Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

BreinBliksem
BreinBliksem
BreinBliksem
Ebook148 pages1 hour

BreinBliksem

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Liewe leser. Hierdie boek kom met ’n waarskuwing – sien bladsy 1. Neem dit ernstig op.
NIE VIR SENSITIEWE LESERS!
BreinBliksem is Fanie Viljoen se eerste roman. Hy sê oor die boek: “’n Paar jaar terug, met die Granaat Rockfees in Bloemfontein, het ek ’n laaitie van so vyftien, sestien gesien met ’n ketting om sy nek. Dit was nie ’n hangertjie nie, maar ’n ketting soos dié waarmee jy ’n hek sou toesluit. Ek het begin wonder wat in sy lewe aangaan. BreinBliksem is seker op ’n manier sy storie.”
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateDec 17, 2016
ISBN9780624078180
BreinBliksem
Author

Fanie Viljoen

Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 in Welkom gebore. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld in Welkom. Daarna volg twee jaar diensplig in Kimberley, Oshivello en Lohatlha. In 1990 begin hy voltyds by Sanlam werk. Hy skryf in dié tyd in vir ’n deeltydse kursus in grafiese ontwerp en behaal die N6-sertifikaat in 1995 aan die Welkom Kollege. In 2002 volg ’n BA-graad in Sielkunde en Sosiologie aan Unisa. Fanie se eerste jeugboek Breinbliksem is in 2005 bekroon met goud in die Sanlamprys vir jeuglektuur en dit het ook die MER-prys vir jeuglektuur ontvang. Sy kinderboek, Geraamte in die klas, ontvang in 2007 die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke én ’n ATKV-Woordveertjie. Sy tweede jeugboek, Onderwêreld, word in 2008 met die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) bekroon. Sy ander bekende boeke is Miserella (2007), die Klits Kronkel-reeks (2007, 2008) en Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (2008). Fanie woon in Bloemfontein en hy skilder en skryf voltyds.

Read more from Fanie Viljoen

Related to BreinBliksem

Related ebooks

Related articles

Reviews for BreinBliksem

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    BreinBliksem - Fanie Viljoen

    Vir Generation X (en Z) – as die music al is wat jy oor het, draai die volume oop.

    sculls

    Warning

    Hierdie is nie ’n boek wat jou gaan laat beter voel oor jouself nie. Dit gaan nie vir jou vertel wat die meaning of life is nie. Dit gaan jou nie help om jouself te vind nie. As Mamma en Pappa nie daarvan hou dat jy Afrikaanse boeke lees met Engelse woorde tussenin nie, kan jy een van die volgende nou doen:

    •Moer die boek weg.

    •Gaan vra die boekwinkel waar jy dit gekoop het of jy dit kan omruil vir een van daardie maak-jou-lewe-sommer-self-pragtig-mooi-in-tien-maklike-stappe-boekies.

    •As jy die boek by die boekwinkel gesteel het, moet jy dit maar stilletjies gaan terugsit en een van die maak-jou-lewe-sommer-self-pragtig-mooi-in-tien-maklike-stappe-boekies steel.

    •Jy kan die blaaie uitskeur en dit gebruik om ’n ietsie te rook.

    •Jy kan die boek stilletjies op die toilet lees waar Mamma en Pappa jou (hopelik) nie sal pla nie.

    As jy nou nog met die boek in jou hande sit, wil jy seker verder lees. My bru, dan is jy in vir ’n ride, maar wees gewaarsku: Hierdie boek gaan jou brein bliksem en jou dalk meer fucked-up los as wat jy reeds is.

    press play to begin

    Dis Vrydagaand. Ek SMS vir Kerbs:

    2night, 12 bells. bring jou tools. ek maak die hel oop.

    Watse hel wil jy oopmaak? grinnik Kerbs toe hy later by die hek inglip. Die reën sif neer en blink op sy baadjie.

    Hel?

    Op die SMS, man.

    Die hék, Kerbs!

    Jy moet fokken leer spel, Burns.

    As jy ’n job kry.

    Kerbs is nou al ’n jaar uit die skool en sit nog sonder werk. Die ou wat hom werk gee, sal in elk geval heeltemal van sy rocker af moet wees.

    Ja, right, sê Kerbs.

    Back to business: alles is georganise. Vroeër vanaand het ek drie van my ma se slaappille gesteel. Een vir die hond. (Hy het lekker aan die vienna gechow en is currently in doggy-droomland.) Een vir my pa. (Hy het lekker aan sy whiskey gesuip en hang nou rond in alcoholic heaven.) En die laaste een vir my ma – in haar koffie. Ek dink sy het een op haar eie ook gesluk, maar ek kon nie ’n kans vat nie. (Sy is seker nou op ’n lekker trip. Ons sien haar eers weer môremiddag.) My sussie, Kelly, spring die pille-party vry. (Sy is al weer by haar boyfriend.)

    Come on, ek reën nat, sê ek vir Kerbs.

    Hy stap na my ma se BMW in die driveway. Is die alarm af?

    Ek druk die remote se knoppie en die ligte flikker een keer. Die deure spring ook oop, maar ons kan nie daardie pad vat nie. Dit sal nie reg lyk nie.

    Vanaand is die regte aand om ons plan in aksie te sit: my ma het vergeet om die kar in die garage te trek. Sy wou nog gym toe gaan, maar dit het seker by haar gat uitgewaai. Die reën help ook; die bure sal lekker slaap. Niemand sal uitkom as daar ’n geraas is nie.

    Kerbs staan gereed met ’n baksteen. Hy kyk vir my. Ek knik. Hy moer die baksteen deur die kar se passasiersvenster. Die glasstukke verskiet soos sterre en bly lê op die nat paving. Nou eers maak hy die deur oop.

    Weet jy wat jy doen? vra ek.

    Sort of.

    Hy klim in die kar en druk ’n skroewedraaier langs die Kenwood front-loader CD player in. Dit sukkel, maar hy vat nie kak nie. Ek hoor hoe kraak die dashboard. Met die skroewedraaier se punt agter die CD player druk hy dit vorentoe. Die mounting snap. ’n Vinnige pluk en die player pop uit die dashboard soos ’n new-born baby uit sy mamma se maag. Kerbs knip die drade vinnig af.

    Jy moenie vir my kyk nie, jy moet check as iemand kom, sê hy.

    Maar ek kan nie help nie, mens moet hierdie tipe goed leer doen. Jy weet nooit wanneer jy die knowledge and skills nodig kry nie. (Outcomes-based education wat die community in die hol kom byt.)

    Kerbs begin met die speakers. Na ’n ruk sê hy: Nee, shit, ek gaan nie sukkel met hierdie goed nie, dit gaan ’n lifetime vat.

    Oukei. Ek trek my skouers op. O ja, kyk in die cubbyhole. Die sonbril …

    Kerbs haal my ma se Police-sonbril uit en druk dit in sy bosak.

    Ek het haar selfoon ook daar ingesit. My ma vergeet hom partykeer in die kar. Sy sal nie weet dit was ek nie.

    Dis ’n Nokia. Klein tegnologiese wonder, wap enabled (maar nie die gebruiker nie) en hy kan foto’s neem, sound record, you name it.

    Oukei, het jy alles?

    Yes. Kerbs stop die goed in ’n swart gym-sak.

    Nou toe, dan moet jy waai.

    See you, bru. Kerbs klap my op die skouer. Maak oop die hek.

    Hy glip weer by die hek uit. Dit reën nou harder. Ek kyk hoe die reëndruppels teen die BMW se leersitplekke afglip.

    So much for the new car smell.

    Kerbs se kar trek weg in die straat. Hy backfire een keer. Dit klink soos ’n geweerskoot.

    Ek stap by die huis in. Alles is donker, maar ek ken die pad na my kamer toe. Hei, ek het dit mos al duisend keer geloop na lang, dronk nagte op straat.

    Die skielike stem uit die sitkamer laat my skrik.

    Chris.

    Pa? sê-vra ek toe ek sy silhoeët sien beweeg teen die gordyne met die patiolig daaragter.

    My hart begin te race.

    Hoekom het jy ons nie gesê jy gaan uit nie?

    Twee goed confuse my totally in sy woorde.

    Numba one: Watse ons praat hy van? Van hom en my ma? Hulle is mos lankal nie meer ’n ons nie.

    Numba two: Dink hy genuine ek was uit? Weet hy of weet hy nie?

    Wat kon hy gehoor het? Wat kon hy gesien het?

    Ek rewind die gebeure silently in my kop.

    Geluide: Die klik van die hek wat oopgaan; ons stemme in die driveway; die baksteen wat die kar se ruit moer toe stuur; die kraak van die dashboard; die klik van die hek wat weer oopgaan; Kerbs se kar wat backfire.

    Sien: Fokkol van die huis af – daar is te veel plante. Tensy hy uitgekom het. Kerbs was reg, ek moes nie vir hom gekyk het nie, ek moes maar gekyk het of daar nie iemand aankom nie.

    Fast forward tot waar ons laas was.

    Ek besef dis een van daai soapie-oomblikke waar die stilte ’n lifetime aanhou en een van die akteurs net sy koppie skuins draai en dit tyd raak vir ’n ad break.

    Waar’s my ad break?

    Oukei, time to decide.

    Hy weet nie – ride the wave.

    Ek was net ’n rukkie uit. Ek het nie gedink Pa sou mind nie.

    Jy en Kerbs?

    Dêmmit, weet hy?

    Ek gooi weer ’n soapie response. Kerbs? Toets die water.

    Ek het sy kar hoor backfire.

    Nooit, bru, waar leer grootmense hierdie goed? Hy speel kat & muis met my. Wil hy hê ek moet met die hele sak stolen goods vorendag kom?

    Sit die lig aan dat ek jou kan sien.

    Pros & cons, dink ek dadelik. Con: hy kan dalk sien as ek lieg. Pro: ek kan sien as hy nie regtig weet nie.

    Die lig is helder – soos die oordeelsdag.

    Ons knip al twee ons oë tot hulle gewoond is aan die lig.

    Ek sien die glas whiskey wat ek vroeër die aand vir hom geskink het. Hy het dit nie gedrink nie. Hy moes geweet het iets is verkeerd toe ek uit my eie vir hom ’n dop bring.

    Hy sit met ’n amper vol glas drank in die hand. (Dié tyd van die nag?) Hy is duidelik gesuip. Sy hemp is oopgeknoop en gekreukel.

    Hy het nie ’n broek aan nie.

    Ek hardloop kamer toe.

    Sluit die deur! Sluit die bliksemse deur!

    Eendag gaan ek hom nog doodmoer, besluit ek.

    Ek weet hy staan anderkant die deur.

    En die stemme in my kop kom fast &

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1