Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Gedagtekringe, 'n Afrikaanse Bundel
Gedagtekringe, 'n Afrikaanse Bundel
Gedagtekringe, 'n Afrikaanse Bundel
Ebook228 pages3 hours

Gedagtekringe, 'n Afrikaanse Bundel

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Gedagtekringe is ‘n versameling stories, staaltjies, rubrieke en motiverings artikels. Hier is iets vir elke leser: jonk en oud om te geniet.
Dit sluit in 16 fiktiewe stories wat insluit verhale van verlore liefdes, ‘n nuwe begin, speurstories, ‘n drama, ‘n fantasie, om jou drome te volg en gril stories. Die ses nie-fiktiewe verhale gaan meestal oor my belewenisse, my famile en tong in die kies staaltjies. Ses motiverings artikels is ook geplaas. Sommige is my sienings vasgelê in die wêreld om my. Laastens sluit ek af met vier rubrieke. Nuusbrokkies wat my diep geraak het die laaste paar jaar.

LanguageAfrikaans
PublisherLynelle Clark
Release dateApr 1, 2019
ISBN9780987033055
Gedagtekringe, 'n Afrikaanse Bundel
Author

Lynelle Clark

The desire to write was a silent wish I rarely talked about, keeping personal journals year after year. In my late forties, I found myself overwhelmed by life's experiences.This became a trigger that launched me into a new season. I have discovered much about myself and explore the many facets of writing, finding my peace within the walls of paper.I am a self-published multi-genre author and write short stories in my native tongue regularly. I collaborate with co-authors in different projects and find the connection fulfilling and of great value.In my free time, I judge stories, do some beta reading, create new products and YouTube videos, and love to read and leave reviews.Visit my website and subscribe to my quarterly newsletter.

Read more from Lynelle Clark

Related to Gedagtekringe, 'n Afrikaanse Bundel

Related ebooks

Related articles

Reviews for Gedagtekringe, 'n Afrikaanse Bundel

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Gedagtekringe, 'n Afrikaanse Bundel - Lynelle Clark

    Eietydse Romanse

    Hart's Kiekies

    Die Man met die Swart Skoene

    'n Waagstuk van Liefde

    LITERÊRE VERHALE

    Ithuba, 'n Tweede Kans

    Ek is Marieta

    Oupa, Waar Kom Babas Vandaan?

    Opsoek na Stilte

    Moles by die Rugbyklub

    Die Stukkende Windpomp op Hermansdrif

    ANDER VERHALE

    'n Moderne Rooikappiestorie - Fantasie Verhaal

    Die Geheim In Die Houtkas – Misterieuse Verhaal

    Begrafnis Op Reddersburg - Vriendskappe

    Moord Op Duiwelslaagte - Speurverhaal

    RILLERS

    'n Pop Vir Elma

    Bekende Dokter Laat 'n

    Bloedspoor Agter

    Stilswye Wat Byt

    NIE-FIKSIE

    My Erfenis: My Pot Goud Aan Die Einde Van Die Reënboog

    Krag Vir Kanoneiland

    Salt en Pepper, 'n Liefde Storie

    Wat Jou Weer Laat Glo

    'n Skets oor Passie

    ‘n Dag saam met die Afgetredenes

    MOTIVERING

    Paaie

    Hoe Lyk Jou Voetspore?

    Hekke

    Ons Liefde Vir TV Reekse

    Toewydingskets

    ‘n Terugblik Op 2017

    ARTIKELS

    Dood, Waar is jou Angel?

    Die Verlore Dogter Kom Huis Toe

    Die Ander Vrou

    Nuwe Jaar Boodskap 2019

    Vanuit my pen

    Vind my aanlyn

    Diamant Divas

    Kopiereg

    Kopieregte ©: Lynelle Clark2019

    Self-Publiseerder: Lynelle Clark

    Sagteband ISBN: 978-0-9870330-6-2

    Kindle ISBN: 978-0-9870330-5-5

    Beskikbaar op aanvraag deur Minute Man Press, Trichardt Straat, Boksburg

    Illustrasies en Skilderye: Linda Rossouw

    Ontwerp van Boekomslag: Odette Clark

    Proefleser Isak de Lange

    Alle regte voorbehou deur skrywer. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gedupliseer of uitgesaai word op enige manier byvoorbeeld – elektronies, meganies wat fotokopieering, opneming, of enige ander vorm van berging gebruik word sonder die skriftelike goedkeuring van die skrywer nie.

    Tensy anders vermeld soos in die nie-fiktiewe stories, is alle karakters fiktief. Geen lewende of afgestorwene persoon word na verwys nie, dit is blote toeval. Dit is die werk van die skrywer.

    Bedankings

    My grootste bedanking is aan die Skepper wat my geseën het met hierdie talent. Sonder dat ek besef het, het Hy my ‘n passie gegee vir die geskrewe woord, deur te skryf en te lees. My lewe is geweldig ryk as gevolg daarvan.

    Elke nie-fiktiewe artikel in hierdie bundel kom deur lewenslesse wat ek geleer het tydens my pad, ‘n pad deur Vader georganiseer. Ander weer is staaltjies uit my lewe. Die fiktiewe stories is geskryf tydens kompetisies op Facebook groepe waar ek lid was. Dit was ‘n tydperk van leer en groei in my skryfproses wat julle nou vas.

    Ek wil ook dankie sê vir my familie en vriende, vir hul volgehoue ondersteuning, al verstaan hulle nie aldag waaroor dit gaan nie.

    Isak, wat van die oomblik wat hy deel van my lewe geword het, my ondersteun het. Daarvoor kan ek met opregteheid sê, baie dankie. Woorde is te min om my dankbaarheid te betuig aan jou en vir alles wat jy vir my doen, jou geduld en vir die redigering.

    Linda Rossouw, skilder van al die werke in die boek. Odette Clark, wat my gehelp het met die pragtige boekomslag asook die drukwerk. Louis Kruger (Afgetredenes); Salvia Ockhuis (Stilswye wat Byt), haar mediese agtergrond het gehelp om die storie geloofwaardig te maak.

    Biografie van Skilder

    Ek is gebore in Pretoria en woon tans in Roodepoort vir die afgelope 25 jaar.  Ek het my Hoër Nasionale Diploma in Beeldende Kuns by die Vaal Universiteit van Tegnologie behaal waar ek in afdrukkuns gespesialiseer het.  Ek het egter gou agter gekom dat ek te ongeduldig is vir die lang wag vir resultate en het skilder gekies as my hoof rigting.  Ek het na baie jare in die raam en binneshuisversierings bedryf besluit om voltyds te skilder. Ek het twee seuns en is getroud met my sielsgenoot Emil. My kuns kan gesien word op Facebook/Linda Rossouw fine art. 0824464865

    Biografie van Skrywer

    "Ek bly in Brakpan, aan die Oos Rand vir die laaste 47 jaar. Ek steur my nie veel aan al die grappe wat rondgaan oor die dorp nie en het al lankal vrede gemaak daarmee. Al is daar heelwat. Hier is die mense opreg en plat op die aarde.

    Ek is aan die anderkant van 50, ‘n late bloomer soos die Engelse daarna verwys maar geniet die skrywerswêreld ongelooflik. My skrywersloopbaan het in 2009 begin toe ek baie tyd op hande gehad het. Van daar het my passie vlerke gekry en is ek doenig met heelwat projekte. My grootste passie is om aspirant skrywers by te staan en hulle te help om die slaggate te vermy. Daarom help ek graag.

    Afgesien van skryf, help ek met bemarking aan Skrywers, Nasionaal en Internationaal. Ek gee raad en help met die slyp proses in hul skrywe. Ek bied ‘n radioprogram, Diamant Divas, op Elan Global Radio aan. Daar gesels ek met enkellopende dames, maar mans is nie uitgesluit nie. Ek is ook ‘n blogger en doen resensies vir skrywers en webwerwe. Om die kospotte te help, doen ek ook inhoudsskryfwerk vir ‘n webwerf.

    Ek is verloof aan Isak, het 3 van my eie kinders asook 3 skoon-kinders en 3 aangenome kinders en 2 aangenome skoon-kinders (hou niks van die bewoording stiefkinders nie, daar is niks stief aan hulle nie.) en 4 kleinkinders, 2 seuns aan my kant en 2 dogters aan Isak se kant.

    Verder hou ons van die natuur en kamp graag, neem fotos en ry die land vol, wanneer ons kan.

    FIKSIE

    Eietydse Romanse

    Hart's Kiekies

    Kliek – en nog ‘n terugflits so duidelik soos die vorige.

    Kliek – wens jy was hier.

    Kliek – vergeet van hom. Hy het.

    Kliek - Soos kortstondige flitse spoed ons verhouding voor my verby.

    Elke keer dat dat ek my ooglede knip, is daar nog ʼn herinnering; nog ʼn grepie van ons saamwees kristal helder in my gedagtes. Hoekom het ons nooit foto’s van ons geneem nie? Dit is ‘n vraag wat ek myself baie afvra.

    Daar is niks tasbaar van ons kortstondige verhouding nie, maar tog speel die tonele gedurigdeur in my geestesoog af dat ek nie anders kan as om in afwagting my oë oop te maak met die hoop om hom daar te kry nie.

    Sy peinsende oë priemend op my ingestel; sy glimlag wat my knieë lam gemaak het en my hart gesmelt het. Gevolg deur die ondeunde laggie wanneer hy in ʼn stoute bui was.

    Die manier wat hy sou vra: Is dit nog nie tyd vir ʼn bier nie?

    Die tye wanneer hy staaltjies van sy lewe vertel het en ek net kon luister. Vasgevang in die oomblik van sy nostalgiese bui.

    Nooit was daardie oomblikke op film vasgelê nie. Maar dit is vasgenael in my geheue. So werklik dat dit voel ek kan my hande uitstoot en hy sal daar wees – voor my.

    Hoe harder ek probeer om te vergeet, hoe meer spring hy op in my gedagtegang. Hy bly deel van my lewe. Soms is die onthou so ongevraagd. Soms raak ek moeg vir dit. Vir die onthou. Dit mergel my uit. LOS MY UIT! Wil ek dan skreeu. Hy het sy keuse gemaak en die seer vloei oor die damwalle wat ek probeer bou het.

    So verloop meeste van my dae – in tweestryd gewikkel tussen verlange, onthou en herlewing. Tussen woede en teleurstelling.

    Ek het nie foto’s nodig nie. Die realiteit van ons saamwees leef nog helder binne my – selfs nou jare later.

    Waar ek ookal gaan - hy is daar. Onbewustelik is ek altyd op die uitkyk en hou ek ‘n deur dop met die verwagting dat ek hom gaan sien.

    Dan volg die teleurstelling wanneer hy nie opdaag nie. Dit is soms so oorweldigend dat dit voel of my hart opnuut weer uit my borskas geruk word.

    Die absolute alleenheid oorweldig my wanneer ek na my foon kyk en daar geen boodskap van hom is nie. Die stille bewys dat ons nie meer is nie.

    Daardie stille leegheid wat niks of niemand kan vul nie.

    Is als reg met jou? Henriette kyk na my met groot vraagtekens in haar helder blou kykers. Outomaties knik ek my kop en gee haar ʼn skalkse glimlag.

    "Jy is al die heel dag besig met jou eie gedagtes, als reg met die kinders?

    Ja wat, net besig soos altyd. Beantwoord ek haar starende oë en plaas die afgedroogde bak terug op sy plek in die kas.

    Enige nuus oor jou vakansie?

    Ja, ek het my kaartjie vanoggend gekry. Ek vlieg môre.

    Hoe laat?

    Vroeg, moet sesuur op die lughawe wees.

    Dit is goed, ek sal jou aflaai.

    Dit is nie nodig nie, Hettie. Die lugredery het gereël vir vervoer.

    Vir ʼn paar oomblikke rek daar ʼn gemaklike stilte tussen die twee vriendinne terwyl hulle die eentonige werk van kombuis skoonmaak afhandel. Wanneer hulle klaar is, dryf die soel lug van die aand hulle na buite. Met ʼn waarderende sug gaan sit elkeen in hul geliefkoosde stoel en staar in die donker dieptes in. Kondensering vorm teen elkeen se glas en maak ʼn water ring; so nou en dan word die stilte verbreek deur die plasing van ʼn glas op die glasblad. Elkeen verdiep in haar eie gedagtes.

    Hettie en Meisie bly al vier jaar saam. Hulle het die eerste dag  dat Meisie begin werk het by Jansen Prokureurs ontmoet. Die onderhoud is gevoer deur Dr. Jansen snr, Hettie se pa. Meisie is aangestel as assistent vir Prokureur Henriette Jansen of Hettie soos haar vriende haar ken. Hul vriendskap het vinnig geblom. Hulle het mekaar in soveel aspekte aangevul.

    ʼn Gemaklike samesyn het praat dikwels oorbodig gemaak en Hettie het Meisie vinnig touwys gemaak oor die wel en weë van die klein dorpie aan die Weskus. Meisie, oorspronklik afkomstig van die Wes Rand het na haar egskeiding haar weg op haar eie aangedurf.

    Hettie was twee maal getroud, albei kere so traumaties dat sy nooit daaroor praat nie en Meisie het dit so aanvaar. Albei het kinders: groot volwasse mense met hul eie lewens en hulle sien of hoor maar min van hulle. Hettie het Meisie genooi om by haar groot huis in te trek: in ‘n suite van haar eie – kompleet met private kombuis en sitkamer - om die huis te vul soos wat sy dit gestel het.

    Met tye kom al die kinders kuier en word die huis ‘n regte tuiste waar die vriendelike gelag van mense-stemme die stilte in die lang gange verbreek. 

    Vroeër is die huis gebruik vir menigte deftige onthale en die Jansens was bekend vir hul gasvryheid. Na Mev. Jansen se afsterwe het Dr. Jansen onttrek van die samelewing en afgesonder in ‘n gastehuis op die landgoed nie ver van die hoofhuis af nie. Elke Sondag middag is hy daar vir die middagmaal, netjies uitgevat in ‘n driestuk pak en strikdas net om weer stilweg te verdwyn na sy eie plek.

    Meisie en Hettie is twee eensame vrouens wat geleer het om saam te werk, saam onder een dak te woon en pak allerlei projekte gesamentlik aan. Van stokperdjies tot dien op verskeie rade in die omgewing. Dit is selde wat hulle nie bymekaar is nie en die kontrei se mense het dit so aanvaar.

    Dié jaar het Meisie besluit om vir vriende en familie te gaan kuier in Gauteng – nadat sy ‘n uitnodiging vir ‘n troue ontvang het. Hettie bly alleen agter. Dit is die eerste keer dat Meisie teruggaan.

    Hettie het al agtergekom dat haar vriendin al hoe stiller geword het hoe nader die datum gekom het. Al het sy gebrand van nuuskierigheid het sy nie gevra wat aangaan nie. Dat Meisie nie aldag by haar was nie, is gewis. Maar sy kan nie anders as om haar stiptelik aan te kyk nie. Die vrae sigbaar in haar kykers.

    Met ‘n sug staan Meisie op, haar glas alreeds in haar hand toe Hettie haar stop.  

    Is als reg Meisie?

    Ja, ek is net moeg vanaand.

    Lekker slaap vriendin.

    Jy ook, Het.

    Sien jou môre oggend.

    Moenie moeite doen nie, ek sal iets op die lughawe kry.

    Ek sal in elk geval jou wakker maak met ‘n koppie tee.

    Dit is regtig nie nodig nie. En Meisie skuifel weg so asof daar iets swaars op haar rus.

    Hettie staar haar vriendin agterna. Sy is bewus van die verlange wat so diep in Meisie se hart weggebêre is. Hoekom dit juis nou weer sy kop moet uitsteek weet sy nie. Sy het geleer om nie vrae te vra nie, want Meisie praat nie daaroor nie.

    Net eenmaal het sy haar sluier gesak – in ‘n aand van te veel wyn drink, het sy haar hart oopgemaak en Hettie kon net luister na haar vriendin se hartseer – haar rede vir vlug van die Wes Rand af. ‘n Kortstondige liefdesverhouding wat haar met baie vrae agter gelaat het.

    Daardie verlange wat haar vriendin weer kruppel maak vanaand en Hettie weet dat Meisie min gaan slaap.

    ⸸⸸⸸

    Het jy alles?

    Ek glo so, as ek iets vergeet het sal ek dit maar kry by die menigte Malls aan die Rand.

    Goed dan. Geniet jou vakansie, en groete aan almal.

    Maak so. Kyk mooi na jouself en onthou om jou pille te drink.

    Ja, Ja. Gaan nou. Hulle roep alweer.

    Met stywe drukkies neem die twee vriendinne afskeid. Hettie wag totdat Meisie by die hekke instap voor sy ook haar weg baan deur die vroeë oggend skare.

    Meisie gespe haarself in die stoel, vandag het sy ‘n sitplek gekry langs die gang. Sy weet sommer dit gaan ‘n lang vlug wees soos mense en trollies by haar gaan verby beweeg in hul haas. In plaas daarvan dat dit haar omkrap, maak sy haar oë toe en raak weg in ‘n sluimerende wêreld van verlange en drome. Na ‘n gister wat nooit sal wees nie.

    ⸸⸸⸸

    Hoe gaan dit met almal?

    Baie goed – die kinders stuur groete. Die kleintjies word nou woelig. Ek raak skoon moeg net om na hulle te kyk. Meisie se gesig straal soos altyd wanneer sy van haar kinders praat.

    Chrissie-hulle se huis is uiteindelik klaar. Dit lyk werklik pragtig met al die nuwe verbouings.

    Dit moet seker nou ‘n reuse huis wees? vra Hettie nuuskierig en lus vir gesels na die twee weke van alleen wees.

    Praat jy vrou. Maar dan is dit verstane met al die kinders en ... jy sal nie glo nie maar Chrissie is weer swanger. En Meisie gee ‘n skalkse laggie as Hettie se oë rek.

    Alweer? En Hettie klap haar hande saam van stomme verbasing. Pieter kon nog nooit sy hande van haar af hou nie, sy is ‘n pragtige mens binne en buite.  Verduidelik Meisie onnodiglik. Hettie het die man al gesien, skoon simpel oor sy vrou.

    Hoeveelste een is dit dan?

    Vir ‘n oomblik bly Meisie stil terwyl sy ‘n silwerraam op die boekrak neersit, peinsend staar sy daarna en beantwoord ingedagte: Vyfde kindjie.

    Goeie genugtig. En Hettie zoom in op die foto maar Meisie skuif die foto so dat sy nie die beeld kan sien nie.

    Maar weet jy, hulle is gelukkig en geseënd. Ek gun dit vir hulle. Meisie draai om en pak haar tas verder uit diep in haar eie gedagtes gekeer.

    Hettie hou haar vriendin dop vanwaar sy stelling ingeneem het op die rusbank wat ‘n uitsig het oor die private sitkamer en ‘n gedeelte van die gemanikeerde tuin. Die oop patio deur laat ‘n koel windjie inwaai en so nou en dan bol die gordyne. Uit pure baldadigheid. Die sonstrale laat strepe oral oor die mat en die plek lyk vrolik met die vars blomme wat sy nog daardie môre in haar vriendin se suite geplaas het.

    Nog ‘n fotoraam verskyn vanuit die dieptes van die tas en word versigtig neergesit op ‘n ronde tafeltjie nie ver van waar Hettie sit nie. Vir ‘n paar oomblikke staan Meisie stil voor die raam terwyl ‘n vinger oor die glas getrek word. Hettie kon sweer sy sien ‘n traan, maar kon haar ook verbeel het. Meisie draai weg en raak doenig in die slaapkamer. Kas deure word oop en toe gemaak. Laaie word toegestoot met ‘n finaliteit. ‘n Anderse stilte heers in die stel kamers.

    Hettie wonder hoe dit regtig gegaan het. Sy fokus opnuut in op haar huismaat. Die lyne op haar gesig, stroef en droewig. Haar skouers is vorentoe gebuig.

    Meisie is stil. Te stil.

    Hettie loop stadig na die deur toe en staan teen die deurkosyn en kyk hoe Meisie rondskarrel om alles weer georden te kry. Nog twee fotorame het plek gekry op haar spieëlkas. Laggende gesiggies straal vanuit die rame en instinktief weet Hettie dit is die kleinkinders.

    Hoe was jou twee weke? verbreek Meisie die stilte sonder om regtig op te kyk van die uitpakkery.

    Goed. Mnr Joubert het uiteindelik geskik en ons kon voortgaan met die registrasie van die eiendom.

    Ag dankie tog. Ek het gedink ons gaan nooit daardie man tevrede stel nie. Meisie glimlag tevrede – bly dat die moeilike man uiteindelik uit hulle lewe is.

    Blykbaar het dit iets te doen met wat jy gesê het die laaste keer wat hy daar was.

    Regtig? Wat?

    Hy het nie gesê nie, maar die skikking is aanvaar.

    Dan is dit goed.

    Mnr. Joubert het al tweemaal gebel en gevra na jou.

    Hoekom?

    Hy het nie verduidelik nie, jy weet mos. Die man praat net die nodigste. Meisie sug net. Die onthou lê net onder oppervlak. Sy wens Hettie wil nou loop. Sy wil alleen wees. Maar nee sy staan. Mnr Joubert moet ook nou nie sukkel nie. Sy is nie lus vir mans nie.

    ‘n Laaste tas word op die bankie voor die bed neergesit en oopgemaak. Toegedraaide geskenke word uitgehaal en

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1