Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Grootmenswêreld
Grootmenswêreld
Grootmenswêreld
Ebook104 pages1 hour

Grootmenswêreld

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Sestien kortverhale vir grootmense

Elkeen van die verhale gaan oor ‘n kind of kinders. Enigiemand wat ‘n sagte plek vir kinders het, sal die verhale geniet.
Daar is komiese verhale, hartseerverhale en verhale van sommer net kindwees. Een en elk is net geskryf om geniet te word.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 4, 2012
ISBN9781476293875
Grootmenswêreld
Author

Piet Du Plessis

P J du Plessis is a teacher, teaching both Afrikaans and English. He has written 11 published books and 35 published short stories. Eight different publishers and four different magazines have published his titles.He believes in making reading an enjoyable experience. All his books have been written in Easy to understand language.

Read more from Piet Du Plessis

Related to Grootmenswêreld

Related ebooks

Related articles

Reviews for Grootmenswêreld

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Grootmenswêreld - Piet Du Plessis

    Dis mooi hondjies, oom.

    Ek vervies my vir die kind. Dis g’n ‘hondjies’ nie, dis preekgedeelte Bouviers de Flandres. Kinders kan darem irriterend wees, dink ek.

    Hier, Maurice, roep ek die een Bouvier. Toe praat ek met die kind. Jy moenie oor die muurtjie klim nie, hoor! Gaan terug na julle erf toe.

    Ek het kwaad probeer klink, maar die kind kom dit blykbaar nie agter nie. Hy bly net daar staan met ‘n snaakse soort glimlag op sy gesig. Hy laat my aan Maurice en Renée dink wanneer hulle gestreel wil word. Ek wonder watse soort mense die kind het. Kyk hoe vuil is hy. Sy gesig is vol stofstrepe en sy T-hemp het kolle op.

    Renée galop tot by hom en ek vererg my sommer weer vir die kind. Wat sal sy nou by hom wil gaan soek?

    As daar nou een ding is waaroor ek dankbaar is, dan is dit dat Madelein nie kan kinders hê nie. Ons sou seker ook maar, nes ons gewese vriende, die fout gemaak het. Mense verbeel hulle mos kinders bring man en vrou nader aan mekaar.

    Ek ril as ek aan vuil doeke dink.

    Kom, Renée, praat ek hard.

    Of aan kinderkuns op die mure, en kougomkoutjies.

    Maurice draf ook weg van my af. Dis of hulle die kind onweerstaanbaar vind. En dit maak my sommer kwaad. Meer liefde as wat ek en Madelein die twee bouviers gee, kan niemand nie.

    En jy moet nou huis toe gaan, praat ek weer met die kind.

    Daar moet seker iets met sy verstand verkeerd wees, want dit lyk my hy kom glad nie agter dat ek kwaai is nie.

    Miskien moet ek hom sommer bydam.

    Ek sal hom darem nie regtig ‘n pakslae gee nie. Mens kan vandag in die hof beland daarvoor, maar ek behoort hom eintlik goed skrik op die lyf te jaag.

    Ek hou daarvan om met hondjies te speel, oom. Bad oom hulle ook?

    As ek hom ignoreer, sal hy weggaan, besluit ek en stap aan. Ek hoop regtig nie hy maak ‘n gewoonte daarvan om oor die muurtjie te klim nie. Hier is soveel skaars en duur struike in ons tuin. En in elk geval hou ek nie daarvan mense moet te veel op die grasperk loop nie.

    As daar nou een man in die lewe is wat gelukkig is, dan is dit ek. Gelukkig in my sakeonderneming, gelukkig getroud, ‘n mooi huis, mooi motor en vele oorsese reise agter die blad.

    En dan my bouviers. Ek moet hulle juis volgende week veearts toe vat vir hulle gereelde ondersoek.

    Toe ek om die rotstuin stap, kyk ek oor my skouer. Hy staan nog daar by die visdam. As hy met my visse peuter, gaan praat ek sowaar met sy ouers. Kinders het mos geen respek vir ander mense se goed nie.

    Daar is ‘n kind in die tuin, sê ek vir Madelein toe ek weer in die huis is. Sy sit in die televisiekamer en lees. Ek gaan sit op die gemakstoel en voel met my hand oor die satyn sagtheid van die bekleedsel.

    Waar? Madelein wys meer belangstelling as wat ek verwag het.

    By die visdam. Hy wil nie loop nie. Jy weet mos hoe astrant is vandag se kinders.

    Madelein sit haar tydskrif op die agtskild Van Dyck neer. Dis seker die nuwe bure hier agter. Die wat in die huurhuis ingetrek het, sê ek weer.

    Madelein knik.

    Dié huis is ‘n ewige ergernis. Daar is gedurig nuwe mense daar en dis nie die eerstes wat kinders het nie. Maar die vorige klomp se kinders het darem aan hulle kant van die muurtjie gebly, al was ek seker hulle het my bouviers geterg.

    Hoe lyk die kind? vra Madelein.

    Ek trek my skouers op. Ek weet nie, al wat ek onthou, is sy vuil gesig. Dit het sy tande spierwit laat lyk. En hy het groot oë, bloues. Soos joune.

    Madelein tel haar boek weer op. Hy was gister ook hier.

    Gister? Hoekom het jy nie gesê nie? Ek sal met sy ouers moet gaan praat. Netnou gooi hy klippe in die visdam, of iets.

    Hy wou net met die honde kom speel, Madelein se stem is ietwat ongeduldig.

    Ek byt op my tande en kyk kwaai na haar. Ek haat dit so as sy van honde praat. Dis bouviers. Maar sy kyk nie na my nie, toe praat ek maar met Renée: Kom na pa toe, sê ek en sy druk haar kop hier teen my been.

    Die volgende dag is Sondag en Sondagoggende maak ek swembad skoon. Dis nogal groot werk, want ek verdra geen merk aan die kante nie. Daar moet ook niks op die water dryf nie. Dit maak my so kwaad as die Burdettes se bome se blare hier inwaai.

    Ek skep die blare af. Môre, oom, hoor ek die stem van gister.

    Sonder om op te kyk, praat ek. Wat soek jy hier, kind?

    Ek wil oom help, oom.

    Renée is by hom en haar stert waai toe hy haar oor die kop streel. Ek is sommer lus om met hond en kind te raas, maar dit is benede my waardigheid. Snaaks dat ek so ‘n eienaardige, lam gevoel kry as die bouvier so lief is vir die kind.

    Ek pers my lippe saam. Jy kan my nie help nie. Jy sal net in die swembad val en verdrink.

    Ek kan swem, oom. Ek is al amper ses.

    Nou draai ek na die kind toe. Hy kan blykbaar nie verstaan dat ek nie van hom hou nie. Hy lag toe Maurice en Renée teen hom opspring vir aandag. Hy het ‘n mooi gesiggie, besef ek en is sommer weer kwaad. Kinders het nie nodig om mooi te wees nie.

    Jy moet huis toe gaan, jou ma soek jou, sê ek.

    Snaaks dat sy gesig nou so verander. My ma is nie hier nie, oom.

    Gaan dan net huis toe.

    Dis of ‘n donkerte oor sy oë sak. Dan is dit tog nie van domheid dat hy so hardkoppig is nie. Hy wil hier wees. Die lyk my hy is net astrant, dink ek en tel die skepnet op. Uit die hoek van my oog sien ek om van my af wegloop. Ek merk dat hy nie in die rigting van hulle huis loop nie. Is seker maar op pad om een van die ander bure te pla, neem ek aan en skep die Burdetes se eikeboomblare met ongeduld uit die swembad.

    Waarheen gaan jy, Fanie?

    Hoe sou Madelein nou weet wat die kind se naam is? Ek moet myself dwing om nie op te kyk nie. Madelein praat sag, seker dat ek nie moet hoor nie. Daarom gaan ek aan met my werk. Maar ek luister, my ore is beter as wat sy dink.

    Ek kan nie hoor of die kind antwoord nie.

    Hier is vir jou ‘n paar koekies, hoor. En moenie straat toe gaan nie. Gaan liewer huis toe. Daar is ‘n sagtheid in haar stem wat ek nie ken nie. Selfs met die bouviers praat sy nie so mooi nie.

    Uit die hoek van my oog kan

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1