You are on page 1of 32

Statistieke

Met twee plaasaanvalle nou per dag


sou ons deeglike syfers verwag

Sowat tweeduisend is nou reeds vermoor


baie meer het hul besittings verloor

Soms liggaamlik tog ongedeerd


of “net” onsedelik onteerd

Alleen soms om trauma te verwerk


in opstalle soos tronke versterk

Dertig persent slagoffers is nou swart


Wat deel in hierdie pynigende smart

(Dit word al meer namate meer met grondhervorming gevestig word)

Reeds twintigduisend wrede plaasaanvalle


Met sporadiese masjiengeweerknalle

Maar behoorlike syfers ontbreek


Terwyl die geweldspiraal hom wreek

Koue kliniese syfers kan in elk geval


niks nie wegneem van hierdie bitter-gure gal
Herman Toerien

Geen volk kan rus


By Volksrust, Julie 2006

Huil my heimatland
Huil hartstogtelik hard
Bykans geen nuusdekking

Asof hierdie aanval nooit plaasgevind het nie


Die keer, fisies ongedeerd
Die man en vrou alleen
Maar onlangs nog
moes die slagoffer se pa
sy seun se weggeskiete kakebeen
in die donker veld gaan soek

Toe ook, so wreed soos die aanval was


was amper al die media stil

By Winburg, Julie 2006

Nou is sy vry
Saak teruggetrek
Maar eers moes sy drie nagte
aanrandings in ‘n sel verduur

Die Here, sê sy,


Het haar vrede laat vind
Swakkeres sou knak
Sy het ‘n plaasinbreker probeer keer
En hy loop steeds vry

(My dank aan Radio Pretoria wat dikwels my enigste bron van plaasaanvalle is.
Hierdie stasie is in ‘n verbete hofstryd gewikkel om met sy uitsendings te mag
voortgaan nadat s uitsaailisensie geweier is).

By Thabazimbi, Julie 2006

Knak hom soos ‘n Carling

Apartheid is dood
Lank lewe apartheid
In hierdie rasverskeurde land

Rassisme in nood
verdiep in nydigheid
Mense in ‘n land sonder band

“Die staat se saak is weer swak,”


sê nog ‘n landdros.
“Die getuienis voor my is van ‘n ongeluk,
nie van moord nie.”

Waar die staat verbete ‘n boer


se borgtog wil keer
‘n moordsaak-vennyn teen hom voer...
hom ‘n les wil leer?

Sy bang gees in ‘n sel wil knak


Met borg nou daarvan verlos
Rassistiese betogers
Vloek en gil en jil
Die smerige opstokers
‘n Land in grou dieptes versak
met geen probleem opgelos
straatregeer die spul
Herman Toerien

Onderstebo land
(Suid-Afrikaners wat hulself teen gewapende aanvallers verdedig, of
ontvlugtende misdadigers gewond het, moes al verskeie kere verbysterd ervaar
dat hulle, die slagoffers, van moord of poging tot moord aangekla word, en vir tye
in selle aangehou word. Pas, in die Vrystaat, het twee polisielede ‘n verdagte
veedief aangekeer. Die veedief het egter die een polisieman met ‘n mes
doodgesteek en op vlug geslaan. Die ander polisieman het die verdagte in die
sitvlak geskiet, en aangekeer. Die polisieman staar nou ‘n aanklag van poging tot
moord in die gesig).

Flitsend verskiet die ster


Van die aarde diep na die hemel
- stuur die boodskap na ver
nog ‘n goeie boer is pas vermoor
en sy vrou se verkragtingsgil gesmoor
walgend – waar plaasaanvallers wemel

Alles is verkeerdom hier


In ‘n mooie land waar bloed op reën
Kan vry moordenaars vier
‘n Polisieman hoor in verdriet
hy het sy maat se moordenaar geskiet
klag teen hom – poging tot moord – laat mens ween
Herman Toerien

By Boshoff
Julie 2006

Boervrou wat tem


Bang
en vrou alleen boer sy
En vir “veiligheid”
woon sy in die dorp

Hier in die dorp


“Veilig” toegesluit
in haar vesting-huis
Hier is sy vermoor

Deur ‘n buitekamer-venster,
Dan deur die plafon
Af in die huis
Om haar te versmoor

Vrou-alleen
Tem sy die
Wes-Vrystaatse elemente
Maar in die dorp
In haar vesting-huis
word sy
vrou alleen gewurg en vermoor
Herman Toerien

Julie 2006

By Swartruggens
(Dit blyk dat hierdie nie ‘n plaasmoord was nie. Hierdie tipe marteling het egter
reeds verskeie kere tydens plaasaanvalle gebeur, en dui aan dat ook
dorpsbewoners of voorstedelike inwoners nie gespaar gaan bly nie. Volgens
Media 24 se elektroniese argiewe wil dit voorkom of daar al oor agtien
plaasaanvalle berig is waar die slagoffers met kookwater gebrand is, oa een wie
se voetsole afgesny en toe in ‘n bad kookwater gegooi is).

Moord en trauma – kinders


‘n Gesin
saam
rustig
voor die TV die aand
‘n Tenger eenbeenpa,
die ma, ‘n sewejaarseun
en die dogtertjie net maar drie
Dan, skop hulle die deur af –
val dadelik die pa en ma met messe aan

Dan – aanhoudend en aanhoudend –


Brand die pa en ma en seuntjie –
gooi kookwater oor hul neer –
alles moes die dogtertjie aanskou

Dan, met ‘n veter,


verwurg hul die tenger,
eenbeenpa
Bind die ander vas,
Plunder en plunder –
maar geen wapen of kluis –
Skop alles stukkend wat hul
nie kon vat.
En dan...
Laat ‘n vernielde gesin
met vermoorde pa
om hul trauma uit te leef
Herman Toerien

Trane loop oor jou, polisie


Trane vloei vrylik,
‘n paar mense huil emosioneel
Drie polisievoertuie is daar,
Ses polisiebeamptes ... met masjiengewere

Die toneel van ‘n plaasaanval?


Ja, maar die plaasaanval was jare tevore
Nou die owettige begrafnis
van ‘n plakkerskind

“Ons hou die begrafnis hier,


om ‘n presedent vir nog te skep
met die oog op ‘n grondeis”
het die amptenaar vir die boer gesê

Nou vind hierdie begrafnis plaas,


sonder bodemtoetse vir gesondheid
In sandgrond...
waar almal die fonteinwater drink
Die hordes polisie hier
om die boer te keer
om die onwettige begrafnis te keer
al het die boer alles probeer
om ‘n waardige begrafnis vir die kind
in die dorp te kry
Die kind se pa,
kon by sy werkgewer ‘n voorskot kry

Dis tussen Bethlehem en Harrismith


Kort tevore was daar ‘n plaasaanval
met die polisie eers vier uur later
heel laaste op die toneel

En ook naby kort tevore,


by Verkykerskop,
neem dit die polisie twee ure
Om die drie kilometer na ‘n
plaasaanvaltoneel te kom
-glo lekker gesuip
en ook heel laaste op die toneel....

Hoe laag kan mense daal,


om die dood van ‘n tweejaar kind,
so blatant vir politieke gewin
uit verband te ruk?
Herman Toerien

By Leslie, Julie 2006-07-10

Asseblief, moenie skiet nie!


Vreesbevange, nadat haar ouma
voor haar tweemaal geskiet is
en dood voor haar voete lê

Dis ‘n verskrikking vir die kind dié...


Alleen by die moordenaar en ouma
“Kom help pappa asseblief!” dis
wat sy benoud oor die selfoon sê
Die moordenaar gryp die foon
en gooi die ouma op die kind
Pappa bel die ouma se foon
Die kind spartel om dit te vind

Bloedbesmeer en vreesbevange
Skuil die kind
Tot hul haar vind
Die polisie neem hom gevange

Wie kan hierdie kind se vrees verstaan?


Voor haar is haar ouma tweemaal geskiet
en steeds is die moordenaar daar
vroetel en soek om te plunder

Vreesbevange op haar sel


Bel sy haar pappa daar ver
Die moordenaar besef wat sy doen,
Gryp die selfoon en slinger
die dooie ouma oor die kind.

“Moet my nie doodmaak nie,” pleit sy

‘n Geskokte pa bel die ouma


die kind hoor die sel lui
en spartel benoud om te antwoord
Sy voer haar pa se opdragte uit,
Gaan skuil in ‘n bakkie op die plaas Kruisement
waar die redders die kind bloedbesmeer vind.
Herman Toerien

Ly in stilte en swye vir 2010


Hoekom die erge wreedheid met misdaad nou?
vra die minister handjies styf vasgevou
Van brûe word motoriste met klippe doodgegooi
By kruisings lê dood kapingslagoffers in bloed getooi

‘n Joernalis wat doodgeskiet is trek gou die aandag


te midde van doodslag het die media dit nie verwag
afgestomp om te berig van nog ‘n moord en nog
sodat wrede moord nie meer nuus is nie... vergesog?

Algaande word plaasmoorde wreder en wreder


Dit sal nie stede toe kom nie, weet hul beter
Maar dan is dit daar en volg die skok
Niks meer help al die syfergejok

Om die twintig-tien wêreldbekersokkertoernooi


te red moet hulle nou die misdadigers goed looi
maar die misdaad self hoort nie aan die groot klok
dis dislojaal en kan die grootsheid hier blok.

Kruisig dan maar die wat treur,


Misdaadslagoffers sonder salf vir die seer
wat die illusie versteur
dat misdaad lankal, lankal is reeds gekeer
Herman Toerien

Julie 2006
By Harrismith

Sondagoggend
So dikwels Sondagoggende
slaan skurke Sondagontheiligend toe
- skreeuend, wandadig, wreed
sleep niksvermoedende kerkgangers deur opstalle
met die geur van Sondagmaal swaar...
Dis weer Sondag; wag vir gaste
vir daardie Sondagmaal
Oorval eers vrou en dogter en
dan swaar gewapen ook die man
Dreigend om te skiet terwyl hul plunder
Wapens en nogmaals wapens
Goddank – die keer geen moord
Maar die geroofde wapens is nie
vir ‘n piekniek geneem...
Herman Toerien

Junie 2006
By Clarens

Op die bloedspoor
Al op die nat bloedspoor skuifel hy
waar hy en sy bejaarde vrou bly
Skuifel hy na die slaapkamer aan
na waar hul lewensjare saam taan
Op hul wye bed,
onder bebloede lakens lê sy
hul plek van gebed
is die slagplek plek waar sy nou ly
Herman Toerien

Junie 2006
By Windserton

Tot die dood kom


Herhaaldelik het hulle al gekom
Beroof, geskiet
Het hy egter vasgebyt
En steeds sy plaaswinkel gehou

Maar dan, dan skiet hulle hom dood


Herman Toerien

By Barberton
Junie 2006

Skoen aan ander voet


Dié keer, Goddank,
was die skoen aan die ander voet
Vier sterk het hul gekom
geskiet op die boer en werker
Maar hy skiet terug,
die aanvaller-skut noodlottig getref
nog een gevang, twee hol weg...
soos die lafaards wat hul is.
Herman Toerien

By Bloemfontein Junie 2006

Slagoffer gehang
Hulle het die doodstraf afgeskaf;
Dis wreed en skend die menseregte
van moordenaars en kinderverkragters
sê hulle
....
In die Vrystaatse winterkoue –
opgehang soos ‘n stuk nat biltong
maar eers gemartel en gewurg
Sy sonde?
Hy het die bakkie en selfoon besit
wat die skurke wou hê

Weer kom dit naby my ...


‘n hanetreetjie van my vestinghuis
my gesin,
reeds agter tralies en duiwelsvurk
Maar is dit genoeg?
Herman Toerien

By Carolina, Junie 2006

My huis my vesting nie meer


Drie maal kom hulle...
Die derde maal is dit moord
Die vorige slagoffer
lê nog in die lykshuis koud
Dan skiet die lafaards
die ou man dood
Sommer deur die deur
Verbrysel sy bejaarde vrou
se hand met ‘n haelgeweerskoot
Bind haar vas – die lafaards

Binne ‘n week,
binne ‘n radius van net tien kilometer
‘n hanetreetjie van die plaasskooltjie
waar skoolkinders strategiese inligting
oor plaasbeskerming
vir ‘n skooltaak moes kry
word drie keer aangeval

Eers die swart boer en sy vrou


En terwyl hulle steeds in die hospitaal lê
Nog ‘n aanval –
die keer die gewere gebuit vir die moord
En dan die moord
Weke later sterf ook die swart boer
In sy bejaardheid kon hy dié trauma nie verwerk

O Heer, o Heer
Die land is gek
Slegs U kan heel
Dié gebrek
Herman Toerien

Junie 2006
By Queenstown

Nie soos ‘n koningin –


Is die ou vrou vernederend
in haar hoenderhok vermoor
Die laakbare lafhartiges
So braaf om die ou vrou
met messe neer te fel,
en soos ‘n skaap keelaf te sny
Slaan nou voet in die wind
As haar ou man haar gille hoor
en nadersukkel om te help;
voor sy haar lewenstryd verloor
Sy syg dan neer
Van hoendernis besmeer
terwyl donsies om haar dans
Dan hardloop die “vegters” weg,
Klone van vroeëre “vegters”
Wat o so dapper
landmyne op plaaspaaie gestel het
en babas laat disintegreer het
Herman Toerien

Vrot appels
Dis nie net julle skuld – ek weet
Maar, alewig daardie woordjie “maar,”
Julle weet mos hoe rasgevoelig
hierdie land was, is en steeds sal wees...

Dit kos net een dronk vrot appel –


Al is dit ook ‘n tronkvoël begenadig
Wat sy hand lig, ondiskreet skiet
Dan weergalm dit:
“Kill the Boer, kill the farmer!”

Die bloed is op hul hande – ek weet


Maar minstens het daarvan ook
op die vrot appels gespat.

Ek wys vinger, ek weet,


En boonop wys vier terug na my
Te dikwels het die wag voor my mond
die trekpas gekry

Ragfyn die gevoelens van hulle


en van julle en van ons
in hierdie bloedbevlekte land.

Rassisme is lank nie verbrand


Dit word steeds gestook deur
‘n regering wat ontspoor

Swyg as hulle en julle gil die kreet:


“Kill the Boer, kill the farmer!”
Dis skandalig, dis wreed
maar moenie help gevoelens stook
Herman Toerien

Die kamera kyk soos hy wil


of moet?
Geskok,
pateties huilend...
Nog minstens ‘n week agter tralies
Aangekla van moord,
verander na strafbare manslag
en terug na moord

Hy het gedink, sê hy
Hy skiet ‘n hondsdol hond
Toe kry ‘n kind
‘n doodskoot in die kop.

Hierdie een saak,


op TV weer en weer
Wys die jillende massa,
wat eis dat hy moet ly
...al is hy nog nie eens aangekla nie

Hy is skuldig vir die SABC


want hy is wit, hy is Afrikaans
en, veral, hy woon op grond
... ‘n kleinhoewe wel,
maar hy is ‘n boer – on-ver-geef-lik

Terwyl die SABC dié perd


al meer en meer holrug ry
naderhand die dooie perd looi
van die nare boer...
vind die een ongerapporteerde
plaasaanval na die ander plaas...

Openbare uitsaaier?
Openbare verleentheid
Openbare skande
Herman Toerien

Die media

So afgestomp
Bevooroordeeld
Polities korrek
Of maar net sat vir slegte nuus?
Van die SABC,
His master’s voice,
Of die ministers se
Skandelike saampraatpers;
Van hulle word dit verwag
Om doodstil te swyg,
Swyg oor boerebloed
Opgesuig deur die droë grond

Wreder en wreder
Word aanval na aanval
Om steeds die nuus te haal,
Te skok en vrees aan te blaas...
Tot ‘n boer se hakskeensenings afgekap
Sodat hy nog kan beleef
Hoe sy ou vrou se kop
Wreed ingeslaan word...
Dan, met gate in die rug
Ook hy vir ewig
Neer sal sink
Hieroor darem hier en daar
In die media ‘n piep.
Maar dan, as die suurstofpomp oue,
Sy gesin met ‘n knopkierie
Moet verweer
Teen die vuur van masjiengeweer
swyg amper al die media stil
Herman Toerien

The pool
In their as yet unchallenged young love
the pair drinks up the tranquillity of the fountain pool
A glorious first picnic Sunday after their honeymoon
Light classical music mingles with birds with song

Suddenly she jumps up, laughing, stripping


and dashes into the tranquil pool
he follows, dives, splashing cold water
over her beautiful body

Suddenly, from out of the bushes they were there


Machine guns pumping lead in the pool
Helpless, bud naked in the bloody pool
He sinks – his hair an island in the blood

Then they drag her fighting beautiful body out


gang raping …
and leaving her sobbing broken body
next to the bloody pool
Herman Toerien

Weerlig
Hoe anders as ons sonskyn sorgvrye
Kleinbrakse somer-kindweestyd...
Henkie, vandag het ek jou weduwee gesien;
nog ongelooflik jonk, amper kind lyk sy
En tog, dis al ‘n paar jaar
dat jy en jou ewe jong swaer
deur plaasaanvallerkoeëls afgemaai is
Hoe anders dink mens nou
Die weerlig slaan nie twee keer op dieselfde plek,
sê hulle
maar toe julle geskiet is,
bebloed op TV gewys is,
toe, my kleintyd-vakansietydbuurman,
was dit die vyfde weerligslag raak
Ons het saam gaan steentjies vang
Ons het saam saans polsend gedisco
Ons gesinne is Sondae saam na die Strooidakkerkie
met die mure wat kon opslaan...
ook daar in CSV-kerskonserte gespeel
Ons het saam op die rivier geroei en geseil
Kleinbrak se brekerbranders mak gery
Nou Henkie, is dit vir altyd verby
Herman Toerien

Plaasaanval
Die groot en sterk growwe hand vou styf om die kluit
Soos sy stukkende hart om sy binnepyn sluit
Kragtig kramp die geëelte boerehand die kluit vas
Die kluit tot stof en as die groot hand traag oopvou plas
...‘n traan in die handvol stof

Die vingers vou oop en die stof stroom uit die growwe hand
Eers oor die klein wit kissie van sy blouoog meisiekind,
Wat so onbesorg kon lag en speel in die dwarrelwind
Dan oor die wit kis van sy stewige boerklong-seun
Op die lande en by die vee was hy reeds ‘n steun
En dan oor die rooshoutkis van sy lieflike lewensmaat
Wreed uit sy lewe gebreek om hom nou reeds alleen te laat

Sy skouers ruk en pluk onbedaarlik op en af,


en nog ‘n traan val in die rou en oop blommegraf
Vertroostende hande druk ook stom van pyn
Sy rukkende skouers saggies en verdwyn
Dan skommel sy rolstoel ongelyk
Weg, weg terwyl hy stip ver weg kyk

“O Heer, o Heer, laat hulle leer


om hieruit te leer om die slagting te keer,
want niemand verdien hierdie seer”
- Herman Toerien

Salfie vir die eina (Vir Anri)

“Salfie vir die eina, mamma, seblief mamma.”


Grootoog kyk die blou ogies van die blondekop kind
Tussen kort vingers op die magie
Sypel die stroompie bloedrooi bloed.
Dieselfde skurkekoeël het haar pappa se nek deurboor
“’n Salfie vir die eina, mamma, seblief mamma,”
vra die blondekop – klein en nog meer peuter as kind
met die bloedrooi bloed op haar magie
Met steeds die skurkestryd wat woed
Klein en dapper veg sy tot sy die lewenstryd verloor

Geen salfie help vir hierdie seer


Wat soos ‘n kanker kruip en verwoes
Die grafstene word al hoe meer
Die skurkestryd wat steeds meer verwoes

Slegs die Heer se salf werk nie half


Herman Toerien

Mentaliteit van die plaasaanvaller

Waar lê ons land se morele grense?


Want hulle maak nou jag op ons mense
Die boer se bloed vloei traag en taai op die vloer
Sy vrou se bloed spat teen die muur
Hulle sê, in hierdie land moet ons nog boer
En al brand ons harte soos vuur
terwyl die skote in die kamer skerp knetter en klap
die vrou se kop word met die hamer inmekaar gekap

Tien jaar van die grondwet vier hulle nou vanjaar


..ekskuus – ons vier dit...al is dit bitter swaar
hulle vertrap die bloed van ons mense
want hulle maak nou jag op ons mense
geskiet en dan doodgeskop gelaat
selfs die hond ly hul wrede hol haat
Is dit sommer al?
Is ons land dan mal?
Herman Toerien

Spineless scum
Sometimes they come by day
Sometimes they come by night
Sometimes they come with knives
and sometimes they come with machine guns

Sometimes they rob


Sometimes they torture
Sometimes they rob and torture
And sometimes they torture and then murder

But they all attack like cowards


Making sure the victims are
defenceless, old and frail,
Or unarmed…

When matched, even unequal


these cowards flee like
scared rabbits
Not even the guts of a meerkat
Standing first to observe do they have
Herman Toerien

Trappe van vergelyking

‘n gil
‘n ruwe mes swiep
en die bloed spuit en vloei
‘n priesterhand gryp die kloppende hart
uit die oopgekerfde rukkende liggaam uit omhoog
Bloed vloei die trappies af, die slagting duur voort en voort
en die hele piramiede word algaande druipend in bloed rooi getooi
onder gil juigende ‘n massa want hul songod se bloedlus word versadig
uit hul paleisvenster kyk Cortez se wreedaards geskok na die Asteekse
bloedorgie

500 jaar later


‘n wit kruis
stille getuienis nou
van nog ‘n plaasmoord
nog een geruk uit boerehart
nog ‘n stukkende liggaam na die graf
Wit kruisies kruip inderhaas die heuwel uit
Die gedenkheuwel van boeresmart word al witter getooi
En steeds hard en histeries klink die kreet: Kill the boer, kill the farmer
In hul leunstoele gemaklik sal beskaafde leiers skaars ‘n woord te sê hê nie
Herman Toerien

Plaasaanval:
Gebed by die graf deur ‘n nabye familielid
(Volgens die melodie van Psalm 40, 1936-beryming)

Heer hoor nou ons stukkende harte huil


want woorde in ons monde stol...
Woeste emosies ons koppe tol
Haat om elke hoek van ons wese skuil...
- Met woeste wreedheid en haat
In plasse bloed doodgelaat
Gekom gemoor gegaan
‘n gesin weggeveeg
‘n baba wees laat staan
lewe wat aanbeweeg

Om vyf oop grafte staan stukkend ons nou


Stomme trane oor ons wange rol...
Sal vergifnis ooit ons harte vou?
Nou is ons harte van rouheid vol
- maar nou eers Heer gee ons krag
asseblief nou dag vir dag
tot ons eers sterker is
troos in ons harte lê
tot ons weer weerbaar is
moed vir more kan hê

My hart verstar, my woorde stol, daarom bid ek uit u Boek (Psalm 40:4 – effens
aangepas)

Net om u wil te doen soos in u Boek


- die wonderskrif wat nooit vergaan –
dit klaar van ons geteken staan
dit wil ons Heer, van ganser harte soek –
ons bied U hart en hande
in wil’ge offerrande –
al wat ons is en het:
diep in ons ingewand
waar liefdeˆen ywer brand
draag ons u heil’ge wet
Herman Toerien

Junie 2006
Vrede van die Vrystaat

Idillies mooi teen die rantjie


glim die opstal in yl winterson
Digby Vrede, Vrede van die Vrystaat
Maar vanoggend wemel die werf;
krioel polisie en spooorsnyers
In die opstaldeur huil die hond histeries
...want sy baas en nooi is weg
Hy, sy bejaarde baas geskiet
Haar het hulle met ‘n skêr vermoor
Privaat, voorbeeldig hierdie ou mense
van Vrede van die Vrystaat
Doodgelaat by honger en dors diere
Dae later eers gevind
Eerbiedwaardige oues se gebreekte lyke dae gelos
tot ‘n nederige veewagter hulle
by die kermende Bruno vind
Net een wapen geroof, twee oues vermoor
So berig die koerant –
en roep dit op die voorblad uit
Vort daarmee die vrotse spul
om stellig weer te moor
Herman Toerien

Junie 2006

Smerige sel van selfverdediging


Grieselrig die geselskap hier
in ‘n smerige sel beknop
Die waardige boer of boervrou se misdaad?
Selfverdediging – skandalig, sê hulle
Beskerming van lewe, gesin, huis en haard
is nou strafbaar met die dood
Die stadige dood van verval,
vernederende bondelverkragting, vigs
verwerplike selfverdediging, sê hulle
Herman Toerien

Junie 2006

Cullinan se juweleroof

“He is dead, our job is done” – een van die aanvallers

In die nag het die skurke gekom...


Skiet lustig met masjiengewere,
teen die ou man en sy knopkierie,
sy enigste wapen om te beskerm:
sy vrou, sy kleinkinders en hom
Terwyl hy al baie lank vir sy vuurwapenlisensie wag
Hulle skiet die ou man –
dink hy is dood –
Roof juwele en plunder en ...
lafaards wat hulle is
vlug hulle die donker in
as twee sektorlede kom
Herman Toerien

Maar ook...
“Opkomend,” sê hulle,
moet ook boer.
Maar dan, swart en vrou,
opkomende suiwelboer sy...
Sommer deur die venster
skiet die skurke...
En dood lê die gewese opkomende boer nou
in bloed voor haar dogter platgeskiet
Op die boeke maar net nog een
Magielsburgse polisiestatistiek
Herman Toerien

‘Die Stem’ van ‘n Boer


In die melodie van Die Stem
- CJ Langenhoven
- Abrie JF Kilian

Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Rooi die bloed van onse mense oor die plase afgevee.
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.
Klink die gil van ‘n bejaarde toe ‘n aanvaller haar betree.

Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa –


Hoor ek die benoude uitroep, van ‘n boer wat na hulp vra.

Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.
Nog ‘n boer is wreed vermoor, wat die media glad nie pla:
Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Uit die land! Sê die minister, as jul oor die misdaad kla.

Ons sal lewe, ons sal sterwe - ons vir jou, Suid-Afrika
Hul verdiende loon sê almal, word geuiter agterna.

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:


Kom die aanvaller in die dag, om te moor en af te knou -
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou –
Trane oor haar sagte wange, verkrag vermoorde vrou

Dat die erwe van ons vad're vir ons kinders erwe bly:
Smekend soebat na genade, het die mes oor die keel gegly.

Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.


Goddeloos in diepe wese, het genot in moord verkry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer –
‘n Regering sonder dade, harte ongenesend seer.

Ons moet op staan, saam staan, voort gaan en ons self voor God bekeer.
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

****
Abrie Kilian
Sonet van die laaste uur
Sondag wind ritselend die goue veld
van die ‘n Vrystaatvlakte vêr.
Dit is stil na ‘n storm se gedreun,
kras galm van ‘n lammer se geblêr.

Hosannas was nog vars en galme geneurie


onderbreek deur knal van angstige vuur
Slagdag se stank van rooi gespat
stollend dronk drup vanaf die muur

Terwyl boer onderbewustlik wag vir die dag


en die aanvaller beplan aan sy uur.
Sit dood al reeds aasend en gluur.

Hoe lank moet ons bewustelik sit wag


terwyl die regering beplan per uur.
Staan Justitia hand-vol, blind en tuur.
Abrie Kilian

Hyms and Screams


-Abrie JF Kilian

Church bells and hymns, choirs that echoes


red and blue the coloured glass of grace.
Voices that in unity that give thanks to the Lord
serenity and peace radiating from a face.

Gunfire and screams, barks that echoes


red the stain that bleach a victims blood.
Voices in anxiety that pleads for mercy
chaos and anarchy a criminal flood.

Another farm attack ripping through the page.


A governments silence still but an empty stage.
Headlines bold of a Sunday massacre.

And law that protects the criminal mind


And no comforting hand for a victim to find.
A community in pain pleading for help

*****

Father land
-Abrie JF Kilian

The sun rises over her distant horizons.


Jungles, savannas, deserts and mountains.
She wakes up from her deep evening slumber
refreshed by her Nileish-Victorian fountains.
Another day to drink from the blood of mortals,
Soil sucking unquenchable her grounds.
Natural disasters and poverty her thorns
Amplified the silhouettes of sunset sounds.

Africa you can’t hide your tears anymore.


It’s your time to reach out and rise from the floor.
In your brokenness you are instrumental.

Africa you have been chosen to show the Father’s heart.


Forgive and repent and pray a salvation start.
Live through the quenchable blood of Christ.

*****

Somerswaeltjie
Ses teen een – 6 AK’s teen 1 pen
wat hy heel laaste gebruik
het om die ANC se telefoonnommer
op sy lessenaarskryfblok neer te skryf
...om hulle te bel:
seker te maak oor die voorwendsel
waaroor die ses daar was
… net die laaste twee nommers het ontbreek,
want hy het nie tyd gehad
om die nommer volledig neer te skryf
voordat hy met ‘n koeëlreën afgemaai is nie.
Dr. Jurie Geldenhuis, stoetteler
bloei dood op sy plaas by Hartbeesfontein
Dit was nog voor ontbyt
en sy vrou was nog in haar japon.
Toe sy die lawaai buite hoor
en die kamergordyne oopmaak
kyk sy vas in die loop van ‘n geweer.
Wonder bo wonder het sy dit oorleef.
Toe sy na sy studeerkamer hardloop,
was hy bloeiend...maar nog lewend.
Met die huisbediende en plaaswerkers
wat om haar staan en weier om haar te help
(want hulle was kop-in-een-mus –
mense wat jarelank daar gewerk het)
om hom op te tel,
het sy met haar fyn liggaampie
haar lang, lenige man alleen in die motor gesleep
jaag teen 160 km oor ‘n plaaspad
met hom dokter toe – te laat...
soos die Elwekoning …

By sy somerdagbegrafnis sal ek nooit


die enkele swaeltjie
wat dwarsdeur die diens hoog teen die spierwit
koepelvormige gewelf van die volgepakte kerk gedartel het,
nooit vergeet nie …
om en om het hy gesweef-vlieg;
ek het so heeltemal onlogies die gevoel gekry:
dis Jurie, en hy het kom groet;
miskien selfs, met die edel geaardheid wat hy gehad het,
ook gevra: vergewe hulle …
want wat maak ‘n swaeltjie
in die somer so allenig daar bo teen die wit koepel?
‘n Swaeltjie draai bowe in eensame vlug … dis al,
het ek aanhoudend bly dink.
So raak ‘n mens se kop onlogies
wanneer jy sin probeer maak, né.
Dan, en daarom,
maak een foto wat oorsee
buite verband geruk word, my woedend.
Babs Cloete

Weer by Carolina, Julie 2006

Moenie weerstand bied – SAPD


Hierdie ou oom,
Alleen met sy brakkie
Sou nie weerstand kon bied
- al wou hy ook

Maar moenie weerstand bied


Raai die polisie aan
Weerstand maak die skurke kwaad
En laat hulle dalk moor

Weerloos vasgebind op sy bed


Moet die oom aanskou
Hoe sy huisheiligdom
Geskend en geplunder word
Hulle laat hom fisies ongedeerd
Maar sy gees erg gekneus...

Hoe moet mens weet


Wanneer om weerstand te bied
By Swartruggens het die eenbeenpa
Geen weerstand gebied

Tog is hy en sy gesin gemartel


En hy wreed vermoor
‘n Gesin hul pa verloor
al kon swak hy skaars spartel
Herman Toerien

Julie 2006

Woorde wat ween

Kan ‘n mens...nee, hoé kan ‘n mens


paslike woorde vir hierdie trauma vind?
Net as mens dink die wrede opsies is uitgeput,
dan wys die wreedaards dis nog net die begin

Hoe dood moes iemand wees


om hom vyf keer in die gesig te skiet?
Net om sy motor te roof

Hoe taai moes die vyf en tagtigjarige wees


dat hy so met kookwater verbrand is
dat hy die helfte van sy voet verloor?

Junie 2006 was ‘n slagting


Maar hef aan sou nou kom
In Julie 2006, net een provinsie
Vyf aanvalle in dertien uur

As die ou man, sy hele lewe sterk


nou kort-kort skielik hartroerend huil
Dan weet mens, dan weet mens
daar is nie woorde
wat die wrede trauma kan verwoord
Die ou man weet waar om woorde te vind
Hy vind dit in die Ware Woord
Ons weet, uiteindelik sal hy vertroosting vind
By God’s vertroostende Woord
Herman Toerien

Die sterre wink


Hoe ver is die blink naaste ster?
Ver genoeg van hierdie gru geweld?
Of gaan dit hier maar nes daar ver?
Sou hierdie wreedheid ook daar kon geld?
Herman Toerien

Julie 2006
By Hertzogville

Drie maal skeepsreg

Drie maal, maar nou was dit skeepsreg


trek die ou man van sy plaas weg
Hy knip sy wortels vir goed
Hy moes vir gru misdaad boet
Alles het hulle geneem
En los die ou man alleen
Herman Toerien

Misdaadparadys
Mercurius teenaan die son
...eenkant kokend warm hel
...anderkant buitenste duisternis koud
Stadig draai, warm, dan koud

Venus, amper vyf maal


kokend warm
‘n gifatmosfeer,
verbryselend swaar

Mars, ver en koud


‘n luglagie
hopeloos te flou
om die mens te onderhou
Jupiter, Saturnus, Neptunus
En Uranus
Gasplanete sonder vaste voet

Pluto, so koud
Daar op sy verste
vries selfs die atmosfeer

Maar die aarde hier


met lower tropiese woude
Sierlike sandduine
Silwer branders in die
Helder son
‘n Romantiese maan,
sterre-diamante

‘n Kaggelvuur
beskut teen die winterreën
Blou-blou berge ver
Met alles wat lewe
het God die mense gegee

Dis op die aarde hier


waar skurke geen perke ken
om nuwe wreedhede te bedink
om Gods skepsels te vermoor
Herman Toerien

Hond
Net ‘n hond
Maar die mens se beste vriend
Word gewond
Gee sy lewe vir sy beste vriend
Herman Toerien

Doel op sy tyd

Op my seer knieë Heer


vra ek weer om te leer
Die pyn kom weer en weer
en maak my bitter seer
+

Om my geloof te sterk
U Gees in my laat werk
Tot uitbou van U kerk
en vir u te kan werk

Bo vermoë beproef sal u keer


U sal betyds keer en koester Heer
Brei ook my geloof vreesloos en sterk
om nog steeds beter vir u te kan werk
Herman Toerien

Help! En tweespraak

“Help” roep die getraumatiseerde uit


“Sjuut!, dis dislojaal,
dit skaad die land
toeriste sal skrik,
werkloosheid sal groei.”

“Maar ek het pyn, ontsettende pyn!”


“Verlaat die land,
die kla skaad my sak,
Weg onder my oë uit,
Weg uit my gedagtes!”

“Help, nou is ek alleen,


alleen met hierdie pyn!
By die post traumatiese skok
Kom ook nou sekondêre pyn!”
“Bly stil, jy ruïneer my planne,
jy is onwelkom hier!”

“Hoe moet ek dit verwerk?


Hierdie pyn, hierdie seer?
As ek moet opkrop
En niemand dit deel?
‘n Pyn wat terugkaats van
‘n verharde hart bly soos
‘n dolksteek elke keer.”
Herman Toerien

August 2006, Wartburg

Death awaits in the cane fields


From hiding in the sugar cane they came
shooting at the bakkie to kill and lame
Two farm shooters spreading lead
Firing fro and meaning dead
the bullet stuck in the chest
Stuck in for ever to rest
Today the Windy Hill
missed out on a kill
Herman Toerien

Lappop
Van onder die lyk
kruip die kind uit
Bebloed, waansinnig bang
Gryp haar lappop,
Geskeur met spierwit
watte wat by die borsie uitdop
Besete pluk en pluk
die watte uit die pop
Soos om die geskokte seer
uit haar eie borsie te skeur
syg sy
hartverskeur
tussen haar ouers
se lyke neer
Herman Toerien

Special design tools of terror

These bullets not only rip trough flesh


They tear into and maim the soul
From the wounds pours not only blood
but the wounded soul
sticks into the gaping hole

The knife they used


to skin the old gent’s foot sole
rips into and tortures the soul
the terror agents bemused

The boiling water poured on the skin


Causes the soul to wear thin
The body kicks in pain
The soul horror yells in vain

The match they used


To set alight the screaming dame
Tortures the soul to maim
The terror agents bemused
Herman Toerien

Plaaskind
- Abrie JF Kilian

Sweet verkwik op sy jong voorkoppie


stadig al steierend teen die wang vloei
Asem verberg om hartklop te stil
terwyl moeder in die kombuis van pyn gil.

Met vinger in die ongemaalde mieliesak


word elke mielie onseker getel.
Arm om hoof agter vaatjie verskuil
sit skulfer voet kind saggies en huil.

Kinders van die verskroeide aarde


eens op ‘n tyd in ‘n grot geskuil.
Kinders van in ‘n plaasaanval
witkruisie op dié berg gestal.

Moet hul tog nie verhinder nie


laat hul reguit na My toe kom.
Vee Christus die trane van hul wang
sing hul ewig in hemelse gesang.

****
The spear of the nation needs to melt.

The spear of the nation needs to melt.


In the hands of angry warriors it continues,
Red, shedding blood, and covering,
Those curses are cancelled,
Hatred bubbling boiling, put to shame.
Just emotion spreading like an ill wind ,
fanned by press and dark forces,
Where and why does it continue,
When Christ has died and so too my friends.
The Bible once full and strong,
Is now but two pages long.
The other pages, Where are they?
In the book, but in the heart. They’re gone.
The preacher doesn’t mention them.
The heart is now grown cold,
The church is not as strong.
But in the air, there is a song, a song of triumph.
like a movement in the berry trees.
That which was lost will be found.
And like a mighty army.
Those who seem to be dead will rise.
Hope and peace will dawn again .
When truth once dead is born.
Guy Solomon

Sprokie vir ‘n plaaskind

Slaap nou lekker sag my kind


Buite pluk saggies die wind
Voor die vensters is die tralies lekker yslik dik
Terwyl die staanhorlosie die nagure wegtik

Liewe Jesus is hier by jou grootman


Hy sal jou trou bewaar soos net Hy kan
Teddie en seekoei lê teenaan jou snoesig saam
Wagter en Bruno patrolleer die werf tesaam

Langsaan slaap pappa en mamma lig


Die baie gewere binne sig
Die tweerigting radio altyd aan
Buite helder skyn die gele maan

Grootman, jy moet lekker slaap


More kom skeer hulle skaap
Dan moet jy kom help keer
En jou oorleefstryd leer
Slaap maar rustig Grootman
Herman Toerien

You might also like