Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Pauline Vind Geluk
Pauline Vind Geluk
Pauline Vind Geluk
Ebook537 pages4 hours

Pauline Vind Geluk

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Wessel Bruwer verbreek sy verhouding met sy liefde, Mandie, toe sy nie met hom wil trou nie en sy 'n oop verhouding wil hê. Hy verhuis terug na Suid-Afrika en werk as vlieënier by Meyer Industries in George.

Pauline Niemand Marx, die suksesvolle eiendomsagent, se lewe kom tot stilstand toe haar man haar los vir 'n jong kind. Haar hart is gebreek.

Na 'n suksesvolle noodlanding, wat sy vanuit haar vriendin se kantoor aanskou het, ontmoet Pauline vir Wessel en daar is onmiddellik 'n vonk tussen die twee. Wessel slaan haar voete onder haar uit en hulle weet vroeg hulle wil mekaar hê, ongeag die ouderdomsverskil. Wessel vra haar om met hom te trou en hulle raak verloof.

Wanneer sy op film, met haar eie oë sien hoe hy 'n misdaad pleeg en 'n ander vrou bemin, soos hy haar bemin het, gee sy hom die trekpas. Sy werk ontslaan hom summier. Hy word gearresteer en vervolg vir rampokkery. By die hof word hy in sy kop geskiet deur die rampokkers wat hom beswadder het. Die koeël is die een kant in en die ander kant van sy kop uit. Dit is onmoontlik om te leef en die nuusomroeper kondig dit af dat hy dood is. Die televisie filmspan verfilm hoe die laken oor hom gegooi word. Die projektiel het egteronder die kopvel langs gehardloop en sy skedel nie deurboor nie.

Pauline sien dit op die televisie gebeur besef sy het hom steeds lief. Hy oorleef en kom regop. Hy word in 'n hospitaal verpleeg en verhoor. Hy word in die hof onskuldig bevind. Sy weet ook nou hy is onskuldig en sy het hom geen kans gegee om homself te verdedig nie. Na hy eers weg is ontdek sy dat sy swanger is. Sy smag met haar hele wese om weer in sy arms te kan wees.

Hy reis tussen drie kontinente in lewensgevaarlike omstandighede en moet selfs vir sy lewe veg. Hy is direk behulpsaam met die dwelmbaas, wat alles beplan het, se inhegtenisneming en bewys aan die wêreld sy onskuld.

Hy kan sy Pauline nie vergeet nie. Hy is bereid om enige iets te doen, selfs vuil spel, om haar terug te kry. Haar vriendinne wil haar net so graag weer by hom sien. Hy weet daar sal nooit weer 'n ander vrou vir hom kan wees nie.

Hierdie weergawe is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateSep 6, 2015
ISBN9780620677943
Pauline Vind Geluk
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Pauline Vind Geluk

Related ebooks

Related articles

Reviews for Pauline Vind Geluk

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Pauline Vind Geluk - Johan Crous

    Pauline Vind Geluk

    3de Hersiene Uitgawe

    deur Johan Crous

    ISBN 978-0-620-67794-3  ( epub )

    ISBN 978-0-620-67795-0  ( mobi )

    Inhoudsopgawe

    Titelblad

    Kopiereg

    Erkennings

    Waaroor die boek gaan.

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Hoofstuk 11

    Hoofstuk 12

    Hoofstuk 13

    Hoofstuk 14

    Hoofstuk 15

    Nabetragting

    Biografie

    Copyright © 2015 Johan Crous. All Rights Reserved.

    2nd Revised Edition

    ISBN 978-0-620-67794-3  (epub)

    ISBN 978-0-620-67795-0  (mobi)

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Johan Crous, images sourced from http://free-images.gatag.net by Vesna Pukich Tiricovska & zbigphotography under public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2015

    Opgedra Aan:

    Hierdie boek word opgedra aan Marlaine, wie haar vriendskapshand na my uitgereik het en my ondersteun as beginner op die gebied van skryf. Dankie, ek waardeer jou vriendskap en stel dit hoog op prys. Jy sal nooit weet hoeveel dit vir my beteken nie.

    Erkennings:

    Proeflees: Len Venter

    Die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 4 gedoen.

    Die boek is geskryf in Office (Word) en Mobisystems Office Premium en die buiteblad is gedoen met Corel se Paintshop Pro X8 en Adobe Photoshop CS6.

    Waaroor die boek gaan.

    Wessel Bruwer verbreek sy verhouding met sy liefde, Mandie, toe sy nie met hom wil trou nie en sy 'n oop verhouding wil hê. Hy verhuis terug na Suid-Afrika en werk as vlieënier by Meyer Industries in George.

    Pauline Niemand Marx, die suksesvolle eiendomsagent se lewe kom tot stilstand toe haar man haar los vir 'n jong kind. Haar hart is gebreek.

    Na 'n suksesvolle noodlanding, wat sy vanuit haar vriendin se kantoor aanskou het, ontmoet Pauline vir Wessel en daar is onmiddellik 'n vonk tussen die twee. Wessel slaan haar voete onder haar uit en hulle weet vroeg hulle wil mekaar hê, ongeag die ouderdomsverskil. Wessel vra haar om met hom te trou en hulle raak verloof.

    Net daarna loop alles skeef. Pauline gee hom die trekpas. Wessel verloor sy werk en word gearresteer. Pauline ontdek dat sy swanger is...

    Nota:

    Hierdie boek is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.

    Hoofstuk 1.

    Die Demokratiese Republiek van Kongo, Wes-Afrika.

    Sy is agt-en-twintig jaar oud en nog steeds in 'n puik kondisie. Haar slanke lyne sal enige normale man beïndruk en bekoor. Sy het, soos gemeld, agt-en-twintig jaar gelede, die fabriekslyn van Lockheed Martin verlaat as 'n splinternuwe Lockheed Hercules L100-30. Sy is die siviele weergawe van die militêre C130-H, maar die gestrekte weergawe, vandaar die naam L100-30. Die dertig dui die drie meter langer lengte en dus soveel meer pakplek in die ruim. Die ontwerpers het spoedig, op aanbeveling van hul gebruikers die romp gestrek, sodat langer en meer vrag gelaai kan word, alhoewel effens ligter. Groter vrag is meestal ligter in die praktyk.

    Die ontwerpers het die JATO vermoë uitgelaat. Dit staan vir jet assisted take-off. Spuitmotore kan 'n swaar vliegtuig makliker laat opstyg vanaf 'n gegewe lengte aanloopbaan. Wanneer die vrag baie swaar in gewig is, is 'n baie lang aanloopbaan nodig om genoegsame spoed op te tel, en in die praktyk is dit gewoonlik nie moontlik nie. Daar is 'n paar ander dingetjies ook uitgelaat, maar dit is nie belangrik nie, behalwe die laer venstertjies. Haar naam is Jana. Haar vier enjins is al vier Turboprop en dreun egalig. Haar ruim is vol kratte gelaai met vrag vir die plaaslike bevolking. Die vliegtuig se ontwerp is verder merkwaardig deurdat die motore net een spoed loop. Die hoek van die propellers se lem en meer wringkrag verg meer of minder brandstof. Gevolglik is die vliegtuig redelik ekonomies vir die groot vrag. Die motore hou ook langer.

    Agter die kontrole links voor, sit die jong Suid-Afrikaner Wessel Bruwer. Hy is ses-en-twintig jaar oud en vlieg al sedert hy vier-en-twintig is vir Doldrum Logistix. Voor hulle het hy sedert hy agtien was vir die Verenigde State van Amerika se lugmag gevlieg. Hy het vinnig gevorder in sy kort loopbaan en is reeds 'n senior vlieënier. Hy het dit verwerf deur reeds vier suksesvolle noodlandings te kon doen, sonder enige lewensverlies of skade aan die vliegtuie. Sy eienaars weet hy is bekwaam. Hy het operasionele agtergrond en is vertroud met landings op kort onvoorbereide landingsstroke.

    Saam met hom is sy eerste offisier, John Ball. Hy is ses-en-dertig en vlieg al sewentien jaar vir die maatskappy. Hy is verbitterd dat hierdie jong snuiter bo hom aangestel is. Hy hou dit nie teen Wessel persoonlik nie, want hy weet Wessel is die beter vlieënier. Wessel het al noodlandings gedoen met hom, John as sy eerste offisier. John het egter die geld nodig. Tog is dit maar ook 'n bitter pil om te sluk om opdragte vanaf die jonger man te moet ontvang.

    Flappe dertig grade.

    John skuif die flaphefboom na die dertig grade posisie terwyl Wessel die snelheid na een-honderd-en-vyf-en-vyftig knope verminder. John herhaal die bevel om te bevestig dit is uitgevoer.

    Flappe dertig grade.

    Wessel is tevrede. Hy moet nou konsentreer om veilig op te lyn met die klein geskraapte landingstrook en kan nie alles fisies nagaan nie. Hy vertrou vir John. Hy weet wat is John se gevoel en sorg dat hy nooit aanstoot gee nie. Hulle twee kom gevolglik met mekaar oor die weg sonder om onnodig haaks te wees. Die ander vier manne in die ruim is reeds vasgegordel en wag vir die landing.

    Wessel kan reeds die strook vinnig sien naderkom. Hulle kom direk van die see af in, baie laag oor die grond. Hulle vlieg so laag om enige aanvalle van Boko Haram te voorkom. Dit is baie moeilik om die vliegtuig met missiele af te skiet as dit so laag vlieg. Dit is bykans onmoontlik en die rebelle is nie voldoende opgelei nie.

    Flappe veertig grade.

    Wessel verminder die spoed na een-honderd-en-vyf-en-veertig knope. Dit is te stadig om in die lug te bly, maar die flappe maak dat die vliegtuig nie uit die lug uit val nie. Een-honderd-en-sewentig knope is te vinnig om te land en sal die landingswiele en vlerke beskadig weens die skok.

    Flappe veertig grade.

    Wiele ontplooi.

    Wiele ontplooi.

    John bevestig en Wessel korrigeer die laaste paar honderd meter en sit die vliegtuig sag neer. Hy ontplooi onmiddellik tru motore teen die maksimum wringkrag en die vliegtuig kom betyds tot stilstand. Die vragmotors kom onmiddellik nader. Wessel en John voltooi hul na-landing inspeksie en skakel die enjins af.

    Die manne agter in die romp laat die laaibrug sak. Hulle sak dit net tot dieselfde hoogte as die vragmotors se bak. Daar is hidrouliese beweegbande en rollers en die oorlaai van die groot kratte na die vier vragmotors gaan betreklik vinnig.

    Wessel en John het reeds uitgeklim en rek hul bene. Wessel het die ketel in die kajuit aangeskakel en maak koffie vir homself en tee vir John. Daar is toebroodjies wat die personeelafdeling ingepak het en hulle staan en kou. Hulle kyk hoe die kratte gelaai word.

    John stap weg van die vliegtuig om 'n sigaret aan te steek. Wessel stap saam. John haal 'n leer houertjie uit die regterkant se sak van sy vliegpak. Hy maak die houertjie oop en haal een sigaret uit. Hy maak die leer houertjie weer toe en plaas dit terug in die sak en skuif die ritssluiter weer toe. Hy bied Wessel nie een aan nie. Wessel het nie die gewoonte aangeleer nie. Wessel hou hom dop, want hy het sy eie unieke tradisie as dit by die vernietiging van die sigaret kom. Hy neem die sigaret tussen sy voorvingers en kap die kurk teen sy polshorlosie se glas, om die tabak te kompakteer. Hy plaas dan die sigaret tussen sy wys- en middelvinger, nie soos almal naby sy vingerpunte nie, maar teenaan sy hand, waar die vingers die handpalm ontmoet. As hy die sigaret voor sy mond bring, bedek sy handpalm sy gesig se onderste gedeelte. Hy haal sy geelkoper Zippo aansteker uit en klik dit oop. Die kliek geluid is kenmerkend. Hy steek die sigaret aan terwyl hy diep trek. Die vlammetjie word na die sigaret toe aangetrek. Hy klik die aansteker hard toe en plaas dit in sy skouersak op sy mou. Hy maak 'n O met sy mond en blaas die rook met genot uit.

    Wessel hou hom ongemerk dop en kyk hoe hy die sigaret rook tot daar feitlik geen tabak meer oor is nie. Hy gooi die toppie neer en vergruis die toppie met sy stewel asof dit 'n giftige spinnekop is. Daar bly niks oor nie behalwe net die merke op die grond.

    Hartenbos, Suid-Afrika.

    Pauline Marx lê agteroor in die bad en lê 'n oomblik en ontspan nadat sy haarself deeglik gewas het. Dewaldt is al vroeg werk toe en sy het nie vanoggend vroeg enige afsprake nie. Mariëtte is soggens vroeg by die werk om enige oproepe en vonkpos te hanteer. Sy sal sorg dat sy nege-uur daar is vir hul oggend byeenkoms.

    Na sy 'n rukkie ontspan het staan sy op en droog haarself deeglik af. Sy staan voor die spieël in die woonstel se badkamer. Sy bestudeer die weerkaatsing van haarself. Sy is tevrede met dit wat sy sien. Sy ken haarself.

    Sy is een komma ses agt meter lank en sy is slank en atleties gebou. Haar beskeie eetgewoontes en ure se oefen in die gim sorg hiervoor. Sy is baie gesteld op haar voorkoms en liggaamsbou, om nie eers van netheid te praat nie. Sy is baie skoon op haar persoon en versorg haar hare baie goed. Sy het reeds vir haar laser behandeling gegaan om al haar liggaamlike hare te verwyder. Sy het net 'n smal strokie hare op haar buik gelos. Op haar maag, tussen die heupbeen en hierdie strook hare het sy 'n tatoeëermerkie van 'n klein smurfie. Dit steek bokant haar bikini broekie uit. Sy verkies bikinisnit broekies en hou nie juis van deurtrekkertjies nie. Haar bra ondersteun haar bates optimaal en as 'n reël kyk mans gewoonlik om as sy by hulle verbyloop. Mans kyk haar ook nie altyd in die oë nie. Daarvoor sorg haar bates.

    Pauline trek gewoonlik smaakvol aan. Sy hou van kort rokkies, maar sy hou nie van sletterige drag nie. Sy dra graag hoëhak sandale as sy op afsprake gaan en sy gebruik grimering spaarsamig en smaakvol. Haar man, Dewaldt is altyd gek oor haar voorkoms.

    Pauline sug hartseer. Hy was altyd mal oor haar voorkoms. Sy weet nie of sy verkeerd is en of sy dalk net onnodig sensitief is nie, maar dit is asof hy afkoel. Sy sal maar later met Adri daaroor praat.

    Pauline sluit die deur agter haar en stap die sowat agt tree na die bure se deur, op die derde vloer van die woonstelblok waar hulle woon. Adri Meyer en haar man Morné is hier woonagtig en hulle is die eienaars van die gebou. As eiendomsagent en eienares van Pauline Eiendomme, verhuur Pauline die res van die gebou en gevolglik kry sy tweeduisend rand per maand afslag op haar woonstel as kommissie.

    Adri is haar een nabye vriendin. Sy het vantevore onder die woonstel van Morné gewoon, totdat sy en Morné na tien jaar bymekaar uitgekom en getroud is. Nou woon hul vriendin Ronel daar.

    Sy druk die klokkie en wag dat Adri moet oopmaak. Sy wag nie lank nie en hoor die slot kras toe Adri oopsluit. Sy glimlag toe sy sien dit is Pauline.

    Môre Pauline, kom gerus binne. Ek het nou net water gekook en gaan vir my iets maak om te drink.

    Môre Adri, ek sal jou nie lank ophou nie.

    Jy doen nie vriendin. Ek is die hele dag tuis. So jy kan kuier so lank as jy wil. Wat gaan jy drink?

    Tee sal heerlik wees asseblief.

    Ek maak vir ons.

    Pauline kyk hoe Adri die kopies uitsit en kookwater in die groot teepot gooi. Sy het drie teesakkies in gegooi en daar is genoeg tee vir twee koppies elk. Sy haal ook hertzoggie koekies uit, haar man se gunsteling en gevolglik het sy altyd voorraad. Hulle sit in die sitkamer en drink. Adri hou die klein bordjie onder haar ken om nie krummels of klapper te mors nie. Die koekies is heerlik. Sy sal vanaand 'n bietjie harder oefen om die vet teen te werk.

    Klein Adri kom en hardloop haar tegemoet toe sy haar herken.

    Tannie Pollie.

    Hallo Adri.

    Pauline omhels die klein dogtertjie en soen haar. Adri glimlag toe sy sien hoe sag Pauline teenoor die kindjie is. Adri vat haar pop en speel verder op die sitkamermat.

    Adri, ek wil reguit weet as jy iets weet. Moenie my gevoelens spaar nie. Ek moet weet. Wat is fout met my?

    Ek verstaan nie, wat bedoel jy met fout met jou?

    Dewaldt verloor belangstelling. Hy probeer nie meer ten alle tye om my in die bed te kry nie. Gisteraand het ek voor hom ontklee en hy het geen vinger verroer om aan my te vat nie. Om die waarheid te sê, hy het nie eers 'n ereksie gekry nie. Ek moet weet Adri.

    Ek weet regtig nie Pauline. Is jy seker?

    Ja, ek is doodseker. Jy ken my geskiedenis. Ek het altyd vir Jacques bewonder, maar ek het myself ten volle toegewy aan Dewaldt toe ons getrou het. Nou stel hy nie meer so in my belang nie. Ek is lief vir hom Adri. Ek kies hom nie uit gerief nie. Ek weet ek kan vir myself sorg, maar ek is lief vir hom.

    Pauline al raad wat ek jou kan gee is om nog te wag en te kyk wat gebeur. Probeer hom nog meer liefde en veral seks ook gee. Dan sal jy gou genoeg weet as hy regtig nie meer belangstel nie. As dit dan wel so is, kan jy met hom praat. Dan sal jy weet.

    'En as hy nie meer belangstel nie, wat maak ek dan? Ek wil hom nie regtig verloor nie. Ek is lief vir hom."

    'Dit is al hoe jy sal weet Pauline. Dit is ongelukkig die verloop van die lewe."

    Ek is bang. Ek is bang hy erken daar is iemand anders. Dan sal hy moet kies. Ek sal ook moet kies as daar wel iemand anders is. Ek is so bang.

    Na sy nog 'n rukkie by Adri gekuier en haar bekommernis en vrese duidelik gemaak het, voel sy effens beter en ry na haar werk toe. Pauline het klaar 'n boodskap gekry dat Dewaldt laat werk vanaand. Dit verhoog net haar bekommernis.

    DRK.

    Wessel en John staan en kyk hoe die laaste krat met die metaal rollerbande na die vragmotors vervoer word. Die laaibrug het ook dieselfde rollers en bande. Die vragmotors se hyskraan help en wanneer die laaste krat weg is, kom die twee Bedford trokke nader. Hulle is beide viertrek voertuie en met brandstoftenks toegerus.

    Agter in die romp is vier rubber brandstofhouers. Wessel kyk hoe die brandstofslange eers aan die filters gekoppel word en dan word die brandstof deur gepomp in die rubber tenks. Sodoende word die AVGAS brandstof gefiltreer en alle moontlikheid van besoedelde brandstof word uitgeskakel. Besoedelde brandstof kan hul vliegtuig laat val. Wessel kyk persoonlik dat alles geseël is voor hy toelaat dat die trokke kan vertrek.

    Wessel doen sy voorvluginspeksie en skakel die motors een na die ander aan. Wanneer hy tevrede is draai hy die vliegtuig om en taxi tot by die begin van die landingstrook en draai weer om. Hy styg op en draai skerp om en vlieg so lag as wat hy kan aan die grond tot hulle na dertig minute die see bereik. Hy vlieg see in vir nog dertig minute voor hy regs draai en hoogte begin wen. Die lang vlug na die Kaap Verde Eilande het so pas begin. Hy laat John ook vlieg sodat hulle beurte kan maak om te rus. Die uurwyser van die horlosie kruip stadig van die een uur na die ander en die vliegtuig dreun egalig voort.

    Wessel is al regtig besig om ongeduldig te raak. Hy wil so graag weer terug in die Republiek wees. Suid-Afrika is sy land en die inwoners is sy mense. Amerika mag meer geld hê, maar hy is nie werklik gelukkig nie. Hy en Mandie is saam en deel 'n woonstel. Wessel gee om vir Mandie, maar sy wil nie trou nie. Sy verkies 'n verhouding van slegs belofte. Wessel weet sy sal seker nie sommer rondslaap nie, maar sy is nie bereid om haar volle toewyding te gee nie. Derhalwe sal daar nooit kinders kan wees nie en sy kan ook na sy mening te eniger tyd na 'n ander man gaan. Dit maak nie saak watter versekering sy hom gee nie, maar hy het geen sekuriteit nie. Hy wil trou en kinders ook hê. Dit hoef nie nou te wees nie, maar eendag. Dit sal hy heel waarskynlik nie by Mandie kry nie.

    Oom Ben Bruwer, sy oom, is werksaam as die besturende direkteur van Meyer Industries in Suid-Afrika. Hy het beloof dat sodra daar weer poste oopgaan, Wessel daar kan kom werk. Wessel begeer die pos as vlieënier in die platteland, veral by die George tak. Wessel is ook 'n helikopter vlieënier, maar die L100-30 is sy geliefkoosde vliegtuig.

    Dit is eers die volgende dag om vieruur wat die aanloopbaan van Philadelphia in hul gesigsveld verskyn. Doldrum Logistix se basis is hier geleë en Wessel is ook hier naby woonagtig, in Greenwich Eiland. Doldrum deel die militêre lughawe op kontrak, en is gevolglik verseker van 'n betroubare infrastruktuur. Na hy veilig geland het en die nabetragting afgehandel is, gaan hy huis toe. Mandie is uit, en sy werk moontlik nog. Ten spyte van sy moegheid, maak hy solank kos.

    Mandie is eers half agt tuis. Sy kom in en plaas haar handsak en kamerasak op die eetkamertafel en omhels Wessel. Sy is ooglopend tevrede om hom te sien. Hy ook.

    Hallo Wessel. Ek is so bly jy is terug. Ek het jou regtigwaar gemis.

    Ek het jou ook gemis Mandie. Ek het solank kos gemaak, so jy hoef nie vanaand te sukkel nie.

    Dankie, jy is regtig bedagsaam.

    Sy druk sy hand teen haar borste.

    My Wessel gaan seker vanaand vir sy Mandie wys hoeveel hy haar werklik gemis het?

    Hy glimlag na hy eers aan haar gevat het.

    Ja Mandie, ek gaan jou vanaand vasdruk en liefhê tot jy skoon uitasem is.

    Wessel en Mandie eet saam by die gedekte tafel. Die enigste lig is 'n kers wat hy opgesteek het. Hy het 'n bottel wyn uitgehaal en vir hulle geskink. Hulle gesels lekker oor wat sy alles ervaar het. Sy vertel hom van die man wat deur die polisie betrap is met 'n sportsak vol dwelms. Sy het die kans gekry om dit af te neem en 'n storie te skryf. Sy vra hom uit oor sy sending.

    En waar was jy die afgelope drie dae Wessel?

    Ek en John het vrag afgelaai in die Demokratiese Republiek van Kongo.

    Maar is dit nie baie gevaarlik nie?

    Ja, dit is, maar ek vat geen kanse nie. Ons het ingekom, baie laag oor die grond en het dieselfde manier opgestyg. Ons vlieg eers baie vêr see in voor ons opstyg. Dan is daar geen kans dat hulle ons met vuurpyle kan afskiet nie. My grootste frustrasie is John se ongeduld. Hy kan dit net eenvoudig nie hanteer dat ek wat jonger as hy is, die hoof vlieënier is nie. Mandie, hy het nie my kwalifikasies nie, en gevolglik kan hy nie my pos beklee nie. Hy het ook nie my ervaring nie.

    Wessel, ek dink nie jy moet dit so ernstig aantrek nie. Die lewe is eenvoudig so. Hy kan homself mos verbeter. Jy het dit gedoen en jy pluk die vrugte daarvan. Hy kan mos ook.

    Jy is reg Mandie, maar jy weet mos hoe mense is. Hy is verbitterd en dit kom uit in sy daaglikse wandel. Ek ignoreer dit maar en maak of ek dit nie raaksien nie.

    Na ete help hy haar opruim en dan gaan hulle bad. Na hulle gebad het gaan hulle bed toe. Wessel ontklee haar en begin haar liefkoos. Hy vat oor haar liggaam en sy hande weet hoe en waar om te vat. Hy hou aan totdat hy weet sy is rasend van begeerte. Wanneer hy haar in besit neem is die oomblik volmaak en hy neem haar na nuwe hoogtes van hartstog en passie. Mandie is tevrede en gelukkig in sy arms.

    Wessel het hierdie liefde net soveel geniet, maar die gedagte bly maar in sy agterkop dat sy nie met hom wil trou nie. Hy kan nie werklik sê dat sy haar agterdeur oophou vir ingeval iemand beter as hy opdaag nie, maar hy weet wel dat sy nie haar volle toewyding aan hom wil gee nie. Haar toevallige vraag oor hoe hy voel oor 'n oop verhouding is na sy mening nie so onskuldig nie. Ten spyte van haar verduidelikings en oortuigings, bly dit tog in sy agterkop en bly dit seermaak. Sy is nie bereid om in te sit wat hy insit nie. Hy het geen sekuriteit in die verhouding nie. Sy kan enige tyd in die verhouding padgee as sy iemand beter as hy ontmoet of sy kan enige tyd met iemand anders omgang hê. Dit is wat 'n oop verhouding is. Hy kan nie werklik sê nie, maar die onsekerheid is maar daar. Hy het homself baie duidelik uitgespreek teen 'n oop verhouding en hy sal dit nooit ooit aanvaar nie. Of sy nuuskierig was en of sy geskimp het, sal hy seker nooit weet nie, maar die agterdog is nou daar.

    Wessel het ses maande gelede al besluit hy gaan geen verdere druk op haar plaas om te besluit of sy met hom sal trou nie. Hy is self nie seker van haar liefde nie. Hy gee wel om vir haar en is selfs lief vir haar ook. Maar hy sal eerder sonder haar wees as die voortdurende onsekerheid. Sy is gerieflik om te hou as vroulike geselskap. Hulle seks is goed en hy is amper gelukkig. Sy sal seker op 'n dag besef hy vra nie meer nie en dan self begin wonder. Hy het ook reeds besluit as hy van oom Ben hoor vir 'n pos in Suid-Afrika, sal hy gaan sonder om twee keer te dink. Mandie moet maar dan self sien en kom klaar. Sy wil nie 'n toewyding maak nie en gevolglik sal hy nie by haar bly nie. Tot dan is hy gevestig, as sy nie vroeër na 'n ander man gaan nie.

    Harare, Zimbabwe.

    Dit is uiteindelik stil na die lang dag. Die volgende vrag goedere het per vliegtuig aangekom en is veilig in sy pakskuur. Kolindren Singh maak seker dat die kratte almal nog geseël is en sluit dan die groot deur agter hom en sy twee dogters, Laya en Mira. Hulle is 'n tweeling en selfs hy moet soms twee keer kyk om hulle uitmekaar te ken. Hul donker velle is eenders en hulle dra albei as 'n reël dieselfde kleredrag, tradisionele Indiese rokke. Hulle is volgens normale en Westerse standaarde beeldskone vroue en hy moes menige jong man al selfs laat seerkry om weg te bly. Hulle sal self besluit wie hulle vat. Singh self, is agt-en-vyftig jaar oud en sy baard is wit. Sy vrou is twee jaar gelede al oorlede en hy het nie weer 'n vrou geneem nie. Daar is genoeg los vroue wat wedywer om saans in sy bed te wees. Geld praat oral dieselfde taal.

    Singh druk die koevoet in die eerste krat en maak dit oop. Hy gooi die spykers en kramme in die drommetjie want hy wil nie pap wiele veroorsaak nie. Sy dogters is tevrede met die inhoud. Rekenaars is maar skaars hier in Harare en vrek duur. Westerse sanksies egter veroorsaak dat sy besigheid, Singh Importers and Exporters, floreer. Al sy bedrywighede is natuurlik nie wettig nie, maar geen wetgewing geld vir hom nie. Daar is net een persoon wat belangrik is in sy lewe en dit is Kolindren Singh, en dan natuurlik sy twee dogters.

    Die tweede krat is toegerus met 'n klein kolletjie op die G van die woord Singh aangebring is. Dit is nie ooglopend nie en niemand sal dit raaksien nie. Vir Singh egter hou dit betekenis in. Singh maak hierdie krat versigtig oop. Die hele krat is vol skootrekenaars wat in karton houers verseël is. Daar is sagte wit balletjies tussenin om skade te voorkom. Singh haal een uit en breek dit oop. Daar is 'n wit poeier in. Enige kenners sal dit uitken as heroïne, 'n dodelike dwelm. Hierdie krat is groot geld, en ook groot mag. Singh is verslaaf aan mag. Met genoeg geld het hy selfs mag oor baie se lewe en dood. Vir hom is dit vanselfsprekend, en hy pas dit sonder genade toe.

    Laya en Mira werk deurnag om die drie kratte se balletjies te verwyder en in plastiek oliedromme te pak. Hulle is kort voor dagbreek klaar. Die dromme word in die een hoek van die pakhuis gepak, met ander oliedromme voor dit. Vir die ooglopende kyker sal dit lyk soos olie. Daar is selfs oliekolle op die skuur se vloer. Na Singh gesluit het ontmoet hy sy twee toepassers. Hulle is ook sy lyfwagte by geleenthede en dikwels ook sy laksmanne. Hulle is twee broers. Yull en Udesh Khalipha. Hulle kom vanaf Noord-Indië en het onmiddellik gekom toe Singh hulle laat weet het. Hulle is nou al vyf jaar by hom en word deur almal gevrees.

    Sy dogters wag reeds in sy motor, half aan die slaap weens moegheid. Die nag was lank. Sing en sy manne staan vêr genoeg dat hulle nie kan hoor nie.

    Het julle hom laat praat?

    Ja, ons het hom onderhande geneem en oortuig om te praat. Hy het alles erken. Dit was hy wat by die vroumens gespog het. Ons het haar ook reeds opgetel.

    Hulle moet 'n les wees vir enige iemand anders wat wil uitpraat. Sny sy keel af en gooi hom op die ashoop. Sy lyk moet gekry word. Sny maar lekker wyd. Die boodskap moet uitgaan. Geniet 'n bietjie pret met die meisie. Verniel haar en doen dan dieselfde met haar.

    Ons sal so maak. Na ek en Udesh met haar klaar is, kan die manne eers gou hul beurt kry.

    Kry my vanaand weer hier. Ons het werk om te doen. Bring die werkers saam vanaand. Sorg dat een van hulle sien wat met die twee gebeur. Hulle moet te bang wees om te praat.

    Washington DC, Verenigde State Van Amerika.

    Die klein konferensiesaal van die Assistent-direkteur is netjies gemeubileer en daar is gemakstoele rondom die konferensietafel gerangskik met sitplek vir tien. Daar is vanoggend net vier mense in die klein vergadering. Mary Peters, die agt-en-veertigjarige sekretaresse van die assistent-direkteur, is die enigste burgerlike persoon wat in hierdie kring toegelaat word. Haar sekerheidsklaring laat dit toe. Sy neem notas vir die baas, Bill Ryan, wat net so oud soos sy is. Sy het vir almal koffie voorsien en die vergadering is op die punt om te begin. Aan haar anderkant sit die twee senior agente wat betrokke is by die ondersoek. Hulle is die twee-en-veertigjarige Peter Walthers en die nege-en-dertigjarige John MacDonald. Beide het dieselfde sekerheidsklaring, beide is bekwaam in die veld en in nabye afstand selfverdediging. Bill se oë gly waarderend oor haar bene. Sy is in 'n stywe langbroek geklee en vir haar ouderdom is sy 'n aantreklike vrou. Sy is 'n weduwee. Haar man is in diens oorlede.

    Goeie more, ek wil sommer dadelik begin, die dag is kort en ek het heelwat afsprake. Peter?

    "Môre Meneer. Ons weet nou die wapens word versprei vanaf 'n pakhuis in Zimbabwe. Dit behoort aan Singh Importers and Exporters en is in Harare geleë. Hulle spesialiseer in die omseiling van sanksies teen die land. Hulle is by 'n wye netwerk van misdaad soos smokkelhandel en dwelms betrokke. Ons informant het verdwyn, ons vermoed sy is vermoor. Dit wil voorkom of sy op 'n wrede manier deur 'n klomp mans verkrag en daarna keelaf gesny is. Ons volg nog die inligting op. dit is tans nog net 'n aanname, maar ons vermoed hy verskaf dwelms in ruil vir die wapens wat vanuit die Noorde kom, almal van Oosterse afkoms."

    Bill knik en kyk na John. Mary maak steeds notas.

    John?

    "Meneer, Peter is reg. Ons informante het dieselfde inligting gekry, ook van die meisie se dood. Ons het egter vasgestel dat die dwelms vanaf Suid-Afrika kom. Ons is nog nie heeltemal seker nie, maar dit word in bestaande handelsartikels versteek. Dit kan selfs die verpakking ook wees. Singh het 'n bestaande kontrak met Meyer Industries wat sy vervoer per lugvrag hanteer. Ons het geen vermoedens van enige vuil spel aan Meyer se kant nie. Ons het egter werk begin maak om 'n informant te werf in Meyer Industries, net om te verseker dat ons nie dalk op die verkeerde spoor is nie."

    Dankie John. Ons vriende van die CIA het bevestig dat hulle ook bewus is van die grootskaalse wapentransaksies. Dit blyk of Singh maar hoofsaaklik aan kriminele wapens verskaf. Op hierdie stadium is daar geen bewyse dat hy aan militêre instansies voorsien nie. Sy grootste bron van inkomste blyk maar uit die dwelms te wees. Hou jul informante warm op die spoor en John, kry die informant in Meyer. Hy of sy kan handig te pas kom. Peter, ons moet weer 'n informant in Singh se besigheid kry, maar ons kan nie nog 'n moord bekostig nie. Menselewens is kosbaar, al is dit 'n informant. Ons kom Maandag weer hier bymekaar. Geniet julle dag. Mary, bly agter asseblief.

    Die twee agente staan op en verlaat die kantoor. Mary kyk afwagtend na hom. Mary is deeglik bewus dat hy haar aantreklik vind. As vrygesel is hy ook aanloklik.

    Mary, jy is nou al ses jaar in my diens en ek het tot vandag nog nie een keer enige redes gehad om ooit oor jou werk te kla nie en ek het ook nog nooit nodig gehad om met jou vas te sit nie. Ek het die aanbeveling na die Adjunk-direkteur deurgestuur vir 'n posgraadverhoging vir jou.

    Baie dankie Bill, ek waardeer dit.

    As hulle alleen is noem sy hom op sy naam.

    Mary, dit was ses weke gelede. Dit is goedgekeur en jy is reeds op die nuwe salarisskaal. Jy sal die einde van die maand meer verdien. Jy is ook nou geregtig op onderdak parkering en ons gaan jou nou 'n motortoelaag en telefoontoelaag betaal.

    Baie dankie, jy weet nie hoe ek dit waardeer nie.

    Jy het dit verdien. Dit het niks te doen met hoe ek oor jou voel nie.

    Hoe voel jy?

    Mary, ek dink jy weet baie goed.

    Ek weet ja, ek is 'n vrou en ek weet. Maar ek verkies om dit te hoor. Hoekom kom kuier jy nie vir my en vertel my nie?

    Gaan jy nie omgee nie?

    Hy kan sy ore nie glo nie. Die vrou wat hy so lankal begeer staan nie heeltemal onverskillig teenoor hom nie. Hy staan nader. Sy gee nie pad nie.

    Nee, ek gee glad nie om nie Bill.

    Hy kom huiwerend nader en sy gee geen teken dat sy wil keer nie. Hy steek sy hande uit, dit het hom jare geneem om tot hier te kom.

    Mary.

    Bill, ek sal vir jou kos kook en jy kan vir ons wyn bring.

    Mary, jy maak my dag oor en oor.

    Jy maak myne ook Bill.

    Philadelphia.

    Wessel en Mandie swaai rond op die maat van die musiek. Lusties Night Club is vanaand weer tot barstens toe vol. Hulle het reeds geëet en nou dans hulle oor die vloer. Dit is al reeds die vierde dans in 'n ry wat Wessel nie gaan sit het nie en Mandie se asem jaag al van inspanning. Sy geniet elke sekonde. Wessel weet hoe om haar die aand te laat geniet. Sy moet vanaand afskeid neem. Hy gaan vir drie dae weg en vertrek more-oggend na Noord-Afrika, waar hulle voorraad gaan vlieg. Sy het al gewoond geraak aan sy kom en gaan. Wessel gee haar sekuriteit en hy is nooit lank weg nie. Sy gaan om tog mis die tydjie wat hy weg is.

    Wessel, jy maak my aand oor en oor. Ek is so bly jy het hierdie klub gekies. Hier is dit so lewendig.

    Ja Mandie, en stem volkome saam met jou. Hierdie dansplekkie is werklik 'n lekker kuierplek. Die effens duurder prys is oor en oor die moeite werd.

    Kom ons gaan huis toe. Ek wil jou vir myself hê. Ek wil behoorlik afskeid neem van jou.

    Ek gaan net drie dae weg Mandie.

    Hy moet haar vinnig draai om nie teen die lomp danser vas te dans nie.

    Dit is lank genoeg.

    Wessel verstaan nie hierdie vrou nie. Sy is die vrou wat hy bereid is om sy lewe mee te deel. Dit was op 'n stadium sy grootste begeerte, maar hy is ontnugter toe sy nee gesê het. Hy het haar een aand op 'n seiljag gevra om met hom te trou. Sy het nee gesê. Sy sien nie toe al kans daarvoor nie. Sy het hom laat verstaan hy is die een vir haar, maar sy wil nie haar volle toewyding toe al gee nie. Om nie haar volle toewyding te wil gee nie is mos ook dieselfde as om te sê nee, ek gaan myself nie net vir jou eksklusief gee nie. Hy was seergemaak en het dit eers daar gelaat. Toe sy hom kort daarna pols oor 'n oop verhouding, het die twyfel en onsekerheid begin. Nou probeer sy dit weer duidelik maak dat hy al een vir haar is. Wat wil sy regtig hê?

    Hulle drink nog koffie by die ontvangs kroegie, wat ook koffie bedien en dan gaan hulle huis toe. By die huis trek hulle uit en klim in die bed. Wessel hoef geensins eers te probeer om haar passie op te wek nie. Hy soen en vertroetel haar innig. Hy gaan haar ook mis. Hy troetel haar tot hy die dierlike begeerte in haar tasbaar kan voel. Wanneer hy haar in besit neem is die oomblik volmaak. Hy kan later die traantjies oor haar wange sien vloei toe hulle oor die afskeid praat.

    Wessel staan vroeg op en maak koffie. Hy neem vir Mandie in die bed en begin hom gereedmaak om te vertrek. Hy soen vir Mandie voor hy vertrek en ry lughawe toe. Kort voor nege lig hy Jana se wiele op pad na Ghana. John is in 'n verbasende goeie bui. Hy het met die personeel gereël en hulle het toebroodjies ingepak. Die koffie, tee, suiker en melk is ook ingepak en die lang vlug oor die see sal draaglik wees.

    Kaapstad.

    Ben Bruwer, Wessel se oom, parkeer sy motor in die P3 parkeerarea van die KIKS, die Kaapstad Internasionale Konferensie Sentrum. Hy het sy parkeerkaartjie by hom en hy ry met die roltrappe op tot op die grondvloer. Hy stap met die netjiese gang af na die luukse restaurant, Marimbas. Hy is so vier minute vroeg wanneer die kelnerin hom na sy sitplek neem. Hy het skaars gaan sit toe hy Morné sien inkom.

    Wessel en Morné het 'n baie goeie verhouding. Morné is die eienaar van Meyer Industries en hy is die takbestuurder van George tak, maar Ben is die Uitvoerende Direkteur en bestuur die maatskappy in geheel. Hy kry tien persent kommissie. Morné het geen familie oor buiten Adri sy vrou, en Adri sy dogtertjie nie. Hy beskou Ben as sy aanneem oom. Ben staan op en skud sy hand.

    Morné, dit is goed om jou te sien.

    Oom Ben. Dit is self goed om Oom te sien.

    Hulle bestel die gewone wat hulle elke keer bestel. Biefstuk en skyfies en elkeen 'n yskoue tapbier. Die skuim staan lekker wit bo in die glase.

    Oom Ben, dankie dat Oom my ontvang het. Ek onthou wat Oom my gevra het ten opsigte van Oom se nefie. Ons gaan oor twee maande 'n senior pos as vlieënier oop hê. Ek gaan Oom vertrou en hom aanstel op Oom se woord. Hy sal dan kan begin.

    "Dankie Morné, ek is jou ewig dankbaar. Wessel is, soos ek jou vertel het, in diens van 'n lugvrag maatskappy en hy word goed betaal. Ek dink hy is ongelukkig met sy omstandighede. Hy wil eerder hier in Suid-Afrika wees, tussen sy eie mense, en mense met ons waardes. Ek vermoed hy is dalk nie so gelukkig in sy verhouding nie, maar hy praat nie uit nie. Ten opsigte van sy werk kan ek jou net sê dat hy vinnig gevorder het en bo ouer manne aangestel is op grond van sy vermoë. Na

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1