Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hanna: Die vrou wat haar kind vir die Here gegee het
Hanna: Die vrou wat haar kind vir die Here gegee het
Hanna: Die vrou wat haar kind vir die Here gegee het
Ebook250 pages4 hours

Hanna: Die vrou wat haar kind vir die Here gegee het

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns hê om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en ná nege jaar trou hy weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind ná die ander. Maar Hanna sukkel met Peninna se teenwoordigheid in die huis. Is haar kindersloosheid die Here se straf? Sal Hanna kan vrede maak, met haarself en met Peninna? Sal sy guns kan vind in die oë van die God sodat Hy haar lamp weer aansteek en die donker verdryf?
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateOct 3, 2016
ISBN9780796319678
Hanna: Die vrou wat haar kind vir die Here gegee het
Author

Maretha Maartens

Maretha Maartens is bekend en gewild as skrywer van geestelike boeke en dagboeke, romans, kortverhale, kinderboeke, tienerboeke en romans vir jong volwassenes. Talle van haar boeke is bekroon en vertaal. Maretha is ook ’n gesoute rubriekskrywer wat bydraes gelewer het vir Volksblad, Vrouekeur, Rooi Rose en Finesse.

Read more from Maretha Maartens

Related to Hanna

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Hanna

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hanna - Maretha Maartens

    Hanna

    Die vrou wat haar kind vir die Here gegee het

    Maretha Maartens

    Lux Verbi

    "[Elkana] het twee vrouens gehad.

    Die een se naam was Hanna en

    die ander s’n Peninna. Peninna het

    kinders gehad, maar Hanna nie."

    – 1 Samuel 1:2

    HOOFSTUK 1

    Peninna kyk op en haar gesigsuitdrukking verander. Sy sit langbeen voor Elkana se tak-en-bokvelskuiling, ge­sins­besit by die Ramatajim-dorsvloer. Dit is háár plek ook. Haar jongste se kaal voetjies steek by die opening uit. Hy slaap rustig en beskut.

    Skielik is dit vir Hanna soos wanneer die reën oor die Efraimsberge wegbly. Dan raak die lug stofdik en droog soos perkament. Omdat jy nie ’n ander keuse het nie, gaan jy maar aan. Maar jou siel is steeks in jou.

    ’n Mens kan helder oordag ’n gevoel van versmoring onder die oop hemel kry, dink Hanna. En dit het niks te doen met die geelwit wolk van kaf en poeier bo die beeste in hul juk wat die koring op die dorsvloer met hul hoewe uit die are lostrap nie. Al om die paal in die middel van die dorsvloer jaag twee opgeskote seuns die diere, om en om.

    Moet dit weer ék wees wat verskoning vra vir nog een van daardie skermutselinge waarin niemand met ’n mes na sy teëstander kap nie, maar waarin ek en Peninna albei dieper wonde en groter kneusplekke opdoen as die mans in hul gevegte met vuiste en dolke?

    Selfverheffing sorg vir twis, het Elkana al dikwels gesê. Selfverheffing is die kraak in die karakter van die Efrai­mie­te. Jy kan maar nagaan. Waar daar ’n vuisgeveg is waar­in twee Efraimiete mekaar in die dorp of in die veld op­foe­ter, het die een die ander op een of ander manier ge­min­ag en verkleineer.

    Peninna sal nie die saak tussen my en haar kom regstel nie. Die lug tussen ons sal versmorend bly totdat ek mý selfverheffing prysgee en haar om verskoning gaan vra. Waarvoor? Omdat ek ná Migal se kuier vir haar gesê het dat haar hoogmoed stink en dat háár selfverheffing boos is? En dat sy moet weet – boosheid is soos vrot salf. Soos wat dooie vlieë salf laat gis en vrot, laat dié bose ding alles tussen my en haar opvrot. Hoe voorspelbaar was dit alles nie weer nie.

    Wat het ek nóú weer gedoen om jou in dié bui te kry, Hanna?

    Ek is nie in ’n bui nie, Peninna. Ek het jou en Migal oor my hoor praat.

    As jy kom staan en afluister terwyl ek en my vriendin kuier, het jy verkeerd gehoor. Ek het brood geknie. Sy het haar kinders se klere by my gesit en stop. Jy het nie eens nodig gehad om agter die muur te luister nie. Ons het oor haar swangerskap gepraat en oor die kind wat nou al twee keer wou afkom. Hoekom het jy nie daar by ons kom sit sodat jy elke woord duidelik kon hoor nie?

    Jy het buite die huis, by Migal se vertrek, oor my ge­kla, Peninna.

    Jy verstom my, het Peninna koud gesê. Ek het nie krag vir jou … jou kafstories nie.

    Kafstories! Asof sy, Hanna, gek drome droom. Hulle het met versluierde gesigte buitentoe gegaan en Migal het reg onder die vensteropening gepraat: Hoe gaan dit met julle? Met jou en haar? Is jy oor jul groot botsing?

    Hoe minder ek oor botsings sê, hoe beter.

    Peninna het sag met haar vertrekkende vriendin ge­praat, maar nie sag genoeg nie. Was dit maar sagter. Het die wind haar woorde maar weggewaai. En toe kom dit soos ’n klip wat jou uit die bloute teen die kop tref.

    Die botsing waarvan jy weet, is ’n kalfie teen gister s’n. Dit gaan nooit verander nie, Migal. HaShem straf haar oor iets en sy haat my oor haar straf.

    HaShem, het Peninna die Here genoem. Die Naam straf Hanna oor iets.

    Migal het geklink asof sy uit die veld geslaan is: Dit is tog belaglik, Peninna.

    Dit is nie. Sy weet sy kan haar opstandigheid teen haar straf nie op HaShem uithaal nie. Sy kon nie ’n kind vir Elkana gee nie, want sy is gestraf met kinderloosheid. Ek wens ek kon weet waaroor sy gestraf word. Maar een ding weet ek, Migal – daardie vroumens, Hanna, gaan my solank ek leef soos ’n mal volstruis bly skop en trap.

    Migal het byna senuweeagtig gelag. As sy jou nóú moes hoor, sou sy jou seker bewusteloos skop. Maar ek moet darem sê – Hanna lyk nie soos iemand wat ’n ander mens sal wil trap en vernietig nie.

    Moet haar nie beoordeel volgens wat sy jou laat sien nie, Migal. Jy woon nie saam met haar onder dieselfde dak nie. Jy deel jou man nie met haar nie.

    Migal het ’n rukkie stilgebly. Abel sou 20 seuns wou hê met daardie berggrond van hom. Maar as ek oor een ding dankbaar is, is dit dat hy nie kans sien vir nog ’n vrou nie. Ek kan my nie indink hoe jou lewe moet wees nie, Peninna. Hoe jy dit nou al vir soveel jare uithou nie. Ek sou die ander vrou vergiftig het.

    Sý … sy gaan baiekeer soos ’n mal volstruis aan, het Peninna weer hoorbaar gefluister. Wag net totdat jý onder haar skoppe deurloop.

    Hulle het Hanna ’n mal volstruis genoem wat met oop­gespalkte vlerke bly skop en haar slagoffer teen die grond vastrap, haar snawel hard soos klip. ’n Vroumens wat haar dinge verbeel en in ’n bui raak oor skinderstories wat nooit plaasgevind het nie. ’n Genadelose vertrapper van ander.

    Sy het gekies om reguit te praat: Ek kan presies vir jou sê wat jy en Migal van my gesê het, Peninna.

    Ek hoef nie na jou kafstories te luister nie. Peninna het omgedraai en haar rug met veragting op Hanna gekeer.

    Sy, Hanna, het haar selfbeheersing verloor: As jy so maklik vir my lieg, watter leuens vertel jy nie oor my by jou familie nie? By Elkana, by …

    Sy wou skree, sy wou huil, en sy het.

    Die Here sien alles, Peninna. Hy haat oë soos joune, want jou oë brand van hoogmoed. Hy haat ’n tong wat lieg, en oor joune rol die leuens. Hy haat gedagtes vol skemas en komplotte, en jy is vandat jy hier gekom het, besig om te dink en te beplan hoe jy my kan uitoorlê. Hy haat getuies wat lieg, en jy lieg by my man oor hoe ek is – hoe gemeen en baasspelerig en wreed. Die Here weet alles, Peninna. En Hy straf elkeen wat volhard in enigiets wat Hy haat.

    Peninna se gesig het donker van woede geword. Wie het jóú as regter in hierdie huis aangestel? Elkana? Jou man en myne ook? Of het jy jouself aangestel, Hanna, omdat jy my nog altyd verag het? Omdat jy my nie voor jou oë kan verdra nie?

    Ek speel nie regter …

    Nié? Beskou jy jouself dus as Hanna die verdraag­same en Hanna die goedgesinde? Hanna, die Israelitiese vrou so na God se hart? Sê my – watter een van ons twee is die een wat Elkana so moedeloos maak dat hy kan sterf? Hy weet nie wátter kant toe met jou nie. Hy kruip voor jou, hy …

    Dit is nie waar nie. Dit is ’n leuen, Peninna! As jy moet weet hoe ek voor die Here …

    Peninna het omgeswaai, ’n fles olyfolie van die rak af gegryp en haar arm hoog gelig. Maar sy het haar besin en die houer nie deur die lug geslinger nie.

    Jy ken jouself nie, het sy afgemete gesê. Jou ellen­deling. Jou witgepleisterde graf. As jy jouself maar kon sien soos wat ék jou sien!

    Sy het die olyfoliefles met soveel aggressie op die rak teruggesit dat dit gekraak het.

    Jy, Hanna, is die betekenis van jou naam nie waardig nie, het sy die woorde uitgesis. "Jou naam moes Eifa ge­wees het, donkerte, of Lilit¹, mens van die nag."

    Toe steek sy met die skerpste mes. Elkana vlug tot in my arms en my bed, Hanna. En dit is jou verdiende loon!

    Nee, die gevoel van versmoring het niks met die poeier­agtige kafwolk bo die dorsvloer te doen nie. Dit is immers, soos haar ouma jare tevore opgemerk het, beloftestof.

    Wanneer jou man se jonger vrou, die een by wie hy die eerste, tweede, derde en sesde nag van die week vóór die dorstyd deurgebring het, jou met smeulende woede oor die vorige aand se rusie aankyk, is dit asof daar ’n brand anderkant die berg woed. Dis asof daar hitte-opgeefsels in plaas van kafstof in die lug is.

    Dan is dit asof jy willens en wetens by bergbrand­rook instap.

    Peninna het ’n doek voor haar oopgesprei waar sy saam met ’n paar van die ander vroue en die klomp kleintjies voor Elkana se skuiling sit en wag. Hanna kan die roosterkoeke, gedroogte vye, rosyne en die velsak wat sy op die grof ge­weefde lap voor haar uitgepak het, van die hoogte af sien.

    Tannie Hanna!

    Mirjampie van Peninna het die roepe, die stewige been­tjies en die raaksien-oë van ’n kôrei. Sy klink soos ’n patry­sie wanneer sy roep en sy hardloop soos een. Wanneer Penin­na haar hele span kinders bymekaar wil kry, stuur sy vir Mirjam om hulle te gaan roep. Soos wat die patryshaan die jong patryse saans van die graanlande af met sy geroep by die nes terugkry, so kry Mirjampie haar broers en susters vir Peninna bymekaar.

    Daar’s tannie Hanna!

    Peninna se twee oudstes, Heman en Gesron, wat Elkana van vroegdag af help gars sny en die gerwe telkens met sy kleinneef se pakdonkies al met die kronkelpad langs dorsvloer toe bring, staan by haar. Hulle is ywerig besig om die vye en rosyne in die voue van hul gordels te druk. Albei se kakebene beweeg. Hulle kou soos net groeiende seuns tydens ’n blaaskans kan kou.

    Kort voor die oestyd het Elkana dié twee sy kaal­vreter­sprinkane begin noem. Die ooreenkoms is on­betwis­baar tussen Heman-hulle en die vlerklose klein voet­ganger­sprin­kane wat ’n gars- en koringland, prei-, boontjieplante en elke ander spriet of blaar in die weke voordat hul vlerke uitkom, tot teen die grond afvreet.

    Hanna het gedink Peninna sou haar oor dié benaming vererg. Raak met ’n woord of ’n kyk aan haar kinders, en jy raak aan haar. Sy het Elkana se woord egter nou deel van haar woordeskat gemaak. Deesdae, wanneer sy die seuns vermaan om hul kos ten minste net behoorlik te kou, praat sy Elkana agterna: Watse kaalvretergedrag is dit nou dié? Komaan, ek wil niemand vir die tweede keer by die kospotte sien voordat Mirjam-hulle ook kos op hul borde het nie.

    Heman en Gesron kyk op, grinnik met wit tande en waai vir haar. Gesron praat-beduie sommer ook vir haar. Sy hoor genoeg om ook te kan weet wat aangaan.

    Pappa is op die land aan die agterkant van die Steen­bok­rotse. Hy kom nie boontoe nie. As sy werksmense daar klaar is, gaan hulle met die koring aan die ander kant van die heuwel begin.

    Soos gewoonlik lyk die twee min gepla met wat ook al tussen haar en Peninna aangaan of gebeur het. Met sy boodskap oorgedra, fluit Gesron die donkie nader en be­duie met die kop terwyl hy roep: Lande toe!

    Hulle is vlytige seuns, dink Hanna. Dit kan nie anders wees nie. Elkana is ’n streng pa. Hy is ’n Leviet wat geen ongehoorsaamheid en rebelsheid duld nie, maar wat nooit sonder een of meer van Penina se kinders op sy hakke is nie. Peninna se klomp sterk kinders met hul oplet­tende oë streep net eenvoudig al kwetterend agter hom aan. In die jurke met vertikale lyne wat Peninna op die groot weef­raam vir hulle weef, is hulle ’n toonbeeld van lewens­lus en goeie sorg.

    Soos jong olyfboomplante wat sonder belemmering groei, so is die kinders van my man en die leerlooier se dogter, dink Hanna.

    Sy stap teen die helling af. Haar lyf is moeg soos wan­neer haar maandelikse bloedvloeiing vir drie, vier maande weg­gebly het en eindelik terugkom om dan net vir twee weke of soms langer aan te hou. So stap sy, want soos elke ander jaar moet en sal sy saam met Peninna graan sif.

    Ons kan tog nie in koue stilswye op dieselfde dorsvloer wees nie, dink sy by haarself. Só leef die goddelose. So iets duld die Here nie. Ek sal die minste moet wees. Ek sal na Peninna moet uitreik en haar vanaand, wanneer die vroue huis toe gaan, met haar goed en haar kinders moet help. Ek sal die saak tussen ons moet regstel. Elkana slaap vannag weer langs die dorsvloer. Hy kom nie vanaand huis toe nie.

    HOOFSTUK 2

    Dit is ’n geil oesjaar. Dis só oorvloedig dat die mans nou byna elke dag teen laatmiddag, wanneer die beeste gaan suip en voer kry, voor die uitwanning vir oulaas self met hul dorsvleëls inspring om die laaste gerwe van die dag met die hand te dors. Die lang, buigsame stokke styg om­hoog en klap ritmies. Die koringkorrels spat uit die are.

    Wanneer Elkana met sy dorsstok op die vloer is, is dit hy wat ’n lofpsalm aanhef. Dan val die ander in en verander alles. Dis asof elke boer wie se graan gedors word, weer saam met sy gesin begin het om die Here alleen te dien en te aanbid.

    Ná die laaste dorssessie van die dag stroom die kinders altyd dorsvloer toe om hand by te sit met die aandra van die koring en die strooi na die middel van die dorsvloer. Die heel kleintjies rol en tuimel op die geelbruin heuwel, word weggesleep en hardloop jillend terug om opnuut ’n oorlas van hulself te maak totdat die uitwanners met hul vyftandvurke opdaag om die koring, die kaf en die hooi saam in die aandwind in die lug op te gooi. Dié met kinders dra die kleintjies na veiligheid.

    Die groot seuns maak hul stemme dik: Weg is julle! Ma … kan iémand Jislia (of Abihud of wie ook al jonger as vyf is) hier kom wegvat? En jy ook, Sikri! Gaan sit daar by jou susters.

    Die vroue en jong meisies bly dan met die kleintjies op die skoot, by hul voete en oral om hulle sit. Niemand gaan voor laatskemer huis toe nie. Daar is immers méér as net koring en gars op die spel.

    Maar partykeer ruik jy dit net. Partykeer dring dit on­verwags tot jou deur dat die lug bo ’n dorsvloer ’n geur van sy eie het. Die geur van grond en plante en broodmeel begin reeds van die vloer af opstyg wanneer die gerwe op die dorsvloer gegooi word. Jy ruik dit wanneer die ge­spier­de jong mans met hul kaal bolywe en ’n lendedoek om die onderlyf die spesiaal beslaande beeste in die rondte begin jaag. Jy kry die geur van Kanaän bo die warm reuk van gras en bossies in die beeste se asems en bo hul diep ge­bulk uit. Wat jy daar by die dorsvloer ruik, is die wie­rook van die saailand.

    Tydens die uitwanning in die aandwind, die heerlike boontoe gooi en skoongooi van die graan in die lug, is daar altyd ’n waaghals of twee wat soos gulsige spreeus koringkorrels van die vloer af gaan opraap om dit net so rou uit hul hande te kan eet. So was dit toe sy en Nemuel nog die waaghalse van ’n ander dorsvloer was. So sal dit vir altyd wees, want die koring wat uit die wind op die rotsbank val terwyl die kaf wegwaai, smaak anders as ko­ring wat in sakke en kruike bewaar word.

    Natuurlik gaan haal die ma’s die kleintjies daar weg. As net één van die kinders onverskillig afbuk, kan ’n oog in die slag bly – veral as dit opgeskote seuns is wat die graan uitwan, lendedoek om die onderlyf, hare wapperend in die wind of in sweetnat slierte oor hul oë sodat hulle die klein lyfies en handjies beswaarlik kan sien.

    Nou-nou, paai die ma’s terwyl hulle die kleintjies terug­dra of wegsleep na waar hulle hoort. Hulle is amper klaar daar op die dorsvloer. Dan begin ons sif.

    In hierdie lewe, Hanna, het haar ma eendag in die oestyd vir haar gesê, is daar eintlik min dinge wat lekker­der is as om die pitte so van die dorsvloer af op te skep en elke stukkie gruis of droë klei of doring wat van die dorsvloer af kom, uit te sif.

    Dit is lekker, Mamma, maar gebraaide vleis is baie lekkerder, het Nemuel gegrinnik.

    Sy aan sy het hulle gesif – ouma Seruja, ma Ada, sy en Nemuel. Met die beeste en uitwanners van die dorsvloer af, het hul jonger nefies en niggies gillend en jillend in die strooi gespeel.

    Ouma Seruja het Nemuel getroef: "Om die giftige dra­bok² tussen die koringkorrels uit te haal is hope lekker­der as braaivleis, my seun."

    Hy het sy kop gedraai – haar boetie met sy bos krulhare, haar speelmaat met sy blink oë en skurfgespeelde hande en voete. Hanna is nes Ouma. Ouma hou daarvan om drabok tussen die koring uit te haal. En Hanna … sy is op haar gelukkigste wanneer sy dorings uit my voete grawe. En sy probeer mens nie seermaak nie.

    Hul ma het soos ’n nuwe mens gelyk in die goue lig van die ondergaande son. Só, Hanna, het sy gesê, so is die Kanaän wat El Yisra’el vir ons gegee het. Die graan op die dorsvloer, die koringkorrels in ons siwwe … Dit is beloftegraan. Selfs die stof in die lug is die stof van die Here se vervulde beloftes.

    Dit was Nemuel se laaste jaar by sy ma. ’n Jaar later het hy sy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1