Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vlug of veg
Vlug of veg
Vlug of veg
Ebook247 pages4 hours

Vlug of veg

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Opgedra aan soveel vroue wat daagliks blootgestel word aan emosionele of fisieke mishandeling, en vasgevang word in die bose kringloop daarvan.

Hulle paaie kruis elke oggend op presies dieselfde plek, dag na dag... behalwe Sondag. Sy draf nie op Sondae nie. Sondae laat hom gefrustreerd voel; dit en die dae wat sy somtyds onverwags nié daar is nie.

Hulle was van die begin af bewus van mekaar en van daar af het hulle stadigaan begin uitkyk vir mekaar, veral hy vir haar omdat daar, na die dae wat hy haar nie gesien het nie, gewoonlik kneusplekke sigbaar is. Soms is dit op ʼn arm of ʼn been, selfs haar wangbeen, maar wat hom die meeste bekommer is wanneer daar nié kneusplekke was nie, maar die onsigbare nadraai van iets erger. Dis die tye wanneer sy ooglopend stadiger beweeg, en dat daar tekens van pyn op haar gesig sigbaar is as ʼn mens, soos hy, op die uitkyk is daarvoor.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 22, 2018
ISBN9780463899557
Vlug of veg
Author

Wilmarí Jooste

Wilmari Jooste is gebore in Zeerust waar sy ook gematrikuleer het. Deur haar skooljare het sy reeds haar instrukteurseksamen in ballet voltooi en het direk na matriek sewe dansskole bedryf in die Vrystaat waarna sy ook kwallifiseer het in moderne dans, hip hop, kontemporêre dans, en tap. Vanaf 2016 woon sy in Ladismith waar sy steeds dansklasse aanbied. Wilmarí het in 1997 haar eerste boek op die rak gehad.

Related to Vlug of veg

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vlug of veg

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vlug of veg - Wilmarí Jooste

    Vlug of veg

    Wilmarí Jooste

    Outeur: Wilmarí Jooste

    Omslagontwerp: Malherbe Uitgewers

    Geset in Times New Roman 12 pt

    Alle regte voorbehou

    Kopiereg ©Wilmarí Jooste

    ISBN 978-1-928413-87-5

    Eerste Uitgawe 2018

    Hierdie boek mag nie sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat- of bandopname, mikrofilm of enige ander stelsel van inligtingsbewaring.

    Gepubliseer en gedruk deur

    M alherbe Uitgewers

    Opgedra aan soveel vroue wat daagliks blootgestel word aan emosionele of fisieke mishandeling, en vasgevang word in die bose kringloop daarvan.

    NB: Skokterapie soos wat dit in die boek voorkom, is slegs ʼn fiktiewe terapie en nie feitelik nie.

    1

    Hulle paaie kruis elke oggend op presies dieselfde plek, dag na dag... behalwe Sondag. Sy draf nie op Sondae nie. Sondae laat hom gefrustreerd voel; dit en die dae wat sy somtyds onverwags nié daar is nie.

    Hulle was van die begin af bewus van mekaar en van daar af het hulle stadigaan begin uitkyk vir mekaar, veral hy vir haar omdat daar, na die dae wat hy haar nie gesien het nie, gewoonlik kneusplekke sigbaar is. Soms is dit op ʼn arm of ʼn been, selfs haar wangbeen, maar wat hom die meeste bekommer is wanneer daar nié kneusplekke was nie, maar die onsigbare nadraai van iets erger. Dis die tye wanneer sy ooglopend stadiger beweeg, en dat daar tekens van pyn op haar gesig sigbaar is as ʼn mens, soos hy, op die uitkyk is daarvoor.

    Hulle groet mekaar so in die verbygaan; nooit meer as ʼn ‘hi’ of ʼn ‘hello’ nie, maar die erkenning is daar…

    ʼn Vreemde aantrekkingskrag tussen hulle. Somtyds, nadat hy en Vanessa een van hulle vele rusies gehad het, sal sy swaar gemoed sommer ligter voel net om haar weer te sien.

    Wat hy wel weet, is dat hy eendag meer sal doen as net ʼn kopknik groet. Hy moet Vanessa net eers uit sy lewe kry. Hy is amper daar. Maar Vanessa se teenwoordigheid is nie die enigste probleem nie. Sy onbekende meisie, soos wat hy al aan haar begin dink, het ‘n knoets van ʼn diamant aan haar ringvinger, ʼn duidelike bewys dat sy verloof is.

    Die klank van haar drafskoene op die sementpaadjie is, soos syne, is ʼn egalige volgehoue ritme. Haar lang goudbruin hare, met net ʼn belofte van rooi, is soos altyd in ʼn los vlegsel oor haar linkerskouer, die kleur daarvan presies dieselfde as die van haar oë. Sy is nie kort nie, met genoeg vroulike kurwes om die oog te vang… sy oog verseker. Sy het net genoeg van alles om sexy in haar drafklere te lyk. Om die waarheid te sê, weet hy instinktief dat sy vervlaks sexy sal lyk in omtrent enige iets.

    Hy wil graag met haar praat, maar sy het ʼn vreemde uitdrukking op haar gesig wat hom waarsku… nee, wat hom woordeloos sméék om sy afstand te hou. Hy weet dit omdat hy so fyn ingestel op haar is.

    Sy probeer altyd ʼn eweredige spoed hou sodat dit maklik is om te weet sy hom sal sien, soos elke dag vandat John haar toegelaat het om te begin draf. Dit is nou behalwe die dae wat hy sy humeur verloor. Sy probeer haar so goed as moontlik gedra sodat sy nie hierdie oggende sal mis nie, maar daar is tye dat sy niks kan doen om van sy woedebuie te ontsnap nie. As hy haar baie seer maak kan sy vir ʼn dag of twee nie draf nie, maar dan forseer sy haarself om te gaan net om haar vreemdeling se fluweelbruin oë te sien… oë wat duidelik wys dat hy bekommerd is wanneer hy na haar kyk. Hulle is op ʼn onverklaarbare manier daar vir mekaar.

    Hy is lank en skraal, maar met duidelik ontwikkelde spiertonus wat met elke beweging sigbaar is. Sy hare is krullerig, kort en bruin, sy oë soos donkerbruin fluweel. En hy het ʼn trouring aan sy linkerhand.

    Hulle groet altyd met ʼn glimlag en ʼn kopknik, maar nie een van hulle breek die roetine nie. Hulle hou net altyd aan, maar tog weet albei dat die dag gaan kom dat dit gaan verander. Dit is net ʼn kwessie van tyd.

    Sy sien hom van die oomblik af wat hy by die park inkom, sy alreeds halfpad daardeur. Met al haar aandag totaal op hom gevestig, sien sy nie die spelerige Labrador wat lewendig nader gehuppel kom nie. Met tipiese jong hond baldadigheid wat nie deur ʼn leiband teruggehou word nie, storm hy nader sonder om na sy eienaar se stem te luister wat hom probeer terugroep.

    Sy gesig is die eerste wat haar laat besef iets is fout, maar dit is alreeds te laat. Sy val bo-oor die hond en haar kop tref die sement met ʼn harde hou en haar arm skraap pynlik oor die growwigheid onder haar. Sy sien vir ʼn oomblik letterlik sterretjies, maar toe sy haar oë oopmaak is hy daar.

    O my genade! Is jy oukei? Hy druk sy sakdoek teen haar voorkop. Lê stil. Jy het ʼn plek teen jou kop en arm wat bloei.

    Sy lyk verwilderd en druk sy hand weg. Ek moet gaan!

    Nee. Jy kan nie so verder draf nie. Jy het ʼn lelike hou teen jou kop weg en ek moet seker maak alles is reg. Kan jy jou arm beweeg?

    Sy krimp ineen toe sy na haar arm kyk. Hy gaan my doodmaak!

    Wie? vra hy bekommerd, maar haar vreesgevulde woorde het klaar sy vermoede bevestig.

    My… verloofde. Ons gaan vanaand na ʼn funksie toe.

    Hy kan nie sy ore glo nie. Sy is doodbekommerd oor ʼn funksie en dit terwyl sy so seergekry het? Hy frons. Nie soos wat jou kop lyk nie. Jy gaan ʼn enorme hoofpyn hê. Ons moet jou by die hospitaal kry vir steke en X-strale. Ek gaan my broer bel om ons te kom haal.

    Nee! Jy verstaan nie! As ek nie betyds terug is nie… Hy sal my nooit weer toelaat om te draf nie. Asseblief? vra sy pleitend.

    Hy was reg om bekommerd oor haar te wees… en die kneusplekke en die uitdrukking van pyn somtyds wat sy nie heeltemal kan onderdruk nie. Wat is jou naam?

    Trish.

    Trish, ek is ʼn dokter. My naam is Ethan Jones. Met so ʼn hou teen die kop is die kanse vir harsingskudding baie groot. Daar is geen manier dat ek jou nou kan laat gaan nie… nie voordat ek jou eers deeglik ondersoek het en seker gemaak het alles is reg nie. My eerste prioriteit is om jou by die hospitaal te kry, dan sal ons jou verloofde uitsorteer. Jy kan ook maar vergeet van uitgaan vanaand of vir die res van die week om die waarheid te sê.

    Sy probeer orent kom, maar hy hou sy arm om haar skouer om haar te keer. Hy haal sy selfoon uit sy oefenbroek se sak en skakel ʼn nommer.

    Hi Eddie, ek het so ietwat van ʼn krisis hier. Kan jy my asseblief my kom haal? Kry net my sleutels en my dokterstas by Vanessa en bring dit saam. Ek is in Central Park, so stop ongeveer by die tweede ingang. Ek sal jou daar kry.

    Eddie vra nie vrae nie. Ek kom met jou kar. Myne is in vir ʼn diens, antwoord hy en met ʼn kortaf dankie eindig Ethan die oproep.

    O Vader, dit was nooit veronderstel om te gebeur nie, dink Trish. Dit is om vir haar ʼn stukkie hemel te gee in sy sorgsame arms, maar waarvoor sy ʼn baie duur prys gaan betaal. Toe hy sy selfoon bêre, probeer sy weer met hom redeneer. Luister, ek is regtig oukei. As ek by die huis kom sal ek iets aansit, maar ek moet regtig nou gaan. Sy klink desperaat.

    Jy kan nie en daar is geen manier waarop ek dit sal toelaat nie. Jy het regtig seergekry, Trish. Hy sien die vrees in haar oë. Wat gaan werklik hier aan?

    As ek nie terug is wanneer hy bel nie… asseblief laat my huis toe gaan?

    Ons sal hom bel sodra ek net eers seker gemaak het jy nie seerder gekry as wat jy vermoed nie.

    Sy gee ʼn vreemde laggie wat spreek van desperaatheid. Dit gaan alles net erger maak. Hy sal my nooit weer toelaat om te hardloop nie. Dit is as hy haar nie doodmaak nie.

    Luister, ons sal dit later uitsorteer. Laat ons gaan. Hy tel haar met gemak op en begin in die rigting van die tweede uitgang loop. Sy tydsberekening is perfek, want net toe hulle by die uitgang kom, hou die silwerblou Mercedes stil. Hy maak die agterdeur oop en sit haar op die agtersitplek neer.

    As sy nou sou doodgaan sal sy in die hemel wees met sy arms so beskermend om haar, dink Trish. Ek gaan die sitplek bemors.

    Dit kan skoongemaak word. Hy kyk na die bestuurder wat hulle intens sit en dophou met ʼn ligte frons tussen sy donker oë. Eddie, gee asseblief gou my sak aan.

    Dit is maklik om te sien hulle is broers, want Eddie is ʼn effens jonger en donkerder weergawe van Ethan. Hy gee die sak aan en Ethan haal ontsmettingsmiddel en n stukkie gaas uit. Toe hy tevrede is dat die plek teen haar kop en aan haar arm skoon is, plak hy ʼn hegpleister oor beide die bloeiende wonde. Skuif op, sê hy en klim langs haar in. Sy krimp ineen toe haar arm teen die sitplek skuur. Ethan leun oor haar en gordel haar vas.

    Laat ons haar by die hospitaal kry, sê hy vir Eddie.

    Kan ons nie dalk net na jou spreekkamer toe gaan nie? probeer Trish nog eenmaal keer.

    Nee. Ek wil jou by X-strale kry en ek gaan jou vir vier- en-twintig-uur onder observasie hou vir harsingskudding… agt-en-veertig as dit erg is.

    Trish voel naar van die skok. Harsingskudding is die minste van my probleme.

    Gee vir my sy nommer. Ek sal dat Eddie hom hanteer. Hy weet hoe om met moeilike mense te werk. Hy kan sommer al jou mediesefonds informasie by hom kry. Hy haal weer sy selfoon uit.

    Trish redeneer nie verder nie. Dit gaan nie help nie. Hy dink hy help haar, maar hy doen presies die teenoorgestelde. Sy sou liewer die pyn van die val hanteer as om John se woede te beleef, maar hy gee haar nie ʼn keuse nie. Sy gee John se nommer. Hy is John Hawley.

    Toe hulle by die hospitaal kom, gee Ethan die nommer vir Eddie, met die detail oor wat gebeur het; dat sy oor ʼn hond geval het en dat hy haar ten minste vier-en-twintig-uur gaan hou vir harsingskudding. Hy stap om die kar en haal haar van die ander kant af uit en stap met haar in sy arms in tot by ontvangs.

    Hi Sally, ek het ʼn pasiënt hier. My broer is besig om die fonds se detail in die hande te kry, maar ek neem haar intussen deur na ongevalle vir X-strale en steke. Kry solank vir haar ʼn bed. Ek hou haar voorlopig oornag vir harsingskudding.

    Goed, dokter Jones. Wat is haar naam?

    Trish …

    Carter, gee Trish die inligting toe hy afkyk na haar. Terwyl hy aanstap, klop haar kop al hoe meer met elke tree wat hy gee. Sy probeer ontspan, maar haar nek is styf en seer en sy begin flikkerende sterretjies voor haar oë sien.

    Ek gaan naar word.

    Hy kyk af na haar. Sy is doodsbleek en hy stap in die naaste badkamer in en hy kry haar net betyds daar. Dis ʼn damesbadkamer en daar is ʼn paar vroue wat hom skeef aankyk. Teen die tyd dat sy klaar is, weet Ethan hy was reg. Hy spoel die toilet en tel haar weer op.

    Nou weet jy om nie verder met my te stry nie.

    Hy gaan direk deur X-strale toe. Die kopbesering wys nie iets ernstiger as harsingskudding nie, en haar arm waarvoor hy bang was vir ʼn kraak, het ook nie meer skade as net die sny nie. Toe hulle by ongevalle kom, druk hy summier die jong doktertjie opsy. Ek sal hierdie een self behandel, dankie, sê hy in ʼn stemtoon wat duidelik geen nonsens sal duld nie. Hy haal die pleister versigtig van haar voorkop af en ontsmet die wond deeglik voordat hy ʼn paar verdowende inspuiting daarin toedien. Daar is agt steke nodig om die wond behoorlik te heg. Haar arm is volgende aan die beurt waar hy vier steke insit.

    Daar behoort ʼn hewige boete te wees vir mense wat hulle honde los laat rondhardloop, sê hy met ʼn diep frons terwyl hy klaarmaak.

    ʼn Verpleegster loer om die deur. Dokter Jones, jou broer is hier. Kan ek hom instuur? wil sy weet.

    Ja, asseblief.

    Eddie is al klaar binne en erg omgekrap. Ek het die vloeksteen in die hande gekry, Ethan.

    Ethan gee hom ʼn waarskuwende kyk. Kon jy die inligting in die hande kry?

    Ja, maar ek moes hom dreig om dit te kry. Ek dink dis ʼn goeie idee dat jy haar hier hou, maar ek dink hy gaan jou probeer aanvat daaroor. Om te sê hy was briesend, is lig gestel.

    Dankie Eddie, sê hy en gee sy broer in waarskuwende kyk toe hy die vrees in Trish se oë sien. Ek neem haar op en klaar. Doen alles voor klaar en bly dan maar in die nabyheid vir ingeval daar probleme kom. Hy kyk na die verpleegster wat gefassineerd na die twee broers staan en luister. Kry ʼn rolstoel hier…nou! En vind uit in watter saal sy kom.

    Die verpleegster is vinnig terug met die rolstoel. Sy kom in E4, dokter. Ek sal haar soontoe neem.

    Ek sal haar sommer self neem. Kry ʼn hospitaaljas vir haar en bring dit. Niemand mors met dokter Jones wanneer hy in so ʼn slegte bui soos vandag is nie, en nie eers die suster aan diens probeer hom oor hospitaalprosedure aanspreek nie.

    Toe Ethan by E4 kom, lê die hospitaaljas op die bed. Hy stoot Trish tot by die bed en trek die gordyne toe. Sien jy kans om aan te trek of wil jy eers ʼn bietjie lê?

    Ek moet lê asseblief. Maar sy kom nie by lê uit nie. Haar bolip is spierwit met ʼn fyn lagie sweet slaan sigbaar daarop uit. Hy weet wat gaan kom en bulder vir ʼn bakkie, wat hy ook net betyds kry. Sy gooi kwaai op en is nog bleker toe sy uiteindelik klaar is. Hy help haar om te lê.

    Ek het iemand nodig om haar te help uittrek! ʼn Verpleegster is oombliklik daar. Ek wag net buite, sê hy vir Trish. Die oomblik toe sy klaar is, is hy weer langs Trish se bed. Hy het niks by hom nie, want hy is in sy drafklere en sy tas is in sy kar. Hy neem haar pols. Ek het ʼn bloeddrukapparaat en ʼn stetoskoop nodig! beveel hy oor sy skouer. Toe ʼn verpleegster dit bring, neem hy haar bloeddruk en frons. Het jy lae bloeddruk?

    Ja.

    Die saalsuster loer in. Hier is haar lêer, dokter. Ek sal ʼn bietjie later haar inligting kom kry. Om dit nou te probeer kry is so goed as om in ʼn leeuhok in te stap, met die meisie as sy welpie en dokter Jones as die brullende, beskermde en befoeterde leeumannetjie.

    Ethan gee vir haar die bloeddruk en pols lesing. Ek wil ʼn anbiotika IV en acetaminophen vir pyn hê en ek ook gereëlde monitering van die naarheid. As dit aanhou sal ek die dosis aanpas.

    Goed dokter.

    Is jy die een of ander hoë kokkedoor hier rond? wil Trish weet toe hulle alleen is. Dit lyk of almal spring wanneer jy praat.

    Hy glimlag en skielik maak dit die pyn en slegvoel die moeite werd. Nee, nie regtig nie. Ek hou net nie van slordige werk nie en hulle weet dit.

    Die suster bring die drup en Ethan neem dit by haar. Hy sê vir Trish om haar hand ʼn paar maal in ʼn vuis te pomp en oomblikke later glip die naald met ʼn ligte prikkie in haar aar in.

    Die medikasie gaan jou lomerig maak. Moenie daarteen baklei nie.

    Voordat jy gaan… kan ek jou iets vra? Haar stem is net ʼn fluistering, maar gelaai met kommer… en vrees?

    Hy buig oor haar, sy stem sag. Natuurlik. Jy is bang. Sy oë is ʼn diep fluweelbruin en gly oor haar gesig. Is dit oor… jou verloofde?

    As hulle hom hier toelaat gaan hy groot moeilikheid maak. Dit is hoekom ek nie hierheen wou kom nie.

    Ethan frons en lê sy palm teen haar kloppende voorkop. Jy sal eerder teruggaan na hom toe, al is jy siek en beseer? Jou eerste reaksie in die park was dat hy jou sou doodmaak. Trish… sal hy jou seermaak? wil hy bekommerd weet.

    Haar oë vlug weg, gee die antwoord wat sy nie gereed is om in woorde te sê nie. Ethan vat haar hand. Die dae wat jy nie draf nie, het hy jou aangerand? Sy veg teen die trane. Trish, hoekom bly jy by hom?

    Want ek het geen ander keuse nie. Ek het al twee maal vantevore probeer wegkom van hom af, maar hy het my nog elke keer in die hande gekry en dan was dit net erger. As ek dit weer probeer, sal hy my regtig vermoor. Jy ken hom nie.

    Ek kan jou help. Eddie is in die polisiemag. Daar is maniere om te keer dat hy naby jou kom.

    Voordat sy kan antwoord, klink daar ʼn chaotiese lawaai los in die gang op en Trish probeer fanaties spook om uit die bed te kom. Ethan druk haar terug. Maak toe jou oë en maak of jy slaap. Hy sal nie aan jou raak nie, Trish. Ek belowe. Maak toe jou oë, fluister hy dringend.

    Hy was net gereed om die gordyn oop te trek toe ʼn vreesbevange verpleegster ingestamp word. Sy land op haar knieë en tref die bed se kant met haar voorkop. Die man wat agter haar staan se gesig is vertrek van woede en hy lyk gereed om te moor. Eddie is reg agter hom, maar Ethan hou sy hand op. Hy help die verpleegster op haar voete.

    Is jy oukei? wil hy weet.

    M-my kop… bloei.

    Sal jy asseblief die saal verlaat, meneer, beveel Ethan kalm. Hy druk die verpleegster agter hom in en sorg dat hy tussen die man en Trish se bed bly.

    John Hawley probeer Ethan uit die pad uit druk. Nie voordat ek met my eie oë gesien het of die klein gemors regtig seergekry het nie.

    Ethan laat hom nie opsy druk nie. Hy kners op sy tande. "As jy praat van juffrou Carter, kan ek jou waarborg dat sy seergekry het. Ek was daar toe dit gebeur het."

    Sy kan huis toe kom. Ek sal iemand kry om na haar te kyk.

    Jammer, maar sy kan nie beweeg nie. Sy het ernstige harsingskudding en ek neem haar op vir ten minste agt-en- veertig-uur. As sy nie môre verbetering toon nie, stuur ek haar vir ʼn CT skandering. Op hierdie stadium slaap sy van die medikasie wat ek haar gespuit het. Terwyl hy praat gee ʼn vinnige tree terug en vat die bakkie aan waarin Trish naar geword het. Hawley struikel agteruit toe dit lyk asof Ethan die bak op oor gaan omkeer, maar die suster vat dit vinnig uit sy hand.

    Maak haar wakker. Ek wil self met haar praat.

    Meneer, jy is besig om my humeur uit te lok. Juffrou Carter is my pasiënt en ek gaan haar nie wakker maak nie. Ek gee jou vyf sekondes om die saal te verlaat.

    Of wat? John Hawley klink gemeen en hy slaan Ethan onverwags met die vuis op die wang. Hy steier liggies agteruit, maar hy het so iets verwag. Hy het genoeg hiervan gehad.

    Jou vyf sekondes is verby, sê hy en plant sy vuis met al die opgekropte woede oor Trish reg in die man se gesig sodat hy binne-in Eddie se arms beland, wat onmiddellik sy Miranda-regte vir hom begin opnoem. Teen die tyd dat sekuriteit daar kom, laat hy hulle die polisiestasie bel om hom te kom haal vir versteuring van vrede en twee verskillende klagtes van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dit is Vrydag, so dit gee hom tot Maandag om ʼn bietjie af te koel. Die beseerde verpleegster glip agter Ethan verby.

    Ethan pluk die gordyn toe en draai om na Trish toe. Sy is bewend van angs en aan’t huil.

    "Hey, bedaar. Hy sal jou nie pla vir die res van die naweek nie, en teen daardie tyd het ons ʼn ander plan gemaak. Jy gaan nie terug na hom toe nie, so

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1