Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Grondwoorde
Grondwoorde
Grondwoorde
Ebook114 pages20 minutes

Grondwoorde

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

‘n broer in bloed vir ses
‘n vader in taal vir ‘n hele land
sy taalkunde is vir ons ‘n les
en sy digbundels hou ons elke dag byderhand

LanguageEnglish
Release dateFeb 24, 2017
ISBN9781928374152
Grondwoorde

Related to Grondwoorde

Related ebooks

Personal Growth For You

View More

Related articles

Reviews for Grondwoorde

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Grondwoorde - Wouter J Gildenhuys

    Erkenning

    Die publikasie van hierdie bundel is moontlik gemaak deur ’n ruim subsidie van die L.W. HIEMSTRA TRUST, opgerig deur Riekie Hiemstra ter herinnering aan Ludwig Wybren (Louis) Hiemstra.

    Langs die pad in die reis na dié digbundel is daar vele mense wat my van raad voorsien het en die projek ondersteun het.

    Engela Bloch vir die lees van die routeks.

    Andries Botha vir die kunswerk op die omslag.

    Boekpryse geskenk deur Afriforum.

    Trust vir Afrikaanse Onderwys vir finansiële ondersteuning.

    Mnr Alpha Ngcobo van die Departement van Kultuur vir finansiële ondersteuning.

    Finansiële bydraes deur Ernst Penzhorn, Estelle Dippenaar, Engela Gildenhuys, Biffie de Vos, Elize Rowan, Willem en Nelia Oets, Odette Geldenhuys, en Zelda Grobbelaar.

    Prof Hermina Janse van Vuuren, wat deur die jare my muse was en altyd bereid was om my van raad en bystand te voorsien.

    Prof Marius Crous vir sy insig en beoordeling.

    Eben Otto en Kobus Engelbrecht vir hulle riglyne.

    Myra Lochner van KREATIV SA vir taalsorg en aanbevelings.

    My familie en vriende wat deur ’n proses was wat eindeloos blyk te wees.

    Die leerkragte en leerlinge van die volgende skole: Hoërskool Empangeni, Eden College Durban, Gelofte Skool, Port Natal Skool, Durban Girls High School, Greytown High School, Werda Skool and Hillcrest High School vir hul geesdriftige deelname.

    Reach Publishers vir die digitale ontwerp.

    Die Wenners van Grondwoorde, Afrikaanse Digkompetisie 2016

    Monique Kock; Port Natal skool (Eerste prys)

    Luan Martin; Gelofte skool (Naaswenner)

    Lara Prinsloo; Gelofte skool (Naaswenner)

    Tyrell Pillay; Eden College Durban (Naaswenner)

    Orientasie tot Grondwoorde

    In 2015 het ek na ’n besoek aan Port Natal Skool, besluit om ’n digkompetisie te loots om erkenning te gee en ondersteuning te verleen aan dié leerlinge wat nog in Afrikaans onderrig ontvang. Die dig-kompetisie, GRONDWOORDE, word in 2016 vir die eerste keer aangebied, spesifiek vir leerders in KwaZulu-Natal.

    Die kompetisie is meer as net ’n digkompetise. Dit is ook ’n inisiatief wat nie net erkenning gee aan die gebruik en handhawing van Afrikaans nie, maar ook die onderskraging van ’n groep leerders wat onderrig in Afrikaans ontvang,

     om belegging in die skryf en voortbestaan van die taal te verseker,

     om belangstelling in Afrikaanse poësie te bevorder,

     om die algemene gebruik van Afrikaans te bevorder,

     om ondersteuning aan opkomende digters te verleen,

     om die lees en bestudering van die Afrikaanse digkuns te stimuleer,

     om die lees van ouer digters te bevorder, en

     om brûe te bou tussen ’n meer diverse groep leerders wat in die kontemporêre digkuns weerspieël sal word, hopelik met ’n sterk KwaZulu-Natalse karakter.

    In lyn met die voorafgaande sal die voorskrifte vir die 2017 GRONDWOORDE AFRIKAANSE DIGKOMPETISIE ’n kategorie insluit, wat sal fokus op ’n aspek van ons ZULU-kultuurerfenis. Dit is my droom dat hierdie streekskarakter nie net sal vergestalt in abstrakte konsepte nie, maar sal ontwikkel in die gebruik

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1