Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vroue van die Bybel 2: Nader aan God
Vroue van die Bybel 2: Nader aan God
Vroue van die Bybel 2: Nader aan God
Ebook211 pages16 hours

Vroue van die Bybel 2: Nader aan God

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die geliefde omroeper Esté Geldenhuys skryf vir vandag se vroue oor Bybelse vroue, vroue wie se name dikwels nie eens aan ons bekend is nie, maar uit wie se lewe ons weer en weer kan leer dat elke vrou 'n verskil kan maak, ook ek en jy! Helene de Kock op Litnet sê van haar: "Geldenhuys skryf met die moed van haar oortuiging, eerlik en sonder skroom om evangeliese waarhede oor te dra. Hierdie waarhede is op haar geloof geskoei en ook op haar kennis van die Bybel en haar beleë insig en integriteit."
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateMar 23, 2018
ISBN9780796320889
Vroue van die Bybel 2: Nader aan God
Author

Esté Geldenhuys

Esté is 'n gebore Vrystater. Kroonstad is waar sy die eerste lewenslig gesien het. Dit is ook waar sy aan Kroonstad Hoër gematrikuleer het. Sy is gebore as die middelste van vyf kinders. Haar liefde vir die verhoog het daarop uitgeloop dat sy drama by Maties gaan studeer het. Sy het ook 'n onderwysdiploma voltooi en toe gaan skool hou in George. Esté is getroud met Coert Geldenhuys, 'n woud-ekoloog. Hulle het vier kinders, vier aangetroude kinders en vyf kleinkinders.

Read more from Esté Geldenhuys

Related to Vroue van die Bybel 2

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vroue van die Bybel 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vroue van die Bybel 2 - Esté Geldenhuys

    Vroue

    van die

    Bybel 2

    Nader aan God

    Esté Geldenhys

    Lux Verbi

    Liewe vrou wat hier lees

    Die Woord is soeter as heuning. ’n Mens kan mos een gedeelte uit die Bybel weer en weer lees en elke keer spreek iets anders uit dieselfde woorde op ’n splinternuwe manier tot jou … en dan is elke nuwe ontdekking so lekker dat dit soos die spreekwoordelike heuning in jou mond word.

    Dít is wat dié boek ook baie graag vir jou wil gee. Ou-ou stories, afgestof en uit ’n ander hoek bekyk. Mag hierdie verhale heuning in elke leser se hart word, veral omdat dié boek vol verhale van minder bekende vroue is. Ja, weggesteekte vroue wie se name dikwels nie eens aan ons bekend is nie, maar vroue uit wie se lewe ons weer en weer kan leer. Dalk dink baie vroue vandag ook maar van hulself: My naam is nie eens aan ander bekend nie! Wat het ek nou al bereik, watter betekenis is daar regtig aan my lewe? Dit is juis een van die boodskappe van dié boek: Bekend of onbekend – elke vrou maak ’n verskil, lewer ’n bydrae tot die lewe van almal om haar. Ook ek en jy! Waar ons ook al leef, is ons verskilmakers.

    Om die lewegewende soort verskil te kan maak, moet ons bereid wees om te leer. En ons sal leer mits ons die Gees van God toelaat om ons te laat snap wat ons ook al veronderstel is om nóú te snap. Die boodskap sal verskil van mens tot mens, na gelang van waar elkeen in sy of haar persoonlike lewenswandel is.

    Hierdie waarheid sluit aan by wat met Jonatan gebeur het gedurende die slag van die Mikmas-pas (1 Sam 14). Toe Jonatan moeg en afgemat was van die geveg, het hy op ’n byenes afgekom en van die heuning geëet. Hy was nie daarvan bewus dat Saul sy hele weermag verbied het om enigiets te eet totdat hulle die vyand verslaan het nie. Inderdaad ’n dwase opdrag. Wie kan veg sonder krag of insig? Toe Saul sy seun Jonatan voor die hele weermag voor stok kry, was Jonatan se antwoord dat die heuning sy oë helder gemaak het.

    Die heuning het Jonatan se oë helder gemaak. Wat ’n heerlike gedagte! Dít is wat die Woord van God, wat soeter is as heuning, ook vir ons wil doen. Die Woord is letterlik ’n lamp vir ons voet en ’n lig op ons pad (Ps 119:105). Paulus sou later uitbrei op die betekenis wat die psalmdigter aan die Woord gegee het, toe hy ’n vermaning ten opsigte van die woorde van God aan Timoteus gegee het. Ons lees daarvan in 2 Timoteus 3:14-17. In hierdie gedeelte lys Paulus ’n paar dinge in sy verwysing tot die Skrif:

    •Dit kan vir ons kennis bring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus.

    •Paulus verklaar ook dat die hele Skrif deur God geïnspireer is en daarom groot waarde het om:

    –te onderrig,

    –dwaling te bestry,

    –verkeerdhede reg te stel, en

    –’n regte lewenswyse te kweek.

    Ja, sodat elkeen wat in diens van God staan volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. Elkeen wat in diens van God staan? Sluit dit my en jou in? Volgens die opdrag wat Jesus aan sy dissipels in Matteus 28:19-20 gegee het, is die antwoord baie beslis ja.

    Ons moet opkyk, om ons rondkyk en snap dat hierdie lewe nie net oor my en my eie behoeftes gaan nie. Die lewe wat ons hier leef, is ’n absolute flentertjie, ’n asempie, gemeet aan die ewigheid wat ons saam met ons Skepper gaan deurbring.

    Mag die verhale van die vroue wat in dié boek aangebied word, ons inspireer om te delf tot ’n dieper verstaan van wie hierdie God is oor wie dit alles gaan. Om te verstaan wie God is, moet ons Hom dalk net bejeën as ’n kragtige entiteit daar êrens – ontoeganklik en waarskynlik streng of kwaai?

    Nee! Die Skepper-God is juis liefde, geduld, barmhartigheid, genade … die beste Vader wat ons ooit kan bedink om te beleef. Hy is soos ’n Persoon met emosies. Een van sy emosies is om te verlang … Hy verlang na jou. Ja, na jóú. Hy verlang daarna om jou ín sy teenwoordigheid te ontvang waar Hy sommer net vir jou sy vrede kan gee en jou kan toemaak met sy liefde, beskutting en beskerming. Hy wil jou leer van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy niks weet nie. Hy wil graag hê dat jy jouself in jou eie of ander se oë volkome sien, sonder seer of gevoelens van nie-goed-genoeg-nie. Ja, vry om Hom lief te hê – en te verstaan wat dit behels om Hom lief te hê en Hom alleen te aanbid.

    In my eie soeke daarna om die Skepper van hemel en aarde as Persoon te leer ken, het ’n paar dinge in my binneste gebeur. Die hele kwessie van name het vir my belangrik geword. Psalm 91:14 was nogal ’n sleutel waar ons Vader belowe dat Hy diegene sal beskerm wat Hom liefhet – dié wat sy Naam ken. Hierdie begrip word in die Amplified Bible verder soos volg verduidelik: … has a personal knowledge of My mercy, love, and kindness – trusts and relies on Me, knowing I will never forsake him, no, never.

    In die Hebreeus het Hy baie Name waarvan elkeen ’n ander faset van sy karakter verklap. Om die betekenis van sy Name te ontdek is soos om sy karakter te leer ken. Die groot Naam, Yahweh, is in die Afrikaanse 1933/1953-vertaling met hoofletters geskryf – HERE, teenoor Here wat weer meestal verwys na die Naam Elohim, maar Here verwys ook soms na ander Hebreeuse Name. Net vanweë my reuse-ontsag vir wie Hy is, kies ek om erkenning te gee aan die Een met wie ek te make het. Wanneer jy dus in dié boek HERE raaklees, sal jy weet na WIE dit verwys. (Voorkeur word aan Skrifaanhalings uit die 1933/1953-vertaling verleen, en waar toepaslik word verwys na die 1983-vertaling.)

    Sowel Jeremia as Esegiël het die opdrag gehad om die boekrolle wat vir hulle aangebied is, te eet. Ons het in Jesus nie net ’n Verlosser nie, maar ook ’n ewige Bruidegom. Die lewe wat ons op hierdie aarde leef, bied ons die tyd en geleentheid om ons voor te berei op die koms van ons Bruidegom. Laat ons soos die profete die boekrolle wat soeter is as heuning en ons geestelike oë kan verlig, eet tesame met die lees van dié boek. Mag dit elke leser noop om die Bybel op te tel en te lees soos een wat skatte in die donker soek. Mag die skatte wat jy vind jou voorberei op die koms van ons Bruidegom en vul met ware aanbidding van ons God en Vader.

    Esté Geldenhuys

    Vroue van die Ou Testament

    Ontmoet mevrou Noag

    Eenheid het gelei tot nuwe lewe

    Lees Genesis 5–9

    Die uitdagings van Noag en sy gesin hou vir ons belangrike betekenis in. Om dit te verstaan moet ons as vertrekpunt daarna kyk uit die mond van ons Messias in Matteus 24:27-39. Die waarskuwing is onomwonde: Net soos in die tyd van Noag, sal dit ook by die koms van die Seun van die mens wees . In die dae voor die sondvloed het die mense sorgeloos voortgeleef – geëet, gedrink en getrou – tot op daardie dag dat Noag die ark binnegegaan het. Eers toe die sondvloed almal meesleur, het hulle dit (helaas, te laat) verstaan. So sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

    Dit is so maklik om elke oggend op te staan met geesdrif … of vir sommige mense dalk eerder dankbaarheid vir nog ’n nuwe dag met nuwe geleenthede. Vir baie is dit dalk moeilik om soggens op te staan om net wéér watter kwessie ook al aan te pak in die hoop op ’n oplossing. Hoe ook al, ons leef maklik in die wete dat dae sal kom en gaan en aanhou kom en gaan … asof dit nooit gaan ophou nie. Maar dit is nie waar nie. Niemand leef vir altyd nie. Vir elke mens kom daar ’n dag wat sy of haar laaste dag is.

    Nou hoe nou? Moet ons leef met ’n soort vrees dat vandag ons laaste dag kan wees? Vir seker nie. Maar ons moet vir onsself uitklaar wat ons glo ten opsigte van hierdie lewe en ’n lewe ná hierdie aardse bestaan. As ek weet waar ek staan, moet ek ook weet hoe om te leef in elke volgende dag wat my nog gegun word.

    Jesus het gewaarsku dat mense verstaan wat dit beteken as sekere winde waai, maar die tekens van die tye is vir ons duister. Hierdie waarskuwing dui op sy tweede koms. Ons moet leef met ’n bewustheid daarvan dat Jesus se tweede koms ’n werklikheid is waarvoor elke mens hom- of haarself gereed moet maak.

    Leef ons met ’n verwagting dat die Messias weer kom? Is ons werklik gereed om Hom te ontmoet? Die werklikheid van die vloed hou hierdie boodskap in. Selfs terwyl Noag en die diere in die ark ingegaan het, het die mense nie verstaan nie. Solank ons nie verstaan wat ons Skepper-God bedoel met die verlossingswerk van sy Seun en sy wederkoms nie, is ons ’n teiken vir die vader van die leuen. En sý doel is juis dat ons Jesus se verlossingswerk misloop.

    Noag se opdrag en die omstandighede waarin hy dit moes uitvoer, was ontsaglik groot. Dit het hom 100 jaar geneem om die ark te bou – manalleen! Die enigste hulp wat hy gehad het, was waarskynlik dié van sy vrou en later sy seuns en dalk hul vroue. Niemand anders nie. As daar nie eensgesindheid en begrip tussen Noag en sy vrou was nie, sou die gesin Noag nooit hierdie reusetaak kon afhandel nie. Sy gesin moes saam met hom in die opdrag geglo het. Hul eenheid in geloof het eensgesindheid geword wat die sleutel was tot die suksesvolle afhandeling van die projek.

    En wat ’n opdrag was hierdie ark nie! Die geraamde afmetings van die ark was 137 m x 23 m x 14 m. Dit was langer as ’n rugbyveld, in breedte smaller as ’n rugbyveld en met ’n hoogte van omtrent vyf verdiepings. Noag moes die binneruim in drie dele verdeel en op elke vlak afskortings bou waarin die diere kon bly. Dink net aan al die lere en stellasies. Hoeveel balke en planke moes gesaag en gelas word! Die plan het van die HERE af gekom, maar Noag moes dit steeds sekuur uitvoer. Die konstruksie moes sterk genoeg wees om sy vrag te hou en op water te kan dryf sonder om om te slaan. Alles moes met pik bedek word! Daar moes genoeg kos aan boord gaan sodat mens en dier kon eet. Is dit moontlik dat daar ook iets soos die vermeerdering van kos plaasgevind het? Die hele klomp was immers presies een jaar en tien dae in die ark!

    Tot op die dag van die vloed het daar nooit ’n druppel reën uit die hemel geval nie. Met die vloed het emmersvol water uit die hemel gestroom en ook soos fonteine uit die aardkors uitgebreek. Water het vir 70 dae net bly styg – en elke mens, dier, voël en kruipende dier wat nie in die ark was nie, het gesterf.

    Maar wat het dan in die wêreld aangegaan wat so erg was dat dit ons Vader-God genoop het om tot hierdie drastiese optrede oor te gaan?

    Genesis 6 vertel dat die boosheid van die mens op aarde groot was. Die versinsels wat die mens in sy hart bedink het, was altyddeur sleg. Dit was so sleg dat dit God berou het dat Hy die mens gemaak het. Daar was smart in sy hart. Ons dien ’n God wat emosies beleef. Hierdie God van emosies het besef dat daar vir Hom geen ander uitweg was as om die mense van die aarde af te verdelg nie. Sterk woorde. God het Hom berou en Hy sou die mense verdelg.

    In Hebreërs 11:7 word verslag gelewer van Noag se eerbied en Godvresenheid wat bepaal het dat hy in geloof en vanuit eerbiedige vrees die ark gebou het. Petrus het Noag ’n prediker van geregtigheid genoem. Noag het dus gelyktydig twee dinge gedoen: Hy het ander gewaarsku terwyl hy in gehoorsaamheid die reddingsvoertuig gebou het waarmee hy en sy gesin en soveel diere uit een wêreld sou ontsnap sodat hulle in ’n ontsaglike nuwe landskap ’n nuwe lewe kon begin … in ’n wêreld verlos van al die gemors wat om hulle was.

    Noag se opdrag in ag genome, moet ’n mens aanvaar dat hy ’n vrou sou gekies het met wie hy sy geloof kon deel. Hoewel ons niks weet van mevrou Noag nie, moet ons aanvaar dat sy nie onverskillig teenoor God gestaan het nie. Sy móés darem ook ’n Godvresende vrou gewees het wat haar man ondersteun het in sy Goddelike roeping. En sy móés tog hul seuns grootgemaak het om te glo soos hul pa glo.

    Wat is die boodskap dan wat ons vandag van mevrou Noag moet leer? Hierdie God van Abraham, Isak en Jakob is tot alles in staat. Hy is die enigste God wat leef. Kies om in Hom te glo en leer dan om met Hom in ’n intieme verhouding te staan en te leef. Solank ons nie eerlik is oor wat in ons binneste aangaan nie, kan ons Skepper-God ons nie bedien nie.

    Bob Sorge het geskryf: Die groot vraag is nie of ek God ken nie, maar ken God mý? Hy kan my slegs ken sover ek Hom inlaat om saam met my te verken wat binne-in my aangaan. Om intimiteit met jou Skepper te beleef, vra dat ons sal oefen om in algehele eerlikheid met Hom in gesprek te leef, te bid, te leer … In alles volkome oop en eerlik oor wat ons doen, dink en ervaar. Bring alles heel eerste na God toe. Soek jou vrede in Hom voordat jy dit in mense of boeke probeer kry.

    Vanuit hierdie intieme verhouding met ons Skepper moet elkeen as vrou ook leer om met haar man in dieselfde trant van oop en eerlike intimiteit te leef. Geskoei op die grond van eerlikheid tussen ons en ons Skepper wat ook

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1