Dis ek, Anna is in 2004 onder Anchien Troskie se skuilnaam, Elbie Lötter, uitgegee. Die roman word oornag ’n blitsverkoper en verower in 2005 die Nielsen Booksellers’ Choice-toekenning. It’s Me, An...view moreDis ek, Anna is in 2004 onder Anchien Troskie se skuilnaam, Elbie Lötter, uitgegee. Die roman word oornag ’n blitsverkoper en verower in 2005 die Nielsen Booksellers’ Choice-toekenning. It’s Me, Anna, vertaal deur Marianne Thamm, word in dieselfde jaar uitgegee, en daarná volg uitgawes in Nederland, Finland, Slowenië, Thailand en Engeland. Nooit is ’n lang, lang tyd verskyn in 2008, dié keer onder Troskie se eie naam, daarna volg Die besoeker in 2010. In 2012 word die opvolg van Dis ek, Anna in Afrikaans en Engels as Die staat teen Anna Bruwer en The State vs Anna Bruwer begroet met dawerende sukses. Vermis op Allesverloren verskyn in 2014. In Oktober 2015 word die film, Dis ek, Anna, vrygestel – elf jaar sedert die boek landwyd in lesers se harte gekruip het. Anchien woon saam met haar man op ’n plaas in die Oos-Kaap.view less