Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Debora en seuns
Debora en seuns
Debora en seuns
Ebook505 pages9 hours

Debora en seuns

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Debora en haar gesin daag een nag uit die bloute op en maak opslae op die dorp. Die dorpenaars begryp hulle nie, want hulle hou hulle eenkant. Maar Debora-hulle is die mense op wie Margot Scott so lank gewag het. Die mense wat haar lewe sal vól maak. Al waarsku haar ma haar dat mense kom en mense gaan. Die Tweede Wêreldoorlog breek uit en Margot leer dat die liefde vol geheime en hartseer kan wees. Tog is dit liefde wat haar dryf om ’n groot sprong te waag die vreemde in. Een wat haar lewe kan kos . . .
LanguageAfrikaans
Release dateMar 6, 2015
ISBN9780798169608
Debora en seuns
Author

Helene de Kock

Helene de Kock het aan die Rand grootgeword, aan die Universiteite van Pretoria en Noordwes gestudeer, en aan verskeie konservatoria onderrig in sang ontvang. Helene het ’n PhD in skryfkuns. Sy skryf voltyds en woon in Pretoria. Daar het reeds talle romans uit haar pen verskyn.

Read more from Helene De Kock

Related to Debora en seuns

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Debora en seuns

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Debora en seuns - Helene de Kock

    Vir Jos

    Proloog

    1946

    Tussen weggaan en terugkom lê daar ’n kloof. En tuiskoms is nie gewaarborg nie. Dit weet Margot nou vir seker.

    Haar hart sit in haar keel toe hulle die dorp binnery. Alles vertoon min of meer dieselfde – en tog ook nie. Sy herken ’n paar gesigte op sypaadjies maar hulle merk nie werklik die vreemde kar op nie. Te toegespin in hul eie bestaan. Daar is tant Sina wat ouer geword het, die mond diep ingekeep. En Trudie wat ’n babawaentjie stoot. Nou toe nou. Hulle ry verby Debora en Seuns en sy wonder wie op die oomblik in die winkel is. Erik dalk … of net Debora en Elisa. Maar sy raai net. Sy staar oor ’n kloof in ’n skemerte in. Sy sal geduldig moet wees. En bereid om verandering hier te aanvaar. Al het syself ook tot verandering bygedra. Maar die oorlog was die grootste oorsaak dat baie dinge onherroeplik verander het. Só troos sy haarself, maar die gevoel dat sy onder iets of iemand gaan deurloop, wil nie wyk nie. Dit ís so dat sy weggeloop het. En nou rol die jare terug en sy word bang.

    Vasgevang deur klein paniek loer sy na die man agter die stuur en sien die effense keep tussen die wenkbroue. Hy probeer ook bo-oor die kloof kyk, weet sy intuïtief. En sy draai om na die slapende kind op die agterste sitplek. ’n Weekheid kom oor haar. Liewe Vader, laat alles tog wel wees. Sy sug verlig toe hulle die binnedorp uitry, die buurte in.

    Halfpad teen die bult uit hou hy in die stofstraat stil, trek die handrem van die Morris Minor knarsend op. Agter hulle in die straat hang die stof roesbruin in die laatlig. Hulle kyk na die huis met die wit mure en Victoriaanse traliewerk heel aan die bopunt van die straat. Die digte ry sipresse wat aan weerskant die erf beskut. Dit lyk nog nes altyd. En herinnering vang haar met ’n koel en skokkende suiwerheid – vars soos die Oos-Vrystaatse lug om hulle. Sy herroep tot die geure van die huis. Die botter-en-vanilla van die kombuis, die delikate fyngeur van die laventelbosse in die dubbele dorpserf, die soet geur van hope gedroogde roosblare wat Debora in seep gegooi het. En die vrou se heserige stem wat tussen die werkery deur opklink.

    Sy sluk aan die stramheid in haar keel. Sy het dit so amper alles verloor. Dat sy dit op hierdie oomblik so helder kan oproep, is klaar ’n mirakel. Haar oë drink elke klein besonderheid van die huis in.

    Die laaste sonstrale het die ryk helderheid van marmelade. Dit glim op die hoë spitsdak en tussen die stewige vrugtebome wat geil in drag weerskant van die huis staan. Die soel skemer dra die dag se hitte nog voelbaar sodat Margot haar welige krulhare oor haar skouers terugstoot.

    ’n Byna vergete deernis wel in haar op. Daardie huis met sy verskuilde geskiedenis is in haar bloed.

    Nou, by die aanskoue daarvan, kan sy dit nie ontken nie.

    Selfs in die tyd toe sy so woedend en radeloos van verlange was, was hierdie plek háár plek.

    Sien jy kans? vra hy, raak vlugtig aan haar knie. Sy kan die onrustige stuwing van sy gedagtes aanvoel soos wat mens die koers van die wind kan peil. En sy dink bedug: Hoe mooi moet mens trap.

    Vir Debora of vir jou? vra sy nietemin speels.

    Vir albei. Jy weet dit so goed soos ek.

    Sy vang die onderliggende angstigheid in sy stem op. Hy is steeds so behoedsaam. So intens ernstig. Bly maar bang vir die lewe se byt. Dit vat so aan haar dat sy haar lippe opmekaar moet klem. Hoe kwesbaar is hy. Nes ’n klein dier wat wie weet wanneer seergekry het en steeds maklik sal wegskarrel.

    Sy draai dwars op die sitplek, haar oë op die strak mond. Natuurlik weet ek dit. Wat is daar van jou wat ek nie weet nie? Sy leun oor en neem sy gesig in haar hande, voel in haar palms hoedat hy begin meegee. Uitreik na haar. Hierdie uiteindelike en volkome oorlewering van homself. Hoe lank het dit hom geneem. Hoe lánk.

    Sy kyk in sy oë, soen hom op die punt van sy neus, toe op albei gladgeskeerde wange en laastens vol op die mond. Sy voel met genoegdoening hoedat sy arms om haar vasklamp. Sy lippe verken hare met ’n passie wat haar asem vlak in haar keel laat jaag. En toe hy sy kop lig, is daar lag in sy oë. Hy glimlag sy sterk wit glimlag wat ’n kreukel in sy regterwang maak.

    Margot wat so baie weet. Hy trek sy asem diep in: En jou woorde is altyd so helder. Ek kan selfs die kommas en punte hoor.

    Sy sit tjoepstil in sy omarming. Weet goed hoe skaars sulke ontboesemings is. Maar sy kan dit nie weerstaan om hom te terg nie. Dis immers iets wat hy nou sal moet gewoond raak. Speelsheid.

    Hulle sê woorde kan hartstog wek. Haar vingers speel oor sy gesig, rus lig op sy mond.

    Hy vat haar vingerpunte vas, druk sy lippe daarteen en fluister: Ja, jóú woorde maak my bene lam. Nog altyd. Toe hy besef wat hy gesê het, stoot ’n gloed onder sy soel vel op. Toe eers merk hy die lag in haar en glimlag ook skeefweg.

    Kom, my lief, sê sy. Laat ons na Debora toe gaan. Ek verlang al na haar.

    Hy sug verlig en sy voel die klein prik van haar gewete.

    Regtig, paai sy om hom verder gerus te stel, dit was te lank.

    Ja, sê hy, heeltemal te lank.

    Hoofstuk 1

    Margot se gedagtes is voortdurend met die Schlagerfeldts besig, soms teen haar sin. Maar sy kan nie anders nie, kon nog nooit nie. En nou in haar matriekjaar het haar vrae nie minder geword nie, al ken sy hulle reeds so goed.

    Want in hierdie dorp het Debora se storie die mense dwarsdeur die Depressiejare en die lange droogte bly fassineer. Nie eens die feit dat daar pas weer ’n oorlog in Europa uitgebreek het, maak die Schlagerfeldts minder interessant nie. So tussen die skinderpraatjies deur koop die huisvrouens deesdae koorsig die blikkies boeliebief, tee, koffie en suiker in die winkels op. In Eisenstein se winkel was die houtrakke laas Saterdag feitlik leeg. G’n konfyt of Marmite oor nie.

    Opgaarders! kryt die koerante die berserkte kopers uit.

    Dié optrede is uit angs gebore, so meen Margot se ma, Susan Scott. En Margot weet dis waar. Mense is bang dat iets gaan opraak. Of erger, wegraak. Hul daaglikse brood. En hul vrede. Daarom maak hulle bymekaar.

    Selfs Debora se snoepgoedwinkeltjie word byna daagliks leeg gekoop. Daaroor wys die dorpenaars ook vroom vinger na mekaar. Die jaar 1939 het weer eens sulke sware tye gebring en dan ooreet mense hulle aan swiets en jêm. Om van daai vrou se sponserige brode nie te praat nie.

    Margot wag vir haar ma om klaar te maak vir die biduur en voel hoedat ’n loomheid haar oorval. Sy het haar vanmiddag kaduks geleer aan die geskiedenis en Engelse letterkunde. Sy kan Macbeth wat vir matriek voorgeskryf is al amper opsê. As haar ma nie gou kom nie, raak sy net hier aan die slaap.

    Haar gedagtes dwaal weer na die Schlagerfeldts. Debora se storie is op hierdie Oos-Vrystaatse dorp sowaar al van alle kante af bekyk. Vrou-uit-die-nag is die gewildste variasie op die tema. Hoe onoorspronklik, merk Susan Scott soms op. Volgens haar kan dié storie net een titel hê: Debora en seuns.

    Want, beduie Susan dikwels, Debora het soveel fasette dat mens onmoontlik net een kan uitlig. Die feit dat sy en haar mense uit die nag te voorskyn gekom het, is irrelevant. As sy in daglig gearriveer het, sou die misterie presies dieselfde gewees het. Want Debora én haar seuns is uniek. Selfs al is daar sterk familietrekke op al drie die kinders se gesigte te bespeur, aard hul elkeen net na homself.

    Met al haar ma se stellings kon Margot mettertyd volkome saamstem. Sy self het dikwels oor hul geheimsinnige koms gewonder. En vanaand krap-krap haar gedagtes weer op soek na antwoorde. Vrae wat voorheen net ’n gekriewel was, word deesdae vir haar dwingend belangrik.

    Debora-hulle het redelik vroeg in die dertigerjare net een nag gearriveer. Nogal kort na dié Aprilmaand in 1934 wat Adolf Hitler sy vernaamste politieke opponente om die lewe laat bring het in die sogenaamde Nag van die Lang Messe. Die gemoedere was toentertyd, nes nou, opgesweep en mense bereid om enigiets van enigiemand te glo.

    Sommige wou opsluit hê Debora Schlagerfeldt en haar gesin moes Duitse vlugtelinge wees. Hulle práát dan soms Duits … Dalk is hulle mense wat die Nag van die Lang Messe ontkom het en nou hier in dorpsgeledere kom skuiling soek.

    En dié storie slaan nog, nes ’n hardnekkige veldvuurtjie, kort-kort iewers uit. Al het die gesin Schlagerfeldt in ’n Amerikaanse 1934-Ford Model B opgedaag, wou die gerugte dat hulle Duits is, nie gaan lê nie. Dit was meesal die vrouens wat so gedink het. Die mans was meer geïnteresseerd in die nuwe maroen-en-swart motor met sy groot silwerblink kopligte en vier silinders. Maar ook die karpraatjies het later fut verloor. Dit namate die maroen-en-swart met die jare dowwer geword het en die swierige wit van die bande gelerig. Dan het die pratery weer meer na die eienaars self toe gedraai wat uit die niet verskyn het daardie tyd toe Hertzog en Smuts se partye saamgesmelt het.

    Susan Scott kom asemrig van gejaagdheid die sitkamer in, kerkhoed op die kop. Kom, Margot!

    So asof dit sý is wat bly draai het. Margot glimlag net toe sy haar hoed met die wit blom opsit.

    Toe hulle eindelik in die kerk sit, sien Margot dat haar ma sweet van haar bolip afvee. En syself het moeite om deur die kort diens wakker te bly. Sy is verlig toe dominee Hamman eindelik, ná al die geprewelde gebede, luid amen sê.

    Vanaand is die Schlagerfeldts weer op mense se lippe toe die bidders in die kerksaal tee drink. Maar die onrustige geselsery bly eers al om die oorlog karring. Sy kan aan haar ma se gesig sien dat die gesprek haar by voorbaat vermoei.

    Daar gaan nog baie meer as net glas breek, profeteer oom Karel van Langspruit en slurp die warm koffie uit die piering.

    Nee wat, oom Karel, sê Helgaard Smit, wat ook in die distrik boer, jy kan nie alles op laas jaar se Kristalnag baseer nie.

    Wat vir ’n ding was dit? vra Sina Pienaar en blaas tuitmond oor die kookwarm tee.

    Dis vreeslike dinge daardie, Sina, antwoord oom Karel paraat. Hitler het mos laas jaar November drie honderd sinagoges en Joodse besighede verwoes. Daar’t so baie glas gebreek dat hulle nou die negende November van 1938 die Kristalnag noem.

    Sina sit haar koppie terstond neer. So ’n mooi naam vir so ’n vreeslike ding, darem!

    ’n Ieder en ’n elk lug gedetermineerd sy mening en al gou eskaleer die gesprekke tot ’n kakofoniese gedreun wat soos donderweer uitwoed en wegsak. Vir Margot klink al die praatjies bloot na bogtery.

    Daar stol oomblikke wat die biduurgangers mekaar onderlangs agterdogtig bekyk en dan lomperig na ander onderwerpe begin tas.

    Die ongedurige weer hier in die Vrystaatse Hoogland wat mik-mik na somer en dit net nie regkry nie.

    Die kapok wat waarskynlik weer winterwit op die Maluti-berge gaan lê voordat dit nou regtig warmer gaan word.

    En noudat dit klink asof die wêreld orals opnuut omgeellie is, gryp mense wild na enigiets wat die onrus kan besweer. Margot se gedagtes is nie koud nie of Debora se skim begin onder hulle beweeg.

    Die Schlagerfeldt-vrou, begin tannie Tredoux sugtend herkou, ek wonder darem.

    Ou verhaal. Holrug gery. Maar met ’n bietjie gestook, steeds eersteklas skinderstof.

    Ja-nee, sê Sina Pienaar, tweede koppie tee stortend in die hand. Debora bly al jarre hierso maar wat weet mens van haar af? Kom wel kerk toe en haar seuns is tog stigtelik, nie waar nie? En solank sy nie met Hitler saamstem nie, kan sy mos darem Duits wees. Nou nie ’n Nazi nie, maar … ?

    Tannie Tredoux ruk haar op. Wat daarvan as sy ’n Nazi is? En wie sê Hitler kan nie die wêreld regruk nie?

    Stilte tik soos ’n versteekte bom. Die tee- en koffiedrinkers vorm twee groepe. Vir die Nazi’s en teen die Nazi’s. Saam met Smuts en die Geallieerdes teen die Duitsers of … wat? Wát, inderdaad. ’n Hete debat bars los. Margot voel hoedat haar ma haar boarm styf vasvat. Sy vryf vertroostend oor haar ma se vingers.

    Wag, fluister sy, ek wil hoor.

    Tj, klik Susan met haar tong maar bly nietemin staan.

    Wat nou as die hele Suid-Afrika Nazigesind raak? wil ’n omgekrapte boer van duskant Arlington weet. Sal dit nou so erg wees?

    Maar noudat jy so praat, vra ouderling Kirsten, by waffer kant skaar jy jou altemit? By die Ingelse wat onse vrouens en kinners in kampe gefolter het?

    Die politiek swel dik in die kerksaal. Loop kokend oor die rand van stigtelikheid, nes deeg wat te veel suurdeeg in het. Totdat dominee Hamman verbouereerd keel skoonmaak.

    Broers en susters, kom ons los nou maar die oorlog buite. Maar dit het weinig effek. Hy kug en verskoon hom, los die smeulende biduurgangers net daar in die flou verligte saal.

    Margot Scott bêre die gesprek woord vir woord in haar kop. Dat vroue én mans darem kan spekuleer! Die manne bondel in grommende groepies saam en die vroue takel mekaar en sommer vir Debora in haar afwesigheid ook. Hulle wonder presies waar dié vrou se politiek staan en sommer ook waar die Jode, Eisenstein en Greenberg, se lojaliteit lê – al koop mens darem so lekker in hul winkels.

    Margot byt haar lip vas. Dis erger as wat dit soms tussen die skoolmeisies tydens pouse gaan. Die taamlik onsamehangende gesprek kolk al om haar. Toe sy wil omdraai om uit te stap is dit haar ma wat haar terughou want skielik werp tant Sue Ferreira haar ook met oorgawe in die deurmekaar gesprek: Ja, en dan’t Eisenstein nog die mooie Rebekka. Om te dink hy stuur die kind Johannesburg toe om skool te gaan.

    Sina Pienaar kyk haar betigtend aan: Eisenstein het Rebekka weggestuur om na ’n Joodse skool toe te gaan, soos dit hoort, Sue. Maar tj! Dis nie waaroor ons nou praat nie. Waar anders sal jy witsuiker en lekker sterk garing en lappiesgoed kry, vra ek jou?

    Stadig nou, julle, maan Isak Pienaar en skud sy kop op sy dik nek. Maar ek verstaan wat my vrou probeer sê want ek is ook aan Smuts se kant.

    Op hierdie punt sê Susan Scott ferm: Kom nou, Margot.

    Hulle groet en stap weg in die koel, helder maanlig.

    Wat dink Mamma gaan gebeur? vra sy toe hulle al byna op die hoek is waar hulle na hul straat toe opdraai.

    Jy bedoel wat gaan nou van die dorp se relatiewe vredigheid word? vra haar ma. Met die oorlogswolke wat veraf blits, het mens nie nog ’n onderlinge getwis ook nodig nie.

    Margot bly liewer stil, luister net na hul knarsende voetstappe op die stowwerige gruis. Hulle loop die drie groot dorpsblokke straatop teen die rant, tot skuins voor die Victoriaanse huis waar Debora Schlagerfeldt toentertyd ingetrek het. Susan trek haar jaspante effens uitasem nader aan mekaar.

    Sal ons nou vir Debora van die onstuimigheid by die kerk gaan vertel? wonder Margot hardop.

    Nee wat. Debora het tog g’n sin aan los praatjies nie. Sy sal net ’n hand ophou en ‘Genug!’ sê.

    Margot lag sag. Genoeg! is Debora se geliefkoosde stopwoord. As ’n gesprek of enige situasie volgens haar getemper moet word, sê sy net ferm: Genug!

    Daarom loop sy swyend agter haar ma aan na hul klein rooidakhuis op die kalerige erf. Regoor hulle in Debora se statige woning skyn daar nog geel lamplig agter die roomkleurige gordyne.

    Tuis maak Margot nog tee. In haar kop weerklink die aand se vele gesprekke. Sy het die implikasies daarvan goed begryp want haar ma het nog altyd met haar gepraat asof sy ’n grootmens is. Boonop in Afrikaans en in Engels. Sy skink twee koppies vol en neem dit sitkamer toe waar haar ma al in die leunstoel met die geskifte maroen linneoortreksel sit.

    Sy gee die tee aan en gaan sit op die holgesitte sitkamerbank, vou haar lang bene onder haar in.

    Margot, sê Susan stadig, ek is trots op jou.

    Haai, Ma?

    Susan knik. Ja, jy is nou mooi rond geslyp, dink ek. Byna soos van die meisies wat ek destyds in Engeland teëgekom het. En ook soos Debora. Jy sien, jy praat verfynd dog reguit.

    Margot glimlag. Maar Mamma het dit by my ingedril, hoor.

    Ja, ek het, sug Susan met ’n klein skouerophaling. Dis seker maar die onderwyseres in my want as ’n mens met jou mond vol tande staan as jy jou saak moet stel, is jy verlore.

    Maar Mamma het dan vanaand niks gesê nie. En ek ook nie.

    Glo my, die tyd om sterk standpunt in te neem, sal kom.

    Margot glimlag net en proe aan haar warm tee.

    Hulle gesels onvermydelik weer oor die politiekery in die kerksaal.

    Maar ek moet jou waarsku, my kind. Ons leef in tye waarin allerlei sotlike idees vir soetkoek opgevreet word.

    Soos wat, Mamma?

    Soos dat swart mense, Russe en Jode sogenaamde Untermenschen is. Jy weet, Goering, die hoof van die Duitsers se Luftwaffe, het verlede jaar glo gesê die Tsjegge is ’n miserabele pigmeeras.

    Hy klink aaklig, gaap Margot. Dink Ma die oorlog gaan hiernatoe ook kom?

    Wie weet? Maar kom ons gaan slaap. Môre is dit skool.

    Margot soen haar ma nag en gaan kruip in. Sy is eensklaps nog moeër van die aand se lang biduur en die daaropvolgende oproerigheid. Maar dis Debora wat weer by haar bly spook. Sy weet haar ma was Debora nog altyd simpatiekgesind. Susan Scott was mos al self in ’n situasie waar niemand met jou praat as hulle nie werklik moet nie. Dit was wel lank gelede, maar tog. Hierdie dorp het haar ma glo darem ná ’n jaar of wat aanvaar. Vreemd dat hulle nie haar destydse verblyf in Engeland vanaand genoem het nie, dink Margot. Maar al wat hulle weet, is dat sy uit Engeland hier aangekom het met ’n baba in haar arms. Hulle het aangeneem sy is ’n weduwee en sy het hulle nie reggehelp nie.

    Dat die dorpenaars mevrou Susan Scott wel aanvaar het, bly vir Margot op ’n manier wonderlik. Glo aanvanklik met bedugte afstandelikheid. Waarskynlik omdat hulle van Susan afhanklik was en is want sy het gou ’n pos by die plaaslike hoërskool gekry. Met ’n meestersgraad in Engelse geskiedenis, plus die feit dat sy so wel ter tale is, was dit seker nie moeilik nie. Niemand kan so goed vir hulle kinders in Afrikaans én Engels klasgee soos sy nie. Margot trek die laken tot onder haar ken. Sy wens soos altyd dat sy meer van haar ma se tyd in Londen kon weet. Want Susan het ná sy op Stellenbosch klaar gestudeer het, vir twee jaar lank in Londen by haar oorlede pa se suster gaan kuier. En soos dit vir Margot voel, so ampertjies Engels geword. Want sy kan saam met die Engelse kuier asof sy Brits is en saam met die Afrikaners soos die gebore Afrikaner wat sy is.

    Hierdie streek het sy geswore Engelse en sy stoere Afrikaners. Hulle groet mekaar, kuier selfs oor en weer. Maar op skool is hul kinders in aparte klasse sodat Susan die geskiedenis om die beurt in Afrikaans en Engels aanbied.

    Margot trek die twee dunnerige wolkomberse oor haar. Haar gedagtes begin om die ou kwessie draai. Waar kom sy regtig vandaan? Al wat haar ma ooit sê, is: Jou pa is Henry Scott, ’n Engelsman wat gedink het hy kan met my mors.

    Reguit woorde wat Margot telkens kwaad maak.

    Soms gaan lê die onderwerp. Maar sy weet sy gaan eendag die moed bymekaarskraap om oor als uit te vra.

    Die slaap bly net-net buite haar bereik en later lê sy met haar hande agter haar kop ingevou. Die uitbreek van die oorlog is en bly onrusbarend. ’n Paar dae gelede het sy ’n ou kopie van die Sunday Times by Eisenstein in die hande gekry. Tot haar teleurstelling het dit meer spekulasie as nuus bevat. Wat haar nogal kwel, is dat die Unie onder Jan Smuts nou ook oorlog teen die Duitsers verklaar het.

    Margot se gedagtes kies opnuut hul eie dwalende koers. Dis as mens alleen oor die oorlog begin wonder dat jy bang word. En dis dan wat haar kop liewer maar nes die dorpenaars s’n begin skommel en skuif aan die gegewe rondom Debora. Vir haar nou al liewe Debora.

    Margot dink aan die nag in 1934 toe Debora en haar mense so stilweg in die rysige huis oorkant die straat ingetrek het. Heel onopsigtelik maar met ’n sekere dinamiek wat allerlei vibrasies straataf gestuur het.

    Selfs as jong kind het sy bewus geraak van die geskinder om die Schlagerfeldts. Sy ril effens en trek die kombers hoër op. Dis nog maar einde September en steeds koel in hierdie streek met sy donkerbruin klowe en okergeel sandsteenkoppe. Nog glad nie te laat vir ontydige ryp nie. Margot se mond pluk in ’n skewe laggie. Net so onverwags en amper ontydig was Debora se koms.

    Mense was destyds met die Depressie ook maar te dankbaar om oor iets anders te kon praat as hul eie gesukkel om kop bo water te hou. Die geskarrel om ’n sakkie boermeel vir broodbak te gaan koop. En hulle was ook al deurgepraat oor Smuts en Hertzog se koalisieregering. Argumentasies wat al om die eie as draai.

    Daarom het Debora se storie geloop waar hy wou. Hoe dit ook al sy, Margot het klein soos sy was moontlik onbewustelik begin besef dat nuwelinge altyd ’n geskiedenis met hulle saambring.

    Debora Schlagerfeldt was die uitsondering op die reël.

    Geen feite nie. Maar hope misterie.

    Op ’n helder Oos-Vrystaatse winteroggend was die Victoriaanse huis teen die westelike rant skielik vol mense. Die huis met die vaalwit afgedopte mure wat toe al twee jaar lank ná ou mevrou Schmidt se dood leeg gestaan het. Nou nie heeltemal leeg nie. Dit was vol antieke meubels wat met wit lakens bedek was. Maar die tuin is steeds, soos in al die jare toe mevrou Schmidt nog geleef het, getrou versorg deur Fanjan Motse. Hy woon tot nou toe in een van die buitekamers agter die motorhuis.

    Mens kon wel sien die plek kort ’n vrou se hand, het Susan Scott gesê, want al word die voorste grasperke netjies vierkantig gesny, word daar niks nuuts meer gesaai nie. Die rye roosbome kort ’n snoei.

    Dan het haar ma na hul eie beskeie blyplekkie gekyk. Wel, my kind, het sy sugtend teenoor Margot opgemerk, Fanjan het ’n waardige teenwoordigheid. Dis reg dat so ’n uitsonderlike plek iemand soos hy het. Só het Margot klein-klein geleer om woorde te gebruik wat sommige grootmense se oë laat rek het. Woorde soos teenwoordigheid en waardig en uitsonderlik.

    Margot was destyds voordat Debora-hulle gekom het saam met haar ma binne-in die ou huis. Fanjan het gewilliglik vir hulle oopgesluit.

    Margot het soos ’n muis op haar kaal voete agter haar ma aan deur die groot vertrekke gedwaal, voor die skilderye van pienk en wit kosmos en ver blou berge teen die sitkamermure bly talm.

    Die beddens met hul hoë kopstukke was ook met lakens toegemaak. Margot het in die hoofslaapkamer die laken opgelig en onder dit ingeloer. Verwonderd uitgeroep oor die houtsneewerk op die kopstuk. Varings en rose en lelies, fyn en sekuur uitgekerf.

    En in daardie huis was een enkele foto in sepia. ’n Vrou met ’n vag swartbruin hare, ’n baba in haar arms, toegedraai soos ’n papie. En weerskant van haar twee opgeskote swartkuifseuntjies. Margot en haar ma het bly staar na die foto. Daar was iets onnoembaars in die vrou se oë.

    Wie’s dit? wou Margot weet.

    Weet nie, het haar ma gemymer. Dalk ’n suster. Of sommer net iemand. Maar kyk, dié foto het wat hulle punctum noem.

    Wat’s dit? was Margot se onmiddellike vraag.

    A, het Susan gesug. Punctum is daardie skaars kwaliteit wat sommige foto’s het. Dit … dit kneus ’n mens se gemoed, Margot. Dis byna of daar ’n gaatjie in is waardeur mens kan loer.

    En ís daar ’n gaatjie, Mamma? Margot het nuuskierig vooroor gebuk, haar gesig so vlak by die glas dat dit aangewasem het.

    Nie regtig nie, Margot. Dis net dat mens weer en nog ’n keer daarna wil kyk. En sien wat nie gesien kan word nie.

    Maar waar is hierdie mense? wou sy gefrustreerd weet.

    Mense kom en mense gaan, my kind. Vergeet maar van hulle. Haar ma het geklink asof sy iets bitters geproe het.

    Fanjan, het Susan nietemin ferm gesê, ek sal jou help om dié goed op te pas. Ons moet skoonmaak hier, my mens. Sulke mooi goed sal verwaarloos as ons nie kyk nie.

    Só het die ou Victoriaanse huis deel van Margot geword. Ook die ou eikeboom by die agterstoep waar sy smiddae wanneer haar ma en Elisa skoonmaak, gesit en verlang het na die mense wat moontlik nog sou kom.

    Sy sug, staar wakker en brandoog die donkerte in. Want Margot moet opnuut erken, noudat die Schlagerfeldts al jare hier is, wil sy meer as ooit die onsigbare sien.

    Sy staan op, loop op haar tone deur die huis en gaan drink ’n glas melk. Loer deur die skreef in die kombuisgordyne na die wit maanskyn op die agterwerf. Sluip terug en klim weer in die bed. Maar die storie van punctum draai steeds in haar kop.

    Want in later jare het dié woorde begin sin maak. Dit was Debora op daardie foto en Debora het punctum, al is sy nie meer net ’n foto nie. Dis net dat die gaatjie waardeur mens moet loer om haar beter te verstaan, onsigbaar is. Nie eers haar koelgrys oë gee ooit iets weg nie.

    Margot se kop sif soos soveel male deur die ou bekende gegewens. Sy weet Debora en haar seuns se lewe is met hare verweef net soos die nag met sterlig is.

    Sy het dit geweet daardie tyd toe hulle opgedaag het.

    Toe nie volksvreemd nie. Maar anders op ’n haas onpeilbare manier.

    ’n Lang, skraal donkerkopvrou en drie seuns. Die jongste moontlik Margot se ouderdom, het haar ma geskat. Die ander twee ’n klompie jare ouer.

    Daar was ’n huisbediende ook wat klinkend Afrikaans gepraat het. Een oggend het die twee vroue en die seuns in ’n maroen-en-swart Ford Model B by die erf uitgetrek en die dorp ingevaar. Van die buurt se vroue het hulle daarna in Eisenstein se winkel gewaar en rondvertel dat hulle die plek omtrent leeg gekoop het. Darem die gewone eetgoed soos boermeel en suiker en tee en koffie. Daarna het Sina Pienaar hulle in Clifford se klerewinkel naby die poskantoor opgemerk. Maar die vrou en die seuns het hulle onverstoord by hul besigheid bepaal. Net só dat mens nie oorweeg het om ’n gesprekkie aan te knoop nie.

    Ten einde raad is besluit om die nuwelinge met versuikerde diplomasie op die tradisionele manier te benader.

    Die vrou met die dik donker vlegsel om die kop en die robynrooi lipstiffie het gaaf dog ferm aan die twee dames met die borde vol koeksisters en melktert beduie dat hulle gekom het om te bly. Hierdie plek is deur haar tante aan haar nagelaat. Enne … sy is Debora Schlagerfeldt.

    Nou van watter Schlagerfeldts is julle? Dit was die vrou van een van die dokters op die dorp.

    Ons is van ons eie Schlagerfeldts.

    Nou maar hoe het julle … ? Die weduwee van langsaan.

    Ek sê mos, mevrou Schmidt was my tante. En hier is ons nou.

    Maar dis twee jaar ná haar dood?

    Twee jaar, ja, het Debora beaam en toe nie meer geglimlag nie.

    En die kinders?

    Almal myne.

    Ja. Maar ek bedoel … Die weduwee het nou erg nerveus begin raak: K-kom hulle hier skoolgaan?

    Ja. Ek vermoed skoolgaan is hier ook verpligtend.

    En … en u man?

    Debora Schlagerfeldt het haar blik stip op die twee borde koek in haar hande gehou. Hy is ook hier, ja.

    Maar …

    Baie dankie vir dié gawe gebaar. Nou sal u my moet verskoon.

    Dié gesprek is woordeliks deur die weduwee se huisbediende, wat gebukkend agter die digte sipreslaning tussen die erwe afgeluister het, aan Elisa oorgedra. Dis hoe Susan en Margot daarvan te hore gekom het.

    Dis toe dat die storie omtrent die Nag van die Lang Messe begin kop uitsteek het. Dalk is die vrou met die rooi mond dapper. Party mense wat in die dorp naby genoeg aan haar kom, sê sy ruik ook so lekker. Die ene 4711-oliekolonie. Dalk nog laventel ook. Wie weet waarvandaan sy moes kom. Of dalk vlug. Per vragskip dalk. Met die grênd motor en iewers versteekte geld ook, natuurlik. Want die nuwe gordyne en goed … Moontlik dié dat sy so stug en eenkant is. Swaarkry maak mens só.

    Opinies van links en regs. Maar Margot het geweet wat opinies kan doen. Omdat sy nie ’n pa het nie, het mense soms dinge vir haar gesê waarvan sy nie hou nie. Dan het sy hulle koeltjies aangekyk en hulle aangeraai om hul menings vir hulself te hou. En met die koms van die Schlagerfeldts het sy sommer om hulle onthalwe ook so begin sê.

    Met die tyd saam het mense wel minder gepraat. Die wêreldpolitiek het so skuins na hul kant toe begin kantel dat hul aandag deur die swaartekrag daarvan weggetrek is. Die dorpenaars het eerder meer begin wonder oor die stand van internasionale wel en wee. Want in Augustus het Hitler, ná die dood van president Von Hindenburg, alle mag in Duitsland in homself verenig. Sommige mense het huiwerig oor Duitsland se diktator, die Führer, begin fluister. Ander was openlik pro die nuwe, charismatiese leier.

    Hy sal nog die Ingelse op hul herrie gee, het mevrou Verdoorn een oggend ná kerk luidkeels beduie.

    Hy klink vir my gevaarlik, het Susan Scott bedaard laat hoor en Margot het instinktief haar asem ingetrek.

    Wat weet jy tog, was mevrou Verdoorn se stywenekantwoord.

    Veel meer as wat jy dink, was Susan se reaksie.

    Dit het mevrou Verdoorn die swye opgelê want almal het immers geweet wat ’n belese onderwyseres Susan Scott was.

    En soos wat nuwe plante ’n greep in die grond kry, het die Schlagerfeldts op die dorp wortelgeskiet. Een middag teen sononder het die vloeiende musiek van strykinstrumente soos wierook uit die huis gesypel. Straatwandelaars het verwonderd gaan staan.

    Luister, het haar ma wat op hul stoeptrappie loop staan het, gesê, dis ’n paar viole. Dalk ’n tjello ook, maar hulle speel soos één.

    Dit het dorpenaars weer laat praat: eienaardige, onsigbare mense wat hemelse musiek maak in ’n tyd van bittere skaarste en politieke onweer.

    Die skoolkinders het die drie seuns gou gewoond geraak. Veral die seunskinders het die jong Schlagerfeldts se knap atletiese vermoëns bewonder, die meisies hul felblou oë en donker kuiwe, hul breë skouers en koel, effens arrogante glimlagge.

    Margot stoot weer die komberse weg, rol suutjies uit die bed en trek haar kamerjapon aan. Vannag kan sy maar vergeet om ’n oog toe te maak. Vannag begeer sy vir die soveelste maal om daardie onsigbare gaatjie te vind en te loer.

    Sy trap versigtig in die nou gang. Maar haar ma is wakker.

    Margot, waarom slaap jy nie?

    Ek soek ’n bietjie melk om te drink.

    Al weer? Maak asseblief tee en bring vir my ook sommer.

    Goed, Mamma.

    Sy steek die paraffienlamp in die kombuis aan. Haar hande doen meganies wat dit moet doen. Maak ketel vol. Steek die primus aan. Maar haar gedagtes bly pluis aan die mense oorkant die straat.

    Susan Scott het mettertyd Debora Schlagerfeldt se beste vriendin geword. Miskien omdat sy en haar enigste dogter reg oorkant die Schlagerfeldts woon en dit maklik was om mekaar van dag tot dag te sien. Susan het nie met ’n koek as vriendskapsoffer gaan kuier nie. Net een middag ná skool oorgestap en aangekondig dat sy regtig dors is. En tee sal wonderlik smaak, dankie.

    Debora het Susan met ’n rooimondglimlag ontvang. Toe ietwat skigtig gevra of dit sy is wat so mooi na die huis gekyk het en as dit dan so is, danke schön.

    Dis Susan wat eerste verneem het dat herr Dieter Schlagerfeldt eintlik nooit in die openbare oog kom nie. Hy bly maar so in die syvleuel. Nou en dan stoot Debora of een van die seuns vir herr Dieter in sy rolstoel uit op die breë stoep wat na die noordelike deel van die erf kyk. Of laat hom ’n bietjie in die welige tuin sit. Dis nou as dit sonskynweer is. Dan gaan sit een van die seuns baie keer daar by hul pa en maak praatjies, al kan hy nie terugpraat nie. Of speel vir hom ’n stukkie op die viool of tjello.

    Is die oom siek, Mamma? wou Margot weet.

    Jy kan maar so sê, ja.

    Maar waar’t hulle vandaan gekom?

    Al wat Debora sê, is dat hulle van Nêrens af kom. Enne … dit het geklink asof dit ’n plek kan wees. Moontlik in Duits-Suidwes-Afrika want sy praat van so ’n wye, oop plek. En Margot, moet tog nie vir haar ‘tannie’ sê nie. Net Debora. Sy’t so gevra.

    Goed dan.

    Margot was min gepla. Al wat sy bitter graag wou hê, was om met die seuns te gaan speel. Buitendien, Margot het haar gereelde sittery in die eikeboom agter die Victoriaanse huis gemis. Dit wel eindelik reggekry om by Erik Schlagerfeldt te gaan speel.

    Debora het ongeveer drie maande ná hul ingetrek het, na die Scotts toe oorgeloop en luiters gesê: Kom saam met my wanneer ek en jou ma klaar tee gedrink het. Dan kuier jy by my jongste. Hy is ’n bietjie ouer as jy enne … ek sien hy soek smiddae geselskap.

    Ek het hom in my klas gesien en ek soek ook geselskap, het Margot dadelik geantwoord.

    Margot en Erik het van daardie selfde dag af by mekaar aansluiting gevind. Erik is nou, amper ses jaar later, steeds haar heel beste maat. Sy het wel die paar vriendinne saam met wie sy lekker kuier, maar met Erik kan sy oor net mooi alles praat. Nie dat hy praterig is nie, maar hy kan fyn luister.

    Daardie eerste dag het hy haar op en af gekyk en toe gewink dat sy moet saamkom. Hulle het met die gruispaadjie om die huis tot agter in die erf geloop.

    Jong, kan jy boomklim? wou hy weet.

    Tss, het sy minagtend deur haar voortande gesis. Sy het soos ’n eekhoring teen die stam van die dik eik opgeskarrel, deur die digte blare geloer en gesien hoe hy oopmond na bo staar. Toe, kóm! het sy uitgedaag.

    Bo in die boom, hul bene om die dik, skurwe takke geklem, het hy begin praat. Op ’n heel direkte manier.

    My ma sê ander mense het niks met ons te doen nie. En toe sy verwonderd stilbly: Sy sê ons moet net vir hulle goed wees. Dan is als mos reg. Dan is dit ‘genug’!

    Margot het geknik. O.

    Ja, het hy net gesê. Dit is soos dit is.

    Hoekom? Die woord het uitgeglip.

    Hy het haar effens bot bekyk. Omdat dit nie anders is nie.

    Goed, het sy geantwoord, gretig om die fyn draadjie van vrede weer te heg.

    Sy blik was op die skurwigheid van die stam toe hy sê: Eintlik is ek bly jy is nou hier want ek is smiddae alleen. Jy moet net onthou ek is ouer as jy.

    Hulle het daardie dag daar bo in die boom gemmerkoekies, wat Erik in die spens gaan gaps het, verorber. En hy het gefluit. Die ietwat treurige Byna bewoë het hy so hartverskeurend mooi gefluit dat sy wou saamsing maar die woorde het vasgesteek omdat sy ontydig hartseer wou raak.

    Dis baie mooi, het sy later uitgekry. Soos julle vioolspel.

    Ek weet. Maar dankie. Daar was ’n gedetermineerde trekkie om sy mond. So asof hy haar ’n ding wou wys.

    Sy het dié trek om die mond goed leer ken. Tog was als wat sy voorgestel het vir Erik goed. Al was hy meer as twee jaar ouer as sy. Die skoolhoof, het Susan Scott beduie, het gereken die seun sal vinniger leer as hy liewer by ’n jonger standerd inskakel. Met dié dat hulle van so ’n ander plek af gekom het. Debora het by nabaat besluit dis dalk die beste.

    Margot het soms gewonder of Erik weet sy is ’n meisiekind want hy het met haar gepraat soos hy met sy broers praat. Op die man af. Sy het by hom van rugby geleer en van skyfskiet. Agter in die ruim erf anderkant die reusevrugteboord het hy haar met die windbuks touwys gemaak. Hulle het na die motorhuis se muur en na die winter se hoop vuurhout geskiet en altyd eers die katte weggejaag. Ook geloer of die koei ver genoeg anderkant die boord in die oop veld wei. Op haar beurt het sy hom met somme gehelp. Later met matesis en boekhou. En gou gevind dat hy bitter slim is daarmee.

    Sy het nog iets by Erik geleer. Maar dit was hulle geheim. Sy het geleer wat ’n lekker woord genug is. Hy het so tussen die huiswerk deur vir haar Duits begin leer. En die woorde wat hy haar geleer het op ’n lei geskryf. Duidelik in sy ronde handskrif. Gaandeweg het sy ’n

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1