Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

God se troos as jy swaar kry
God se troos as jy swaar kry
God se troos as jy swaar kry
Ebook146 pages3 hours

God se troos as jy swaar kry

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die geliefde en vertroude Nina Smit se troosboek vir almal wat swaar kry. Ons almal ervaar soms dat die seer en swaar kry van die lewe ons voete laat gly. Daar gebeur dinge met ons wat ons selfs laat twyfel aan God se liefde vir ons – onverklaarbare rampe wat ons nie met God se liefde vir ons kan laat rym nie. Maar God staan jou ook in jou swaarkrytye getrou by – Hy is altyd daar vir jou, gereed om jou regop te hou as jou voete wil gly.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateJun 10, 2016
ISBN9780796319944
God se troos as jy swaar kry
Author

Nina Smit

Nina Smit is een van Suid-Afrika se bekendste en gewildste skrywers. Hierdie bekroonde skrywer is veral bekend vir haar inspirerende boeke vir vroue, maar het ook talle gesogte boeke vir kinders geskryf. Nina woon saam met haar man, Johan Smit, in Somerset-Wes. Die egpaar het drie volwasse kinders en vyf kleinkinders.

Read more from Nina Smit

Related to God se troos as jy swaar kry

Related ebooks

Related articles

Reviews for God se troos as jy swaar kry

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    God se troos as jy swaar kry - Nina Smit

    God se troos

    as jy swaar kry

    Nina Smit

    Die uitleg van hierdie digitale uitgawe van God se troos as jy swaar kry mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die teks.

    Vir Ita

    Quiet Time

    It’s all right –

    questions, pain and stabbing anger

    can be poured out to

    the Infinite One and

    He will not be damaged.

    Our wounded raging will be

    lost in Him and

    we will be found.

    For we beat on His chest

    from within

    the circle of His arms.

    Susan Lenzkes – When life takes what matters

    1

    As jou voete wil gly

    Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde

    my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my

    binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.

    Psalm 94:18-19

    In die berge bokant die Switserse dorpie Zermatt het ek die heel eerste keer met sneeu – én die glibberigheid van ’n voetpad wat kliphard geys is – kennis gemaak. Ek was só betower deur die wit wonderwêreld om my dat ek niksvermoedend op die gladde voetpad begin aanstryk het. Die volgende oomblik het my voete onder my uitgegly en ek het soos ’n os op die spieëlgladde voetpaadjie neergeslaan.

    Gelukkig het ek niks gebreek nie, maar die val was séér. Ek is nou nog seker dat my linkerarm, wat eerste die grond getref het, ten minste gekraak was. Die res van die dag was ek ekstra versigtig. Ek het gesorg dat ek binne grypafstand van Johan bly. Elke keer wanneer ek gevoel het ek gaan weer gly, het ek aan my man se stewige arm vasgeklou, en so darem daarin geslaag om nie ’n tweede val in die sneeu aan te teken nie.

    Alle gelowiges ervaar soms dat die seerkry en swaarkry in die lewe as’t ware ons voete onder ons laat uitgly. Daar gebeur dinge met ons wat ons selfs laat twyfel aan God se liefde vir ons – onverklaarbare en onverstaanbare rampe wat ons nie met God se liefde vir sy kinders kan laat rym nie. Veral wanneer hierdie seerkry en swaarkry lank aanhou, is dit baie moeilik om te bly glo en steeds op God te vertrou.

    Die digter van Psalm 94 het hierdie soort swaarkry geken. Uit persoonlike ervaring kon hy getuig dat God hom in die verlede in swaarkrytye getrou bygestaan het, en dat hy ook noudat hy twyfel en sy voete onder hom wil uitgly, op God se troue liefde kan staatmaak om hom regop te hou.

    Wanneer swaarkry in jou eie lewe soms jou voete onder jou wil uitslaan, kan jy met vertroue, soos hierdie psalmdigter, op God se troue liefde vir jou staatmaak. Sy vertroosting in swaarkrytye maak die verskil. Hy is vir jou die sterk arm waaraan jy kan vasklou wanneer twyfel jou jou balans laat verloor. Wanneer ons baie seerkry of die wêreld om ons in duie stort, het ons as sy kinders dit meer as ooit nodig om na God toe te gaan. As ons weer sy liefde en blydskap in ons lewe wil ervaar, moet ons al ons smart, vrees, woede en verwarring voor Hom blootlê, skryf Juanita Ryan in Iemand het my nodig.

    Jy kan die seerkry en swaarkry in jou eie lewe nie ignoreer nie. Dit moet jy self ervaar. Jy moet dit vierkant in die oë kyk en daardeur wérk. Gelukkig hoef jy dit nooit alleen te doen nie. In jou swaarkry is God altyd by jou. Sy troue liefde hou jou regop. Hy is die rots waaraan jy met vertroue kan vasklou. Die pyn is steeds dáár, jou voete kan nog soms onder jou uitgly – maar met God by jou het jy elke dag sy krag en ondersteuning tot jou beskikking.

    Meer nog, jy kan vir seker weet dat Hy selfs jou swaarkry tot jou eie beswil kan inspan, juis omdat dit jou nader aan Hom bring. Hy is altyd daar vir jou, gereed om jou regop te hou as jou voete wil gly.

    Here,

    hierdie seerkry en swaarkry dreig weer eens,

    soos so baiekeer in die verlede,

    om my voete onder my uit te slaan

    en u gesig vir my te verberg.

    Ek wil nou hierdie seerkry voor U blootlê, Here –

    ek kan dit nie verwerk of verstaan nie,

    ek kan maar net op U bly vertrou,

    omdat ek al so baiekeer in die verlede ervaar het

    dat U die heel beste weet,

    dat elke stuk pyn iewers in u meesterplan ’n eie plek het.

    Dankie dat ek ook hier in die donker aan u hand mag vasklou –

    dié hand wat keer op keer my val stuit

    Dankie vir u troue liefde waarop ek kan staatmaak,

    dié liefde wat my in alle omstandighede regop hou.

    Dankie vir die wete dat dit juis deur seerkry is

    dat ek u liefdevolle ondersteuning –

    waarsonder ek nie kan leef nie –

    elke dag in my lewe ervaar.

    Amen

    Jou reddingsgordel

    A Gaelic prayer

    As the rain hides the stars,

    as the autumn mist hides the hills,

    as the clouds veil the blue of the sky,

    so the dark happenings of my lot

    hide the shining of your face from me.

    Yet, if I may hold your hand

    in the darkness,

    it is enough,

    since I know that, though I may

    stumble in my going

    you do not fail.

    The book of all comfort

    2

    Niks hou vir altyd aan nie

    "Dié dinge sal vergaan, maar U bly bestaan; soos

    ’n kledingstuk sal alles verslyt; soos klere sal U dit oprol;

    ja, soos ’n kledingstuk sal dit vervang word. Maar

    U, U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie."

    Hebreërs 1:11-12

    ’n Koning het eenmaal lank, lank gelede sy wyse manne na sy paleis laat kom om vir hom ’n inskrywing vir sy seëlring uit te dink. Hierdie inskywing moes die ganse lewe in ’n paar woorde opsom. Toe antwoord een van die wyse manne: Die heel belangrikste ding in die lewe is die feit dat alles uiteindelik verbygaan. Die koning laat graveer toe op sy seëlring: This, too, shall pass.

    Alle dinge gaan verby. Niks in hierdie wêreld hou vir altyd aan nie. Dit is vir ’n mens heeltemal moontlik om die grootste pyn en lyding te verduur, mits jy weet dat dit nie vir altyd sal aanhou nie.

    Maretha Maartens vertel in ’n Geskenk van vertroosting dat William Gurnall geskryf het: Al is jou lewe troebel van probleme, bly dit kort. ’n Paar tree en ons is uit die reën. As dit dus nou besonder moeilik met jou gaan, hou vas aan die feit dat dié seerkry ’n eindpunt het. Jy kán dit met God se hulp verduur, juis omdat dit weer sal verbygaan. Jy het ook die versekering dat God beslis van jou swaarkry weet: En die hele tyd het U dit gesien, die lyding en verdriet. U let daarop en maak daar ’n einde aan, getuig die psalmdigter in Psalm 10:14.

    In die wêreld waarin ons woon, is daar bitter min dinge wat nie voortdurend verander nie. Tog is daar één ding te midde van ’n veranderende wêreld wat volkome konstant bly – God en sy troue liefde vir ons. God bly dieselfde en sy jare het geen einde nie, sê die skrywer van die Hebreërsbrief (Heb 1:12). Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid, getuig hy. God is altyd daar vir jou. Hy dra jou dag ná dag. Daarom is dit vir jou moontlik om selfs die grootste pyn te hanteer – een dag op ’n slag.

    Die manier

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1