Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vader se Sondes
Vader se Sondes
Vader se Sondes
Ebook367 pages7 hours

Vader se Sondes

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Anette sit in die hoekie van die badkamer. Haar knieë hoog opgetrek teen haar borskas.

Groot traandruppels rol oor haar wange. Sy trek haar bene nog stywer teen haar vas, en knyp haar oë styf toe.

Die gebeure van ʼn rukkie terug speel weer voor haar geestesoog af. Sy skud haar kop stadig heen en weer ... probeer die spinnerakke uit haar kop kry.

Anette staan moeisaam op. Haar liggaam voel gekneus en seer.. Gedweë maak sy die bad se krane oop. Sy klim moeisaam in die bad.

Sy is so ... moeg amper lewensmoeg. Maar hoe kan sy so voel as sy dan nog net 'n kind is?

Anette sit stil in die bad en luister. Sy vrees vir die voetstappe in die gang, vrees vir die oomblik wanneer die badkamer deur dalk weer kan oopvlieg. Sy staar na die plafon bo haar. “Hoe lank nog, hoe lank nog gaan hierdie straf aanhou!” Trane van seer rol weereens oor haar wange, en meng met haar badwater.

Anette smeer die waslap en was haar oor en oor. Haar vel is al bloedrooi van al die wassery, maar dit voel of sy nooit weer gaan skoon kom nie. Na ʼn volle uur klim sy uit die bad.

Sy klim in die bed. Haar lyf is nog steeds seer, dink sy met trane in haar oë.

Die slaap sukkel om vanaand te kom. Hoe lank nog? dink sy by haarself. Hoe lank nog moet sy in hierdie hel lewe. Dit voel of sy nie meer 'n ma het wat omgee nie... want anders sou sy nie so baie van die huis af gewees het nie! Dink sy met verwyt aan haar ma. Maar haar pa het haar gewaarsku... praat met iemand hier oor, en julle sit op straat......
(Die gedeelte is waar die mamma in 'n internet verhouding betrokke raak...)

Dirk gryp haar aan die arm, en trek haar dieper die badkamer in.

“Eina Dirk! Jy maak my arms seer! Wat probeer jy doen Dirk?” vra sy benoud.

Dirk weet duidelik nie wat hy doen nie, en val amper oor die toilet soos hy aan haar trek.

“Los my Dirk! Jy is dronk!” roep sy benoud uit.

“Jy gaan nerens heen nie vroumens! Jy verneuk op my, en nou steek jy jou foon weg. Seker bang ek sien met wie jy almal op die internet mee vry!”

“Dirk, ek belowe jou, vandat jy en ek op die internet ontmoet het, was ek nooit eens weer op daardie webtuiste gewees nie. Ek doen net my bank sake en e-posse op die internet!”

“Ek glo jou nie Retha!” Hy stamp haar met geweld teen die deur vas, en Retha probeer met haar arm keer dat sy nie haar kop teen die muur stamp nie. Met die geweld wat sy die deur tref, voel sy die skiet pyn in haar lae rug. “Dirk! Hou op, jy maak my seer!” Snik Retha. “Nee Retha, jy kort al lankal ʼn goeie pakslae! Jy neul mos gereeld oor my drinkery! En ek kan my drinkery hanteer! Jy sal van vanaand af ophou om oor my drinkery te praat. Ek is ʼn volwasse man, en sal my nie deur enige vrou laat voor skryf hoe ek moet lewe nie. Verstaan ons mekaar!!??”

Retha sit in die hoekie van die badkamer en kyk hom bang aan.

“Vroumens! Ek praat met jou, gaan jy my nie antwoord nie!?”

“Dis reg Dirk, ek sal nie weer met jou praat oor jou drank gewoontes nie. Ek het geen reg om so met jou te praat nie, jy is immers ʼn volwasse mens wat sy eie keuses mag maak.”Retha hoor hoe sy tong sleep van die drank, en besef sy moet nou eerder mooi praat voordat hy haar weer aanrand. Haar rug pyn erg, maar sy sal nie ʼn woord daarvan sê nie. Sy wens net hy wil nou die badkamer verlaat, sodat sy kan opstaan.........

LanguageAfrikaans
PublisherErika Visagie
Release dateMar 29, 2015
ISBN9781310848964
Vader se Sondes
Author

Erika Visagie

Ek is 'n doodgewone persoon wat die Here liefhet met my hele hart...Die boek wat ek geskryf het - is vir al die gekneuste mensies daar buite wat te jonk ryp gedruk is deur omstandighede buite hul beheer...

Related to Vader se Sondes

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vader se Sondes

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vader se Sondes - Erika Visagie

    Vader Se Sondes

    Published by Erika Visagie at Smashwords

    Copyright 2015 Erika Visagie

    Kopiereg ©2015

    Alle regte in hierdie boek word gehou deur die skryfster Erika Visagie . Enige kopieering in enige formaat is verbode sonder die uitsluitlike toestemimg van die skryfster

    Biografie van Erika Visagie

    Ek is ma van twee pragtige kinders, Yolandi nou 29 en my seun Wynand een en dertig jaar oud. Ek is twee en dertig jaar lank getroud met die dierbaarste man, Markus.

    Ons het ook ʼn pragtige kleindogter, Megan, en sy het op die twee en twintigste van Oktober een jaar oud geword.

    Om te skryf was nog altyd ʼn droom wat ek wou bewaarheid. Van jongs af het ek gedigte geskryf, en dit maar gebêre vir eendag. In 1990 het ek by die SAPD begin werk, en het in my etenstye begin om kort stories te skryf. So het ek baie stories geskryf, en dit gebêre vir die dag wat ek die moed sou hê om dit na ʼn uitgewer te stuur.

    In die tydperk wat ons in Middelburg MP gewoon het, het ek baie met jongmense gewerk. Ek was ʼn jeugleier in ons gemeente, en het met baie gebroke en seer kindertjies gewerk. Ons het ook met skoolverwisselingskampe kinders van graad sewe vir ʼn week weggeneem na ʼn kampterein, en daar het ons hulle voorberei vir die oorskakeling van laerskool na hoërskool. Maar ons het ook van die geleentheid gebruik gemaak om dan die kinders met die Woord van God te bedien. Daar het ek ook met so baie jong kindertjies gewerk wie soveel seer in hul harte ronddra, en ons het hulle dan geleer hoe om hierdie seer te verwerk. Daar het ek toe aan die idee gekom om die boek – Pa, ek vergewe jou te skryf. Die storie is gebaseer op die waarheid, en die feit dat so baie jongmense deesdae seksueel gemolesteer word, het my genoop om die boek te skryf.

    Ek het ook bediening in ons gemeente gedoen, en met gebroke mense te doen gekry. Mense wat nie meer kans gesien het om aan te gaan met hul lewens nie. Wat lewensmaats verloor het – en wat verstrik geraak het met internet verhoudings. Dit het my die idee gegee om dan die opvolg van - Pa, ek vergewe jou – een boek te maak, aangesien die inligting tot hulp vir enige persoon kan wees wat dit oorweeg om in ʼn kletskamer betrokke te raak, en watter gevare dit vir die persoon kan inhou.

    Tans is daar nog so baie stories wat ek met die wêreld wil deel! Stories wat lê en stof vergaar.

    HOOFSTUK EEN

    Anette sit in die hoekie van die badkamer. Haar knieë hoog opgetrek teen haar borskas.

    Groot traandruppels rol oor haar wange. Sy trek haar bene nog stywer teen haar vas, en knyp haar oë styf toe.

    Die gebeure van ʼn rukkie terug speel weer voor haar geestesoog af. Sy skud haar kop stadig heen en weer … probeer die spinnerakke uit haar kop kry.

    Anette staan moeisaam op. Haar liggaam voel gekneus en seer.. Gedweë maak sy die bad se krane oop. Sy klim moeisaam in die bad.

    Sy is so … moeg amper lewensmoeg. Maar hoe kan sy so voel as sy dan nog net 'n kind is?

    Anette sit stil in die bad en luister. Sy vrees vir die voetstappe in die gang, vrees vir die oomblik wanneer die badkamer deur dalk weer kan oopvlieg. Sy staar na die plafon bo haar. Hoe lank nog, hoe lank nog gaan hierdie straf aanhou! Trane van seer rol weereens oor haar wange, en meng met haar badwater.

    Anette smeer die waslap en was haar oor en oor. Haar vel is al bloedrooi van al die wassery, maar dit voel of sy nooit weer gaan skoon kom nie. Na ʼn volle uur klim sy uit die bad.

    Sy klim in die bed. Haar lyf is nog steeds seer, dink sy met trane in haar oë.

    Die slaap sukkel om vanaand te kom. Hoe lank nog? dink sy by haarself. Hoe lank nog moet sy in hierdie hel lewe. Dit voel of sy nie meer 'n ma het wat omgee nie... want anders sou sy nie so baie van die huis af gewees het nie! Dink sy met verwyt aan haar ma. Maar haar pa het haar gewaarsku... praat met iemand hier oor, en julle sit op straat.

    Nog nooit is sy gegun om werklik ʼn kind te wees nie. Nie vanaf haar pa se kant af nie! Ek wil nie meer lewe nie! snik sy in haar kussing. Die lewe beteken niks meer vir my nie, praat sy sag met haarself…

    In die vroeë oggendure raak sy eers aan die slaap. Weereens word sy telkens maal wakker geruk deur die ergste nagmerries ooit....

    Die vrolike voëltjies se gesange maak haar wakker. Sy lê ʼn rukkie en luister. Dis so mooi, dink sy hartseer. Sy wens sy kan ook so vrolik soos hulle wees... so sorgloos en vry. Anette vee ʼn traan van haar wang af. Sy wonder wat hierdie dag vir haar inhou.

    Skielik hoor sy voetstappe buite haar kamerdeur. Anette trek die laken angsbevange tot onder haar ken. Haar hele liggaam bewe van vrees! Sy luister … die sweet pêrel langs haar slape. Dan gaan die voetstappe verby na die kombuis.

    Stadig blaas sy haar ingehoue asem uit, en ontspan. Sy dink aan haar ma wat weer op ʼn werksessie is.

    Sy verlang so vreeslik na haar! Nog een hele week voordat sy terugkom huistoe. Nog een hele week se hel wat vir haar voorlê. Hoe háát sy dit om alleen by haar pa te wees!

    Sy staan op, en gaan na die badkamer. Lank sit sy en kyk na die water wat uit die kraan in die bad loop. Sy loop na die spieël. Lewensloos staar haar beeld terug na haar, haar oë dood, uitdrukkingloos.

    Anette klim vir die tweede keer die oggend in die warm bad water. Weer skrop sy haar oor en oor maar sy bly vuil voel. Sy druk haar kop onder die water in … vir ʼn sekonde dink sy om nie weer op te kom nie.

    Na ʼn paar sekondes oorval die vrees haar, en vinnig sit sy weer regop in die bad.

    Haar vel voel vanoggend teer as gevolg van gisteraand se skroppery, maar weereens was sy haar oor en oor. Haar vel is bloedrooi toe sy uit die bad uitklim. Moeisaam trek sy haar skoolklere aan.

    Anette, jy moet wikkel! roep haar pa vanaf die kombuis. Jy moet nog kom ontbyt eet, en ons is amper laat! Sy skrik haar boeglam vir haar pa se harde stem, en maak vinnig klaar.

    Anette loop vinnig die gang af. Sy gaan sit aan by die ontbyttafel. Skielik voel sy die naarheid in haar opstoot, en vat vinnig ʼn groot sluk lemoensap. Sy is nie honger nie. Sy kyk af na haar bord pap, en probeer om haar pa se oë te vermy.

    Haar pa kyk haar ondersoekend aan.

    Anette, waarom eet jy nie jou pap nie? vra hy ergerlik.

    Het ek al die moeite vir jou gedoen en jy wil nie eet nie!?

    Anette skrik. Ee… nee pa, ek sal nou my pap eet. Ek het maar net aan ma gedink.

    Haar pa lyk tevrede met haar antwoord, en eet verder.

    Anette, jy moenie weer so lank in die oggend bad nie. Jy gaan maak dat ons laat kom.

    Jammer pa, antwoord sy sag met haar oë starend na die pap in haar bord.

    Anette, ons gaan laat wees! Wat makeer jou vanoggend? Jy sê nie môre nie, en jy wil nie jou pap eet nie? Wil jy dan nou weer gestraf word omdat jy ongeskik en ongehoorsaam is?

    Anette se kop ruk op en sy staar haar pa ongelowig aan. Na gisteraand vra hy haar of hy haar weer moet straf! Sy sien haar pa se harde oë na haar terugstaar en besluit om nie te baklei nie.

    Anette eet langtand aan haar bord pap, en haar pa lyk tevrede.

    Ek gaan gou die motor uittrek Anette. Sorg dat jy vir jou vrugte saamvat vir pouse. Ek sal ook vir jou 'n geldjie gee, dan kan jy iets by die snoepie koop om te eet.

    Dis regso pa. antwoord Anette om die vrede te bewaar. Dink hy nou regtig waar hy kan haar omkoop met snoepiegeld! Sy wens sy hoef nooit ooit weer met hom te praat nie....

    Haar pa trek die motor uit die motorhuis.

    Hulle ry in stilte voort. By die skool wil sy uit die motor klim, toe haar pa haar terughou.

    Kry ek dan nie ʼn totsiens soen nie … hmm? Anette se hande is natgesweet.

    Pa die kinders kyk vir ons. Hulle spot my alreeds, sê sy met ʼn tikkie ongeduld in haar stem. Hulle sê ek soen nog my pa…

    Maggies!! ontplof haar pa.

    Jy is my dogter, en ek sal jou soengroet as ek wil, bulder hy. Hy maak sy deur oop en wil uitklim.

    Wys my wie die kinders is wat so sê!! sê hy hard en kwaai. Van die leerlinge staar na hulle.

    Asseblief pa! Ek sal pa ʼn soentjie gee, klim net terug in die motor, pleit sy by hom. Haar pa klim terug in die motor. Sy gee hom vinnig ʼn piksoentjie op sy wang… Sy voel hoe sy bloos toe sy uit die motor klim.

    Dis beter pampoen … geniet jou dag verder. Hy vroetel in sy beursie en haal 'n noot uit. Hier hy hou die twintigrand noot na haar uit.

    koop vir jou iets lekkers om te eet. Ons kan sommer vanaand ook wegneem etes kry. rammel hy voort, asof niks sopas gebeur het nie.

    Anette sien uit die hoek van haar oog hoe Gertjie vir hulle staan en kyk. Glimlag op sy bakkies, hande oor sy bors gevou.

    Sy voel hoe sy bloos. Selfvoldaan lig sy haar ken op, neem die geld by haar pa en maak die motordeur agter haar toe.

    Die eerste periode roep juffrou Naude haar na haar tafel toe.

    Anette, is jy siek of wat is fout? vra sy. Jy is vanoggend baie bleek. Is jou ma al terug vanaf haar werksessie?

    Nee juffrou, sy sal eers oor ʼn week tuis wees.

    Aag my liewe ding se juffrou Naude.

    Jy verlang jou seker dood na jou ma. Ja juffrou, ek mis haar baie.

    Gun wonder jy is so bleek nie. Vandag se mans glo mos as die vrou weg is, is gemorskos die in ding. Ek dink jy moet ʼn bietjie groente in jou liggaam kry. Dit sal weer ʼn bietjie kleur in jou wange sit, glimlag juffrou Naude. Miskien moet ek bietjie met jou pa gesels.

    Anette se kop ruk op. Nee asseblief nie juffrou, ek sal sommer self met hom praat.

    Juffrou Naude frons oor die skielike optrede van Anette. Nou goed dan Anette, as daar niks fout is nie, kan jy maar weer gaan sit... Maar as daar enige iets is wat ek vir jou kan doen, moet jy net vir my sê. Anette glimlag vir juffrou Naude. "Dankie Juffrou, ek sal dit onthou.

    Die een periode volg op die ander een, en spoedig is dit pouse. Gertjie loop agter Anette en haar vriendin aan tot by die rugbybaan. Sy vriende is saam met hom.

    Sies, kry jy nie skaam om jou pa nog te soen voor al die kinders nie. Ek het gedink jy is nou al mooi groot. Jy is darem al in graad 5. Lag hy hardop vir haar. Sy vriende skree soos hulle lag.

    Anette is nog ʼn baba, dreunsang hulle windmakerig.

    Miskien moet ek ook in die ry staan, dan kry ek ook ʼn soen. Sê Gertjie met ʼn spotlag.

    O ja! roep Gertjie vermakerig uit. Het jou pappa jou twintigrand betaal vir daardie soentjie wat jy vir hom gegee het, of wat? lag Gertjie hard. Ek kan jou ook tien rand betaal, dan wil ek twee soene hê! Vyf rand 'n soen! terg Gertjie haar.

    Gertjie, los my uit, ek wil nie met jou praat nie.

    Sy stap aan.

    Die groep seuns volg haar...

    Anette hou daarvan om ouer mans te soen! spot hulle haar. Elkeen van die seuns bied haar nou geld aan vir 'n soen, en elkeen las net 'n ander bedrag aan.

    Anette voel hoe die bloed haar gesig verlaat… Dis alles haar pa se skuld! Dink sy wrang. Hy wil mos nie vir haar luister nie. Gertjie waag dit om voor haar in te loop, en haar in die gesig uit te lag...Sy buk vorentoe, en tel ʼn groot klip op…

    Pasop julle! roep Gertjie spottend uit, en gee 'n paar tree agteruit. Nou dink sy ons is bang vir ʼn ou klippie!!

    Sy lig haar hand op. Sy voel snaaks, of dit nie sy is wat daar staan nie…sy voel hoe die klip uit haar hand glip en deur die lig trek.....

    Anette nee! wil haar enigste vriendin haar nog keer, maar dit is te laat. Die klip tref Gertjie teen die kant van sy kop. Gertjie slinger, en val op die grond.

    Eina!! gil hy. Hy vat aan sy kop, en voel die nattigheid onder sy vingers. Wil jy my doodmaak!! roep hy huilerig uit.

    Wie is nou die baba? kners Anette op haar tande. Ek huil ten minste nie voor my vriende nie.

    Net toe kom juffrou Benade op hulle af.

    Wat gaan hier aan! vra sy kwaai. Wie is verantwoordelik hiervoor? Sy wys na Gertjie se bloeiende wond.

    Sy is!! Sy is!! roep al die seuns uit met hulle vingers in Anette rigting. Anette kom vorentoe gestap na juffrou Benade.

    Ek is jammer juffrou … maar Gertjie sê lelike dinge van my. Hy wil my nie uitlos nie.

    Kom Gertjie, sê juffrou Benade. Laat ons daardie wond van jou skoon kry. En jy Anette, wag voor die hoof se kantoor vir my.

    Gertjie se wond word in die siekekamer ontsmet.

    Anette sit in die hoof se kantoor.

    Hoekom het jy Gertjie so seergemaak Anette? vra die hoof haar. Besef jy nie dat dit baie erger kon gewees het nie? Sê nou maar net jy het sy oog uitgegooi!?

    Anette hoor niks.

    Dood…? Dink sy. Hoe wens sy nie sy was eerder dood gewees nie…

    ‘Anette!! Ek praat met jou" hoor sy die hoof se stem ver, ver weg. Sy kyk stadig op. Sy sien dat die hoof nou voor haar kom staan het.

    Anette voel hoe haar hande begin sweet. Hy moet net nie nader aan my kom nie! Dink sy angsbevange. Sê nou hy is net soos haar pa!! Anette voel hoe sy bloos.

    Meneer, Gertjie wil my nie uitlos nie. Hy spot my omdat ek my pa … soengroet in die oggende as hy my skooltoe bring. Hy en sy vriende sê hulle sal my betaal vir 'n soen!

    Nou hoekom maak jy hom so seer oor so ʼn ou klein dingetjie!? vra die hoof. Hy maak mos maar net 'n grappie met jou!

    Grappie... dink Anette, net maar 'n grappie!?

    Anette antwoord hom nie. Wie sal verstaan… Wie sal ooit verstaan en weet deur watse hel sy moet gaan.

    Anette, dit lyk my nie jy verstaan wat jy aangevang het nie. Ek is verplig om jou pa te bel, en in te lig oor die voorval wat plaasgevind het.

    Sy wil nog by Mnr Hattingh pleit om nie haar pa te skakel nie, maar hy wys haar die deur.

    Gaan terug na jou klas toe Anette, en probeer uit die moeilikheid bly, raas hy kwaai met haar.

    Anette stap kop onderstebo terug na haar klaskamer. Vreemde emosies vloei deur haar gedagtes. Die skuldlas wat sy moet dra is nie meer vreemd vir haar nie. Ek is mos goed vir niks, flits dit deur haar gedagtes.

    Haar pa sê dit amper elke dag vir haar. Dis hoekom sy so baie deur hom gestraf word.

    Sy voel naar by die gedagte dat die hoof vandag haar pa gaan bel. Anette voel hoe die angs en vrees haar keel toe trek.

    Sy is te bang om huistoe te gaan!!

    Na skool sit sy by haar lessenaar en huiswerk doen. Anette sit haar pen neer, en lê op haar arms. Sy dink aan die dag se gebeure. Sy is bang vir wat vanaand gaan gebeur! Haar pa sal nie na haar verduideliking luister nie – hy doen in elkgeval nooit nie. Sy is altyd die verkeerde een.

    Ek is ʼn niks, ʼn mislukking vir die samelewing, dink sy by haarself. Hoekom lewe ek dan nog? Ek kan maar net sowel dood wees... niemand gee tog om vir my nie..

    Anette word kwaad as sy dink aan Gertjie. Maar sy was seker weereens verkeerd in haar optrede. Sy is mos maar oor die algemeen verkeerd in haar pa se oë. Anette wonder of sy ooit iets goeds in haar pa se oë sal kan doen.

    Ek is mos die een wat die klip opgetel het, al het Gertjie my so gespot. Ek moes hom seker nie so seer gemaak het nie.. Die hoof sê mos dit was maar net '’n 'grappie'...

    Die aand kom haar pa van die werk af. Hy het vir hulle wegneem etes gebring. Net soos juffrou voorspel het.

    Dis stil aan tafel terwyl hulle eet. Sy kan sien haar pa is kwaad, en dit laat haar keel toetrek! Hoe wens sy nie haar ma was nou by die huis gewees nie!

    Haar pa onderbreek die stilte.

    Anette, jou skoolhoof het my vandag geskakel. Hy sê daar was vandag ʼn probleem by die skool. Wil jy my daarvan vertel?

    Anette se mond is droog. Sy voel skoon lighoofdig en naar. Nee pa…. die probleem is opgelos.

    Hoe het jy die probleem opgelos? Deur iemand met ʼn klip te gooi? Dink jy dit het die probleem opgelos, vra ek jou weer Anette?

    Anette vroetel senuagtig met haar servet.

    "Ek het mos vir pa gesê die kinders spot my omdat ek pa in die oggende soengroet... en een van die seuns het die heeltyd met my gesukkel. Selfs genoem pa betaal my

    geld vir 'n soen! Hulle het aangebied om my te betaal vir 'n soen – net soos pa dit kamstig doen.. Ek moes myself verdedig pa.."

    Sy kyk pleitend na hom. Asseblief pa, moenie my weer straf nie... ek weet ek was verkeerd, en ek is jammer daaroor! Regtig pa!

    Miskien moet jy laat hulle jou betaal vir 'n soen Anette. Dink net hoe baie sakgeld jy so kan verdien! sê hy met 'n vermakerige glimlag om die mond.

    Pa!! ek is nie 'n goedkoop meisie nie! Hoe kan pa so van my praat?! vra sy deur die trane.

    Dis genoeg Anette! Jy weet as jy verkeerd gedoen het, moet jy gestraf word. En hou op om jou stem so vir my te verhef!

    Pa ek sal enige iets doen vir die straf. Ek sal pa se motor was. Ek sal elke aand kos maak… pa asseblief! smeek sy met trane in haar oë.

    Gaan na jou kamer Anette.

    Pa asseblief!! Ek smeek pa, enige iets anders! Hy haal sy belt af. Jy het ʼn swak voorbeeld gestel Anette.

    Hy trek sy hemp uit…. Anette skakel af…..

    In die vroeë oggend ure sit sy nog in die bad, besig om haar oor en oor te skrop. Trane loop oor haar wange. Dis my eie skuld! Ek sal nie weer met iemand baklei nie, dink sy stil. Ek sal maar Gertjie se spottery verdra...

    Die week gaan traag verby. Genadiglik het die voetstappe elke aand verby haar kamerdeur geloop. Tot die Saterdag voordat haar ma terugkeer van haar kursus af….

    Anette!! roep haar pa hard.

    Anette hoor sy stemtoon en skrik.

    Ek kom, pa!

    Sy hardloop die gang af.

    "Ja pa? Anette staan agter haar pa wat op die rusbank sit en sport kyk.

    Kom gee jou deda ʼn soentjie… toe.

    Anette kan sien haar pa is dronk. Sy weet ook as sy nou teë praat, is daar moeilikheid. Sy gaan huiwerig na hom toe, en soen hom op sy wang.

    Nee!!! Wat vir ʼn soen is dit!! vra hy sleeptong. Sy drankasem walg haar. Anette voel hoe die naarheid opstoot in haar keel.

    Kom hier! Haar pa ruk haar tot op die rusbank.

    Soen my op my mond! Hy is duidelik aggressief. Sy soen hom op sy mond.

    Ja! Dit is beter.

    Anette wil opstaan en vlug na die veiligheid van haar kamer, maar haar pa is te vinnig vir haar. En waar dink jy gaan jy heen? vra hy sleeptong.

    Asseblief pa! Moenie my weer seermaak nie, huil sy.

    Kom hier as ek jou roep, jou merrie!

    Anette sit in haar klerekas. Sy is leeg gehuil. Sy moet darem alles verkeerd doen in haar pa se oë om so gestraf te word, dink sy by haarself. Anette raak in haar kas aan die slaap…

    In die vroeë oggendure word sy wakker. Haar lyf is seer van die skeef sit in die kas. Anette tap badwater in die bad. Sy sit lank in die bad en dink. Miskien moet ek wegloop...

    Môre julle! hoor sy haar ma se stem in die gang. In ʼn rekord tyd het Anette aangetrek, en draf die gang af.

    Sy hoor haar ma se stem in die hoofslaapkamer. Anette verstyf. Sy wil nie by haar ma se slaapkamer ingaan nie…

    Anette! roep haar ma na haar.

    Anette het geen keuse om by die slaapkamer in te gaan nie. Haar ma staan op vanaf die bed, en vat Anette se gesig tussen haar hande.

    Ek het só na jou verlang my kind! roep haar ma uit, en soen haar op haar voorkop.

    En het jy dalk gewig verloor, jonge dame?

    Anette vee ʼn traan van haar wang af. Net vir ʼn oomblik ontmoet haar oë haar pa s’n. Sy sien die waarskuwing in sy oë. Anette kyk vinnig weg. Kan haar ma dan nie sien met watter tipe man sy getroud is nie! Kan sy nie sien hoe sleg hy lyk en ruik na gisteraand se gedrinkery nie!?"

    En die trane my kind?

    Anette snuif. Ag ma, ek het maar net baie na ma verlang, sê sy met ʼn klein stemmetjie.

    Ma … ek hoop ma gaan nie gou weer weg nie... dis baie alleen sonder ma by die huis. vra Anette met kommer in haar stem. Nie sommer gou weer nie my skat. Gelukkig is jou pa hier om na jou om te sien... dan kan dit mos nie so eensaam wees nie?

    Ja Anette, ek en jy kom mos goed oor die weg as jou ma nie hier is nie.. praat haar pa vanaf die bed waar hy lê. Ja pa... is al wat sy uit kan kry..

    Haar ma druk haar styf teen haar vas.

    Ounooi, jy moenie meer gewig verloor nie. Anders gaan jy sleg lyk, sê haar ma bekommerd.

    Sorg jou pa dan nie vir jou as ek weg is nie, vra haar ma speels.

    Anette dwing ʼn glimlag uit.

    Nee ma, pa sorg goed vir my. Seker maar die verlange na ma, en my eksamens wat voorlê, wat my bietjie laat gewig verloor het.

    Kom sit hier by jou pa en my op die bed, dan gesels ons bietjie nooi haar ma haar.

    Eee…. Ek sal gou eers vir julle gaan koffie maak, maak sy vinnig verskoning.

    Jy kan maar vir my swart koffie bring Anette. Ek is nie lus vir melk vanoggend nie. Roep haar pa vanuit die kamer.

    Ja ek weet hoekom hy nie melk in sy koffie wil hê nie, dink Anette. Hy was mos weer dronk gewees, en het nou seker 'n groot babelas. Anette loop by die gang af.

    Sy sal enige iets doen, solank sy nie saam met daardie man in een kamer hoef te wees nie. Anette voel hoe die haat in haar opstoot teenoor haar pa. Toe haar pa so na haar kyk, het sy sommer siek gevoel… Sy weet nie hoe haar ma by so 'n man kan bly nie. Kan sy dan nie sien watter tipe mens hy is nie? Sy wens sy kan sommer gif in sy koffie gooi!

    HOOFSTUK TWEE

    Anette voltooi haar laerskool loopbaan. Sy is op die drumpel om die grootmens wêreld te betree.

    Ja my meisiekind, jy is besig om nou vinnig groot te word, skerts haar ma toe sy haar by die skool kom oplaai.

    Ek sien hoeka al hoe die seuns na jou kyk, sê haar ma met ʼn glimlaggie om haar mond.

    Anette se kop ruk op.

    Ek haat seuns ma, ek wil nooit eendag trou nie.

    Haar ma kyk geskok na haar toe. Sy stop langs die pad en kyk na Anette.

    Hoe nou my kind? Ek en jou pa is dan so gelukkig getroud. En ons stel dan so ʼn mooi voorbeeld vir jou, sê haar ma seergemaak.

    Is dit iets wat ons verkeerd gedoen het?

    Nee ma … julle het niks verkeerd gedoen nie.

    Anette kyk by die venster uit. Trane vlak in haar oë.

    Is daar iets wat jou pla Anette? vra haar ma.

    Nee ma … ma kan nou maar regtig ry. Ek het nog baie huiswerk wat ek moet doen, probeer sy skerm.

    Jy weet jy kan enige tyd na my toe kom met jou probleme, my kind.

    Anette sluk aan die knop in haar keel. As haar ma maar net geweet het! Maar sy het besluit, sy sal nooit haar ma van haar pa se dinge te vertel nie. Sy is te lief vir haar ma om haar met die dinge seer te maak.

    Dankie ma, ek sal dit onthou.

    Hulle ry in stilte voort.

    Graad agt gaan vinnig verby. Alles is rustig by haar ouerhuis. Gelukkig was haar ma nog nie weer op ʼn werksessie nie. Haar pa probeer sy vermy in alle opsigte. Hy het nog nie weer die kans gehad om sy dinge te probeer nie. Sy sien wel hoe hy na haar kyk, en dit laat haar vuil voel.

    Graad nege breek aan…

    Anette het vandag Biologie. Die les gaan oor ‘Die voortplanting van die mens.’

    Terwyl die onderwyser besig is om die onderwerp te bespreek, voel Anette siek. Sy sien flitse van haar pa voor haar verby vlieg! Anette gryp haar mond vas, en hardloop die klaskamer uit.

    Belinda, gaan kyk wat is fout met Anette, beveel Meneer Beukman met ʼn frons op sy voorkop. Haar vriendin hardloop agterna.

    Wat is verkeerd Anette? vra Belinda.

    Net bietjie naar, vriendin. Voel nie te lekker nie. Sal jy asseblief verskoning maak by Mnr Beukman. Ek sal in die mediasentrum wees.

    Anette sit in die mediasentrum.

    Sy sukkel om te konsentreer op die boek wat sy deurblaai. Haar gedagtes gaan heeltyd terug na die biologieklas… Sy besef nou baie dinge…

    Die verlede kom stadig terug na haar. Sy onthou die voetstappe voor haar kamerdeur, wat gedurig voor haar deur tot stilstand gekom het. Anette se keel trek toe. Sy voel verbitterd, seergemaak en vuil.

    Boonop voel sy die skuldgevoel wat haar van binne opvreet. Noudat sy van al hierdie dinge leer, daarvan weet… Hoe kon haar eie pa dit aan haar gedoen het!!

    Hoe kon haar ma nagelaat het om haar van hierdie dinge te vertel. Hoekom moes sy op hierdie wrede manier leer, en dit by die skool! Sy voel meteens vreeslik eensaam en alleen, en ontsettend hulpeloos.

    Haar ma het haar in duister gehou! Dink sy terwyl die trane oor haar wange loop.

    Sy kan nog haar ma vergewe, maar haar pa! Wat het hom besiel om sy eie dogter…!

    Dit raak al hoe moeiliker om die spesifieke klasse by te woon, maar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1