Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Verf My Vergifnis
Verf My Vergifnis
Verf My Vergifnis
Ebook163 pages2 hours

Verf My Vergifnis

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Lana Smit, ’n jong kunstenaar, se donker verlede dwing haar om te vlug na die onbekende see-dorpie Rietjiesvlei. Lana leef in vrees totdat sy vir Jacques en oom Ian ontmoet. Hulle leer haar van God en Sy onvoorwaardelike liefde. Lana is skepties, maar oom Ian gee nie bes nie. Hy maak dit sy lewensdoel om haar na God te lei. Lana moet uiteindelik kies tussen God se vergifnis en die verterende haat wat sy koester teenoor haar moorddadige stiefpa.

LanguageAfrikaans
PublisherEmmse Burger
Release dateAug 13, 2018
ISBN9780463323458
Verf My Vergifnis
Author

Emmse Burger

Emmse Burger is ’n Afrikaanse Christelike skrywer. Sy skryf gedigte, kortverhale en boeke. Emmse woon in 'n landelike deel van Kwazulu-Natal saam met haar man en drie katte.

Related to Verf My Vergifnis

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Verf My Vergifnis

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Verf My Vergifnis - Emmse Burger

    Hoofstuk 1

    Noupoort

    Die gekraakte kristalvaas hou ’n dosyn droë, rooi rose, nou die kleur van die ou kneusplekke. Lana voel aan die droë blare. Sy het die rose twee weke vroeër vir haar ma gegee met haar verjaardag, dieselfde dag toe Trevor amper haar arm afgeruk het. Die pers-groen vingermerke sit nou nog.

    Lana gooi haar naweeksak op die kombuisvloer neer en loop na die sitkamer. Sy koes net betyds. ’n Leë bierbottel vlieg deur die lug en breek in stukke teen die muur langs haar. Sy kyk rond, maar sukkel om in die donker te sien.

    Die sitkamer ruik na sweet en suur drank en iemand haal swaar asem. Lana se hand gly oor die muur op soek na die ligskakelaar. Sy kry dit.

    Soos gewoonlik sit hy op die vuil, bruin bank in die hoekie. Hy is so dronk, hy kan skaars sy kop regop hou. Dit help nie om met hom te praat nie. Niemand sal hom nou meer kan red nie.

    Daar is net een rede waarom Lana bly terugkom na hierdie sieldodende dorpie. Daardie rede lê op ’n onopgemaakte bed in die kamer langs die klein sitkamertjie. Lana vryf oor haar ma se rug.

    Mamma, dis ek. Die klein figuur beweeg skaars.

    Mamma, wat het gebeur?

    Lana wil haar ma nader trek sodat sy vir haar kan kyk, maar die vrou wat voor haar lê, roer skaars. Sy kan nie glo dinge het so hand uitgeruk nie.

    Die klein mensie op die bed is soos ’n vreemdeling vir haar. Háár ma is mooi en sterk en sy dra haarself met styl en grasie. Dié vrou is brandmaer en die plooie om haar oë en mond hoort nie by iemand van haar ouderdom nie. ’n Pynlike sug ontsnap haar ma se keel en sy draai stadig om na Lana. Lana snak na haar asem.

    Haar eens beeldskone moeder se een oog is erg opgeswel en die bloed wil-wil deur die pers vel breek.

    Ag mamma, huil Lana, te bang om aan haar te raak.

    Hoeveel keer gaan hy haar ma nog so mishandel? Hoeveel keer het sy nie haar ma gesmeek om saam het haar weg te loop nie? Moeilik soos dit is, erken Lana dat haar ma jare gelede al opgehou het om regtig te lewe. Nes haar stiefpa, leef sy nou net vir die bottel.

    Lana hoor hoe Trevor die kort gang afgestrompel kom. Paniekbevange gryp sy na haar ma se arm.

    Mamma, ons moet gaan. Dis nou genoeg ek smeek jou.

    Haar ma lê verslaan op die bed en kyk deur een skrefie-oog na haar.

    Mamma, asseblief, sê sy. Sy trek liggies aan haar ma se arm, maar die vrou sê niks.

    Lana kyk om na die deur en sien Trevor wat homself teen die deur-raam stut. Sy kop hang laag en hy kyk knip-knip met sy bloedbelope oë na haar. Vrees laat haar keel toetrek toe sy die pistool sien wat aan sy kleinvingertjie se punt hang. Sy weet hy is te dronk om helder te dink. Sy kan net hoop dat hy ook te dronk is om te onthou hoe die pistool werk.

    Sy trek haar ma in ’n sittende posisie in en hurk voor haar. Dit kan nie so aangaan nie, Mamma. Jy moet hier weg kom, fluister sy.

    Haar ma reageer nie.

    Lana sluk swaar aan die trane wat dreig. Kan haar ma nie sien dat sy nie meer hier kan bly nie! Hulle moes lankal verdwyn het, maar haar ma weier. Hoe kan sy haar ma hier los … Hierdie man gaan haar einde beteken. Sy hoor Trevor nader kom. Net toe sy opvlieg, sien sy die pistool wat reguit na haar bors mik. Sonder om twee keer te dink, stoot sy die dronk man weg, maar ’n skoot klap en haar ore suis.

    Soos Goliat van ouds, val Trevor voor hulle op die vloer neer. Lana kyk af na haar bors en wag vir die bloed om te wys, maar sy voel geen pyn nie. Sy kyk om na haar ma en sien dat sy weer op die bed lê. ’n Klein plassie bloed is sigbaar aan haar sy.

    Nee! Mamma! skree Lana. Daar is pyn in die oog wat nog oop is. Ou pyn oor haar geliefde man se dood. Rou pyn, als Trevor se skuld en nuwe pyn van die klein koeëlgaatjie wat nou haar lewe tap.

    Lana se arms glip om haar ma se slap lyf. Haar eie liggaam ruk onbeheersd. Ek is lief vir jou Mamma, sê sy tussen haar snikke deur.

    Die sterwende vrou se lippe roer. Lana moet vorentoe leun om te hoor wat sy sê.

    Lana, vlug.

    Hoofstuk 2

    Die groot raam pas skaars in die bagasieruim. Lana vou die kombers versigtig om die hoeke en klap die deur toe. As Bernadette nie vandag hierdie skilderye ontvang nie, is daar ’n kans dat sy haar uitstalplek kan verloor. En dit kan sy nie bekostig nie. Sy sal baie meer geld vir die skilderye kan kry as sy dit in die dorp se galery verkoop, maar dan is die kans groter dat haar stiefpa haar kan opspoor. Dit kan sy nie waag nie.

    Sy trek weg met ’n spoed, maar hou ongeduldig by die spoedgrens. Sy weet sy is oorspanne, maar haar werk is laat en sy haat dit. Lana Smit is altyd betyds. Dit sou nooit gebeur het as sy nie per ongeluk die laaste skildery laat omval het nie. Hoekom die ding toe op die waterhouer moes val, weet sy nie, maar amper ’n week se werk was daarmee heen. Sy moes dag en nag werk om die skildery weer oor te verf.

    Bernadette se winkel is een van vele wat op Meeueiland afkyk. Sy verkoop allerhande aandenkings en snuisterye. Lana ry om na die agterkant van die witgeverfde houtgebou en parkeer agter Bernadette se Honda. Die somber uitdrukking op Bernadette se gesig laat Lana se maag op ’n knop trek. Sy het geweet sy gaan in die moeilikheid wees as sy laat kom. Lana sluit die bagasieruim oop en Bernadette kom nader gestap. Haar oë is rooi en dit lyk asof sy gehuil het. Lana se hart begin vinniger klop.

    Wat makeer? vra sy en plaas ’n hand op haar skouer. Bernadette skud haar kop.

    Dis verby. Groenewald gaan ons platstoot! Hy beplan om ’n winkelsentrum hier te bou. Ons het net ’n maand om op te pak.

    Lana sluk aan die knop wat nou na haar keel geskuif het en kyk af na haar hande wat skielik aan die bewe geraak het.

    Ag, vriendin! Is daar niks wat ons kan doen nie?

    Bernadette skud haar kop. Kom ons vat dié in voor dit nat reën, en haal die eerste skildery uit die bagasieruim.

    Die winkel ruik na vanielje en roosblare en die rakke teen die muur is gepak met iets van alles. Bernadette het ’n fyn oog en sy het die winkel smaakvol versier. Lana is mal oor die klein glashasies en houtboksies wat op ’n tafel uitgestal is. Dit laat haar dink aan haar kinderdae in haar ma se kombuis. Waar gaan Bernadette nog so ’n perfekte plekkie kry om haar goed uit te stal?

    Lana, jou werk is pragtig. Ek gaan dit mis.

    Lana kyk om na waar Bernadette besig is om die skilderye oop te maak.

    Dankie. Jammer, ek het sommer aan iets gedink.

    Dis al wat ek doen vandat ek uitgevind het ek moet uit.

    Lana is bly dat Bernadette van die skilderye hou. Trots kyk sy na haar werk wat teen die rak staan. Werk wat binnekort nie ’n afsetpunt gaan hê nie. Met haar vingerpunte streel sy oor die rame. Die eenvoudige houtrame is baie goedkoper as silwer of goue bonkige rame en sy dink in elk geval dat dit haar werk beter afrond. Net jammer dat sy binnekort ook nie eens die goedkoop rame sal kan bekostig nie.

    Lana probeer dink aan plekke waar dit veilig sal wees vir haar om haar kuns uit te stal, maar niks pas haar soos dié winkel nie. Sy is seker sy kan ook naweke langs die pad gaan sit met haar skilderye soos die mense wat ysterwerk en vuurmaakhout verkoop. Maar is dit regtig veilig?

    Bernadette wys vir Lana waar sy die skilderye wil hang en Lana besluit watter een waar moet kom. Ek weet ons moet oor ’n maand uit wees, maar ek wil graag jou skilderye hier hou vir so lank as wat ek kan. Ek skuld jou ten minste dit.

    Jy skuld my niks! Jy was nog net goed vir my en ek waardeer elke druppel moeite wat jy gedoen het om my werk te verkoop. Lana druk Bernadette se hand styf vas.

    Het ek vir jou gesê? Oom Ian het al gevra vir ’n skildery van die lelike seiljag. Ek sal hom in die week laat weet dat hier een is. Hy sal bly wees om dit te sien.

    Lana skud net haar kop.

    Uniek, nie lelik nie. En oom Ian het duidelik baie goeie smaak.

    Hy is vreemd, nes jy, sê Bernadette en knipoog vir Lana.

    Hulle is tevrede met hoe die skilderye vertoon. Bernadette gee vir Lana ’n koevert met die geld wat sy vir die laaste vier skilderye ontvang het.

    Lana verf een skildery per week en Bernadette verkoop gewoonlik vier gedurende ’n maand. Die reëling het goed gewerk vir albei. Wat hulle nou gaan doen, weet geeneen van hulle nie.

    Lana steek die koevert in haar broeksak. Dankie, dit beteken vir my baie.

    Met ’n laaste paar woorde wat hopelik vir Bernadette bemoedig, stap sy by die trappies af na die roomys winkel. Die ou oom agter die toonbank ken Lana se gesig en ook haar gunsteling roomys. Sy skeur die koevert oop en betaal, voordat sy ’n lek van die groot sjokolade roomys vat. ’n Skerp pyn laat haar na haar mond gryp. Asof dit nie genoeg is dat sy so pas haar inkomste verloor het nie, moet daar nou nog onbeplande uitgawes opduik. Dit is nou ’n week lank wat sy so sukkel met tandpyn sodra sy iets eet. Sy lek die roomys versigtig verder terwyl sy ’n aantekening in haar geheue maak om die tandarts te bel vir ’n afspraak.

    Haar aandag word vinnig afgelei toe sy in die rigting van die kaai kyk. Behalwe vir die byna twintig seiljagte wat aan die onderkant van die kaai gemeer is, is daar ook ’n tamaai vragskip wat heeltemal te groot vir die kaai lyk. Aan die kant van die skip staan Taiwan, groot in wit geverf.

    Lana stap meegevoer nader aan die skip. Hierdie deel van die hawe word al lankal nie meer vir invoer en uitvoer gebruik nie. Dis nou ’n speelplek vir ryk mense, jong mense of die wat hulle verbeel hulle hoort in een van die twee groepe. Juis daarom is die skip se teenwoordigheid so vreemd.

    Drie Taiwanese mans skop ’n bal rond op die kaai voor die skip. Lana stap stadig verby hulle en geniet die vrolike gelag en vreemde taal.

    Sy kyk verwonderend na die staal konstruksie wat so moeiteloos dryf. Die anker aan die voorsy van die skip lyk vir Lana geroes. Die hele skip lyk of hy al beter dae gesien het, maar tog het hy die vyftien duisend kilometer hierheen gehaal. Dit is vir haar vreemd dat die skip nou hier in die ou deel van die hawe lê.

    Heel voor op die punt van die skip staan ’n man en tuur oor die see. Lana kan sien dat hy nie so gelukkig lyk soos die drie wat balspeel nie. Sy voel jammer vir hom en wonder of hy dalk na sy familie verlang, ver weg in ’n vreemde land. Lana loop lek- lek verder.

    Die lemmetjiegroen en oranje seiljag is nog op dieselfde plek as waar dit die vorige week was. Uniek, dink sy weer.

    Sy ken elke seiljag, omdat sy daarvan hou om die kleure na te boots in haar skilderye. Hoewel sy nie die twee kleure van dié spesifieke seiljag saam sou kon sien werk op ’n skildery nie, het sy die kans gewaag en dit geskilder. Dit het verbasend mooi uitgekom en oom Ian, al ken sy hom nie, behoort tevrede te wees met die werk.

    Sy stap verder teen die kaai af en bewonder die jagte. Sy het lief geword vir die see en wil nooit weer êrens anders bly nie. Sy hoop net dat haar werksituasie dit gaan toelaat.

    Lana klim stadig die steil trappies aan die kant van die kaai af. Die klein stukkie strand se sand is met swart strepe titaan gevlek. Sy eet die laaste van haar roomyshorinkie op die voorlaaste trap, trek haar skoene uit en los dit net daar voor sy op die koue sand afklim.

    Die wind waai koel oor haar gesig en sy maak haar oë toe om die sout reuk te memoriseer. Met haar oë styf toe kan sy haar verbeel dat sy veilig is en dat niemand haar ooit hier in Rietjiesvlei sal kry nie. Dit is honderde kilometers van Noupoort af en

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1