Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vergroot jou bediening met wonders en openbarings van die Heilige Gees
Vergroot jou bediening met wonders en openbarings van die Heilige Gees
Vergroot jou bediening met wonders en openbarings van die Heilige Gees
Ebook220 pages3 hours

Vergroot jou bediening met wonders en openbarings van die Heilige Gees

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Bestaan die bonatuurlike vandag? Kan ek in die bonatuurlike optree? As God nog mense genees, waarom genees Hy nie almal nie? Hoe kan ek die salwing tot genesing ontvang? Ontdek die antwoorde op hierdie en baie ander vrae oor die openbarings van die Heilige Gees deur die bladsye van hierdie opwindende boek deur Dag Heward-Mills.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 17, 2018
ISBN9781683982159
Vergroot jou bediening met wonders en openbarings van die Heilige Gees
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Vergroot jou bediening met wonders en openbarings van die Heilige Gees

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vergroot jou bediening met wonders en openbarings van die Heilige Gees

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vergroot jou bediening met wonders en openbarings van die Heilige Gees - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Waarom wonderwerke en openbarings van die Gees jou bediening sal vergroot

    Wonderwerke en openbarings is ons enigste kans om die wêreld vir Jesus Christus te bereik. Hulle is ons enigste kans om elke volk, nasie en volksgroep vir die koninkryk te bereik. Hulle is die geleenthede vir bedienaars om te bereik waarvoor God hulle geroep het.

    Wonderwerke en openbarings van die Gees was vir die twaalf dissipels beskikbaar en ook vir die sewentig mense wat Jesus uitgestuur het. Hulle is steeds deur die groot opdrag vir ons beskikbaar. Hulle is vir almal van ons daar as ons maar net sal begin om te weet en te besef dat God dit vir ons gegee het.

    1. Wonderwerke en openbarings van die Gees sal jou help om die wêreld vir Christus te bereik

    Op ’n dag, toe die verkiesingsuitslae vir die verskillende streke van my land vrygestel is, het ek besef hoe baie miljoene mense in afgeleë gebiede woon. God se hart bloei vir verlore siele. Dit is nie vir ons nodig om aan politieke druk toe te gee om maatskaplike dienste vir die volk te voorsien nie. Dit is nie die voorsiening van maatskaplike dienste soos skole en universiteite wat ons vir die volk nuttig maak nie.

    Die kerk is ’n besondere instelling wat deur God met ’n spesiale krag en salwing gesalf is. Deur daardie krag en salwing sal ons in staat wees om te doen wat God ons geroep het om te doen. Hy het prediking, onderrig en genesing gekies as sy metodes om die verlore mensdom te help.

    2. Wonderwerke en openbarings van die Gees sal jou uit onbekendheid na vore laat tree

    Jy het nodig om uit onbekendheid tevoorskyn te kom! Jou bediening moet in die wêreld gevoel en gesien kan word! Wat is die nut van jou groot wysheid as dit nie gehoor word of gesien word nie? Jesus het in ’n niksbeduidende skrynwerker se huis grootgeword, maar God het iets spesiaal vir Hom gegee. Wat sou Jesus uit onbekendheid laat tree? Wat sou enigiemand na sy boodskap laat luister? Wat kon Jesus sonder moderne advertensiemetodes doen? Wonderwerke en openbarings van die Gees is wat Jesus uit onbekendheid na die voorgrond gebring het.

    Wonderwerke en openbarings van die Gees is jou geleentheid om uit onbekendheid uit te styg. Jesus het nooit ’n boek geskryf of in ’n motor gery of ’n trein of ’n vliegtuig gehaal nie, maar Hy het beroemd geword.

    Die Bybel vertel dat sy bekendheid oral versprei het en dat ’n hele stad by sy deur saamgedrom het (Markus 1:28, 33). As ons wil hê dat die stede van hierdie wêreld by die deur van ons veldtogte moet byeenkom, dan het ons die salwing van genesing nodig.

    As ons wil hê dat die stede van hierdie wêreld in ons kerke moet bymekaarkom, dan is die wonderwerke en openbarings van die Gees die sleutel. Die salwing van genesing sal die hele stad na jou deur toe bring sodat jy hulle van Jesus Christus kan vertel.

    3. Wonderwerke en openbarings van die Gees sal baie gebroke mense na jou bediening aantrek

    Jesus het gesê dat Hy gesalf is om die gebrokenes te genees. Om ’n gebroke hart te hê, is meer as om net met jou vriend of meisie uit te maak. ’n Gebroke hart word oor die algemeen deur teleurstellings veroorsaak. Baie mense is onkant gevang deur wat die lewe na hulle kant toe laat kom het. Mense lewe asof alles in orde is, maar in hulle binneste bloei hulle, is hulle teleurgesteld en kry hulle seer.

    Baie van die mens se probleme kan nie deur medikasie of deur ’n sielkundige of ’n psigiater genees word nie. Baie mense het ’n aanraking van God nodig om vir hulle hoop te gee. Dit is God se werk om in mense se lewe in te kom en hulle gebroke hart te genees.

    Baie politici wonder waarom mense aanhou om kerk toe te kom, omdat hulle dink dat pastore maar net geld van die skares ontvang. Hulle wonder waarom mense nie deur hierdie veronderstelde misleiding kan sien nie. Jy sien, die probleme wat mense het, is dikwels nie ooglopend nie. Mense glimlag aan die buitekant, maar hulle huil in hulle binneste. Diegene wat die kerk kritiseer, weet nie wat die kerk vir mense doen nie.

    Ek onthou dat ek op televisie na ’n onderhoud met ’n beroemde evangelis gekyk het. Die aanbieder het vir hom baie vrae oor sy salaris, sy huise en sy motors gevra. Hy het probeer om die evangelis soos ’n swaap te laat lyk.

    Toe maak hulle die telefoonlyne oop en ’n man het gevra dat daar vir hom gebid word. Skielik het die atmosfeer verander. Die inbeller het kanker gehad en het op sterwe gelê. Hy het gevra dat die evangelis vir hom bid. Al die siniese vrae wat die aanbieder gehad het, het skielik geen betekenis meer gehad nie. Die aanbieder is gekonfronteer met ’n desperate, huilende inbeller wat hulp dringend nodig gehad het. Net die evangelis kon daardie hulp aanbied. Die waarde van die evangelis se bediening was vir almal duidelik. Meer mense het ingebel en vir voorbidding gevra vir hulle desperate en hopelose omstandighede.

    Mense het behoeftes en die salwing vir genesing sal in daardie behoeftes voorsien. As jy die krag van God het wat in wonderwerke en openbarings van die Gees sigbaar word, sal gebrokenes na jou toe stroom.

    4. Wonderwerke en openbarings van die Gees sal jou bediening waarde laat kry vir die samelewing

    Om waarde te hê beteken om belangrik te wees. Ons werk het vir die wêreld waarde wanneer die salwing vir genesing aan die werk kom. Ons werk word toepaslik wanneer gebrokenes van hart geheel word en die armes die goeie nuus hoor wat vir hulle gepreek word. Bose geeste pynig mense en bring vrees in hulle lewe. Die salwing vir genesing sal mense van bose geeste verlos.

    Baie volke word deur vrees en bygeloof beheer. Deur wonderwerke en openbarings van die Gees word die vervloekings verbreek en tree genesing in. Baie mense verstaan iets van bonatuurlike krag. As jy die salwing vir genesing het, kan jy voor eenvoudige mense staan wat met bose bonatuurlike kragte worstel en hulle uitdaag! As jy maar net ’n klein Sondagskoolles het, sal jy nie teen die hekse en towenaars van ons dag kan opstaan nie.

    Daar is so baie bygeloof in die wêreld van vandag. Daar is riviere waar visvangs nie toegelaat word nie! Soms word mense nie eers toegelaat om water uit hierdie riviere te skep nie. Daar is damme wat as gevolg van bygeloof nie gebou kan word nie. Mense is vir so baie verskillende dinge bang. Soms is ons as gevolg van bygeloof bevrees om sekere kledingstukke by sekere geleenthede te dra. Jy kan nie straatligte by sekere paaie aanbring nie, omdat mense glo dat gode daar teenwoordig is en langs daardie paaie woon. Mense is bang om sekere paaie by bepaalde geleenthede te gebruik. Hulle is bang om die ligte af te sit. Mense is soms bang om op Vrydae te reis. Daar is ’n soort bygeloof wat mense verhinder om op die dertiende dag van enige spesifieke maand te reis. As die dertiende boonop op ’n Vrydag val, is dit selfs erger. Selfs lugrederye is hiervan bewus. In baie vliegtuie is daar geen sitplek met dertien as nommer nie. Daar is ook geen dertiende verdieping in baie woonstelgeboue nie.

    Op ’n dag het ek met ’n vliegtuig gereis. Ons het ’n moeilike landing gehad en die loods het daarvoor om verskoning gevra en verduidelik dat die rede daarvoor was dat dit Vrydag die dertiende is.

    Goeie genade! Baie mense lewe in vrees.

    Die kerk kry waarde as dit iets het om aan te bied. Ons kry waarde as ons die antwoorde het op mense se behoefte. Geen regering kan aanbied wat die kerk deur die krag van die Heilige Gees aanbied nie. Geen politikus kan gee wat die kerk gee nie. Onderwysers en mediese dokters kan ook nie gee wat die kerk aanbied nie. Net God kan gebroke harte genees en mense red. Elke deel van die wêreld het behoefte aan die wonderwerke en die openbarings van die Heilige Gees.

    Ons waarde as ’n kerk bestaan nie daarin dat ons skole of universiteite stig nie. Die regering is die een van veronderstel is om opvoeding te voorsien. Wanneer die kerk wel opvoeding aanbied, moet dit gesien word wat dit in werklikheid is – ’n geskenk van liefde vir daardie volk. Die redding van die mensdom word deur die kruis van Jesus Christus voorsien.

    Ons het die groot laaste opdrag van Jesus ontvang. Geen ander instelling het hierdie opdrag ontvang nie. Ons waarde lê daarin dat ons oor Jesus preek en leer. Ons waarde lê daarin dat ons siek mense gesond maak. Ons waarde kom deur die wonderwerke en die openbarings van die krag van die Heilige Gees.

    5. Wonderwerke en openbarings van die Gees sal siele wat vasgevang is, na jou kerk lok

    Baie mense is deur duiwels besete. Op ’n dag het ek ’n vriend van my teëgekom wat onder die invloed van verdowingsmiddels was. Ek het so hartseer gevoel. Net die krag van God kan mense van verdowingsmiddels, alkohol en onsedelikheid verlos. Baie mense is vasgebind. Hulle kan hulleself nie bevry nie. Die salwing vir genesing sal mense vrymaak van alles wat hulle vasbind.

    Wonderwerke en openbarings van die Gees sal hoop vir onvrugbare vroue gee. Ek het eendag na ’n dokumentêre program gekyk waar ’n slang in ’n vrou ingedruk is as ’n behandeling vir onvrugbaarheid. Sy het by ’n afgodspriester gaan hulp soek en dit is die soort hulp wat hulle vir haar aangebied het om haar in staat te stel om ’n kind te hê.

    Ek het by myself gedink: Die probleme van onvrugbaarheid is meer as wat ons kan verstaan. Ons is almal so bang vir slange dat ons nie eers naby hulle wil kom wanneer hulle in hokke is nie. Ons kry hoendervleis wanneer ons ’n slang selfs op televisie sien. Om te sien dat ’n vrou willens en wetens toelaat dat ’n slang in haar liggaam ingedruk word sodat sy ’n kind kan hê, wys maar net hoe geweldig groot haar behoefte was.

    Mense het al vir my gevra waarom ek die mediese beroep laat vaar het om ’n prediker te word. Hulle wonder of ek as ’n prediker enigiets doen wat belangrik is. Wat ek vandag doen, is baie belangriker as om ’n mediese dokter te wees. As Jesus die wêreld beter deur medikasie kon gehelp het, sou Hy ’n dokter gewees het. Maar Hy was ’n prediker, en dit behoort vir jou iets te sê!

    Jesus het aangekondig dat Hy gekom het om die gebrokenes vry te maak. ’n Gebroke persoon is iemand wat seer het. Die lewe is vol pyn, seer en teleurstellings, en Jesus se salwing tot genesing is daar om diegene te genees wat gebroke is en seerkry.

    Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees.

    Lukas 4:18

    Elísa het gegaan om die water van ’n dorp te genees omdat daar iets met die water verkeerd was.

    En die manne van die stad het vir Elísa gesê: Kyk, die ligging van die stad is goed soos my heer sien, maar die water is sleg, en die grond veroorsaak onvrugbaarheid. En hy antwoord: Bring vir my ’n nuwe skottel en gooi daar sout in. En hulle het dit na hom gebring. Daarop gaan hy uit na die plek waar die water uitkom en gooi die sout daarin en sê: So spreek die HERE: Ek het dié water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie. En die water het gesond geword tot vandag toe volgens die woord van Elísa wat hy gespreek het.

    2 Konings 2:19-22

    Wanneer God jou water genees,voorsien Hy in ’n basiese behoefte van jou lewe. God wys vir jou dat daar baie mense in hierdie wêreld is wat behoeftes het. Daar is mense wat geen behandeling vir hulle siekte kry nie. In arm lande skenk vroue onder bome die lewe aan hulle babas. Dit is waarom ons gesalf is om die evangelie aan die armes te verkondig.

    Daar is baie meer arm mense in hierdie wêreld as rykes. God laat ons hart na die armes toe uitgaan. Jy kan nie na die armes van hierdie wêreld gaan en met hulle praat as jy nie ’n bietjie goeie nuus het nie. Hulle wil weet hoe die evangelie hulle lewe prakties sal beïnvloed. Hoe kan hulle die leerstellings van die evangelie verstaan met al hulle probleme, hulle siektes en hulle uiterste armoede?

    Ons moet vir meer wonderwerke bid. Ons moet ’n innerlike begeerte hê vir meer wonderwerke! Anders sal ons voortgaan om in ons klein hoekies te bly en gemaklik te lewe terwyl die massas na die hel toe op pad is.

    6. Wonderwerke en openbarings van die Gees sal God in jou bediening verheerlik

    Maak my gesond, HERE, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof.

    Jeremia 17:14

    Jeremia het uitgeroep: Maak my gesond, Here, dan sal ek gesond word! As God jou genees, sal jy waarlik gesond wees! As God jou red, sal jy waarlik verlos wees! Die metodes waarmee mense genees word, het baie gebreke. Deur die salwing vir genesing sal jy die aandag vestig op die rol wat God in mense se lewe kan speel.

    Die feit dat God genees, beteken nie dat Hy nie die mediese wetenskap goedkeur nie. God is nie teen medikasie nie. Om die waarheid te sê, die kundigheid wat mense het om medisyne te ontwikkel, kom van God af. Hy is die oorsprong van daardie gawe. As ’n dokter glo ek in die mediese wetenskap. Dank God vir die mediese wetenskap en vir dokters. Ons kan nie sonder hulle klaarkom nie.

    En tog het God meer vir ons beskikbaar as die mediese wetenskap. Hy kan doen wat die mediese wetenskap nie kan doen nie. Hy doen ook dinge wat die mediese wetenskap nie kan doen nie. Soms doen Hy dinge wat die mediese wetenskap wel kan doen. Al wat ons weet, is dat Hy goeie dinge doen.

    Ek hou daarvan om die verhaal te vertel van ’n man wat uit die aardbewing in San Fransisco gered is. Na sy ervaring met die aardbewing is ’n onderhoud met hom gevoer. Hy het gedurende die aardbewing vir drie dae en nagte onder die gebou in die rommel oorleef. Hulle vra toe vir hom hoe hy in staat was om vir so ’n lang tyd onder die ingestorte gebou aan die lewe te bly.

    Hy het geantwoord: Ek is ’n mens met ’n sterk wilskrag. As ek besluit om iets te doen, kan niks my keer nie. Ek is in staat om op koers te bly! Ek draai nie uit na links of na regs nie! Ek is ’n mens met ’n sterk vasberadenheid en wilskrag en so het ek geweier om te sterf! Ek was vasberade om te lewe en dit is waarom ek glo dat ek lewend gebly het!

    Daar is ook ’n onderhoud met sy vrou gevoer. Sy het gesê: Wel, ek weet dat ek vir baie jare met my man getroud was. Hy is ’n man met ’n baie sterk wilskrag! Wanneer hy vas besluit om iets te doen, kan niks hom na links of na regs laat afwyk nie. Hy is ’n baie vasbeslote persoon. Hy voer sy projekte deur! Hy beweeg vorentoe. Hy is die soort mens wat nie huiwer wanneer daar teenstand kom nie. Ek ken my man! Ek is al sewe en twintig jaar met hom getroud. Toe hy besluit het dat hy sou lewe, het hy net aan die lewe gebly.

    Daar is ook ’n onderhoud met die man se dokter gevoer. Aan hom is gevra: Wat het jy oor jou pasiënt te sê wat so ’n verstommende ervaring oorleef het? Hy het geantwoord: Wel, ek ken my pasiënt. Hy is ’n man met ’n baie sterk wilskrag. Hy het oorleef omdat wilskrag in ’n pasiënt se lewe baie belangrik is. Wanneer ’n pasiënt besluit dat hy wil sterf, dan sterf hy. Wanneer hy besluit dat hy wil lewe, dan lewe hy.

    Kan jy glo dat hierdie man met die sterk wilskrag agt dae later ’n ernstige hartaanval gehad het? Hy is dadelik dood! Toe vra ek vir myself: Waar was sy wilskrag nou?

    Dit was in werklikheid die trekkers en die stootskrapers wat hom gered het. Dit was die dokters wat noodbehandeling toegepas het. Maar hy was nie regtig gered nie. Hy het in werklikheid op die punt gestaan om te sterf!

    Dit is waarom ons ons oë op die Here moet vestig en moet sê: Genees my, o Here, en ek sal genees wees. Red my en ek sal gered wees. Dit is wanneer die Here sy hand na jou toe uitsteek, dat jy waarlik genees sal word.

    7. Wonderwerke en openbarings van die Gees sal die koninkryk van God grootliks bevorder

    En

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1