Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Van Pollsmoor tot prediker
Van Pollsmoor tot prediker
Van Pollsmoor tot prediker
Ebook150 pages2 hours

Van Pollsmoor tot prediker

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Jaun Truter was 'n gangster in die ergste graad. Noem dit maar: dwelms, aanranding, afpersing, en betrokkenheid by die Russiese mafia in Kaapstad. God gryp in op sy lewe op 'n baie tasbare en hoorbare manier en Jaun gaan tronk toe. Hier leer hy om van voo
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateJul 6, 2015
ISBN9780796319197
Van Pollsmoor tot prediker
Author

Jaun Truter

Jaun dien vyf jaar en twee maande van 'n 10 jaar vonnis vir aanranding, poging tot moord, en besit van 'n gesteelde voertuig uit. Hy verloor sy een oog in 'n laatnag-aanval met messe en gebreekte bierbottels. Hy is tans die hoof van die Alpha-beweging in Suid-Afrika se gevangenesbediening asook die program wat na oudgevangenes omsien. Hy is van Brackenfell, Kaapstad en studeer tans deeltyds teologie. Hy het veral 'n passie om stukkende mense tot emosionele en geestelike volwassenheid te begelei.

Related to Van Pollsmoor tot prediker

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Van Pollsmoor tot prediker

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Van Pollsmoor tot prediker - Jaun Truter

    ’N MOEILIKE BEGIN

    As kind het ek meer as een keer vir my pa gesê ek is seker daarvan ek is nie sy kind nie, want geen pa sal sy kind so behandel nie. My ma het my later gesmeek om dit nie meer te sê nie omdat sy oortuig was dat hy my sou doodslaan.

    Ek is gebore op 24 Augustus 1978 en het in Brackenfell, aan die buitewyke van Kaapstad se noordelike voorstede, grootgeword. Brackenfell het in daardie stadium net begin ontwikkel en die area rondom my ouerhuis was meestal nog bos. In ons straat, wat nog ’n grondpad was, was daar net vyf huise.

    Ek was altyd die swartskaap van die familie. My jonger broer was my pa se gunsteling, terwyl die verhouding tussen my en my ma weer sterker was. Omdat my broer so baie aandag by my pa gekry het, was die kompetisie tussen ons baie straf, selfs meer as wat gewoonlik die geval tussen broers is.

    My broer het die vermoë gehad om elke situasie tot sy voordeel te gebruik en my pa het alles geglo wat hy gesê het. As ek dus kattekwaad aangevang het, het hy my pa daarvan vertel. Ons het vandag steeds nie ’n goeie verhouding nie.

    Ek het in die NG Kerk (NGK) grootgeword en dienste by die Brackenfell Moedergemeente bygewoon. Ek het daar gekatkiseer, maar in my finale katkisasiejaar het my ma by die Pinkster Protestante Kerk (PPK) aangesluit. Aangesien ek reeds besig was met my katkisasie by die NGK, maar ook saam met my gesin kerk toe wou gaan, het ek in my matriekjaar dienste by albei kerke bygewoon.

    In September 1996 het pastoor Buys my groot gedoop in die PPK Goodwood omdat die Brackenfell-gemeente in daardie stadium nie ’n doopbad gehad het nie. Ons hele gesin is in die PPK groot gedoop.

    Ek dink op die oog af het ons soos ’n normale wit, middelklas gesin gelyk. Maar in ons huis was dit glad nie die geval nie. My pa was ’n harde en moeilike mens. Ons het gedurig op eiers geloop, en wanneer hy ’n paar doppe in gehad het, moes jy eers versigtig trap.

    Hoewel daar tye was wat dit beter gegaan het en makliker was om saam met hom te leef was dit maar min. Ons huis­lewe was stormagtig en my pa se humeur en onvoorspelbaar­heid het beteken dat jy nooit geweet het wanneer jy onder ’n paar klappe gaan deurloop nie.

    Ons ouers het gereeld voor ons baklei. Ek het een of twee keer voor my pa gaan staan om my ma te beskerm – die eerste keer was ek nog in die laerskool. Hy het my albei kere geslaan dat ek daar trek. Vuis of plathand, dit het nie vir hom saak gemaak nie. Hy het geglo as seuns moet hy ons hard grootmaak. Jy moet ’n man wees. Dit was egter baie duidelik dat dié beleid nie vir my broer gegeld het nie.

    As kind was ek baie sportief en hoewel ek redelik in atletiek uitgeblink het, het ek nie veel moeite daarmee gedoen nie. In standerd 5 het ek begin gimnastiek doen. Dit was iets waarin ek al jare lank belang gestel het, maar die geleentheid was net nooit daar om dit te beoefen nie. In sub B het ’n man ons skool besoek en sy getuienis gelewer; ek kon nie sy getuienis onthou nie, maar wat my wel ge­weldig beïndruk het, was die twee agteroor-bolmakiesies wat hy agtereenvolgend op die gras gedoen het. Ek het nog vir my maats gesê: Ek wil eendag dit kan doen.

    My pa was op skool ook ’n gimnas en hy het dit baie geniet. Toe hy dus besluit om weer by die sport betrokke te raak het hy ’n gimnastiek-afrigtingskursus gedoen. Om egter by ’n klub te kon afrig moes hy bewys dat hy iemand kon afrig en hy het vir my as sy proefkonyn gebruik.

    Die moontlikheid dat die afrigting my en my pa nader aan mekaar kon bring, het my entoesiasties oor gimnastiek gemaak. Ek het die geleentheid aangegryp om ’n verhouding met hom te bou.

    Toe my pa as afrigter kwalifiseer het hy ’n jonger groepie kinders by die klub begin afrig. Ek het intussen ook die gimnastiek begin geniet en het daarmee voortgegaan. My afrigters by die klub het my afgeraai. Volgens hulle was ek reeds te oud om enige ernstige vordering in dié sport te kon maak. Daarby was ek ook baie lank vir my ouderdom.

    Ek was egter vasbeslote om gimnastiek te doen. Ek wou my pa wys dat ek ook suksesvol kan wees in sy gunsteling­sport ten spyte van wat enigiemand sê. Ek het baie hard gewerk en elke dag tussen vier en ses uur geoefen.

    My pa kon later, weens die aard van sy werk op die spoorweë, nie langer met die afrigting volhou nie. Ek het verstaan dat hy nie meer by my gimnastiek betrokke kon wees nie. Aan die een kant was ek bly. My pa was ’n baie harde mens, so dit was vir my beter dat hy nie by die klub was nie. Die druk sou te veel wees, asook die manier waarop hy voor die ander kinders met my sou praat …

    Nee, dit was beter so.

    Ek het in standerd 6 vir die eerste keer WP-kleure verwerf. Dit was ’n groot eer en my belangstelling in gimnastiek het toe behoorlik vlam gevat. My pa was vreemd genoeg nie baie ondersteunend nie.

    Sy manier om my aan te moedig was deur reverse psycho­logy. Pleks daarvan om my te motiveer, het hy eerder net my tekortkomings uitgewys. Ek is seker hy het geglo dít is hoe jy iemand aanspoor om sukses te behaal. Dit het dus nie saak gemaak hoe goed ek gevaar het nie, volgens hom sou ek altyd beter kon doen.

    Ek het by ’n Suid-Sirkel-kompetisie, waar jy kwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe (SA’s) deel te neem, ’n silwer medalje gekry. My pa se eerste woorde was: Sien jy, as jy harder geoefen het, soos ek vir jou gesê het, dan het jy goud gekry. Nie ’n enkele woord van bemoediging of gelukwensing nie.

    Iemand het eenkeer gesê: As jy tweede kom, is jy die eerste ou om te verloor. Dit het my altyd bygebly. Óf jy is eerste óf dit tel nie. Ek het dus daarna baie goud gewen.

    Van toe af het ek elke jaar my WP-kleure verwerf, maar het eers in standerd 9 gekwalifiseer om SA’s toe te gaan. Ek moes in sewe apparate deelneem. Ek het in daardie spesifieke kompetisie baie goeie punte gekry en ’n brons medalje gewen. Maar selfs dít het tot struweling tussen my en my pa gelei.

    Ek is gekies om aan twee kompetisies in Namibië en die VSA deel te neem. Hoewel ons borgskappe ontvang het, moes ons ouers ’n gedeelte van die koste dra. My pa wou dit nie doen nie en toe het iemand – ek vermoed dit was my afrigter of iemand by die klub – boonop druk op hom probeer plaas om my te stuur. Dít doen jy nie; jy sê hom nie voor nie.

    My pa vat toe die presiese bedrag wat hy sou uitgee om my na die kompetisies te stuur en gaan koop vir my broer ’n splinternuwe bergfiets. Net om te wys dat hy wel die geld het, maar dat hý sal besluit vir wie en hoe hy dit sal gebruik.

    Dit was maar een van die voorvalle – daar was baie ander – wat die skeur tussen my en my paál groter en groter gemaak het. Dit het ook die wrok wat ek teen my pa én broer gehad het, laat groei. Dit was ’n wrok wat ek baie lank sou dra.

    My ma het regtig hard probeer om my pa rede te laat insien, maar sy kon net tot op ’n punt met hom redeneer – wanneer hy sy besluit gemaak het, het hy dit gemaak. Sy het gereeld vir my probeer opkom, maar sy het ook my pa geken en het geweet wanneer sy eeder moet stilbly en nie verder moet teëpraat nie. My ma het gedoen wat sy kon, dit het ek verstaan. Sy het ook maar swaar gekry onder hom, want hy was ’n moeilike mens.

    Hy is vandag nog, maar nie meer so erg nie. Ons het vandag ’n goeie verhouding ná meer as dertig jaar.

    Ons het nooit sakgeld by ons ouers gekry nie. Toe ek in standerd 2 was, het ek besluit ek wil ’n paar rand verdien. Ek het ’n paar motors in ons straat gewas en met die geld wat ek verdien het ’n paar sakke gemengde lekkers gaan koop en ’n kafeetjie in my kamer oopgemaak. Ek het al die kinders in die buurt van lekkers voorsien en ek het goed gedoen. Ek het in ’n stadium tot roomys uit my kamer verkoop. Ek het daardie Kersfees my eie skaatsplank gekoop; dit was R80 en die duurste en beste een op die mark.

    Ek en my broer het toe begin baklei, aangesien ek hom nie daarmee wou laat speel nie. My pa kon my ook nie dwing nie omdat ek die skaatsplank met my eie geld gekoop het.

    Die ander probleem was dat my klante Sondagmiddae voortdurend die deurklokkie gelui het en dit terwyl my pa probeer slaap het. Dié situasie het ook later handuit geruk. Dít en die skaatsplankstorie het die einde van my winkeltjie beteken.

    Daarmee saam het my pa my ook in ’n stadium forseer om my eie skoolboeke en skryfbehoeftes te koop, want ek werk dan nou vir my eie geld.

    In standerd 8 was ek die bestuurder vir Cape Argus-koerantaflewerings in ons buurt. Een middag het ek en een van die outjies wat vir my koerante afgelewer het, stry gekry. Hy was grootmond oor sy bruin gordel in karate en toe die stryery heftiger begin raak, het hy in een van die karate-posisies stelling ingeneem. Karate het my nog nooit oortuig nie. Ek het hom een kyk gegee en hom toe ’n vinnige vuishou in die gesig gegee. Hy is al huilend huis toe met die belofte om sy ma van my gewelddadigheid te vertel. Ek was ietwat oorbluf. Dit was dan net een hou en nie eers ’n volwaardige fight nie.

    Later het sy ma wel by ons huis opgedaag en die storie vir my pa vertel. Hy het my nader geroep en gevra of ek die seun geslaan het. Ek het ja gesê, maar bygevoeg dat hy daarmee begin het. My pa se antwoord was ’n allemintige klap teen die kop. Hy het my boonop aangesê om die mannetjie R20 te betaal vir koerante wat hy kwansuis afgelewer het. Ek was baie ontsteld daaroor.

    Toe ons later die voorval bespreek, sê my pa: "Dit lyk nie of hy gemoer is nie. In die vervolg donner jy vir hom só hard dat hy nie kan terugkom nie. Hy moet selfs te bang wees om voor jou voordeur te kom staan. So, as hier weer iemand kom wat sê jy het hom gemoer, dan wil ek darem kan sien dat jy hom gemoer het. Moenie net een klap gee nie, maak seker jy doen ’n goeie job."

    Sy raad het nie op dowe ore geval nie. Die volgende keer was baie jare later, maar daardie ou het ek ordentlik slae gegee.

    Ons het langs die strand in Gordonsbaai gebraai en die ou was gerook en het skoor gesoek. Ek het my nie veel aan sy praatjies gesteur nie, maar toe hy my ma begin slegsê, was dit verby. Twaalf van sy voortande moes herset word en sy neus was gebreek. Ek het nie meer by my pa gebly nie, maar die mense het geweet dat ek voorheen daar gewoon het. My pa het my eenkeer aangesê om hom vooraf te laat weet as ek ooit moeilikheid huis toe gaan bring. Ek het hom dus gebel en die hele storie vertel. Toe my pa hoor wat daar van my ma gesê is, was sy woorde: "Ek hoop

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1