Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vernuwe Jou Pastorale Bediening
Vernuwe Jou Pastorale Bediening
Vernuwe Jou Pastorale Bediening
Ebook253 pages2 hours

Vernuwe Jou Pastorale Bediening

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dit is voorwaar ‘n welkom boek. Biskop Dag Heward-Mills, self ’n pastor, verduidelik waarom en hoe dit moontlik is om jou pastorale bediening doeltreffend te maak.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 29, 2016
ISBN9781613958438
Vernuwe Jou Pastorale Bediening
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Vernuwe Jou Pastorale Bediening

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vernuwe Jou Pastorale Bediening

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vernuwe Jou Pastorale Bediening - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Waarom jy ’n vals bediening moet vermy

    In die Ou Testament is die ware bediening deur goud in die tempel gesimboliseer. Elke belangrike voorwerp in die tempel is met suiwer goud oorgetrek. Die Here het self die ontwerp van die tempel vir Moses gegee.

    Toe het die Here met Moses gespreek en gesê: Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan My ’n offergawe moet bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle my offergawe bring. En dit is die offergawe wat julle van hulle kant moet bring � Ook moet hulle vir My ’n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon. Maak ook ’n versoendeksel van suiwer goud. Twee en ’n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees. En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee. En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.

    Eksodus 25:1-2, 8, 21-22

    Dit is hoe God wou gehad het dat sy tempel moet lyk. Niemand het die reg gehad om sy eie veranderings aan God se meesterplan aan te bring nie. Toe Salomo die tempel gebou het, het hy God se plan tot in die fynste besonderhede gevolg.

    En die binneste vertrek was twintig el in lengte en twintig el in breedte en twintig el in sy hoogte, en hy het dit oorgetrek met fyn GOUD; en die altaar het hy met sederhout bedek. Verder het Salomo die huis van binne met FYN GOUD oorgetrek, en hy het ’n afsluiting met goue kettings gemaak voor die binneste vertrek, wat hy met GOUD oorgetrek het. En die hele huis het hy met GOUD oorgetrek, totdat die hele huis daarmee bedek was; en die hele altaar wat by die binneste vertrek behoort, het hy met GOUD oorgetrek. Verder het hy in die binneste vertrek twee gérubs gemaak van oliewenhout, tien el hoog. Verder het hy die gérubs met GOUD oorgetrek. En die vloer van die huis, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy met GOUD oorgetrek.

    1 Konings 6:20-23, 28, 30

    Verder het Salomo al die voorwerpe wat in die huis van die Here was, gemaak: die GOUE altaar en die tafel waar die toonbrode op moes lê, van GOUD; en die kandelaars, vyf regs en vyf links, voor die binneste vertrek, van fyn GOUD; en die blomwerk en die lampe en die snuiters, van GOUD; en die skottels en die messe en die komme en die rookpanne en die vuurpanne, van fyn GOUD; en die skarniere vir die deure van die binneste vertrek, van die Allerheiligste, en vir die deure van die saal, van die hoofvertrek, van GOUD.

    1 Konings 7:48-50

    Baie jare later het ’n ander koning die goud met koper vervang. Koper lyk baie soos goud. Dit is ’n naby vervanging, maar dit is nie goud nie. Koning Rehabeam het koper in die huis van die Here ingebring. Dit mag dalk soos die ware ding gelyk het, maar God was nie daarmee tevrede nie. Koper is in werklikheid baie verskillend van suiwer goud! Baie mense word mislei wanneer iets vals in die plek van die ware ding gebruik word. Dit is hoekom ek hierdie boek skryf.

    En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van die Here en die SKATTE van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, weggeneem. Toe maak koning Rehábeam in die plek daarvan KOPERskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak.

    2 Kronieke 12:9-10

    Dwarsdeur hierdie boek wil ek jou help om die goud in die tempel te hou. Jy moenie iets anders in die plek van ware Bybelse bediening stel nie. Soos dit by baie beroepe gaan, is leke nie regtig in staat om te weet wat die professionele mense weet nie. Leke weet byvoorbeeld nie regtig wat ’n loods of ’n dokter weet nie. Dit is belangrik vir elkeen wat tot die bediening toetree, om te weet waaroor dit alles gaan!

    Ek besef dat baie mense daarvan hou om iets misties in te bou in wat hulle doen. Hulle doen dit om hulle beeld in die professie te verbeter. Die Here het dit egter op my hart gelê om jou te leer wat ’n pastor se pligte werklik is. Ek sal probeer om nie elke besonderheid van ’n pastor se werk in hierdie boek te beskryf nie. Ek gaan net oor die belangrikste sake met jou praat.

    Dit is my gebed dat jy in die eenvoud van die bediening sal glo. Ek besef dat mense dikwels ingewikkelde leerstellings bo eenvoudige waarhede verkies. Hulle voel dat dit meer waarskynlik is dat dit van God kom, wanneer die boodskap baie ingewikkeld is. Maar die grootste waarhede is dikwels eenvoudig genoeg dat die gewone man dit kan begryp.

    In die boek Handelinge het Petrus en die ander apostels by ’n kruispad in hulle bediening uitgekom. By die kruispad moes hulle besluit watter rigting hulle gaan inslaan. Hulle moes besluit of hulle ware bedienaars of sekulêre bestuurders gaan wees. Maar hulle het die ware bediening gekies!

    En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafe ls te bedien nie. Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; maar ons sal vo lhard in die gebed en die bediening van die woord.

    Handelinge 6:2-4

    Jy moet in staat wees om te onderskei tussen ware bediening en vals bediening. ’n Vals bediening is nie die regte ding nie! Soos koper, wat ’n swak plaasvervanger vir goud is, is dit naby aan die regte ding. Daar is baie dinge wat lyk soos die ware bediening, maar dit is dit nie.

    Om byvoorbeeld ’n bestuurder in die kerk te wees, laat jou rondom die bediening besig wees. Baie pastors is in werklikheid bestuurders. Mense sien dat hulle in en om die kerkkantoor besig is. In hulle eie gemoed voel hulle dat hulle vir God werk. Op stuk van sake is die res van die wêreld in kantore en agter rekenaars besig. Dit lyk of mense iets belangriks te doen het van nege tot vyf elke dag. Hulle gaan werk toe as sekretarisse, sekuriteitsmense, rekenaarprogrammeerders en wat nog meer. As die pastor nie gesien word terwyl hy iets soortgelyks doen nie, voel dit vir hom dat hy nie werk het nie. Mense het my al elf-uur in die oggend tuis opgebel. Dan vra hulle of ek nog geslaap het. Hulle veronderstel dat ’n pastor die hele week slaap.

    Liewe bedienaars van die evangelie, moenie rondgestoot word deur mense se sienswyses nie. Moenie aan wêreldse druk toegee nie. Dit is nie die owerste van die mag van die lug wat hierdie wêreld regeer en daaraan rigting gee nie. Alles in hierdie wêreld word uit die geestelike werklikheid beheer. Satan is baie slim en hy probeer die hele wêreld bedrieg. Maar sy bedrog moenie in die kerk ’n rol speel nie.

    Waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk.

    Efesiërs 2:2

    Die wêreld is mislei om te dink dat daar geen lewe na die dood is nie. Eet, drink en wees vrolik, want môre sterf ons! As jy sterf, is jy so dood soos ’n hond! Die hemel is op die aarde en die hel is op die aarde! Die lewe is wat jy daarvan maak! Hierdie slagspreuke het die massas beïnvloed om hulle lewe daaraan te bestee om geld en plesier na te jaag.

    Wanneer hierdie maniere van dink die kerk binnekom, begin mense voel dat net sekulêre (nie-spirituele) dinge belangrik is. Selfs pastors word onder druk geplaas om rekenaars te koop en soos ander mense in kantore te sit. Maar ons is nie soos ander mense nie! Ons is herders van God se kudde!

    Herders is vuil mense wat tussen die skape lewe. Herders is mense wat hulle lewe vir die skape aflê. ’n Herder is nie ’n bestuurder wat in ’n leunstoel sit nie!

    As jy verklaar dat dit jou werk is om te bid, lyk jy dadelik eienaardig! Regeringsamptenare het die waagmoed om voor te stel dat die kerk sy tyd bestee om meer vrugbare dinge te doen. Kan jy glo? Wat is meer vrugbaar as gebed? Waarom moet ons na ongelowiges luister om vir ons te vertel hoe ons ons werk moet doen? Waarom moet goddelose mense vir die kerk leer wat sy taak is?

    Die kerk het onder soveel druk gekom dat baie bedienaars die groot opdrag van Jesus opsy gesit het. Die groot opdrag is ons belangrikste bevel komende van die Hoof van die kerk.

    Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

    Matteus 28:19-20

    Lees dit weer ’n keer! Dit staan daar swart op wit. Daar word nie gepraat van maatskaplike, opvoedkundige of gesondheidswerk nie. Gesondheid en opvoeding mag die byprodukte van die groot opdrag wees, maar ’n byproduk mag nie die hoofproduk word nie!

    Groot dele van die kerk se werk is vandag maar net hospitale, skole, hulpdienste en sosiale klubs. Dit is jammer! Jy sal opmerk dat sekulêre gesondheidsorganisasies en opvoedkundige inrigtings nie hulle werk eenkant toe skuif om die Woord van God te verkondig nie! Satan glimlag goedkeurend wanneer die bedienaars van die evangelie van gedaante verander in politici, sosiale werkers en gesondheidswerkers. Die goud van die bediening word met koper vervang!

    Hierdie gesindheid vind sy weg tot by die gewone Christen. Op ’n dag het ’n jong student ’n verslag van die universiteit vir my gebring.

    Hy het gesê: Pastor, God is aan die beweeg op die kampus!

    Ek het geantwoord: Regtig? Wat is aan die gebeur?

    Hy sê toe: God is aan die werk!

    Toe vra ek: Hoe is God aan die beweeg? Wat doen Hy?

    Hy sê toe vir my: Mense slaag hulle eksamens!

    Ek was verslae. "Eksamens?"

    Hoewel ek dit nie reguit gesê het nie, het ek by myself gedink: As God beweeg, word mense gered en met die Gees vervul. Om eksamens te slaag is ’n seën van God, maar dit is nie God aan die beweeg nie. Laat ons nie verward raak oor God se werk nie. Laat ons verstaan wat die Bybel oor die bediening leer. Laat ons nie koper met goud verwar nie. Laa ons die veroordeling van Rehabeam vermy deur net goud in die tempel in te bring.

    Dit is my gebed dat jy, wanneer jy hierdie boek lees, sal verstaan wat pastors, herders en kerkleiers veronderstel is om te doen. Dit is tyd om weg te beweeg van die vals bediening. Ons kan nie die wederkoms van die Here Jesus Christus verhaas deur iets wat soos die ware ding lyk, maar dit nie is nie.

    Drie redes

    Om saam te vat: daar is drie redes waarom ons ’n vals bediening moet vermy:

    1. Die kerk is die enigste instelling wat die opdrag ontvang het om die evangelie te verkondig en dissipels van al die nasies te maak. Niemand anders sal hierdie werk vir ons doen nie!

    2. Ons moenie probeer om die wêreld te beïndruk deur dinge te doen wat hulle van ons verwag nie. God is die een wat ons geroep het en ons moet Hom behaag.

    3. Ons kan alleen Satan en sy medewerkers met ware bediening verslaan! ’n Vals bediening het geen plek in hierdie groot geveg van die eindtyd nie.

    Ek het ’n kode wat vir jou en vir my sal help om die nederige take te onthou wat God aan ’n pastor toegeken het. Dit lees soos volg: G vir gebed, B vir besoekwerk,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1