You are on page 1of 1

Skietdag op Fonteintjie Op Saterdag 20 Oktober was daar n skietdag op Fonteintjie in Hofmeyr.

Ons wil dit net graag onder almal se aandag bring dat dit n skietdag van die SA Jagters Vereniging was. In Hofmeyr is daar al heelwat mense wat aan die vereniging behoort, so ons tak rel n skietdag hier sodat lede nie elke keer Queenstown toe hoef te ry nie. Die skietdag wat van Queenstown af gerel word is gewoonlik in Oktober. Op hierdie dag rel hulle alles, kos, teikens, watter skietoefening geskiet gaan word en die smse word deur hulle uitgestuur. So slegs lede van die tak ontvang dan die inligting. Ons val onder die Stormberg tak, maar lede van Lammergeier (Aliwal-Noord) en Renosterberg (Middelburg) kom woon dit ook by. Hulle voorsitters kry die sms wat dit dan weer na sy lede toe stuur. Deur die res van die jaar is die skietdae hoofsaaklik in Queenstown. Op daardie dae probeer ons ook hier n skiet hou. Omdat van die lede nog betrokke is by skole en ook ander sport gebeure, skuif ons partykeer die datum van die skiet wat deur die jaar hier gehou word. Dit het begin by slegs lede van die Jagters vereniging wat smse ontvang. Soos ander mense daarvan gehoor het, het hulle gevra dat ons hulle ook laat weet van die skiet. So op die lys van mense wat ons nou per sms laat weet van n skiet hier op Fonteintjie is daar nou ook nie-lede wat ons hoop dan later lede sal word. Hiermee wil ons dan almal uitnooi wat betrokke wil raak by die skiet om ons te kontak. Dit is prakties nie moontlik om almal te bel en dan dalk weer te moet bel om te s dat die skiet dalk uitgestel is nie. Op so n skietdag word die rels en regulasies van die SA Jagtersvereniging gebruik. Kostes soos deur die tak besluit. Kontak ons gerus. Willem en Susan Huis tel 087 5500 207 Willem 082 4516 095 Susan 083 288 4063 Epos jordaan@nokwi.co.za

You might also like