Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vervreemdeling
Vervreemdeling
Vervreemdeling
Ebook71 pages28 minutes

Vervreemdeling

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die geloof as die filtraat waardeur mens en wêreld waargeneem word, staan in hierdie digbundel sentraal. Ook die motief van die huis en buurt figureer, en so ook ’n aantal verse oor die seun en kleinkinders. Naas die ervaring van die sprekende ek, waarvan baie van die verse uitgaan, word die problematiek van die Nuwe Suid-Afrika, en meer spesifiek van die Afrikaner (dikwels in gestalteverse verhul), een van die dominante motiewe in die nuwe bundel. Daarby kom treffende verse oor die ouer word en die dood van geliefde vriende. ’n Indrukwekkende bundel, en waardige opvolger vir die digter se bekroonde Jerusalem tot Johannesburg.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateSep 1, 2011
ISBN9780624051923
Vervreemdeling
Author

Izak de Villiers

Izak de Villiers was een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywer-dominees. Hy was predikant in onder meer Albertinia, Bonnievale en Constantia, voor hy in 1983 redakteur van Sarie word. Hier het sy beroemde rubrieke lesers bekoor en inspireer. In 1991 word hy hoofredakteur van Rapport, tot met sy aftrede. Deurgaans skryf hy vir ’n wye gehoor, alles van digbundels tot inspirasieboeke en handleidings tot gesange vir die Liedboek van die Kerk. Maar dis veral vir sy aangrypende rubrieke en preke dat hy onthou word. Hy is in 2009 oorlede, en een van sy waarderende lesers, die bekende Amanda Botha, het hierdie bundel saamgestel.

Read more from Izak De Villiers

Related to Vervreemdeling

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Vervreemdeling

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vervreemdeling - Izak de Villiers

    Vervreemdeling

    I. L. De Villiers

    Tafelberg

    Vir Chérie

    Alexander die Grote aan die wysgeer Diogenes (vierde eeu v.C.):

    O, wyse Diogenes, watter guns kan ek u bewys ?

    Diogenes: Jy kan uit my son padgee.

    (Oorgelewer)

    Portret van Groothoofman Sittende Bul

    (Tatanka-Iyotanka: 1831-1890)

    Jy wéét: jou oë skreef soos donker grotte

    diep in rotse, jou neus streep ondertoe, maar skerp

    – ’n driehoek soos die pyle van jou vaders.

    Jou Mongoolse wange keep skuinsdiep na hoeke

    van jou mond, keerwalle van die smart –

    jou lippe soos ’n omgekeerde piering en jou ken

    trots ’n trofee van droom, oorwinning,

    van futiele weerstand in die Groot Finale Ondergang.

    Hou aan kyk, Sittende Buffelbul!

    Onsalig is die een wat weet.

    In die krygsoffer onder die prairie-hoogteson

    het jy gedans voor Wakan Tanka,

    die Groot Gees van die ruimtes, jou arms

    met ’n plak ’n honderd maal tot bloed geslaan

    en in ’n visioen gesien hoe val die troepe

    soos sprinkane in ’n storm donkerblou

    dood op die aarde in die droë gras.

    Tatanka-Iyotanka!

    Hurkende, turende buffelbul:

    Onsalig is die een wat visioene sien.

    Jy is belieg tot in ’n reservaat aan die Missouri.

    Jy het geweet: in die oorwinning wag die katastrofe.

    Wóú jy dit miskyk, sanger, kryger en profeet

    van die Lakota, Cheyenne en die Arapaho?

    Maar toe hul klaarmaak vir die Geestedans

    waarin die ewige vaders op die tromme slaan,

    met krete van die komende oorwinning, wou jy gaan

    met jou swart-wit pluim, rooi modder op jou wange.

    Jy het dit in ’n droom gesien, Turende Buffel:

    hoe hul jou neerskiet: oorlopers van jou eie stam.

    Maar jy wou dans, skuim om jou dun mond,

    met die ou gedaantes om die geestesvure

    in die skemer van die vaders. Koeël in die keel

    en nog een tussen albei oë het jy eers gehurk,

    gaan sit, en soos die groot bul van die trop

    keiserlik omgekantel. Toe het jy voortgehuppel

    met die krygergeeste, vry, om die vure van sterre

    op die oop, ewige prairies van Wakan Tanka,

    hy wat self sy uitverkore manne ver na sonne lei

    en hulle na die aarde terugbring as die tromme dreun.

    Nou wag ek: dat jy in jou ou portretraam

    ligweg vir my oogknip, dat die Dans

    van

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1