Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Gogga op 'n Harley (Afrikaans Edition)
Gogga op 'n Harley (Afrikaans Edition)
Gogga op 'n Harley (Afrikaans Edition)
Ebook162 pages2 hours

Gogga op 'n Harley (Afrikaans Edition)

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Superintendent Karen Visser moet ten spyte van die vooroordele teenoor haar voorkoms, diamantsmokkellaars vastrek in die Noord Kaap. Waarmee sy nie rekening gehou het nie, is die uitwerking wat die rooikop Dewald en sy dogtertjie Amalia op haar hart sou he. Tussen haar eie leuens en bedrog vind Karen uit dat die hart hom nie so maklik om die bos laat lei nie.

LanguageAfrikaans
Release dateAug 17, 2011
ISBN9781465990549
Gogga op 'n Harley (Afrikaans Edition)
Author

Yolande Pienaar

I am a South African writer who feels that there are way to few books available on the internet in my home language of Afrikaans. Here I hope to find a number of readers hungry for reading material that is not subject to the few online printers in South Africa.I hope that you will enjoy the books as much as I enjoyed writing them and that you will keep coming back to check for new Afrikaans stories.

Related to Gogga op 'n Harley (Afrikaans Edition)

Related ebooks

Related articles

Reviews for Gogga op 'n Harley (Afrikaans Edition)

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Gogga op 'n Harley (Afrikaans Edition) - Yolande Pienaar

    Gratis boek

    Kry jou gratis boek

    Hoofstuk 1

    Superintendent KarenVisser sit die bottel haarjel met ’n gedempte knal neer op die spieëlkas. Vanoggend weier die jel om haar hare in plek te hou. Sy gee moed op en tel die oogpotlood op. Tien minute later wys die wekkertjie op die bedkassie sy moet haar roer om die internetkafee negeuur oop te maak. Sy maak vir oulaas seker haar swaar grimering is perfek en vee met ’n sneesdoekie die gesmeerde maskara af bokant haar oog. Met ’n finale draai aan die oorkrabbertjie in haar neus en nog ’n pluk aan die halsstarrige lok hare, tel sy die kafee se sleutel op, trek die woonsteldeur agter haar toe en draf die trappe af.

    Vandat sy nege maande gelede hier ingetrek het onder die dekmantel van internetkafee eienares, is haar roetine elke oggend dieselfde. Gelukkig is sy klein gebou en saam met die swaar grimering help dit haar kamoeflering as tiener vol te hou. Haar enigste frustrasie is haar onvermoë om die diamant smokkelaars vas te trek. Hulle bly elke keer net so stappie voor haar.

    Sy wikkel die sleutel heen en weer, maar die winkel se slot weier om oop te klik. Die glasdeur ratel in die raam as sy die handvatsel heen en weer pluk. Sy haal ’n slag diep asem en probeer weer. Nege maande sukkel sy nou al met die vervlakste slot en nege maande lank kla sy al by Auntie Ralie. Sy pluk die sleutel uit die opening, plant haar vuis in haar sy en tik haar voet terwyl sy die sleutel bekyk. Haar kakebeen werk oortyd met die kougom in haar kies.

    Sy oorweeg om die glas stukkend te slaan soos ’n wafferse inbreker en loer vinnig oor haar skouer of iemand haar sien. Oorkant die straat leun ’n man teen ’n kameel kleurige Toyota Land Cruiser bakkie. Haar oë gly onwillekeurig oor die lang gespierde bene in die noupassende denim broek. Sy sluk en forseer haar oë hoër. Te oordeel na die breedte van die bolyf onder die khaki hemp, is hierdie ’n man wat gereeld fisiese arbeid verrig. Van hierdie afstand kan sy nie sy oë sien nie, maar die rooi hare dui op ’n geen-nonsens man. ’n Tinteling sprei deur haar lyf en Karen trek haar asem in. Magtag, dat hierdie klein dorpie nou so vonds kan oplewer.

    Bedaar hart, daar is nie tyd vir sulke speletjies nie. Haar oë verslind hom vir nog ’n paar sekondes voordat sy sug en weer na die sleutel in haar hand kyk.

    Sy sal waarskynlik die ou tannies van die dorp minder skok as sy net die klein gereedskapstelletjie uithaal en sagkens inbreek in haar eie winkel. Sy probeer die sleutel weer draai en met ’n gedempte kragwoord, pluk sy dit uit die slot.

    ’n Sagte lag klink agter haar op. Kaptein Brian Plaatjies se ronde, kort figuur met sy sagte bruin oë en sensitiewe mond doem voor haar geestesoog op nog voordat sy omdraai. Haar enigste bondgenoot in die geheime operasie geniet dit om ten minste een keer per week vir Superintendent Karen Visser te lag waar sy sukkel met die verbrande slot. Sy wonder stilweg of hy nie Auntie Ralie aangesê het om nie die ding reg te maak nie.

    Met ’n sug swaai sy om."Kaptein en as jy so vroeg al staan en giggel? Wil jy vir my sê die respected citizens van Kleinbegin het niks protection nodig vandag nie?"

    Kaptein Plaatjies stap nader.Juffrou Visser, jy gaan nie daai slot oopkry deur vir hom te kyk nie.

    Kaptein, jy moenie sukkel vanoggend nie. Hierdie slot gaan maak dat ou Niek my sommer verniet gaan kry. Sy loer onder haar swaar maskara ooglede na die kaptein. Sy gesig is op ’n ernstige plooi, maar lagduiwels dans in sy oë.

    Is jy seker jy het die regte sleutel beet? Gee dat ek sien. Hy neem die bos sleutels uit haar hand, versigtig om nie per ongeluk aan die swart naels te raak nie. Karen tree weg en kyk verwonderd hoe die slot die eerste keer draai.

    "Cool." Sy wikkel haar leerbeklede heupe by die kaptein verby en skakel die oorhoofse ligte aan. Buisligte sis en flikker terwyl Karen die rekenaars een na die ander aanskakel. Kaptein Plaatjies skuif agter die toonbank in en gou borrel die perkoleerder. Harde plastiek klik teen mekaar soos hy een vir een CD terug gooi onder die toonbank.

    Jy het ook geen ordentlike musiek nie, Sup. Waar kom jy aan al hierdie gemors? Karen kyk af en verskuil ’n glimlag. Kaptein Plaatjies sal in sy lewe nooit Marilyn Manson of Eminem se musiek kan gewoond raak nie. Nie dat dit enigsins haar smaak is nie, maar tatoeëermerke, swart naels, klinknael broeke en donker grimering pas nou nie juis by haar eie musieksmaak nie.

    "Ek kan mos nou nie in so funky winkel gaan staan en boeremusiek of Afrikaanse treffers speel nie. Die bekommerde tannies in die dorp gaan niks oorhê om oor te skinder nie." Kaptein Plaatjies is vir 'n oomblik stil, dan bulder sy lag deur die winkel.

    Nee, seker nie. Watter verskoning gaan ek dan hê om so gereeld hier aan te doen as ek nie met jou moet kom raas nie. Sy ronde lyfie skud skoon van die kroegstoeltjie af. Hy stop 'n beker stomende koffie in haar hand en gaan sit op die hoek van ’n tafel. Sy gesig raak ernstig.

    Hulle het weer oor die grens gekom gisteraand.

    Karen se vingers verstil op die sleutelbord. Waar?

    Op ’n gasteplaas teen die grens. Twee werkers het waarskynlik op hulle afgekom en hulle probeer stop. Een is doodgeskiet en die ander een het verdwyn. Ons kon nog geen spoor van hom kry nie, maar hy is beslis gewond op die toneel.

    Kaptein, as hulle eers een keer gemoor het, gaan niks hulle meer kan keer nie. Weet die eienaars van die plaas? Karen leun terug in die stoel, sit haar voete op die tafel en vryf die swart stewels teen mekaar. Dis nou maar eers na nege maar haar voete brand alreeds. Hoe die tieners dit dag in en dag uit met die marteltuie uithou, weet sy sowaar nie.

    Nee, ek het voorlopig niks gesê nie. Jy weet hoe die boere hier is, hulle sal sommer die reg in eie hande wil neem en gewoonlik kry onskuldige mense seer in die proses.

    Wat van die werkers? Hoe verduidelik ons hulle afwesigheid? Karen sluk versigtig aan die warm koffie en verwens weereens die tongring wat sy laat insit het.

    Die ander werkers sê dit was 'n bakleiery onder die twee en dat die ander een gevlug het vir die Polisie. Hulle is bang om met die sak patats vorendag te kom. Lyk my hierdie keer is hulle goed die skrik op die lyf gejaag. Kaptein Plaatjies spoel die beker uit in die wasbak en stap deur toe.

    Hou maar jou oë oop. Hulle sal binnekort moet ontslae raak van die diamante. Dit raak nou te gevaarlik om dit by hulle te hou. Volgens ons inligting het hulle nou al meer as twee miljoen Rand se voorraad op hande.

    Karen knik en maak ’n program op die skerm voor haar oop voor sy opstaan en na die deur toe loop. Kaptein Plaatjies steek ’n paar treë voor die deur vas. Karen kan sien iets pla, maar dat hy nie weet hoe om dit oor te dra nie.

    Wat byt jou Kaptein? Is daar iets waarmee ek kan help?

    Hy verskuif sy gewig na die ander voet voordat sy oë hare ontmoet. Daar was baie kinderspore by die grensdraad. Ek weet nie of dit enigsins iets sê nie, maar die spoorsnyers is oortuig die kinders is aan die oorkant van die grens opgelaai.

    Karen frons. Dink jy dit het iets te doen met die diamant smokkelaars?

    Ek weet nie. Kaptein Plaatjies vryf oor sy hare en druk dan sy hande in sy broeksakke. Karen knik net maar haar verstand sê vir haar dit kan nie anders nie. Die smokkelaars is nou al so gewoond om ongestoord hulle gang te gaan, wat keer hulle om die bedrywighede uit te brei?

    Ons moet maar dophou, Kaptein.

    Hy knik, ruk homself merkbaar reg en knipoog vir haar. Tyd om die skindertonge weer besig te hou. Kaptein Plaatjies maak die deur oop en Karen loer vinnig oor sy skouer, maar die Land Cruiser-bakkie is weg. Sy forseer die teleurstelling na die agtergrond.

    Nou ja, juffrou, ek is seker jy verstaan die ouers in die dorp se besorgdheid oor die voorbeeld wat jy aan die jeug stel. Skenk asseblief ernstige oorweging daaraan om jou kleredrag aan te pas soos wat dit 'n welopgevoede dame betaam. Karen sluk swaar aan die lag wat dreig om oor te borrel. Sy wonder of die inwoners van die dorpie besef watter juweel hulle plaaslike stasiebevelvoerder is.

    "Kaptein, sê jy vir daai ou fossils hulle moet bykom. Smaak my hulle is net so outyds soos hierdie gevrekte dorp. Het jy nie beter dinge om te doen as om oor 'n klein bietjie with-it klere te kla nie? Cheers, kaptein."

    Karen staan met haar voete uitmekaar geplant en haar vingers ingehaak in die lussies van haar broek. Sy sorg dat sy hard genoeg praat sodat tant Ralie haar kan hoor in die woonstel bokant die winkel.

    Goeiedag, juffrou. Ek vertrou ons hoef nie weer oor die aangeleentheid te praat nie. Kaptein Plaatjies draai om en stap in die rigting van die polisiekantoor.

    ’n Beweging regs trek haar aandag as sy terugdraai na die deur. Die bruin seuntjie staar haar met groot bruin oë aan. Sy klere is verslons en die gesiggie het dae laas ’n waslap gesien. Karen neem 'n tree nader en die seuntjie krimp ineen, maar hy hardloop nie weg nie.

    Wat's jou naam, boetie? Karen sak af op haar hurke en kyk vinnig in die straat op en af. Daar is nog niemand in sig nie. Die seuntjie antwoord nie. Sy kaal voetjies is grof van skurfte en die kniekoppe swart gebrand.

    Is jy honger? probeer sy weer. Hierdie keer knik die koppie. Nou kom, ek dink ek het nog beskuit in die kombuis. Sy steek haar hand na hom toe uit en sien die onsekerheid in sy oë. Karen laat haar hand sak en stap terug in die winkel in. Sagte sleepvoete agter haar is die enigste aanduiding dat sy gevolg word.

    Sy skink 'n beker koffie met baie suiker en melk en pak drie boerbeskuite op 'n bord. Haar aksies word stip dopgehou. Hoe nou gemaak? Die kind is nog te klein om self op die kroegstoel te klouter maar sy twyfel of hy haar gaan toelaat om hom op te tel.

    Ek gaan jou nou optel en op die stoel neersit. Is dit reg met jou? Hy kyk haar 'n oomblik aan en sy oë spring na die bord op die ronde tafeltjie. Hy knik stadig. Karen sit haar hande om sy lyf en versigtig tel sy hom op en sit hom sagkens op die stoel neer. Sy skuif die koffie en beskuit nader en wag dat hy begin eet, terwyl haar humeur lustig prut.

    Hy steek sy handjies uit na die beker en trek dit nader met sy polse. Die beskuit knyp hy tussen sy vuisies vas. Die eerste drie beskuite verdwyn in die honger mondjie. Sy sit nog twee beskuite in die bordjie en gooi ’n halwe glas melk in. Karen wonder nog oor die handjies wat hy nie oopmaak nie, toe die voordeur kraak. Dominee Nortjé gaan staan langs die eerste tafel, naby die deur. Hy trek aan sy das en oë dartel deur die winkel, soekend, vraend.

    Môre Dominee, waarmee help ek vanoggend? Die man trek sy skouers agtertoe en gluur haar aan.

    Juffrou, ek is bevrees die gemeente het my gestuur om met jou te kom praat.

    Môre, Dominee, sê sy weer en kruis haar arms voor haar bors.

    Dominee Nortje se wange verkleur en hy mompel 'n groet onderlangs. Juffrou, jy sal jou sedelose gedrag moet staak. Die kinders in die gemeente word gekorrupteer deur jou obsene kleredrag en ... en ... onaanvaarbare voorkoms.

    Karen frons. Sy het nie eers geweet daar bestaan ’n woord soos korrupteer nie. Obsene kleredrag? Waar kom die man aan die groot woorde? Die ou helsem het seker die hele nag gelê en sy toespraak voorberei.

    'n Glas val voordat Karen kan antwoord en sy hardloop terug kombuis toe. Glasskerwe lê gesaai oor die vloer en druppels melk loop teen die stoel af. Die seuntjie probeer teen die kroegstoel afklim en Karen gryp hom vinnig.

    Ag, dis sommer niks. Ons kan dit gou-gou skoonmaak. Sy weerstaan die versoeking om die klein lyfie teen haar vas te druk. Het jy genoeg geëet?

    Hy knik en sy sit hom op 'n leunstoel neer. Iewers in die rakke moet kinderboeke wees. Sy kies een oor diere en met harde bladsye sodat hy makliker kan omblaai. Wanneer sy seker is sy aandag is by die boek, stap sy terug na haar besoeker.

    O nè, hy moet met haar kom praat. Vanoggend gaan hy moet wag met sy sedepreek. Sy het self 'n ding of twee op die hart. Sy plant haar voete uitmekaar en druk haar vinger onder die dominee se neus sodat hy ’n tree terug gee.

    "Dominee,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1