Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Grafte op die berg
Grafte op die berg
Grafte op die berg
Ebook207 pages1 hour

Grafte op die berg

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"Grafte Op Die Berg" is 'n alternatiewe Afrikaanse digbundel. Die bundel bestaan uit 177 gedigte en tien kleur illustraties. Dit het die skrywer meer as 10 jaar geneem om te voltooi. Die emosies wat reflekteer in die gedigte is gebore uit werklikke ervarings. Die feit dat die bundel voltooi is was op sy eie 'n wonderwerk.

“Grafte op die berg” is 200 pages of alternative Afrikaans poetry and 10 two dimensional illustrations in crystal pazz and pastel. It took the author more than 10 years to complete. The book was written during various situations of extreme adversity. The emotions reflected in these poems are born from real life situations. The completion of this work was a miracle by itself.

LanguageAfrikaans
Release dateApr 7, 2013
ISBN9781622095537
Grafte op die berg

Read more from Jan Van Duyker

Related to Grafte op die berg

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Grafte op die berg

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Grafte op die berg - Jan van Duyker

    Grafte op die berg

    Die ou jaar lê stukkend

    Groen glasskerwe in die pad

    Slaap eensaam sonder hom

    Waar die nuwejaar begin

    Vir liedjiesboer se eensaam hart

    Wat trane bloei uit dankbaarheid

    Is weerkaatsings van die son ‘n troos

    Want daarin lê sy toekoms kroos

    Boetman mag nie wen nie

    Die spook van Nantes het kom vry

    Hoog loop die spook deur boetman se brein

    Gewillige slaaf aan haar sy

    Nou en dan kry hy so tikkie ekstra kos

    Maar boetman mag nie wen nie

    Nantes se tantes het lankal besluit

    Die Boetman mag nou en dan wen, maar seer

    Want Nantes se tantes het lankal vergeet

    Van kinders wat lewe en liefde moet kry

    Om die tantes se dogters eerlik te hou

    Ja Boetman se Moses en Abraham en Josef

    Dankie sê Boetman dit was tog goed vir my

    Probeer en probeer en weer ‘n keer probeer

    So tussen al die afleiding en ompaaie deur

    Ja tannie se Kores en Ruben en Openbaring

    Julle wens hom mos dood met so sluwe gevry

    Waar gaan sy lewer en pankreas lê

    As almal so gretig sy lyf staan versê

    Oupa se dasspeld

    Daar is waarde in tradisie, sê ouma

    Dis nie sonder rede, dat sekere gebruike, eeue deurstaan nie

    Sy kyk so vir die skilder wonderwerk, van die moederkerk

    Sagte ligblou skadus, op die nat geteerde pad

    Eenkeer was daardie water bloed weet sy

    Reuse bome kan getuig, van die lewe en die tydlose natuur

    Wat stof en blare en grond, kan waai oor wonde

    Die prentjie was bog, maar daar waar ons visioene sien, was eg

    Oupa, die eerste kar in die Kaap, dink sy uit haar graf

    Sy kaalpoot en kuite, oor hekkies vier veertig

    Sy perde en skape en huise en plase en skepe.

    My ouma, die eerste gevegte, en die kerkie in die vlakte.

    Nou weet jy ouma, ek hoor jou in my gebed.

    Dis hoekom ek jou en oupa so saam begrawe het

    Want langs die pad waar die meeste trane val

    Sal jy rus hê en weg wees van koue en pyn

    Was oupa se dasspeld wat ouma van hou

    Om eendag op my begrafnis te onthou

    Daar’s wel nog van ons wat kan terug onthou

    Van babas en boedels en regte en oorlog

    Want ouma se gees het ons wakker laat word

    Om te oordeel en veg vir ons plek en ons regte

    Ons eer te herstel na die eensame aande.

    Beskermde siel

    Boggemtieties maak nes

    Sy soek nie geluk nie, geluk kom haar haal

    Beskerm van klein tyd af, deur almal wat haar ken

    Maar die wat haar ken sal ook van seerkry vertel

    Mishandel deur ‘n monster van ‘n pa

    Dronk en bronstig soos ‘n dier, sy kinders mos betas

    Hulle sê eers niks, want maatjies is mos wreed

    Eers later borrel die kwaad soos ‘n etter karbonkel

    Uit monde met vieslike tonge, om die seerkry te verberg

    Die man is dood, eensaam en alleen het hy gevrek

    Sy netjiese bed met sy vieslike lyf ontsier

    Tog sweef sy stank nou en dan nog saam ‘n asemgees

    Om ons te herinder aan werk en bid en bloed en grond

    Maar boggemtieties is daar deur

    Afgeskakelde brein, het haar gevoel goed verberg

    Dink dit nie, sien dit nie, onthou dit nie

    Lieflike siel met die sagtheid van sy

    So naby aan ‘n ware vrou, as jy sal kry

    Blink ogies en spontane gegiggel, baba verby

    Net haar sagte gevoel is gesteel deur die tyd

    Wolwepark se maniere gekry

    Petro se swakheid, die boggemtieties by my

    Deur die oë van ‘n embrio

    ‘n Pap swaeltjie lê op die voorstoep

    Ma soek kos in die berg

    Vlieg vinnig voor die wolke sonder reën

    Gevries deur die magnetisme in die lug

    Daar is iets onheiligs in die berg

    Sy sê daar het bloed gevloei oor haar

    Gulsige asemgeeste verteer lastige indringers

    ‘n Dolk lê begrawe agter ‘n klip

    Victor…Dimitri…Maria…

    Die pap swaeltjie in die gekraakte dop glimlag

    Daar was ‘n bietjie bloed en ‘n halwe embrio

    Sy groot oog sigbaar in die spermdrel

    Die berg... waar is die nessies in die berg

    Moeg gebou en gebroei aan ‘n miskraam

    Dis seker beter in die vlakte vir versamelswaeltjies

    Die embrio skree, ons gaan berg toe

    Daar sal ek weer lewe gee

    Die berg het ‘n stem, maar dis nog die geraas van ‘n baba

    Kalm weerkaatsings van lig gee haar ogies

    Die geruis van branders, het haar wakker gemaak

    Herinner aan ‘n gedruis en gedreun, van bloed en rots en wind

    Die selle in Pretoria

    Dit is oorlog, sirenes gil daarbo en raas

    Drie bomme, het die vorige dag in die koringland geval

    Twee groot duisend ponders en ‘n rookgranaat

    Waar gister volop was, is nou net skaars geraamte gras

    Onder in die bunkers, is ‘n morsige gefluister

    Almal probeer mekaar te uitoorlê, met geheime gebare taal

    Party dink die bomme sal so, more elders val

    Ander sit maar net en wag, vir nuus of kos

    Selle is eers vol, dan leeg, dan skaars beman

    Soos gevange omstanders, onskuldig daarin rondbeweeg

    Die komitee van drie, gee uitsprake, oor nuus wat verby is

    Hoor by ander in the gange, wat gedoen moet word

    Die selle van Pretoria, graf van die menslike natuur

    Waar grille, van die verkose koningin, die papies kon vermaak

    Het alles net so gelos, om slaafs haar na te maak vir sien

    Gedroom, om haar talente oor te neem, met mimiek

    Die lewe wat so skaars is, is so volop daar

    Sy borrel en blom en skyn van finudeense magnetisme

    Aansteeklik vir elke omstander, tot breekpunt toe verlei

    Om more weer in blare wind en rëen, terug te keer vir ons

    Vir ons wat kinders was, en is, en anders is

    Die gogga het gebloos

    Wurmagtige larwes hang aan spinnerak drade

    Kruip op die wit hospitaaltafel rond

    Eers net een, dan later sommer ‘n klomp

    Party val op die eentonige draaiende waaier

    Skiet dan uit in ‘n woerende beweging

    Sodra hulle val kruip hulle rond

    Lyk kompleet soos sywurm larwes

    Tog, onder Balino se vergrootglas, sien jy pote

    Klein wurm spinnekoppies uit die dak

    Die dak was nie vol gate nie

    Van koeëls was daar geen sprake nie

    Roetkolle het die nessies verberg.

    Gespin teen die dak vir die goggakoor

    ‘n Springkaan, ‘n mier, ‘n besie, ‘n hottentotsgot

    Almal met maatjies selfs maskers en al

    Vanwaar al die lewe so skielik op genade

    Net die oorkruiper oorlewe die siek serenade

    Dit knyp en steek en byt en spring

    In ‘n tronk wat hul het vir hulself hier kom bou

    Heldhaftig daar ure lank opskop gehou

    Vir die proffie wat orde uit gaos wou skep

    Net die oorkruiper oorlewe die volgende dag

    Sowaar nog die krag om vir buurman te lag

    Die sultan se harem

    Die sultan treur oor die skade aan sy harem

    Waar indringers geniepsig, barbaars verkeer het

    Die skade gering, maar die hartseer is groot

    Want sy beste slavin is nou skaam vir sy nood

    Sy moes maar flankeer om sy guns te behou

    Maar haat die gespuis wat alewig so sing

    Haar lyf word die aandag van elke besoeker

    En sultan is meegesleur deur mirre en bloed

    Dis lekker vir haar om die kettings te breek

    Van eeu oue klasse se vurige ywer

    So maklik word sy die baas van die oomblik

    Verhewe bo hebsug en haar walglike swaap

    Sy omhels toe haar redder maar maak tog ‘n punt

    Jou vingers en voete is in my gebede

    Om sultan van more

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1