Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Spanjaard
Die Spanjaard
Die Spanjaard
Ebook388 pages7 hours

Die Spanjaard

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Annette Van Tonder, 'n onderwyseres van Ellisras, se ego word ernstig geknou deur 'n sekuriteitswag, Fanie Van Blerk. Sy verafsku hom, veral toe dit 'n tweede keer gebeur het. Sy braak gal teenoor hom toe hy by die skool 'n aanbieding kom doen oor helikopters vlieg an lug paramedici. Hy doen hom voor as 'n Spanjaard, maar sy word nie gebluf nie. Sy aanskou ook hoe hy geld by Chinese renoster stropers ontvang.
Pieter, haar broer, is op 'n studie besoek aan Spanje, en is omgekrap omdat sy Spaanse vriend, Enrique of Enno, soos hy hom noem, nie daar is is nie. Hy wou hom so graag sien.

Annette is hoogs ontstoke toe sy die einste sekuriteitswag by haar pa se plaas aantref, waar sy ook woon, en sy uitvind hy is in diens van haar pa. Sy laat hom onmiddellik afdank, want hy is daar net om te stroop. Die helikoptervlieënier wat hom vervang is nie so ervare as die Spanjaard nie en hul buffels breek deur die grensdraad en hulle kan nou hul plaas verloor. Pieter is woedend toe hy terugkom vanaf Spanje.

Tydens 'n helikopter rit by die skool se fees ontmoet Pieter sy vriend Enno en Annette besef iets is drasties verkeerd. Enno en Juan Cortes is dieselfde persoon! Hy is haar broer se beste vriend. Sy het hom met Van Blerk verwar en hom van die familie vervreem. Pieter nooi hom na die dans en hy dans met al die vroue, behalwe met haar. Sy kan hom nie kwalik neem nie. Sy wil so graag met hom vrede maak. Sy erken sy voel meer vir hom as wat sy gedink het.

Toe sy haar been breek in die veld tydens 'n staptog, is hy die persoon wat haar kom haal en haar been verbind. Sy maak haarself nat van pyn toe hy haar been spalk en hy dra haar drie ure lank na veiligheid terwyl sy weet hy het ook nat geword omdat hy haar dra. Haar been word gered en nou wil sy nog meer om verskoning vra en dankie sê. Hy wil nie 'n voet op die plaas sit nie.

Hoe gaan sy hom kry om na die plaas te kom dat sy om verskoning kan vra? Sal hy haar vergewe? Die Spanjaard het 'n sagte plekkie in sy hart vir Michelle die verlamde dogter van Pieter. Sy glo Juan het 'n ogie op Annette. Is dit moontlik? sy wil self graag vrede maak en hom hê. Hy is die man so na aan haar hart.

Skoon romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateJan 4, 2016
ISBN9780620690744
Die Spanjaard
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Die Spanjaard

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Spanjaard

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Spanjaard - Johan Crous

    DIE SPANJAARD

    Derdede hersiene uitgawe

    deur Johan Crous

    ISBN 978-0-620-69074-4 (e-pub)

    ISBN 978-0-620-69075-1 (mobi)

    Inhoudsopgawe

    Titelblad

    Kopiereg

    Opgedra en bedankings

    Waaroor die boek gaan

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Hoofstuk 11

    Hoofstuk 12

    Hoofstuk 13

    Hoofstuk 14

    Hoofstuk 15

    Slot

    Biografie

    Copyright © 2016 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN 978-0-620-69074-4 (e-pub)

    ISBN 978-0-620-69075-1 (mobi)

    3rd Revised edition

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Johan Crous, images sourced from http://free-images.gatag.net, all-free-download.com and pixabay.com under public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2016.

    Hierdie boek word opgedra aan Lienkie Roos.

    Lienkie is een van my grootste ondersteuners en sy glo in wat ek doen.

    Dankie vir jou aanmoediging Lienkie, dit beteken baie.

    Louise, hierdie boek was jou idee. Ek hoop jy is tevrede met die storie.

    Erkennings:

    Die boek is geskryf met Mobisystems se OfficeSuite Premium en QuickSpell.

    Dit is geredigeer met Microsoft Office Word.

    Die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.0.0.

    Spel- en Taaltoets is met Skryfgoed 4 gedoen.

    Die voorblad is gedoen met Corel Paintshop Pro X8 en Adobe Photoshop CS6.

    Waaroor die boek gaan:

    Annette Van Tonder, 'n onderwyseres van Ellisras, se ego word ernstig geknou deur 'n sekuriteitswag, Fanie Van Blerk. Sy verafsku hom, veral toe dit 'n tweede keer gebeur het. Sy braak gal teenoor hom toe hy by die skool 'n aanbieding kom doen oor helikopters vlieg en lug paramedici. Hy doen hom voor as 'n Spanjaard, maar sy word nie gebluf nie. Sy aanskou ook hoe hy geld by Chinese renoster stropers ontvang.

    Pieter, haar broer, is op 'n studie besoek aan Spanje, en is omgekrap omdat sy Spaanse vriend, Enrique of Enno, soos hy hom noem, nie daar is nie. Hy wou hom so graag sien.

    Annette is hoogs ontstoke toe sy die einste sekuriteitswag by haar pa se plaas aantref, waar sy ook woon, en sy uitvind hy is in diens van haar pa. Sy laat hom onmiddellik afdank, want hy is daar net om te stroop. Die helikoptervlieënier wat hom vervang is nie so ervare as die Spanjaard nie en hul buffels breek deur die grensdraad en hulle kan nou hul plaas verloor. Pieter is woedend toe hy terugkom vanaf Spanje.

    Tydens 'n helikopter rit by die skool se fees ontmoet Pieter sy vriend Enno en Annette besef iets is drasties verkeerd. Enno en Juan Cortes is dieselfde persoon! Hy is haar broer se beste vriend. Sy het hom met Van Blerk verwar en hom van die familie vervreem. Pieter nooi hom na die dans en hy dans met al die vroue, behalwe met haar. Sy kan hom nie kwalik neem nie. Sy wil so graag met hom vrede maak. Sy erken sy voel meer vir hom as wat sy gedink het.

    Hoe gaan sy hom kry om na die plaas te kom sodat sy om verskoning kan vra? Sal hy haar vergewe? Hy is die man so na aan haar hart.

    Hierdie is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.

    Hoofstuk 1.

    Die ou selfoon se wekker alarm is skril en raak al hoe harder, en dit ruk Annette Van Tonder wakker uit haar diep slaap. Sy reik half deur die slaap om die lastige ding op sluimer te skakel. Die stilte is welkom. Sy kan nog vyf minute lê voor die wekker weer sal raas. Sy trek die laken snoesig oor haar lyf en lê gemaklik en opgekrul in haar bed. Gelukkig is dit vandag Vrydag. Dit is 'n vol dag wat voorlê. Al weet Annette wat voorlê ruk sy steeds van die skrik toe die wekker weer 'n keer raas.

    Sy skakel die ou rooi Nokia 8210 selfoon af, en gooi die bed oop. Haar slaapkamer se deur is gelukkig toe, en haar pa of broer sal haar nie in haar fyn nagrokkie sien nie. Die rokkie is fyn en bedek nie haar broekie wat so oulik om haar mooi gevormde heupe span nie. Haar borste is ferm vir haar agt-en-twintigjarige ouderdom, en die nagrokkie bedek nie veel nie. Daar word nou nie juis veel aan die verbeelding oorgelaat nie.

    Annette trek haar nagrokkie uit en vou dit netjies op voor sy dit in haar kas wegpak. Sy het reeds gisteraand haar klere uitgesit vir vandag. Sy draai die krane van die aansluit badkamer se stort oop. Sy trek haar broekie uit en kyk na haarself in die spieël, soos haar gewoonte is om elke dag te doen.

    Annette is een komma vyf agt meter lank. Sy is skraal en atleties gebou en sy het 'n nou middeltjie en wyer heupe. Haar beenhare is weg geskeer. Bokant haar vroulikheid is net 'n klein driehoekie hare gelos, wat sy kort hou. Weerskante van die lippe is sy skoon. Haar bruin hare hang agter haar rug, laer as haar borste. Haar borste is mooi medium groot en styf vir haar ouderdom. Haar blou oë komplimenteer haar hare. Sy is nie 'n mooi vrou nie. Sy het lankal daarmee vrede gemaak, alhoewel sy steeds 'n gewilde en aantreklike vrou is. Sy is ook gewild onder haar kollegas en vriende.

    Sy wend seep mildelik aan en is vars en skoon toe sy uit die stort klim. Sy droog haarself deeglik af en wend lyfsproei en parfuum aan. Onder haar gladde armholtes spuit sy antiperspirant om nie deur die warm dag te sweet nie. Die buitensporige temperature van Ellisras laat 'n mens vroeg in die dag al sweet.

    Sy trek haar fyn, swart, broekie aan, haar geliefkoosde kleur. Haar bra is ook swart en span styf om haar borste. Hulle word nog fermer daardeur ondersteun, en dra nog meer by tot haar aantrekkingskrag. Sy trek 'n stywe denim langbroek aan, en 'n bloese met semi moue. Sy trek graag hoëhak sandale aan. Haar voete is onberispelik skoon en versorg.

    Sy borsel haar hare en bind dit na agter met 'n rekkie. Sy maak haar deur oop en stap kombuis toe.

    Môre Ma, lekker geslaap?

    Ja Annette, jou pa het nie so hard gesnork vannag nie, en jy?

    Sunette Van Tonder, haar mollige ma, het reeds die ontbyt gemaak in die ruim plaas kombuis.

    Ek het soos 'n klip geslaap. Ek het nie een keer wakker geword nie.

    Annette gaan sit aan die tafel wat haar ma reeds vir haar gedek het. Haar ma sit haar bord kos voor haar neer, die gebruiklike Engelse, tradisionele ontbyt. Haar pa en broer, wie vir haar pa werk, het reeds vroeër geëet en is reeds na die wild. Haar suster Mariëtte is saam.

    Dankie Ma. Dit gaan nou lekker smaak.

    Annette eet 'n stewige, maar beskeie ontbyt, en eet nie onnodig verkeerd deur die dag nie. Sy het 'n mooi liggaam om te onderhou. Sy smeer botter op die roosterbrood, smeer 'n dun lagie konfyt en begin eet.

    Hoe laat is Pieter se afskeid braai vanaand?

    Ons sal so sewe-uur braai. Julle moet vroeg môre-oggend lughawe toe ry, so ons kan nie te laat klaarmaak nie, alhoewel ek glo Pieter en André gaan seker maar op die vliegtuig slaap. Dit is 'n bitter lang vlug Spanje toe.

    Ma, het Liana nog nie van plan verander nie? Sy en Michelle sal soveel veiliger wees as hulle die tydjie wat hy weg is hier kan bly. Liana kan tog nie vrou alleen na Michelle kyk nie. Wie gaan haar met rolstoel en al elke dag skool toe neem? Hier kan ek haar mos help.

    Pieter het juis vanoggend gesê hulle gaan eerder hier bly. Hy sal meer rustig wees. Hy het voet neergesit en Liana het ingestem. Ons sal maar ons bes probeer om dit vir hulle maklik te maak.

    Ek sal nie omgee om haar saam met my skool toe te neem nie Ma. Ek is baie lief vir haar en sy kan mos nie help sy is verlam nie. Sy is so 'n lieflike kind.

    Dankie Annette, ek waardeer jou bedagsaamheid.

    Ma, noudat André saam met Pieter Spanje toe gaan, wie gaan vir Pa help? Hy kan tog nie alles self doen nie. 'n Wildplaas is nie speletjies om te bedryf nie.

    Jou pa verplig hom om te gaan. Hy sal regkom. Hy het iets gepraat van, dat hy 'n helikopter wil huur om wild aan te jaag. Nico moet maar help waar hy kan. Ek dink nie hy sal onnodig kanse vat nie.

    Wel ek weet net een ding, Pieter sien so uit om oorsee te gaan dat hy iets kan oorkom. Wat my verbaas is dat hy 'n veer voel vir die geleentheid om iets te sien, maar hy wil net sy vriend, Enno, sien.

    Ja, jy is reg, hulle is groot vriende en hy sien geweldig uit na die weersiens.

    Annette skuif haar bord weg na sy klaar geëet het en vee haar mond met 'n servet af. Sy vou die gebruikte servet en sit dit in die bord. Sunette gee haar koffie aan, sterk en vars gebrou van gemaalde koffiebone. Die geur hang swaar in die lug en is mondwater aangenaam.

    Dankie Ma.

    Sy gooi een lepeltjie suiker in en roer haar koffie voor sy behaaglik drink. Sy geniet die koffie en skuif die koppie eenkant toe sy klaar is.

    Dankie Ma. Dit was heerlik.

    Sy gaan borsel haar tande en spoel haar mond met mondspoelmiddel en neem haar handsak. Sy gaan groet haar ma met 'n soen op die wang.

    Totsiens Ma, lekker daggie vir Ma, ek sal julle dan later weer sien. Ek wil gou na skool vinnig by die winkelsentrum aangaan. Ek wil die Huisgenoot gaan koop.

    Geniet jou dag Annette.

    Annette stap na haar motor wat onder die afdak geparkeer staan. Die wit Volkswagen Polo is feitlik splinternuut. Die motor is net vier maande oud. Annette skakel die motor aan en ry agteruit en dan ry sy na die hek. Sy maak eers seker die pad is oop van verkeer en dan draai sy regs op pad na Ellisras. Hulle plaas Buffelskloof, die groot wildplaas, is ongeveer vyftien kilometer buite die dorp, in Thabazimbi se rigting geleë. Annette sit haar radio aan en luister musiek terwyl sy ry. Sy is binne twaalf minute in Ellisras. Sy parkeer in die area onder die afdak wat aan haar toegeken is as onderwyseres.

    Annette is 'n wiskunde onderwyseres, wie wiskunde aanbied vir die matrieks en graad elf leerlinge. Sy bied ook Netbal aan. Annette het reeds gisteraand haar gim oefeninge gedoen na sy klaar was met netbal, omdat sy geweet het sy wil vanaand af wees. Sy wil nie die braai met haar familie misloop nie.

    Sy gaan eers personeelkamer toe, soos die gewoonte is en ontmoet haar twee vriendinne, Lee-Anne Du Plooy, geskiedenis onderwyseres en Madeleine Brandt, boekhou onderwyseres. Hulle drie is boesem vriendinne.

    Môre julle twee, uiteindelik is dit naweek. Alles is gereël vir vanaand se braai. Kom voeg dan kan ons lekker klets.

    Môre Annette.

    Môre Annette, jy weet mos ons sal vroeg kom.

    My pa het 'n rooibok ook geslag en ons kan wild ook braai.

    O dit gaan lekker wees. As julle die gemengde speserye oor gooi, gaan ek weer my vingers af lek.

    Wat gaan jou broer en André nou regtig in Spanje doen?

    Lee-Anne, bulle gaan nie met vakansie nie, maar gaan 'n kursus bywoon oor wildbestuur. Ek weet Pieter is baie opgewonde om te gaan, want hy het 'n vriend daar wat hy baie graag weer wil sien. Dit is al waaroor hy kan praat.

    Is dit 'n vriend wat verhuis het?

    Nee, Madeleine, toe hy laas keer daar was, het hulle ontmoet. Hulle het groot vriende geword.

    Dit gaan stil wees by julle huis as jy volgende week op die netbal toer gaan.

    Mariëtte is nog daar en Liana en Michelle gaan ook daar kom bly. Dit sal seker nie so stil wees nie.

    Hoe gaan Michelle by die skool kom?

    Ek gaan haar elke dag bring tot Pieter-hulle terug is, maar die tydjie wat ek op toer is sal Liana haar bring.

    Wag, ek moet loop, my klas begin vroeg. Geniet julle dag.

    Jy ook.

    Annette stap deur na haar klas. Sy sluit oop en maak die blindings oop. Sy sluit haar handsak toe in haar staal toesluitkas wat sy op eie onkoste aangeskaf het. Sy het een keer haar handsak onbewaak gelaat en iemand het haar selfoon gesteel. Dit sal nie weer gebeur solank sy dit kan verhelp nie. Die klok lui en deur die venster kan sy sien hoe die leerlinge skarrel om by die rye uit te kom. Die periodes volg direk na mekaar en Annette gee klas sonder steuringe.

    Toe die klok vir die eerste pouse lui verdaag sy die klas. Die meisies wat die toer gaan meemaak, is binne vyf minute daar. Sy roep die leerlinge tot stilte. Sy het nie nodig om haar gesag af te dwing nie. Die leerlinge kyk op na haar.

    Dames, ek wil vir julle huiswerk gee. Maandag wil ek van elkeen van julle hoor dat julle gereed is en dat julle alles het wat julle nodig mag kry. As ons eers op pad is, kan julle nie omdraai as julle iets vergeet het nie. Ek soek ook jul vrywaringsdokumente en die toestemmingsbriewe. Onthou ook jul mediese besonderhede.

    Sy haal 'n slag asem en sien die opgewondenheid op die dogters se gesigte.

    Netbal is 'n span sport. Ons gaan nie as individue optree nie, maar as 'n span. Ons gaan ons beste lewer en ons gaan 'n groot impak maak. Stem julle saam?

    Ja juffrou!

    Dankie, dit is dan al.

    Die meisies verlaat die klas ordelik, maar gesels opgewonde oor die toer wat voorlê. Daar is nog genoeg tyd oor om vinnig 'n koppie tee te drink voor haar volgende klas begin. Annette stap haastig na die personeelkamer en skink tee. Sy drink saam met haar twee vriendinne en gaan dan terug na haar klas.

    Die res van die Vrydag se klasse verloop heel ordelik. Annette het haar eie unieke probleme, maar haar persoonlikheid en gewildheid maak op daarvoor en sy stryk haar probleempies gemaklik uit.

    Na skool gaan sy eers na die winkelsentrum van die dorp. Sy parkeer tussen Nedbank en Shoprite Checkers, op die oop terrein. Sy parkeer nie heeltemal korrek nie, want die aap aan haar regterkant het te veel aan haar kant geparkeer. Sy klim met moeite uit en sluit haar motor met die afstandbeheer en stap na Checkers. Sy hoor die piepgeluide soos haar motor se deure sluit. Die winkel is nogal besig omdat dit Vrydag is. Sy neem die Huisgenoot tydskrif en neem ook 'n pakkie Hollandse drop, die harde sout tipe. Niemand in die huis eet dit nie, maar sy hou daarvan om daaraan te kou, al kos dit so duur. Sy staan sowat vier minute voordat sy voor by die betaalpunt kom. Sy betaal kontant en stap na buite met haar tydskrif in haar hand. Die lekkers is in haar handsak.

    Sy sien daar staan 'n sekuriteitswag by haar motor. Hy is 'n lang en aantreklike man. Annette moet erken, hy is seker die mooiste man wat sy in 'n lang tyd gesien het. Sy het hom al 'n paar keer vantevore by die winkelsentrum gesien. Hy is blas en sy hare is kort gesny in militêre styl. Sy arms wys sy spiere waar dit by sy kortmou hemp uitsteek. Hy het 'n groen uniform aan en drie strepies op sy skouer borde. Hy keer haar voor.

    Juffrou, jy moenie enigsins onder die indruk verkeer jy kan hier kom parkeer soos jy lus voel nie. Jy kan mos sien waar die wit strepe geverf is om die parkeerplek aan te dui. Omdat jy 'n vroumens is.....

    Annette vererg haar bloediglik vir die arrogante man. Sy vlieg hom in.

    Ek het geen ander manier gehad om hier te parkeer as so nie. Die persoon voor my het oor hierdie kant geparkeer.....

    Hy val haar weer 'n keer in die rede. Sy sien op sy naambord sy van is Van Blerk.

    Ek sien geen ander motor langs jou motor geparkeer nie. Jy parkeer nie weer so hier nie. Ek sal jou motor laat wegsleep of jou wiele laat klamp.

    Hoe durf jy so met my praat? Jy het geen reg om my so aan te spreek nie. Ek sal nie jou gedrag teenoor my duld nie, het jy my verstaan? Omdat jy met die verkeerde voet uit die bed uit opgestaan het, gee dit jou nie die reg om dit op my uit te haal nie!

    Fanie, kom in vir Beheer.

    Die radio is kliphard aan en verhoed hom om verder iets te sê. Hy antwoord.

    Stuur vir Fanie Van Blerk!

    Hy stap eenkant. Sy hoor die Beheer praat met hom. Sy klim in haar motor.

    "Fanie, daar is 'n bakleiery reg voor PEP."

    Ek is op pad.

    Sy sien hy stap na PEP Stores se rigting. Sy skakel haar motor aan en ry weg. Sy het haar nou so vererg vir hierdie arrogante sekuriteitswag. As dit nou nie naweek was nie sou sy hom gaan verkla het. Hy kan mos nie so met die publiek werk nie! Wie dink hy is hy as hy by die huis is? Onse genade, hy het haar nou behoorlik verkeerd opgevryf. Sy sal hom nooit vergeet nie. Hy mag 'n mooi en aantreklike man wees, maar sy optrede maak hom lelik en ongewens.

    Sy is 'n hele ent buite die dorp voor sy kalmeer. Sy steek 'n vragmotor vol boumateriaal verby. Vorentoe sien sy weer een en verminder snelheid toe sy dit inhaal. Dit is ook vol boumateriaal. Sy sien die vragmotor dui aan dat dit regs gaan draai en verminder snelheid. Sy sien dit is in werklikheid twee vragmotors agtermekaar wat regs draai. Die voorste een is ook vol boumateriaal. Hulle draai beide in by die plaas. Sy wonder wat die eienaars nou wil bou. Sy weet nie eers wie die eienaars is nie. Sy ry verder toe die vragmotors ingedraai het en sien die eerste een wat sy verbygesteek het draai ook daar af. Dit is nogal 'n groot vrag boumateriaal. Sy sal later vir Pieter of haar pa vra of hulle weet wat aangaan.

    Sy is vroeg by die huis en parkeer onder die afdak waar sy altyd parkeer. Sy sluit haar motor en stap huis toe. Sy hoor Pieter se stem. Sy gaan eerste na haar kamer en sit haar handsak en tydskrif neer en stap kombuis toe.

    Hallo Sussie.

    Sy gee Mariëtte 'n soen.

    Hallo Sus.

    Hallo Boet.

    Hy kry ook 'n soen.

    Middag Sus.

    Hallo André.

    Middag Annette.

    André Brink is die wildbestuurder van die plaas en 'n ervare natuurbewaarder. Hy en Pieter is nie net kollegas nie, maar ook in werklikheid vriende.

    Sus, gaan jy koffie drink, of verkies jy tee?

    Sussie, koffie sal lekker wees.

    Sus, wat pla jou? Moeilike dag op skool gehad? Jy lyk omge-ellie.

    Boet, 'n sekuriteitswag het my verkeerd opgevryf. Sy van is Van Blerk. Ek sal sy gevreet vir ewig onthou.

    Fanie Van Blerk?

    Ja hy. 'n Ongeskikte buffel.

    Ek dink nie hy bedoel dit lelik nie, hy is eintlik 'n gawe man. Hy herinner my baie aan iemand anders wat ek ken.

    Mariëtte skink Annette se koffie en sy drink dit met smaak. Mariëtte het beskuit ook uitgehaal en Annette neem een stukkie. Sy wil nie te veel gebak eet nie, want dit gaan net op haar maag of boude aanpak. Sy werk hard genoeg om haar figuur in toom te hou. Sy hoor die agterdeur gaan oop en haar ouers kom ingestap.

    Middag Annette.

    Hallo Ma, hallo Pa.

    Sy gee haar ma en pa beide 'n soen.

    Middag my kind.

    Pa, toe ek nou terug vanaf die dorp gery het, het drie swaar gelaaide vragmotors by die plaas skuins oorkant die pad ingedraai. Al drie was vol boumateriaal.

    Ek weet net dat die plaas nou 'n nuwe eienaar het. Wat hy daar aanvang weet niemand nie. Hy het ook nog nie homself bekend gestel nie, so ek het geen idee wie dit kan wees nie.

    Ek het maar net gewonder. Sedert oom Uys bankrot geraak het, weet niemand meer wat aangaan nie. Dit is nou al meer as 'n jaar wat niks aangaan nie. Pa, vir interessantheid, as Boet en André nou in Spanje gaan wees, wie gaan vir Pa help met die wild? Dit is tog nie Nico se spesialiteit nie. Hy is maar net Pa se algemene bestuurder.

    Annette, ek en Pieter het lank met André hieroor gesels, dieselfde vrae wat jy vra. Nico is nie dom nie. Hy kan wel help, maar ons gaan 'n tydelike wildbewaarder aanstel. Ek het reeds kontak gemaak met Ranch Logistix. Hulle gaan 'n ervare vlieënier met 'n helikopter beskikbaar stel om die wild aan te keer. Dan behoort ons reg te kom. Nico kan help met die opstel van die wildheinings en die doeke. Die werkers is ook betroubaar en dus sal ons so maklik oor die weg kan kom. Die nuwe radio's wat ons gekoop het sal kommunikasie makliker maak en dus behoort alles maklik te verloop.

    Pa, dit is tog nie moontlik nie, maar as ons vir Enno hier kon hê sou ons alles in die helfte van die tyd kon doen. Ek het nog nooit in my lewe so 'n ervare wild vlieënier gesien nie. Hy hanteer 'n helikopter soos 'n seuntjie 'n speelgoed een hanteer. Hy draai so kort dat hy amper agter sy eie kop kan kyk. Wild kom nie weg by hom nie.

    Boet jy sê hy is in Spanje?

    Ja Sus, ek sal hom beslis gaan opsoek. Ek kan letterlik nie meer wag om hom te sien nie. Hy is die soort van vriende vir wie mens halfpad om die wêreld kan reis.

    Al wat ek van hom weet is dat jy hom Enno noem.

    Sus, sy naam is Enrique. Hy is 'n Spanjaard, maar kan vlot Afrikaans praat. Sy moeder het hom geleer. Hy was tien jaar in die Franse Vreemdelinge Legioen, die weermag waarin vreemdelinge van oral vir Frankryk militêre diens verrig. Hy besit sy eie plaas in Spanje en boer met wild en groente. Sy stiefpa werk vir hom.

    Hy bly 'n rukkie stil en staar ingedagte voor hom uit.

    Ek het nege jaar gelede na Frankryk gegaan en het langs die pad 'n pap wiel gekry toe daar 'n sneeustorm was. 'n Militêre voertuig het langs ons stilgehou en die jong soldaat, in beheer van die groepie het ons in 'n japtrap gehelp en ons na sy kaserne geneem en ons vir die nag slaapplek gegee en warm kos. Ons het tot laat gesels en 'n week later het hy my opgesoek. Hy was toe op verlof. Drie jaar gelede was ek in Spanje vir die eerste kursus en ek het hom opgesoek. Hy het my hartlik ontvang, kos en verblyf gegee en ons het behoorlik gekuier. Tannie Maria, sy ma, was vir my soos 'n ma gewees. Sy sustertjie was net so gaaf gewees. Ons vriendskap het hegter geword daar. Ek het egter 'n onrustigheid by hom bespeur en hom een dag gevra. Hy het erken dat sy meisie net in geld belangstel. Hy wil graag eendag terug kom na Suid-Afrika. Hy het hier gewoon as jong seun. Hy kom van Louis Trichardt se wêreld. Ek wag nog geduldig dat hy hierheen moet kom dat ons ons vriendskap kan voortsit. Ek dink hy is een van die ordentlikste mense wat ek ooit ontmoet het.

    Wel Pieter, jy gaan af tye ook hê. Ek het nie enige probleme as jy hom besoek nie.

    Pa, ek stel nie belang om rond te jakker nie, maar ek wil graag vir Enno sien.

    Een van die dae ou seun, een van die dae. Ons gaan vanaand behoorlik braai.

    Pa, dankie dat Liana en Michelle hier kan kom bly. Ek is so onrustig met hulle alleen. Michelle het baie hulp en aandag nodig.

    Pieter, moenie bekommerd wees nie. Buiten die tydjie wat ek met die netbal toer weg is, sal ek haar elke dag skool toe neem en terugbring. Jy hoef geensins bekommerd te wees nie.

    Dankie Annette, ek waardeer dit opreg.

    Boet, as Sus weg is sal ek dit doen as Liana nie kan nie.

    Dankie Mariëtte.

    Pieter staan

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1