) stem wees.” Maar om die een of ander rede is die
uwe half geneig om te dink dr. Pieter Mulder gaan dalk, net dalk, bietjie meer
“ons stem wees.”
Herman Toerien

Herrie se kerrie: Wintervoorsorg teen gebarste pype


Met die weer-omie se kaarte wat nou al gereeld dui dat Sidderland se
minimum-temperature onder die vriespunt gaan draai, dink Herrie dis ‘n gawe
plan dat Bethlehemiete ook begin voorsorg tref teen gebarste pype.
Nie dat ‘n mens nou ook watwonders baie kan doen nie., As dit baie kouer as
vriespunt word, vries pype. Deesdae kry mens
darem geinsuleerde jassies om vir die pype
aan te trek, en daar is die beproefde metode
van die water liggies laat drup.
Die probleem kom veral daar waar die pype oor
die balke loop. Hier word die temperatuur
anders gelei as waar die pype in die lug hang, en dis gewoonlik waar die pype
besluit dis nou sulke tyd.
Gewoonlik Sondagoggend wanneer ‘n mens in die kerk sit.
Nog ‘n gewilde plek om in te gee, is by die laste. Iets wat tien jaar of langer
sonder probleme gehou het, kan op ‘n dag besluit hy het nou net mooi
genoeg van rek en krimp gehad.
En wanneer jou eie pype die oggend groet, groet ‘n klomp mense s’n, en is
loodgieters en ander nutsmanne erg besig. O ja, en nie alle versekeraars
aanvaar enige nutsman se werk nie.
Mense in verskeie dele van die land is al gewoond daaraan dat die elektriese
stroom nie altyd binne die aanvaarbare wisselsterkte by hul rekenaars,
faksmasjiene, wasmasjiene en ander sensitiewe elektriese toerusting met nog
sensitiewer elektroniese moederborde uitkom nie. Allerlei stroombrekers is te
kope, en die weerlig kry gewoonlik die skuld. Maar die weerlig is nie sommer
die “dips” se skuld nie, en dis wat die meeste, stille skade aanrig.
In ‘n deel van Bloemfontein het die toevoerwaterpype nou al so tot niet
gegaan, dat dele gereeld sonder water is. Om water solank by soveel as
moontlik plekke te kry, word dit met omweë herlei, en dis dan dat huise soms
baie sterker druk kry as wat hulle gewoond is. Dan “verys” (ter wille van die
versekering) die waterpype baie meer as gewoonlik. Herrie weet van ‘n huis
wat verlede jaar agt keer onder water was, met ander huise in dieselfde straat
wat die loodgieters goed besig gehou het.
En moenie u hoop op die aardverwarming plaas nie. Selfs al dui modelle dat
Bethlehem natter gaan wees as dit warmer word. Nee, Suid-Afrika is in te veel
opsigte dertig jaar agter die res van die wêreld, en kyk mens na Sidderland se
weervoorspellings, lyk dit of dit met die weer ook so gaan wees. Trouens, ‘n
paar jaar gelede was die land se mielie-oes heelwat minder as wat voorspel is
omdat die gemiddelde temperatuur in die belangrikste groeifases gemiddeld
so ‘n graad of wat koeler was. Die wetenskaplikes het wel nou vasgestel Oos-
en Wes-Antarktika smelt omtrent net so vinnig soos die noordpool, maar vir
Klein Herrie, so meen Herrie, sal dit gewoon beteken daar moet ‘n koue front
oor Antarktika trek voor dit te koud gaan wees om in die see te swem. Anders
is sy enigste norm dat hy deur die ys moet kan kom.

Kom leer by die trolle oor kleur in die parlement


Ma sê pa sê die mense in die parlement moet by ons trolle kom leer oor hoe
onbelangrik kleur is. Ma sê pa sê net so omdat die trolle almal groen is.
Shreck se soort is net donkergroen, en Trollenburg s'n liggroen. En solank
Shreck-hulle in hul moeras bly en paddas vreet, en solank die Trollenburg-
trolle in hul tuisland bly en sprinkane en ander lekkernye verorber, so lank pla
niemand vir niemand nie.
Ma sê pa is sommer laf, so vuil soos pa gewoonlik by die huis kom kan g'n trol
in elk geval uitmaak waffer skakering groen hy is nie. Pa sê daar is darem nog
die reuk, maar toe moet hy vir die pan koes.
Pa sê hy weet nie of Cope se koms nou kleur minder belangrik gaan maak
nie, en of iemand nou die msjiengeweer gaan kry wat Zuma nou al so lank
soek nie, hy weet net van die nuwes wat so vaal en maer in die parlement
gekom het, gaan oor vyf jaar spekvet en donkerder vaal wees
Herrie se kerrie: Verkiesing verby en nou: Op jul poste, gereed, vreet!
Kyk, as daar ‘n ding is wat Herrie se bloeddruk in ‘n ander voorskrif in opjaag,
dan is dit hierdie amptenare wat ‘n groep Afrikaanssprekendes moet kom
toespreek, self uit huis uit Afrikaans, en dan ter aanvang sê, jammer, maar by
die werk word net Engels gebesig en daarom raak die vakwetenskap vir hom
vreemd, en daarom gaan hy nou Engels praat.
Hensopper!
Maar dié verkiesing het Herrie gesien Afrikaans gly – bevind hom op die seë
van golwende veranderings, hier en daar darem tot verbetering. Of soos die
Doppers sou sê, ter stigting.
In die ou dae het die politieke partye verwoed baklei om setels in die
parlement en die provinsiale rade. Met die nuwe Suid-Afrika en die vergeet
Afrikaans is ook ‘n amptelike taal, het die Engels se “seats” so dominant
geword dat Herrie plek-plek – ook in die Afrikaanse pers gesien het, hoe
Patricia en kie baklei vir “sitplekke.”
Nou, sien Herrie, gebruik die Volksblad “poste.” Herrie, self ‘n oud-amptenaar
van ‘n politieke party, sou steeds “setels” verkies, want vir elke setel wat ‘n
party kry, kry hy ‘n klompie poste – ondersteuningspersoneel soos
skoothondjies ...ekskuus, persoonlike assistente, en sekretaresses,
navorsers, mediamense en so aan. Hoewel hierdie poste uitdruklike politieke
aanstellings is, is hulle nie juis geskik vir “kaderontplooiing” nie want die
salarisse is maar karig (of was Herrie maar net geboor?) en kry ‘n munisipale
raadslid byvoorbeeld baie meer vir baie minder werk. Dis dus nie
soustreinposte nie. Nee, hier word die net wyer gespan en is dit die uitsluitlike
prerogatief van die regerende party.
Soos Herrie se jonger boet kleintyd gesê het, Afrikaans het nog ‘n “omgeval”
beleef.
Ai, en hoeveel partye staan deesdae nie “familiewaardes” voor nie, terwyl
hulle eintlik gesinswaardes (family values) voorstaan.
Die vreemde Afrikaanse politiek is nie nuut nie. Op ‘n Saterdag, lank, lank
terug het ‘n Saterdaguitgawe van ‘n Afrikaanse dagblad berig na die
Afrikaanse Nasionale Kongres (ANC). ‘n Pas-afgestudeerde vertaalstertjie se
ywer wat deur al die nette geglip het.
Maar miskien is “sitplek” nie so ‘n slegte vertaling nie. Herrie het al gesien hoe
van die nuwe parlementslede maar vaal sukkel om ‘n nuwe kleretjie vir die
amptelike opening vol te maak. Voor die volgende verkiesing is daai rokkie of
rompie nie net vol nie, maar het plek gemaak vir ‘n nog groter nommer, en ‘n
nog groter nommer tot, so meen Herrie, die klere by Rent– a–tent bekom
moet word. Dis yslike kledingstukke wat so om die boude span. Dit word dan
die etniese styl genoem.
En dit meen Herrie, kom daarvan as ‘n mens sy of haar sitplek in die lewe
mooi vol wil sit, en bloot na ‘n ander komiteekamer versit om weer te sit, en
tussenin aan die eetgoed te smul wat so mildelik voorgesit word dat oud-LP,
Kent Durr (self nie ‘n rietskraal figuur nie) oor die hoë koste van die
spysenieringskoste gekla het. En terstond deur die ander LP’s gesjêddap is.
Nou wil Herrie sy stuiwer (as hy net een geleen kan kry) in die armebeurs
werp, en die spysenieringsmaatskappy aanraai om bietjie die oë oop te hou
vir nuwe LP’s, en onder die skrales te gaan “voor”-foto’s neem, en dan, oor
vyf jaar, met “na”-foto’s op te volg. Die verskil, so meen Herrie, sal so
merkbaar wees dat die spyseniers op slag vir nog ‘n vyf jaar termyn aangestel
sal word.
Aan al die nuwe LP’s, dus Herrie se beste wense, maar nou kom skouer aan
die wiel sit: “Op jul poste, gereed, vreet!”

Afrikaanse humor: Mielie kat se kruisiging


Groot Herrie het by geleentheid na die Herries se hond van destyds, gesê
Porthos is ‘n kruisiging.
Soos al die Herries se honde was Porthos inderdaad ‘n kruisiging, ‘n
kruisiging tussen ‘n rifrug en ‘n boerboel, met ‘n lammetjie se geaardheid.
Behalwe soms.
Maar Porthos had ‘n skeet, ‘n onbekende allergie. En uiteindelik het Porthos,
met al die kortisoon, dit nie gemaak nie.
Toe kom Pumba, ‘n kruisiging tussen ‘n boerboel en labrador, en so
warempel, dieselfde allergie.
En so vind Herrie uit dat baie honderasse – veral as die teëllyne lank begin
raak, sulke ingeboude probleme het wat gewoonlik later moeilikheid begin
maak.
Soos spanjoele wat blind word.
Pumba se koms was vir die kat traumaties. Sommer die eerste dag, toe
Pumba nog ‘n babahondjie was, het die kat nog so la die da by die agterdeur
ingestap toe hy Pumba se reuk kry. Soos ‘n patryshond vasgesteek, voorpoot
in die lug, die lug besnuif, en kortom gevlieg.
Die kat het later verlore terrein kom probeer terugwen, maar Pumba het groter
en sterker geword, en g’n niks ore gehad nie.
Tot die dag toe Pumba besig was om die kat in die huis dood te byt, en Mev.
Herrie haar met die pepersproei bygedam het.
Sedertdien het die kat en hond mekaar min of meer uitgepluis; wanneer die
hond die kat met rus moet laat, en wanneer die kat maar in ‘n boom ingejaag
kan word. Af en toe moet daar weer plathand of iets ingelê word, maar
minstens nie weer pepersproei nie. Die kat se wit pootjie wat so om ‘n draai
na Pumba hak-hak vertel ook dat die kat soms soek vir die moeilikheid wat hy
kry.
Of dit instink is, en of dit nog herinnerings aan die voor-pepersproeidae is
weet Herrie nie. Maar toe kom kuier Ouma SC met haar jong worsie, Mielie.
Eintlik Lielie, maar die hond reageer beter op Mielie. Egte Blikoorhond, dié
worsie.
Maar Mielie raak buite haarself van kat gewaar, en die kat het ook nie
rondgehang om te kyk of hy dalk die hondjie baas sal kan raak nie. Die kat is
immers ook nie meer vandag se kind nie.
Nou is dit ‘n aardigheid, want die kat kom net huis toe as die honger te erg
knaag, en dan ook baie versigtig en omsigtig. Gisternag is dit ‘n gekattemaai.
Dis die kat buite wat kennis gee hy is nou erg honger. Mielie slaap by Ouma
SC in die kamer en is buite sig, maar Pumba is soos ‘n bul in ‘n winkel van die
fynste Chinese erdewerk. Herrie se hand brand later soos vuur, maar Pumba
wil steeds keer dat die kat inkom.
Die kat hou by die werkskamer se buitedeur verby kombuis toe, en Herrie
maak die kombuisvenster oop sodat die kat op ‘n veilige hoogte kan inkom.
Maar die kat loop soos ‘n kat op ‘n warm plaat buite in die rondte en snuif -
snuif die lug vir die gehate Mielie. Herrie het maar weer gaan inkruip.
Vandag het Herrie die kat ‘n slag al uit ‘n boom gaan uitryg om hom by ‘n kos-
en waterbak te kry. Gelukkig het die snyplekke nie te lank gebloei nie.
Ja nee, dis nie ‘n kat wat ‘n hondelewe ly – as Mielie kom kuier. ‘n mens kan
maar sê Mielie is die kat se kruisiging.

Herrie se kerrie: Naudésfees se les vir Shabir


Groot Herrie was soos gebruiklik die vakansie op die plaas. By oupa Nic en
ouma Engela op Erfenis buite Bethlehem.
Dié vakansie was hy, soos dikwels tevore, op die Naudésfees. Oupa Nic se
ma was ‘n nooi Naudé en vir oupa Nic is die misloop van ‘n Naudésfees
ondenkbaar.
Die huiskat was na die Naudésfees so bly sy huismense is tuis -, was al oor
ouma Engela toe sy bel om te laat weet hulle is terug, dat mev. Herrie die kat
nie net diekant hoor spin het nie, hy het behoorlik soos ‘n luiperd se gespin
gedreun.
Al familiefeeste wat Herrie kon bywoon, was die De Neckerfeeste by Aldam.
Die Toeriens en nadere families is nie mense vir feeste nie. Herrie se een
ouma, ouma Meyer was ‘n nooi De Necker, en wat haar aanbetref, is almal
wat naastenby bloedverwant is, aangetroud of nie, basies verplig om die De
Neckerfeeste by te woon. By begrafnisse van familielede wat mens nie eens
geweet het familie is nie, en sy ‘n rygeleentheid heen opgevorder het, moes
mens teen wil en dank in die heel voorste gestoeltes inskuif, ver voor die
oorledene se eie kleinkinders.
Wat die Toeriens betref – blykbaar is almal maar soos die politici. Almal kan
beplan en met idees vorendag kom, maar die Toerien wat die harde werk
moet doen en die fees prakties beslag moet laat kry, is blykbaar nog nie
gebore nie.
Soos Herrie die ding verstaan, is alle Naudés by die Naudésfees welkom,
hoewel Herrie verstaan dat sou “oom Bey” in lewe sy opwagting gemaak het
sou sy ontvangs maar koelerig gewes het. Van die jonger manne praat van
gewapende begeleiding van die plaas af, maar dis seker net praatjies.
‘n Ander, onlangs afgestorwe Naudé, sou weer ‘n helde-ontvangs gekry het.
Die oud-Springbokslot, Tiny Naudé. Tiny het uit die dae gekom toe dit nog
alledaags was dat slotte die stelskopwerk pale toe gedoen het, en waar
manne soos Frik du Preez en Hennie Bekker hom dit nagedoen het. Manne,
wat as hulle daai bal gesool het, het die bal nie sommer geweet van weer
afkom nie. Behoorlik gelanseer.
Herrie het Tiny so ver hy weet nooit self gesien nie., Maar Herrie het ‘n idee.
Eendag sit Herrie in Paarl Gimnasium se kleedkamers en “tok” vir ‘n
wedstryd, toe dit skielik amper pikdonker binne word.
‘n Blok van ‘ man het die deur volgestaan.
Toe hy weg is, fluister een: “Dis Tiny.”
“Tiny Naudé?” vra een met ontsag.
“Nee man,” kom die ergerlike antwoord. “Dis Tiny Neethling (‘n
Springbokstut). Tiny Naudé is b-a-a-aie groter.”
Oom Bey self was darem merkwaardig sterk. Sy familie het gevra dat sy
inperking opgehef word omdat hy op sterwe was. Toe word sy inperking
opgehef, en hy leef sommer nog baie lank en raak by verbasend baie dinge
vir ‘n sterwende betrokke. Miskien kan die sterwende Shabir Shaikh ook nog
kom kers opsteek by die Naudés.

Klein Herrie en Jan van Riebeeck


Herrie se kerrie
In Amerika sou Klein Herrie nou ‘n rybewys kon kry.
Maar Klein Herrie is anders. Op sy verjaarsdagkaartjie is sy groot held,
Spiderman.
Aprilmaand is outismemaad, en hoewel Klein Herrie nie klassiek outisties is
nie, het hy genoeg outistiese kenmerke in sy multi-gestremde spektrum dat hy
nou as sodanig geklassifiseer kan word. Klein Herrie is liefdevol, hy is baie
vaardig met sekere dinge, en hy wéét wanneer hy verjaar, en hy is baie
opgewonde daaroor.
Maar daar is eintlik baie ander dinge wat Klein Herrie se verjaarsdag uniek
maak. Hy is op Suid-Afrika se laaste amptelike Stigtingsdag gebore, en is Jan
Barend gedoop. Dié Jan het hy van sy een oupa, oupa Jan gekry wat lank
reeds oorlede was voor die kleinding na hom vernoem kon word. Die Barend
kom van sy ander oupa, oupa Nic, en hier raak dit interessant. Oupa Nic, en
dus Mev. Herrie en Klein Herrie, is nasate van Jan van Riebeeck.
Ja, Herrie het ook nie geweet Jan (van Riebeeck) het nasate hier te lande
gehad nie. Hy is immers terug Nederland toe, en dit is daarvandaan dat daar
naderhand weer van sy afstammelinge hul weg Suid-Afrika toe gevind het.
En nee, so ver die Herries weet is hulle nie ook afstammelinge van Herrie die
strandloper nie.
En al het Suid-Afrika opgehou om amptelik Jan van Riebeeck se aankoms
hier te lande te herdenk, sal die Herries dit op ‘n manier vier.
Ja nee, waar ander ouers hard probeer onthou van die wonderlikste sêgoed
waarmee hul kinders kleintyd vorendag gekom het, gaan die Herries nou met
Klein Herrie deur dié fase. Soms kort dit bietjie speurwerk oor waar hy aan
van sy sêgoed kom. Sê byvoorbeeld vir hom vir iets dankie, dan sal hy
terugantwoord: “You’re welcome.” Dié het hy uit ‘n Scooby Doo-video
opgedoen, daar waar die spook vir Scooby ook iets aangee om voor die deur
te pak waardeur Scooby probeer keer dat die spook moet inkom.
So suinig soos Klein Herrie met die pratery was, so mildelik het Groot Herrie
die Herries met ‘n woordeskat vergas. Sommiges was terugleibaar na die
plaas toe, Erfenis buite Bethlehem. Groot Herrie was net ‘n paar bakstene
hoog toe Mev. Herrie by geleentheid ‘n brommer in die kombuis probeer
dood....’n doodslaan.
Groot Herrie se aanmoediging was egter bietjie anders: “Mo*& hom!”
Op slag wil Mev. Herrie weet waar Groot Herrie aan die woord kom. Nee,
verduidelik hy, dis by Spôpô op die plaas. Nee, sê Ouma Engela, eintlik is dit
Jacob, hy is die een wat so idioomryke Afrikaans kan opdis.
Eintlik is dit nie regverdig om hierdie geval te noem nie, want gewoonlik was
Groot Herrie se woordeskat kleintyd heel Sondagskool-gangbaar.
Maar Herrie vra ook: Dink en bid in outismemaand aan outisme, en aan die
kinders se ouers en ander familie. Van die geraamde 60 000 outistiese
kinders in die land kan net 500 in spesialisskole vir outisme skoolgaan. Die
ander moet tuisonderrig kry, of na skole gaan wat nie vir hulle geskik is nie.
Of soos in die geval met talle gehoorgestremdes, in agterplase weggesteek
word. Want die ouers sien nie kans om hulle ver weg te stuur nie.
April 4, 2009
"Dan dink hulle nog hulle gaan 2010 aanbied..."
Herrie se kerrie: Die lyn na Bloemfontein
Terwyl lelike spookstories loop oor hoe ontoereikend Suid-Afrika se
datavoerkabels by die stadions gaan wees vir die 2010-Fifa-wêreldbeker, en
“ouens wat weet” grootoog maak as hulle knaende stukkende telefoon- en
datalyne moet regmaak en iemand sê beterweterig: “En ja, dan dink hulle
hulle sal 2010 kan aanbied.”
Nee, Herrie weet die stelsels gaan glo baie vinnigers wees as die een of
ander nuwe kabel tussen Suid-Afrika en die noordelike halfrond aangeskakel
word. Maar die doemprofete sê dit gaan ook lank nie genoeg wees nie. Die
mega- en giga-piksels wat gewone kameras, om nie van TV-kamers te praat
nie, opslurp is veel meer as wat ons kabels kan dra.
Ja, Herrie het met die krieket-beker ook as vrywilliger gewerk en toe
uitgewerk in Bloemfontein is die stelsel waarmee die toegangskaartjies by die
wedstryde afgetas en geverifieer moet word, is so stadig dit gaan sewe dae
en sewe nagte neem om almal in te kry. Dis toe maar ontkoppel. Dit kon, want
die stadion was nooit vol nie, en ‘n paar vervalste kaartjies sou nie die ses uit
die veld slaan nie.
Maar met die sokker – dan moet dit vinnig werk ander gaan dit veertig dae en
veertig nagte neem. Dit kan ook nie ontkopel word nie, want die stadions
gaan vol wees. Ondervinding by Suid-Afrikaanse sokkerwedstryde – en dan is
dit wedstryde soos tussen Chiefs en Pirates, het gewys as daar iemand met
‘n vervalste kaartjie op jou plek sit, dan vloei die bloed. Dit het al lewens
gekos.
Hoekom Herrie hieroor ‘n eiertjie lê: Terwyl dele van die Rosestad nou al
meer as ‘n week nie telefoon- en internetlyne het wat werk nie, werk die
stelsels in die res van die stad soos flikkerligte. Dit werk, die werk nie, dit werk
... Binne enkele dae was die fakslyn by die kantoor af (vir dae), die telefoonlyn
by die huis af (darem gou weer reg), en tussenin het die Herrie hulle in ritse
mense vasgeloop wat gekla het.
En skaars begin mens kla, dan kom die beterweterige: “En dan dink hulle
hulle gaan 2010 aanbied.”
Omdat Herrie self betrokke was, weet Herrie van ‘n hele klomp van die goete
wat by die krieket-wêreldbekertoernooi verkeerd gegaan het. So moes Herrie,
as vrywilliger, die amptelike wedstrydmediaverklae skryf omdat die een
skakelagentskap wat onder meer hiervoor ‘n fortuin betaal is, gevergeet het
om so iemand aan te stel. Maar omdat Herrie ‘n vrywilliger was, mag Herrie
nie die wedstryde gekyk het nie. Herrie kon dit nog beter by die huis geskryf
het, waar Herrie darem die wedstryde op TV kon kyk, en ‘n rekenaar met
internet gehad het om dit op te tik en te versend. Maar nee, Herrie moes by
die veld wees en die verslag met die hand skryf. Dan na die wedstryd gou ‘n
tikster van die krieketunie gaan soek wat nog nie huis toe is nie (hulle werk
daar om te tik, nie om in krieket belang te stel nie), en dan te hoop dit kom in
die stelsel....
Maar daardie skakelagentskap het voor en na die toernooi al die skakelwerk
gekry, want....Maar hy het verhuis.
Wat Herrie eintlik wil sê, volgens Adjunk-Nas. Kommissasris André Pruis
(volgens Kovsies nog generaal) is die sokkersirkus 70 keer so groot soos die
rugby- en krieketsirkusse saam. Nou kan die liewe lesers self sommetjies
maak hoeveel groter bôlsaps kan gemaak word.
Herrie het al al sy vernuf en kontakte aangewend om te probeer uitvind wat
staan in die host city agreemnts? Staan daar daarin dat prostitusie tydens die
toernooi gewettig maar beheer moet word? Dat daar kort-kort ‘n ANC-
kokkedoor ‘n kaait opstuur en Duianne Kohler-Barnard al ‘n slag hande
geklap het hiervoor?
Bepaal dit dalk dat daar snel-busdiensvervoerstelsels in plek moet wees en
geen taxi’s naby die stadions mag kom nie. verl nie taxi’s met blinde
bestuurders nie?
Bepaal dit dalk daar mag nie straatsmouse binne ‘n sekere radius wees nie?
(Maar Selebi wil weer dat hulle drank ingevolge ruimer toegewings in die
oopte verkoop.O ja, amper vergeet Herrie, hieroor is die sluier al gelug.
En dan die teer puntjie. Bepaal dit dalk dat daar die verskriklikste streng
vuurwapenwette moet geld? Herrie het dié gerug al lankal gehoor, en weer en
weer, en dié dat wetsgehoorsames verplig is om hul wettige wapen in te
handig, en skelms mooi gevra is om hul onwettige wapens in te handig.
En Herrie steur hom aanvanklik nie daaraan nie. Dis mos ‘n pot tsjôl. Maar toe
hy sy eie kinders moes gaan verkoop, toe praat ‘n paar stemmetjies en hy
gaan Google. En was Herrie nou behoorlik ontGoogled! Gaan kyk maar self
en maak self sommetjies. Maar daar is so baie trefslae, dit gaan tyd neem.
Nou, die Herrie was nog nooit geldelik in die posisie om MNet en “skotteltjies,
of soos Sus se kômmin bure wat hul empties moet verkoop om sigarette te
kan koop sou sê, ‘n halwe dish, te besit nie. Herrie raak dus die rugby
afgeskeep, en Herrie, wat in 13 posisies verteenwoordige rugby gespeel het,
se kinders word rugbyloos groot.
Maar af en toe verwerdig iemand hom om op die radio ‘n wedstryd uit te saai
wat in Bloemfontein gespeel word, en synde ook rugby gaan kyk te duur
geword het vandat Herrie moeilikheid begin kry het om ‘n mediakaartjie te kry
en ‘n hele paar media nou ook nie meer rugby kan dra nie, luister Herrie
darem op die radio hoe die Cheetahs verlo...Herrie bedoel, speel.
Hoe dit met die TV gaan weet herrie nie. Maar al wat Herrie weet, is as hulel
met die lyne waarmee hulle rugby nou probeer uitsaai, gaan probeer sokker
uitsaai, kan Herrie nou reeds laat weet, moenie bodder nie. Die lyn na
Bloemfontein is soos die trein na Margate waar daar geen spoor is nie. Dis
soos ‘n spook, mens hoor daarvan, maar sien (of hoor) dit nie.
Nee, Herrie is nie so bemoerd dat ‘n deel van die wedstryd weer “in absentia”
gespeel is nie. ‘n Hele klomp Cheetahs het in elk geval in absentia gespeel.
En as een van die ringkoppe ook maar net in absentia was toe dit by ‘n ander
man se vrou se kooi gekom het, dan het dit stellig ook beter gegaan. En
Herrie is nie ‘n aartspessimis nie. Nee, al wat Herrie met die hele ding wil sê,
toets Herrie se waarneming. Die eerste tegnikus van Telkom wat hierdie week
in u teenwoordigheid ‘n lyn moet kom regmaak (en as u baie, baie gelukkig is
en dit eers die week daarna gebeur – wat natuurlik beteken u woon nie in die
Rosestad nie -), toets tog Herrie se “eksperiment. Sodra u gegroet het, skud u
kop meewarig, trek u skouers op, en sê sugtend: “Ja, dan dink hulle hulle
gaan 2010 aanbied.” Herrie beloof, u gaan nie teleurgesteld wees nie.
Nee, Herrie wil nie die toernooi verongeluk sien nie. Herrie stel baie hoop op
2010. Herrie hoop byvoorbeeld dat die oop mangat op die sypaadjie, wat
Herrie na meer as ‘n jaar opgehou rapporteer het en Herrie, foto en al binne-
in die gat in die koerant in was, dalk teen 2010 gedeksel sal word, dat die
slaggat wat Herrie begin rapporteer het toe Groot Herrie hoërskool toe maar,
nou dat Groot Herrie al twede jaar op universiteit is, nog steeds nie
reggemaak is nie, dan darem sal aandag kry. En die groot waterpyp wat
gebars het en tannie Rita nou al weke lank by al wat leef rapporteer, teen aai
tyd darem ook reggemaak sal wees.
Maar eintlik wil Herrie dat hulle drank in die openbaar verkoop. Herrie kan nie
wag om te sien hoe gesuipte, en geTikte tsôtsi’s en gesuipte (en selfs
gerookte) Skinheads mekaar pak nie. Herrie wil vreeslik graag deur streng
wetenskaplike eksperimente vasstel wat i die doeltreffendste: Flick knives of
skerpgemaakte speke wat tussen die rugwerwels ingedruk word. Dan praat
Herrie nog nie eens van die oulike goete soos vuisysters, stukkende bottels,
fietskettings, “tjopssticks” en al die oulike dinge nie.
Herrie het net ‘ spesmaas sommer in een toernooi raak sokkerboewery heel
uit die mode.
Dis ook nie reg dat Suid-Afrika al land is wat met vyf van die agt bekende
stamme van MIV opgeskeep sit nie. Nee, Suid-Afrika moet dit invoer, ons kan
mos nie so selfsugtig wil wees nie.
Herrie verkoop al jare ‘n baie sterk soort pepersproei, maar Harold-hulle wou
nog nie die borgskap daarvan vir gebruik in die lynstane aanvaar nie.Maar
Herrie glo die sokkerbase sal groter insig aan die dag lê – met so ‘n borgskap
wen die Bafanabafana lag-lag die wêreldbeker.
April 20, 2009

Hekelvers: Die nuwe Rosestad

Die lyn, die Telkomlyn na Bloemfontein 10


is nou Saterdagmiddae blote skyn 11
Maak nie saak wie rugby in Bloemfontein speel 11
net ‘n rukkie op radio is vir die lyn te veel 13

Refrein
Dan dink hul nog,
dan dink hul nog
dat ons 2010 afgetrek gaan kry
terwyl die comrades so soustrein ry
Pieter Mulder se selfoon wou hy hê
toe moker dok Piet hom dat hy amper lê
Hier in Bloemfontein, in rowwe Bloemfontein
het een skelm skarminkel darem nou yslike pyn

Refrein
Dan dink hul nog,
dan dink hul nog
dat ons 2010 afgetrek gaan kry
terwyl die comrades so soustrein ry

Herman Toerien
Bloemfontein

Sandsteenfees
Die groot nuus nou is natuurlik Paul Roux se sandsteenfees. Dié dorpie het
inderdaad baie om te bied. Selfs ‘n wandelroete vir mense in rolstoele.
Maar die fees. Suid-Afrika het ‘n lang tradisie van feeste en skoue, of soos dit
vroeër genoem is, tenstoonstellings.
Toe was ‘n skou wat plaasvind omtrent net so ‘n beroering soos wanneer die
spulle (die sirkus) ‘n dorpie getref het.
En by amper elke geleentheid word ‘n koningin gekroon. Dis ‘n Mej Dorper, en
‘n Mej. Mielie, en amper enigiets denkbaar.
En hier is dit nogal goed dat die winde van verandering waai. Want ‘n Mej.
Sou klink darem net beter as ‘n Mej. Tentoonstelling. Veral in die tyd toe die
eina-bikini’s so hoogmode was, sou Mej. Tentoonstelling by baie van die
manne ‘n heel verkeerde konsep gewees het.
Nog erger was die dae toe alles half ge-Engels is. Toe was dit altoos ‘n Miss
wat heupswaaiend met die louere weggestap het. Dit was ‘n Miss Mielie, ‘n
Miss Pampoen en wat nog alles.
Maar Herrie het ‘n spesmaas sommigge van die kombinasies het gemaak dat
die “Miss” ‘, Mej” geword het. Neem nou maar die wenner tydens ‘n gebak-
kompetisie. Hoe klink Miss Koek nou ook?
Of by ‘n geestelike hernuwingsbyeenkoms waar Miss Hoop aangewys is? Om
nie eens van ‘n oesfees te praat waar ‘n reuse oes gevier word, en die
wenner as Miss Oes bekend sou staan.
Die moontlikhede is legio.
Ja-nee, dan klink Mej. Sandsteen darem eintlik baie goed.
Lekker fees!

Pothos
Grootherrie se hart is stukkend.♥
Hy en Herrie het niksvermoedend vir Porthos veearts toe geneem oor die
hond se allergie…en sonder Porthos huistoe gekom.
Die jarelange kortisoon teen die allergie het sy tol ge-eis.
Nie-amptelik was Porthos Grootherrie se hond. Dis Porthos wat saam met
hom gaan stap het, en dit was Porthos wat lang tye by hom in die kamer
geslaap het.
Dit gaan nie veel help om te verduidelik waffer soort hond Porthos was nie. Sy
(ja, sy was ‘n sportsmodel sy, het ‘n rif gehad. Weliswaar ‘n deurmekaar een.
Daar was heelwat van ‘n boerboel se lyf aan haar, en sy het haar skaaphond-
pa se kop gehad – met die rifrug se tande en die boerboel se kake.
Dit was gewoon baie ongelukkig dat ‘n opregggeteelde baster soos Porthos
so ‘n allergie sou hê.
Die geaardheid het van omstandighede afgehang. Die rifrug het goed geblyk
as iemand die voordeurklokkie lui as die deur toe is, goed aangehits deur
Snoetie, die wit skipper. Motorfietsryers en die mense wat rommelpos in die
posbusse kom sit – hulle was ook goed persona non grata.
Maar as die deur oop was, was dit pure skaaphond. Doodstil gelê en met
skaaphond-ogies na bo mev. Herrie se klante by haar tuisonderneming
dopgehou.
‘n Lastigheid was soggens nadat die groen koring laat TV gekyk het, en
Herrie moeite het om hulle betyds uit die kooi geskud te kry vir skoolgaan.
Dan wip Porthos op die bed, staan wydsbeen oor die laatslaper, en ontbloot
daai rifrug-tande, en grom daai boerboel-grom.
Nou is sy nie meer daar nie. Grootherrie wat saam veearts toe was, was
ontroosbaar. Mev. Herrie het ‘n groot waghond nodig, en daarom het Pumba
huis toe gekom. Pumba, die baba-boerboel met die piranha -tandjies. Sy het
haar baie gou tuisgemaak, en as die huismense nie oppas nie, trap hulle
daarin.
Nou is sy Groot- en Kleinherrie se speelmaat, maar die waghond-mentaliteit is
klaar daar. Mev. Herrie is eersdaags weer veilig.

Plaaastelefone
Met Herrie se onlangse besoek aan Merweville het die lollery met
plaastelefoonlyne weer groot omkrap gebring. Probeer nou met ‘n
slingertelefoon met ‘n stemoutomaat redeneer wat net vertel vir dié
moeilikheid moet knoppie een, en vir daai knoppie twee en so aan gedruk
word. Als in Engels. Tot ‘n mens naderhand met ‘n mensestem te make kry,
wat net botweg weier om te aanvaar ‘n mens kry nog plaastelefone wat met
slingers werk, en die foon neerplak.
Slingertelefone soos ‘n mens nog by Kestell kry. Al moes Telkom eers
volledig outomatiseer voor hy kon privatiseer. Kestell en Merweville het egter
vergete gebly.
Nietemin, plaaslyne het ook vir pret gesorg. So het twee jong manne besluit
om tant Mollie, wat aanhoudend luistervink gespeel het, ‘n les der lesse te
leer. Eintlik was tant Mollie ‘n vooraanstaande dame. Hoog op in die OVV en
so aan. Maar met die swakte. As die plaaslyn lui, sit sy af telefoon toe en
gaan lig suutjies die gehoorstuk.
Jan bel, soos vooraf afgespreek, vir Nico. Ter wille van die vrede sê ons maar
dis skuilname, vir ingeval van tant Mollie se nasate wil prosedeer.
Toe Jan en Nico seker is tant Mollie is die ene aandag, vertel Nico die
skurfste grap wat hy ken. Toe die gelag bedaar, vra Jan vir Nico waar hy aan
daai vieslike grap kom.
“By tant Mollie,” sê hy.
“Maar dit lieg jy mos nou!” kry hy ‘n skrobering van tant Mollie.

Stasieskaal
Die Paasnaweek het toe sy kwota ongelukke opgelewer. Tussen Paul Roux
en Bethlehem het die Herries duidelik kennis geneem toe ‘n rits noodvoertuie,
drie ambulanse, ‘n brandweerlorrie en ‘n polisievoertuig van voor af
aangekom het, onderweg na wat duidelik ‘n taamlik ernstige ongelukkig moes
wees.
Terwyl die treine stilstaan.
Juis die naweek verneem Herrie van die Bethlehemse dokter van toet wat so
gekant was pasiënte wat vet was. Nie oorgewig of groot, of so nie. Nee, daai
pasiënte wat die skaal regtig laat kreun het.
Soos die een tannie, wat die een dieet na die ander by die dokter kry, maar
die skaal se naald beur maar altoos opwaarts. Tot die dag wat die naald op sy
hoogste punt vasslaan, terwyl die tante nog nie mooi haar staan gestaan
gekry het nie.
Net daar prop die dokter die tante in sy Volla, en sit af stasie toe. Toe weeg
hy haar op die perronskaal. Die tante is willebooslik kwaad, en dis ook die
laaste wat die dokter haar te siene kry.
Terwille van die jonger lesers: ‘n stasie was die stilhouplek van sulke lang
vervoermiddels, genaamd treine, wat op ysterstawe, genaamd spore, geloop
het.
En dis hoekom Herrie so bly is dat die hotel in Fouriesburg Slabberts se
stasiegeboue gekoop, en met perron (wat nie met Evita verwar moet word
nie) en al by die hotel gaan oprig het. Dis nou pragtige, luukse kamers wat tog
die glorie van van ouds vasvang.
Wie weet? Met Maria Ramos nou aan die stuur van sake sien ons dalk weer
eersdaags treine, al is dit net treine wat vrag sleep en veroorsaak dat minder
vragmotors die paaie snuif trap.
Soos hulle vra: Wat het Suid-Afrika voor grondpaaie gehad? Teerpaaie. Die
verkiesing is mos verby en Herrie hoef nie meer so te let op diskressie met sy
opinies nie. Die partye staan nou tou om Herrie as konsultant aan te stel – as
konsultantis ekstra-ôrdinêr.

Padpredikante
Dis die vooraand van die Paaslangnaweek en bitter baie van ons mense gaan
nie weer huis toe nie.
Dis omdat die padvarke ook gaan vakansie hou, en dikwels ongeskonde
daarvan afkom terwyl die onskuldiges die spit afbyt.
As spesiale diens aan die lesers het Herrie ‘n hersieningsoefening van
padtekens opgestel. Let asseblief daarop dat padtekens in die nuwe Suid-
Afrika hier en daar van die oues verskil. Neem nou maar die teken vir die
tolhek. Eintlik moet hulle bysê wat ‘n mens alles nodig het om die alternatiewe
roete te kan aandurf. Iets soos twaalf kamele, vier viertrekvoertuie, sewe
konkas water, baie kannetjies diesel, want die alternatiewe roete loop oor
Kano, Timboektoe en Kaïro. ‘n Bordjie wat teen voetgangers waarsku moet
eintlik bysit: “Veral naweke, want dan is baie gesuip.”
Oor blinde hoogtes wil Herrie nie eens meer praat nie. Veral tussen Winburg
en Paul Roux reken sommige motoriste dat om ‘n stadige ding wat teen net
140 Km/h ry op ‘n blinde hoogte verby te jaag is hoog in die mode. En al het
‘n hele klompie dit al nie gemaak nie, is dit ‘n mode wat maar net nie wil
uitsterf nie, by wyse van spreke.
In alle erns. Ry baie versigtig, en moenie drink en bestuur nie. Ondersteun die
bloedoortappingsdiens. Dis die sekerste manier om ‘n held te wees.
Die u bes om weer huis toe kan kom en nog van Herrie se stuitighede te kan
lees.
En ja, Herrie gaan self op die pad wees. Laat Herrie nou een Vrystaat-leser
kry wat nie sy padreëls nakom nie. Hy gaan verwoed uitskryfwerk kry om te
doen.
‘n Baie geseënde Paasfees vir almal toegebid.

Ou dokter het klaargemaak


Ou dokter is nie meer nie.
Tog gaan dr. Ernst Marais se herinneringe in die Oos-Vrystaat baie langer
aanhou leef. Legendes verdwyn nie sommer nie.
Dr. Ernst was naamlik die laaste van die ou garde dokters wat nog
plaasbesoeke gebring het. Dit was nie altyd so konvensioneel nie.
Soos die slag hier in die sewentigerjare toe dit so kwaai gesneeu het. Herrie
se toe nog aanstaande bruidjie, Joan, het erg siek op die plaas geword.
Longmoeilikheid.
Al manier om deur die sneeu in die dorp te kom, was met 'n trekker, en dit sou
nie deug met so 'n siek kind nie.
Dr. Ernst was egter simpatiek. Skoonpa Nick moes net met die trekker tot by
die grootpad kom, hy sal tot daar met sy kar kom en medisyne bring.
By geleentheid het aanstaande skoonsus Rinel se hand sleg seergekry toe dit
tussen ratte van 'n boormasjien beland het. Oom Wimmie se Cortinatjie het
gesing dorp toe. Dr. Ernst het solank by die hospitaal gaan wag.
By die hospitaal het dr. Ernst die wond een kyk gegee, ses groen
senuweepilletjies uitgehaal, en vir skoonpa Nick laat roep. Skoonpa is vier
van dié groen pilletjies ingejaag, en die dokter self het twee gesluk. Skoonma,
het die dokter seker geoordeel, is soos dit 'n goeie ma in tyd van
kinderteenspoed betaam, kalm genoeg.
Rinel het 'n fris inspuiting weg.
Of dr. Ernst ook 'n DKW gery het, weet Herrie nou nie. Kleintyd in
Stellenbosch, het omtrent al wat dokter is met DKW's gery én huisbesoek
gedoen. Die arme slagoffer kon dan van ver af die dokter se ryding se doef-
doef onheilspellend hoor aankom. En so geweet die inspuiting is al nader en
nader aan die kom.
Ja, soos enige man, het Herrie steeds 'n doodse vrees vir 'n inspuiting.
Herrie bring graag hulde aan 'n generasie dokters wat nie meer is nie.

VRYSTAAT, DONDERDAG 12 FEBRUARIE 2004 21 Bl. 4


Herrie se Kerrie
Plaaskonsert se sterre nie almal op verhoog
deur Herman Toerien
BOERE, so het Herrie geleer, kan ook vir hulself lag.
Oom Pollie en ta' Sielie (nie hul regte name nie) boer daar na Fouriesburg se
kant toe tussen die berge.
Soos by baie plase is daar ook 'n plaasskooltjie waarvan oom Pollie teen wil
en dank ook die bestuurder is. Sondae en saans is dit 'n kerkie, met evangelis
Pappegaai de Beest, wat die septer swaai. In die week het die onnies iets
anders geswaai tot die regering so half teë daarop geraak het.
So met die einste draai van die politiek het oom Pollie hom in die politiek
bevind, en in een van die partye wat met die nuwe dinge saamgegaan het.
Oom Pollie het die jop gehad, en ta' Sielie die status.
Dus toe die skool/kerk konsert hou, word die egpaar ook genooi. Synde van
die betrokke party, moes hulle ook die uitnodiging aanvaar om nie aanstoot te
gee nie.
Ta' Sielie sien toe dat hulle vroeg by die saaltjie is sodat sy styf in die hoek
kan sit, met oom Pollie aan haar "buitekant."
Naderhand beginne die konsertgangers opdaag. Ta' Sielie verstom haar aan
al die vroue wat skielik bril. Apteekbrille, met 'n donkerbril of twee tussenin.
Maar deftig uitgevat, dis nie altemit nie.
Net ongeveer 'n driekwartuur laat (dis reg, Madiba) is die saal stampvol, en
kan die verrigtinge begin. Eerste aan die beurt is Thandi wat so mooi kan
sing. Haar In the jungle the lion sleeps tonight vul die saaltjie. By die refrein
sing die konsertgangers saam, oom Pollie inkluis.
Toe sal ou Jim op sy legendariese Duitse akkordeon speel. Weer wil die dak
lig toe ou Jim sy laaste note uit die lendelam sak optower.
Toe is dit klein Mbusella se beurt om plaasgeluide te maak. Oom Pollie is half
verbaas -- hy ken die klits net as 'n regte stouterd. Net verlede week het hy
nog op die trekkers in die stoor gespeel, en een se snottel (sleutel) in die
aansitter afgebreek.
'n Belofte om die klits na sy pa te vat as hy hom weer op 'n trekker vang, het
niks gehelp nie. Hy is weer betrap.
Mbusella gaan staan reg, bakhand voor die mond. Oom Pollie wonder wat
gaan eerste kom. Die bul se bulk, of dalk 'n haan wat kraai?
Dis toe dat oom Pollie sy eie stem feitlik perfek nageboots deur die saaltjie
hoor bulder: "Klim af van daai ***se trekker af!"
Die dak wil weer die hoogtes ingaan en oom Pollie word op die skouer geklop
asof hy die eerste Springbok vanjaar was wat 'n drie kon druk.

Rubriek Herrie se kerrie


Einde van 'n era met 'n slag
deur Herman Toerien
IN die Oos-Vrystaat is mos dorpies wat eintlik net uit 'n stasie en
polisiekantoor bestaan. En dan 'n tipe negosiewinkel. Veral in die dae voor die
koöperasies so inslag gevind het, was hierdie soort winkels belangrik. Hier
kon 'n mens letterlik enigiets van 'n naald tot 'n pienk olifant koop.
Met Jan en Frans Malan se winkel was dit ook nie anders nie. Gebroeders
Malan.
Maar inbrake eis 'n tol, en die veiligheid word al strenger. Eers diefwering, toe
'n staaldeur, en toe eindelik 'n nagwag. Deur die jare is die ingang se vloer
ook al effe uitgeloop. En dis een nag dat een van die paraffiendromme binne
begin uitloop. Die straaltjie is al in hierdie uitgetrapte paadjie af, en het onder
die staaldeur begin uitkruip.
Dis hier waar die nagwag, Jim, die donker kol onder die deur sien uitkruip. Hy
kan nie mooi uitmaak nie, en trek 'n vuurhoutjie. Fout.
In 'n japtrap is die vlam onderdeur die deur na binne. Binne, weet Jim, is nog
'n hele paar ander dromme met dinge wat woes kan brand. Jim besluit dis 'n
gawe oomblik om te makeer, en hy lê die rieme neer om so gou as moontlik
so 'n groot as moontlik afstand tussen hom en die gedoemde Gebroeders
Malan te plaas.
Met die eerste groot ontploffing word die staaldeur gelanseer. Gelukkig was
Jim half mank in die een been en het nie mooi reguit gehol nie. Die deur mis
hom rakelings. So van 'n hoogtetjie het die gebroeders Malan hul winkel se
laaste oomblikke betrag.
Gelukkig was die plek darem goed verseker, maar daai spesiale atmosfeer
wat 'n mens binne die winkel gekry het, daai besondere reuke, sou voortaan
net nostalgiese herinneringe wees.

Herrie en die bont hond


Kry Herrie nou die dag ‘n foto en storie van die groot sprinkaanplaag – groot
sprinkane, nie baie nie – wat desdoeriejare op ‘n plaas in Duitswes gaan
moeilikheid maak het. Die foto wys die verteller se oupa met ‘n sprinkaan wat
hy bokveld toe gestuur het, groter as ‘n springhaas.
In Suid-Afrika kan mens natuurlik nooit seker weet van groot ongediertes nie.
Soos dié keer wat Herrie ‘n weidinkie op Oupa Nic se plato gaan soek het na
‘n groot brand, om later te verneem ‘n wildplaas daar naby makeer ‘n leeu.
By geleentheid het twee luiperds by Willem Pretorius weggeloop, en een is
taamlik gou deur ‘n boervrou bokveld toe gestuur. Die ander het, as Herrie reg
onthou, tot byna by Petrusburg gekom. Maak nie saak waarheen nie, maar
onderweg op oom Nico se plaas ‘n draai gaan maak waar die plaaswerkers
benoud oor die “bont hond” kom kla het.
Een aand het die groot bole vreeslik benoud geblaf, en toe oom Nico gaan
kyk, is Boel stert tussen die bene die huis in. Al wat oom Nico in die flits
gesien het was twee oë wat ongelooflik ver uitmekaar geblink het. Blykbaar ‘n
hiëna, sou dit later blyk.
Selfs rotte in die Vrystaat is nie meer rotte nie. Algaande versit daar meer en
meer rietrotte van Natal, eintlik familie van die ystervark, na die Vrystaat. Hier,
so lyk dit, word hulle éérs groot, soos daai wat in leë myne hou en op asgate
gaan kos soek.
Pumba se vakansie, of liewer, hartseer tuisbly terwyl die Herriekroos by oupa-
hulle op die plaas gaan kuier het, het nog ‘n terugslag opgelewer.
Sy het naamlik weer onder die mes deurgeloop. Die keer darem nie so ‘n
groot operasie nie, net ‘n gewas onder die vel wat moes uitkom.
Herrie was by die werk toe Mev. Herrie vir Pumba te voet gaan haal het, en ‘n
mens het maar staatgemaak daarop dat Pumba, met ‘n ge-opereerde been,
haar sou gedra.
Min of meer.
Skaars tuis, of die kat wat bloot kom verneem het of alles goed afgeloop het,
word in die naaste boom gejaag. Soos gebruiklik word die koerant soggens by
die straathoek gekoop.
Ja nee, die Herries het vir Pumba terug wat bloot haar ou self is.

Oos-Vrystaters het straks tier in watertenk


Die Oos-Vrystaatse rugbybond mag dalk nie meer bestaan nie, maar steeds
lewer dié landstreek top-rugbyspelers op.
Sterkes dikwels. Herrie is baie bly dat Jannie du Plessis – nog ‘n stut uit die
Oos-Vrystaat, nou na die Springbokkamp genooi is.
Jannie se broer, Bischmarck, speel nou vir die Haaie, en is self nie een wat
op die veld geboelie word nie. Hul pa, Francois, was op sy dag self ‘n kranige
rugbyspeler wat Oos-Vrystaat van langs die skrum aangevoer het.
Nog ‘n blikoor van die Oos-Vrystaat het “papiere” om te wys hy is sterk. Die
Cheetah-flank, Hendro Scoltz, is die speler wat die swaarste massa in
borsopstote gelig kry. In die geselskap van manne soos Os en Barend en so
aan is dit nogal iets wat gedoen moet word.
Moet iets wees wat in die water voorkom, so met die grootwordslag. Want as
Herrie aan Oos-Vrystaatse Springbokke dink, dan sien Herrie meestal in sy
geestesoog ‘n hand vol stutte. Maar darem nie net stutte nie. Gerrie Britz het
weliswaar sy Springbokkleure as slot verdien, maar Herrie glo steeds, soos
een van die Vrystaatse se beste rugbybreine, Stephan Cloete, dat Gerrie op
slot “gemors” word. Hy is eintlik ‘n flank. Vra maar enige agterspeler wat
hierdie lenige blikoor probeer vang het as hy een van sy kenmerkende
langafstanddrieë gaan druk.
Selfs Klippies Kritzinger het in sy jonkweesdae ‘n draai deur die Oos-Vrystaat
kom maak. Oom Dok (Danie Craven) het ook sy rugby in die Oos-Vrystaat
kom speel, en hoewel meestal skrumskakel, self nie ‘n softy nie. Behalwe
Gerrie Sonnekus en Dok, watter ander Springbokskrumskakel het ook die
groen en goud vir agsteman oor die kop getrek?
Grootherrie se oupagrootjie, Oupa Nic wat buite Slabberts geboer het, was
self ‘n eenmanrugbyspan. Eers nadat ‘n trekker op hom geval en die manne
gesukkel het om dit van hom af te tel, was hy nie meer die groot toring van
krag nie. ‘n De Neckervoorgeslag van Herrie het, toe ‘n boer ‘n kampdraad op
Platberg by Herriesmith span, en dié andersins ‘n ompad kroeg toe sou
veroorsaak, bloot sy perd oor die draad getel.
Die “toemaak” van bonde soos Oos-Vrystaat, Noordoos-Kaap, Noordwes-
Kaap en die suigkrag na sterker (lees ryker) bonde, het ongetwyfeld ons land
van kleurvolle hardebaarde gestroop. Herrie se geslag sal manne onthou
soos Herklaas Engelbrecht, Kakie Goosen, Saag Jonker (jare lank agsteman,
wat sy laaste rugby op senter gaan speel het), Bert Young, Jan Tromp (die All
Blacks se oë het piering gestaan toe hierdie slot die bal van diep in sy eie
halfgebied hoog deur die mikke lanseer), Dawid van der Merwe, James
O’Kennedy en Bokkie Gerber. Selfs destyds het die res van die land ook maar
net van hulle bewus geword omdat hulle besoekende All Blackspanne harde
bene laat kou het.
Herrie se teorie is dat die baie kragmanne uit die Oos-Vrystaat iets met daai
olie in die rotse in die Oos-Vrystaate make het. Die manne word as’t ware met
die tier in die watertenk groot.
Lekker ryding
Herman Toerien
HERRIE lees van mnr. Jan Jooste en Seuns van Kestell wat nou pas so goed
gedoen het met die wolpryse.
Wolpryse oor die algemeen het maar geneuk die laaste paar jaar.
Maar dit laat Herrie dink aan ’n hele klompie jare gelede toe die wolpryse so
hoog was dat omtrent al wat Karooboer was vir hom ’n paleis begin bou het.
Tot die jakkalse moes met silwereetgerei aansit om van daai duur skape se
vleisies te kon vreet. Van dié paleise was nog net die suile klaar toe die
wolprys geval het. Kwaai geval het.
Maar toe dit nog hoog was, kom ’n boer by sy ouditeur in Port Elizabeth om sy
geldsakies na te gaan.
Met die somme klaar, wil die boer weet of daar geldjies vir ’n ou rydingetjie is.
“Hene oom, oom kan die beste ryding aanskaf,” sê die ouditeur.
Die beste blyk ’n Rolls Royce te wees en die oom sê die ouditeur moet maar
vir hom enetjie uit Ingeland laat kom.
Met ’n volgende besoek wil die ouditeur weet hoe dit met die oom en sy
rydingetjie gaan. “Man, nefie, uitstekend. Daai glas so tussen die voorste en
agterste sitplek – jy het nie ’n idee hoe lekker dit is om te ry en die ramme kan
nie so in ’n man se nek blaas wanneer ’n mens hulle veiling toe vat nie.”
En nee, die Joostes, sover Herrie weet, ry nie met ’n Rolls Royce nie.

Lewer ook helde op


’n MENS se hart bloei vir die Oos-Vrystaat oor die rugby.
Jare gelede het die Boland twee vreeslike stutte, Dawid van der Merwe en
James O’Kennedy, gehad. Dié twee het die besoekende All Blacks tot met
rustyd in toom gehou, maar toe kon die twee manne darem nie meer al die
werk self doen nie.
Herrie wil nou nie voorgee dat hy alles van die Oos-Vrystaatse rugbyspelers
weet wat elders in die land speel nie, maar Herrie weet dit eindig nie by twee
stutte, Jannie du Plessis en Faan Rautenbach, nie. Jannie maak nou vir
homself naam en het sy kant gebring om die Vrystaat in die eindstryd in te
kry.
Nog Oos-Vrystaters wat die ding doen, is Gerrie Britz, nou slot van die WP,
en Hendro Scholtz, die man met soveel krag in sy arms. As hy vir die bôl in ’n
losskrum sê kom, dan kom daai bôl. Dok Craven het self sy rugbytoks in die
Oos-Vrystaat leer vasmaak.
Platteland beteken nie daar is nie rugby-ysters nie. Wie sal sommer gou
vergeet van manne soos Kakie Goosen, Saag Jonker, Herklaas Engelbrecht,
Bokkie Gerber, Bert Young en vele meer. Van die prima donna-spanne van
oorsee wat so lekkerbek op die sagte velde speel, kan ook hul sterre dank
hulle het die ervaring misgeloop om agter die bôlle aan te hardloop wat Eric
Herbert so lekker op harde velde, soos Bethlehem se Goblepark, kon laat rol
en rol en rol.
Afstande maak dit moeilik om oral by te kom, soos by Griekwas, waar die
verste suidelike punt en die verste noordelike punt omtrent duisend kilometer
van mekaar geleë is.
So gebeur dit by geleentheid dat net twee spelers van ’n span vir ’n wedstryd
teen ’n besoekende span opdaag. Dié twee reken hulle is mans genoeg, en
dit blyk ook die geval te wees. Sommer gou is die twee 53-0 voor, toe die een
vir sy maat sê hy het iets verkeerds geëet, hy moet gou afgaan.
Dis reg, sê sy maat, hy sal die fort hou.Maar toe die man met die
maagmoeilikheid terug op die veld kom, sien hy die telling is 53-3.“Wat het
gebeur?” wil hy vies weet.
“Weet nie,” sê die maat. “Ek moes ook gou afgaan.”

Herrie se kerrie
Bokke kry truie van 'n ander kleur
deur Herman Toerien
"OUMA, oupa kuier."
'n Man van min woorde is Kleinherrie gewis, maar hy gebruik deesdae hierdie
drie woorde gereeld.
Hy het snuf in die neus gekry dat hy en Grootherrie eersdaags by oupa Nic en
ouma Engela op Erfenis buite Bethlehem gaan kuier.
Kleinherrie se talente lê op die oomblik op 'n ander terrein as die verbale.
Hy gee 'n ding net een kyk en maak 'n presiese replika uit enige
weggooimateriaal.
Hy gebruik egter elke rolletjie "plak" om sy meesterwerke mee te vervaardig,
ongeag of dit kleeflint, pleisters of Herrie se isoleerband is.
In die aanloop tot nou die dag se toets tussen die Springbokke en die
uitgedunde Hane, teken Herriedie meegaande prent om aan te dui presies
hoé diep die Franse weens die gekroktes moes gaan delf.
Maar omdat Asterix, Obelix en Tintin van Herrie se helde is (naas Spiderman)
gee Herrie die prentjie vir Kleinherrie om in te kleur.
Kleinherrie is nog nie so in met rugby nie en kleur die Springbokke se truie
feitlik profeties in rooi in.
Dis toe dat mev. Herrie op die kreatiwiteit afkom, en hom reghelp, sodat die
Franse darem in hul regte blou truie kon speel.
Maar die Springbokke se truie het ten spyte van alle pogings om die groen
dominant te kry, oorwegend rooi gebly.
Kleinherrie meen die uitslag van die volgende toets sal ongetwyfeld reg wees.

In hierdie kerk was daar al baie pret


deur Herman Toerien
HERRIE lees van Kestell se NG kerk wat vanjaar 'n eeu oud is.
Herrie het al twee keer gemeentes se halfeeufeeste beleef. Met die eerste
een is Herrie versoek om vir die halfeeubundel die humoristiese verhaaltjies
op te teken (Herrie wonder waarom juis so suurpruim met so iets opgesaal is)
en by die volgende gemeente moes Herrie sommer die hele bundel skryf.
Herrie het dit op een voorwaarde gedoen -- dit gaan nié uit die argiewe
saamgestel word nie, behalwe om die belangrike datums vas te stel. Dit is
saamgestel uit die herinneringe van gemeentelede. En glo maar vir Herrie, uit
'n gemeente se 50 jaar, laat staan nog 100 jaar, is daar oorgenoeg materiaal
om 'n bundel saam te stel.
Al is Herrie 'n Dopper, weet Herrie dat die NG kerk deur sy geskiedenis die
afgelope eeu baiedeurleef het.
Onthou van die ouer lidmate nog dat die mans en vroue desdoeriejare nie
bymekaar mag gesit het nie? Herrie se oorlede oupa was toe diaken by
Ventersburg se NG kerk. Ouma vertel hy het altyd ná Nagmaal gekla dat dit
darem 'n skande is hoe vinnig die beker aan die mans se kant leeg raak.
Later het die baklei oor die togas gekom, en toe oor hoede vir vroue. Die
hoede-ding lewer self sy kwota staaltjies op, soos die seun op die galery wat
slegs ten aanskoue van sy maats en die dominee die tante reg onder se hoed
met 'n lyntjie en gebuigde speld haak, en oor haar oë skuif.
Ook onder die galerystaaltjies tel die ware verhaal van die latere proffie in
wiskunde wat gewonder het hoe dit sou lyk as hy 'n rou eier op die omie reg
onder hom se pankop laat val. Later kry die versoeking die oorhand, en hy is
met 'n eier gewapen kerk toe. Maar voordat hy die daad by die bose gedagtes
kon voeg, breek die eier in sy broeksak, en was streepsuiker die gevolg.

Herrie se Kerrie
Herrie oor katte, beginsels en Harry
deur Herman Toerien
HERRIE sien nou die dag daar was 'n taamlike herrie oor Herrie, ekskuus,
Harry Potter. Een dame vergelyk die toordery in Harry Potter met die
konkoksies wat Asterix se Druï de aanmekaar geslaan het.
Toe Herrie nog 'n knaap in sy ouerhuis was, beland daar op 'n dag 'n
kleinerige gemmerkatjie by die huis, en word "aangeneem".
Die wyses sê gemmerkatte is altyd mannetjies, en omdat die kat klein was,
kry dit die rooikop-Obelix se maat, Asterix, se naam.
Om 'n rede wat Herrie nie meer kan onthou nie, moes Asterix na familie se
plaas toe verhuis, waar hy hom baie gou tussen die werfkatte, almal half wild,
tuisgemaak het .
Dis toe dat die "kenners" verkeerd bewys word oor gemmerkatte wat altyd
mannetjies is. Asterix het die een werpsel na die ander. En anders as die
klein Asterix, is die afstammelinge regte ramkatte. Bielies. Hierdie
afstammelinge, soos die ander werfkatte, was meer wild as iets anders, maar
as neef Francois met die windbuks begin rondloop, val hulle by hom in. As die
skoot klap, is die katte op 'n streep op die gevalle spreeu, vink of rot.
Naderhand is hulle so bederf, hulle kom kerm by Francois se kamervenster
dat dit weer windbukstyd is. Ouboet Nic word nie so verpes nie, want dié skiet
windskeef met die windbuks. Nic het darem met die destydse grenstoeganery
met die R4 reggekom, en al wat skietbalkie is verower.
Maar terug by Harry Potter. Herrie haal sy hoed af vir die kind wat so sterk oor
sy beginsels voel dat hy eerder punte gee as om iets teen sy oortuigings te
doen. Of mens nou met sy oordeel oor Harry Potter saamstem of nie. Die
Afrikaners het destyds al met Liewe Heksie dié geveg agter die blad.
Herrie het self geweier om 'n boek te lees -- Hettie Smit se Sy kom met die
Sekelmaan . Toe was Herrie 'n selfvoldane eerstejaar, en het gedink hy is so
'n yster met die meisies dat hy regtig nie kan baat vind by 'n gesmart oor
vergane liefde nie. Toe het Herrie nie geweet die boek handel oor verbode
vrugte nie -- 'n bekende digter wat as getroude man met Hettie 'n fling gehad
het.
Nou is Herrie bly hy het 'n ent weg met die boek vasgebrand.

Herrie se kerrie
Misdaadrekord vir dwelms niks om oor te lag nie
HERRIE lees onlangs met groot kommer van die dwelmklopjagte wat op skole
in Bethlehem uitgevoer is. Eintlik meer oor die omvang van die probleem as
oor die klopjag self, want Herrie het van die klopjag geweet, en ook van die
bankmeneer se telg wat net betyds sy zol by die klaskamer se venster
uitgeskiet het.
Nog nie eens droog agter die ore nie, en speel met dinge waarvoor in
sommige lande die doodstraf opgelêword.
By geleentheid in die Kaap is 'n bendebaas vasgetrek vir daggabesit. Sy
maters kom ondersteun hom in die hof en verwag soos gewoonlik 'n ligte
vonnis.
Maar dié dag het die landdros, oftewel die magistraat in daai geweste, met die
verkeerde voet uit die bed geklim.
Daar kom gans te veel sake van hierdie aard voor in die hof en hy gaan nou 'n
voorbeeld van die beskuldigde maak. Vyf jaar hardepad.
'n Rukkie is daar 'n geskokte stilte in die hof, toe laat hoor een van die maters:
"Appeal man, appeal."
Die beskuldigde misverstaan sy maat, en dog hy praat Afrikaans, en kyk
verontwaardig om: " 'n P*&) se m0)% man, hy is 'n f(*&) d*&)!"
Net daar word die beskuldigde nog vir minagting van die hof gevonnis ook.
Die magistraat reken naamlik nie hy is daai dêng nie.
Maar luister mooi, kinders wat met dwelms speel. Dis nie 'n grap nie.
Lewenslank is baie lank vir 'n jong kind wat 'n misdaadrekord kry. En moenie
dink jy is nie gewharrie nie, want jy gaan in elk geval emigreer. Emigreer
waarheen? Want g'n land wat jy oorweeg om na toe te verkas, vat mense met
misdaadrekords vir dwelms nie.

Rubriek Herrie se Kerrie


Wie nog ore het, laat hom hoor
deur Herman Toerien
VANJAAR word nogal as een van die besonderse jare beskou wat
persvryheid betref. Dit is nou presies 270 jaar gelede dat Johan Piet Zenger in
wat nou Amerika is, aangekeer is weens klagtes oor wat hy geskryf het.
Wat Zenger geskryf het en die verhoor het baie tot die Amerikaanse
Vryheidsoorlog bygedra.
Sy storie was egter 'n vulletjie.
Sowat 400 jaar gelede is Payne en twee van sy medeuitgewers se ore
afgesny en hulle elk met £5 000 beboet omdat hulle dinge geskryf het wat die
Engelse koning nie aangestaan het nie.
Die £5 000 was 'n bietjie kwaai, en hulle is oorloos in die tronk gestop . Herrie
verneem die oor-afsnyery was 'n aardige spulletjie. Die laksman was
skynbaar 'n bietjie lomp met die fyner werk soos oor-afsnyery, en 'n stuk van
Payne se linkerwang is saam met die oor af. Met die regteroor verbrou die
laksman so effe. Hy was al van die stellasie af, toe iemand hom terugroep om
sy brouwerk te kom klaarmaak. Die oor het nog so 'n draadjie gehang.
Gelukkig vir Payne-hulle het Cromwell kort daarna aan bewind gekom en is
die drie oorloses as helde vrygelaat.
Tot dusver het Herrie se skrywerasies darem nog nie in die hof gaan draai
nie. Soos een van Herrie se gewese kollegas, wyle Steve, wat voor 'n klomp
manne ingery het. Toe hulle vir Steve wys hulle wil hom regsien, toe wys hy
dis reg, en trek van die pad af. Groot fout. Steve wou sy neus weer laat reguit
maak, maar Herrie het hom oortuig g'n niemand wat rugby gespeel het, se
neus is presies reguit nie. Herrie s'n is dan ook al redelik gerangskik .
Maar nou is Herrie meer oor ore begaan. Nie dat Herrie eintlik daai laksman
bang nie. As hy so sukkel met 'n Engelsman se ore, gaan hy maar erg kleitrap
met Herrie se "blikore".
Om Vrystaters Blikore te noem is Herrie oortuig dit het met die baie
windpompe in die provinsie te make. Hulle het mos groot blik ore. Maar die
woordeboek sê dis 'n spottery met die dom Vrystaters.
Herrie prosedeer nou teen daardie woordeboekmanne.
Rubriek Herrie se Kerrie
Diamante en sterre gee hul byname
deur Herman Toerien
IN die Overberg het 'n familiebynaam 'n paar geslagte aangekom, en in die
proses het die herkoms 'n ruk verlore gegaan.
Saam met die van het die bynaam "Stronttemmer" gekom. 'n Student gaan
vors dit toe na en ontdek dat 'n oor-groot-oupagrootjie in die hoëre dinge
belang gestel het. Van al die sterrekykery het die bure hom Piet Astronomer
genoem. Destyds was daar nie baie Engelse in die Overberg in nie, en het die
Engels verafrikaans .
Herrie stel meer in die klipgoed belang. Hy het seker duskant 'n ton se
klipgoeters uit die Oos-Vrystaat by die Nasionale Museum aangedra in die
hoop dat iets besonders is, soos dat Herrie byvoorbeeld 'n dinosourus sou
ontdek het.
Een keer was Herrie seker hy hetiets besonders gekry, naamlik 'n barnsteen
met 'n soort akkedis binne-in. Maar dié "barnsteen" (soos uit Jôrrêssiekpark)
is toe net 'n rooi agaat.
Maar die Oos-Vrystaat het met die ysterklip-intrusies deur die sandsteen tóg
'n klippeskat, waaronder hier en daar diamante.
En waar diamante is, is daar diamantsmokkelaars, soos Floors Poteflous. Dié
bynaam het hy verdien. Floors se skelmstreke om die polisie te uitoorlê is
amper legendaries, maar die een wat in Herrie se kop vassteek, is die slag
toe hy geweet het hy loop in 'n lokval in.
Die afspraak met die lokvink was in die nag in die veld. Hier word die
vuurhoutjieboksie met diamante aan Floors oorhandig, en voordat hy kan
betaal, laat val hy die diamante. Die polisie slaan toe en wil weet waar die
diamante is.
"Watter diamante?" Eers later ontdek hulle Floors het 'n medepligtige gehad
wat 'n ent weg met sy visstok gewag het. Floors is met die hoek aan die punt
van die lyn na sy afspraak toe. Dáár het hy die hoek deur die boksie en
deksel gewerk, en die mater het dit inkatrol.
Hoe Floors uiteindelik gevang is, is 'n ander verhaal.
Herrie se kerrie
Pumba het nog baie ‘skop’
PUMBA het ’n sportmodel geword.
Of soos Herrie se pa sou gesê het, sy is verkeerd gemaak. Pa Jan sou weet,
want hy was professor in anatomie.
Die oggend het Pumba nog soos ’n jong bok saam met Herrie gaan koerant
koop. Soos gebruiklik weer haar “viertrek” ingespan om Herrie taamlik rond te
sleep ook.
En toe, kort hierna, was dit tyd vir dié wandeling. Ja nee, die nuwe veearts bly
amper net om die draai, en Pumba is uit haar vel oor die tweede stapkans die
oggend.
’n Ruk later bel Mev. Herrie.
Die veearts het gebel.
Daar was groot fout – Pumba is net betyds oopgemaak – hy moes baie
infeksie uithaal, hy moes die baarmoeder verwyder – sy is op ’n drup en moet
oornag bly.
Die Herries is hartseer vir Pumba.
Die veearts verstaan nie dat Pumba nog nie tekens gewys het dat sy ’n baie
siek hond is nie.
Die middag gaan kuier Herrie en Grootherrie by Pumba, maar die arme hond
is nog half buite weste.
Later wil Grootherrie weer gaan kuier, maar Mev. Herrie reken die huiswerk
moet nou voorrang geniet.
Die volgende oggend vroegerig ry Herrie en Kleinherrie om Pumba te gaan
haal. Pumba was nog nooit een vir motor ry nie, en dié keer is dit ook so.
Sy lyk sterk en die veearts reken sy kan huis toe stap.
Kleinherrie en Pumba vat solank die pad terwyl Herrie betaal en laaste
instruksies kry. Dan die motor huis toe vat en die twee langs die pad ontmoet.
Teorie.
Toe Herrie by die huis kom, het Kleinherrie klaar sy tekkies gaan uittrek (hy
weet nog nie dis winter nie).
Dieselfde aand spring sy al op Grootherrie se dubbelbed, sonder om die kooi
wat vir haar gerief op die grond ingerig is ’n halwe kyk te gee. Die volgende
oggend sien Herrie Pumba gaan haarself verongeluk as sy nie saam gaan
koerant koop nie.
As ’n siek hond Herrie so kan rondsleep dat die kruisligamente saans ge-deep
heat moet word – dan sien Herrie swarigheid vir as sy gesond is.

Kersfees en vreugde van om soos ‘n kind te kan glo


Die Bybel skryf iemand wat soos ‘n kind kan glo is gelukkig.
Vanoggend het Herrie dit weer in aksie beleef toe Klein Herrie die kersboom
opslaan en versier.
Natuurlik moes Herrie en Mev. Herrie handjie bysit al was dit net om deel van
sy ervaring te wees. Groot Herrie is nog by oupa en ouma op die plaas.
Eintlik is Klein Herrie al ‘n paar jaar te oud vir dié kersboom-storie. Maar Klein
Herrie is ‘n spesiale kind wat nog net ‘n baie beperkte woordeskat het op die
ouderdom wanneer ander kinders al flink in die hoërskool is.
En hy glo nog soos ‘n kind.
Vanjaar se kersboom is ekstra spesiaal. As daar nou een talent is wat Klein
Herrie het, is dit sy keramiekwerk. Daar maak hy enigiets – van mense se
honde van foto’s af, tot Kangaroo Jack tot ‘n nagapie op ‘n tak. En vanjaar het
hy kersversiersels gemaak. Dis ‘n Kersvader wat met sy rooi klere en lang wit
baard onmiskenbaar is. Die ander karakters is minder bekend – vermoedelik
‘n Kersmoeder en ‘n klompie van Shreck se gemmermannetjies. Dan is daar
sterretjies en klein toegedraaide geskenkies.
Dat Klein Herrie nou al op die spoor van ware Kersfees is, blyk daaruit dat sy
ander helde, Spiderman en Shreck self, nie ook plek op die boom gekry het
nie.
Dit alles het plek teen die kersboompie gekry, saam met die bestaande blink
versiersels. Met beurtkrag het die liggies in die slag gebly.
Kersfees, as alles volgens plan verloop, is die Herries egter by die see, by
ouma Toerien. Daar sal Klein Herrie kinder-kersvreugde met sy laatlam-
niggie, Amber, kan deel. Met ouboet en ousus reeds klaar met skool, is
Amber nou juis op die ouderdom waar sy vir die eerste keer kinderkersfees
sal ervaar.
Ja, Herrie doen die Herries se Doppergemeente se nuusbrief. So drie jaar
gelede het Herrie in die laaste nuusbrief van die jaar ‘n kersboom ingewerk,
en later verneem van die stoere Doppers was diep beswaard. Verlede jaar
was daar geen kersboom op nie, maar by die aankondiging van die
kerssangdiens ‘n stukkie kersversiering. Vanjaar het die ou dominee liefs die
laaste nuusbrief vir die jaar la-ank voor Herrie nog kersgedagtes kon kry, laat
maak.
En Herrie wonder – is dit dan regtig verkeerd om ‘n vreugdepersepsie van
jongs af by kinders met Kersfees te laat vestig? Natuurlik met die Regte
Boodskap ook, wat later heeltemal oorneem.
Om kindervreugde te beleef oor Liewe Jesus wat gebore is, laat mense
verstaan oor hoekom Jesus self ook met soveel deernis van die kindertjies
wat na Hom toe moet kom gepraat het.

Om met Pumba in die winter te gaan koerant koop

Stap 1: Word wakker in die pikdonker wakker gemaak deur ‘n boerboel wat
deur jou gesig lek en liggies tjank. Gee ‘n klap in die donker en probeer verder
slaap.

Stap 2: Hou oggendoordenking met die komberse tot onder die ken getrek
terwyl Pumba geïrreteerd vir Jaws, die koeëlronde wit Skippertje blaf waar dié
ou hondjie opgekrul in haar kussingmandjie nog probeer slaap.

Stap 3: Staan op en probeer ‘n sweetpak en ander verskansings teen die


winterkoue aantrek terwyl ‘n boerboel van meer as 50 kilogram teen jou
opspring.

Stap 4: Neem die ketting by die voordeur, en sluit die voordeur oop. Gaan tel
die tafeltjie en Bybelbussie op wat Pumba omgestamp het in haar haas om uit
te kom. Net buite die deur is die kat, wat terselfdertyd na sy nagtelike
konsultasiegeëry probeer inkom, eers met ‘n groot poot platgetrap, en toe in
die naaste boom ingejaag.

Stap 5: Raas weer met Pumba oor sy die kat vang en verniel.
Stap 6: Stap na die duiwelsvurk-hek en oefen jou systappe om te keer dat jy
omgestamp word deur Pumba wat jou aanmekaar opgewonde bestorm.

Stap 7: Sit vir Pumba die wurgketting aan, en sluit die hek oop. Skakel om in
‘n reuse weergawe van ‘n weed eater met ‘n boerboel wat aan die punt van
die ketting met klappende kake en ‘n verwoede geblaf alles wat in die omtrek
roer probeer bykom.

Stap 8: Vermy veral witgerypte gras of plekke waar mense in die nag
sproeiers laat spuit het en waar die oppervlak kliphard geys is. Pumba het na
haar vier by vier oorgeskakel en sleep jou op sulke oppervlaktes na hartelus
rond.

Stap 9: Hou so ver as moontlik van duiwelsvurkheinings waar ander honde


woon. Die honde laat weet al die ander honde Pumba is oppad, en maak
gereed vir die mees verwoede verwelkomings denkbaar.

Stap 10: Probeer opstaan na jy kop eerste op die seepgladde leiklip wat
iemand op sy sypaadjie gelê het, neergeslaan het na Pumba eers gemaak het
of sy iets na links gaan skraap, en toe ‘n ellelange Interstate-bus na regs
skraap. Gelukkig het jy op jou kop geval en dus nie te seer gekry nie.

Stap 11: Nou is die maklike deel verby, en maak jy gereed vir die moeilike
deel – om die koerant te koop. Sit solank die koerantgeld in die linkerhand.

Stap 12: Verskuif jou regterhand na waar die ketting by Pumba se nek kom.
Let wel, gebruik die regterarm, want dis die sterker een. Hou Pumba so ver as
moontlik agter jou, en strek jou linkerhand met die koerantgeld so ver as
moontlik voor jou uit na die koerantverkoper wat intussen nadergestaan het.

Stap 13: Los die geld in die koerantverkoper se uitgestrekte hand, en hou jou
arm steeds uit sodat hy die koerant daarin kan plaas. Die geheim is om nie
enige skielike bewegings te maak nie en streng by die vasgelegde prosedure
te bly. Dis die teorie. In die praktyk is Pumba te sterk, en vlieg by jou verby en
gaan staan regop, teen die ketting geanker, voor die koerantverkoper. Die
koerantverkoper staan teen daardie tyd oorkant die straat na hy tussen die
taxis en busse deur gekom het, nugter weet hoe.

Stap 14: Tel die geld op en plaas dit op ‘n plek wat die koerantverkoper
duidelik kan sien, en tel die koerant se los blaaie op wat die wêreld vol lê.

Stap 13: Dis ‘n gepaste nommer vir hierdie stap. Stap terug huis toe, dié keer
in dieselfde rigting as die verkeer, wat beteken mens sien nie die fietsryers,
busse en ander items op Pumba se spyskaart aankom nie. Vra gereeld
verskoning.

Stap 14: Weerstaan die versoeking om vir ‘n taxi wat in die donker nie vir
Pumba sien nie en toet om te verneem of mens wil saamry, te laat stop en
wel op te klim. In Engels noem hulle dit “a bull in a China shop.” In Afrikaans
“’n boerboel in ‘n minniebustaxi.”

Stap 15: Jy is tuis. Maak Pumba los terwyl jy die duiwelsvurk-hek sluit, en
Pumba op die gras gaan snuffel en ...blaf.

Is die goue eeu van die inligtingsboek verby?


Om ‘n boek te kan besit.
Hierdie gedagte tref my toe die huishulp een van ons opslaanboekrakke in die
gang “raakloop” en die hele spulletjie inmekaarstort. Een van die staanders se
pootjies bly in die slag, en na herstelwerk gedoen is, word die boeke
teruggepak. ‘n Groot werk.
In die vroeë tagtigerjare, nog ‘n jong joernalis, kry ek en ‘n Volksblad-
beurshouer wat die vakansie kom ondervinding opdoen het, opdrag om in
Bloemfontein se swart woongebied ‘n artikel te gaan skryf.
Die student, latere entoesiastiese UDF-lid, vra: “”Moet ons tot in hul huise
ingaan?” Skok en ongeloof staan oor sy gesig geskryf.
Die vakansies het hy by my geloseer. Kom uit Namakwaland uit, waar ook my
pa sy vormingsjare geslyp het.
Die aand, soos gebruiklik, bel sy ouers, en ek kan hoor hoe word die vreeslike
nuus oorgedra.
Dit net bloot terloops.
Die volgende dag word die Mangaung Chamber of Commerce and Industries
besoek. Nog nie heeltemal wettig nie, maar nietemin ‘n groot, maar
spartelende bedryf. Talle agterplase word opgesoek waar sweiswerk gedoen
word, stene gemaak word, of vroue in klein ruimtejies met naald en garing iets
optower.
Later word die voorsitter besoek, en hier moet ‘n foto geneem word. Dis ‘n
geskarrel, want hy en sy onderdane meen dit moet ‘n absoluut waardige foto
wees waar die voorsitter by sy lessenaar sit en ‘n boek bestudeer.
Die kombuistafel, die enigste tafel in die huis, moet as lessenaar dien. Dis die
maklike deel. Die huis word omgekeer vir ‘n boekerige ding, en uiteindelik
word ‘n verflenterde baie ou tydskrif iewers gekry. Dié word plegtig oopgevou,
die bril word opgesit, en siedaar ‘n heel geleerde foto.
Hoewel ‘n paar boeke op die Toeriens se boekrak al ‘n geslag of twee
aankom, is dit ‘n aardigheid hoeveel boeke in een geslag aangekom het.
Wat van die kleintydse Trompie- en Uileboeke, Jasper en die Bulkalf van
Dekolk geword het weet ek nie eens nie. Baie, bitter baie boeke het met die
jare se versit in die slag gebly.
Op verskillende plekke in die wêreld het volke en beskawings, soms
onafhanklik van mekaar, begin om hul gedagtes en geskiedenis op die een of
ander wyse op te teken, sommiges duisende jare gelede. Vandag nog is
sowat 20 skrifstelsels in verskillende dele van die wêreld in gebruik, terwyl
sommiges, soos dié van ‘n ou beskawing langs die Titicacameer nog nie
ontsyfer is nie. Die waarde van skrif is ook nie altyd besef nie, soos die Inkas
wat juis daardie beskawing, maar nie die skrifstelsel oorgeneem het nie. Hulle
het verkies om met hul “toutjieskrif” met toutjies met knope en verskillende
kleure te volhard.
Deur die eeue is opgetekende kennis van onskatbare waarde vernietig, soms
doelbewus, en dikwels in die naam van godsdiens. Die Inkwisisie en ander
kerklike organisasies het vragte “ketterse” boeke verbrand, die Spaanse
veroweraars van Mexiko het Asteekse dokumente as heidens vernietig.
Baie van die vernietigde werk was hetsy die oorspronklike handgeskrewe
werk, of versigtig oorgeskryfde werk omdat die meganiese boekdrukkuns eers
hier teen 1450 in gebruik gekom het, en lank nie tot almal se beskikking was
nie.
Boeke het ook nie maklik in die ou tyd oorleef as dit tydens seereise nat
geword het nie, en vragte waardevolle boeke het ook op die bodem van die
see beland.
Met die Groot Trek na die Suider-Afrikaanse binneland was die Bybel dikwels
omtrent al boek wat die reis meegemaak het. Tydens die Anglo-Boereoorlog
is talle Bybels weer doelbewus deur die Kakies verbrand.
Hoewel daar ongetwyfeld in Suid-Afrika baie ou en uitgebreide
boekeversamelings in privaat besit is, het die era van uitgebreide
huisbiblioteke eintlik maar eers na 1900 in veral die Suid-Afrikaanse
binneland posgevat.
In baie Afrikanerhuise sou die kinders van jongs af skooltake kon doen uit die
Kinderensiklopedie, later die Kennisreeks en nog later die eeu uit die
Wêreldspektrum.
Soms, as mens in die ou tekste delf, glimlag mens effens, maar met respek.
Soos die hooggeleerde dosent by die US wat verduidelik waarom dit vir die
mens nooit moontlik sal wees om die maan te bereik nie.
Latere, meerdere kennis, het ook die oorspronklike romantiek nek omgedraai,
soos die ou teorieë oor die ontstaan van die Zimbabweruïnes.
Tog staan mens verstom hoe vinnig het nuutverworwe kennis hul weg na
ensiklopedieë gevind. Moeite is gedoen om van hierdie vroeëre werke in
Afrikaans te vertaal. Die Wonders van die Natuur wat vroeg in die Vyftigs in
Afrikaans verskyn het, word in die Toeriens se huis met groot sentiment
bewaar en gereeld gelees, al het Jupiter toe nog baie minder mane gehad,
was Venus waarskynlik waterryk, en het niemand van Pluto se maan Charon,
laat staan nog die ander twee geweet nie.
Die Toeriens se huis was in ‘n stadium ook ‘n gewilde aandoenplek vir die kry
van inligting vir skooltake. Iewers in die huis, iewers in ‘n boek, hetsy ‘n
ensiklopedie of uit Langenhoven se versamelde werke, sou wel inligting,
dikwels half vergete inligting, vir ‘n skooltaak uitgegrawe kan word.
‘n Honderd jaar later, so lyk dit, is hierdie goue era van die gedrukte kennis-
boek self deel van die romantiek.
Vandag word ander, gewoonlik Engelse name, gehoor as van kennisbronne
gepraat word, en dis op ‘n kompakskyf of op die internet. Skoolkinders sal nou
nie stry of hulle die beste inligting in Kennis of Wêreldspektrum kry nie, maar
of Encarta, of ‘n soektog deur Yahoo of Google die beste resultate oplewer.
Tot ‘n mens se amperse verbasing moet skooltake nog op papier ingegee
word, hoewel al van gevalle gehoor is waar die kinders hul voordragte op
PowerPoint gedoen het. Die debat gaan egter gewoonlik oor welke program
(lees rekenaarprogram) die beste werk vir die opteken van take.
Ironies is dit in een van Wêreldspektrum se boeke van die jaar waarin oor die
opkoms van die elektriese kennisoordrag geskryf word, en dit val ook volledig
binne die laaste eeu van die vorige millennium. Hier teen die 1930’s het
landbou in die VSA ongeveer 70 persent van die BNP beloop, en
kommunikasie ongeveer 5 persent. Teen 1990 was die posisie omgekeerd.
In Suid-Afrika sal die agterstand om ‘n verskeidenheid redes taamlik groot
wees – baie mense kan nog nie lees en skryf nie, die land is veeltalig, en
armoede weerhou bitter baie van toegang tot rekenaars, en dus elektroniese
inligting.
Maar selfs hier verander sake baie vinnig. Saam daarmee kom terminologie in
gebruik wat blykbaar nog net Engelse name het. In die jaar 2001 was ek
Vrystaatse publisiteitsbeampte vir die nasionale sensus. Heelwat, veral klein
koerantjies en radiostasies het nog nie e-pos gehad nie, en veral vroulike
verslaggewers wat “blind” kan tik het mediaverklarings per faks verkies.
(Manlike verslaggewers het baie graag die elektroniese mediaverklarings
gewoon ge-“copy” en ge-“paste.”) Twee jaar later, met die landbousensus,
was media wat hul mediaverklarings nog per faks verkies het so skaars soos
hoendertande.
Lank nie almal uit die uwe se generasie het die “confidence range” om te
breek met die era van ‘n verslag, voorlegging of brief met die hand skryf, dit in
die uit-mandjie te plaas waar die bode dit mettertyd kry en tikpoel toe neem
nie. Na so drie sulke rondtes is die tikfoute en ander aanpassings uitgestryk,
en gaan dit na die volgende vlak, waar weer veranderings aangebring word.
(In die tagtiger-jare het die destydse Vrystaatse provinsiale administrasie se
werkstudie-direktoraat nog bevind dis die mees doeltreffende stelsel,
aanvanklik met tikmasjiene, later tikmasjiene met geheues, later
woordverwerkers en uiteindelik rekenaars. Afdelings wat gemotiveer kon kry
hoekom hulle self rekenaars moes hê, is van drukkers voorsien wat nie
kwaliteit drukwerk kon doen nie om te verhinder dat hulle hul eie tikwerk
doen).
Maar die elektroniese inligtingsverspreiding wag vir niemand nie, en die
inligtingsboek is ongelukkig skynbaar ‘n vroeë slagoffer. Ironies bly die
rekenaar self ook nie by nie. In die Toeriens se motorhuis staan vier
rekenaars op ‘n rak onder die stof. Die oudste, min of meer die eerste
persoonlike rekenaar in Bloemfontein, wou die museum nie eens hê nie
omdat dit “opgeradeer” was om twéé “floppie drives” te hê, al het dit nie, en
kan dit nie, ‘n harde skyf dra nie. Daai einste rekenaar het die uwe amper ook
verder laat agterbly as wat moes gebeur het. Die een oomblik nog in die
voorste linies met ‘n rekenaar, en toe die oë uitgevee word, was die uwe
oninhaalbaar ver agter. Hier is nie plek vir sentiment nie.
Saans is die ou ensiklopedieë egter steeds my leesboek. Hier is nog plek vir
sentiment en romantiek. Gun hierdie middeljarige tog maar om die goue eeu
van die inligtingsboek bietjie te rek.

Pumba het intussen leer lees


Pumba het intussen leer lees. Sy is nou so ‘n rapsie oor ‘n jaar, en die eerste
kêrel het al sonder sukses kom kuier.
Dis soggens hier by sesuur wanneer Herrie die koerant op die straathoek
gaan koop, dat Pumba die geleentheid kry om al die “briefies” wat op die
sypaadjie gelaat is, te “lees.”
Veral as die koerantverkopertjie die oggend laat is, en Herrie nog verder na
die vulstasie op die volgende hoek moet aanstryk, het Pumba baie leeswerk.
Gewoonlik gaan dit maar erg haastig – Herrie moet nog gou deur die koerant
gaan, bad, aantrek, eet en voor sewe ry om Grootherrie by die skool te
besorg. Herrie moet dus ook spoedlees.
Dus moes Pumba sommer so met die leer leesslag, sommer spoedlees ook
onder die knie kry. Gereeld ruk die wurgketting styf, en Pumba se naels sleep
spore op die sypaadjie soos sy nog ‘n langerige brief probeer klaar lees. Dan
ruk die wrugketting soos sy solank vooruit probeer beur vir die volgende brief.
In die proses kry die ander honde wat van agter hul traliehekke koggel ietwat
minder aandag. Maar af en toe kry pligsbesef die oorhand, en sit sy af na daai
hekke toe, Herrie al remmend agterna, om vir dié basterbrakke te gaan vertel
presies wat sy met hulle gaan aanvang as hulle dit sou durf waag om buite
daai hekke te tree.
Drawwers en ander voetgangers word ook die skrik op die lyf geja. Pumba het
die kuns vervolmaak om die lengte van die wurgketting en leiband optimaal in
te span sodat sy regop langs die verskrikte voetganger kan staan. Die
transaksie met die koerantkoop is ook al ‘n vernuftige handeling, wat min of
meer neerkom daarop dat Pumba se ketting reg agter die nek vasgevat word,
en beide Herrie en die koerantverkoper ‘n arm so ver as moontlik uitsteek.
Eers neem hy Herrie se geld, en dan word die koerant aan daai uitgestrekte
hand oorgegee, en die koerant vir Herrie aangegee. Die hele petalje terwyl
Pumba die verkopertjie dreigend gelyk in die oë kyk.
As ‘n motorfiets verbykom, het Herrie sy hande vol. Sy haat daai goed met ‘n
verterende haat. Selfs fietryers skrik hul boeglam oor die boerboel wat sy
regop amper teenaan hulle kom staan. Deesdae het Pumba verder
opgegradeer, en rem sy behoorlik om busse te wil agternasit en op te
frommel.

Herrie se kerrie
Die afgelope week grinnik Herrie so ‘n bietjie.
Herrie het pas ‘n DA-mediaverklaring gesien waarin die ID ‘n “spent force”
genoem is nadat die DA beter as die ID in ‘n tussenverkiesing gevaar het.
Maar teen daai tyd het Herrie al geweet die ID het die DA in ‘n ander van die
reeks tussenverkiesings gelooi.
Soos die spreekwoord lui: Wie vir ‘n ander ‘n gat grou, sal sy tong af wil kou.
Die week is Herrie by ‘n lid van die publiek by ‘n stadsraadsvergadering waar
die arrestasie van die burgemeester en ‘n klomp ander hoë lui bespreek is.
Ook teenwoordig is die man wat vir die Afrikaanse vertaling van Tony Leon se
SA Yesterday teenwoordig is. “Herrie sien Tony lys die munisipaliteite waar
korrupsie glo plaasvind, maar hy het die Weskus-distriksmunisipaliteit
vergeet,” en die man grinnik. Toe Herrie hom nog ‘n keer of wat laat grinnik,
gee pad hy.
By ‘n ander munisipaliteit het die Herrie (nie familie van Herrie nie) volgens ‘n
koerantopskrif losgebars waar ‘n DA-raadslid gevra het ander partye se
raadslede wat glo drie keer sonder verlof afwesig sou wees, moet afgesit
word. As Herrie van die DA was, sou Herrie meer bekommerd gewees het oor
DA-raadslede wat lank voor die munisipale verkiesing verhuis, maar stilletjies
voortgaan om hul toelaes te ontvang.
Herrie sal ook graag statistieke wil sien van hoeveel DA-raadslede in hul
afgelope termyn hul wykskomitees nie net ingestel het nie, maar dit behoorlik
laat funksioneer het.
Ja, Herrie het al tot vervelens toe gehoor dat “wykskomitees onnodig” is, maar
dit verwar Herrie nog net meer. Daai einste wykskomitees word ingevolge die
grondwet ingestel, en raai net wie het vír daai grondwet gestem? Dis nou die
grondwet wat nie die oppergesag van God erken nie.
Die lesers hoef regtig nie bekommerd te wees dat Herrie sy visier nou van die
ANC afgehaal het nie. So nou en dan moet Herrie darem gegun word om op
prooi aan te lê wat nie heeltemal so maklik raakgeskiet kan word nie.
Daarom dink Herrie Vryburger van Die Burger was bietjie voortydig om
sommer op een uitspraak van Herrie te adviseer dat die ACDP en die ANC in
die komende verkiesing moet saamspan. Herrie het amper in sy sjokelade-
mampoer verstik.

Kniediep
ACDP-mediaverklarings het die afgelope week in drie provinsies iets in
gemeen gehad – rioolprobleme. Digby Pacaltsdorp het ‘n huis drie keer in ‘n
kort tydjie so oorstroom dat die huismense na die bure moes vlug. In die
Vrystaat het ‘n predikant met sy motorfiets in riool wat al ‘n maand uit ‘n erf in
‘n middelklas-woongebied gestroom het gegly en geval. In Noordwes het
inwoners ‘n voor langs ‘n pad gegrawe om riool weg te lei.
Dit is ‘n onderwerp wat die ACDP liefs sou wou vermei, synde dit ‘n party
maklike prooi maak vir hekelaars wat die party in die aanloop tot ‘n verkiesing
van rioolpolitiek beskuldig.
‘n Paar sake staan egter uit: riool wat in woongebiede vloei, dui nie net op
dienslewering wat in duie gestort het nie, maar op ‘n geweldige
gesondheidsrisiko. Riool beland noodwendig in grondwater, en besoedel dit.
Rvierwater wat so besoedel is, se e-colie-telling is al in die Wes-Kaap op 40
miljoen deeltjie per 100 ml water gemeet, waar die aanvaarbare
internasionale norm ‘n 1 000 per 100 ml is.
Die Wes-Kaapse leier van die Wes-Kaap, Johan Kriel, merk tereg op dat
plaaslike regerings meer fokus op dit wat hulle bo die grond vir kiesersaandag
kan verrig, as die broodnoodsaaklike infrastruktuur onder die grond. (En van
hierdie bogrondse geriefies het by Brandfort digby ‘n miljoen rand elk gekos).
In Noordwes gaan die departementshoof van Landbou en kondig aan dat die
Potchefstroomse Landboukollege van volgende jaar af net in Engels gaan
doseer, al is 75 persent van die studente Afrikaanssprekend. Daar word
gekrap waar dit nie jeuk nie, maar die riool vloei intussen in daai einste
provinsie waar dit nie moet vloei nie. Verskeie dorpe se dienste is deur
inwoners oorgeneem omdat munisipaliteite se fokus op alles behalwe
dienslewering is.
As ‘n mens brom oor die toestand van die land se paaie, word te veel gehoor
daar is nie rede vir kommer nie – die regering sal wel toesien dat dit in ‘n
ordentlike toestand is voor die 2010 sokkerwêreldbekertoernooi in SA
aangebied word. Dit kan wees, maar die rioolprobleem is ingewikkelder. Dit
wat bo die grond gesien word, is die oortjies van die seekoei. Soos ‘n
voormalige munisipale amptenaar gesê het: In die hele Suid-Afrika is nie
genoeg geld om die ontoereikende infrastruktuur onder die grond te vervang
nie.

Swynerige dieremaniere
Min gesinne waar daar kinders is, kan nie rits vreemde dieremaniere oproep
nie. Die Herries is geen uitsondering nie. Onder die minder vreemdes by die
minder vreemdes by die Herries was konyne. Poging nommer een was ‘n
reuse vleiskonyn wat Herrie by ‘n konynboerdery in Botshabelo jammer gekry
het. Geskik om te eet mag hy gewees het, maar vir troeteldier was hy te wild
en het op slag weggeloop.
Die hartseer is met ‘n pikswart klein konyntjie probeer, maar ook hy het
omtrent dadelik weggeloop. Nommer drie het Groot Herrie op die boeremark
raakgeloop en was hondmak. So mak dat Klein Herrie die hasie in sy
opblaasswembadjie laat swem het. Die hasie is toe dieselfde dag begrawe.
Groot Herrie het stamoorlog teen Klein Herrie verklaar.
Maar die vreemdste was tussen al die diere deur die optrede van Chien, die
Herries se destydse kruising tussen ‘n Rottweiler en Duitse herdershond. Die
Herries kon haar basies leer om enigiets nié te vang nie, konyne inkluis. Toe
sy aanhou in die konynhok inbreek, blyk dit sy is agter die konynkos aan. Ook
toe die Herries twee makoue gehad het. Eers twee, toe skielik baie, en
daarna baie makoueiers, het Chien die makoue laat begaan. Sy kon net die
een makouwyfie nie verdra nie.
Nog ‘n minder gelukkige samesyn was die troetelvarkies en die perd op
Rietfontein, oupa Nic se ander plaas. Die mense wat in die opstal gebly het,
het naamlik twee van die klein troetelvarkies aangehou, en ‘n perd.
Tipies ot was die vretery nie altyd so vreedsaam nie. Die otjies het hulle
verbeel hulle kon saam met alles op die plaas vreet, tot van die bulle se hooi
met ureum. Maar die bulle het ‘n klomp pense en dus is daar goed wat ‘n bul
kan vreet wat ‘n swyn na die hiernamaals kan help. Hulle het dit egter oorleef.
So gaan vreet die een klein otjie tussen die voorpote van die perd – daai perd
wat g’n tyd had vir swyne. En die otjie raak aan die perd!
Die perd gryp die varkie aan sy kraag, tel die varkie op wat soos ‘n maar vark
aan’t skree gaan, en skud hom verwoed.
Die otjie trek soos ‘n skreeuende missiel deur die lug, en beland met sy bas
op gras, nie ver van daai voorpote nie. ‘n Oi, oi later is hy egter weer
ongesteurd aan’t weie.

Lawwe Lulu
Jare gelede het ‘n omgekrapte motoris van die platteland hom in ‘n moeilike
Bloemfonteinse boetebessie vasgeloop. Die man moes sy vrou iewers oplaai,
en omdat daar nie parkering was nie, is afgespreek hy kry haar presies drie-
uur op ‘n plek, hy sal dubbelparkeer, en sy moet opspring.
Op die kop drie-uur dubbelparkeer die man. Sy vrou was egter nie daar nie –
‘n boetebessie wel, en sy beduie hy moet ry. Hy probeer nog beduie op sy
horlosie en met sy mond iets vorm van “my vrou.”
Maar die boetebessie vat-vat na haar boekie, en die man ry maar om die blok.
Om die blok te ry synde ook nie meer in Bloemfontein te wees wat dit was nie
met die eenrigtingstrate en so aan. Dus is hy eers heelwat later terug op die
toneel, maar sy vrou steeds nie. Die boetebessie wag hom in, en weer is dit ‘n
gebeduie, en toe is dit weer die rondte van Vader Cloete.
En weer is vroulief obsent, en weer beduie die boetebessie. Die man van die
platteland voel egter genoeg is genoeg, en hy dubbelparkeer. ‘n Verwoede
boetebessie storm nader, notaboekie in die hand. Die man probeer beduie,
maar sy skryf. Hy beduie, en sy skryf.
Omtrent klaargeskryf kom vroulief aan, pakkies tot teen die destydse
telefoondrade. In plaas van blaam vat, swyg sy en pak self die pakkies agterin
die bakkie se kappie, wat die boetebessie kans gee om klaar te skryf, en die
kaartjie met ‘n vinnige handbeweging in die woedende plattelander se hand te
druk. Sy draai op haar hak om en stap weg.
Dis toe dat die man van die platteland oorkook en agter haar aanskree: “Haai
jy, wat vra jy om in ‘n drieslaapkamerhuis te spook?!”
Nou weet Herrie met vroueregte en so aan moet pres. Mbeki baie vroue in sy
kabinet aanstel. Tot Mbeki se eer moet Herrie ook byvoeg ‘n dwalende oog
speel in die keuse van wie in die kabinet moet dien geen rol nie. Die meeste
van die ministers, vroue inkluis, het agter in die tou gestaan toe “looks”
uitgedeel is. Van die vroue sal met gemak vrou-alleen ‘n goeie spookjoppie in
selfs die Buckinghampaleis kan verrig.
Daar is ‘n heel paar vroulike ministers wat Herrie bitter graag nié snags in sy
huis sal wil raakloop nie.
Vir Lawwe Lulu sal Herrie juis wil vra: Wat sal jy vra om in ‘n huis te boeboe?
Synde ‘n Bloemfonteiner is Herrie nie verbaas oor die lawwighede wat haar
adjunk, Dirk du Toit soms kwytraak nie. Herrie was ook nie verbaas oor die
toestand waarin hy die aand met die kosmakery op Maak ‘n Las was nie.
Maar Dirkie het gedros (weliswaar van die Progge af) lank voor Kortbroek op
sy baaisiekel ANC toe gery het en blanke, Afrikaanse mans wat destyds by
die ANC was, was skaars. Dat ‘n keuse wat net soms geblink het – soos op
TV, adjunkminister gemaak is was seker onvermydelik.
Maar onder die swart vroue het Herrie gedink sou daar darem seker ‘n groter
keuse gewes het as om soveel wie se bekwaamheid by hul voorkoms pas,
aan te moet stel. Al is destyds gesê die vroue in die parlement (vermoedelik
darem net van die ANC) se gemiddelde kwalifikasie was Graad vier.
Van die ministers skryf “doktor” voor hul name, en na Herrie gedink het dis
van die “Idi Amin”-tipe “doktors,” moes Herrie geleidelik agterkom, nee, party
is wel dokters. Let wel, dokter, nie doktor nie. Hieronder tel dr. Knoffel, hoewel
die ou storie dat sy volgens haar Russiese sertifikaat nie in Rusland self mag
praktiseer nie, ook tot Herrie se ore gekom het.
Nou ook nie in Botswana nie.
Nog een van die Kabinetskoonhede is dr. Dlamini-Zuma, en Herrie is nogal
geneig om met Pollux saam te stem dat sy “clueless” is. Minstens oor
Zimbabwe.
En dan is daar Lawwe Lulu. Statistieke SA kan gerus by haar gaan leer van
syfers bekook. Vroeër vanjaar was die aantal plaaswerkers wat “onwettig” van
plase afgesit is sedert 1995, minder as drie miljoen. Skielik is dit agt miljoen.
Of die jaarlikse swartsmeerdery van die boere seisoenaal is, het Herrie nie op
die argiewe probeer vasstel nie. Met die lentereëns wat wegbly, het die boere
nie nog ‘n minister nodig wat hulle so beswadder nie. Sy moet ook oppas,
dinge wat sy by vakbondkongresse kwytraak, het nie die status van
parlementêre privilegie nie. Sy is juis met haar vorige jaarlikse boeboe by die
Menseregtekommissie verkla. Ek glo die Kommissie gaan moeg raak vir
iemand wat so kort-kort oor dieselfde ding verkla word nog voor die vorige
ondersoek klaar onder die mat geveeg is.

Volstruismaniere op die Knersvlakte


Pa het in die Namakwaland in grootgeraak. En al is hy self al drie dekades
lank weggebêre, maal van die stories wat hy vertel het, steeds deur my kop.
Ja, daar waar ‘n bondel mense saamgekoek was en gelag het, daar kom
mens maar weet pa was in die middel en het op sy droë manier van vertel die
mense laat skaterlag.
Hoe dan anders, Pa-Jan het op Niuwoudtville grootgeword, en bekende
storievertellers soos oom Andries en oom Willem Louw was sy speelmaats.
Vandag sit veral Kleinkoos Louw uit daardie familie die storieverteltradisie
voort. Kleinkoos is boonop met ‘n skryftalent geseën sodat van die stories nie
net as vertelstories in die volksmond leef tot dit naderhand doodloop nie.
Van hierdie stories moet sekerlik Africana wees. Baie het al via Jan Spies en
ander vir die nageslag bewaar gebly, maar een spesifieke storie het die uwe
nog nêrens anders te hore gekom nie. Wat natuurlik nie beteken dat dit nie
dalk iewers loop molshoop stoot het nie.
Dié storie begin wyd – om die waarheid te sê in Amerika in. Drie jong
ryksmanskinders wat na ‘n Tarzanfliek opsluit “dark Africa” toe wou neuk.
Die naaste wat hulle hul ouers gatte in die kop kon praat was om op Ikeys te
loop medisyne studeer.
Hier het Thomas Matthews, Richard Gleeson en Herman Gowalski sommer
gou die byname van Tom, Dick en Harry gekry.
Sommer met die eerste vakansie koop Tom, Dick en Harry ‘n Jeep en laai
hom boordenvol bier en ‘n paar gewere om “up North” die jagvelde aan te
durf. In die Paarl in loop kry hulle ‘n “gids,” wat maar te graag opklim om die
pad na die “hunting fields” aan te wys. Fout.
Min of meer al aanwysings wat Tom, Dick en Harry het oor waar hierdie
“hunting grounds” is, is dat dit iewers “up North” is. Die gids was juis ‘n
geleentheid aan’t soeke na Van Rhynsdorp, en dié is Noord. Gedagtig aan die
baie voggies in die Jaap was hy ook nie te vol draadwerk oor hoe Noord
Noord nou presies moes wees nie.
Die volgende oggend word ‘n smoordronk “gids” by sy familie op
Vanrhynsdorp afgelaai, en hy beduie vaagweg die pad verder. So kom dit dat
Tom, Dick en Harry al soekende na wild op ‘n snikhete Knersvlakte rondry –
lank voor die mense die plek met drade loop afkamp het.
Sommer vroegoggend is dit al goed warm.
Die Knersvlakte is nogal baie plat ook, en van koers hou is daar eintlik niks
sprake nie, veral nie as die son nog reg bokant sit en sy warmste strale reguit
Namakwaland toe stuur nie. Boonop maak die luggie maklik
bergwindtoestande as die luggie wat by Calvinia al goed warm gemaak is, oor
die berg by Nieuwoudtville na die Knersvlakte afsak.
Naderhand is dit warm, erg warm. So warm dat die sonbesies nie verder
noord as Porterville hul skreë geskree kry nie. As daar ooit sonbesies in die
geweste was, sou hulle onder die bossies sit en saam met die kraaie gaap.
Die bier, wat ook vinnig warm word, word dus mildelik ingespan. Af en toe
word ‘n ding op die kaal haai vlakte gewaar, en daarop losgebrand tot die ding
besluit om te verkas.
Eintlik moet ‘n mens jou hoed vir die drie makkers afhaal. Met die koppe wat
sy pyn van die warm drank, kon dit nie min moed verg om so aan te hou skote
naby mekaar se ore af te trek nie. Natuurlik te gesuip om die kloutjie by die
oor te bring.
Later kom hulle ‘n trens teë. Dié is juis van een plaasopstal na ‘n ander
oppad, om ook daar in ruil vir kos en onderdak te loop skoene regmaak en
ander werkies te verrig. Hulle het meestal die omgewing soos die palm van
hul hand geken, en was dus baie goed toegerus om as gids op te tree.
Die trens, wat die drank sien, laat hom nie twee keer nooi om saam te ry nie.
‘n Paar bottels later, is dié egter in droomland en as gids g’n niks meer werd
nie.
Dit wou, wou net begin skemer raak toe die manne, al erg moeg en keelvol, ‘n
volstruis op die horison gewaar. Hulle besluit om vir oulaas daarop te skiet tot
dit ook verkas. Dis van dié jong oorloggie wat die trens wakker word en ook ‘n
skoot wil inkry.
Die volstruis wil egter nie koers kry nie. So elke nu en dan sal hy miskien sy
kop in ‘n gat druk as ‘n skoot te naby sou kom. Af en toe kyk hy ook vies in die
rigting van die gerasmakers.
Hy gryp die naaste skietding – ‘n swaar jaggeweer, en steier regop.
“The telescope is not calibrated,” sê Dick.
“*&^ die tellieskoup,” brom die trens. Hy kyk heel verby die teleskoop en die
loop maak sirkels in die lig soos die trens regop probeer bly staan.
(Ter verduideliking, die Trens se woordeskat is uit ander bronne en uit ander
kontekste oorgeneem. Pa-Jan was nie ‘n man wat sy tale gekruie het nie).
Die skoot gaan af en dit lyk kepleet of die trens behoorlik deur ‘n
smoelslanerhek bygekom is ...hy lig behoorlik uit die Jeep en skuif deur die
Knersvlakte se bossies en gruis.
Tom, Dick en Harry is te gekaait om dadelik te begin lag of bekommerd te
wees dat die trens dalk skade gekry het. Die trens sukkel op, en klap heelwat
meer stof uit sy verslete klere as wat hy met die valslag opgedoen het.
“Kôs gaan haal hom,” brom hy.
Tom, Dick en Harry het teen dié tyd al genoeg Afrikaans opgedoen om by die
aanhoor hiervan hulle nekke om te pluk, en sowaar, daar lê die volstruis
onderstebo.
Dis ‘n ver ent se ry om by die gevalle voël uit te kom. Tom draf nader en roep
verbaas uit: “He’s shot the thing through the head.”
Die trens staan egter al klaar weer meerkat op die Jeep se agterste sitplek, en
met die hand bakhand bo die oë tuur hy die skemerte in vir nog ‘n slagoffer.

Benban
Volgens oorlewering het Benban se brief van die skoolhoof doer in die
platteland aan die “groot skool” in Bethlehem se hoof net een sin gehad:
“Benban moet vir die eerste span speel, maak nie saak in watter posisie nie.”
Mnr. Jan Kilian was toe al ‘n paar jaar daardie laerskool se eerspan-afrigter,
en so erf hy Benban in die middel van die rugbyseisoen. Jan is traag om een
van sy erkende en gevestigde spelers te pos, maar dié fris bulletjie lyk darem
ook baie bruikbaar.
“Watter posisie speel jy?” var hy die rooikop borselkop. “Maak nie saak nie
meester, ek soek hulle almal!”
“In watter posisie wil jy graag speel?” vra “meester hoopvol.
“Ek wil graag têkkel, meester” is sy enigste leidraad.
Voorlopige uitkoms is darem dat die gereelde agsteman siek is, en Benban
sak in hierdie posisie. “Meester” sien gou dit gaan lol. Die tweede span se
agterlyn kry niks oefenkans nie, want soos die bal in die agterlyn afbeweeg,
dop Benban hulle een vir een om. Hy ruil hom toe met die loskopstut om die
bal darem kans te gee om in die agterlyn te werk. Maar dit help niks, Benban
is steeds soos klokslag by, nadat hy eers die tweedes se vaskopstut neus in
die grond geboor het. Toe haker toe om 'n groter "hêndikêp” te skep, maar
ook dit help nie veel nie, want toe haak hy al die balle en die tweedes se
agterlyn kry steeds nie hardloopkans nie. Om te kyk of Benban die bal kan
versprei, is daar toe met hom losskakel toe, maar “meester” raak steeds niks
wys nie, want kry Benban die bal, ken hy net een paadjie en dus tussen die
grypende hande deur pale toe.
“Jy moet paas!” moedig “meester” moedeloos aan.
“Maar meester, as die ghêps so oopgaan moet ek snol.” Dié “ghêps” kon
meester se kennersoog nooit raaksien nie.
“Hoekom het julle Bethlehem toe getrek?”
“My pa het kom loop aftree, meester.”
Die stories het toe inderdaad al dik begin loop oor die ou boer wat afgetree,
en met sy veel jonger vrou dorp toe getrek het, en so het Benban heel
ongestoord in Bethlehem aangekom.
Ongestoord, tot op ‘n dag toe hy smoorkwaad by die huis kom. Pa en ma
sukkel om die ding uit Benban uit te kry, maar naderhand weet hulle Benban
is willebooslik kwaad omdat sy ouers vir hom gejok het. Maar watter leuen het
hulle dan opgedis?
Nog ‘n groot gespook, toe kom die ding uit. Die juffrou wou by die klas weet
hoe oud hul pa’s is. Toe Benban sê sy pa is 66, toe lag die klas vir hom en sy
hy jok, ‘n mens kan g’n so oud word nie.
Kort daarna is Benban se pa oorlede, en die innemende rooikop en sy ma het
uit Bethlehem en almal se lewens Johannesburg se kant toe verhuis. Tot
groot verligting van al die omringende skole, want almal wat Benban nie in
aksie gesien het nie, het gedink die stories oor hierdie kranige rugbyspeler is
leuens. Mens kan nie in een wedstryd so baie drieë druk nie.

Benban
Elke ouer weet, daar is ‘n dag wat baie kleingoed daai amper onvermydelike
vraag gaan vra.
“Ma / pa, waar kom ek vandaan?”
Baie vind sommer by die maats uit. Troues, ten die tyd wat pa of ma dink dis
nodig om die jongeling oor die feite van die lewe in te lig, kan die jongeling al
‘n heel gawe lesing vir pa en ma gee.
Dié dag, so is vir Herrie vertel, wil Benban ook hierdie gewigtige inligting
bekom.
Hy dwaal deur die huis, en gaan loer by sy pa in die slaapkamer in. Sy pa lê
skuins – hartversaking. Dis hoekom sy pa hier in Bethlehem kom aftree het.
In die kombuis is Benban se ma besig om beskuit te bak.
Sy was nie verniet daar op die Knersvlakte al ‘n voorslag-beskuitbakster nie.
Toe hulle Bethlehem toe trek, het sy op net een ding aangedring: Die huis
moet ‘n agastoof hê.
Op die Knersvlakte was beskuitbak eintlik ‘n winterding – en dan ook net
saans. Somers bedags was ongenadig hitsig.
Benban se ma was net besig om ‘n baksel in die oond te druk, toe hy
doodluiters hier agter vra:
“Ma, waar kom ek vandaan ma?”
Sy ma brand haar teen die oond-opening se bokant soos sy skrik, maar sy
probeer niks wys nie. Om tyd te wen, vra sy toe sy omdraai. “Hoekom wil jy
weet Benban?”
“Ma, Kosie sê hy kom van Ficksburg af, en Danie sê hy kom van Kestell af.
Maar ek weet nie. Op Ouplaas was Niewoudtville ons naaste dorp, maar ons
posbus was op Van Rhynsdorp. Maar Gert se suiping by Floors se buitepos
was weer nie ver van Loeriesfontein nie."
Dié keer het Benban se ma weggekom, maar daai selfde aand, terwyl sy weer
salf aan die brandplek smeer, sê sy vir Benban se pa: “Ben, dis sukke tyd met
Benban saam. Ons is nie meer op die plaas waar hy self met Pietjan-hulle se
gepraat saam kan slimwôre nie.”

Herrie se kerrie
Die einde van 'n bont hoendertjie
deur Herman Toerien
'n STORIE wat Herrie nou al in verskeie variasies gehoor het, duik toe weer
onlangs in 'n geselskap op.
'n Gesin kry 'n nuwe, jong hondjie, en soos dit enige jong hondjie betaam, stel
hy sy tande op alles op die proef. Omtrent alles in die tuin ontgeld dit, asook 'n
buurkat wat so onnosel is om kortpad deur die erf te vat.
Die anderkantse buurman boer met Angora-konyne. Dis skoukonyne daardie.
Die ontsteltenis was groot toe die brak een oggend met een van dié konyne
voetbal en bekbal op die grasperk speel. Morsdood.
Die baas van die hond bad benoud die afgestorwe haas en blaas hom met 'n
haardroër droog. Laatnag, met almal veilig in die kooi, gaan sit hy die oorle'
haas terug in sy hok.
Die volgende dag is buurman verward. Hy verstaan dit nie. Een van sy
spogkonyne is dood, en hy het dit begraaf. Vanoggend kry hy die einste haas
uit sy graf gekruip en opgedollie terug in die hok, maar steeds morsdood.
Dit laat Herrie dink aan die keer toe sus se kat met die bure se papegaai in
die bek by die Herries se huis aangekom het. Gewoonlik is die geveerdes wat
die kat aandra nog nie afgestorwe nie. Hy wil eers daarmee speel, tot die
huismense se ontsteltenis. Menige geveerde aspirant-maaltyd het op hierdie
wyse al onverwags hul vryheidherwin.
Maar nie dié papegaai nie. Dié was behoorlik bokveld, of voëlveld toe. Die
papegaai was al te bekkig, en Herrie vermoed die kat het aanstoot geneem
oor al die slegsê.
Herrie vermoed die papegaai het 'n aansienlik groter woordeskat van
kroegtaal gehad as wat Herrie ooit sal hoop om te hê. Die kat se ore is dus
behoorlik gewas as hy op die heining gesit en sy toekomstige maaltyd betrag
het, waar die papegaai gewoonlik bo-op sy hok gesit het.
Ná kat se kind se geveerde maaltyd is die oorblywende vere versigtig
bymekaar gemaak en die getuienis behoorlik verduister.
Geen haan, of papegaai, het ooit weer daarna gekraai nie. In elk geval nie uit
die Herries se huishouding nie.
Langsaan was dit 'n ander storie, en die waarheid het uitgekom. Een van die
buurdogters was erg oor katte en het sonder iemand se medewete sus se kat
"geleen"
Fout. Die kat het gereken die ekskursie sluit 'n ete-uitnodiging in.

Bran de Wijn
Die afgelope verkiesing het gevangenes ook die reg gehad om te stem.
Maar Herrie, as oud-hofverslaggewer, wil nie in die tjoekie beland nie.
Gladnie, nie met of sonder stemreg nie.
Tog weet Herrie van ‘n geval wat dit jolig gegaan het. ‘n Koshuismaat het
regte geswot, en vakansies tuis by Worcester gehelp aankla.
Op ‘n mooi dag word die eerste beskuldigde ingebring. Die stap twee rye
spore, en kan nie aangekla word nie. Die tweede word ingebring, maar hy het
duidelik ‘n soen van die dame met die lang nek weg. Ook die derde is erg
gekoring, terwyl die vierde duidelik ‘n dinee van Bachus bygewoon het.
Uiteindelik moet al die sake van die manne wat in die selle was oorstaan. Op
‘n manier het van Worcester se spogprodukte in die selle beland.
Die volgende dag is dit of die aanklaers dubbel sien, want dis presies
dieselfde storie.
Derde dag was egter skeepsreg. ‘n Sersant word betrap waar hy
koeldrankstooitjies aan die manne in die selle verkoop. Met dié strooitjies
gewapen, kan hulle deur die venstertralies tot in die geut buite bykom, en dié
is soos Sasol se spreekwoordelike pype vol brandewyn. Nie heeltemal
brandewyn nie, maar daai erg gegiste doppe wat oorbly as die skoon wyn
afgetap is. Dié goed s sterk – die drinkers daarvan se trots. Soos een vir
Herrie se oom Rons gesê het, hy drink petrol ook, maar dan moet dit BP
wees.
Hoewel die sersant tien uit tien vir entrepreneurskap moes kry, het hy ook ‘n
voltal met dwarsboming van die gereg losgeslaan.
Nooit in die annale van Worcester se hofgeskiedenis is daarna soveel manne
met babelas aangekla nie. Dié keer sou ‘n grandpa-verkoper goed geld
gemaak het.

Herrie is nie ‘n man wat maklik kla nie. Maar Herrie het die voorreg om
daagliks twee klein Herries by die skool te gaan aflewer. Twee verskillende
skole.
Eintlik kan Herrie nie meer van die ouer Herrie as ‘n Klein Herrie praat nie.
Hoewel nog op laerskool het die mannetjie verlede jaar al groter skoene as
Herrie begin dra. Vanjaar - steeds op laerskool, al twee nommers by Pa
verby. En dis nog maar die begin van die jaar.
Klein Herrie word dus nou formeel tot Medium Herrie herdoop.
Piekanienherrie word nou Klein Herrie. Herrie wil immers politiek korrek wees
en so aan.
Maar dis nie waaroor Herrie vandag wil gesels nie.
In Bloemfontein se strate, so kom ‘n mens soggens agter, is heelwat
motoriste wat hul bestuurstalente in die Rosestad se strate vermors.
Sommiges sal heel vernuftig as Grand Prix-rejaers deug. Ander, wel, hul
talente lê op die terrein van stampkar-resiese.
Want renjaag moet daar gerenjaag word. Alles so deurmekaar.
Hoeveel keer, as Herrie so ‘n wille wragtag sien aangesuiker kom, en Herrie
sê: “Kyk net so ‘n padvark!” dan sê Mediumherrie: “Dis ‘n juffrou by ons
skool”. Nie altyd dieselfde een nie.
Die een het Herrie hoeka gegrief met die wyse waarop sy ketel oopmaak as
sy by die skoolterrein (nie skoolgronde nie!) injaag, so tussen die kinders
deur. Sien nou die dag dit gaan al effe beter.
‘n Mens wil nou nie die opvoeders van die jeug uitsonder om geroskam te
word nie. Hulle doen baie goeie werk.
Maar ‘n opvoeder moenie ‘n opvoeteraar wees nie. Soos soms toe die
swaardmag nog gegeld het.
Maar so van Grand Prix’s gepraat.
Martie du Plessisskool hou op 22 Mei hul jaarlikse Kruiwa-Grand Prix. Dié
skool doen nou baie goeie werk, maar staatsubsidies word ook gesny. Dus, in
plaas van so die strate aandurf, BORG liewer dié poging. Sommer daar by die
Fotostaatsentrum in Totiusstraat.

Herrie moes die afgelope week gou Boland toe gaan. Vir werk. Want wie
gaan nou in elk geval dié tyd van die jaar Kaap toe om vir die plesier te gaan
nat-reën? Want so lyk dit ...as die Vrystaat sy ordentlike koue kry, kry die
Overberg reën. Die dam wat Hermanus van water voorsien, is na vyf jaar se
droogte 80 persent vol.
Herrie het nie die voorreg gehad om Kaap toe te vlieg nie. Of soos die boere
wat by ‘n vergadering by mekaar gehoor het hoe hulle daar gekom het. Die
een lotjie, so sê hulle, het sommer met die Boeing deurgekom. Herrie het
padlangs gekom. Nie minder nie as twaalf keer word ‘n mens gestop vir
padwerke. Met gemiddeld tien minute se stop per keer, verloor ‘n mens amper
‘n uur as Herrie se somme reg uitwerk.
Seker dié dat die Gautenger maar gemaak het of sy BMW ‘n laagvlieënde
Boeing is. Met elke wegtrek is dit net tekkies en rook. ‘n Ruk later hou Herrie
weer met die skedonk agter die verbete jaer stil. Maar later moes hy iewers
die valbyl geklop het, want hy is vort.
Wat Herrie ook opgeval het is dat meer treine skynbaar nou loop. Tot die
Bloutrein gesien net toe hy by Matjiesfontein intrek. Nie dat die swaar voertuie
op die pad minder word nie. By een so ‘n stop-sessie, het Herrie getel -
altesaam 14 voertuie wat wag, en net twee was nie vragmotors nie.
Dit sal al help as die gowerment die vragmotors wat waens sleep, verbied om
in die nag te ry. In die donker is dit klaar moeilik om die afstand na
aankomende verkeer te skat, en om met die verbygaanslag te ontdek dis
eintlik ‘n trein, wat boonop heel onwettig teen die afdraende versnel terwyl hy
verbygesteek word, is gevaarlik.
‘n Koue winter in die binneland is ook, El Nino ten spyt, ‘n teken van ‘n
natterige somer en vol damme.

Die afgelope paar weke was die ooievaar nogal heel bedrywig in die Langen-
hovenpark-omgewing. In die proses het kragman Gerrit Badenhorst en sy
vrou, en die Geyer-egpaar elk ‘n bondeltjie vreugde ryker geword.
Baie geluk.
Maar Herrie het al begin wonder of daar waarheid in die ooievaar-ding steek.
Al verevolk wat Herrie ooit hier sien, en wat lyk of hulle oor genoeg krag vir ‘n
bietjie karweiwerk kan beskik, is die tarrentale en die Ibisse. Die Ibisse se
snawels lyk juis of hulle gebou is om dié joppie te verrig.
Daar is dus werk vir die Bewarea.
Maar dié nuwe aankomelinge laat Herrie dink aan verlede jaar. Die jaar van
die groot tel - sensusjaar.
By geleentheid slaan Herrie by ‘n vergadering uit, en sê Herrie moet van die
sensus vertel.
“Nou is daar dan iemand weg?” wil die voorsitter verbaas weet.
En getel is daar woes getel.
En nou, voor die uitslag uitkom, is daar toevoegings. Maar moenie die ibisse
skiet nie.
Dié wat die ibisse bring, is maar ‘n druppel aan die emmer van dié wat
onwettig oor die grense stroom. Mense wat vlug vir oorlog, (Mugabenisme),
hong-ersnood, (Mugabenisme), tirannie (helaas ook Mugabenisme). So al
asof hierdie land ‘n oorvloed van werksgeleent-hede het.
Neem nou maar die einste Boeremark. Hier op hierdie mark is mense wat
geen ander inkomste het nie as om hier items te verkoop wat hulle met
moeite die week gemaak het. Dan kom een hier verby, vet ponde in die sak,
en sien ‘n bekende uit vervloë se beter dae: “En toe ou Jan, wat smous jy nou
al weer?” Natuurlik verdien die vet kat ‘n klap wat sy ore laat tuit.
Maar: “The client is always right.”

Dit was al lankal vir Herrie ‘n diepe behoefte van die hart om te skryf oor
pakkies wat so kruis en dwars oor die land vir kennisse, vriende, familie en
kinders aangestuur word.
Heel dikwels maak die koste om die pakkie te stuur, ekonomies nie sin nie.
Amper soos om elke vyf jaar ten duurste flentermeubels van Pretoria na
tydelike streekkantore te stuur, en na die sensus weer terug te stuur na
Pretoria.
In plaas van om plaaslik eenvoudig tweedehandse meubels te koop, en na
die sensus weer te verkoop. Sou baie goedkoper wees, en baie minder
moeite.
Maar die pakkies.
Die gelukkige ontvanger moet soms taamlik ver ry om die pakkie te gaan haal
by die mense wat die pakkie per geleent-heid uit die verte gebring het. Word
die slytasie en loopkoste van die ontvanger se voertuig uitgewerk, is dit
waarskynlik meer as wat die pakkie werd is.
Maar die inhoud kan dikwels nie regtig in geldwaarde gemeet word nie. Soos
Ouma Joey se perske- en kweperrolletjies. Met oneindige sorg en liefde
gemaak. En dan wag vir die wiel om te draai. Talle mense in Bloemfontein het
gereeld dié pakkies liefde daar van Pie-ringkop buite Slabberts gekry.
So ‘n pakkie liefde kan baie dinge bevat. ‘n Handgebreide trui of babasokkies,
gekerfde biltong, tuisgebakte beskuit.
Ongelukkig is Ouma Joey nie meer daar nie, en ontvang baie mense nou
minder liefde.
Vanjaar word die boere getel. Met ‘n possensus. Want nege jaar laas is ‘n
landbousensus gehou, en toe was daar nog subsidies en so meer.
Ja, die staat se landbou-data is baie verouderd, en dit deug nie.
En hierdie sensus word beslis nie gehou omdat iemand dink iemand is dalk
weg nie.

Met die samestelling van die nuusbrief soek Herrie soos gebruiklik weer ‘n
stukkie uit die Bybel. Herrie se oë val toe op ‘n Bybel met ‘n besondere
stukkie geskiedenis.
So met die begin van die huidige verta-ling het ‘n Bybeldeel die lig gesien
...Die Nuwe Testament en Psalms.
Herrie het een hiervan vir Ouma Meyer gekoop, toe nog baie besig om die
wel en weë van haar nageslag te volg.
Na Ouma in die negentig jaar oud geword het, is sy vir hoër diens op-geroep,
en het dié Bybelboek weer in Herrie se besit gekom.
Oral in die Boek het Ouma kantaantekeninge gemaak. Ouma het baie op die
hart gehad. Twee kleinkinders wat ope-hartoperasies moes ondergaan. ‘n
Ander met ‘n gewas in die kop.
‘n Dowe kleinkind wat voor ‘n motor beland het en erg seergekry het.
Van die kleinkinders het ook hul deel op die grens gaan doen, en gelukkig
almal heelhuids daarvan afgekom. Ouma het vir hulle gebid, blyk uit die
kantaantekinge.
Nie dat dit altyd vir die kleinkinders lekker was dat iemand haar so oor hulle
...wel bekommer het nie. ‘n Mens wou later nie meer vir haar sê as ‘n mens vir
die werk moes gaan ry nie. Sy het nie gerus voor die een veilig terug was nie.
Dit was natuurlik die dae voor selfone. Een van die kleinkinders vra haar toe
naderhand dat sy haar nie so almal moet bekommer nie.
“Dis my voorreg om my so oor al my familie te bekommer,” was haar besliste
antwoord.
Nou is Ouma lankal nie meer met ons nie. Die kantaantekeninge in die Boek
herinner ‘n mens egter nog aan dinge waarvan ‘n mens eintlik al self vergeet
het.
Dan besef ‘n mens opnuut hoe ‘n voorreg dit is om iemand te hê wat vir ‘n
mens bid.
Wie onthou nog die TV-advertensies van die hondekos met die lekkerrrr
sous? Die probleem, so lyk dit vir Herrie, was nie om die hondekos te kry nie,
maar om ‘n hond te gekry het wat reken daai sous is rerig so lekkerrr.
Nou is daar regtig ‘n hondekos wat vir ‘n hond so lekker is. Hier in
Langenhovenpark beskikbaar. Kyk maar daar onder “Soeklig” se klein
advertensies. Herrie en mev. Herrie se honde eet daai kos, sommer so droog,
al te lekker.
Laat Herrie dink. ‘n Ruk gelede moet Mediumherrie ‘n skooltaak doen om vas
te stel watter tipe katkos die Herriesse kat, Vyand, verkies. Vyand het dié
naam danksy die gesindheid wat die ewe wit skippertjie teenoor hom
openbaar.
Toe lol dit. Want sedert ‘n sekere tipe katkos wat in so ‘n pers pak uitkom, die
lig gesien het, sit Vyand sy bek aan g’n ander katkos nie. Die enigste uitweg
vir Mediumherrie was om drie geure van dieselfde katkos op die proef te stel.
Hier het Vyand darem sy voorkeur aan die dag gelê.
Die eienaardige is dat Vyand die minste van die visgeur hou. Amper soos die
ou in Amerika wat glo skatryk geword het omdat hy ‘n hondekos gepatenteer
het wat soos die posman se kuit smaak. Glo ‘n groot wenner.
Verlede naweek het die weervoorspelling weer ‘n stokkie voor die uitgee van
‘n nuusbrief gesteek. Let wel, die weervoorspelling, nie die weer nie. Daar is
soms ‘n groot verskil. En ‘n papierige ding as dit reën, lol maar.
Die koue was ook soms erg. Soos as iemand vir Herrie sê hy of sy kry te koud
om hul hande uit hul moue te steek om te vat.
Herrie het intussen ook deftig geraak. Sy eie e-posadres gekry.
Korrespondensie kan nou gestuur word na Herrie toe by
herrietoe@iafrica.com . Regtig.
Laat weet tog wat u weet wat in Langenhovenpark aangaan.

Hierdie winter is ons so banggepraat oor El Nino wat kom droogte maak, en
die aarde se verwarming. Toe kom reën dit behoorlik, en ons het die koudste
winter in dertig jaar.
Van die koue het ‘n warmwaterpyp in Herrie se huis een oggend die gees
gegaf.
Van die reën het die donder die rekenaar se modem in die ander tyd
ingeslaan.
Gelukkig het Herrie ‘n laerskoolkind om met die rekenaarsake te help, maar
met dié modem toe is dit darem uit Me-diumherrie se diepte.
Herrie ondersteun toe die adverteerder van rekenaardinge in hierdie blaadjie -
kyk maar daar by Soeklig.
Waar kry ‘n mens nog sulke diens? Ian leen vir Herrie ‘n modem tot hy ‘n baie
goeie, vinnige modem te kope gekry het. Herrie en Mediumherrie moes saam
vuisslaan dat Ian bietjie meer geldjies vat vir die modem. Dis nie maklik nie,
want Ian speel slot vir Polisie se tweedes.
En toe bloei Herrie se hart nog meer vir Ian - die dag toe Mediumherrie met
die geldjies fietsry, kry hy Ian nadat skelms by sy bakkie ingebreek en sy
radio ge-steel het.
‘n Plattelandse seun van Jacobsdal wat sy voete in die stad met plattelandse
ordentlikheid en hulpvaardigheid kom vind, en al dikwels stelle met
stadsjapies afgetrap het. Herrie sal so bly wees as Ian eendag regtig vir een
van die skarminkels kwaad word en hom goed met daai grypers bydam. Dat
stadsjapies ook ‘n slag maniere leer, al is dit nou ook op die harde manier.
Solank dit net nie op die rugbyveld, voor ‘n lastige kamera geskied nie. Want
netnou kom die donderweer weer en is Herrie se rekenaarmodem weer kapot.
Wat dan, as Ian ook a-la-Andrë geskors is? Herrie gee nou reeds kennis van
appèl.
Stuur u e-pos na Herrie toe by
herrietoe@iafrica.com

Ja, diegene wat fyn oplet sou gesien het die datum op verlede week se
uitgawe was so half handgeskrewe. Herrie se handskrif, wat nie juis
skoonskrif is nie.
Wanneer 'n nuwe uitgawe gemaak word, is die eerste ding wat 'n mens doen,
om op die ou voorbeeld die regte datum te verander. Altyd, as 'n mens
onthou. Verlede week het iets voorgeval, en die voorneme is by Herrie se
vlugtige (soos iets wat gou verdamp) en nie vlugge (soos gou begryp nie)
gedagtes uit.
Herrie moes toe uitskryfwerk doen. 'n Hele 500 keer, want dis hoe groot die
oplaag is.
Herrie is trots op die nuusbrief se adverteerders. Soos die hondekos wat hier
in Soeklig geadverteer word. Wil 'n leser nog vra of die kos regtig so lekker is
(vir die honde, nie noodwendig vir Herrie nie) toe kon Herrie met 'n rein
gewete sê: "Loop nou met 'n nuwe toe sak by die huis in en kyk hoe loop die
twee honde agterna." Boonop, sien Herrie nou die
dag, toe die kosbak leeg is, hoe lek die "sample" hondjie aan die sak. Die sak
is van die geweefde nylon. Beide honde se kondisie is ook ongetwyfeld puik.
Kom nou die dag by Vorster Motors. Wys Eric vir Herrie iemand se trots op
die vloer staan. 'n Opge-supte Volla waarvan alles in daai enjin wat gechroom
kan word, gechroom is. En na wie toe neem dié fenêtic sy Volla? Na niemand
anders as Vorster Motors nie - nie eens na 'n plek wat in Vollas spesialiseer
nie. Is daai nou nie 'n getuigskrif duisend nie? Neem nou maar vir Roy daar
by International Wholesalers. Herrie het vir Roy leer ken toe leë
koeldrankbottels vir Martie du Plessis-skool ingesamel is. So bloei Roy se hart
vir dié spesiale kinders, en kort voor lank maak die skool geld uit die jasse wat
Roy beskikbaar stel. Sedertdien, as Herrie of sy gesin skoolklere of wat ookal
nodig het, soos nommer twaalf tekkies vir Me-diumherrie wat eers volgende
jaar hoër-skool toe gaan, gaan Herrie reguit na Roy toe. Behalwe dat Herrie
graag iemand met 'n goeie hart ondersteun, spaar Herrie darem vreeslik met
al die "bargains" wat Roy op die rakke het.
Veral skoolklere.
Nou die dag sien Herrie op TV van ‘n sestienjarige Pretorianer wat ‘n nommer
17 skoen aantrek. Dis glo die grootste paar voete in Suid-Afrika.
Herrie se oudste het hier by graad 3 in die grootmens-nommers inbeweeg.
Nou is hy in sy laaste jaar op laerskool, en trek by nommer twaalfs. Of laat
Herrie dit so stel. Die nommer elf tekkies wat pas vir hom aangeskaf is, was
die grootste wat ons kon kry, en dit knyp. Eintlik moes dit nommer twaalfs
gewees het.
Nou nie dat Herrie se roemryke aka-demiese loopbaan op enige wiskundige
aanleg dui nie, maar dit beteken Me-diumherrie se voete groei teen sowat
twee nommers per jaar, en teen matriek, as dit so aangaan, gaan die nommer
17’s nie waffers wees nie.
Mev. Herrie het reeds kennis gegee dat daar sprake van tone amputeer of so
iets.
Waar kry ‘n mens sulke nommer skoene as ‘n nommer 12 al so ‘n probleem
is?
Herrie se baas is twee meter en waarskynlik enige duime. En hy dra ‘n
nommer twaalf, wat hy in Pretoria aanskaf. Hy woon in Pretoria, en redelik
seker ‘n mens sal nog so ‘n paar nommers in daai koers kan kry sonder om
spesiaal te laat maak. Maar van nommer 22’s, daarvan weet die man van die
plek-waar-alles-groter-en-beter (behalwe die Blou Bulle) is, nie so mooi nie.
Verlede jaar is sensus gehou, en vanjaar is dit Landbousensus. Dit is ‘n
possensus - dus kom die opnemers nie op die plase nie. As dinge nou mooi
werk, sal dit by Statistieke Suid-Afrika tot ‘n permanente “kapasiteit” vir
skakeling met die boere werk, en sal daar met die volgende hoofsensus in
2006 ook nie vreemdelinge vir opnames op die plase kom nie.
Met die formele terugsendingsdatum is van die sowat 60 000 vraelyste wat
uitgestuur is, egter minder as 3 000 terugontvang.
Dis nie net die regering wat moet weet hoe belangrik die landbou vir die
lands-ekonomie is nie - die data is vir die landbou net so belangrik. Die laaste
landbousensus is nege jaar gelede gehou, en sedertdien het die prentjie
drasties verander.
Smeer aan en kom!

Witblits
Wat nou daar in die Kaapse politiek aan’t gebeur is, laat Herrie maar net weer
besef: Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.
Maar Herrie het nou klaar sy mond met witblits gaan uitspoel oor die politiek-
pratery.
Nee, Herrie is veel meer gedetermineerd om oor die mooie van die lewe te
praat.
Behalwe soms. Onlangs het die Bainsvlei-polisie se blaadjie dit gehad oor
skoolkinders van Langenhovenpark wat met dagga betrap is. Vroeër was dit
“kwajongens” wat meenthuise se interkomstelsels breek, en pas het ‘n paar
gomsnuiwende jonges op ‘n weeksdag hier op die Boeremark se terrein die
huishulpe oppad terug bushalte toe gevloek. Baie braaf.
Dis ook amper weer skoolvakansie, maar die keer kan die padpredikant op
die hoek van Totiusstraat en Bankovs Boulevard nie weer op die eerste dag
van die vakansie omgetrek word nie. Want hy is nog nie teruggeplant van die
vorige vakansie af nie. Maar gaan Herrie sê: :O wee, wat word van die jeug?”.
Nee, want Herrie weet daar is baie jong kinders met hul voete stewig op die
aarde. Kinders wat weet wat die verskil is tussen reg en verkeerd.
Die ander? Hulle kry maar so een na die ander ‘n kriminele rekord. Nou mag
dit nie na veel klink om ‘n ou boetetjie vir ‘n paar gram dagga te kry nie. Pa en
Ma kry immers gereeld groter boetes vir in Totiusrenbaan jaag. Maar eendag
moet ‘n mens vir werk aansoek doen. Al is dit ook oorsee. En dan lyk daai
swart kol op die CV sleg. ‘n Leeftyd is ‘n lang tyd om toe boet vir ‘n jeugdige
onnoselheid.

Verkerstekens of verkeerde tekens


‘n Mens is ook nooit te oud om te leer nie. Herrie het altyd gedink die rooi
streep teenaan ‘n sypaadjie beteken “geen stilhou”. Die een in Totiusstraat,
teenaan die Boeremark, beteken egter skynbaar “taxistaanplek”.
Van Totiusstraat gepraat. Herrie kondig met vreugde aan dat die munisipale
wykskomitee dié straat se moedswillige lamppale, wat snags voor motors
inspring, aangespreek het.
Eintlik Totiusrenbaan.
Herrie het dié week die voorreg gehad om saam met Kleinherrie aan die
Martie du Plessisskool se kruiwa Grand Prix deel te neem. Ongelukkig het die
reën verrigtinge kortgeknip.
Maar by dié skool sien ‘n mens in ‘n uur meer vasbyt as in ‘n jaar by sommige
ander skole. En blymoedigheid, al is die eienaar van die glimlag in ‘n rolstoel.
Of beweeg hy met ‘n loopring.
So entoesiasties was hulle oor die Grand Prix dat die reën en koue waar-
skynlik nie genoeg was om die wedren te laat stop nie. Die onderwysers
moes hard sukkel om die kinders van die baan te kry.
Soos die definisie van ‘n trui lui: Dis iets wat ‘n kind moet aantrek as sy ma
koud kry. As dit nie vir die reën was nie, was dit straks ‘n geval van Herrie is
dood van kruiwastoot.
Verlede Saterdag het twe manne Herrie se beweerde planne, nogal politieke
planne, met die boeremark bespreek. Hul inligting het hulle blykbaar by dowe
Ta’Herrie gekry, wat dit op haar beurt by Oupamagrootjieherrie (tans oorlede)
gekry het, want dié planne bestaan nie.
Op die manier is die manne se toekoms-geskinner-kristalbal natuurlik kapot.

Die ding van Hansie laat Herrie dink. As iemand om vergifnis vra, vergewe
hom tog. Daar is dalk nie later voor geleent-heid nie, en dan is daar ‘n bitter
selfverwyt.
Vandag is die Rosestad om ‘n ander rede weer in die kollig. Die Springbokke
speel teen die Rooi Drake. Herrie het so ‘n spesmaas die aankondiging oor
die kapteinskap is terugehou totdat ‘n klomp kaartjies eers verkoop is. Die
Vrystaters is nog nie lekker nie dat Nick Mallet (wie onthou hom nog?) die
lawwe idee in sy kop gekry het Bobby is ‘n beter speler as die ysterman,
André Venter. Die gevolg is dat Bobby nooit juis die Blikore as sy “fêns” sal
kan tel nie.
Herrie wil nou nie juis ‘n mening oor die uitslag uitspreek nie. Maar dit sal
darem seker weer nie so ‘n amperse honderdtal wees nie.
Iets wat Herrie wél sal voorspel, is dat dit weer dae gaan neem om al die leë
bier-blikke en drankbottels op te ruim. Dié pawiljoensuipery, deur mense wat
gewoonlik nie vir die gewone wedstryde opdaag nie, maak dat ook die lojale
ondersteuners naderhand kopsku is om te gaan rugby kyk. Veral om ‘n meisie
of ‘n man se vrou saam te vat. Herrie en mev. Herrie is nou al amper ‘n
dekade en ‘n half in die eg verbind, en was nog nooit saam rugby toe nie.
Want as die manne eers gesuip is, dan vloek hulle. En dan is daar dikwels
ook ‘n bakleiery. En dan so elke nou en dan ‘n kaalnaelers wat ‘n opponent
gaan duik voor hy die doellyn kan haal.
Maar die laaste jaar of wat kom hierdie gopse net na die groot wedstryde.
Drank het te duur geword.

Die oggendstond het ryp op die grond


Herrie lees nou dat Eskom mense in die Vrystaat waarsku dat die koudste
dagtemperature in 20 jaar te wagte kan wees.
Wat maar net weer bo alle twyfel bewys dat Herrie kan lees. Dit beteken ook
dat die ouderdom en die koue Herrie nou gelyk gaan inhaal. Moontlik kry mev.
Herrie vir Kleinherrie so ver om ‘n trui aan te trek. Tot dusver is hy nog nie
oortuig nie, en word die hemp se moue boonop nog opgerol ook.
Maar wat Herrie by voorbaat laat lekkerkry is dat die jonges wat die afgelope
twintig jaar daarmee weggekom het om goed in die tuin te plant, wat die ouer
mense gesê het nooit ‘n Vrystaatse winter sal oorleef nie. Nou uiteindelik
gaan ons sien Herrie en kie was al die tyd reg.
Hoewel die seevlak al klaar styg weens die wêreld se temperatuur wat
geleidelik styg. Herrie verneem egter Langenhovenpark gaan nie in sy leeftyd
‘n eie strand by die see hê nie.
‘n Klompie jare gelede skryf Herrie in ‘n brief aan die Volksblad dis net ‘n
kwessie van tyd voor Langenhovenpark se Dagga Daily Incorporated onder
die bloekombome ook hul ware aan skoolkinders verkoop. Die polisie het
hierop toegeslaan, maar Herrie kry ‘n dreigoproep van ‘n lid van die
Langenhovenpark Bekommerde Ouervereni-ging. Herrie het die woongebied
se naam deur modder gesleep. Met ‘n hele paar kinders nou met kriminele
rekords, wonder Herrie: Bestaan daardie vereniging nog? Niemand is so blind
soos hulle wat nie wil sien nie. Maar Herrie het self groen koring op die lande,
wat dié koue winter moet oorleef.
Die skoolvakansie het aangebreek, en Medium- en Kleinherrie is oppad plaas
toe. Oupa en Ouma toe. ‘n Besondere voorreg wat dié twee knape het.
Herrie het self as kind vakansies die lekkerste lekkerte gehad.
Desembervakansies by Kleinbrak by die see. Veral lekker voor Boetherrie
kleintyd met die roeibootjie windaf landin is, maar windop terug naderhand die
boot uitgesleep en huistoe geloop het. Laaste sien van daai boot.
Winterakansies by Ouma-hulle op ‘n plaas hier buite Bloemfontein. Baie
biltong geët ook. Net jammer van die skoolganery tussenin.
Maar daar was ‘n tyd dat die Desembervakansies so lank was - by die ses
weke, dat Herrie so half begin terugverlang het skool toe. Herrie is nou nog
boos oor dié onverantwoordelikheid, veral met vakansies wat nou vir
volwassenes maar skaars is. Later was die skoolvakansies ook nie meer so
lank nie, en die onnies kwaaier, en het dié lawwigheid ook oorgewaai.
Herrie is nie ‘n ou vir politiek nie. Maar met die UDM wat nou ‘n stokkie voor
die oorlo-pery gesit het, moet Herrie darem ‘n woord inkry. Mnr. Bantu
Holomisa neem dié oorlopery sonder om die kiesers te ken “boewery.”
Komende van dieselfde man wat Min. Stella in die oorle Transkei in ‘n
staatsgreep onttroon het, maak dit nogal sin. G’n niks boewery gewees, so ‘n
staatsgreep nie. Demokrasie die Afrikastyl. Nogtans, Herrie het al gewonder
hoe me Stella in die eerste plek gekies geraak het. Al wat Herrie weet, is dat
as dit ‘n skoonheids-kompetisie was, het die huidige Minister dit nie op ‘n een-
mens-een-stem-grondslag gemaak nie. Sou waarskynlik darem die agbare
Minister van Buitelandse Sake in dié afdeling geklop het.
Maar nou gaan Herrie sy bek met witblits uitspoel oor dié politiekpratery.
Volgende week gee Herrie sy spesiale resep. Dis ‘n lekker resep maar nie so
dat iemand nou al moet begin uithonger nie.

Herrie se “resep”
Herrie was al flink oujongkêrel voor die kanselknoop deurgehaak is. ‘n
Oujongkêrel leer noodwendig kortpaaie, veral as hy liewer vir sport as
kosmaak is. Om nie eens van die skottelgoedwas te praat nie. Die toppunt is
om ‘n goeie maaltyd te kan maak en verorber, en net drie stukke skottelgoed
te hê – ‘n glasbak, ‘n skerp mes en ‘n eetlepel. (‘n Lepel was makliker as ‘n
vurk).
Danksy die mikrogolfoond-tegnologie ook g’n niks vuil stoofplate of –oond nie.
Oumaherrie was ‘n vreeslike stiptelike en presiese mens. ‘n Resep sonder ‘n
naam sou by haar ondenkbaar wees. Mediumherrie het dié eienskap ge-erf,
met die gevolg dat hy nie tevrede was as hy pa vra wat pa maak, en pa sê
“kos” nie. Daai kos moet ‘n naam hê. Om die naam-storie te omseil deur vir
hom te sê wat alles in die gereg is, werk ook nie, want hy loop al doer voor pa
halfpad is.
Hy soek bloot ‘n naam, en dit kan maar enigiets wees. En die kos moet
eetbaar, maar verkieslik lekker wees. Dus ‘n naam. Wat van Poeroekwaaise
Poe-mabredie sonder Poema? Kortom, sommer Poeroekwaaise Dinges.
Om die aard van die makery te verduidelik, moet Herrie eers van mev. Herrie
se ouma aan moederskant vertel. Ouma Joey het van jongs af met haar sluk
en spysverteringstelsel gesukkel. Al vaste kos wat sy kon eet, was fyn pro-
Nutro wat sy saam met verdunde soutsuur kon afkry.
Maar lekker kos kon sy lekker kos maak, al kon sy dit nooit self proe nie.
Herrie is nou nog hartseer oor die tuisgemaakte roomys wat Herrie op ons
huweliksonthaal kwyt is.
Die bakkie, wat spesiaal vir die hooftafel gemaak is, is net voor my neergesit
toe van die gaste ontydig begin vertrek. Iemand het toe besluit die roomys
kan nie skade gelei word nie, en dit opgegeët.
So ‘n blikskater.
Maar wat ek eintlik wil sê, is as iemand vir Ouma Joey gevra het hoeveel van
wat is in van haar smullekker disse, was die antwoord: “Soveel as gyt wilt”.

Hierdie is ook my eerste poging om een van my disse te resepteer, of dit nou
gebakte eier, pizza, piesang- of rosyntjiebrood, sjokeladekoek of die
Poeroekwaaise dinges is. Alles in die mikrogolfoond gaargemaak.

Van die sjokoladekoek gepraat. Net dit. Dit moet ongelukkig dadelik geëet
word. Die volgende dag deug dit net om as baksteen gebruik te word.
Moontlik het die mieliemeel wat: “soveel as gyt wilt” bygevoeg is, iets
daarmee te make.

Die resep dan vir ‘n porsie vir een, van die Poeroekwaaise dinges volgens die
beginsel van “soveel as gyt wilt”:

Neem minstens twee uie. As jy lief is vir uie, meer.

Gooi ‘n bietjie sonneblom- of olyfolie, maar verkieslik nie motorolie of


kasterolie nie, onder in ‘n glasbak.

Sny die uie in ringe in die glasbak.

Was die oë, snuit die neus en was die hande, en roer die uie deur die olie
onderin die glasbak.
Kerf ook ‘n paar repies groen rissie (green pepper) in, en roer saam.
Masochiste kan regte rissies of pepers inkerf.

Sit dit in die mikrogolfoond en laat so sewe minute op hoog bak. Minstens
lank genoeg dat ‘n groot deel van die buurt die reuk van gebraaide uie kan
kry, en jaloers word.

Haal eers die bak uit die oond. Plaas drie of vier aartappels in die
mirogolfoond, verkieslik met skil en al want dan is daar minder skottelgoed.
Bak hulle tot hulle baie amper gaar is. As u nie van skille hou nie, trek die
skille onder koue water af. Sny dit (die aartappels, nie die skille nie) in enige
vorm, en plaas bo-op die gebakte uie.

Neem maalvleis of stukkies plaaswors, en plaas bo-op die aartappel. As daar


‘n tamatie of twee in die yskas is wat reeds begin verlep het, kerf dit in.
Anders eet die tamatie vars.

Braai verder in die mikrogolfoond. Terwyl dit braai, neem ‘n blikkie Windhoek
Lager, en neem ‘n slukkie. As u aan Maltakoors lei, en u beleef ‘n sikliese
piek, neem net ‘n baie klein slukkie.

Te veel Windhoek Lager op die leë maag bederf die smaak van die kos.

Intussen is die teorie dat die wors of maalvleis se vet op die aartappel drup,
en dit effe vetbraai.

As die vleis gaar is, haal uit mikrogolfoond. As maalvleis gebruik is, gooi sout,
soveel as gyt wilt, by. Ook ‘n bietjie pietersielie, al is daar g’n niks vis in nie.
Gemengde speserye, aeromat (nie aerosol nie) en blatjang kan ook probeer
word.

As daar dan onverwags gaste opdaag, kyk watse oorskietkos in die yskas is.
As dit gaste is van wie u hou, gooi al die lekker oorskietkos in die bak.Dit kan
die oorskiet van die vorige Poeroekwaaise dinges wees, gemengde groente,
oorskiet braaivleis, selfs hoender, slap tjips, geelmielies (sonder stronke),
brokkolie – trouens amper enigiets.

Meng, en laat weer in mikrogolfoond bak.

As dit gaste is van wie u nie hou nie, skep skelmpies van die Poeroekwaaise
dinges uit en steek in die yskas weg. Soveel as wat u sal kan baasraak.

Gooi dan ou slaaiblare, oorskiet pampoen wat begin muf het, ou baber-steaks
(of nog beter karp wat onsuksesvolo gebraai is met grate en al, en
komkommer in. Gaan haal die aartappelskille op die komposhoop, en gooi
ook by. Roer, en laat louwarm in die mikrogolfoond word. As u regtig niks van
die gaste hou nie, oor weeg die oorskiet-sampioene. Die verkeerde soort.
(Daar bestaan nie iets soos oorskiet sampioene van die regte soort nie, ‘n
mens eet dit altyd alles op).

Kry terstond ‘n migraine, maak verskoning en gaan lê op die bed tot die gaste
verkas het. Dit behoort gou te gebeur, en die naaste Wimpy kan u kommissie
betaal.

Gaan haal die kos uit die yskas, en warm op.

En, HA, u het gedink ek het van die Windhoek Lager vergeet. Haal hom ook
uit die yskas, gaan sit voor die TV, en luister na Stephan Cloete se
rugbykommentaar oor Radio Rosestad terwyl u met die lepel uit die bak eet.
Verwens die gaste dat u nou meer as net die bak, die skerp mes en die lepel
as skottelgoed het.

“Hoe kan Herrie iets ‘n Poemabredie noem as daar nie poema in is nie?” wil
iemand weet. Herrie vra toe hoeveel kothuis is in ‘n Cottage pie en hoeveel
ouma in Ouma-beskuit. Saak gesluit.
Maar wat Herrie eintlik wil sê, is as iemand vir Ouma Joey gevra het hoeveel
van wat is in van haar smullekker disse, was die antwoord: “Soveel as gyt
wilt”.
Hierdie is ook Herrie se eerste poging om een van sy disse te resepteer, of dit
nou gebakte eier, pizza, piesang- of rosyntjiebrood, sjokeladekoek of die
Poeroekwaaise dinges is. Alles in die mikrogolfoond gaargemaak.
Die resep dan vir ‘n porsie vir een, van die Poeroekwaaise dinges met of
sonder Poema volgens die beginsel van “soveel as gyt wilt”:
Neem minstens twee uie. As jy lief is vir uie, meer. Gooi ‘n bietjie sonneblom-
of olyfolie, maar verkieslik nie motorolie of kasterolie nie, onder in ‘n glasbak.
Sny die uie in ringe in die glasbak.
Was die oë, snuit die neus en was die hande, en roer die uie deur die olie
onderin die glasbak.
Kerf ook ‘n paar repies groen rissie (green pepper) in, en roer saam.
Masochiste kan regte rissies of pepers inkerf.
Sit dit in die mikrogolfoond en laat so sewe minute op hoog bak. Minstens
lank genoeg dat ‘n groot deel van die buurt die reuk van gebraaide uie kan
kry, en jaloers word.
Haal eers die bak uit die oond. Plaas drie of vier aartappels in die
mirogolfoond, verkieslik met skil en al want dan is daar minder skottelgoed.
Bak hulle tot hulle baie amper gaar is. As u nie van skille hou nie, trek die
skille onder koue water af. Sny dit (die aartappels, nie die skille nie) in enige
vorm, en plaas bo-op die gebakte uie.
Neem maalvleis of stukkies Alma se plaaswors, en plaas bo-op die aartappel.
As daar ‘n tamatie of twee in die yskas is wat reeds begin verlep het, kerf dit
in. Word vervolg
Anders eet die tamatie vars.

Braai verder in die mikrogolfoond. Terwyl dit braai, neem ‘n blikkie Windhoek
Lager, en neem ‘n slukkie. As u aan Maltakoors lei, en u beleef ‘n sikliese
piek, neem net ‘n baie klein slukkie.

Te veel Windhoek Lager op die leë maag bederf die smaak van die kos.
Intussen is die teorie dat die wors of maalvleis se vet op die aartappel drup,
en dit effe vetbraai.

As die vleis gaar is, haal uit mikrogolfoond. As maalvleis gebruik is, gooi sout,
soveel as gyt wilt, by. Ook ‘n bietjie pietersielie, al is daar g’n niks vis in nie.
Gemengde speserye, aeromat (nie aerosol nie) en blatjang kan ook probeer
word.

As daar dan onverwags gaste opdaag, kyk watse oorskietkos in die yskas is.

As dit gaste is van wie u hou, gooi al die lekker oorskietkos in die bak.Dit kan
die oorskiet van die vorige Poeroekwaaise dinges wees, gemengde groente,
oorskiet braaivleis, selfs hoender, slap tjips, geelmielies (sonder stronke),
brokkolie – trouens amper enigiets.

Meng, en laat weer in mikrogolfoond bak.

As dit gaste is van wie u nie hou nie, skep skelmpies van die Poeroekwaaise
dinges uit en steek in die yskas weg. Soveel as wat u sal kan baasraak.

Gooi dan ou slaaiblare, oorskiet pampoen wat begin muf het, ou baber-steaks
(of nog beter karp wat onsuksesvolo gebraai is met grate en al, en
komkommer in. Gaan haal die aartappelskille op die komposhoop, en gooi
ook by. Roer, en laat louwarm in die mikrogolfoond word. As u regtig niks van
die gaste hou nie, oor weeg die oorskiet-sampioene. Die verkeerde soort.
(Daar bestaan nie iets soos oorskiet sampioene van die regte soort nie, ‘n
mens eet dit altyd alles op).

Kry terstond ‘n migraine, maak verskoning en gaan lê op die bed tot die gaste
verkas het. Dit behoort gou te gebeur, en die naaste Wimpy kan u kommissie
betaal.

Gaan haal die kos uit die yskas, en warm op.


En, HA, u het gedink ek het van die Windhoek Lager vergeet. Haal hom ook
uit die yskas, gaan sit voor die TV, en luister na Stephan Cloete se
rugbykommentaar oor Radio Rosestad terwyl u met die lepel uit die bak eet.
Verwens die gaste dat u nou meer as net die bak, die skerp mes en die lepel
as skottelgoed het.
Ons maak vandag klaar met Herrie se resep...die een van die
Poeroekwaaise dinges.
Braai verder in die mikrogolfoond. Terwyl dit braai, neem ‘n blikkie Windhoek
Lager, en neem ‘n slukkie. As u aan Maltakoors ly, en u beleef ‘n sikliese piek,
neem net ‘n baie klein slukkie. Te veel Windhoek Lager op die leë maag
bederf die smaak van die kos.
Intussen is die teorie dat die wors of maalvleis se vet op die aartappel drup,
en dit effe vetbraai.
As die vleis gaar is, haal uit mikrogolfoond. As maalvleis gebruik is, gooi sout,
soveel as gyt wilt, by. Ook ‘n bietjie pietersielie, al is daar g’n niks vis in nie.
Gemengde speserye, aromat (nie aerosol nie) en blatjang kan ook probeer
word.
As daar dan onverwags gaste opdaag, kyk watse oorskietkos in die yskas is.
As dit gaste is van wie u hou, gooi al die lekker oorskietkos in die bak. Dit kan
die oorskiet van die vorige Poeroekwaaise dinges wees, gemengde groente,
oorskiet braaivleis, selfs hoender, slap tjips, geelmielies (sonder stronke),
brokkolie ...Meng, en laat weer in mikrogolfoond bak.
As dit gaste is van wie u nie hou nie, skep skelmpies van die Poeroekwaaise
dinges uit en steek in die yskas weg. Soveel as wat u sal kan baasraak.
Gooi dan ou slaaiblare, oorskiet pampoen wat begin muf het, ou baber-steaks
(of nog beter karp wat onsuksesvol gebraai is met grate en al, en komkommer
in. Gaan haal die aartappelskille op die komposhoop, en gooi ook by. Roer,
en laat louwarm in die mikrogolf-oond word. Kry terstond ‘n migraine, maak
verskoning en gaan lê op die bed tot die gaste verkas het. Dit behoort gou te
gebeur.
Gaan haal die kos uit die yskas, en warm op.
En, HA, u het gedink Herrie het van die Windhoek Lager vergeet. Haal hom
ook uit die yskas, gaan sit voor die TV terwyl u met die lepel uit die bak eet.
Min skottelgoed op dié manier.
Verwens die gaste dat u nou meer as net die bak, die skerp mes en die lepel
as skottelgoed het.

Herrie ‘n man van twaalf duime


Herrie kom nie sommer gewone dinge oor nie. Die gewone ou, byvoorbeeld,
sal van ‘n leer af val.
Nie Herrie nie. Hy val óp ‘n leer.
Dis ‘n lang storie, maar die kort is dat Herrie nou ‘n wond op die maag het wat
lyk of Herrie sommer sy eie blindederm probeer uithaal het.
Maar ‘n baie voorspoedige jaar van Herrie se kant af.
Herrie se nuwejaarsvoorneme is om positief te wees. Nie aldag so maklik nie,
wat al klaar ‘n negatiewe ingesteldheid is.
Dus doen Herrie ‘n paar ander opsies aan die hand:
Iemand het eendag gesê môre breek al vandag aan. Herrie verstaan nie die
wetenskaplikheid daarvan nie, maar verstaan dit as die wyse waarop ‘n mens
vandag dinge vir môre voorberei.
Neem nou maar die een wat die skottelgoed vir die volgende dag laat
oorstaan. Dan sit hy die volgende dag met vandag se slapheid. Het hy die
skottelgoed die vorige dag gewas, het hy die volgende dag ‘n aangenamer
wegspring gehad.
Herrie was ‘n spesialis om skool-huiswerk die volgende oggend vroeg baas te
probeer raak. Soms is mens goed uitgerus, en werk dit. Maar soms rol mens
die nag rond omdat dit nie gedoen is nie, en dan is ‘n mens maar voos. Was
die huiswerk maar die vorige dag gedoen, het mens lekker geslaap, en was
uitgerus.
In kort. Moenie uitstel nie. Probeer elke dag dit moontlik maak om die
volgende dag met ‘n skoon lei te kan begin.
Dit beteken nie, dink Herrie, dat ‘n mens vandag die skoolboelie moet
afransel, sodat ‘n mens die volgende dag nie nog hieroor ‘n kopsorg het nie.
Nee, probeer vandag om hom met rede en verstand tot ander insigte te laat
kom. As hy nie luister nie, bles hom dán die volgende dag.
En as hy groter as jy is, skeur net sy hemp sodat sy ma hom slaan.
Moenie dat ‘n sielkundige molshoop stof vergaar nie, want kort voor lank is dit
‘n berg, en moeilik om af te skud.
Dis vandag die Volksblad se groot trap. Die afgelope maande was motoriste
se gedrag teenoor fietsryers, en omge-keerd, skerp onder die soeklig. 'n
Fietsryer het met sy lewe betaal vir 'n onderonsie. Herrie ry vandag saam. Dis
'n Peugot uit die dae toe Peugot nog 'n fiets was.
Wat hartseer is, is dat debat in die briewekolomme nog nie verby is nie.
Onlangs het 'n motoris nog geskryf fietsryers het geen reg op die pad nie.
Herrie neem aan hy het sy rybewys per korrespondensiekollege gekry. 'n Be-
denklike kollege in Uganda. Hy het seker ook die brief aan iemand wat kan
skryf, gedikteer.
Nou die dag het Herrie darem self amper met die fiets en al in 'n karretjie
geval. Herrie was besig om die Bulletin te versprei, toe 'n antietjie met haar
karretjie parkeerplek by die Boeremark soek. Sit die linker-flikkerlig aan, en
Herrie ry regs verby. Dan probeer sy regs draai. Dan is die regterflikkerlig
aan, en sy begin regs draai, en Herrie glip links verby. Maar sy ry reguit aan,
weer by Herrie verby. Die vierde keer draai sy toe regtig. Met die
regterflikkerlig aan ry sy by Herrie verby, en draai kaplaks. Links.
Laat Herrie dink. Paherrie en Maherrie was van Stellenbosch af op pad
Strand toe - nog 'n smalle weg. Van links kom 'n man oop en toe met sy fiets
op 'n plaaspad aangejaag. Paherrie draai so ver uit hy kon, maar daar ry ta in
Maherrie se deur vas. Die man is baie apologeties: "Sorrie meneah, my
briekse het gefyl, maar ek sal darem nie 'n saak maak nie."
Gelukkig het die Peugot se briekse nie gefyl nie. Anders het Herrie
geprosedeer - as Herrie nog op die ondermaanse was.
Die gelol nou met rybewyse. Paherrie het vertel van die boer wat donkiejare
terug sy voorman vir ‘n rybewys stuur, toe dit verpligtend geword het. Die man
wat die rybewyse uitreik laat hom om die blok ry. Kom stuurwiel in die hand
terug - bakkie omgekeer. “Jy moet die liksens maar vat, ek het hom klaar
uitgeskryf,” sê die man.

Bloedskenk
Herrie was die afgelope week in die Oos-Vrystaat. By Herriesmith, ekskuus,
Harrismith, doen Herrie by “Infor-mation” aan om te hoor waar die kom-
mandokantore is. Herrie moet daar gaan spiets oor die landbousensus.
Maar nee, die dames, wat “English only” praat weet nie van kommando’s en
kommando-kantore nie. Self “ar-my” laat nie die lig opgaan nie.
Hulle is beslis nie reggestel, ekskuus, aangestel, om “information” te hê nie.
Herrie was in die versoeking om te verneem na die “struikrowersnes,” soos
die Premier reken, maar synde ‘n oud-kommandoman, het Herrie dit nie oor
sy hart gekry nie.
In skrille kontras. By Paul Roux het Herrie met die gaan en terugkom by daai
rondawels langs die pad aangegaan. Aangename Afrikaner-mense, wat die
heerlikste blitong, droë wors en vrugterolletjies soos ouma dit gemaak het,
verkoop. Dit is voorwaar ‘n verpligte stilhou as u die pad langnaweek Durban
of suidkus toe aandurf. Boonop is dit dieselfde mense wat die enigste
wandelroete in die berge ontwerp het, wat toeganklik is vir mense in rolstoele.
Skakel gerus 058 - 471 0551.
So met die terugkom moes Herrie vir oulaas sluk aan iemand se padgebruik.
‘n Qwaqwa-bakkie met ‘n sleepwa. Net voor Winburg steek hy sy regterarm
uit, en sit sy linker-frikkerlig aan. Draai gaan hy draai, maar watter kant toe?
Dis toe regs.
Van die langnaweek gepraat. Na u u
motor by Vorster Motors laat versien
het, gaan skenk bloed, red ‘n lewe en
word ‘n held.
Miskien moet u sommer aan altwee
arms bloed skenk. Vir al wat u weet,
behoort u soos Herrie aan twee
bloedgroepe. Aan die regterarm het die “army” O+ raakgeboor. Links, volgens
al die ander dokters is dit A+.
Veral as u eenkant ‘n skaars bloedgroep het, kan u bloed baie waardevol
wees. Maar grappies op ‘n stokkie - skenk bloed ... asseblief.

Hang die fietsdiewe


In die dae van die Wilde Weste is ‘n perdedief sonder omhaal van veel
woorde gehang. Al skoppende met die tou om sy nek teen ‘n boomtak opge-
hys. Want om ‘n man se perd te steel, het die slagoffer dikwels aan ‘n haglike
dorsdood onderwerp. Fietsdiewe, so voel Herrie, behoort ook so gehang te
word. Herrie kry dié brief van vriend Chris Nel (die man wat die lekkerrr
hondekos by die Boeremark daar een-kant onder die bome bemark.) Want
Chris is nie ‘n man vir die gedrang nie:
“My seun Hannes se oranje en swart bergfiets is helder oordag op Don-
derdag 6 Maart 2003 voor die Genmin Lectorium op die kampus van die Vry-
staatse Universiteit deur 'n onbekende persoon verwyder. Die lesingsaal is
naby die konstruksiewerke oor D.F. Malherbelaan, die biblioteek, die Dept van
Onderwys se Magasyne en die militêre gebied. Ek bied 'n STEWIGE
BELONING aan vir enigiemand wat bruikbare inligting of verkieslik die fiets
kan terugbesorg. Daar is sover vasgestel kan word tans hoogstens 2 sulke
fietse in Bloemfontein en 7 in die RSA. Die feit dat dit laas met 'n swart
voorvurk en 'n voorband met geel sye toegerus is, maak dit nog verder uniek.
Die raamnommer is beskikbaar vir identifikasiedoeleindes. Hou asb. u oë oop,
dalk kan u 'n student se hart baie bly (en sy pa se sak nog platter!) maak.
Mev. Herrie moes nou die dag haar on-derneming sluit om Groot Herrie by die
skool te gaan haal. Iemand het vir die “grap” sy fiets se wiel by die skool
afge-blaas. Groot Herrie het juis ‘n talent vir pap wiele kry - dis regtig nie
nodig om dit nog kunsmatig aan te help nie. Groot Herrie was nog gelukkig. ‘n
Duimdrukker is in ‘n ander se band gesteek. Vir die “grap.”
Maar ‘n fietsdief. Doeriejare gaan kla ‘n toeris aan ‘n obskure kommunistiese
land oor sy beursie wat gesteel is. By die polisie hoor hy: “Toemaar, die
beursie is al teruggekry en die dief tereggestel.”

Verkeerspuisies
Dis nog nie eens Paasnaweek nie, en Herrie sien al op omtrent in al wat ‘n
kruising is dat iemand ‘n glasskenk-kliniek gehou het. In plaas daarvan om te
gaan bloed skenk. Langenhovenpark het nou twee van daai klein verkeer-
sirkeltjies om die motoriste deurme-kaar te maak. Hoewel, Herrie moet toe-
gee, die ene naby die Pick ’n Paysen-trum veroorsaak skynbaar minder ver-
warring as die een aan die bo-punt van Totiusstraat.
Dieselfde reëls as by ‘n groot sirkel geld by ‘n kleintjie, maar die motoriste kan
dit blykbaar nie klein kry nie.
Soos die Sanmajoor wat ‘n lesing in kaartlees gee. “Sirkel - 180 grade” sê die
Sanmajoor.
“Nee, Sanmajoor, ‘n sirkel het 360 gra-de” protesteer ‘n troep wat pas ma-
triek-meetkunde geslaag het. “Groot sirkel 360 grade” sê die Sanmajoor.
“Klein sirkel 180 grade.”
Die sirkeltjie by Totiusstraat het dus ook te min grade in om uit te werk. Dus,
die motor wat van Spar se kant af kom, wag vir die motor wat van die plotte af
kom. Dié wag weer vir die motor wat in Totiustraat opkom, terwyl daai een
weer vir die een wag wat van Spar af kom. Behalwe soms, dan word eie reëls
gemaak. Soos die anties wat van Spar se kant in die middelbaan afkom, die
sirkel deurjaag, en ander-kant in Totiusstraat se linkerbaan aan-jaag. Dis juis
daai baan wat nié ver-warring behoort te veroorsaak nie, want dit is ‘n geslote
baan vir verkeer wat in Totiusbaan opkom, en bo regs in Bank-ovs draai.
Hoewel hulle ongehinderd regs behoort te kan draai, is dit selfmoord weens
die kamikatze-anties se oorjagery en baansnyery.
Maar nou moet Herrie oor iets anders praat. Daai sirkeltjie mag klein wees,
maar hy laat steeds Herrie se kop draai. Geniet die naweek en ry versigtig.
Soos die ma wat vir haar seun sê: “Geniet die aand en gedra jou.” Waarop dié
sê: “Ma, besluit nou wat ek moet doen.”
Dus, soos Confusius gesê het, skenk liewer bloed as glas.

Inbrekervakansie
Volgende naweek is Langenhovenpark weer "toe" soos die inwoners in daar-
die kort tydjie gaan probeer om iewers by die kus uit te kom. Ongelukkig gaan
baie Suid-Afrikaners die jaag-en-terug-jaag nie maak nie. Dis nie 'n profesie
nie, dis maar net elke jaar 'n feit.
Mense wat nie weggaan nie, is die inbrekers. Dan het Langenhovenpark ook
nog van tyd tot tyd te make met mense van Gauteng wat hier kom "aankope"
doen. Sonder die eienaar se toestemming en sonder om te betaal.
As ons maar sien, is daar nog 'n motor weg, of 'n huis leeggedra.
Jare gelede het 'n Bloemfonteinse gesin een vakansie eers vir iemand by
Fauresmith rond gaan kuier. Daarna is Durban toe gery, maar is nie by die
huis aangedoen nie. By die ou Van Reenenspas beland die motor agter 'n
meubelvervoerlorrie. Naderhand gaan die een deur agter oop.
"Haai kyk, daai grassnyer lyk nes myne," sê die man.
"En daai bank lyk nes ons sit-kamerbank," sê vroulief.
"En daai driewiel lyk nes myne," sê Kleinboet.
Dis toe dat hulle begin agterkom alles in daai vragmotor lyk nie net soos hul
goed nie, dit is hul goed. Hulle ry naderhand verby, en na die naaste dorp se
polisiestasie toe.
Daar word die vragmotor voorgekeer.
Nou ja, dis gerieflik om met 'n weg-breekvakansie heelwat van jou dinge by-
derhand te hê, maar 'n mens se hele huisraad!
En hoe kom dit alles weer terug by die huis? Die inbrekers sal nie sommer
aan-bied om dit terug te ry nie, en al doen hulle dit, mag 'n mens dalk traag
wees om van hierdie gawe aanbod gebruik te maak.
Maar die belangrikste: Onthou waarvoor daar 'n Paasnaweek is. Dis werklik
tragies dat die Paasnaweek, soos die Kerstyd, vir baie ook ‘n besonder
hartseer tyd moet wees.
Ons bid vir almal se veilige terugkeer. Veilig ry. En ‘n geseënde Paasfees.

Vo%en fandale
Vandale in Langenhovenpark is nie iets nuut nie. Trouens, dit lyk of die
hedendaagse vandale die destydse Wandale wat Rome so verniel het, ‘n paar
kunsies kan leer.
Dis nou Langenhovenpark se posbus-se wat deurloop. Behalwe die plafon-
plate wat uithang, is amper al wat ‘n lig is uitgeruk. Die jongste wat Herrie op-
merk, is dat belangrike pos sommer net daar rondgegooi word. Dit gebeur
soms dat verkeerde pos in ‘n mens se posbus beland, en daarvoor is die wit
posbus daar.
Soms gebeur dit dat die wit posbus te vol is om nog verkeerde pos in terug te
pos, maar selfs dan kan ‘n boer ‘n plan maak. Sluit eenvoudig jou eie posbus
oop, en gooi die verkeerde pos tot op die vloer aan die binnekant. Die
sorteerder sal dit wel daar kry.
‘n Mens kan belangrike pos kwyt wees as iemand anders dit sommer weg-
gooi. Soos van die Ontvanger.
‘n Klompie jare gelede, toe daar so woes ‘n “dagga-restaurant” onder die
bloekombome bedryf is waar die Markplein-meenthuise nou opgerig is, het
Herrie ‘n tong-in-die-kies-brief aan Volksblad geskryf. Toe kry Herrie ‘n
naamlose oproep van ‘n “lid” van die “Langenhovenpark bekommerde ouer-
vereniging” wat Herrie oor die kole haal omdat Langenhovenpark se naam so
deur die modder gesleep word. Herrie sou ‘n besoek van hierdie be-weerde
vereniging kry.
Dieselfde aand het die polisie egter ‘n klopjag op die “restaurant” uitgevoer en
pandemonium veroorsaak. ‘n Paar jaar later sit van Langenhovenpark se
skool-kinders met rekords weens daggarook.
Die vereniging is steeds welkom om met Herrie te kom praat. Herrie stel voor
die eerste agendapunt is die: “Die onder-skeid tussen kattekwaad en
vandalisme. Die tweede punt is: Die onderskeid tus-sen kattekwaad en
kriminele aktiwiteite.
Herrie onderstreep - Langenhovenpark het pragtige kinders. ‘n Paar vrot
appels wat interkoms breek, borde verniel en so aan trek ongelukkig die
aandag.
Groen koring is so kwesbaar.

Vleisie op die kole


Met die baie vakansiedae besluit die Herries eendag om ‘n vleisie op die kole
te gooi. Hout gepak, vleisie ontdooi en ingesout, als. Maar daar kom van die
braai niks. G’n don-derbalkies nie. Nie een van die Herries rook nie. Dus maar
oond toe.
Dié vuurhoutjieloosheid verstaan Herrie nie. Gereeld word pakke ge-koop, en
sodra dit gebruik moet word, is dit skoonveld. Nie dat dit rondlê nie - vandat
Klein Herrie in ‘n kas in die motorhuis gaan kyk het hoe brand ‘n kers, en in
die proses die motorhuis amper in puin gelê het, is dit iets wat goed
weggesteek word.
Kragonderbrekings in Langenhoven-park is ook so net ver uitmekaar dat teen
die tyd dat daar een is, die flitse wat na die vorige gekoop is, stukkend
gespeel is. En die vuurhoutjies weg is.
Geen lig in donker Afrika.
Maar so verneem Herrie dié week die boere daar by Bethulie het ‘n nuwe
moeilikheid. Dis bruin Hiënas wat nou onder die skaap vang. Een gedierte wat
van die gras afgemaak is, het 15 skaappootjies in sy pens gehad. Ook ‘n stuk
menslike kleding, maar niemand word vermis nie. Dan was daar ook ‘n stuk
rubber so groot soos ‘n skoensool in die dierasie se pens.
Natuurlik is die boere ontsteld. Hulle ly klaar baie skade deur die tweebeen-
jakkalse wat hulself so help. Diefstal is juis een van die veeboere se grootste
uitgawes. As hulle die polisie wil bel, is die telefoonlyne dikwels ook gesteel.
Die selfoon se battery is pap omdat die Eskomdrade ook gesteel is.
Nou kom die Hiënas skynbaar van Tussen-die-Riviere om die boere te vererg.
Terwyl Bethulie se boere vererg is, gaan Springfontein fees vier. Hul boere-
vereniging is vanjaar 100 jaar oud.
In die reël pleeg Herrie uit selfver-dediging nie Engels nie. Met Herrie se
omswerwinge deur die Vrystaat met die landbousensus is die volgende
verneem:
Saddam stuur ‘n SMS aan Tiger Woods: “How do I get out of this bunker?”

Aardverwarming en Bloemfontein se eie strand


Herrie is nie te opgetrek met die koue wat nou al kort-kort hier kom kuier nie.
Hoe lyk dit dan - waar bly die universele verhitting.
Met dié universele verhitting het Herrie eintlik net een versugting - dat die
seevlak so sal styg dat die Rosestad sy eie strand kan hê. Dink net hoe lekker
sal mens na die Boeremark hier onder by die draai in die veld, kan gaan
sonsambrele opslaan, terwyl die golwe in ‘n mens se ore klots.
Maar met Herrie se geluk sal dit seker die Atlantiese oseaan met sy koue
water wees wat hier sal kom bloudam maak.
Herrie kan sulke twak kwytraak, want die see sal nie so ver opstoot nie. Daar
sal maar bitter min landbougrond in die land oor wees as die see tot hier kom.
Herrie, soos hy die Wes-Kapenaars ken, sal ook liewer onder die golwe in
verdwyn as om binneland toe uit te wyk. Nuweland sal seker bo-op Tafelberg
ingerig word, voor dié ook onder die blou waters verdwyn.
Dan het daai manne moeilikheid.
Op Nuweland is hulle gewoond om in sopnat toestande rugby te speel, maar
daai nattigheid sal bietjie meer wees as wat hulle gewoond is.
Maar Herrie is dankbaar dat El Nino nou glo aan’t stuiptrekkings maak is, dat
dit die komende somer weer lekker kan sous, en daar kos geproduseer kan
word - wat die regering seker weer vir Zimabwe sal loop gee.
Ja, Herrie se grassnyer het die afgelope somer half lyfweggesteek.
Die ou mense sê juis dit moet ‘n koue winter wees om ‘n normale, nat somer
te kan hê.
Uit dure ondervinding herinner Herrie net die lesers - sorg maar dat die water
snags liggies drup uit krane wat neig om vas te vries. Dis lelik as ‘n pyp in die
plafon bars. Dit gebeur gewoonlik oor ‘n naweek wanneer hulp maar skaars
is. Hou dus maar Bulletin byderhand van advertensies van mense wat kan
kom raakvat as die pyp groet. Herrie heb gesegd.

Al weer vandalisme
Onlangs skryf ‘n iemand van Langenhovenpark oor iets waaroor Herrie al ‘n
paar keer ‘n stuiwer in die armebeurs gewerp het: Kinders wat nie die verskil
tussen kattekwaad en vandalisme ken nie.
Jong bloedjies, die verskil is ‘n lewenslange vonnis. Eenvoudig, ‘n mens kry ‘n
kriminele rekord, en sukkel vir die res van jou lewe om werk te kry. Dit help
ook nie om te dink ‘n mens emigreer nie. Bitter min lande wat hul sout werd is,
aanvaar enigeen met ‘n kriminele rekord.
Dus, eendag as mens groot en verantwoordelik is, dra ‘n mens en sy gesin
die gevolge van toe ‘n mens jonk en onnosel was. Want dis gewoon onnosel
om ‘n meenthuis se interkomstelselsel te beskadig. Dit plaas ‘n mens ook in
die dieselfde liga as die Kaapse skolliebendes.
Nou nie dat die bloedjies aldag by die oueres die mooiste voorbeeld kry om
na te volg nie. Watter voorbeeld stel iemand wat kyk hoe vinnig hy of sy in ‘n
straat afgejaag kan kry? Dit terwyl daar kinders in die omgewing is. Om nie
eens te praat van oor hierdie 180 grade sirkeltjies jaag as die ander kant
ryvoorkeur het nie.
Dit is tog jammer dat ‘n paar mense en hul telge dit vir die oorgrote
meerderheid so ongemaklik kan maak. Soos Saterdag-aande as daar iewers
‘n gedoef-doef lostrek. Vermoedelik moet die mense nader ook musiek hoor.
Of die jafel wat ‘n voorliefde het om Sondagoggende sy gras te sny, en
Sondagmiddae met ‘n sirkelsaag en hoeksnyer los te trek. Nee, hy is
waarskynlik nie ‘n sewende daagse adventis nie, want hy skop dieselfde
lawaai op Saterdae op. Dikwels ook weeksaande, tot so middernag. Al wat
Herrie van dié jafel kan sê wat naastenby nie ‘n prosedeerbare newe-effek het
nie, is dat hy beslis nie lui is nie. Maar konsidererend teenoor sy bure -
aikôna.
Maar elke gemeenskap het maar sy gopse en ghwarre. Die armes van gees,
siestog.

Kerriekat
Nou die aand sit Herrie op die rekenaar en werk, toe Kerriekat, die Herries se
kat, onaards in die motorhuis begin skree. Wat maar net weer bewys. Herrie
kan soms werk.
Vroeër die dag het Herrie en Groot-herrie van Alma se nat droëwors in die
motorhuis opgehang, en Kerriekat het daarop afgekom. Hy kon egter nie
bykom nie, en synde half Siamees met 'n voorliefde vir rou vleis, was die lus
erbarmlik.
Eintlik is Kerriekat seker nou Klein-herrie se kat. Kleinherrie het by ouboet
uitgetrek na sy eie kamer toe, en Ker-riekat en Herriehond slaap saam in die
kamer. Aanvanklik moes die bedlampie ook snags brand. Met die winterkoue
lê Kerriekat soms styf teen Herriehond se baster-rif. Kleinherrie het al 'n slag
dié deurmekaar rif probeer regkam, maar dit wou glad nie werk nie.
Herrie verwys nou wel na Kerriekat as "hom," maar sedert 'n kattegeveg op
die werf en 'n rit na die veearts is Kerriekat nou eintlik net 'n konsultant.
Nie dat hy dit skynbaar besef nie. Kerriekat was nog altyd 'n deeglike kar-
inspekteur - elke kar in die inrypad word nagegaan. Is daar 'n oop venster, sal
Kerriekat sommer inklim ook. So het Kerriekat al 'n slag of wat saam vertrek,
maar haastig soos 'n lap deur die lug verkas voor die straat gehaal is. Maar
deesdae word karre soms ge-merk, en nou die dag selfs ta'Herrie se tas toe
sy kom kuier het.
Maar Kerriekat is nie altyd tipies kat nie. Nou die dag het die kat weer 'n muis
gevang, en soos 'n kat nou maar maak, eers met die arme ding gespeel. Maar
toe opvreet? O nee, toe Herrie sien word die muis ter aarde bestel soos 'n kat
ge-woonlik iets anders begrawe. Nie dat Herriehond 'n voorbeeld oor bene
be-graaf stel nie. Herrie kan aan min bene dink wat die hond gekry het, wat
nie sekondes later na 'n geknars van tande verorber was nie. Nee, 'n been
moet 'n menjoster van 'n been wees om 'n rukkie te oorleef. Inbrekers het nie
sulke bene nie.
In die Herrie's se huis woon daar 'n ding wat sakdoeke opvreet. Herrie het die
ding nog nooit gesien nie, maar dat hy bestaan - daaroor het Herrie geen
twyfel nie. Hy het selfs 'n naam: Herriesemoses.
Elke Kersfees en met elke verjaarsdag van Herrie, wat terloops bymekaar is,
kry Herrie sakdoeke. Maar dit hou nie die jaar nie. Herriesemoses begin gou
wei, en kort voor lank is daar nie meer sakdoeke nie.
Noudat Grootherrie so snuif, kry Herrie weer gedagte aan die ding wat so
sakdoeke vreet. Herrie self is agter-stevoor. Herrie snuif in die somers, maar
van die vreeslike hooikoors. Kleinherrie is ook 'n wintersnuiwer, want vir hom
is die definisie van 'n trui inderdaad iets wat 'n kind moet aantrek as Ma koud
kry.
Maar al kry ma vir Kleinherrie so ver om 'n trui aan te trek, is dit kort voor lank
nie meer aan sy bas nie. So elke nu en dan word 'n soekgeselskap uitgestuur
om al die truie in die tuin te gaan kollekteer. Herriesemoses vreet ongelukkig
nie net sakdoeke nie. Sokkies is blykbaar net so 'n lekker versnapering.
Ongelukkig het Herriesemoses die vreemde gewoonte om net een sokkie van
'n paar op te vreet. Die ander bly nutteloos ongeskonde agter.
Herrie het geen idee hoe Herriesemoses lyk nie. Dié ding is ver-nuftiger as
die stille sluiper. Of onsig-baar.
Herrie se gereedskap raak ook só weg dat dit al wegskap is. Verlede naweek
juis weer ‘n stoel gerestoureer, wat Herrie drie keer so lank as nodig geneem
het. Maar hieraan is Heriesemoses heeltemal onskuldig. As mens kinders
het, dan is dit harde werk om enigets met gereedskap te maak. Want soek ‘n
mens die spykers, dan moet mens naderhand Handi In toe loop om te gaan
koop. Dan soek mens die hamer, en moet Handi In toe loop om ‘n hamer te
gaan koop. Herrie het al selfs ‘n vermiste snoeisker diep in die komposgat
gekry.

Bloedskenk
Donderdag is dit die groot bloei by die Pick ‘n Paysentrum. Soos gewoonlik,
dié tyd van die jaar, gaan gereelde skenkers met vakansie of word siek.
Ander mense loop ry rond, en raak in ongelukke. Babas weet ook nie van
gebore word wanneer daar weer vol-doende bloed is nie.
Dus bied dit aan elkeen wat mag bloed skenk, die geleentheid om ‘n held te
wees.
Ook mense wat nie mag bloed skenk nie, het die geleentheid om ‘n held te
wees, soos om ‘n ietsie vir die Gerhard Beenmurgfonds by te dra. Insame-
lingsbussies is in amper al die winkels in Langenhovenpark. Ja, Gerhard het,
toe sy ouers die Krapgat-winkel in die Sparsentrum gehad het, in baie mense
se harte ingekruip soos hy met sy karretjie rondgerits het. Nou is hy net vyf
jaar oud, en stry reeds ‘n stryd teen sy tweede soort kanker.
Volgens die jongste berigte, is nog meer as R100 000 van die R450 000 wat
benodig word, nog uitstaande.
Kom ons wees almal helde...op enige manier wat ons kan.
Herrie se Hekelhoekie kom al ‘n lang pad. Destyds uit oorle’ Netnuus uit. Toe
in die Langehovenpark Bulletin, en ondertussen ook in ‘n ietwat ander styl as
Herrie se Kerrie in Vrystaat, voorste Oos-Vrystaatse dogterskoerant van
Volksblad.
Na al die jare kon die onnaspeurlike nom de plume nog nie ontrafel word nie,
en het Herrie ook nog nooit ‘n kluitjie gebak nie. Herrie beplan om ‘n bundel
van 50 van die gewildste en tydlose “episodes” saam te stel. Ons doen dus
nou ‘n op-name om die vraag na so ‘n bundeltjie te bepaal.
Skakel gerus met Joan by 4461712 om aan te dui of u sou belangstel.
In dié stadium lyk dit of werksom-standigehede Herrie van die middel van
Julie tot die einde van die jaar in Pretoria in ballingskap gaan laat verkeer.
Vol-gende week se Bulletin is dus moontlik die laaste van die jaar. Ons vra
dat veral adverteerders dit in gedagte sal hou.

Tsotsi’s die geheime wapens


Herrie wonder soms waarom daar so ‘n groot bohaai oor die wapenskandaal
gemaak word.
Van omtrent 1990 was wapens alewig in die nuus. Destyds eintlik tradisi-
onele wapens. Want, destyds wou almal wat ‘n vreedsame optog gaan hou
het, hul tradisionele wapens saam-neem.
Tradisionele wapens soos afgesaagde haelgewere, skerpgemaakte speke,
bottels petrol met terpentynlappe aan vasgemaak, bakstene en so meer.
Maar selfs dit was nie nuut nie. ‘n Mens hoef maar net enige tyd die vorige
eeu in ‘n onderwyseres se laai te gaan kyk het. Al die tradisionele wapen wat
sy in haar klas gekonfiskeer het.
Afgesien van die tradisionele kettie was daar ook ‘n bonte verskeidenheid
“pea shooters.” Hier en daar ‘n stukkie metaal wat onderaan ‘n skoensool
vasgemaak is, en dan vuurwarm geskuur is voor dit teen ‘n slagoffer se kaal
been gedruk is.
Die peashooters was natuurlik die eintlike kuns. Eintlik die amunusie. Dit het
normaalweg bestaan uit ‘n stukkie papier wat tot ‘n bondeltjie gekou is. Die
arme outjie met die bakore wat iewers voor die skutter gesit het, het dit
gewoonlik ontgeld.
‘n Geoefende skerpskutter kon natuur-lik enige oor raakgeklits kry. Hier en
daar het ‘n boelie ‘n speld deur die pa-piertjie gedruk, en was dan baie
verbaas dat hy baie ernstige teenspoed op die ...hals gehaal het.
Ja nee, gaatjies deur ore en allerlei ander liggaamsdele was toe nog nie in die
mo-de nie. Trouens, ‘n leerling was half teë daarop dat iemand hom met ‘n
speld agter die oor skiet.
Nou ja, wie meen nou nog dat die wapen-ding iets nuuts is? Al verskil eintlik is
die koste. Herrie glo ook nie ‘n skoolhoof sal baie beïndruk wees as ‘n
skoolkind ‘n Hawk of Grippen probeer insmokkel om iemand agter die oor te
probeer klits nie.
Herrie sê, kry net ‘n paar onderwyseresse om die wapenskandaal te
ondersoek.

Skuiwergat
Jarre der jarre gelede woon Herrie 'n troue by. Voor Herrie sit 'n knapie wat in
sy sitplek omgedraai het, en Herrie stip in die oë kyk. Die heel tyd. Naderhand
irreteer die knapie se gekykery vir Herrie, en Herrie trek die vreeslikste gesig.
En Herrie kán gesig trek - cum laude.
Eers lyk dit of daar niks gaan gebeur nie, maar toe vertrek die mannetjie se
gesig, en hy begin 'n skreeuende weeklaag op te sit, terwyl hy met 'n vuil
wysvingertjie na Herrie wys.
Wat maar net weer bo alle twyfel bewys - Herrie kom in die kerk.
Herrie kyk maar verbete na die predikant, na hy sy normale gesig weer
opgesit het. Die wenende knapie se ma, te oordeel aan háár gesigs-
uitdrukking, dink skynbaar nie daar is 'n verbetering tussen Herrie se normale
gesig en die getrekte bakkies nie, en verkas vies met die mannetjie na 'n
ander blok van die kerk. Daar daal daar weer 'n stilte neer, en Herrie sien op
'n afstand die knapie het hom weer in sy sitplek omgedraai, en betrag die een
agter hom wéér aandagtig. Dié ou kon blykbaar nie so 'n indrukwekkende
bakkies soos Herrie opsit nie, en die troue verloop heel stigtelik.
Ta'Herrie, Herrie se tante, sit by geleentheid ook by 'n troue. Langs haar sit 'n
paartjie met 'n knapie wat sy vreeslik bejammer oor hy so lelik is. Maar woelig
is nie die woord nie.
Naderhand sê die ma vir die skuiwergat hy moet langs die tannie gaan sit.
"Nee, ek wil nie. Sy is te lelik."
Maar van die kerk gepraat - dis waar die kinders wat so vandalisme in
Langen-hovenpark pleeg, hoort. En hulle moet luister. Die polisie soek hul
bloed, en het aangedui hulle gaan die vandalisme soos sabotasie hanteer. ‘n
Kriminele rekord trek ‘n streep deur ‘n mens se toekoms. Ander lande wil so
iemand ook nie hê nie.
Dit oor jeugdige onnoselheid. En o ja, die polisie weet ook hoe vernuftig hulle
al is om van die bewyse ontslae te raak as dagga op hulle gesoek word.

Orrel se fut terug


Herrie lees van die program Sondag-middag om die afbetaling van die NG
Kerk Langenhovenpark se pyporrel te vier. Dis ‘n orrel met ‘n besondere ge-
skiedenis, en het Rosestad toe gekom van die NG Kerk Burgerspark in
Pretoria af.
Die orrel het sowat 200 pype.
‘n Orrelis moet omtrént sy storie ken om die lot pype behoorlik te kan benut.
Wat Herrie laat dink aan die slag doe-riejare gelede toe ‘n befaamde orrelis ‘n
familielid in ‘n piepklein Karoo-dorpie gaan besoek het.
Die nuus van die man se besoek het soos ‘n veldbrand deur die dorp ver-
sprei, en dit kon nie hoër of laer nie, die man moet ‘n uitvoering hou.
Die enigste beduidende orrel op die dorp is in die kerk. Dus, die betrokke
aand, sit die kerk stampvol.
Maar skaars het die orrelmeester die eeste note gedruk, of die kerkgebou is
toe onder die stof en mossieneste.
Hy het toe sommer met die wegtrek pype ontdek waarvan die orreliste-tan-nie
nie geweet het nie.
Wat natuurlik nie beteken mense wat Sondagmiddag om vieruur in die NG
Kerk Langenhovenpark se kerk gaan luister, eers by Handi In stofmaskers
moet gaan koop nie.
Al kan mens nou aanvaar dat Joanita Erasmus met die Te Deum meer van
die 200 orrelpype sal inspan as wat normaalweg tydens ‘n kerkdiens gebruik
word.
Wat Herrie eintlik wil sê; ons land sou soveel kultuurarmer gewees het as dit
nie vir die talle kerkstaaltjies was nie. Soos ds. Tokkie wat vertel van die
besoekende predikant wat tydens die diens agtergekom het hy moet nou eers
kamerverlaat. Sit die gemeente aan die sing, maar kom tot sy ontsteltenis
agter dáái vertrek se deur is gesluit. Al genade is om in die lang gras agter die
kerk te gaan hurk.
So hurkend moes hy elke nu en dan vir die diaken wat kom kyk het,
verduidelik alles is nog reg, Binne moet maar nog psamls opgegee word.

Dr. Frans se smalle weg


Ten spyte van Herrie se gereelde geweeklaag oor Langenhovenpark se
jonges wat soos vandale tekere gaan, is Herrie ook trots op die buurt se goeie
mense. Herrie het nog altyd gedink dis wonderlik dat een buurt twee mense
kan hê wat na ‘n mens se rygoed omsien, en terselfdertyd baie mooi,
belydende Christene is. Meen te sê, as Herrie meer dikwels met ‘n kar se
binnewerking moes sukkel, sou Herrie se siel kortpad hel toe koers gevat het.
Al was dit net van al die woordeskat. Maar Philip Vorster van Vorster Motors
en Frans van der Hende, die outo-elektrisiën, is manne van die smalle weg.
Hulle weet van nie vreeslik aan’t verduidelik gaan met die gesukkel om doer
by te kom nie.
Frans het trouens ‘n skildery teen sy kantoormuur van De Breede Weg, en de
Smalle Weg. In Nederlands, want Frans is oorspronklik Vlaams van Bel-gië,
met ‘n diploma in Frans. Maar Frans is nie meer in Langenhovenpark nie. De
Breede weg is nog daar, maar Frans se Smalle Weg is nou vol dorings. Hy is
nou by Tempe Motors daar oorkant Tempe se Dan Pienaar-hekke, en hy sal u
motor in Lang-enhovenpark kom haal. Hy het lief ge-word vir sy
Langenhovenparkers, en hulle vir hom. Hy wil graag aanhou om sy mense
hier te dien.
En so het die tyd nou vir Herrie aan-gebreek om so soort van te groet. Werks-
omstandighede maak dat die Langen-hovenpark Bulletin nou tot die einde van
die jaar net by wyse van uitsondering gaan verskyn. Herrie gaan tydelik in
Pretoria werk. Dis darem nie asof Herrie afgesterf is nie. Herrie sal nog, in die
vorm van Herrie se Kerrie, in Vrystaat, Oos-Vrystaatse dogterkoerant van
Volks-blad, verskyn. Maar dan moet u Beth-lehem toe gaan. Dan is daar nog

In ballingskap
Herrie verneem die afwesigheid van die Langenhovenpark Bulletin vir ‘n paar
maande het ‘n gerug die rondte laat doen dat Herrie verdwyn het. Toe nou
nie. Onkruid vergaan nie sommer nie.
Nee, Herrie het nie verdwyn nie. Herrie het ruim vooraf kennis gegee dat
werksomstandighede hom noodsaak om tydelik na Pretoria in ballingskap te
gaan. So suksesvol was Herrie se verblyf in Pretoria dat die Bulle glads die
Curriebeker gewen het, wat vir Herrie min of meer aan ‘n nasionale ramp
grens.
Maar Herrie is terug, en van volgende jaar af gaan die Bulletin van krag tot
krag groei. Een van die belangrikste veranderings sal wees dat die Bulletin
aanvanklik maandeliks sal verskyn, en die oplaag aansienlik sal vergroot,
sodat die adverteerders aan meer mense blootgestel sal word.
Dit sal aan Herrie ook genoeg tyd bied om waardevolle inligting vir hierdie
rubriek uit te snuffel - soos dat dit onmoontlik is om ‘n mens se eie elmboog
raak te lek, of dat ‘n krokodil nie sy tong kan uitsteek nie.
Dus, as u langs die Namib, soos Herrie in ‘n tydelike basis in ‘n boom klim om
te bespied of alles veilig is, en ‘n lelike ding steek vir u in daai boom tong uit,
kan u gerus wees dis nie ‘n boomkrokodil nie. Die kanse is eerder goed dat ‘n
woestynlikewaan is.
En as u iemand raakloop wat sy eie elmboog kan raaklek, het die persoon
pas die tongtippietoets geslaag om ‘n ruimtewese te wees.
Herrie wens al die Bulletin se lesers in baie geseënde Christusfees, en ‘n
voorspoedige nuwe jaar toe.

Dié week het iemand Herrie se bloed laat kook. Sondagoggend oor RSG se
nuus word gesê ‘n woordvoerder van die Macufe-fees, Karin van Vuuren, is
so teleurgesteld oor so min Bloemfon-teiners by verrigtinge van dié fees
opdaag. En toe die gewraakte woorde dat dit lyk of Bloemfonteiners nie
kultuur het nie, of iets in dier voege.
Herrie het hom vanjaar nie veel aan Macufe gesteur nie. Herrie se eerste
kennismaking was toe Herrie se Dop-perkerk nog langs Loch Logan was, en
daar een oggend tydens die diens (Herrie se kultuur) ’n onaardse lawaai by
Macufe by Loch Logan uitge-bars het.
Volgens Herrie anti-kultuur. Die jaar daarna probeer Herrie rustig krieket kyk,
toe is daar net so ‘n onaardse lawaai daar by Loch Logan. ‘n Jazz-fees by
Macufe. Herrie het nog so gehoop een van die valskermspringers by die
krieket raak half van koers af en val die lawaaierige anti-kultuur poegaai.
Met hierdie jaar se Macufe sien Herrie is ballet en sulke kultuur-elemente van
die fees, goed ondersteun.
Buitendien, met die onlangse Volksblad-kunstefees, het ‘n rekord-getal mense
dit bygewoon. Trouens, sowat ‘n kwart van die stad se sakelui het gesê hulle
ondernemings het daarby baatgevind.
Heelwat Bloemfonteiners ruk ook jaarliks na die KKNK en die Aardklop op.
Herrie se belangstelling in die fees vanjaar het sommer uit die staanspoor
verdamp toe Herrie die advertensiebylaag uit die Volksblad skud, en alles op
die voorblad is in English only. Die bylaag is net so die asblik in.
Want sien, Herrie se kultuur is Afrikaans.
Tot Herrie se verrassing is daar nou wel plakkate op wat in Afrikaans is, maar
dit het Herrie eers raakgesien nadat Herrie nogal suur geraak het.
Herrie het dit wel teen die vreeslik baie vloeibare verversings op
Vodacompark se ooppawiljoene. Daai stukkie “kultuur” kan gerus maar
afgeskaf word. Sodat ander kan rugby kyk.
Lekkerrrr so sonder sous
‘n Boer maak ‘n plan. Soos die boere wat vasgebrand het en omgeskakel het
om handekos te maak. Hondekos wat Chris Nel daar eenkant by die Boere-
mark onder die bloekombome verkoop.
‘n Ruk terug kuier Herrie se tante, Ta’Herrie by die Herries. Koop toe vir die
honde hondebeskuitjies wat soos bene lyk. Herrie sien by geleentheid die
honde se kosbak is leeg, en omdat die groot hond, Herriehond, so mooi vra,
gee Herrie solank vir haar ‘n honde-beskuitjie terwyl die bak vol hondekos
gemaak word. Toe Herrie klaar is, spoeg Herriehond die beskuitjie uit, en
vreet eers van daai lekkerrr blokkies sonder sousss…
By geleentheid kom Herrie met ‘n nuwe sak van Chris se kos by die huis in.
Mev. Herrie se skipper, Pienkhond-jiemet‘nprobleem, loop agterna, al
lekkend aan die sak.
Vrydagaand kon Herrie mooi verstaan hoekom Chris doer eenkant onder die
bome sy ware verkoop. Die aandmark was so gewild dat iemand wat maar
net die geringste probleme met ‘n gedrang het, wyd moes hou.
Van vroeg die week af het mense vanoor die hele stad al begin bel om te hoor
hoe laat die aandmark begin. En gekom, het die mense gekom, tot anderkant
Spar en die biblioteek ge-parkeer.
Van boer maak ‘n plan gepraat. Vanslewe was daar ‘n groot rotsblok op
Fauresmith se hoofstraat se sypaadjie. Met die treinspoor ook in die straat, lol
dit. Tenders word vir die verwydering aangevra. Een ou tender baie
goedkoper en kry die tender.
Volgende oggend is die rots weg, sonder ‘n teken van ‘n gespook. Dit blyk die
man en sy werkers het die nag ‘n groot gat langs die rots gegraaf, die rots
ingerol, gelyk gemaak bo en die grond weggery.
Vandag se Bulletin is die laaste vir die jaar. Die Herries wens almal ‘n baie
geseënde Christusfees en ‘n baie voorspoedige 2003 toe. Dankie aan al die
adverteerders wat hierdie nuusbrief moontlik maak.

Bloemfontein se onsigbare busse


Herrie het geweet Bloemfontein se busdiens het so ‘n jaar of wat moderne
turbo-busse gekry. Maar, so blyk dit, veel moderner tegnologie is ook nou in
dié busse ingespan. Om Star Trek se terminologie te gebruik: Dis busse wat
in “cloak mode” kan beweeg. In Boere-Afrikaans. Hulle kan hulle onsigbaar
maak.
Dit stel Herrie vas nadat hy gedink het ‘n paar busse het nie by hul busstoppe
in die stad opgedaag nie. Toe Herrie na ’n hoeveelste slag gedink het ‘n bus
het nie opgedaag nie, bel hy. Toe ‘n bus weer “nie opdaag nie,” word ‘n faks
gestuur. Net twee dae later, is dit weer sulke tyd. Herrie bel, en verneem om
half twee hoe laat kom die eenuur-bus vandag? Herrie word hand en mond
beloof daai bus hét eenuur vertrek. Mev. Herrie sê sy het hom ook in
Langenhovenpark gesien.
Herrie is nie die oplettendste persoon wat rondloop nie, maar ‘n bus miskyk?
Aikôna. Van al die gewag by daai busstop het Herrie nou al groot pêlle geraak
met die bruin manne wat daar karre oppas. Hulle help nou al kyk. En dis
manne wat sommer aan ‘n motoris se oë kan sien daars kans vir ‘n
parkeerplekkie aanwys, en ‘n geldjie verdien. Ook hulle sal nie ‘n bus miskyk
nie. Soms is die busse nie onsigbaar nie. Dan is Herrie skynbaar onsigbaar.
Herrie sien die Langen-hovenpark-bus aankom, en begin beduie en op en af
spring.
Selfs skree, en Herrie kán ‘n keel opsit as dit daarop neerkom. Die
busbestuurder sal Herrie egter net een kyk gee, hom nie raaksien nie, en
verbyjaag. Die man in die beheerkamer meen die onsigbare busse ry dalk
ander roetes, maar hoe moet die arme publiek dit weet? Om by Hoffmanplein
te loop opklim, doen Herrie ook net in ‘n noodgeval.
Reg voor Herrie se huis is ‘n busstop. Dis ‘n rommelstrooiery van ‘n ander
wêreld. Nou die dag kry Herrie ‘n stuk gebruikte toiletpapier reg voor die
voordeur. En daai papier is nie vir bril skoonmaak of neus snuit gebruik nie.

Lekkerbek-brakke
Saterdae is Groot Herrie nou vroeg uit die vere. Hy het by die Boeremark
werk gekry om te help by die mense wat Farina Hondekos verkoop. Groot
Herrie kry nou geleentheid om lekker sterk te word, want hy help sakke
aandra na die mense se motors. So word die Herries se verbintenis met dié
hondekos al wyer. Eers was dit die twee honde. Sedert hulle dié soort kos
begin vreet het, wil hulle nie hul bekke aan iets anders sit nie (behalwe
natuurlik biltong en braaivleis-oorskiet, wat in elk geval by die Herries bitter
skaars is). Die lekker kos hou die honde ook in 'n goeie kondisie. Herrie oefen
nou vir die Volksblad se groot fietswedren op 1 Maart en dink self om Farina
by sy dieet in te sluit. Vir kondisie.

Die 15 gebooie
Die afgelope week het Herrie twee keer met mense te make gekry wat Herrie
weer baie nederig laat voel het.
Eers het Herrie in die stad, soos ge-bruiklik gewag vir ‘n bus wat kom of nie
kom nie. Herrie gesels met die drie bruinmanne wat parkeerplek aanwys. Die
straat was maar leeg, en die manne half ledig. Herrie meen kamma die
motoriste bly weg omdat hulle te lelik is. Hulle geniet dit, maar begin terstond
uit die Bybel aanhaal. Tussen hulle begin hulle die Tien Gebooie aan-mekaar
timmer. Hulle kom by so on-geveer 24 gebooie uit. Dit sluit in, jy mag nie
dagga rook nie, jy mag nie ‘n man se pot goud begeer nie, en jy mag nie op
iemand neersien nie, al stink hy ook. Hulle onthou ook van: In die sweet van
jou aanskyn sal jy jou brood verdien. Dis snikheet-warm en die sweet is
verstaanbaar.
Ook mag ‘n mens nie steel nie. Die een verduidelik dat hy strykdeur bid dat
die Here dit beskik dat hy werk kry. In-tussen moet hy die pot aan die kook
hou, en hy steel nie. Daarom doen hy dié werk.
Ten slotte mag ‘n man nie sommer Boontoe praat nie. Maar as ‘n motoris
wegjaag sonder om ‘n erkenninkie na hul kant toe laat kom, dan is dit ‘n
gespreek in tale van ‘n ander wêreld.
‘n Dag later wil Herrie Maitlandstraat kruis, en kom toe tot sy verbasing ag-ter
daar beweeg ‘n optog verby.
Doodstil.
Dis toe dat Herrie sien dis mense wat betoog vir groter erkenning vir gebare-
taal. Die meeste betogers is doof.
Hoeveel keer kla ons met die witdrood onder die arm? Hoeveel luisterars van
Radio Rosestad weet dat die sportom-roeper, Abrie de Vos, na ‘n ongeluk
feitlik blind is?
Tog, as daar vir sportuislae na hom oor-geskakel word, rits hy dit af. Uitslae
van-oor die hele wêreld. Dis ‘n les vir baie van ons. Die van ons wat min of
niks makeer nie, kan maar kyk hoe ons vir hulle wat minderbevoorreg is ook
‘n klip uit die pad kan rol. Herrie het gesegd.

Sukkel-sukkel
Herrie het lankal gewonder: As die wêreld se topjoernaliste met die
Wêreldkrieketbeker-toernooi by ons is, of ons die geleentheid gaan aangryp
om ons land se beeld te poets, of naam weg te gooi.
Met die eerste wedstryd hier in Bloemfontein het Herrie se hare bietjie regop
gestaan omdat die joernaliste, anders as met provinsiale wedstryde wanneer
hulle saam met die spelers aansit vir ete, kospakkies in kardoes-sakkies
gekry het. Skrapserig daarby, en ook sukkel daar uitgekom. Die me-
diasentrum is ver van die veld, en amper aan die ander kant van die veld as
die persbanke. Tussen die twee is daar nog 'n hindernisbaan van
sekuriteitspunte, en sinke om te keer dat die joernalis in die stap kan krieket
kyk.
Die krieket was al amper aan die gang, toe sukkel van die joernaliste nog om
lyne te kry vir hul telefone en e-pos. Vir alles moet betaal word - by die media-
sentrum.
Maar dis niks. Toe gaan verbrand die toeskouers by Potch toe die geborgde
sambrele nie opdaag nie. Die kersie op die koek is egter dat 'n krieketgroot-
baas self die Sonn oor die land laat sak het met sy gedrag.
Hy het hulp. Van ons ministers en an-der hoogwaardigheidsbekleërs het juis
nou, met die oë van die wêreld op ons, gaan vertel dat Mugabe nou so oulik is
dat sanksies opgehef moet word. Die ouens reken Amerika is agter Saddam
se olie aan, en omdat dit die geval is, kan Suid-Afrika dalk ook aangeval word
om-dat ons soveel oulike minerale het.
Herrie wil nie graag in 'n Amerikaanse kolonie bly nie. Dan moet Herrie weer
'n ander variasie van Engels as dit wat ons nou gevoer word, onder die knie
kry.
Nee, Herrie het niks teen Engels nie. Maar dit wat Herrie hoor, is skaars Eng-
els. Oupienjiôns, wêdzetybels, teatsjah, in the fourth floor, en so aan. Herrie
kry dit nou al gevolg, maar daarvandaan na Amerikaanse Engels is weer 'n
groot sprong.
Dus, Herrie hoop daar word ordentlik sokkies opgetrek, sodat onse land
darem iets positiefs hieruit haal.

Tuinvullis
Herrie se vriend, Herrievriend, skryf die volgende brief aan ons lesers: “Ek het
letterlik nou die dag 'n doring in my vlees gehad en net daar besluit ek dis 'n
storie oor ons omgewing. Ek sien toe mos weer hoe 'n motor woes moet
uitswaai in een van ons smalste strate, net omdat die een of ander *&^%
tuinier nie sy takke en tuinvullis op sy wa of trokkie kon vasmaak nie. Was
seker haastig op pad om te "tjaaila"?! So loop ek om tog die goed uit die pad
te gooi voordat iemand dalk 'n plek vind om 'n ongeluk te maak en kan jy
glo, die eerste tak wat ek raakvat is toe enige tuinier se droom, pragtig vol
dorings. So tussen hakies, ek wonder hoekom plant mense doelbewus plante
met dorings? Wil hulle dalk die tuinier se bloeddruk opjaag? Nietemin, so help
ek toe die losdinges se tuinvullis veilig tot op die sypaadjie en stap ek terug
huistoe terwyl die gedagtes in my kop begin rondhardloop. Het ons omgewing
se tuine 'n positiewe invloed op die inwoners, of net op die tuindienste se
finansiële posisie? Is die tuindienstewaens wat in spits-verkeer die strate
volstaan (dikwels aan die verkeerde kant van die pad) geoorloof, veral as jy
sien hoe laai hulle die vullis bo-oor die wa tot in die middel van die straat?
Dan loop die werkers ook nog, sonder om na die verkeer te kyk, reg rondom
die voertuie met hul grassnyers en gereedskap en jy wonder onwillekeurig
wanneer een van ons jaagduiwels een tot binne-in die hemel (of anderplek)
ry. Dan is daar ook die frustrasie van ouens wat strate met
duur water natspuit, in die hoop dat daar dalk 'n motor wat lanklaas gewas is,
sal verbyry. Dan kry jy ook verder nog die ouens wat vergeet om die sproeier
te verskuif of die kraan toe te draai en kiloliters water so die strate in stuur.
Om terug te kom na die losdingese, ek ry een middag laat weer terug stad toe
en in Wynand Moutonrylaan moes ek net my draaie ken. Toe ek om die
tweede kinkel van die S-draai ry, lê 'n grassnyer se bak in die middel van die
pad aan nie > en toe is dit flink-dink en mooi-mik want daar kom 'n voertuig
van voor > af aan en aan die linkerkant is die randsteen! Nodeloos om te sê,
die tuiniers irriteer 77 soorte dinges uit my!
Verskoon maar die deurmekaar gebabbel en as jy eendag dalk iets hieroor
in die Bulletin wil skryf, laat tog maar my naam uit, ek hou nie van
vyande nie!

Vullis op twee bene


In ons vorige uitgawe het Herrievriend vertel van sy wedervarings met tuin-
vullis wat sommer op straat beland. Dis nou die soort vullis wat nie op twee
bene rondloop nie.
Hy het vertel van ‘n grassnyer se bak wat onverwags in die pad gespring het.
Hy vertel verder:
“ Toe is dit flink-dink en mooi-mik want daar kom 'n voertuig van voor af aan
en aan die linkerkant is die randsteen! Nodeloos om te sê, dié tuiniers irriteer
77 soorte dinges uit my!”
Herrie self vind dat dit eintlik onnodig is dat die tuinvullis en allerlei ander tipe
rommel so van tyd tot tyd in ons strate beland. Met dié dat Langen-hovenpark
se lamppale ook nog moedswillig is, en voor onskuldige motoriste inspring, is
dit ‘n riller om deur die woongebied se strate te ry.
Geen wonder van die inwoners van Totiusstraat het ‘n petisie begin om te vra
dat dié straat spoedwalle moet kry nie. In die proses word ook versoek dat die
taxi’s wat veral so lief is om op rooi verkeerstrepe en in kruisings stilhou, ook
vasgevat word. Toe is daar sommer heelwat inwoners wat vir Herrie sê hulle
voel dieselfde oor ander strate in Langenhovenpark.
So ver Herrie weet, het mnr. Tol Bender darem nie onlangs besoekers met
motor an al in sy tuin gekry nie. Dis nou latte wat van die straat voor die
posbusse ‘n renbaan maak, en dan nie betyds by Bankovs Boulevard stilhou
nie.
Tol sê hy hou nie van hierdie besoekers nie. Maar hy is lank nie die enigste
inwoner wat sulke besoekers ontvang nie. Selfs ‘n stewige ringmuur, of reuse
rotse wat as afskrikking in die tuine geplaas is, skrik dié mense en hul soms
splinternuwe rygoed nie af nie.
Herrie voel Langenhovenpark kan darem baie trots wees op ‘n biblioteek soos
ons s’n. Nie net word gereelde vakansie-programme vir die kliengoed
aangebied nie, maar nou word klerasie ook vir die Jean Webberhuis
ingesamel.
Dis baie mooi.

Kinders slimmer?
Hoe meer die geleerdes sê ons leef nou in die era van die rede en denke, hoe
meer wil Herrie hê dinge moet sommer gewoon verstaanbaar wees. Want, so
lyk dit vir Herrie, daar is nogal ‘n hengse verskil tussen “rede” en “denke.” Hoe
meer die ou mensdom denk, hoe minder rede denk hy uit.
Ja-nee. Ons het almal gedenk die jonger geslag gaan slimmer wees omdat
hulle so saam met die rekenaars grootword.
Nou hoor Herrie ‘n storie dat die Japan-ners navorsing onderdruk wat geloods
is om uit te vind hoeveel slimmer vandag se bogsnuiters as hul ouers is. Want
hulle is dommer. Nou hoef Herrie nie vreeslik sy denke in te span nie, want
soos dit vir Herrie lyk, doen die rekenaar eintlik al die denkwerk. Of dit nou
somme is, of iets wat die spelling regmaak. Die programme wat Afrikaans kan
“fieks”, is egter nog skaars. Nou kan die Afrikaner
nie spel nie, en sy rekenaar kan dit ôk nie vir hom doen nie.
Soos onlangs wat ‘n groot instansie plakkate op amper al Langen-hovenpark
se bewegende lamppale gesit het om te sê van ‘n groot rugbywedstryd wat
kom. En sommer drie spelfoute op daai plakkate.
Nee, Herrie weet hy staan agter die deur. Gelukkig kan Herrie darem die
drikkirsdywil die skuld gee.
Dis egter tragies om op TV ‘n beeld-insetsel van ‘n politieke party te sien wat
hoog opgee hoe Afrikaans hy is, en op die agtergrond pryk die een plakkaat
na die ander waarop die Afrikaans liederlik deur spelling vermoor word. Of
media-verklarings waarin die Afrikaans geskend word. Deur Afrikaanse
partye. Of die annerlike een wat Afrikaans so aan-gejaag het dat Pollux hom
bykom. Toe verweer hy en sy party, siestog, die man is van Vlaamse
herkoms. Herrie hét ‘n Vlaamse boek en gaan kyk. Toe word die woorde wat
so vreeslik verkeerd gespel is, in Vlaams presies dieselfde as in Afrikaans
gespel.
Jip, ons het nou Gemorsafrikaans.
Dis amptelik nog nie skoolvakansie nie, maar die kinders is al by die huis.
Skynbaar opgeskeep met hulself. Iemand vertel vir Herrie hoe hy gesien het
kinders vra tuinhulpe om vir hulle hardehout te gaan koop. Dan sommer oop
en bloot word die klein botteltjies wat só aangeskaf word, skoon afge-sluk. Die
polisie het ook ouers gevra dat hulle moet let dat hul kinders nie dagga, wat
vryelik aan te skaffe is, gebruik nie. Dit kan hulle kort voor lank agter tralies
laat beland.
Herrie het vanjaar ‘n vroeë Kersfees beleef. Die Bloedoortappingsdiens het vir
Herrie ‘n geskenkie gebring, oor al die joernalistieke ondersteuning oor jare.
Hierdie is seker een van Herrie se kosbaarste geskenke ooit.
Herrie sou graag bloed wou skenk, al is Herrie net so bang vir ‘n naald soos
enige ander man. Maar Herrie mag nie. Nee, Herrie het nie die siekte wat die
regering gesê het ‘n mens van armoede kry nie. Al is Herrie arm, het hy ‘n
ander ding - een van die jappiegriep-variasies. Maltakoors.
Die bloedoortappingsdiens doen groot moeite om ‘n poel van veilige skenkers
op te bou, sodat die bloed veilig kan wees.
Ja, dan het Herrie nog twee bloed-groepe ook. Volgens die toets van die
Weermagh is Herrie O Rh+. Volgens al die ander toetse, A Rh-. Herrie weet
waar die ding ingekom het. Die Weer-mag het die bloed uit die regterarm
getrek. Die ander almal uit die linkerarm.
Dis nie ent van al die padongelukke dat die bloedoortappingsdiens oor die
Kerstyd so noustrop trek nie. Trouens, operasies wat kan wag, word ook eers
na die vakansie uitgevoer.Skenkers gaan hou ook vakansie, maar die
ooievaar nie. Baie babas maak juis dié tyd van die jaar hul opwagting, en by
‘n aantal geboortes moet daar ook bloedoortappings gedoen word.
Dus mense, as ‘n bevoorreg genoeg is om te mag skenk, gaan skenk
asseblief en red ‘n lewe. U kan formeel ‘n held word. Herrie sal aanhou vir
ander preek.

Die degie
‘n Storie het die geneigdheid om in verskeie gedaantes te herverskyn, en elke
keer as die waarheid opgedis te word.
Herrie het grootgeword met die storie van ou Aggenbach wat langs die see
aan die Weskus gaan loop het en die groot ongeluk oorgekom het. Jan Spies
het op hierdie weergawe uitgebrei.
En toe in ‘n boek oor staaltjies uit die Anglo-Boere-oorlog kry Herrie dieselfde
storie, net baie ouer, en in die Vrystaat.
Die Harrismith-kommando het deurgedruk Ladybrand toe om ‘n voorhoede
Engelse soldate voor te keer, toe by Fouriesburg by die plaas van die Marais’
aangegaan is.
Jong Madeleine was juis besig om rooi hakskene te ontwikkel, en nie
onaardig vir die oog nie. En die sestienjarige Danie Cordier het juis beginne
hardebaard kry.
Toe die kommando ‘n paar uur later op vertrek staan, vra Danie verlof om ‘n
rukkie langer te vertoef. Die kammandant, ook eenmaal so jonk, aarsel, en
teen sy beterwete gee hy toestemming. Maar as Danie teen die aand nog nie
ingehaal het nie, gaan die sambok praat.
‘n Hartseer Danie vertrek toe ook ‘n paar uur later. Op sy rug, langs die
Mauser, hang ‘n kannetjie klaargekniegde deeg vir stokbrood.
Nie ver nie, toe bak die sakkende sonntjie in Danie se blaaie, en nie lank nie
beginne daai deeg te reis. En skiet die deksel van die kan af, kaplaks agter
teen die ridder se kop.
Danie meen dis die Mauser wat afgegaan het, en slaat neer. Daar, in ‘n
donga, lê hy om gehaal te word. Boontoe.
Maar na ‘n ruk besef Danie die dood bly uit, en hy begin voel-voel hier agter
sy kop, tot hy aan iets klams vat. Hy trek sy besmeerde hand weer in oogsig.
Pure harsings!
Naderhand besef Danie hy moet plan maak, en ry terug plaas toe. Die tante
verpleeg Danie met sorg – draai versigtig skoon gaas om sy kop, want daar
kom so maklik kwaad in harsings.
Madeleine het gou genoeg gesien dis die deeg wat die moeilikheid maak,
maar bly tjoepstil. Dis nie aldag dat ‘n vryersklong in ‘n oorlog soveel grasie
gaan kry om in haar sorg te vertoewe nie.
Die doprit
Die lesers ken Herrie as ‘n man wat nie sommer wild met die waarheid
omgaan nie.
Om hierdie verhaal die moeite werd te maak, moes Herrie egter twee ware
verhale as een kombineer. Dis ook sommer om die betrokkenes se identiteit
te beskerm.
Stefaans was die soveelste keer in die sop oor sy kroegbakleiery. Dié keer
het hy gesien is dit HKGK (hier kom groot kommer). Te veel van die dorp se
ordentlike mense wou nie meer kroeg toe gaan nie.
Stefaans kon hom ook nie op horries beroep nie, want die bakleiery het lank
voor die babalaas gekom.
Dus, vertel hy vir die landdros, hy meen hy moet verwys word.
So gebeur dit dat ‘n eienaardige afvaardiging na Bloemfontein afsit. Afgesien
van Stefaans was daar twee manne van Suspisie (eintlik Justisie). Hulle bring
op hul beurt twee maters saam, want daar is ‘n rugbytoets in Bloemfontein, en
destyds het die Bokke nog af en toe ‘n groot span afgeransel. Dis nie aldag
wat mens die geleentheid het om op staatskoste tot by ‘n toets te kom nie.
Maar om droë bek toets toe te ry, is ondenkbaar. Maar met Stefaans wat
onvoorspelbaar raak met dop, is plan gemaak. Eers anderkant Paul Roux
werk die slaappille, en toe word gedop.
Maar by Senekal (waar anders) is dit sulke tyd met ‘n padvalk wat skielik
armswaaiend in die pad opdoen.
“Jan, jy moet help” is al wat die bestuurder kan uitkry voor hy tot stilstand
kom.
“Meneer, ons neem ‘n gevaarlike misdadiger na Oranje-hospitaal.”
Jan het intussen sy valstande uitgehaal, en sy venster, reg agter die drywer,
oopgedraai. Met sy pap mond maak hy tuitlippe vir die verkeersman: “Soen
my!”
“Laat julle jul ry kry!” brul die verkeersman gewalg.
Maar die verhaal eindig nie daar nie.
Teen die tyd dat Justisie se manne met Stefaans by die hospitaal kom, is
hulle al goed voor.
“Wie is die pasiënt wat opgeneem moet word?” wil die dame aan diens weet.
Herrie se Kerrie
Dingaansdag van toeka
deur Herman Toerien
WYLE Jan Spies had dit by geleentheid oor name wat mense en diere kry wat
eintlik presies die teenoorgestelde as die naamdraer se aard tipeer. Dan het
hy altoos die storie van Waaksaam en die leeu vertel.
'n Naam bly ook nie aldag 'n naam nie. Soos Dingaansdag wat Geloftedag, en
toe Versoeningsdag geword het.
Maar hoe lyk versoening op die oomblik? Herrie, as aartsoptimis, kan nie aan
veel voorbeelde dink nie.
Die kortlysie sluit in: motorkapings, plaasaanvalle, selfoondiefstal,
telefoondraad-diefstal sodat mens nie die polisie kan bel om die skaapdiefstal
aan te meld nie, kragdraaddiefstal sodat 'n mens nie na die geweld op tiewie
kan kyk nie, mense wat hulle nie as kiesers wil registreer nie omdat hulle nie
hul beloofde huise gekry het nie, die nuwe godsdiensbeleid in skole, hofsake
oor grondbelasting . . .
Maar eintlik wil Herrie vertel van toe dit nog Dingaansdag was.
Dit sou mos altoos van die begin van Desember af koel in die Oos-Vrystaat
wees as dit nie reën nie, maar op 16 Desember is dit gewoonlik warm. Baie
warm.
Herrie weet nou nie of dit Kestell of Afrikaskop of selfs Kaallaagte se
Dingaansfees was nie. Maar die tent wat opgeslaan is, was stampvol. Die
kante is opgerol, enersyds dat 'n luggie kan trek, maar ook sodat die ander
mense, wat sommer hul rygoed rondom getrek het, na die diens kan luister.
Twee groot tantes sit langs mekaar op 'n enkel-disselboom-perdekarretjie.
Omtrent net halfpad deur die diens, van die gewoel om sit te kry, tip die
waentjie heel onsedelik agteroor. Dis nog 'n slag niekerbokkers voor die twee
tantes deur die stof rol.
Baie waardig word die tantes opgehelp, die waentjie weer reggemaak staan,
en 'n paar swaar klippe op die disselboom gepak. Die tantes sit weer, en die
diens gaan rustig voort.
Tot 'n jong man kliphard uitgil: "Nou kan julle my maar skiet, maar nou gaan
ek eers lag!"
Dit was die einde van die diens.
Ereskuld net te laat
Herrie is hartseer. Een van Herrie se vriende het na sy permanente
bestemming vertrek.
Verlede jaar nog het Herrie gaan verneem of mnr. David Mophethe die ACDP
se vier kritieke punte in Suid-Sotho sou vertaal. Herrie kon nie aan iemand
beters dink nie, want David wat die voorsitter, stigter, groot gees en die
dryfkrag van die Suid-Sotho Taal- en Kultuurvereniging, of meer korrek,
MOKGAHLA WA THESELE..
Na sy aftrede as skole-inspekteur het hy hom vanuit sy huis in
Langenhovenpark onvermoeid vir die bevordering van sy mense se taal en
kultuur beywer.
Herrie en David het vriende geword. Herrie het gehelp met kontakte met
Pansat en ander verwikkelings op die kultuurgebied. Herrie het hom ook laat
koôpteer op die munisipale wykskomitee.
Die vertaalwerk het hy, soos al die ander, met groot sorg gedoen. Die ACDP
se dokument het egter baie besondere aandag gekry – dit moes perfek wees
uit respek vir Moruti Kenneth Meshoe. Die sorg is aan die dag gelê ten spyte
daarvan dat sy broer slegs enkele dae tevore gesterf het. Die hartseer het
vlak gelê.
Vandat Herrie vir David geken het, het hy baie moeilik geloop. Tog het hy
gereeld die Herries se drumpel met die lastige trappies bestyg.
Hier het Herrie met ‘n verskeidenheid werkies gehelp. Die logo van sy
organisasie is gemaak. Hierop was David altyd baie trots.
Van sy kant het hy net een mens met die tik van SeSotho vertrou – vir mev.
Herrie. Dit het beteken dat hy heel dikwels by die Herries aan huis was.
Kort na David die ACDP-vertaling gedoen het, is Herrie tydelik Pretoria toe.
Die beloofde advertensies in die Langenhovenpark Bulletin, vir die Suid-
Sothoklasse wat hy aangebied het, in ruil vir die vertaling, kon toe nie
realiseer nie.
Met die mees onlangse uitgawe, wat Vrydag verskyn het, het Herrie nog
gebel om te hoor of alles wel was. Noem dit ‘n voorgevoel van Herrie en mev.
Herrie. ‘n Antwoordmasjien met David se stem het niks verklap nie.
Donderdag is hy oorlede, ‘n dag voor sy advertensie geloop het.
Herrie se ereskuld vir ‘n groot werk wat David vir die ACDP gedoen het, het te
laat gerealiseer.
Maar soos Herrie vir David ken, is hy nou besig om alles in die stryd te werp
om almal in die hiernamaals vertroud te maak met sy taal – die taal waarvoor
hy so ontsettend lief is.

Ta’ San en die poelieste


Ta’ San het ‘n vreeslike oorlas van haarself by Slabbert se poeliieste loop
maak. Taks, elke aand, is sy op die pêrrefien-foun poelieste toe. Want, seg
sy, as sy saans uitgaan om die honde hul pap te gee, slaat iemand haar oor
die kop. Haar kop het elke dag nog ‘n knop by.
En elke aand is die wêntjie uit, want toe het die polisie nog voertuie gehad.
Maar die konstabel kan nie agter die kap van die byl kom nie.
Tot een aand, kom hy self met ‘n knop teen die kop by die polisiestasie aan
nadat hy by ta' San gaan ondersoek instel het.
”Ja, ek het uitgevind wat aangaan,” skryf hy in die voorvalleboek. “Die tweede
keer toe ek om die opstal stap, het ek ook op die hark getrap.”
Dis egter nie al vergissing uit daai koers nie.
By geleentheid ontdek hangsweef-entoesiaste dat ‘n mens onder sekere
omstandighede van Mount Exhôs af tot op die strand naby Durban kan vlieg.
Maar sommer gou lol dit.
Van die hangswewers kom vertel daar word daar by Escourt se kant op hulle
geskiet. ‘n Paar se vlerkgedoentes is so gehawend geskiet, dat hulle
noodlandings moes doen.
Die polisie het hul hande vol om die skietlustige opgespoor te kry, maar
uiteindelik is hulle op die plaas, en tree die omgesukkelde boer aan.
Maar die man had nie probleme met ongemagtigtigde oorvlugregte nie – maar
eerder met sy oë.
“O, julle is hier oor die skietery. Weet nie wat dit is nie, maar deeskedae is
hier knaend sulke groot voëls wat hier oorvlieg met bobbejaantjies wat hulle
iewers gevang het. Soms neem dit tot ses skote voor ek hulle afgeklits kry.”
Vrystaat 22 Mei 2003 Bladsy 4
Hope hout, maar geen vuurhoutjies vir 'n vuurtjie
MET al die onlangse vakansiedae het die Herries geleentheid vir 'n baie groot
skaarsheid - om 'n vleisie te braai.
Die Herries het wors wat met 'n groot afslag by die onlangse Rooivleisdag
gekoop is, tyd, hout, bymekaar wees, en as diep genoeg gegrawe word, seker
'n verlore botteltjie wyn ook, opgediep.

Die hout is nou wel die gevolg van toe "Herrie" 20 jaar gelede laat huisbou
het, en die erf vol bome geplant het. Meestal inheemse bome, maar darem
ook vrugtebome en een akkerboom, synde in Stellenbosch grootgeword.

Destyds was die bome te ver uitmekaar geplant, want die geldjies was skraps.
Vandag is die geldjies steeds skraps, maar die bome het gegroei, en staan
nou plek-plek te naby aan mekaar. Daar moet dus voortdurend teruggesaag
word.
Ongelukkig het Klein "Herrie " die sagery verkeerd verstaan, en het 'n
vyeboom in die slag gebly. Mev. "Herrie" se persimenboom
(tamatievrugboom) twee keer, maar dié het darem elke keer weer uitgeloop.
Nietemin, die Herries het hout - hout vir Afrika. Nie noodwendig braaihout nie,
maar dié hout moet doen. Die koerantpapier is gepak, die hout gepak, en als
was reg. Reg? Verkeerd. Nie "Herrie" of mev. "Herrie ", of die klein Herries
rook nie. In elk geval, nie so ver ons weet nie. Dus, geen vuurhoutjies nie.
Geen donderbalkies om lig in donker Afrika te maak, of 'n vleisbraaivuurtjie
aan te steek nie. Met vakansiedae is die bure ook vort, en is leen uit.
Daar wás vuurhoutjies. "Herrie" het dit self op 'n plek in 'n laai weggesteek.
Weggesteek omdat daar knaend met kragonderbrekings nie vuurhoutjies is
nie.

Maar die vuurhoutjies was nie meer daar nie. Groot "Herrie" sê hy moes dit
iewers tussen die vakansiedae skool toe neem, maar hy het gedink ons het
nog ander iewers anders. Hopelik is die ``saam skool toe neem'' nie om te
gaan dampies slaan nie, maar "Herrie" weet daar is onnies wat kinders
snaakse goed skool toe laat neem. Goed wat Pa en Ma 'n hele skoolvakansie
kan neem om te maak (en vyf uit tien daarvoor kry), maar dis 'n ander storie.
Die worsie is maar in die oond gebak, en die vuurtjie 'n paar dae later benut.

Jan van Riebeeck se beach landing


Ons word dikwels beskuldig daarvan dat ons die volksplanting baie
Eurosentries benader. Ons stel dus nou Herrie se oor-ooroupagrootjie,
Herrie die Strandloper, self aan die woord. Hier volg nou Herrie die tolk
se siening van die aankoms van Jan van Riebeeck, soos vertel in die
idioom van Pyp de Villiers.

‘n Mens moet eerstens aan die taalpuriste verskoning vra dat Herrie die
strandloper se Afrikaans destyds, 350 jaar gelede, nog nie so lekker op
standaard was nie. So vertel hy:

“Ons was nog so ewe besig om oestertjies en mosseltjies daar op die Kaapse
strand op te tel, toe ons skielik ‘n klompie seile oor die horison sien aankom.
Ek wou nog vir die oester-poachers skree – pasop, hier kom Operation
Neptune, maar sien toe dis dié keer iets anders.

Ons was nogal verbaas, omdat ons nie vooraf-notice gekry het van Jan van
Riebeeck se aankoms nie. Ons staan natuurlik toe maar so nuuskierig nader
om te kyk wat aangaan. Ons het gehoop dis skippe van die Ooste af, solat
ons weer bietjie knoffeltjies vir ons oesterpotjies kon kry.

Ons sien toe dis Jan van Riebeeck wat daar aankom met sy drie skuide, die
Reiger, die Tyger en die Titanic.

Jan hang eintlik so vooroor oor die boeg om vir die SKAre daar op die strand
saamgetrek, te waai.
Hy hang nog so oor, toe skree die kêppie: ‘Ankers!’
Die skippe briek so skielik dat Jan voor by die boeg afdinges, en amper
geskiedenis maak deur ‘n dag vroeër as wat die geskiedenisboeke sê, ‘n
beach landing te doen.
Maria skree: ‘Swem Jannie, swem man swem!’ Maar Jannie wil nie swem nie
en hy klim dadelik terug op daai skip.

Die volgende dag kom hulle toe aan wal, en kan ons lekka beginne chat.
Hulle beginne dadelik te bou aan sukke mansions daar op Seepunt se beach.
Hulle bou ook so ‘n multi-purpose gebou wat hulle die fort roep. Maar eintlik
is dit nie baie van ‘n fort nie. Toe hy klaar is, bly ‘n klompie van die manne en
hul vroue daar. Saterdae hou hulle ‘n opskop daar, en Sondae kerk. Hulle
nooi my ook ‘n hele paar keer om daar te gaan eet.

Dis by daai fênsie lunches, dan vertel Jan hoe rof hy is met die trips wat hy so
wan en dan na die binneland onderneem. Van hoe kwaai dit in die bosse
gaan.

Dan sê Maria, met sterre in haar oghe: “Jan, Jan, bielie van die bosveld!”

Maar toe my mense die veewagter vermoor, en die vee steel, toe wil hulle my
nie meer nooi om in die fort te eet nie.

Maar daai fort bly toe nie ‘n fort nie. Eers bou hulle toe ‘n kasteel, en toe ‘n
casino, maar toe is Jan van Riebeeck al weg Ooste toe.
Maar Jan moes eers daar bly. Elke jaar skryf hy ‘n brief vir die Here 17 en sê
hulle moet hom asseblief in ‘n hoër pos na die Ooste stuur.

Die Verre Ooste, nie die Midde-Ooste nie, want dis te gevaarlik.

Maar elke jaar sê die Number one van die Here17, stuur vir daai Jantjie van
die Onnerkaap ‘n e-mail en sê hy moet wag. Maar die e-mails daai tyd het
nog met die seilskippe gekom, en hy moes toe uiteindelik tien jaar lank wag.

Bra ordinêr
Herrie het pas van die groot blou dam teruggekeer na ‘n paar dae se uitspan.
Daar by Onrus naby Herriemanus.
Herrie het tot sy blydskap ontdek dat hy ‘n joppie het. Pres. Mbeki het in ANC
Today vir Mac en Mo reggehelp dat dit nie meer punte tel om deel van die
struggle te gewees het nie. Vandag is dit die Mandaryne wat die septer swaai.
Dit kon die prez maar net in hierdie nuusbrief gelees het, want Herrie sê al
lank dis nou ‘n groepie eietydse Mandaryne, uit voeling met die massas, wat
nou regeer (en die wêreld vol vlieg).
Herrie is dus nou verheug om te weet dat hy as buitengewone adviseur tot die
Prez aangestel is. ‘n Mens noem dit glo konsultantis ekstra-ôrdinêr. Maar ‘n
kykie na die bankstate toon aan dat die Prez nie graag betaal vir al die goeie
advies wat hy ontvang nie. Seker dié dat so ‘n regterhand ‘n paar jaar gelede
aan armoede beswyk het.
Maar Herrie wil vir die Prez sommer kortpad adviseer: Oorhandig net die
regering aan die ACDP en tree af. Eintlik moet die Prez net eers sorg dat hy
Springbokafrigter word, sodat hy na ‘n jaar of hoogstens twee ‘n reuse
aftreepakket kan kry.
Tot met die komende verkiesing kort die ACDP egter nog ‘n paar
parlementslede om so ‘n moewiese kabinet vol te maak soos wat die huidige
regering gedoen het. Daarom sal die ACDP so ‘n paar parlementslede uit die
ander partye moet koöpteer. Dr. Dlamini-Zuma se amp word verander a
Minister van Buite die Land Sake, en in Harare gestasioneer om Nare Bod so
te irriteer dat hy die land verlaat. Om te keer dat hy na Suid-Afrika uitwyk word
dr. Manto die Minister van Binne die Land Sake. Adjunk-Minister Dirk du Toit
word tydelik na Korrektiewe Dienste geskuif om eers te leer behoorlik klippe
kap voor hy weer grondsake aandurf. Adjunk-Minister Druiloor Pahad word
ambassadeur in Irak, en sy vrou in Saoedi-Arabië. Daar is nie sjebiens om
iemand in die sop te laat beland nie. Jackie Selebi word as die taakhoof van
die volgende sensus aangewys sodat hy kan leer om met statistieke te werk.

Baie sterk
Herrie is ook ‘n nasaat van die De Neckers, en spoor die vakansie ‘n boekie
oor dié familie op. Bietjie van ‘n anti-klimaks, want Herrie se besonderhede is
opgeneem, maar nie een van Herrie se name is reg aangeteken nie.
Maar dis nie eintlik waaroor Herrie dit hier het nie. Die skrywer, wyle oom
Frans de Necker, ‘n jonger broer van wyle ds. Kobus de Necker van Warden,
het ‘n spesiale hoofstuk aan sterk De Neckers gewy. Voor die voet gelukkig
saggeaard en baie beskeie. Maar sterk was van hulle baie sterk.
Maar die bul, die sterkste van almal, was oom Jan de Necker wat buite
Herriesmith, ekskuus, Harrismith, geboer het. Oom Frans wy ‘n paragraaf aan
dié oom Jan se nommer 14 voete, maar Herrie is hiermee nie alteveel
beïndruk nie, want Groot Herrie is hoërskool toe met nommer 13-skoene aan
sy voete.
Oom Jan het van sy plaas af sommer oor Platberg te perd dorp toe gery. Op
‘n dag ontdek hy die eienaar het draad oor sy kortpad gespan. In die dorp
wou die manne weet of hy nie kwaad was nie.
“Ag nee wat, ek het sommer die perd oor die draad getel.”
En, vertel oom Frans, daai storie van die eenskaarploeg wat so orals uitslaan,
is waar. En daar is ‘n dominee as getuie dat dié storie na oom Jan toe
teruggevoer kan word.
Volgens oorlewering het oom Jan geploeg toe iemand te perd verbykom en
vra of hy nie dalk weet waar dié oom Jan woon wat glo so sterk is nie. Oom
Jan tel die eenskaarploeg op, en beduie daarmee in die rigting van sy huis:
“Ja, daar by daai huis woon hy.”

Verre lande
Net so sterk voel Herrie oor die ekskursie na Haiti.
Laat Herrie dit dadelik duidelik stel – Herrie het lankal gesê ‘n mens kan nie
gelyk en ongelyk tegelyk wees, soos die verhouding tussen onafhanklike state
nie. ‘n Mens kan nie nie-rassig en rasbewus gelyk wees nie.
Dié dat Herrie adjunk Druiloor se verduideliking oor hoekom dit so verkeerd is
dat Suid-Afrikaners die R10 miljoen wat vir die onafhanklikheidsvierings in
Haiti gebruik word – onse belastinggeld – nie aanvaar nie.
Al maak dit deel uit van die R80 miljoen wat die regering spandeer om sy
tiende jaar aan bewind te vier.
Want net omdat die mense en regeerders van Haiti swart is, maak dit nie die
vergrype teen menseregte daar aanvaarbaar nie. Net so min soos Nare Bob
se vergrype in Zim goed te prate is. Wat natuurlik vir Herrie opval is dat
gerekende koerante wat nog altyd vir die geringste verskoning vir die prez in
die bresse getree het, nou skielik rassisme by die naam begin noem, en die
redaksionele skroewe stywer vasdraai.
Daai wittebrood dat net sekere mense per definisie rassiste kan wees is
verby. Herrie het nooit gehou van die woorde “omgekeerde rassisme” en
“omgekeerde diskriminasie” nie. Rassisme is rassisme ongeag die pleger
daarvan se ras.
Maar hoekom word die rassekaart nou so sterk deur die regering gespeel?
Herrie raai: daar is R80 miljoen vir die viering opsygesit. Maar as dit wat
werklik bereik is swaarder weeg as dit wat in tien jaar verbrou is, is skaars
R80 nodig om daai prestasies te vier. Soos een regeringswoordvoerder gesê
het: almal, ook die werkloses, het rede om fees te vier, want hulle het nou
minstens waardigheid.
Hiervan verskil Herrie met respekte: Die volgende dag was daar ‘n ellelange
koerantartikel deur ‘n predikant oor hoe gestroop van waardigheid hy mense
sonder werk ervaar. Herrie kan dit beaam.
Dus, so lyk dit vir Herrie, word die ou rassekaart uitgepluk om steun oor alle
moeilikheid heen te genereer. En dit vind Herrie nou maar te ene male erg
rassisties.
As Herrie so na die wye front van kritiek teen die Prez lees en oor die radio
hoor van eertydse apologete en ontleders van die Mbeki-doktrine, dan kry
Herrie die indruk iewers het mense koppe bymekaar gesit en besluit daar is
nou nie meer salf te smeer nie, en word die prop uitgetrek.
Prez, luister maar weer na u ekstra ôrdinêre adviseur Herrie, gee liefs die
regering vir die ACDP, en word Springbokafrigter. En betaal tog Herrie se
konsultantefooitjie.
Intussen wonder Herrie net hoe die Prez die verleentheid gaan verwerk as hy
tydens sy partytjie-houery in Haiti voor die woedende inwoners ontruim, en
druipstert met die SA oorlogskip moet terugkom huistoe.
Waarskynlik darem betyds ir die verkiesing (hier, nie in Zimbabwe nie). Herrie
sien juis die prez se woordvoerders beduie die prez het destyds met sy
pratery oor ‘n oplossing in Zimbabwe voor die einde van die jaar, bedoel
einde volgende jaar, nie hierdie jaar nie.
Opskud prez, die einde van volgende jaar is amper op ons. Tyd kan vreeslik
vlieg as ‘n man so baie vlieg.
Voorspoed vir die nuwe jaar
Herrie glo natuurlik dat elke nuwe jaar ‘n jaar is wat die Here skenk om nie ‘n
nuttelose jaar op die ondermaanse deur te bring nie.
Daar is so ontsettend baie werk onder die ongelowiges en minder
bevoorregtes wat Christene kan doen.
Hulle het rede om te vier – die Here het genoeg vertroue in hulle geplaas om
hulle nog ‘n jaar te laat werk.
Ander, het die Here besluit, het klaar genoeg gewerk, en het hy van sy pêrels
kom haal.
Wat Herrie laat dink aan die dronkie wat so ‘n knap vingerbokser was. Met die
geringste provokasie is die vingers reg, en word stywe vinger gemik-mik, veral
a die oë.
Maar ons maat was ook ‘n rowwe partyman. Trouens, so rof was die partytjies
dat hy menigmaal sleg op die vingers getrap is as hy huis toe gaan. Van sy
vingers het al skoon doerriekant toe gewys so skeef was hulle van dié
trappery.
Een aand strompel hy juis weer by so ‘n partytjie in Stellenbosch uit, en
beland op sy rug in een van daai lopende watervore aan die kant van die
sypaadjie.
Hy is hopeloos te gekletter om daar uit te kom, maar die veglus is nie
heeltemal geblus nie.
Daar tref die eerwaarde hom ‘n rukkie later aan.
“Ag nee man Sampie, wat nou as dit tyd is dat die Here jou moet kom haal en
hy kry jou so!”
Sampie druk sy windskeef vingers in boksbewegings die lug in: “Dis ookie
sommer net vir kom haal nie, ek sê.”
Al wat Herrie weet, ons tydjie op die aarde is ewigheidsgemeet, bitter kort, en
die werk baie groot.
In hierdie komende jaar is ook ‘n verkiesing. Met hierdie verkiesing kan
Christene nie maar weer die verantwoordelikheid vir stem vir ‘n Christelike
party ontduik deur te sê godsdiens moet uit die politiek geweer word nie. Die
afgelope tien jaar het ons in oorvloed die gevolge daarvan gesien –
dobbelhole, afname in werksetiek en dus werksgeleenthede, toename in
misdaad, groei in MIV / Vigs, korrupsie wat nie onder die knie gekry word nie.
‘n regering wat al by herhaling oor die kole gehaal is omdat die regering
hofbevele minag…
Kom ons maak hierdie die jaar waarop ons die Christengety in die politiek
begin draai.
En ja, Herrie het ook ‘n nuwejaarsvoorneme: Herrie lees onlangs navorsing
het gewys dat Suid-Afrikaanse koerante neig om op die negatiewe te fokus. ‘n
Berig in dieselfde koerant se opskrif lui dat 2003 geen gelukkige jaar vir die
Suid-Afrikaanse media was nie.
In 2004 gaan Herrie probeer om eerder op die positiewe te fokus.
Maar ongelukkig moet die koerante berig oor die negatiewe, soos wat Herrie
hierbo gelys het, anders faal hulle in hul integrale rol in die demokrasie – om
mense in te lig sodat hulle ingeligte besluite kan neem soos om vir die ACDP
te stem as hulle hul kruisies gaan trek.
As die koerante en Herrie swyg oor die vergrype, dan sal die klippe moet
begin uitroep, en Herrie bedoel werklik nie om hiermee ligsinnig te wees nie.
‘n Baie geseënde 2004 aan almal.

RUBRIEK: HERRIE SE KERRIE


Tandemuis eindelik ontmasker
deur Herman Toerien
MET die naderende Kerstyd prik Herrie sy gedagtes oor 'n Kers-storie. Klein
prikkie, en geen gedagtes nie. Tot dusver kon Herrie dus niks verder vorder
as die tandemuis nie.
Klein Nico en Jan (skuilname) wat nou as groot manne daar na Kestell se
kant toe boer, was van kleins af nuuskierig oor hoe die tandemuis lyk wat
soos taks as 'n tand waai, 'n sikspens in die skoen kom sit.
Die nuuskierigheid kry naderhand die oorhand oor gesonde sakebeginsels.
Die aand nadat Jan weer 'n tand kwyt is, word die tandemuis toe ontmasker.
Hulle word die nag nie wakker van 'n benoude gepiep van die muis nie, maar
'n gebrul wat 'n mannetjiesleeu in die Kalahari na 'n welpie sou laat klink.
Dis toe pa wat die riel dans, met die muisvalletjie wat aan die een vinger
wapper.
Een keer was die skoen - eintlik 'n kardoes - egter aan die ander hand.
Oupa Harry (hy en sy susters het almal Engelse name gekry) was 'n platjie.
Toe klein Ronsie 'n bielie van 'n tand kwyt is, reken Oupa Harry 'n skoen sal
nie deug nie. Ronsie moet liefs 'n kardoessak met die tand in onder die katel
plaas.
Die volgende oggend is Ronsie soos blits onder die kooi in, en sy verwagtinge
is ook nie teleurgestel nie. Die kardoes bult eintlik.
'n Gretige handjie is die kardoessak in - tot by die elmboog in nat beesmis in.
Herrie verstaan omtrent 'n hele pond was nodig om die volgende nag die
kleinman se vertroue in die tandemuis te herstel.
Dié storie het ook 'n Oos-Vrystaatse konneksie. Rons is later met die
legengariese oom Schalk van Niekerk, skoolhoof en burgemeester van
Bethlehem, se dogter Marie getroud.

Dit was ’n kopskoot!


“VANSLEWE,” sê Benban se pa by geleentheid toe hy ’n bietjie sterker voel
en aan tafel kom sit, “was daar ’n gedoente op die Knersvlakte.”
Hy vertel: Drie Amerikaanse rykmanskinders kom swot medisyne op Ikeys.
Hulle was Thomas Richardson, Richard Manning en Herman Gowalski, maar
die studente het hulle gou Tom, Dick en Harry gedoop.
Die eerste vakansie koop hulle ’n Jeep, pak hom vol gewere en drank, en sit
af na die beweerde jagvelde in die noorde. Verdwaal-verdwaal beland hulle
die nag op die Knersvlakte, en die volgende oggend begin hulle maar rondry
en op goed skiet totdat die teikens maar naderhand wegloop. Daai tyd was
daar nog nie drade gespan nie.
Laatmiddag is hulle gaar gebrand en vuurwarm van die vuurwarm drank. Dis
toe dat hulle by ’n trens verbyry – daai mense wat so van plaas tot plaas
swerf en vir kos en onderdak skoene regmaak en ander herstelwerkies doen
voordat hulle weer koers kry.
Met die drank in die Jeep laat die trens hom nie twee maal nooi vir saamry
nie.
Teen skemer is die manne moeg, maar gewaar vir oulaas ’n volstruis op die
horison. Hulle besluit om op dié geveerde teiken te skiet totdat dit ook verkas.
Maar die volstruis steek net nou en dan sy kop in ’n gat as ’n koeël naby
gekom het.
Dis toe dat die geswaelde trens ook ’n skoot wil hê. Met die loop wat sirkels in
die lug trek, trek hy die skoot af, en skuif deur die Namakwalandse bossie.
Tom, Dick en Herrie, ekskuus, Harry, wil hulle doodlag, maar die trens staan
op en sê: “Kô’s gaa haal hom.”
Dis ver ry om tot by die gevalle voël te kom. En daar roep Tom verbaas uit:
“He’s shot the thing through the head!”

Herrie se Kerrie
Benban laat nie met hom skoor nie
deur Herman Toerien
NEE, Herrie is nie besig om 'n boek oor Benban te skryf nie. Dalk eendag.
Dus is hierdie voorlopig Herrie se laaste storie oor Benban.
Benban kom ná skool met sy tas in die hand by die huis ingestap, en fluit
lustig. Die skooldag is mos verby, en dis naweek.
Benban se das sit effe skeef en sy een broeksak is 'n bietjie oopgeskeur.
Sy ma het baie erger verwag.
Want sien, vroeër die dag, hier met kleinspeeltyd se koers, hou 'n vreemde
motor voor die huis stil en 'n baie willebooslike kwaai vrou klim uit, stap die
paadjie met mening op, en hamer aan die voordeur.
Toe Benban se ma die deur oopmaak, verdamp die kwaai vrou se woede
grootliks, want Benban se ma staan by die ses voet twee in haar sokkies --
met 'n lekker slank, gespierde lyf daarby.
"Benban het my kind geslaan," stotter sy nietemin.
"Hy't seker aan Benbangekarring, maar ek sil uitvinne."
Hiermee moes die "slagoffer" se ma maar tevrede wees en verkas.
'n Oproep na die skoolhoof, en die verduideliking is kort en saaklik: Benban
en die ander knapie het baklei, en Benban het gewen.
Omdat Benban duidelik nie die skoorsoeker was nie, maar niks ter
verdediging wou sê nie, het al twee streepsuiker gekry.
"Benban, wat het by die skool gebeur?" "Die kjênd het geskoor toe *&)% ek
hom." Kort en saaklik.
"Moenie sê *&)% nie, sê liefs &)%*, dis fatsoenliker," betig sy ma hom.
"Ja, sê &)%*," steun Benban se pa uit die kamer waar hy met sy
hartversaking rus.
"Nou wat storie die kjênd?"
"Hy storie ons praat snaaks."
"Ek sal met meester praat."
"Lossit, Ma." Die volgende oggend -- die Saterdagoggend -- druk Benban ses
drieë vir sy skool se eerstes.
Lank terug het iemand al vyf drieë gedruk, maar ses is 'n rekord.
Die Maandag ná skool wil Benban se ma weet of die knaap weer sy mond oor
hul pratery saam uitgespoel het.
"Nee, Ma, hy wou nog karring, toe &)%* 'n hele klomp ouens hom."
Ja-nee, dink Benban se ma, die Here was goed vir hulle dat hulle juis in die
middel van die rugbyseisoen Bethlehem toe moes trek.

Afrikaanse humor / Kortverhaal: Besoek van 'n prins


“Agbare!, agbare!”
Jan Ferreira, stadsklerk van Opstaan storm Freek Coetzee se negosiewinkel
binne. Freek is Opstaan se agbare burgemeester, en weet al as Jan hom hier
as “agbare” kom aanspreek is dit amptelike sake. Anders is hy maar net
Freek.
Maar Jan se ooglopende benoudheid is iets nuuts.
“Wat is dit Jan?”
“Kyk hier agbare!” en Jan druk ‘n velletjie papier in Freek se hande.
Die inhoud veroorsaak dat ‘n dringende, buitengewone raadsvergadering belê
word, sommer in Freek se winkel se kombuis, want dis vakansietyd en Freek
het nie iemand om ‘n ogie oor die winkel te hou nie.
Vier van die vyf raadslede kon dit maak. Dr. Langerhans is weg met vakansie.
Die dominee wat gewoonlik met Skriflesing en gebed kom open is ook nie
opspoorbaar nie, en Freek is heimlik bly hieroor, want vandag se sakelys
moet dringende aandag geniet. Rooi Piet het sy seun wat vir die vakansie van
Tukkies af tuis is saamgebring. Hulle is op pad om ietsie vir biltong te gaan
skiet, en sit by die kombuistafel met hul roers oor die stoele se rugleunings
aan hul bande opgehang.
“Kyk hier” val die agbare burgemeester met die deur in die huis. “Ons kry
Saterdag besoek van Prins le Roi en sy geselskap.” Hy waai die telegram met
dié tyding in die lug.
“Wie is Prins Le Roi?” wil Rooi Piet weet. Gewoonlik is hy al rooie in die
omgewing.
Gewoonlik sou Freek tyd probeer wen het met die hoop dat iemand oor die
inligting sou beskik, deur te antwoord met: “Prins Le Roi – manne, Rooi Piet
sê hy weet nie wie Prins Le Roi is nie. Sal en van julle hom gou inlig?”
Maar instinktief vermoed Freek niemand aan tafel gaan weet nie, en hy self
nog minder, en buitendien, dis Woensdag en Saterdag wanneer die prins en
sy geselskap hier is, is om die draai.
“Klink vir my na Frans of iets,” sê Koos Nel.
“Ja, maar Frankryk het nie meer konings en goete nie,” onthou Freek darem
van sy geskiedenis-op-skool-dae. “Die spul se koppe loop afkap.”
“Die Belge het nog ‘n koningshuis,” gooi Rooi Piet se seun Karel. “party van
hulle praat ook Frans.
“O gorrel, wie van julle kan Frans praat?” vra Freek benoud.
“Party praat ook Vlaams.”
“Vlaams is mos baie soos Hollands, en dis mos weer amper soos Afrikaans,”
sê Freek. Verligting is oor almal se gesigte te lese. Hier kom ‘n prins of ‘n
ding, en hulle kan hul ding in Afrikaans doen.
“Hoe kom hulle hier?” wil Hans Bekker weet. Die telegram is gesirkuleer,
maar in die haastigheid vir die skielike vergadering het Hans se leesbril tuis
agtergebly, en selfs met die bril is leeswerk ook nie Hans se sterk punt nie.
“Met die drie-uur trein,” sê Freek.
“Moet seker die wit trein of blou trein wees,” mymer Rooi Piet.
Die ringkoppe sit koppe bymekaar en ‘n uur later is almal oortuig alles is mooi
onder beheer, en Opstaan sal die prins ‘n waardige ontvangs gee.
Saterdag is dit al van vroeg af ‘n gedoente op die stasie. ‘n Belgiese vlag kon
nou wel nie op sulke kort notisie bekom word nie, maar ‘n Vierkleur is
opgediep en moet doen. Al die lede van die skool se kadetorkes wat nie weg
is met vakansie nie, is opgekommandeer, en hulle moet Kent gij dat Volk”
speel, want dis darem in Hollands.
Van twee-uur af is alles slaggreed. Freek het sy toga en ampsketting aan, en
‘n waardige stilte sak oor die stasie neer.
Skuins voor drie hoor hulle die stoomtrein se gehoes en geproes, en ‘n rukkie
later slaan die swart rookwolke bo die bosveldbome uit. Die spanning raak
breekpunt.
“Dis dan sommer ‘n gewone trein,” besef Burgemeester Freek toe die trein
sigbaar word. “Ek sal ‘n protesbrief aan die goewerment moet skryf, om ‘n
prins nou so in die gesig te vat.” Ook g’n vlag of iets op die lokomotief nie.
Die trein trek blaas-blaas in, en die passasiers begin van die trein afstroom,
glad nie soos Freek en die ander verwag het sou gebeur met die prins wat
waardig eerste sou afklim nie. En met ‘n rooi tapyt en so aan nie. Desperaat
soek Freek tussen die passasiers na iemand wat soos ‘n prins lyk. Instinktief
voel hy aan die manier waan waarop die mense met die een man, so ‘n
kortetjie, praat dat dit die prins moet wees.
Burgemeester Freek stap nader, en steek plegtig hand uit. “Burgemeester
Freek Coetzee,” sê Freek. Dit was die teken vir die orkes om te begin speel.
Die kort mannetjie steek self blad: “Pietie le Roux” sê hy, maar in die orkes se
gedruis hoor Freek nie so mooi nie.
Na die orkes sy ding gedoen het, word die nodige gevra; of die reis goed was,
en so aan. Freek verwonder hom hoe baie Vlaams na Afrikaans klink – amper
soos Kaapse Afrikaans as mens nou nie van beter geweet het nie.
Die hotel is langs die stasie, en eers toe by die toonbank aangemeld word
besef Burgemeester Freek hier is ‘n skroef los. Sy besoekers is oom Pietie le
Roux en sy bekende boere-orkes van Stellenbosch, en hulle het met die trein
kom opvoerings hou tot in die Kruger Wildtuin. Freek het hom juis gestaan en
verwonder oor die prins se afvaardiging wat omtrent almal musiekinstrumente
by hulle gehad het. Van banjo’s tot ukelele’s en kitare.
Verleë verduidelik Burgemeester Freek die vergissing. Want sien, die
telegramme hier word deurgebel. En ai, hier het al vreemde telegramme
aangekom.
Eind goed, alles goed. Oom Pietie se konsert was ‘n reuse sukses. Kon nie
anders nie, want die susters het immers ‘n maaltyd aangelê geskik vir ‘n
koning, al was dit ook net ‘n prins wat geblyk het die land se boere-
orkeskoning te wees.
Herman Toerien

You might also like