Vasgekeer: En Ander Glimlag Stories
()
About this ebook
Egte Suid-Afrikaanse humor op sy beste!
Of jy steeds in SA is of dalk oorsee bly, daar’s niks lekkerder as 16 stories in Afrikaans om jou te laat ruk soos jy lag nie.
Inhoud:
- “Vasgekeer!”
- “Waar Leeupan sy Naam Gekry het”
- “Drie Duiwels op ’n Draak”
- “Engel Gabriël se Koets”
- “Daan Droomland”
- “Dominee en die Aartappel”
- “Die Lang Wag by Spookdrif”
- “Lyf, Lyf, Staan Styf”
- “Blink Ben”
- “Om Vas, Vry en Bly te Kan Wees”
- “Die Antie by Toonbank 13”
- “Deksel vir ’n Skewe Pot”
- “Dis ’n Mielieplesier”
- “Oom Gert Grootpraat se Winter”
- “Om te Serve en te Protek”
- “Boesman se Selfoon”
Hierdie sal die eerste van vele Bennie Olivier bundels wees.
Moenie ons Engelse boeke misloop nie.
Met trots aangebied deur Crystal Lake Uitgewers
Related to Vasgekeer
Related ebooks
The Unfair Way Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAgter Geslote Deure Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Staat vs. Oscar: 9 uur, 4 skote, 1 raaiseldood Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAgent 407: A South African Spy Breaks Her Silence Rating: 2 out of 5 stars2/5Bush Brothers: Life and Death Across the Border Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsIMPOSSIBLE SKIES: Life with my brother, the artist, Walter Meyer Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKafir Stories Seven Short Stories Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsThula-Thula (English Edition) Rating: 4 out of 5 stars4/5Way Better Than Popcorn: A True Story of Survival and Healing Beyond All Odds Rating: 4 out of 5 stars4/5To hell and gone Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEndgame Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMoenie Stres Nie!: Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWe're Not All Like That Rating: 4 out of 5 stars4/5As jy Droom Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBOER WAR LYRICS - Battlefield Poetry from the Boer Wars Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOor Bokdrolletjies en Rosyntjies Rating: 4 out of 5 stars4/5Sonder Jou/Desolation Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStargazer Rating: 0 out of 5 stars0 ratings‘N Geskenk Van Liefde: Uit Die Hart Van ‘N Moeder Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSearching for Sarah: The Woman Who Loved Langenhoven Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Ander mens Rating: 4 out of 5 stars4/5Blindside Rating: 5 out of 5 stars5/5Still Breathing Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMiracle Men: How Rassie's Springbok's won the World Cup Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBwana, There's a Body in the Bath! Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKeur van Verhale 3: Seisoene Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLewe Las of Lus Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Tafelberg Moordenaar Rating: 5 out of 5 stars5/5The Orange Earth Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOn The Run Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Humor & Satire For You
Love and Other Words Rating: 4 out of 5 stars4/5A Man Called Ove: A Novel Rating: 4 out of 5 stars4/5I Will Judge You by Your Bookshelf Rating: 4 out of 5 stars4/5The Screwtape Letters Rating: 4 out of 5 stars4/5Mindful As F*ck: 100 Simple Exercises to Let That Sh*t Go! Rating: 4 out of 5 stars4/5Don't Panic: Douglas Adams & The Hitchhiker's Guide to the Galaxy Rating: 4 out of 5 stars4/5The Subtle Art of Not Giving a F*ck: A Counterintuitive Approach to Living a Good Life Rating: 4 out of 5 stars4/5Farrell Covington and the Limits of Style: A Novel Rating: 4 out of 5 stars4/5101 Fun Personality Quizzes: Who Are You . . . Really?! Rating: 3 out of 5 stars3/5The Best F*cking Activity Book Ever: Irreverent (and Slightly Vulgar) Activities for Adults Rating: 2 out of 5 stars2/5Swamp Story: A Novel Rating: 4 out of 5 stars4/5Everything Is F*cked: A Book About Hope Rating: 4 out of 5 stars4/5Big Swiss: A Novel Rating: 4 out of 5 stars4/5Maybe You Should Talk to Someone: the heartfelt, funny memoir by a New York Times bestselling therapist Rating: 4 out of 5 stars4/5Plato and a Platypus Walk Into a Bar...: Understanding Philosophy Through Jokes Rating: 4 out of 5 stars4/5Anxious People: A Novel Rating: 4 out of 5 stars4/5Killing the Guys Who Killed the Guy Who Killed Lincoln: A Nutty Story About Edwin Booth and Boston Corbett Rating: 5 out of 5 stars5/5The Soulmate Equation Rating: 4 out of 5 stars4/5I Hope They Serve Beer In Hell Rating: 3 out of 5 stars3/5My Favorite Half-Night Stand Rating: 4 out of 5 stars4/5Go the F**k to Sleep Rating: 4 out of 5 stars4/5Everything I Know About Love: A Memoir Rating: 4 out of 5 stars4/5The Year of Living Biblically: One Man's Humble Quest to Follow the Bible as Literally as Possible Rating: 4 out of 5 stars4/5Britt-Marie Was Here: A Novel Rating: 4 out of 5 stars4/5In a Holidaze Rating: 4 out of 5 stars4/5Solutions and Other Problems Rating: 4 out of 5 stars4/5How to Stay Married: The Most Insane Love Story Ever Told Rating: 4 out of 5 stars4/5Sex Hacks: Over 100 Tricks, Shortcuts, and Secrets to Set Your Sex Life on Fire Rating: 4 out of 5 stars4/5And Every Morning the Way Home Gets Longer and Longer: A Novella Rating: 4 out of 5 stars4/5
Related categories
Reviews for Vasgekeer
0 ratings0 reviews
Book preview
Vasgekeer - Bennie Olivier
INHOUDSOPGAWE
VASGEKEER!
WAAR LEEUPAN SY NAAM GEKRY HET
DRIE DUIWELS OP ’N DRAAK
ENGEL GABRIËL SE KOETS
DAAN DROOMLAND
DOMINEE EN DIE AARTAPPEL
DIE LANG WAG BY SPOOKDRIF
LYF, LYF, STAAN STYF
BLINK BEN
OM VAS, VRY EN BLY TE KAN WEES
DIE ANTIE BY TOONBANK 13
DEKSEL VIR ’N SKEWE POT
DIS ’N MIELIEPLESIER
OOM GERT GROOTPRAAT SE WINTER
OM TE SERVE EN TE PROTEK
BOESMAN SE SELFOON
VASGEKEER!
Nou nog kry ek daaroor nagmerries. Skrik ek in die nag wakker en sit regop in my bed. My lyf papnat van die angsweet. Het ek weer gedroom ek is vasgekeer?
Ek is ’n oujongkêrel. Ja, ek was nog nooit getroud nie—is ook nie van plan om my op daardie terrein van die lewe te begewe nie. En hierdie nagmerrie wat my so nou en dan ry, sorg beslis dat ek ’n vrygesel bly. Hierdie vrou van my drome. (Of is dit nou ín my drome?)
Vrou van my drome. Dit klink egter nie so romanties as wat ’n mens sou dink nie. ’n Vriend van my wat ’n kopdokter is, daardie soort wat jou denkwyses ontleed en uitspel, en dinge oor jou vertel wat jou hare laat rys, vertel my dat hiérdie vrou dalk die oorsaak kan wees dat ek nog so los rondloop.
Hy beweer dat ek glo ’n sielkundige skok van die vroulike geslag eens op ’n tyd moes opgedoen het. Dalk is hy reg. As hy die vrou in my drome moes ken, sou hy ook ’n skok of twee weggehad het.
Die vrou is egter lankal nie meer met ons nie, mag haar siel in vrede rus, maar ek onthou haar nog goed. Pla sy my dan nie nóú nog in my drome nie? Ja-nee, ek onthou haar. Sy was ’n tante aan my oorle’ ma se kant. Tant Anna Platbek het ons haar genoem.
Die onsmaaklike bynaam het sy glo as kind by haar oupa gekry. Het blykbaar eendag haar mond stukkend geval en huil-huil troos by oupa gaan soek. Die ou se trooswoorde het toe die stempel afgedruk vir die res van haar lewe.
Ag tog! En nou is my ou doggie Annetjie Platbek Petoors!
Só het sy toe deur die lewe gegaan. Annetjie Platbek. Hoe onwetend en liefdevol-wreed was ons voorouers nie! Annetjie het later Anna geword, die bek het egter gebly. Dit het net breër en groter geword.
Gee darem tant Anna haar eer. Sy was ’n dierbare vrou. ’n Wonderlike mens. Ek het haar as kleuter leer ken. Tant Anna was ’n goedige, vriendelike en familievas mens. ’n Oorborrelende liefde vir ander gehad. En dít is waar my skok sy oorsprong gehad het. Hierdie liefdevolheid van tant Anna Platbek!
Soos dit onder familie gaan na ’n lang afwesigheid van mekaar, is die groetery met die weersiens mos maar hartlik, gemoedelik en vreugdevol. Die hallo-sê asof dit die eerste keer is, en die koebaai-sê of dit die laaste is. Verál onder die vroulikegeslag word dit met oorgawe gedoen. Veral die koebaai-sê-ery.
My oorle’ pa het altyd gesê hy wonder hoekom die vrouens nie maar met die koebaai-sê kan begin met die aankoms nie. Dit lyk mos vir hom of hulle dan éérs begin te kuier.
Die groetery onder vroumense word mos met die mond gedoen. Op hiérdie terrein was tant Anna Platbek sekerlik die soenkampioen van die land. Dáái antie kon vir jou soen!
Tant Anna was groot en stewig gebou. Ja, soos destydse Boervroue was sy gróót. En vir ’n tjokkertjie in Sub A, wat ek was tydens my skokondervinding, was alles van tant Anna Platbek groot; hande, voete, lyf, kop, lippe . . . alles was groot!
Haar soengroetery is amper met ’n soort ritueel voorafgegaan. Met vonkelende oë het sy altyd handewringend op haar beurt gewag. As sy ’n soenbare stel lippe in die oog gekry het (álle lippe was vir haar soenbaar), is daar met uitgestrekte arms en oopgesperde vingers genader. So al liplekkende. So met die naderkom, is daar stip na jou gestaar met sulke groot, ronde oë (ek het jou gesê als was groot aan haar) en dan het sy die gewoonte gehad om daardie groot lippe te tuit en te roer. So asof sy daardie platbek in rat wou kry vir die kus-der-kusse. Nes ’n dier op pad na ’n lekker dis!
Nodeloos om te sê, was ek nooit te vinde vir hierdie gesoenery van tant Anna Platbek nie. En na daardie skokkende dag is ek nóg minder te vinde vir ’n soenery- van watter aard ook al.
Tot vandag toe is ek nie ’n soen-mens nie. Nee, kyk, ek is ’n kieskeurige kusser. Die Liewe Vader het vir ’n man ’n hand gegee om mee te kan groet. Hy het nie nodig om aan alles wat vir hom mooi, lekker en lieflik is, te staan en lek nie!
Daardie sekere dag het tant Anna Platbek my skoon soenloos geskok vir die res van my lewe. Laat ek jou vertel van die dag toe ek vasgekeer was deur die oorweldigende liefde van ’n vrou.
Soos gesê, was ek in Sub A. Groot van lyf was ek nie. Rietskraal gebou. Net ’n ou asempie, het my oorle’ ouma altyd gesê. Dit was een sekere Sondag en oorle’ ma het besluit dat ons ’n bietjie vir die familie moet gaan kuier. Ons was mos lanklaas daar. Van alle familie wat gekies is, moet dit mos nou juis tant Anna Platbek-hulle wees.
Dadelik het die benoudheid my begin beetpak. Ek het mos geweet wat wag daar vir ons. ’n Hartlike verwelkoming soos min. Om nie eers van die afskeid te praat nie. Veral van tant Anna se kant af. Ek het al