Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning
Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning
Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning
Ebook251 pages2 hours

Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Kies, soos Daniël, geestelike voeding bó gemak en ervaar die seën van 'n beplande biddende vas.
Die Daniël-vas help jou:
* God ontmoet en aanbid
* Doelgerig bid
* Vas met 'n gebedsdoel, en
* Spesifiek vir antwoorde bid
Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning bevat ook resepte en praktiese advies om die vas vir jou makliker te maak.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateNov 16, 2015
ISBN9780796319258
Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning
Author

Elmer L. Towns

Elmer L Towns is adjunkhoof en dekaan van die School of Religion by Liberty-universiteit. Dr Towns is in besit van ’n Gold Medallion-toekenning en sy boeke sluit onder meer in: Fasting for spiritual breakthrough, How to pray when you don’t know what to say en What’s right with the Church. Elmer L Towns en sy vrou Rut het drie volwasse kinders.

Related to Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning - Elmer L. Towns

    Die

    Daniël-vas

    vir geestelike oorwinning

    Elmer L Towns

    Lux Verbi

    Ter nagedagtenis aan Jerry Falwell, die leraar wat my uitgedaag het om te begin vas, en opgedra aan Bill Bright, wat my aangemoedig het om my eerste 40-dae-vas te onderneem. Ook opgedra aan David Jonggi Tsjo, die leraar van die wêreld se grootste kerk, wat my uitgedaag het om die teologiestudente by Liberty-universiteit te leer vas voordat hulle hul eerste leraarspos aanvaar.

    Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie: om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek? Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses ’n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie? Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan, die mag van die Here sal agter jou aankom.

    Jesaja 58:6–8

    Voorwoord

    Die impak van ’n Daniël-vas

    In die eerste drie weke van Januarie 1998 het ons as gemeente met ons Daniël-vas begin. Ons het ’n hele paar jaar vroeër reeds met hierdie dissipline begin en ’n kringloop van seën en vermenigvuldiging in ons kleingroepe beleef.

    Op die vyftiende dag van hierdie vas het ek en my vrou Baton Rouge verlaat en in die pad geval na San Antonio, waar ons mense sou bedien. Toe ons om die draai kom van waar die goewerneur se herehuis duidelik sigbaar was, het ek in my geestesoog gesien hoe ’n wind die deur oopwaai (’n beeld hiervan het vlugtig deur my gedagtes geflits terwyl ek na die herehuis gekyk het). Ek het vir Melanie, my vrou, gesê: Ek glo God gaan ’n deur na die goewerneur se huis oopmaak sodat ons daar kan gaan Bybelstudie hou.

    Op die een en twintigste dag van die vas het ons San Antonio verlaat en na Baton Rouge teruggekeer. Dáár, op my lessenaar, was ’n nota dat die goewerneur se sekretaresse my gebel het. Toe ek haar terugbel, sê sy die goewerneur het ’n week vroeër op sy trapmeul geoefen terwyl hy na een van my 90 sekondes lange programme gekyk het. Ek het daardie program jare lank vir ’n plaaslike stasie behartig. ’n Stem in die goewerneur het vir hom gesê: Bel hierdie man en vra hom om jou die hele Bybel in vier sessies te kom leer.

    Hierdie uitnodiging was besonder spesiaal omdat ek nog nooit die goewerneur ontmoet het nie. Op die vasgestelde dag het hy en 15 van sy toppersoneellede vir die geleent­heid bymekaargekom. Ek het hulle vier lesse uit die Bybel geleer: die skepping, die uitverkore volk, Christus en die kerk.

    Aan die einde van daardie maand het die goewerneur gevra ek moet asseblief met hierdie Bybelstudies voortgaan. Ons het vir die res van sy termyn bymekaargekom, en ook vir die vier jaar van sy tweede termyn. Ek kon dikwels saam met hierdie groep bid vir wonderwerke wat orkane weggekeer, droogte in die staat verbreek en die goewerneur groot guns laat wen het. Voor sy aftrede in 2004 was hy die gewildste goewerneur wat ons staat in jare gehad het.

    Ek is oortuig hierdie deur het danksy die magtige krag van gebed en vas vir ons oopgegaan. Terwyl Daniël gebid en gevas het, het God deure na die hoogste vlakke van die regering vir hom oopgemaak. Nadat Paulus in Antiogië gevas het (Hand 13), het God die deur na die hoogste amptenaar op Siprus, Sergius Paulus, vir hom oopgemaak. Net die krag van ’n Daniël-vas kan ’n deurbraak in ’n land en ’n regering bewerkstellig, en my ervaring met die goewerneur van Louisiana is ’n treffende bewys van hierdie waarheid.

    Larry Stockstill

    Senior leraar, Bethany World Prayer Center

    Baker, Louisiana

    Uitnodiging

    Welkom by Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning. Hierdie boek is geskryf as ’n gids vir wanneer jy wil vas. Jy sal ’n ver­duideliking vind van hoe die Daniël-vas sy naam ontvang het, hoekom dit óf 10 óf 21 dae lank duur, wat jy behoort te eet, en hoe jy jouself behoort te dissiplineer wanneer jy vas.

    Hierdie boek sal ook ’n paar van jou gebedservarings tydens ’n vas ondersoek. Dalk het jy jou daartoe verbind om tydens die 10 of 21 dae van jou vas doelgerig te bid en terselfdertyd met ’n gebedsdoelwit te vas. In hierdie boek sal jy baie praktiese gebedswenke vind. Jy sal leer hoe om God te ontmoet, hoe om Hom te aanbid en hoe om spesifiek vir antwoorde te bid. Jy sal kyk na die rol van trane en berou tydens gebed, en jy sal ontdek wat dit beteken om jouself te kruisig. Hiermee saam sal jy leer hoe om tydens geestelike oorlogvoering te bid en ontdek wat dit beteken om dringend en ernstig te bid.

    As dit die heel eerste keer is dat jy vas, sal hierdie boek jou vrese wegneem en ’n paar van die dinge verduidelik wat jy tydens jou vas ervaar. Om hierdie boek te lees sal jou dus help om met selfvertroue te bid en jou angstigheid te oorkom. Dit sal jou bowenal help om antwoorde op jou gebede te kry.

    Terwyl ek hierdie boek geskryf het, het ek verskeie kere en op verskillende maniere gevas. Ek het gevas en gebid sodat God my sou wys wat ek moet skryf, en sodat Hy my sou help om hierdie boek só te ontwerp dat jy Hom sou aanraak terwyl jy lees en vas. Belangriker nog, sodat God jou kon aanraak.

    Geskryf in my huis aan die voet van die Blue Ridge-berge.

    Elmer L Towns

    2009

    Deel 1

    Meer oor die Daniël-vas

    1

    Wat is vas?

    Hulle het vir my gesê niemand het die afgelope 100 jaar ’n topverkoper oor die dissipline van vas geskryf nie. Nadat ek in 1996 my boek Fasting for Spiritual Breakthrough geskryf het, wou ek dus terugvoering hê. Ek stuur toe ’n eksemplaar van die getikte manuskrip vir Ron Phillips, leraar van Abba’s House in Chattanooga in die deelstaat Tennes­see. ’n Paar dae later het ek ’n vreemde telefoonoproep ontvang.

    Jy is so skelm, het die stem aan die ander kant gesê.

    Wie noem my skelm? wou ek weet.

    Dis Ron Phillips wat praat, het die man laggend gesê. Ron is my vriend, en ek was al twee of drie keer by sy gemeente om Sondagskool-ontwikkelingskampe aan te bied. Ek is by ’n konferensie van die Suidelike Baptiste-kerk, het hy gesê en toe sy grappende opmerking verduidelik. Ek is veronderstel om vergaderings by te woon, te stem en met my vriende in die gange te staan en gesels. Maar nou sit ek in hierdie hotelkamer vasgenael op my stoel en lees jou boeiende boek. Dit is so goed, dit sal my lewe verander.

    Voordat ons die gesprek beëindig het, het Ron my oortuig om in sy gemeente ’n Saterdag-seminaar oor die beginsels van vas aan te bied. Ons het ’n datum gekies en hy het die uitnodigings uitgestuur. Hy het verwag 800 mense sou dit bywoon, maar net 157 het opgedaag. Die rede vir die swak bywoning was dat Ron hulle gevra het om daardie dag te kom vas. Baie mense was te bang om te kom omdat hulle nie geweet het hoe om te vas nie, of omdat hulle nie verstaan het wat God vir hulle kon doen as hulle vas nie. Dit het my oortuig dat daar meer oor die dissipline van vas geskryf behoort te word, of dit nou ’n topverkoper sou wees of nie.

    Nou kan jy wel vra: Wat beteken dit om te vas?

    Vas:

    Om jouself kos te ontsê, of om jouself tot ’n karige dieet te beperk, hetsy as ’n godsdienstige gebruik of as ’n sere­moniële uitdrukking van rou smart; om sonder kos te bly; ook (kontekstueel) om niks te drink nie; om ’n tyd lank te vas; om (’n dag, ens.) as ’n tyd van onthouding te onderhou of te vier.

    God het die mens se liggaam só geskep dat dit kos nodig het om te funksioneer. Om seker te maak die liggaam kry genoeg brandstof, het God in ons ’n aptyt vir kos geskep. Ons noem dit honger. Om te eet bevredig ons aptyt en gee ons die krag vir die take en aktiwiteite wat ons gedurende die dag moet voltooi. Hoekom sou iemand dan kies om te vas – om vir ’n bepaalde tydperk nie te eet nie?

    Vanuit God se perspektief is die rede eintlik eenvoudig. Ons vas om ’n geestelike doelwit te bereik. In die Ou Testament het die Israeliete die opdrag ontvang om een keer per jaar te vas: Julle moet dit as ’n vaste instelling handhaaf dat julle almal … moet vas en alle werk moet staak op die tiende dag van die sewende maand (Lev 16:29). Hierdie vas het op die Groot Versoendag (Jom Kippoer) plaasgevind. Op dié dag het die hoëpriester spesiale offers gebring om versoening vir die volk se sonde te doen. Tydens die ritueel het die hoëpriester by die Allerheiligste in die kern van die tempel ingegaan. Dit was die enigste tyd van die jaar dat hy daar toegelaat is. God wou hê sy volk moet op hierdie dag vas sodat hulle die ervaring van hul verlossing kon onthou. Almal het gevas om hulle te vereenselwig met die hoëpriester wat ’n lam vir die vergifnis van hul sonde geoffer het.

    Vandag leef ons as Christene onder die genade van God. Daar word nie meer van ons verwag om te vas nie. Jesus sê egter baie duidelik in Matteus 6:16 dat ons om sekere redes toegelaat word om te vas: As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie. Hulle mismaak hulle gesigte sodat die mense kan sien dat hulle vas. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. En in Matteus 9:15 sê Hy: Kan die bruilofsgaste dan treur solank die bruidegom nog by hulle is? Maar daar kom ’n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas. Ons sien ook dat die apostels in die vroeë kerk vir ’n geestelike doel gevas het: Toe hulle op ’n keer bymekaar was om die Here te dien en om te vas, het die Heilige Gees gesê: ‘Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.’ Nadat die gemeente gevas en gebid en hulle die hande opgelê het, het die gemeente hulle laat gaan (Hand 13:2-3).

    Baie mense wat nog nooit gevas het nie, raak gespanne wanneer hulle daaraan dink dat hulle nie mag eet nie. Hulle wonder of hulle baie honger gaan word, en of die hongerpyne dit vir hulle te moeilik sal maak om met die vas te volhard. Hulle verwag dit gaan ’n onaangename ervaring wees. Dit was waarskynlik wat die lidmate van die Sentrale Baptiste-kerk gedink het toe Ron hulle vra om daardie dag te kom vas. Hou egter in gedagte dat vas nie pynliker sal wees as om op ’n dieet te gaan om gewig te verloor nie. Dit sal jou ook nie skade berokken nie. Eintlik is daar studies wat toon vas is goed vir jou liggaam omdat dit die liggaam help om van gifstowwe ontslae te raak.

    Die doel van vas is nie om jou godsdienstige toewyding aan God uiterlik aan almal te vertoon nie, maar eerder om ’n persoonlike verbintenis tussen jou en God te vestig. Dit is nie altyd maklik nie. Soos met enige ander geestelike dissipline sal jy ongetwyfeld weerstand en teenstand ervaar. Begin daarom jou Daniël-vas – of enige ander vas wat jy onderneem – met ’n volledige begrip van wat jy doen. Jy moet ook weet: Al is die pad moeilik, sal die beloning wonderlik wees.¹

    2

    Wat is ’n Daniël-vas?

    Jentezen Franklin, leraar van die Free Chapel in Gainesville, Georgia – ’n gemeente met 10 000 lidmate – begin elke nuwe jaar met ’n Daniël-vas van 21 dae. Almal in die gemeente vas saam, al vas almal nie ewe lank nie. Sommige mense vas een dag, ander drie dae, sommige ’n week en baie ander die volle 21 dae. Jentezen sê: Ek het al mense hoor getuig dat net drie dae nadat hulle begin vas het vir ’n geliefde wat aan kanker ly, die kanker volkome genees is. Een vrou se seun was sterwend. Hy het aan leukemie gely en ’n koors van 41 °C gehad. Op die heel eerste dag van die vas het die koors begin afneem en hy het geen breinskade opgedoen nie.²

    Franklin glo dit is belangrik vir die geestelike groei van die Free Chapel-gemeente om aan die begin van elke nuwe jaar te vas en offers aan God te bring. Sommige gemeentelede vas om van hul verslawing aan gemorskos bevry te word; ander vas om die mag van ’n onbeheerste aptyt te verbreek, en nog ander vas om hul verslawing aan nikotien, alkohol of dwelms te oorkom. Die meeste mense vas egter om God intiem te leer ken. Franklin sê: Elke jaar moedig ek die lidmate van Free Chapel aan om saam met ons 21 dae lank te vas. Hoekom sou jy kies om die res van jou lewe siek, swak, oorgewig of uitgeput te voel as jy binne 21 dae ’n nuwe mens kan word? Hoekom waag jy nie ’n radikale tree in die geloof nie? Ons het net een lewe om aan God te gee. Kom ons neem beheer oor ons liggaam en leef vir God met die heel beste wat ons het.³

    Hoe het dit dan gekom dat ’n vas na Daniël vernoem is? Met ander woorde, hoekom het Daniël gevas? Daniël was 16 jaar oud toe die Babiloniërs hom gevange neem. In daardie tyd was Nebukadnesar die koning van Babel. Daniël het in die paleis in Jerusalem grootgeword; dus is hy gekies om voorberei te word vir die een of ander regeringspos in Babel. Nebukadnesar het Daniël gekies omdat hy ’n jong man "sonder liggaamsgebrek was, toegerus met kennis, ver­standig, bekwaam en in staat om in die paleis diens te doen" (Dan 1:4, klem bygevoeg).

    Nebukadnesar wou hê Daniël moes in die paleis diens … doen (v 4) en hom help om sy heerskappy oor die Jode te vestig. Maar hy wou ook hê Daniël moes Babilonies wees. Die koning het bepaal dat hulle [Daniël en sy drie vriende] ’n daaglikse porsie van sy kos en wyn moet ontvang (v 5).

    Sommige vertalings gebruik in vers 5 die woord lekker­nye pleks van kos. Vandag verwys die woord lekkernye vir baie mense na eetgoed soos pizza of roomys. Hulle voeg selfs alkohol of dwelms by hierdie lys. Daniël het egter teen die koning se luuksekos besluit. Daniël het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie (v 8). Let op die woord voorgeneem in hierdie vers. Die geheim tot ’n Daniël-vas is om jou in jou hart voor te neem. Dit beteken jy lê aan die begin van jou vas ’n gelofte af dat jy die Here sal volg in wat jy eet en drink.

    Wat het Daniël gekies om te eet? Die Bybel sê vir ons hy het vir die hoofpaleisbeampte gesê: Maak asseblief tien dae lank ’n proefneming met ons en laat hulle vir ons net groente gee om te eet en water om te drink (v 12). Die woord groente verwys waarskynlik na blaaragtige groente­soorte soos kropslaai, kool of spinasie. Daniël het dus ’n blaargroente-dieet gevolg. Wat was die uitkoms? Ná tien dae het hulle mooier en gesonder daar uitgesien as die jongmanne wat van die koning se kos geëet het (v 15).

    Die toets wat Daniël aan die hoofpaleisbeampte voorgestel het, was baie eenvoudig. Wanneer jy met die Daniël-vas begin, kan jy kies om tien dae lank net groente te eet. Jy kan egter ook kies om die langer weergawe van die Daniël-vas te volg, soos dit in hoofstuk 10 uiteengesit word: Ek het die volle drie weke geen lekker kos geëet nie, my mond nie aan vleis of wyn gesit nie en geen reukolie gebruik nie (v 3). Daniël het 21 dae of die volle drie weke (v 3) lank gevas.

    Die frase lekker kos in hierdie gedeelte is interessant. Lekker kos verwys na iets wat jou smaakkliere as aan­ge­naam ervaar, soos steak, mosselsop, gebraaide garnale, knoffel­slakke, lamskenkels, en so meer. Die Boodskap vertaal lekker kos met ryk kos of vleis; die 1953-hersiening praat van smaaklike spys … en vleis, en die Nuwe Lewende Vertaling vertaal dit met geurige kos of vleis. Al hierdie variasies wys op presies dieselfde feit: Tydens ’n Daniël-vas offer jy die kos op wat jy geniet, en eet jy net wat nood­saak­lik is; daarom is die Daniël-vas ’n gebruik om jouself ter wille van selfdissipline lekker kos te ontsê.

    3

    Hoekom besluit om te vas?

    Daniël en sy drie vriende moes ’n Babiloniese opleidings­program ondergaan om hulle voor te berei om in diens te tree van die koning van ’n vreemde land. Die jong mans is dus van die begin af blootgestel aan Babiloniese gebruike, wette, waardes en oortuigings.

    Hulle het ook van die koning se kos gekry om te eet.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1