You are on page 1of 2

DEREK LIGHT

Prokureurs & Aktebesorgers

Posbus 431 Kerkplein 26 GRAAFF-REINET 6280 e-pos: dlight@intekom.co.za Telefoon: (049) 891 0183\6 Faks: (049) 892 2617

27 Augustus 2013 BELANGRIKE KENNISGEWING Geliewe kennis te neem dat 'n vergadering van grondeienaars by die Lesingsaal, Grootfontein, op die 18de dag van September 2013 om 10h00 (10vm) gehou sal word. Doel van Vergadering: Om grondeienaars insake verwikkelinge in die aansoeke van Shell, Bundu, Falcon vir eksplorasieregte vir skaliegas/olie met die gebruik van hidroliese breking ("fracking") in die Karoo, asook die verwante wetgewing in te lig. Paneel van Sprekers: Advokaat Mias Schreuder Prokureur Derek Light Mnr Dougie Stern Indien u tot die teenkanting deur grondeienaars teen gaseksplorasie/produksie met die gebruik van hidroliese breking in die Karoo verbind is, en steeds bly, word u aangemoedig om hierdie uiters belangrike vergadering wat daarop gemik is om u op hoogte te bring van verwikkelinge in die administratiewe regsproses en wysigings tot die wetgewing en regulasies, by te woon. AGENDA 1. Verwelkoming 2. Oorsig van skaliegaseksplorasie en produksie deur die gebruik van hidroliese breking ("fracking") en die moontlike impak op: Grondwater; Landbou.

Spreker: Mnr Dougie Stern 3. Administratiewe regsproses Kort geskiedenis; Huidige status;
DEREK LIGHT B Proc M A M KINGWILL LIGHT BA LLB Bygestaan deur: P W MEYER B.IURIS LLB LLM

_____________________________________________________________________________________________________

-2 Ontwikkeling van wetgewing; Suksesse behaal in die teenkanting deur grondeienaars tot op datum.

Spreker: Prokureur Derek Light 4. Die pad vorentoe en moontlike regstappe/remedies Ten opsigte van toestaan van lisensies; Ten opsigte van wysigings tot wetgewing en regulasies; Die stand van ons voorbereiding.

Spreker: Advokaat Mias Schreuder 5. Verbintenis van grondeienaar en Agri OK tot die proses en verwante formaliteite. 6. Vrae/antwoorde sessie Ons het deurlopend met alle grondeienaars wat hulle tot die proses verbind het op minstens 'n maandelikse basis skriftelik kommunikeer. Hierdie is 'n geleentheid vir u om beter ingelig te word oor beide die proses asook die aard van die verbintenis tot die proses wat van u verwag word. Geliewe verder kennis te neem dat soortgelyke vergaderings in die volgende lokale gehou sal word: Murraysburg by die NG Kerksaal, om 09h30 op 17 September 2013. Graaff-Reinet by die Union Sportsklub, Union High School om 14h00 op Dinsdag op 17 September 2013; Cradock by die Skougronde om 15h00 (3nm) op 18 September 2013.

Derek Light Prokureurs Kerk Plein 26 Posbus 431 GRAAFF-REINET 6280 Epos: dlight@intekom.co.za Tel: 049 8910183 Faks: 049 8922617

You might also like