Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vaslê
Vaslê
Vaslê
Ebook43 pages1 hour

Vaslê

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Ons het op `n plaas naby Lambertsbaai gewoon totdat ek 9 jaar oud was en al wat ek daar kon vaslê was koejawels. Ons het natuurlik ook die veldkosse geken en het baie soorte bessies geëet en bolle en knolle wat ons uitgegrawe het. My oorlidde pa het daardie jare vir Lambertsbaai se Fabriek vis gevang. Toe verplaas hulle hom na Doornbaai en het hy weer vir daardie Fabriek vis gevang. Op Doornbaai was daar nie vrugtebome nie maar daar was wel baie veldkosse wat ons gegrawe het. Toe word my oorlidde pa siek en kon hy nie meer op die see werk nie. Ons het toe Koekenaap toe getrek en by `n boer op `n besproeiingserf gaan woon waar hulle wisselbou toegepas en die gewasse uit die Kanaal natgelei het. Op al hierdie erwe was vrugtebome wat baie voordelig was vir die arm kinders wat moeilik oorleef het. My oorlidde ma het `n klompie hoenders aangehou en my oorlidde pa het `n paar groente beddings gehad en `n skuit met hardernette. Dit was al wat ons gehad het om van te leef.

LanguageAfrikaans
Release dateApr 13, 2013
ISBN9781301327041
Vaslê
Author

Chris Huisamen

Ek is `n Weskus Klong wat so arm grootgeword het dat ek die skool na Std. 7 verlaat het. Later Matriek oor die pos gemaak. Eerste jare na skool kontrak werk oor die hele land gedoen. Later by die Diamantmyne gaan werk. Kursusse gedoen in die Maatskappy en die laaste jare opleiding gedoen op Grondverskuiwingsmasjiene. Groot gedeelte van my Pensioen verloor in `n besigheid. Nou probeer ek boeke skryf vir oorlewing.

Read more from Chris Huisamen

Related to Vaslê

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vaslê

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vaslê - Chris Huisamen

    Chris Huisamen

    Vaslê

    Uitgegee deur Kameeldoring Boeke by Smashwords

    Kopiereg: Chris Huisamen 2013

    Smashwords Edition, License Notes

    This ebook is licensed for your personal enjoyment only. This ebook may not be re-sold or given away to other people. If you would like to share this book with another person, please purchase an additional copy for each recipient. If you’re reading this book and did not purchase it, or it was not purchased for your use only, then please return to Smashwords.com and purchase your own copy. Thank you for respecting the hard work of this author.

    Opgedra aan al my vriende en familie.

    Inleiding.

    In ons Kinderjare was ons streng volgens die Tien Gebooie groot gemaak. Een daarvan was dat jy nie mag steel nie. Ons het egter, ek kan eerlikwaar sê, nooit gesteel nie maar wel vasgelê. Vir ons het vaslê beteken om te vat sonder om iemand anders skade te berokken. Ons het op `n plaas naby Lambertsbaai gewoon totdat ek 9 jaar oud was en al wat ek daar kon vaslê was koejawels. Ons het natuurlik ook die veldkosse geken en het baie soorte bessies geëet en bolle en knolle wat ons uitgegrawe het. My oorlidde pa het daardie jare vir Lambertsbaai se Fabriek vis gevang. Toe verplaas hulle hom na Doornbaai en het hy weer vir daardie Fabriek vis gevang.

    Op Doornbaai was daar nie vrugtebome nie maar daar was wel baie veldkosse wat ons gegrawe het. Toe word my oorlidde pa siek en kon hy nie meer op die see werk nie. Ons het toe Koekenaap toe getrek en by `n boer op `n besproeiingserf gaan woon waar hulle wisselbou toegepas en die gewasse uit die Kanaal natgelei het. Op al hierdie erwe was vrugtebome wat baie voordelig was vir die arm kinders wat moeilik oorleef het. My oorlidde ma het `n klompie hoenders aangehou en my oorlidde pa het `n paar groente beddings gehad en `n skuit met hardernette. Dit was al wat ons gehad het om van te leef.

    U sien dit het so gebeur. Ons was baie arm en geld en kos was maar skaars. Ons moes maar die riem dun sny en die hongerpyne verder stil deur vrugte vas te lê. Gelukkig in daardie tyd sou die boere nie kinders by die Polisie gaan verkla nie maar wel by hulle ouers, dus moes ons maar lig loop om nie gevang te word nie.

    Ons het in die Ou Skool gewoon. Een klaskamer het ons gedeel vir `n kamer en `n sitkamer en die ander klaskamer vir `n kamer en `n kombuis. Die Lobby het ons gebruik om ons Bokkoms op te hang. Ons het Harders in die rivier gevang en dan oornag in die pekel laat lê en dan bosse van 25 ingeryg. Gedurende die dag hang ons dit buite maar deur die nag dan hang dit in die Lobby. Ons het dit daardie jare verkoop teen

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1