Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Gesprekke oor die lewe: Die laaste gedagtes van IL de Villiers
Gesprekke oor die lewe: Die laaste gedagtes van IL de Villiers
Gesprekke oor die lewe: Die laaste gedagtes van IL de Villiers
Ebook155 pages3 hours

Gesprekke oor die lewe: Die laaste gedagtes van IL de Villiers

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die alomgeliefde spreker en skrywer ds. Izak de Villiers se laaste preke is in hierdie inspirerende bundel saamgevat. Dié preke, wat nog nooit gepubliseer is nie, is uitgesoek en verwerk deur Amanda Botha, ds. Izak se letterkundige eksekuteur en self ’n bekende in boekkringe. Die preke is meestal tussen 2007 en 2009 by die NGK Aasvoëlkop gelewer.

Ds. Izak se preke is, soos lesers hom leer ken het, prakties en gerig op moderne mense se daaglikse lewe. Sy fokus is telkens op die wonderlike hoop van die evangelie, wat ons bemoedig en inspireer. Hy onderstreep die kleinheid van die mens en die grootheid van God, maar wys hoe God hom oor ons ontferm sodat ons kan weet dat ons nooit alleen is nie.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateAug 20, 2014
ISBN9780796317971
Gesprekke oor die lewe: Die laaste gedagtes van IL de Villiers
Author

Izak de Villiers

Izak de Villiers was een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywer-dominees. Hy was predikant in onder meer Albertinia, Bonnievale en Constantia, voor hy in 1983 redakteur van Sarie word. Hier het sy beroemde rubrieke lesers bekoor en inspireer. In 1991 word hy hoofredakteur van Rapport, tot met sy aftrede. Deurgaans skryf hy vir ’n wye gehoor, alles van digbundels tot inspirasieboeke en handleidings tot gesange vir die Liedboek van die Kerk. Maar dis veral vir sy aangrypende rubrieke en preke dat hy onthou word. Hy is in 2009 oorlede, en een van sy waarderende lesers, die bekende Amanda Botha, het hierdie bundel saamgestel.

Read more from Izak De Villiers

Related to Gesprekke oor die lewe

Related ebooks

Related articles

Reviews for Gesprekke oor die lewe

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Gesprekke oor die lewe - Izak de Villiers

    ’N LEWENSKETS VAN IL DE VILLIERS

    IL de Villiers was, soos hy dit altyd gestel het, ’n Paarliet, ’n Bolander en selfopgelegde Gautenger. Hy was ’n sensitiewe digter en begaafde skrywer. Daarby was hy ’n onkonvensionele prediker, vlymskerp kritikus en realistiese denker. Met sy toetrede tot die joernalistiek in latere jare was hy eers hoofredakteur van SARIE en later van Rapport.

    Izak Louis de Villiers is op 30 Julie 1936 in die Paarl gebore, ’n enigste kind van Stienie en Louis de Villiers, ’n wynmaker by die KWV. Hy het ’n besondere noue band met sy ma gehad. In sy skryfwerk is daar baie verwysings na haar, ’n bewys van hoe ’n groot impak sy op sy lewe gehad het. Vroeg reeds was hy bewus van haar sterk geloof en van kleins af het God en godsdiens die jonge Izak geboei. As sewejarige het hy vyf sjielings met sy eerste gedig verdien wat hy na Die klein Burger stuur het.

    Hy het in 1953 aan Paarl Gimnasium gematrikuleer, toe nog ’n seunskool. Na Paarl Gimnasium het hy verwys as die skool met ’n ellelange tradisie van gestreepte baadjies en grys broeke, verpligte dasdra, regop staan en regop stap, stilbly in die reguit rye, stukke Shakespeare voordra, deelneem aan ernstige debatte en nooit kla nie. Die skool het hom al die jare baie na aan die hart gelê. Met die skool se 150-jarige viering het hy die goue medalje vir uitnemendheid ontvang. Na matriek het hy aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer waar hy die grade BA, BA-Honneurs, MA en die Lisensiaat in Teologie ontvang het – almal cum laude.

    In 1960 trou Izak met Rina Visser. Hulle het twee seuns, Louis en Jacques. Sy eerste gemeente was die NG gemeente Albertinia (1963-1968), waarna hy na die NG gemeente Bonnievale (1969-1972) beroep is. In 1973 skuif hy van die platteland na die NG gemeente Constantia in die suidelike voorstede van Kaapstad. Tien jaar later het hy die ongewone stap gedoen om die preekstoel vir die redakteurstoel te verruil. Hy is as redakteur van die vroue-tydskrif SARIE aangestel. In daardie tyd (1983-1991) het die sirkulasiesyfer ’n rekordgetal van 240 000 bereik. Van 1991 tot 1997 was hy redakteur van die Sondagblad Rapport, wat ook rekordsirkulasiesyfers behaal het – van 50 000 tot 400 000.

    Tog het Izak in ’n onderhoud erken dat hy jammer was dat hy nie ná sy koerantloopbaan terug na die bediening is nie. In ’n media-onderhoud het hy gesê dat … alleen op ’n preekstoel voel jy dit – soms, nie altyd nie; jy’s besig met heilige dinge. Wanneer jy die nagmaal uitdeel, iets gebeur met jou; wanneer jy ’n kind doop ... dis dáár. En dis ’n ongelooflike gevoel. Jy kan soos Petrus daar afklim en daardie gevoel van verheerliking uitbuit – en daar was tye wat ek het, maar tot my skade. Die teenoorgestelde is eerder waar. Jy stap daaruit en jy voel klein. Onbenullig.

    Die hoofrede vir sy aftrede was om meer tyd te vind vir eie skryfwerk. Sy eerste digbundel, Leitourgos, het in 1972 verskyn en het dadelik die aandag op sy besondere talent gevestig. Sy ander digbundels was Manna oor die duine (1974), Gelykenisse en ander verse (1975), Leviet en vreemdeling (1978), Jerusalem tot Johannesburg (2005) en Vervreemdeling (2008).

    Sy Christelike lektuur het steeds ’n baie wye leserskring – plaaslik en ook in die buiteland, veral in die VSA. Sy skryfwerk is onder andere bekroon met die Credo-prys vir Christelike Lektuur vir Leviet en vreemdeling en die M-Net-prys vir poësie vir Jerusalem tot Johannesburg. Depressie, die siekte van ons tyd is met die Andrew Murray-prys bekroon.

    Izak het verskeie gesange vir die Afrikaanse Gesangboek berym en vir jare verskeie godsdiensprogramme op die Afrikaanse radiodiens van die SAUK aangebied.

    Hy het vir dekades die agterblad van SARIE behartig, die politieke hekelrubriek Pollux tot 1997 hanteer en ’n godsdiens- sowel as ’n sportrubriek onder die skuilnaam Anton de Waal geskryf.

    Hy was geseënd omdat hy baie erkenning en toekennings vir sy werk ontvang het. Onder dié wat nog nie vermeld is nie, is die Orde van Disa (Offisiersklas) van die Wes-Kaapse regering; die DF Malan-medalje van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns (diens aan die Afrikaanse kultuur en joernalistiek); die FAK se Prestige-prys, die Media-prys van die Nasionale Kankervereniging en twee goue toekennings vir die Beste publikasie van die Christelike Boekhandelaarsvereniging van Suid-Afrika.

    Vir Izak was sy geloof in die drie-enige God en sy Afrikanerskap wesensbelangrik. Soos hy ouer geword het, het hy hom meer en meer deur die mistieke spiritualiteit laat betrek. Hy het dit só verwoord:

    Hoe ouer ek word, hoe kleiner word my begrip vir redenasies en hoe groter my aanvoeling vir die gesprek wat Iemand met my voer. En wat ek voel en hoor, klop met wat ek in die Bybel lees en beleef wanneer ’n lied aangehef of ’n gebed gebid word. Ek weet dit is die nabyheid van Christus. In dié sin wéét ek Hy het opgestaan.

    En na Hy weg is, het Hy die wêreld agtergelaat met ’n onbegryplike en misterieuse kennis vir die wat soek, en ’n vreemde sekerheid van ’n Teenwoordigheid."

    (Uit: Liedjies uit ’n towerfluit, Christelike Uitgewersmaatskappy 2007).

    Izak Louis de Villiers is op 27 September 2009 oorlede nadat hy met motorneuronsiekte gediagnoseer is. Hy was 73.

    Amanda Botha

    IL DE VILLIERS AS PREDIKER

    Izak de Villiers was een van die mees begaafde predikante waarmee die NG Kerk in die laaste aantal dekades geseën was. Sy skerp intellek, sy besondere leierseienskappe en sy vermoë om mense en situasies op te som het ’n diep indruk gemaak op almal wat sy lewenspad gekruis het.

    Dit is veral as woordkunstenaar wat hy onthou sal word. Sy bydrae tot die Afrikaanse Gesangeboek van 1978 en die Liedboek van die Kerk van 2001 is nie net omvangryk nie, maar ook van so ’n aard dat die meeste van sy liedtekste ’n spesiale plek in die hart van derduisende lidmate van die kerk verower het.

    Naas die bydrae tot hierdie sangbundels het hy natuurlik verdere bekendheid verwerf vir sy werk as digter met ’n hele aantal digbundels waarin nie net religieuse temas nie, maar ook temas van die universele kwessies van menswees aan die orde gestel word.

    Sy woordkuns het ook in sy prediking neerslag gevind. Keurige taalgebruik, treffende woordkeuse en helder formulering het van sy preke onvergeetlike geleenthede gemaak. Soos in sy poësie, het die volheid van die lewe en die wye omvang van lewensvrae ook in sy prediking aandag geniet.

    Sy prediking was soos sy persoonlikheid eiesoortig van aard en nie gebonde aan een of ander konvensionele patroon nie. Filosofiese en literêre verwysings is met anekdotes uit sy eie lewenservaring en vertellings uit die geskiedenis van die mensdom afgewissel. Beskrywende beelde het moeilike konsepte op ’n eenvoudig verstaanbare manier aan sy luisteraars oorgedra. Al hierdie verskillende fasette van sy prediking is deur ’n deurleefde insig in die grondverhaal van die Bybel en ’n onwrikbare liefde vir God gedra. In hierdie publikasie word dit aan die woord gestel.

    Die laaste paar jaar van sy lewe was dit my voorreg om ten nouste met hom te kon saamwerk en ook gereeld na sy preke te kon luister. Tot kort voor sy dood het hy gereeld as prediker in sy laaste tuisgemeente, die Aasvoëlkop-gemeente in Johannesburg, opgetree. Ook daar het sy prediking mense geboei en ’n diep indruk gelaat – nie omdat hy ooit probeer het om mense te beïndruk nie, maar omdat hy oor die vermoë beskik het om die evangelie op ’n oorspronklike manier vir mense toeganklik te maak.

    Dit is met groot dankbaarheid dat hierdie bundel wat die preke van daardie laaste fase van sy bediening bevat, aan ’n wyer leserspubliek beskikbaar gestel word. Dit word met die oortuiging gedoen dat sy unieke spreek- en preekwyse nog talle mense kan help om tot ’n dieper verstaan te kom van die veelkleurige genade van die God in wie se diens hy gestaan het.

    Dr André Bartlet

    Hoof: Sentrum vir Bedieningsontwikkeling (SBO/Excelsus) Universiteit van Pretoria

    VERANTWOORDING

    Hierdie bundel bevat die laaste preke wat ds IL (Izak) de Villiers tussen 2007 en 2009 by die NG gemeente Aasvoëlkop in Johannesburg gelewer het. Die preke is op band opgeneem en getranskribeer.

    In hierdie reeks preke is daar ’n goue draad wat getuig van ds Izak se viering van God se teenwoordigheid, maar ook sy voortdurende soeke na die groter wysheid wat lewenspatrone sinvol orden. Hy was wyd belese en het intiem met die Woord omgegaan. Vir hom was die soeke na ’n vollediger begrip van God ’n lewensreis. Hy kon met die Woord worstel en ook kinderlik daarmee omgaan. Hy het verstaan dat menslike denke die grootheid van God nie kon omvou nie. Hy was dus altyd oop vir insig – om weer te dink, maar ook om verras te word.

    Met die redigering van die preke is verwysings en spesifiek-gebonde anekdotes en stories weggelaat met die doel om die essensie van sy oordenking aan die leser te bied. Hy was ’n onkonvensionele prediker, vlymskerp kritikus en realistiese denker.

    Twee maande na sy laaste preek by die gemeente Aasvoëlkop is hy in 2009 oorlede nadat hy met motorneuronsiekte gediagnoseer is.

    Die jaar voor sy dood het hy my as letterkundige eksekuteur aangewys en dit is vir my ’n voorreg om in hierdie hoedanigheid hierdie laaste reeks preke te redigeer. Ek erken ook graag insette van sy vriend, ds Marius Greeff.

    Amanda Botha

    1

    DIE STEM VAN DIE HERE IS SAG SOOS DIE WIND

    GEBED

    Onse Heer, ons is hier omdat ons U nodig het. Ons is hier omdat ons ’n behoefte het aan U en u teenwoordigheid. Ons het U so nodig. Ons kan in hierdie gevaarlike wêreld nie sonder U lewe nie. Ons het nodig dat u hand ons hand kom vat. Ons het nodig, Here, dat U ons seën in wat ons doen, want as die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk dié wat daaraan bou. Ons kom om u stem te hoor. Ons kom vir ’n versekering dat U ons Vader is, deur die Seun in die Gees. Ons kom, Here, vir lering, vir ’n boodskap; boweal kom ons vir aanbidding, om te sing tot u eer en te bid in u heilige Naam. Ons bid Here, maak u Woord vir ons oop, beweeg hier tussen ons met u Gees, raak ons hart aan, skenk ons u vrede. Amen.

    ONS LEES SAAM UIT PSALM 29:1-11

    ’n Psalm van Dawid.

    ¹Prys die Here, julle hemelinge! Prys die Here om sy eer en mag! ²Prys die Here om die eer van sy Naam! Buig voor die Here by sy heilige verskyning! ³Die stem van die Here weerklink oor die waters. Dit is die magtige God wat die weer laat dreun; die Here self is op die groot waters! ⁴Die stem van die Here is magtig, die stem van die Here is vol majesteit. ⁵Die stem van die Here kloof die seders van die Libanon oop. ⁶Hy laat die Libanon bokspring soos ’n kalf en die Sirjon soos ’n jong bees. ⁷Die stem van die Here laat weerlig uitslaan. ⁸Die stem van die Here laat die woestyn bewe. Die Here laat die Kadeswoestyn bewe. ⁹Die stem van die Here laat die wildsbokke ruk van skrik; dit stroop die bosse kaal. In sy paleis roep almal uit: Hoe geweldig! ¹⁰Die Here heers oor die watermassas, Hy heers vir altyd as koning. ¹¹Die Here gee krag aan sy volk ...

    Die groot skrywer van wetenskapfiksie, HG Wells, het ’n kortverhaal geskrywe oor ’n sekere Anglikaanse biskop wat ’n groot probleem gehad het. Die biskop staan toe in die middel van die nag op om daaroor te bid.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1