Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vry-
Vry-
Vry-
Ebook97 pages26 minutes

Vry-

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die titel van Gibson se vyfde bundel verwys na die Vrystaatse ruimte waarin die digter grootgeword het en steeds woon, maar dit dui ook op die ontglippende aard van betekenis, selfs te midde van die alledaagse ervaring van die gesinslewe, die spreker se lewe as mediese dokter en sy jeugherinneringe. Soos in Gibson se vorige bundels is daar gedigte wat intense intellektuele betrokkenheid eis voor dit die leser ryklik beloon, maar daar is ook heelwat gedigte wat onmiddellik tref, en liefdesgedigte wat kers vashou by die beste in Afrikaans.
LanguageAfrikaans
Release dateJul 10, 2015
ISBN9780798170543
Vry-
Author

Gilbert Gibson

Gilbert Gibson is in die Vrystaat gebore en praktiseer as internis in Bloemfontein. Hy debuteer in 2001 in Nuwe Stemme 2. Sy eerste bundel Boomplaats ontvang in 2006 die Protea-poësieprys. Boomplaats was ook op die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys. Hierop volg Kaplyn (2007), Oogensiklopedie (2009) en [vii] (2013).

Related to Vry-

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Vry-

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vry- - Gilbert Gibson

    vry-

    gilbert gibson

    Human & Rousseau

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van vry- mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    die vrystaat het ’n horison voor eendag weer ’n see

    en alhoeminder aarde wat ouer word in die geheue van

    water/ wat voor die rant fonteine bedoel/ en tot stof

    jou voete vergader// waar leë parke die slaap

    van biblioteke namaak/ tot anderkant die wilgerbome

    by die spruit/ waar die hart bedaar en skeibare vulkane tot

    niks versaak// die horison lê bedags soos woede voor die deur

    soos honde uitgestrek in die tuin/ ’n anderheilige soek na

    iets wat water/ onder formele tegniek bedek// die brein

    is ’n gedaante wat aspirasies faal/ wat in die styl

    van vlakte nie lig in jou oë verbeel nie/ en dus snags

    jou slaafsbemin/ die horison van binne af, in

    I

    die vry-

    die vry-

    staat het ’n horison

    waarvoor ek oor die stoep kan kyk

    die horison is ’n verknoopte skoenveter

    wat ’n mens deursny met ’n rooi knipmes

    die horison is jou tong

    die horison staan in die lug voor ’n fluitspeler,

    maak jou vir slange bang

    die horison is subtiel soos ’n sweempie

    stof op ’n baadjie se skouer

    dit herroep die droogskoonmaker

    die horison lê soos ’n gevalle mas

    wanneer die anker lig

    lê bedaard soos ’n galg

    en jy is die dood

    as kind ongewoon

    as kind ongewoon met ma afgevlieg kaap toe

    vir vreemde familie gaan kuier van

    bloemfontein af soontoe met die boeing en terug met die viscount

    vergesel deur ’n meeslepende teater van teddiebere en kinderklere

    wat vandag op die plaveisel van lughawes lê.

    bel jare daarna vanaf die vibrerende rand/ van ’n

    bedkassie die stem raak in die donkerte weg

    soos iemand wat in jou arms sterf arme arms

    dit is gevaarlik om alleen te slaap

    meer gevaarlik as om alleen te reis

    die teddiebere is by die lost and found

    ons vlieg meer geredelik, kompakte bagasie

    soontoe met die boeing, terug met die viscount

    ry een april uvongo toe

    ry een april uvongo toe. die naam is ’n

    paradys waarvan diere droom/ langs die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1