Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vuurvoël
Vuurvoël
Vuurvoël
Ebook200 pages3 hours

Vuurvoël

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie debuut versameling van kortverhale deur Schalk van Renswijk beskryf 'n wye spektrum van verhoudings: sosiale kommentaar op die breër gemeenskap waaraan ons deelneem; die binne gevegte van intieme omgang; 'n tragies-komiese verwoording van ons soeke na onsself.

LanguageAfrikaans
PublisherShalvaPub
Release dateDec 11, 2011
ISBN9781466190115
Vuurvoël

Related to Vuurvoël

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vuurvoël

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vuurvoël - Schalk van Renswijk

    Hy was moeg, tot die dood toe moeg en gatvol. Gatvol vir almal en alles, van sy baas wat hom al sy hel gee van die oggend tot die aand, tot die kat wat alewig dooie goggas en half gevrete voëls op sy bed gaan neersit. Hy kon dit nie meer hanteer nie. Hy sou `n einde daaraan maak.

    Hy het alles fyn beplan. Vroeg oggend toe almal weg is werk toe, het hy sy pistool gevat en in sy tuin agter die huis onder `n perskeboom gaan sit. Hy het op die grond onder die boom gaan sit, vir laas na die sonsopkoms gesit en kyk, die pistool oorgehaal, na die groentetuin gekyk en gesien hoe verdor die tamatieplantjies en boontjieranke was. Hy het die pistool neergesit, opgestaan en die tuinslang gaan haal. Terwyl hy die tuin natgooi het hy gesien hoeveel vuilgoed daar in die groente beddings was. Hy het die skoffel gaan haal en die tuin van `n kant af begin skoon skoffel.

    Toe die son begin sak was hy klaar met die tuin. Al die beddings was nat en skoon, die walletjies om die kante reghoekig opgehark en die plantjies almal plantluisloos. En hy was moeg, tot die dood toe moeg.

    Hy het op die stoep gesit en kyk na sy handewerk toe sy vriend Peet daar opdaag.

    Sien jy was nie vandag by die werk nie, het hy opgemerk. Ons het almal gewonder of jy siek is. Hy het ondersoekend na sy vriend gekyk en gesê maar jy lyk nie te sleg nie. Is jy siek?

    Ek wou selfmoord pleeg, dis hoekom, het Lappies hom geantwoord. By die kantoor noem almal hom Lappies omdat hy altyd besig is om sy kantoor met `n stoflap skoon te maak. Eerste ding in die oggend en laaste ding aan die einde van die dag, en soms tussen in ook. Sy regte naam is eintlik Albertus.

    Toe het jy nie, sê Peet so half terloops terwyl hy gaan sit.

    Nee, ek het nie, antwoord Lappies kortaf.

    Waar en hoe wou jy dit doen?

    In die tuin, onder die perskeboom, met my pistool, antwoord Lappies.

    "Natuurlik. Jy sou dit nie in die huis doen nie. Te veel bloed. In die tuin kan mens dit net inspit. Is glo goed vir die plante ook. ….. ‘

    Praat jy van my liggaam? vra Lappies onthuts.

    Die bloed, jou swaap. Ek praat van die bloed. Mens kan dit inspit in die grond. Jy hoef dit nie op te vee soos in `n huis nie.

    Peet kyk aandagtig na die perskeboom.

    Jy weet, sê hy na `n lang stilte. Dit is maar een van jou baie goeie eienskappe. Bedagsaamheid. Plaas van Lappies kon ons jou netsowel Bedaggies genoem het. Dink net aan die groot perskes wat ons volgende jaar kon ge-oes het. Hy lag vir sy eie grappie en staan op. Ek gaan vir ons iets ingooi om te drink. Wat wil jy hê, rooiwyn of brandewyn?

    Maak dit maar `n brandewyn met ys dankie, sê Lappies sonder veel entoesiasme.

    Ja goed, ek sal ook maar een vat. Rooiwyn sal nie vanaand werk nie, lyk te veel na bloed, sê Peet en stap die huis in.

    Toe kon jy nie? vra Peet toe hy met die brandewyn aangestap kom.

    Nee, die tuin was te droog .

    Die tuin was te droog?

    Ja, die goed sou vrek as ek hulle nie nat gegooi het nie. Ek het geskoffel ook.

    Ek sien, sê Peet ingedagte. Die tuin lyk netjies. Perfek. Jy sou dit nie anders wou hê nie.

    Gaan jy dit more weer doen?

    Mens hoef dit nie elke dag te doen nie. Hulle is nou nat genoeg vir `n paar dae. Buitendien is my hande te seer van die skoffel. Dis vrek harde werk.

    Ek bedoel selfmoord pleeg, sê Peet.

    Miskien, hang af hoe ek voel.

    Na `n lang stilte sê Peet, Goed. Hy staan op en loop. Dan sien ons jou more op kantoor, en hy stap fluit-fluit met die trap af die nag in.

    Lappies bly in die donker sit. More sal hy dit doen. Die lewe is een groot gekkespul.

    Die volgende dag was Lappies op kantoor. Hy het soos gewoonlik sy kantoor afgestof, en toe sy baas gaan groet. Die meisies van die kantoor het een vir een by sy deur ingeloer en gesels. Hulle was mal oor Lappies die sagmoedige grapjas.

    Peet het met `n beker koffie vir Lappies die kantoor ingestap. Ek sien jy leef nog, het hy laggend gesê. Dit sal vrek onbedagsaam van jou wees om ons te los met daai stapel werk in jou in-mandjie. Sorg dat dit leeg is voor jy gaan.

    Die Baas het by die kantoor ingestap. Hy was, soos gewoonlik, nie in `n goeie bui nie. Ek sien jy het verlof ingesit Botha? Dit was nie `n vraag nie, eerder `n beskuldiging.

    Hy wil `n bietjie weggaan, het Peet gegrinnik.

    Die Baas het hom geïgnoreer en Lappies stuurs aangegluur. Jy weet ons is besig, daar is nie nou tyd vir leeglê nie. Dood is die enigste verskoning wat ek nou sal aanvaar vir afwesigheid, en dan bedoel ek nie jou ouma of oom of ma se dood nie, het hy gekners en die verlof vorm opgeskeur en in die asblik gegooi toe hy by die deur uitstorm.

    Jy sal dan maar die selfmoord moet uitstel tot later, het Peet gelag toe die Baas weg is. Werk voor plesier. Miskien moet jy probeer om jou dood te werk, dan kry jy wat jy wil hê en die Baas kry wat hy wil hê. Twee vlieë met een klap!

    Die volgende dag het Lappies by die huis gebly. Deur die nag het hy `n nuwe plan beraam. Hy sou homself nie skiet nie, dis hopeloos te geweldadig en morsig. Hy sou op die rand van sy swembad gaan sit, `n hand vol pille drink en as hy sy bewussyn verloor, sou hy in die water val en so verdrink. Skoon, bloedloos en sonder geweld.

    Hy het sy swemklere aangetrek, `n handdoek op die swembad se kant oop gegooi, `n bottel kalmeerpille en `n bottel wyn langs hom neergesit en toe gereed gemaak om die ewigheid in te gaan. Hy het `n sluk wyn gevat, na die helder water gekyk en `n by gesien spartel, besig om te versuip.

    Peet het hom laat die agtermiddag gekry waar hy op die stoep sit en na die swembad staar.

    Weer probeer? het hy gevra toe hy gaan sit.

    Ja, was die kortaf antwoord wat hy toe kry.

    En?

    Die swembad was vuil.

    Die swembad was vuil? het Peet verbaas gevra.

    Ja.

    O, ek sien. Die swembad was vuil.

    In stilte sit hulle toe en kyk na die skoon swembad.

    Ek sien jy het die bottel rooiwyn toe oopgemaak. Ek gaan net vir my `n glas haal. Rooiwyn is net die ding wat ek vanaand nodig het.

    Hy staan op en gaan haal `n glas in die kombuis.

    Goeie oesjaar, sê hy na hy hulle glase vol gegooi het en die etiket bestudeer het.

    Hoe wou jy dit vandag doen? vra Peet belangstellend terwyl hy aan sy wyn suig.

    Slaappille in die swembad, sê Lappies afgetrokke.

    En?

    Toe is daar `n by in die swembad.

    `n By in die swembad, herhaal Peet ingedagte. Is jy bang vir bye?

    Hy was besig om te versuip, toe haal ek hom uit. Ek het die net gaan haal waarmee ek altyd blare uit die swembad skep, en die by se lewe gered. Terwyl ek die by uithaal het ek gesien dat daar `n paar blare op die water dryf en dit uitgeskep. Toe het ek gesien dat daar groen alge teen die swembad se kante is en ek het die langsteel borsel gaan haal om dit af te skuur. Later het ek `n staalborsel en my duikbril gaan haal om die hoeke van die trappe mooi skoon te maak.

    Om die alge aan die diep kant van die swembad by te kom het ek die een punt van die creepy se pyp aan die sonstoel se poot vasgemaak en die ander punt in my mond gesit. So kon ek diep onder die water werk sonder om telkens op te kom vir asem. Die probleem was dat ek nie onder die water kon bly nie. Ek het telkens soos `n kurkprop opgestyg.

    Toe het ek `n paar stene in `n sak gesit, die sak met `n tou toegebind en die sak toe om my lyf vasgemaak. Met die sak stene om my lyf en die pyp in my mond kon ek tot op die bodem kom om die alge af te borsel.

    Hy rammel die storie af asof hy `n verklaring aan die polisie doen. Emosieloos.

    Kon gewerk het. Al wat jy moes gedoen het was om die pille te drink voor jy die bakstene om jou lyf en die pyp in jou mond gesit het.

    Maar dan sou ek versuip het, roep Lappies onthuts.

    Ek dog dit was die idee?

    Lappies kyk Peet ongelowig aan. Hy kan nie glo dat `n mens so onsensitief kan wees nie. Wat se soort vriende het hy dan, wonder hy.

    Maar die swembad was vuil, verstaan jy dan nie? Mens los nie `n swembad vol alge vir die nuwe intrekkers nie!

    Watter nuwe intrekkers? vra Peet verbaas.

    Lappies swyg en staar strak voor hom uit. Hy gaan hom nie verwerdig om so `n dom vraag te beantwoord nie.

    In doodse stilte drink hulle hulle wyn en staar na die skoon swembad terwyl dit stadig om hulle nag word.

    Al iets van jou vrou gehoor? vra Peet terloops toe hy die laaste bietjie wyn uit die bottel in sy glas skink.

    Gewese vrou, sê Lappies gebelg.

    Dis maar `n maand of twee vandat sy weggeloop het saam met daardie predikant. Jy is nog nie geskei nie.

    Maak nie saak nie. Wat my betref is sy dood.

    OK, sien jou dan more, sê Peet en staan onvas op uit sy stoel. Ek gaan nou slaap. Daar lê `n klomp werk vir ons en wag op kantoor.

    Ek’s met verlof, brom Lappies uit die donker van sy stoel.

    Die Baas het vir jou gesê …….

    EK IS MET VERLOF, kners Lappies deur geklemde kake.

    Peet sug swaarmoedig. Mens moet maar aanhou probeer, sê hy en stap weg in die donker.

    Ek sal, sê Lappies sag. Ek sal.

    Die volgende dag was Lappies nie op kantoor nie. Na werk het Peet weer `n draai by sy vriend se huis gemaak en hom en sy vrou soos twee verliefdes op die bank op die agterstoep aangetref. Lappies se een arm was verbind en in `n sling.

    Ou Lappies was so bly en oneindig gelukkig. Sy vrou was terug by hom en die lewe was weer `n lied.

    Die verhaal van die seer arm was `n makabere gedoente, eintlik komies as dit nie so tragies was nie.

    Lappies het laatnag weer probeer selfmoord pleeg. Hy het `n tou met `n lus om `n balk op die stoep gebind, op `n stoel geklim met die doel om homself op te hang na hy `n oordosis pille gedrink het.

    Voor hy egter die pille gedrink het wou hy eers die tou toets om te sien of dit sy gewig sou dra. Met die dat hy sy arm deur die lus druk, het sy vrou skielik uit die donker sy naam genoem. Lappies het hom lam geskrik, sy balans verloor en van die stoel af geval. In die proses het sy arm in die lus van die tou beland en Lappies het tussen hemel en aarde aan sy arm gehang.

    Dit was eers nadat sy vrou die buurman gaan roep het om te kom help dat Lappies bevry is.

    Lappies se vrou het in trane om vergifnis gesmeek oor haar weglopery. Die prediker was toe nie wat sy gedink het nie. Sy het na haar Lappies verlang. En Lappies het in trane van blydskap vergifnis gegee, sommer `n paar maal deur die loop van die nag, maar eers nadat vroulief sy arm verbind het.

    Die volgende oggend het Peet `n glimlag van genoegdoening op sy bakkies gekry toe hy sien Lappies is weer nie op kantoor nie. Nog besig om te vergewe, het hy by homself gedink.

    Toe hy in sy eie kantoor instap het sy telefoon gelui. Terwyl hy op die telefoon besig was het die baas by sy kantoor ingestorm. Hy was woedend.

    Gaan sê jy vir daardie luigat vriend van jou hy is gefire. Loop sê vir hom hy hoef nie weer te kom werk nie, nooit weer nie. As hy dit waag om weer sy voete hier te sit sal ek hom persoonlik donder. Ek laat nie met my speel nie. Ek het nou genoeg gehad van sy slapgat geit.

    Peet het die gehoorbuis van die telefoon stadig neergesit en oorbluf na die Baas gestaar.

    Moet nie net daar sit nie, het hy geskreeu. Loop sê jy nou dadelik vir daardie niksnut hy is afgedank. Nou!

    Lappies kom nie weer werk nie, het Peet sag gesê. Die Polisie het my nou net gebel. Lappies is vanoggend voor sy huis op pad werk toe gekaap. Hulle het hom in die kop geskiet en toe met sy kar weggery. Lappies is dood. Lappies is dood en hy wou so bitter graag weer lewe.

    [Inhoud]

    Verlore Vriende

    Sit ek nou eendag saam met my buurman en gesels met `n goeie bottel rooiwyn. Goeie geselskap die bottel rooi. Hy praat op jou tong en met jou neus en later ook met jou gees.

    `n Groot en sterk man, die buurman van my. En gemoedelik, altyd die vriendelikheid vanself.

    Hy vertel my dat hy en sy vrou nou eendag koers gevat het daar na die plattelandse dorp toe waar hy groot geword en skool gegaan het. `n Ou skoolvriend het hom en sy vrou uit die bloute genooi om die naweek by hulle op die plaas te kom kuier. Hulle het mekaar jare laas gesien, en eers vandat hulle mekaar per toeval op facebook raakgeloop het, het hulle weer op die internet met mekaar begin gesels.

    Op die plaaspaaie raak hulle toe op pad so `n bietjie verdwaal, vertel hy my. Gelukkig sien hy toe `n boer se blink nuwe ryding langs die mielielande staan. Dis so `n pikswart, modder besmeerde Hummer V8 met chroom aanhegsels en bykomstighede net waar jy kyk, en ekstra breed beband met die blinkste blink mags. `n Arm boer kan jy sien. Een van die wat van droogte na droogte voortsukkel.

    Hy hou stil en stap na die boer toe om te vra of die man nie dalk vir hom kan beduie hoe om by sy vriend uit te kom nie. Die boer self is groot en rond, vetgemes kan jy maar sê, sê my buurman.

    Hy groet die boer toe op sy normale bedeesde, vriendelike manier, vertel buurman, sonder om te verwys na die lekker warm dag of hoe mooi lowergroen die mielies lyk. Dit, sê buurman, moet jy nooit doen nie. Oor die weer praat jy nie met `n boer nie want, sê hy, as jy sê dis so lekker warm dan sê hy ja dis so droog sy mielies gaan nog vrek van die warm son. Sê jy die mielies lyk so groen en gesond dan vertel die boer jou van die bloukop-boorderwurm wat sy mielies in die stronk gepik het en dat hy al reeds 80 persent van sy oes verloor het. Sê jy dit lyk of dit gaan reën, dan voorspel hy `n verwoestende haelstorm wat alles voor die voet gaan wegslaan.

    Dus, sê buurman, is dit `n vriendelike maar saaklike goeie-middag-meneer-ek-wonder-of-jy-my-kan-help, ek is op soek na die plaas van Jan van Aswegen.

    O, ou Jan, sê die boer toe en trek sy neus so half afkeurend op, aldus buurman. Jy is heel van koers af ou. Die armgat verskoning van `n boer bly so dertig kilometers wes van hier. En hy beduie toe hoe buurman moet ry om daar uit te kom.

    Buurman sê vriendelik dankie, groet en net voor hy wegstap, vertel buurman, vra die boer toe so half beskuldigend; Jy is nie dalk Henk Potgieter nie?

    Buurman sê hy was half uit die veld geslaan dat die man hom by die naam ken, maar hy kon nie ontken dat sy naam Henk Potgieter is nie. Hy sê toe maar ja, is so en hoe weet jy dit en wie is jy?

    "Ek sien jy onthou my nie. Ek is Josef Bekker en ek het nog altyd

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1